Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
GESKIEDENIS: VRAESTEL II
BRONMATERIAALBOEKIE
VIR AFDELING B EN AFDELING C
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentAddendum 











View all





History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum (Afrikaans)
IEB Grade 12 History Paper 2 addendum from the 2019 (Afrikaans), 6 pages. Read online or get the free PDF download.
Publisher: IEB
History · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Addendum, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 6
- File size
- 251.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 6
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy ii van vi
BRON A Hier is 'n uittreksel uit 'n opsomming oor dr. Martin Luther King
jr., verkry van 'n Amerikaanse geskiedeniswebwerf.
As die onbetwiste* leier van die vreedsame Burgerregtebeweging in die 1960's was dr. Martin
Luther King jr. terselfdertyd een van die mees geliefde en een van die mees gehate mans van sy
tyd. Van sy betrokkenheid by die Montgomery-busboikot in 1955 tot sy voortydige dood in
1968, het King se boodskap van vreedsame verandering bygedra tot die beweging se groeiende
getalle en het dit morele krag daaraan verleen. Die nalatenskap* van Martin Luther King jr.
word beliggaam* in die twee eenvoudige woorde: gelykheid en vreedsaamheid. Time-tydskrif
het hom in 1963 as 'Man van die Jaar' benoem. In 1964 het hy die Nobelvredesprys gewen en is
beskryf as 'die eerste persoon in die Westerse wêreld wat gewys het dat 'n stryd sonder geweld
gevoer kan word'.
[Aangepas uit: US History Pre-Columbian to the New Millennium.
Beskikbaar by: <http://www.ushistory.org/us/54f.asp 6 Januarie 2019>
Verkry 3 Januarie 2018]
*onbetwiste – onuitgedaagde
*nalatenskap – waardeur iemand onthou word
*beliggaam – gesimboliseer of uitgedruk
BRON B Hier is 'n uittreksel uit 'n resensie (deur dr. Joe Street van die
Universiteit van Sheffield, Brittanje) van die boek, Martin Luther
King jr., deur die outeur John Kirk; gepubliseer in 2005.
Studies van King en die Burgerregtebeweging het drie ... fases deurgegaan. Die aanvanklike
oplewing van die burgerregte-kundigheid het King as die leier van die beweging voorgestel, wat
daarop dui dat die beweging geleer het uit King se leierskap van massaprotesoptredes oral in
die Suide. Hierdie werke hou dikwels direk verband met die wetgewende suksesse van die
middel 1960's.
'n Tweede oplewing van kundigheid ... het beweer dat plaaslike leiers in die Suide moontlik net
so belangrik was vir die aftakeling van segregasie as King. ... King se leierskap het berus op 'n
groot netwerk van plaaslike leiers, en in party gevalle verswak dit King se aanspraak op
grootsheid.
... Ons is nou in 'n derde tydperk, waar studies meer fokus op interaktiwiteit, tussen die
nasionale en plaaslike, politiek en kultuur en ... leiers en volgelinge. .... King se leierskap was
grotendeels interaktief en uiters afhanklik van die werk van vriende, kollegas en 'n wye netwerk
van ... aktiviste ... Die feit dat King die media betrek het, het beslis plaaslike pogings aangehelp
om wit oppergesag uit te daag, maar sy vertrek het ook die vertrek van die media voorafgegaan
wat plaaslike leiers met die taak gelaat het om die reaksie van wrewelrige* wit gemeenskappe
en uitgeputte swart gemeenskappe te hanteer.
[Aangepas uit: Dr Joe Street, resensie van Martin Luther King jr., (resensie no. 460)
Beskikbaar by: <https://www.history.ac.uk/reviews/review/460>
Verkry: 5 Januarie, 2019]
*wrewelrige – opstandige en ontevrede
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy iii van vi
BRON C Hier is 'n uittreksel uit 'n artikel oor dr. Martin Luther King jr. wat
in September 1987 in die Journal of American History, Stanford
Universiteit (Verenigde State van Amerika), gepubliseer is.
... Dit sou meer gepas wees om die Burgerregtebeweging geluk te wens met ... 'n simboliese
leier soos King. Die feit dat hy meer prestige as mag het ... die intellektuele eenvoud van sy
filosofie; ... sy vriendskap met die man in die Wit Huis – is alles noodsaaklik vir die rol wat hy
speel, en van onskatbare* waarde vir die sukses van die beweging ...
Een aspek van die ... King-mite* is hoe hy in die massamedia voorgehou is, nie net as die ... leier
van die Burgerregtebeweging nie, maar ook as die inisieerder* en enigste onontbeerlike*
element in die suidelike [Afro-Amerikaanse] stryd van die 1950's en 1960's. ... die mite
beklemtoon die individu ten koste van die [Afro-Amerikaanse] beweging; dit oordryf nie net
King se historiese belang nie, maar verdraai ook sy werklike, aansienlike bydrae tot die
beweging ...
... Geleerdes het onlangs begin om die swart stryd as 'n plaaslik gebaseerde massabeweging te
bestudeer. ... King was beslis nie die enigste belangrike leier van die Burgerregtebeweging nie,
want volgehoue protesbewegings het in baie suidelike gemeenskappe ontstaan waar King min
of geen direkte betrokkenheid gehad het nie. ... Alhoewel King die stryd beïnvloed het wat in
Mississippi, Alabama en Georgia gevoer is, is hierdie bewegings ook gelei deur ... plaaslike leiers
wat af en toe King se welsprekendheid* gebruik het om ... betogers by massavergaderings tot
aksie aan te spoor*, terwyl hulle geweier het om van sy teenwoordigheid afhanklik te wees.
[Aangepas uit: Martin Luther King, jr.: Charismatic Leadership in a Mass Struggle, C. Carson pp. 27–30.
From Journal of American History 74: 2 (September 1987): 448-54.
Beskikbaar by: <https://kinginstitute.stanford.edu/sites/default/files/martin_luther_king_jr_-_
charismatic_leadership_in_a_mass_struggle.pdf> Verkry 2 Januarie 2019]
*onskatbare – uiters belangrike
*mite – legende, of storie wat dikwels onakkuraatheid bevat
*inisieerder – die persoon wat 'n proses begin
*onontbeerlike – baie belangrike, noodsaaklike
*welsprekendheid – besondere vermoë om toesprake te lewer
*aan te spoor – aan te moedig, te inspireer
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy iv van vi
BRON D Hier is 'n uittreksel uit die Student Nonviolent Coordinating
Committee (SNCC) se webwerf.
Toe die sitbetogings op 1 Februarie 1960 uitgebreek* het, het [King] dadelik die belangrikheid
daarvan besef en twee weke later tydens 'n vergadering in Durham, Noord-Carolina, gesê: 'Wat
vars en nuut in ons stryd is, is die feit dat dit deur studente geïnisieer*, gevoed en volgehou* is.
... Eerw. King het gehoop dat die studente sou besluit om die studentevleuel van sy organisasie,
SCLC (Southern Christian Leadership Conference), te word. Die studente het besluit hulle sal nie.
Alhoewel daar besluit is teen hierdie affiliasie*, het die SNCC en SCLC se paadjies egter
gedurende die 1960's dikwels gekruis ... SNCC werkers het erken en die feit respekteer dat
eerw. King geliefd was in die gemeenskappe waar hulle doenig was.
[Beskikbaar by: <https://snccdigital.org/people/martin-luther-king-jr/> Verkry 5 Januarie 2019]
*uitgebreek – skielik begin
*geïnisieer – begin
*volgehou – voortgegaan, aangehou
*affiliasie – verbintenis, inlywing by 'n groep
BRON E Hier is 'n uittreksel uit 'n Amerikaanse geskiedenis webwerf.
Die SNCC of Student Nonviolent Coordinating Committee ... het spoedig een van die meer
radikale* takke van die beweging geword. In die nadraai van die Greensboro-sitbetoging by 'n
kostoonbank ... het Ella Baker, op daardie stadium direkteur van die Southern Christian
Leadership Conference (SCLC), die eerste vergadering help reël van wat die SNCC sou word. Sy
was bekommerd dat SCLC, onder leiding van Martin Luther King jr., uit voeling was met jonger
Afro-Amerikaners wat wou hê dat die beweging vinniger moes vorder. Baker het diegene wat
SNCC gevorm het, aangemoedig om verder as integrasie te kyk na wyer maatskaplike
verandering en om King se beginsel van vreedsaamheid meer as 'n politieke taktiek te beskou en
nie as 'n lewenswyse nie. Die nuwe groep het 'n belangrike rol gespeel in die Vryheidsritte wat
daarop gemik was om busse te desegregeer, en in die optogte wat deur Martin Luther King jr. en
die SCLC georganiseer is ... die Student Nonviolent Coordinating Committee het ook baie van die
... kiesersregistrasieveldtogte in die Suide aangevoor. Drie van sy lede het tydens die Mississippi
Vryheidsomer van 1964 aan die hand van die Ku Klux Klan gesterf. ... In 1966 is Stokely
Carmichael tot hoof van SNCC verkies en hy het die term 'swart mag' gepopulariseer* om die
nuwe taktieke en doelwitte te karakteriseer ...
[Aangepas uit: SNCC, History.com Editors, 12 November 2009.
Beskikbaar by: <https://www.history.com/topics/black-history/sncc>
Verkry 6 Januarie 2019]
*radikale – ekstreme
*gepopulariseer – gewild/populêr gemaak
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy v van vi
BRON F Hier is 'n uittreksel uit 'n onderhoud wat in 2018 gevoer is met
John Lewis, voorsitter van die Student Nonviolent Coordinating
Committee (SNCC) en een van die leiers wat die 1963 opmars na
Washington georganiseer het.
Ek het in Nashville betrokke geraak by die sitbetogings en later by die Vryheidsritte. Ons is
tydens die Vryheidsritte in 1961 aangerand en bebloed en bewusteloos by die Greyhound-
busstasie in Montgomery agtergelaat. King was daar, by dieselfde kerk waar ek hom die eerste
keer ontmoet het ... ['n Groep wittes] het probeer om die kerk af te brand. King het 'n oproep
na [prokureur-generaal] Robert Kennedy gemaak en hý het krygswet in die stad Montgomery
afgekondig. Hy het my geïnspireer. Hy het my opgehef. Hy was 'n dapper en moedige persoon,
en as jy na sy toesprake geluister het of wanneer hy met jou gepraat het, was jy gereed om uit
te gaan en jou lewe op die spel te plaas, want hy het dit so eenvoudig en duidelik gemaak dat
dít die regte ding was om te doen.
[Aangepas van: <https://www.theatlantic.com/magazine/archive/2018/02/john-lewis-martin-luther-
king-jr/552581> Verkry 6 Januarie 2019]
BRON G Hier is 'n uittreksel uit 'n artikel genaamd "Before he had his
'Dream', King wrote a letter" geskryf deur W. Ralph Eubanks, 'n
Amerikaanse outeur, en wat in 2005 in die Washington Post
gepubliseer is.
... King se "I have a Dream"-toespraak is ... een van die groot redevoerings* van die 20ste eeu.
... Ons moet nooit King se droom vergeet nie; maar laat ons ook nie die nagmerries vergeet
waarmee hy voor en na die toespraak geworstel het nie. En hy het dit vasgevang in die ... brief
wat hy daardie April aan agt Alabama predikante* geskryf het, net vier maande voor sy
beroemde toespraak by die Lincoln Memorial. "Ek is in Birmingham, want hier vind onreg
plaas," het King geskryf. Nadat King tronkstraf opgelê is weens 'n klag van optrede sonder 'n
permit, het hy die "Letter from a Birmingham Jail" geskryf. Dié brief het die aandag gevestig op
die Birmingham-beweging en bygedra tot King se roem.
[Aangepas uit: Before He Had His 'Dream,' King Wrote a Letter, W. Ralph Eubanks, January 16, 2005;
Bladsy B03. Beskikbaar by: <http://www.washingtonpost.com/wp-dyn/articles/
A11302-2005Jan15.html> Verkry 11 Januarie 2019]
*redevoerings – toesprake
*predikante – geestelikes en priesters
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy vi van vi
BRON H Hierdie foto van dr. Martin Luther King jr. is op 28 Augustus 1963
op die National Mall in Washington, tydens die opmars na
Washington, geneem.
[AFP/Getty Images, <https://news.stanford.edu/news/2011/august/i-have-a-dream-082511.html>
Verkry 4 Januarie 2019]
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

AddendumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper
Related documents

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper
More from Grade 12 History

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

MemorandumIEB