Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
GESKIEDENIS: VRAESTEL II
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 uur 200 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning van detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees van die toepassing van die
nasienriglyne.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 History Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
History · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 19
- File size
- 281.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 19
Hierdie memorandum dien as riglyn.
AFDELING A INDIVIDUELEBRONONTLEDING
VRAAG 1 VISUELEBRONONTLEDING
1.1 Gebruik jou eie kennis om TWEE moontlike redes vir die teenwoordigheid
van troepe in die townships in 1985 te gee.
[VLAK 1 en VLAK 2]
• Regeringsbeleid van hervorming en onderdrukking het gelei tot
weerstand teen die regering.
• Huurboikotte en geweld teen township-raadslede in die Vaaldriehoek-
opstande.
• In 1985 het die ANC in ballingskap ondersteuners gevra om Suid-Afrika
onregeerbaar te maak.
• Township-opstande teen die regering het in geweld ontaard.
• Die regering het die SAW/ weermag/ troepe na die townships gestuur.
• Om wet en orde te herstel.
• In 1985 het Botha 'n noodtoestand afgekondig, en troepe na die
townships gestuur.
• Die SAW in townships was 'n daad van aggressie en is as intimidasie
deur die regering gebruik.
• Aksie om protes te onderdruk.
[Enige TWEE toepaslike, akkurate punte]
1.2 Hoe beeld die foto die Nasionale Party-regering uit? Ondersteun jou
antwoord met TWEE visuele leidrade.
[VLAK 2]
• Beskrywing: magtig/ goed bewapen/ aggressief/ oorheers deur wit
mans/ militêre staat/ intimiderend/ barbaars/ soos die vyand/ vyandelik/
hardhandig/ besettingstroepe/ drakonies.
• Leidrade: weermagvoertuie/ soldate/ wit mans/ gewapen/ in groot militêre
voertuie/ Casspirs toring bo 'n ongewapende vrou uit.
• Ken slegs 1 punt toe vir die beskrywing van die negatiewe uitbeelding
met 'n swak bewys.
• Ken volpunte toe vir die beskrywing van die negatiewe uitbeelding met
grondige bewyse.
• Die visuele leidraad en die beskrywing moet duidelik met mekaar
verband hou.
[Beskrywing + 2 leidrade]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 19
1.3 Identifiseer die vorm van protes wat deur die vrou gebruik word. Ondersteun
jou antwoord met EEN visuele leidraad.
[VLAK 2]
• Soort protes: vreedsaam/ nie-gewelddadig/ uitdagend/ passievol/
ongewapend/ individuele protes.
• Leidraad: ongewapend/ staan alleen met arms en vuiste in die lug/ Sy
wys die Amandla!-teken/ mag-van-die-mense-houding.
[2 vir oordeel + 2 vir leidraad]
1.4 Verskaf 'n toepaslike opskrif vir die foto uit die perspektief van 'n:
1.4.1 United Democratic Front- (UDF-)pamflet
[VLAK 4]
Opskrif moet kort wees en die UDF se negatiewe perspektief van die
regering en/of die dapperheid van die vrou wat op haar eie betoog,
toon/ beklemtoon die regering se mislukking om die protes te
beëindig.
[Enige toepaslike antwoord wat gepaste vooroordeel ten gunste
van betoger toon]
1.4.2 Nasionale Party-koerant
[VLAK 4]
Opskrif moet kort wees en die koerant se positiewe perspektief van
die regering toon en/of die dapperheid of krag van die weermag of
jong mans beklemtoon; beskryf die vrou as 'n kommunis of terroris of
'n slagoffer van kommunistiese propaganda wat magteloos is teen
die krag van die gewapende magte/ lewer kommentaar op die mag
van die regering/ beskerming wat die regering bied.
[Enige toepaslike antwoord wat gepaste vooroordeel ten gunste
van regering toon]
1.5 Hoe sou die Anti-apartheidsbeweging dalk op hierdie foto gereageer het?
[VLAK 4]
• Skok, afkeur. (Moenie positiewe en negatiewe reaksies sonder 'n
verduideliking aanvaar nie.)
• Druk geplaas op Nasionale Party-regering om troepe te verwyder.
• Anti-apartheidsbeweging kon beelde gebruik het om teen die apartheid-
staat te betoog.
• Sanksies of oproep tot sanksies.
• Ondersteunend/ simpatiek teenoor protesterende vrou
[Enige akkurate, toepaslike antwoord]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 19
VRAAG 2 TEKSBRONONTLEDING
2.1 Verskaf TWEE aanhalings uit die bron om Swartbewussyn te definieer.
[VLAK 2]
• "Swart is pragtig"
• "… ons jeug geïnspireer om die gevoel van minderwaardigheid af te
skud"
• "… laat jouself geld en wees selfstandig …"
• " ... hulle het trots gevoel..."
[Enige TWEE aanhalings, geen parafrasering nie]
2.2 Wat glo Mandela was die belangrikste bydrae van die Swartbewussyns-
beweging? Verskaf EEN aanhaling om jou antwoord te ondersteun.
[VLAK 4]
• Die boodskap om mense tot aktivisme te motiveer/ optrede/ om hulself te
bevry/ het ’n passie by die jeug aangewakker/ demokratiese beginsels/
veg vir verandering.
• "Hy het verstaan dat 'n verslaafde volk deur hul dade vrygemaak word."
• "Hy het gefokus op hoe om ons mense tot aksie te laat oorgaan, op hoe
ons ons vryheid kon bereik."
• "Swart is Pragtig"
• "... ons jeug geïnspireer om die gevoel van minderwaardigheid af te
skud"
[2 punte vir bydrae en 2 punte vir enige EEN aanhaling. Die bydrae en
die aanhaling moet duidelik bymekaar aansluit; indien die bydrae
verkeerd is en die aanhaling korrek, kry die kandidaat geen punte nie
want die vraag is dan verkeerd verstaan.]
2.3 Waarom was 'n "verband tussen die ANC en die Swartbewussynsbeweging"
as "ondenkbaar" vir die Suid-Afrikaanse regering beskou? Verduidelik jou
antwoord deur jou eie kennis te gebruik.
[VLAK 3]
• Samewerking tussen die ANC en die Swartbewussynsbeweging sal
eenwording of groter eenheid van die weerstandsbewegings aandui en
sal dit moeiliker maak om protes en opstand teen die regering te
onderdruk.
• Dit sal die regering se vermoë om opposisie te onderdruk, verswak.
• Die ANC is verban en die Swartbewussynsbeweging sou idees kry en
invloed vir die ANC binne Suid-Afrika wen as hulle saamwerk.
• Die ANC is verban en dus sou die regering nie samewerking toelaat nie.
• Die doel van die regering was om weerstand te verdeel en te onderdruk
en hierdie idee van eenheid was teen hul beleid.
• ANC en SBB het ideologies verskil en was dus onverenigbaar.
[Enige EEN akkurate, toepaslike antwoord]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 19
2.4 Verskaf EEN bewys uit die bron wat aantoon dat weerstand teen apartheid
gedurende die 1970's gevaarlik was.
[VLAK 2]
• Hy het 'n ruimte te midde van onderdrukking gesmee
• Hy is in hegtenis geneem
• Vergaderings is in die geheim gehou/ geheime vergaderings gehou
• Beskryf Biko as dapper en moedig
[Enige EEN aanhaling of geparafraseerde antwoord]
2.5 Verduidelik Nelson Mandela se perspektief van Steve Biko. Verskaf DRIE
bewyse uit die bron om jou antwoord te ondersteun.
[VLAK 4 en 6]
• Mandela ondersteun Biko/ Mandela het Biko as noodsaaklik vir die
beweging of as 'n sleutelfiguur in die sukses van die beweging beskou
/het hom as magtige simbool vir die jeug beskou/ positief/ dapper/
invloedryk/ belangrik/ inklusiewe invloed (Enige een vir 2 punte).
• Emosionele woorde: "dapper/ moedig".
• Lof/ heldhaftigheid/ gebruik van positiewe metafore: "Hy het 'n ruimte
gesmee"/ "Hy was die vonk"/ "Hy het 'n passie laat ontbrand".
• Inklusief: hy het 'n breë spektrum geraadpleeg.
• Het gehelp om 'n demokratiese Suid-Afrika te skep.
• Heldhaftigheid: "Hy het geïnspireer"/ "Hy het verstaan"/ Toon dat hy
swaarkry vir 'n groter saak verduur het: Hy het 'n ruimte te midde van
onderdrukking gesmee/ hy is in hegtenis geneem.
[Al 3 bewyse moet by die perspektief pas en veelvuldige perspektiewe
met ondersteunende bewyse verdien volpunte. Variasie word aanvaar
maar 3 geskakelde bewyse is belangrik.]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 19
VRAAG 3 HUIDIGE KWESSIE IN DIE MEDIA
3.1 Gebruik jou eie kennis om die posisie te verduidelik wat elkeen van die
volgende geskiedkundige persone beklee het om 'n demokratiese Suid-
Afrika in die 1990's te skep.
[ALMAL VLAK 1 en 2]
3.1.1 Cyril Ramaphosa
Hoofonderhandelaar vir die ANC tydens Kodesa; gehelp om
kompromie-ooreenkomste tydens die onderhandelingsproses te
bereik/ rekord van verstandhouding/ hoëprofielposisie in die ANC
3.1.2 Aartsbiskop Desmond Tutu
Gevra dat sanksies gehandhaaf word om die regering te dwing om te
onderhandel/ Hoof van die Waarheids- en Versoeningskommissie/
ondersteun vreedsame protes teen die regering gedurende die
1980's/ Aartsbiskop van die Anglikaanse Kerk/ voorsitter van die
WVK/ leier van die Wêreldraad van Kerke.
[Enige toepaslike, akkurate inligting vir elk]
3.2 Vind 'n historiese konsep in die bron wat die beste by elk van die volgende
definisies pas. Skryf slegs die historiese konsep neer. (Geen verduideliking
word benodig nie.)
[ALMAL VLAK 2]
3.2.1 'n Amptelike kwytskelding vir politieke misdade.
Amnestie
3.2.2 'n Suid-Afrikaanse beleid van rassediskriminasie.
Apartheid
3.2.3 Die beëindiging van konflik tussen voormalige vyande of
opponerende groepe.
Rekonsiliasie/ versoenend
3.2.4 Suid-Afrika se wetgewende liggaam wat bestaan uit verkose
verteenwoordigers.
Parlement
3.3 Wat was, volgens die artikel, dr. Boraine se grootste prestasie?
[VLAK 2]
Die stigting en bestuur van die Waarheids- en Versoeningskommissie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 19
3.4 Het Boraine, volgens hierdie artikel, geglo dat die Waarheids- en
Versoeningskommissie misluk het in sy hantering van oortreders van
apartheidsmisdade? Motiveer jou antwoord met bewyse uit die bron.
[VLAK 6]
• Die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) het nie gefaal in die
hantering van oortreders nie.
• Die WVK het die strengste amnestievoorwaardes in die wêreld gehad en
die meeste mense het nie amnestie ontvang nie.
• Die WVK kon nie oortreders vervolg nie, net die regstelsel kon
oortreders vervolg. Die owerhede het misluk of geweier om die sake te
vervolg en dié wat gruweldade gepleeg het, is nooit vir hul misdade
vervolg nie.
• Die owerhede het nie die oortreders wat nie amnestie ontvang het nie,
vervolg nie.
[2 punte vir verduideliking en 4 punte vir bewyse. Kandidate moet
identifiseer dat die WVK nie kon vervolg nie en gevolglik het die
regstelsel in gebreke gebly om WVK-bevindings op te volg. Indien die
standpunt verkeerd is, word geen punte toegeken nie aangesien
hierdie ’n Vlak 6-antwoord is.]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 19
AFDELING B BRONGEBASEERDE VRAE
Verwys na Bron A
4. Skryf TWEE beginsels neer wat dr. Martin Luther King jr. tot die
Burgerregtebeweging bygedra het.
[VLAK 2]
• Gelykheid.
• Nie-gewelddadige/ vreedsame protes/ verandering op vreedsame wyse.
[Beide punte moet teenwoordig wees: gelykheid en vreedsaamheid]
5. Verskaf EEN bewys uit die bron om aan te toon dat dr. Martin Luther King jr.
die sleutel tot sukses van die Burgerregtebeweging was.
[VLAK 2]
King se boodskap het die beweging se getalle laat groei/ het die beweging
se ondersteuners vermeerder/ morele krag/ onbetwisbare leier/ verandering
deur vreedsame metodes
[Kan geparafraseer of aangehaal wees]
6. Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom dr. Martin Luther King jr.
gedurende die 1960's "… een van die mees gehate mans van sy tyd …"
was. Verskaf TWEE omvattende punte.
[VLAK 4]
• Hy is gehaat deur mense wat wit oorheersing voorgestaan het omdat hy
die rassistiese tradisies en wette van die gesegregeerde Suide
uitgedaag het.
• Hy is daarvan beskuldig dat hy geweld aangewakker het en is deur die
FBI as 'n nasionale veiligheidsbedreiging beskou.
• Die Swartmagbeweging en Malcolm X het sy metodes as te stadig
beskou en gedink die Noordelike state is afgeskeep/ jonger generasie
Afro-Amerikaners/ Afro-Amerikaanse gemeenskappe wat in ghetto's in
die noordelike state gewoon het, het ook so gevoel.
• Eien homself onverdiende krediet vir die sukses van die Burger-
regtebeweging toe.
• Inklusiwiteit vs. selfstandigheid – beleidsverskil
• Viëtnam: teen-Viëtnam-standpunt veroorsaak spanning
[Enige twee toepaslike antwoorde of punte]
Verwys na Bron B
7. Gebruik jou eie kennis om TWEE wetgewende suksesse te noem wat in die
middel-1960's deur die Burgerregtebeweging bereik is.
[VLAK 1]
• Wet op Burgerregte (1964)
• Wet op Stemreg (1965) / Stemwet
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 19
[Datums word nie vereis nie]
8. In watter mate het die Burgerregtebeweging toestande vir plaaslike
gemeenskappe gedurende die 1960's verbeter? Gebruik bewyse uit die
bron en jou eie kennis om jou antwoord te ondersteun.
[VLAK 4 en 6]
• In 'n mate
• Die Burgerregtebeweging het King na die gesegregeerde Suide gebring
en daarmee saam ook media-aandag. Dit het segregasie in hierdie
gemeenskappe uitgedaag en gelei tot 'n verbetering in die lewens-
kwaliteit vir Afro-Amerikaners in hierdie gemeenskappe.
• Toe King vertrek het, moes die Afro-Amerikaanse gemeenskap egter die
ongunstige reaksie/ gewelddadige optrede van die wit gemeenskappe
hanteer en die Afro-Amerikaanse gemeenskappe was uitgeput.
• Gevolglik het die toestande op kort termyn nie noodwendig verbeter nie,
maar hulle het op lang termyn wel verbeter weens die beëindiging van
segregasie.
[2 punte vir standpunt en 4 punte vir verduideliking deur gebruik van
bronbewyse en eie kennis vir totaal van 6]
9. Wat glo huidige kenners het tot die suksesvolle desegregasie van die Suide
gelei, volgens hierdie artikel?
[VLAK 2]
• Interaktiwiteit tussen nasionaal en plaaslik, politiek en kultuur en …
leiers en volgelinge …/ plaaslike leiers en plaaslike pogings om met
King saam te werk/ media-aandag.
Verwys na Bron C
10. Noem VIER maniere waarop dr. Martin Luther King jr. bygedra het tot die
sukses van die Burgerregtebeweging.
[VLAK 2]
• King se prestige as 'n simboliese leier/ die King-mite
• intellektuele eenvoud van sy filosofie
• vriend in die Wit Huis
• welsprekendheid
• vermoë om ondersteuners aan te moedig of te verenig
• jeugaktivisme
[Enige VIER aangehaalde of geparafraseerde punte]
11. Gebruik die bron om die mite rondom dr. Martin Luther King jr. se leierskap
te beskryf. Jou antwoord moet uit TWEE punte bestaan.
[VLAK 2]
• Die mite stel dat King as leier die enigste inisieerder van die beweging
was.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 19
• Die mite stel ook dat King onontbeerlik was vir die beweging; hy was die
enigste belangrike leier.
• Hy was die enigste belangrike leier
12. Hoekom het kenners geargumenteer dat die "King-mite" 'n onakkurate
ontleding van die Burgerregtebeweging was? Jou antwoord moet uit TWEE
punte bestaan.
[VLAK 4 en 2]
• Dit is onakkuraat omdat dit die rol van plaaslike gemeenskappe wat die
betogings sonder King se hulp organiseer het, misken.
• Dit is ook onakkuraat ten opsigte van King omdat dit 'n wanvoorstelling
of oordrywing van sy baie belangrike rol en bydrae tot die beweging is.
• Hulle het sy vermoë om goeie toesprake te maak gebruik, maar hulle
was nie werklik van hom afhanklik nie.
Verwys na Bron D en Bron E
13. Vind 'n historiese konsep in Bron D of E wat die beste pas by elk van
die volgende definisies. Skryf slegs die historiese konsep neer. (Geen
verduideliking word benodig nie.)
[ALMAL VLAK 2]
13.1 'n Tipe nie-gewelddadige burgerlike ongehoorsaamheid waar
betogers 'n openbare plek betree en bly sit totdat hulle hardhandig
verwyder word of totdat daar op hul griewe gereageer word.
Sitbetogings
13.2 'n Groep voorstanders van wit heerskappy wat in die Amerikaanse
Suide gestig is.
Ku Klux Klan/ KKK
13.3 Die oopstel van openbare fasiliteite vir alle rasse.
Desegregasie/ integrasie
13.4 'n Studentgeleide burgerregteveldtog wat hulle daarvoor beywer het
om politieke regte vir Afro-Amerikaners in die Diep Suide te verseker.
Mississippi Vryheidsomer 1964/ Vryheidsomer/ Vryheidsomer
van 1964/ Mississippi Vryheidsomer/ veldtogte om kiesers te
registreer/ Vryheidsritte/ Greensboro-besetting
13.5 'n Geloof in Afro-Amerikaanse trots, onafhanklikheid en die
verkryging van burgerregte deur meer aggressiewe optrede.
Swartmag
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 19
Verwys na Bron D en Bron E
14. Gebruik ALBEI bronne om die verhouding tussen dr. Martin Luther King jr.
en die Student Nonviolent Coordinating Committee (SNCC) te verduidelik.
Verskaf VIER punte.
[VLAK 4 en VLAK 5]
• King en SNCC het mekaar erken en ondersteun, alhoewel King deur
SNCC gekritiseer is. Hulle het gelykheid met effens verskillende
beginsels en metodes nagestreef.
• King het SNCC erken en geprys en wou hê dat hulle met die SCLC
moes affilieer.
• SNCC erken King as 'n geliefde leier in die gemeenskap en ondersteun
sy nie-gewelddadige protes, maar wou apart van die SCLC wees.
• Alhoewel SNCC King se rol erken het, het hulle hom gekritiseer omdat
hy te stadig was en hulle het sy nie-gewelddadige benadering as 'n
politieke taktiek beskou.
• SNCC het verder gekyk as King se integrasie-inisiatiewe en wou wyer
sosiale verandering hê.
• SNCC het gesoek na nuwe taktieke en doelwitte buite King se
beginsels.
• King is beskou as uit voeling met die jeug.
Verwys na Bron F
15. Gebruik jou eie kennis om die doelstellings en metodes van die 1961
Vryheidsritte te beskryf.
[VLAK 2]
• Doel: toets desegregasie/ desegregeer busterminusse in die Suide/
toets of segregasie steeds by busterminusse en openbare fasiliteite in
die Suide bestaan/ dwing regering om aandag te skenk aan segregasie
wat steeds in die Suide toegepas word/ trek media-aandag om teen
segregasie te protesteer.
• Metode: nie-gewelddadige protes deur op busse in die suidelike state te
ry en die fasiliteite by busterminusse te gebruik om te toets of
segregasie nog bestaan.
[2 punte doelstelling en 2 punte metode]
16. Hoe het wit lede van die Montgomery-gemeenskap op die Vryheidsritte
gereageer? Ondersteun jou antwoord met TWEE aanhalings uit die bron.
[VLAK 4 en 2]
• Die wit gemeenskapslede het geweld teen die aktiviste gebruik/ nie-
ondersteunend/ dreigende gedrag/ woede/ aggresief/ negatief.
• "Ons is ... aangerand en bebloed en bewusteloos ... agtergelaat ..."
• "['n Groep wittes] het probeer om die kerk af te brand …"
[2 punte vir verduideliking en 4 punte vir 2 aanhalings]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 19
17. Hoe beskou John Lewis die rol van dr. Martin Luther King jr. in die
Burgerregtebeweging? Ondersteun jou antwoord met DRIE aanhalings.
[VLAK 4]
• Hy beskou King as die sentrale of belangrikste element van die
beweging./ Hy beskou King as die dryfkrag agter die beweging/ die
motiveerder van die beweging/ beskou King as belangrikste in die
sukses van die beweging./ King word as die held van die beweging
beskou/ polities magtig.
• "Hy het my geïnspireer."
"Hy het my opgehef."
• "Hy was 'n dapper en moedige persoon ..."
• "... as jy na sy toesprake geluister het of wanneer hy met jou gepraat
het, was jy gereed om uit te gaan en jou lewe op die spel te plaas ..."
• "King het 'n oproep na [prokureur-generaal] Robert Kennedy gemaak"
[2 punte vir rol en 6 punte vir enige DRIE aanhalings]
18. Hoe betroubaar is hierdie bron vir die bestudering van die inspirerende aard
van dr. Martin Luther King jr. gedurende die Burgerregtebeweging?
[VLAK 6]
Om volpunte te behaal, moet na oorsprong, intensie en vooroordeel/
beperkings en waarde in die bron verwys word.
• In 'n mate betroubaar of betroubaar met enkele beperkings.
• Uittreksel is van John Lewis, 'n ondersteuner van King, wat gehelp het
om die optog na Washington te organiseer. Hy was ook 'n lid van
SNCC, 'n organisasie wat krities teenoor King kon wees.
• Ooggetuieverslag van gebeure, dus 'n primêre bron van inligting.
• Onderhoud terugskouend gegee en Lewis mag dalk selektief wees in sy
herinneringe aan King, subjektiewe inligting, gevolglik bevooroordeelde
inligting. Loof slegs vir King (toepaslike aanhaling om vooroordeel te
toon).
• Bedoeling van die bron blyk persoonlike nabetragting van King te wees.
• Onderhoudsvrae is nie ingesluit nie; dit is 'n beperking.
• Geredigeerde bron, seleksie mag belangrike inligting uitsluit; dit is 'n
beperking.
• Betroubaar omdat Lewis deel van die beweging was, het persoonlike
onderhandelings met King gehad, het tot verskillende organisasies
behoort, maar is bevooroordeeld en lewer geen kritiek op King nie.
[Nasieners moet nie regmerkies gebruik om na te sien nie, maar moet
eerder die volgende simbole gebruik (I = Bedoeling (Intention),
B = Vooroordeel (Bias), L = Beperkings (Limitations), O = Oorsprong
(Origin)) om volgens die rubriek na te sien. Die opsomming hierbo
dien as riglyn.]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 19
Gebruik hierdie rubriek in samehang met die bogenoemde riglyne.
5–6 Evaluering/ Beperkings & vooroordele
Begryp die bron/ erken beperkings/ fokus op oorsprong en voorneme en erken
vooroordeel om te besef dat die bron se betroubaarheid beperk is. Moet aanhaal/
verwys na vooroordeel in die bron of vooroordeel van die oorsprong en publikasie
om 6 punte te verdien.
3–4 Ontleding en beperkings
Toon die vermoë om die bron te verstaan/ erken oorsprong en/ of bedoeling en maak
vae melding van die beperking van die bron as dit op sy eie gebruik word/ geen
poging om die bron te evalueer nie (vooroordeel, ens.).
1–2 Begrip
Beskryf die inligting wat uit die bron verkry is/ kan slegs die bron verstaan, maar geen
poging om die bron self te evalueer nie (beperkte bespreking van oorsprong of
bedoeling).
0 Geen poging aangewend om die vraag te beantwoord nie.
Verwys na Bron G en Bron H
19. Verwys na Bron G en Bron H sowel as jou eie kennis om aan te dui of
die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of
ONWAAR neer. (Geen verduideliking word benodig nie.)
[VLAK 2]
19.1 Dr. Martin Luther King jr. het verwys na rassisme, segregasie en
polisiegeweld toe hy die onreg in Birmingham beskryf het.
WAAR
[VLAK 2]
19.2 Dr. Martin Luther King jr. is in Birmingham in die tronk gesit vir
burgerlike ongehoorsaamheid.
WAAR
[VLAK 2]
19.3 Die "Letter from a Birmingham Jail" en die "I Have a Dream"
toespraak het meestal positiewe publisiteit vir die
Burgerregtebeweging tot gevolg gehad.
WAAR
[VLAK 1]
19.4 Die opmars na Washington in 1963 is deur slegs Afro-Amerikaners
gesteun.
ONWAAR
[VLAK 4]
19.5 Bron G en H beweer albei dat dr. Martin Luther King jr. die
belangrikste persoon in die burgerregteprotes was.
WAAR
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 19
AFDELING C BRONGEBASEERDE OPSTEL
Gebruik Bronne A tot H in die Bronmateriaalboekie om 'n brongebaseerde
opstel oor die volgende onderwerp te skryf:
In watter mate was dr. Martin Luther King jr. gedurende die 1960's verantwoordelik
vir die sukses van die Burgerregtebeweging in die Verenigde State van Amerika?
Maak seker dat jy die bronne wat voorsien word, gebruik om jou argument
saam te stel en onthou om die letters te gebruik om na die bronne te verwys.
[VLAK 2, 3, 4, 5 en 6]
Die opstel word holisties nagesien deur die IEB se brongebaseerde
opstelrubriek met die memorandum as riglyn te gebruik.
• Kandidate kan argumenteer dat King in 'n meerdere mate verantwoordelik was
vir die sukses van die Burgerregtebeweging in die 1960's.
• King se roem, filosofie, wetgewende sukses, media-aandag, simboliek, vermoë
om te inspireer, invloed op die regering en posisie in die samelewing bevestig
sy belangrikheid vir die sukses van die Burgerregtebeweging.
• Plaaslike leierskap, interaktiwiteit, studente-geleide protes, SNCC en ander
faktore was in 'n mindere mate verantwoordelik vir sukses.
• Moderne historiese teorieë bespreek ander faktore, maar erken King steeds as
baie belangrik in die sukses van die beweging.
OF
• Kandidate kan argumenteer dat King in 'n mindere mate verantwoordelik was
vir die sukses van die Burgerregtebeweging in die 1960's.
• King se roem, filosofie, wetgewende sukses, media-aandag, simboliek, vermoë
om te inspireer, invloed op die regering en posisie in die gemeenskap, het
slegs gedeeltelik 'n rol gespeel in die sukses van die Burgerregtebeweging in
die 1960's.
• Plaaslike leierskap, interaktiwiteit, studente-geleide protes, SNCC en ander
faktore was in 'n meerdere mate verantwoordelik vir sukses.
• King se rol word dikwels oordryf; 'n mite, en plaaslike lewe het nie altyd
verbeter nie. Die meeste protesoptredes is deur plaaslike leierskap en studente
gereël. Die jonger geslag het King gekritiseer vir die tempo van verandering en
die filosofie van nie-geweld. SNCC het sitbetogings, Vryheidsritte en Vryheid-
somer gereël.
• Moderne historiese teorieë beklemtoon die belangrikheid van plaaslike
leierskap en interaktiwiteit as die kritieke aspek in die sukses van die
beweging.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 19
ARGU- Dr. Martin Luther King jr. was Dr. Martin Luther King jr. was nie
MENT verantwoordelik vir die sukses van die verantwoordelik vir die sukses van die
Burgerregtebeweging Burgerregtebeweging nie
BRON Fokuswoorde: mindere mate/ meerdere Fokuswoorde: mindere mate/ meerdere
mate mate
A King is as hoofleier erken en was
verantwoordelik vir die vermeerdering
van die beweging se getalle en steun en
voorsien dit van 'n filosofie
"… die onbetwiste leier van die vreedsame
Burgerregtebeweging in die 1960's …"
"… King se boodskap van vreedsame
verandering [het] bygedra tot die beweging
se groeiende getalle en het dit morele krag
daaraan verleen …"
Time tydskrif het hom in 1963 as "Man van
die Jaar" benoem.
"… hy [het] die Nobelvredesprys gewen en
is beskryf as die eerste persoon in die
Westerse wêreld wat gewys het dat 'n
stryd sonder geweld gevoer kan word."
B King het daartoe bygedra dat wette Moderne historiese teorieë beklemtoon die
verander is belangrikheid van plaaslike leierskap en
interaktiwiteit as die kritieke aspekte in die
"… die beweging [het] geleer uit King se sukses van die beweging.
leierskap van massaprotes oral in die King slegs deel van sukses.
Suide. Hierdie werke hou dikwels direk
verband met die wetgewende suksesse "… plaaslike leiers in die Suide moontlik net
van die middel 1960's …" so belangrik was vir die aftakeling van
segregasie as King …"
Media-aandag "… King se leierskap het berus op 'n groot
netwerk van plaaslike leiers, en in party
"… Die feit dat King die media betrek het, gevalle verswak dit King se aanspraak op
het beslis plaaslike pogings aangehelp om grootsheid."
wit oppergesag uit te daag …"
"… King se leierskap was grotendeels
interaktief en uiters afhanklik van die werk van
vriende, kollegas en 'n wye netwerk van ...
aktiviste ..."
King mag dalk media-aandag gebring het,
maar min het verander nadat hy en die
media vertrek het
"… sy vertrek het ook die vertrek van die
media voorafgegaan, wat plaaslike leiers met
die taak gelaat het om die reaksie van
wrewelrige wit gemeenskappe en uitgeputte
swart gemeenskappe te hanteer"
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 19
C King was simbolies en het invloed in hoë King se rol is oordryf en is 'n mite, hy was
plekke gehad en vir media-aandag nie die enigste belangrike leier nie omdat
gesorg, hy het die ondersteuning en nie- suksesvolle protes sonder hom onder
gewelddadige ideologie verenig plaaslike leierskap ontstaan het
"… 'n simboliese leier soos King." "... King-mite ... as die ... leier van die
Burgerregtebeweging ... as die inisieerder en
"… meer prestige as mag … die enigste onontbeerlike element in die suidelike
intellektuele eenvoud van sy filosofie; … sy stryd van die 1950's en 1960's. ... die mite
vriendskap met die man in die Wit Huis – is beklemtoon die individu ten koste van die
alles noodsaaklik vir die rol wat hy speel, en beweging, dit oordryf nie net King se historiese
van onskatbare waarde vir die sukses van belang nie, maar verdraai ook sy werklike,
die beweging ..." aansienlike bydrae tot die beweging ..."
"… King [het] die stryd beïnvloed wat in "… King was beslis nie die enigste belangrike
Mississippi, Alabama en Georgia gevoer is, leier van die Burgerregtebeweging nie, want
... hierdie bewegings [is] ook gelei deur ... volgehoue protesbewegings het in baie
plaaslike leiers wat af en toe King se suidelike gemeenskappe ontstaan waar King
welsprekendheid gebruik het om ... min of geen direkte betrokkenheid gehad het
betogers by massavergaderings tot aksie nie. ... plaaslike leiers wat af en toe King se
aan te spoor …" welsprekendheid gebruik het om ... betogers by
massavergaderings tot aksie aan te spoor,
terwyl hulle geweier het om van sy
teenwoordigheid afhanklik te wees."
D Studenteorganisasies het King as 'n Studenteorganisasies het suksesvolle
belangrike leier erken onafhanklike organisasies en protesoptrede
onafhanklik van King geïnisieer
"… SNCC werkers het erken en die feit
respekteer dat eerw. King geliefd was in die "Wat vars en nuut in ons stryd is, is die feit dat
gemeenskappe waar hulle doenig was." dit deur studente geïnisieer, gevoed en
volgehou is ..."
"Eerw. King het gehoop dat die studente sou
besluit om die studentevleuel van sy
organisasie, SCLC ... te word. Die studente het
besluit hulle sal nie."
E Studentegroepe het 'n rol gespeel in Studenteorganisasies, onafhanklik en ietwat
optogte wat deur King gereël is krities oor King, was verantwoordelik vir
sitbetogings, Vryheidsritte en Vryheidsomer
"… Die nuwe groep het 'n belangrike rol
gespeel in die Vryheidsritte wat daarop "Die SNCC of Student Nonviolent Coordinating
gemik was om busse te desegregeer, en in Committee ... het spoedig een van die meer
die optogte wat deur Martin Luther King jr. radikale takke van die beweging geword. … Sy
en die SCLC georganiseer is …" was bekommerd dat SCLC, onder leiding van
Martin Luther King jr., uit voeling was met jonger
Afro-Amerikaners wat wou hê dat die beweging
vinniger moes vorder."
"… SNCC ... verder as integrasie te kyk na wyer
maatskaplike verandering en om King se
beginsel van vreedsaamheid meer as politieke
taktiek te beskou en nie as 'n lewenswyse nie."
"… Die nuwe groep het 'n belangrike rol gespeel
in die Vryheidsritte wat daarop gemik was om
busse te desegregeer."
"… die Student Nonviolent Coordinating
Committee het ook baie van die ... kiesers-
registrasieveldtogte in die Suide aangevoor."
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 19
F King was in staat om die aandag en
optrede van belangrike politici te verkry
en was die groot dryfveer van
suksesvolle optrede deur die beweging
"… tydens die Vryheidsritte in 1961 ... in
Montgomery. King was daar … King het 'n
oproep na [prokureur-generaal] Robert
Kennedy gemaak en hý het krygswet in die
stad Montgomery afgekondig."
"Hy het my geïnspireer. Hy het my opgehef.
Hy was 'n dapper en moedige persoon, en
as jy na sy toesprake geluister het of
wanneer hy met jou gepraat het was jy
gereed om uit te gaan en jou lewe op die
spel te plaas, want hy het dit so eenvoudig
en duidelik gemaak dat dít die regte ding
was om te doen."
G King het uitmuntende toesprake gelewer
wat die aandag op die beweging gevestig
het
… King se "I have a Dream"-toespraak is ...
een van die groot redevoerings van die
20ste eeu."… beroemde toespraak by die
Lincoln-gedenkteken …"
"…'Letter from a Birmingham Jail' … Dié
brief het die aandag gevestig op die
Birmingham-beweging en bygedra het tot
King se roem."
H King het massasteun gelok en media- King is slegs een van verskeie individue wat
aandag verkry om sukses vir die met die sukses van die beweging gehelp het
beweging te bring
Die foto toon baie mense by die opmars na
King staan voor 'n massabyeenkoms. Washington.
King in voorgrond afgeneem, lyk groter en
belangrikste fokus.
Media-aandag op King as persverteenwoor-
digers hom afneem.
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 18 van 19
GENERIESE RUBRIEK VIR BRONGEBASEERDE OPSTEL
Argument + fokus Gebruik van bronne Teenargument Struktuur + styl Hoofindruk
7+ Neem standpunt in. Gebruik al die bronne en Bespreek teenargument Kort inleiding en slot wat Opstel is logies,
Hou standpunt deurgaans verwys daarna deur die letter volledig. daarop fokus om die samehangend en bondig.
90–100% vol. te gebruik. Erken teenargument in inleiding vraag te beantwoord. Dit weerspieël uitstekende
Handhaaf duidelike en Gebruik besonderhede van en slot. Gebruik paragrawe. historiese insig en begrip.
45–50 konsekwente fokus. die bronne om argument en Skakel deurgaans die Vlot uitdrukking.
Verstaan alle aspekte van die teenargument te staaf. teenargument met die
vraag. Haal selektief aan waar hoofargument.
Skakel bronne en vraag baie toepaslik.
goed aaneen.
7 Neem standpunt in. Soos hierbo. Soos hierbo. Soos hierbo. Opstel is duidelik en
Volgehoue argument met akkuraat, alhoewel die styl
80–89% enkele dwalings wat nie nie altyd bondig is nie.
afbreuk doen aan die begrip Dit weerspieël baie goeie
40–44 of fokus nie. historiese insig en begrip.
Skakel bronne en vraag goed
aaneen.
6 Neem standpunt in. Gebruik al die bronne en Identifiseer teenargument. Inleiding en slot wat Opstel is 'n goeie poging
Fokus op die vraag, maar verwys daarna deur die letter daarop fokus om die maar ontbreek diepte.
70–79% mag enkele dwalings in fokus te gebruik. vraag te beantwoord. Dit is oor die algemeen
of bedoelde fokus hê wat Gebruik besonderhede van Gebruik paragrawe. vloeiend, maar beperkte
35–39 afwyk van die argument. bronne, maar daar is soms Uitdrukking bevredigend. herhaling kom voor.
Skakel bronne en vraag leemtes of geringe afwykings Daar is enkele beperkings
aaneen. in bewyslewering. in historiese insig en
Haal selektief aan waar begrip.
toepaslik.
5 Wend 'n poging aan om Gebruik die meeste bronne Identifiseer teenargument, maar Inleiding en Opstel poog om die vraag
standpunt in te neem. en verwys daarna deur die nie volledig nie. gevolgtrekking te beantwoord, maar is nie
60–69% Leemtes in fokus of gebruik letter te gebruik. Laat sommige aspekte van die teenwoordig, maar deurgaans vloeiend en
bygevoegde/ geïmpliseerde Beskryf of parafraseer teenargument uit. gebrekkig. akkuraat nie.
30–34 fokus. bronne eerder as om inligting Uitdrukking bevredigend. Dit toon basiese insig,
Argument is inkonsekwent of daaruit te gebruik. maar daar is beperkte
sonder diepte. Gebruik te veel lang historiese begrip.
Hier en daar tekens dat aanhalings uit die bronne.
bronne en vraag
aaneenskakel.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 19 van 19
4 Neem swak standpunt in. Laat 2 of 3 bronne uit. Identifiseer teenargument Swak inleiding en slot. Opstel toon oppervlakkige
Gebruik bygevoegde/ Beskryf of lys* bronne eerder op basiese vlak. Inleiding OF slot ontbreek. begrip van vraag.
50–59% geïmpliseerde fokus. as om inligting daaruit Strukturele probleme (bv. Daar is min bewys van
Wend 'n swak poging aan toepaslik te gebruik. gebrek aan paragrawe.) historiese begrip en insig.
25–29 om bronne en vraag aaneen Gebruik ontoepaslike of te Uitdrukking bevredigend.
te skakel. lang aanhalings.
Bondel* bronne saam.
3 Wend 'n powere poging aan Gebruik die helfte van die Het geen teenargument Strukturele probleme. Opstel is moeilik om te lees
om standpunt in te neem. bronne glad nie. nie of dit is baie Inleiding en/ of slot of die argument is moeilik
40–49% Weinig poging om te fokus. Het swak begrip van bronne. simplisties. ontbreek. om te volg.
Toon min begrip van Gebruik weinig toepaslike Uitdrukking swak. Dit toon 'n gebrek aan begrip
20–24 argument. aanhalings. van die vraag, of hoe om
Bevat onakkuraathede en bronne te gebruik om die
leemtes. vraag te beantwoord.
Poog onsuksesvol om
bronne en vraag aaneen te
skakel.
2 Wend geen poging aan om Gebruik baie min bronne. Soos hierbo. Strukturele probleme. Opstel toon geen begrip van
standpunt in te neem nie. Het 'n baie swak begrip van Uitdrukkingsvermoë baie historiese kwessies soos in
30–39% Fokus nie op vraag nie. bronne. swak. die bronne aangetref nie.
Nie in staat om bronne en Dit toon weinig begrip van
15–19 vraag aaneen te skakel die vraag, maar kandidaat
nie. het gepoog om sommige
inligting in die bronne te
gebruik.
1 Wend geen poging aan om Gebruik slegs een of geen Geen teenargument nie. Strukturele probleme. Opstel toon uiters
te fokus nie. bronne nie. Uitdrukkingsvermoë uiters gebrekkige begrip van
0–29% Verstaan die vraag glad nie. Skynbaar nie in staat om swak. bronne of van vraag, of hoe
0–14 relevante bronne te gebruik die twee aaneenskakel.
nie.
• Lys bronne – gebruik bronne alfabeties eerder as om dit te groepeer ter ondersteuning van die argument of teen-argument, bv. Bron A toon …; Bron B beweer …;
volgens Bron C ...; in Bron D … ens.
• Bondel bronne saam – hanteer verskeie bronne gelyktydig eerder as afsonderlik, en gee daarmee te kenne dat almal dieselfde ding sê, bv. Bronne A, C, F en H.
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper
Related documents

AddendumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

AddendumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper
More from Grade 12 History

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

MemorandumIEB