Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
GESKIEDENIS: VRAESTEL II
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en 'n Bronmateriaalboekie van 6 bladsye (i–vi).
Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. Verwyder die Bronmateriaalboekie
uit die middel van die vraestel.
2. Lees die vrae noukeurig deur.
3. Alle vrae moet beantwoord word.
4. Hierdie vraestel bestaan uit:
Afdeling A, wat die volgende insluit:
• visuelebronontleding
• teksbronontleding
• huidige kwessie in die media
EN
Afdeling B, wat die volgende insluit:
• brongebaseerde vrae wat die Bronmateriaalboekie gebruik
EN
Afdeling C, wat die volgende insluit:
• brongebaseerde opstel wat die Bronmateriaalboekie gebruik
5. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.
6. Laat 'n reël tussen jou antwoorde oop.
7. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf. Werk op 'n geordende wyse en bied jou
antwoorde so netjies as moontlik aan.
8. Kandidate moet aandag aan die puntetoekenning skenk. Tensy anders aangedui,
word twee punte vir 'n geldige feit toegeken. Dit beteken dat 'n vraag wat vier punte
tel, twee feite vereis.
9. Gebruik die bronne wat verskaf word om jou antwoord te formuleer, tensy spesifiek
opdrag gegee word om jou eie kennis te gebruik.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 History Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
History · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 8
- File size
- 457.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 8
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 2 van 8
AFDELING A INDIVIDUELEBRONONTLEDING
VRAAG 1 VISUELEBRONONTLEDING
Hierdie foto toon 'n vrou wat protesteer teen die teenwoordigheid van troepe
in Soweto, Johannesburg in 1985.
[Beyond the Barricades Collection, University of Cape Town Libraries. Beskikbaar by: [AANLYN]
<http://www.digitalcollections.lib.uct.ac.za/islandora/object/islandora%3A898/datastream/OBJ/view>
Verkry 8 Januarie 2019]
1.1 Gebruik jou eie kennis om TWEE moontlike redes vir die teenwoordigheid
van troepe in die townships in 1985 te gee. (4)
1.2 Hoe beeld die foto die Nasionale Party-regering uit? Ondersteun jou
antwoord met TWEE visuele leidrade. (6)
1.3 Identifiseer die vorm van protes wat deur die vrou gebruik word. Ondersteun
jou antwoord met EEN visuele leidraad. (4)
1.4 Verskaf 'n toepaslike opskrif vir die foto uit die perspektief van 'n:
1.4.1 United Democratic Front- (UDF-)pamflet (2)
1.4.2 Nasionale Party-koerant (2)
1.5 Hoe sou die Anti-apartheidsbeweging dalk op hierdie foto gereageer het? (2)
[20]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 3 van 8
VRAAG 2 TEKSBRONONTLEDING
Hier is 'n uittreksel van 'n huldeblyk aan Stephen Biko wat in 2002 deur
Nelson Mandela geskryf is.
... hy was die vonk wat 'n veldbrand in Suid-Afrika laat ontstaan het. Sy boodskap aan
die jongmense en studente was eenvoudig en duidelik: Swart is pragtig! ... En daarmee
het hy ons jeug geïnspireer om die gevoel van minderwaardigheid af te skud ... laat
jouself geld en wees selfstandig! Daarmee het hy 'n passie in die jeug laat ontbrand en
hulle het trots gevoel ...
Hy het verstaan dat 'n verslaafde volk deur hul dade vryheid maak. Hy het gefokus op
hoe om ons mense tot aksie te laat oorgaan, op hoe ons ons vryheid kon bereik.
Hy het 'n ruimte te midde van onderdrukking gesmee* ... Hy is in hegtenis geneem
terwyl hy besig was om deur die land te reis om met 'n breë spektrum* mense te
konsulteer, wat op verskillende vlakke van weerstand saamgekom het. Hy was stilweg
besig om vir 'n klandestiene* vergadering met Oliver Tambo, president van die ANC,
voor te berei ... Die blote gedagte aan 'n verband tussen die ANC en die Swartbewussyns-
beweging was vir die apartheidsregering ondenkbaar ...
Steve Biko leef voort in die wêreld van dapper en moedige leiers wat gehelp het om 'n
demokratiese Suid-Afrika te skep ...
[Aangepas uit: Xolela Mangcu. Biko: A Biography, Kaapstad, Tafelberg, 2012, pp. 7–9]
*gesmee – geskep
*spektrum – verskeidenheid
*klandestiene – geheime
2.1 Verskaf TWEE aanhalings uit die bron om Swartbewussyn te definieer. (4)
2.2 Wat glo Mandela was die belangrikste bydrae van die Swartbewussyns-
beweging? Verskaf EEN aanhaling om jou antwoord te ondersteun. (4)
2.3 Waarom was 'n 'verband tussen die ANC en die Swartbewussynsbeweging'
as 'ondenkbaar' vir die Suid-Afrikaanse regering beskou? Verduidelik jou
antwoord deur jou eie kennis te gebruik. (2)
2.4 Verskaf EEN bewys uit die bron wat aantoon dat weerstand teen apartheid
gedurende die 1970's gevaarlik was. (2)
2.5 Verduidelik Nelson Mandela se perspektief van Steve Biko. Verskaf DRIE
bewyse uit die bron om jou antwoord te ondersteun. (8)
[20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 4 van 8
VRAAG 3 HUIDIGE KWESSIE IN DIE MEDIA
Hier is 'n uittreksel uit 'n artikel wat op 9 Januarie 2019 in 'n gewilde Suid-
Afrikaanse aanlyn-publikasie, The Daily Maverick, gepubliseer is. Die artikel
berig oor die dood en nalatenskap van dr. Alex Boraine.
Alex Boraine (1931–2018): Suid-Afrika treur oor
die heengaan van 'n werklik ordentlike man
Goed, gaaf, ordentlik, iemand met insig: dit is
woorde wat meestal gebruik word om Alex
Boraine, wat op 5 Desember in die ouderdom van
87 in Kaapstad oorlede is, te beskryf. Boraine, aan
wie die konsep van die Waarheids- en Versoeningskommissie toegeskryf word, het die
grootste deel van sy volwasse lewe gewy aan die totstandkoming van 'n betekenisvolle
demokrasie in Suid-Afrika.
Alex Boraine se naam en reputasie word so nou verbind met die Waarheids- en
Versoeningskommissie in Suid-Afrika dat 'n mens soms vergeet dat die WVK een van die
latere dade was van 'n lewe wat toegewy is aan openbare diens ... Boraine se teenstand
teen apartheid het hom in 1974 parlement toe geneem …
President Cyril Ramaphosa het Donderdag in 'n verklaring gesê dat Boraine 'steeds wyd
gerespekteer word vir die rol wat hy gespeel het … om hom teen die apartheidsregering
te verset en om maniere te vind vir 'n vreedsame aftakeling van die stelsel van
rassediskriminasie en onderdrukking. … Hy het die vermoë gehad om die groter geheel
te sien, om die gemeenskap te sien soos dit kon wees, maar ook om die daaglikse take
te verrig om planne in werking te stel.'
Sy besonderse vaardighede het gelei tot die ontstaan van die Waarheids- en
Versoeningskommissie, wat hy bestuur het en waarvan hy as ondervoorsitter gedien
het. 'Alex was gematig, gerusstellend, georganiseerd en doeltreffend,' sê aartsbiskop
Desmond Tutu in 'n verklaring wat Boraine se werk by die WVK weerspieël. … Ek sou nie
die Kommissie sonder hom kon hanteer nie.'
… alhoewel die Kommissie in die afgelope jare gekritiseer is dat dit oorversoenend* in
sy fokus was, was die konsep – waarvoor Boraine meestal die krediet kry – 'ongelooflik
progressief' vir daardie tyd. 'Die Nasionale Party wou algehele amnestie hê [vir diegene
wat getuig het],' ... 'Maar die WVK se amnestievoorwaardes was eintlik die strengste ter
wêreld van enige post-konfliksituasie. Die meeste mense het nie amnestie verkry nie.'
Boraine se werk vir die WVK word deur sy seun beskryf as 'die besigste en traumatiesste
tyd van sy (pa se) lewe'. Dit was vir Boraine 'n bron van groot kommer dat die meeste
oortreders van apartheidgruweldade nooit ná die WVK vir hul misdade vervolg is nie. In
2015 het hy die 'mislukking of weiering van die owerhede om die gevalle uit die verlede
op te volg' beskryf as 'verraad van dít waarvoor die slagoffers van apartheid gestry en
gesterf het'.
[Aangepas uit: Alex Boraine (1931–2018): South Africa mourns the passing of a truly decent man,
R. Davis. Beskikbaar by [AANLYN] <http://firstthing.dailymaverick.co.za/article?id=155274#.
XDXh-9IzbDc> Verkry 9 Januarie 2019]
*oorversoenend – oordrewe vredemakend
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 5 van 8
3.1 Gebruik jou eie kennis om die posisie te verduidelik wat elkeen van die
volgende geskiedkundige persone beklee het om 'n demokratiese Suid-
Afrika in die 1990's te skep.
3.1.1 Cyril Ramaphosa (2)
3.1.2 Aartsbiskop Desmond Tutu (2)
3.2 Vind 'n historiese konsep in die bron wat die beste by elk van die volgende
definisies pas. Skryf slegs die historiese konsep neer. (Geen verduideliking
word benodig nie.)
3.2.1 'n Amptelike kwytskelding vir politieke misdade. (2)
3.2.2 'n Suid-Afrikaanse beleid van rassediskriminasie. (2)
3.2.3 Die beëindiging van konflik tussen voormalige vyande of opponerende
groepe. (2)
3.2.4 Suid-Afrika se wetgewende liggaam wat bestaan uit verkose
verteenwoordigers. (2)
3.3 Wat was, volgens die artikel, dr. Boraine se grootste prestasie? (2)
3.4 Het Boraine, volgens hierdie artikel, geglo dat die Waarheids- en
Versoeningskommissie misluk het in sy hantering van oortreders van
apartheidsmisdade? Motiveer jou antwoord met bewyse uit die bron. (6)
[20]
60 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 6 van 8
AFDELING B BRONGEBASEERDE VRAE
Bestudeer die bronne in die Bronmateriaalboekie en beantwoord dan die
volgende vrae:
Verwys na Bron A
4. Skryf TWEE beginsels neer wat dr. Martin Luther King jr. tot die
Burgerregtebeweging bygedra het. (4)
5. Verskaf EEN bewys uit die bron om aan te toon dat dr. Martin Luther King
jr. die sleutel tot sukses van die Burgerregtebeweging was. (2)
6. Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom dr. Martin Luther King jr.
gedurende die 1960's '… een van die mees gehate mans van sy tyd …'
was. Verskaf TWEE omvattende punte. (4)
Verwys na Bron B
7. Gebruik jou eie kennis om TWEE wetgewende suksesse te noem wat in die
middel-1960's deur die Burgerregtebeweging bereik is. (4)
8. In watter mate het die Burgerregtebeweging toestande vir plaaslike
gemeenskappe gedurende die 1960's verbeter? Gebruik bewyse uit die
bron en jou eie kennis om jou antwoord te ondersteun. (6)
9. Wat glo huidige kenners het tot die suksesvolle desegregasie van die Suide
gelei, volgens hierdie artikel? (2)
Verwys na Bron C
10. Noem VIER maniere waarop dr. Martin Luther King jr. bygedra het tot die
sukses van die Burgerregtebeweging. (8)
11. Gebruik die bron om die mite rondom dr. Martin Luther King jr. se leierskap
te beskryf. Jou antwoord moet uit TWEE punte bestaan. (4)
12. Hoekom het kenners geargumenteer dat die 'King-mite' 'n onakkurate
ontleding van die Burgerregtebeweging was? Jou antwoord moet uit TWEE
punte bestaan. (4)
Verwys na Bron D en Bron E
13. Vind 'n historiese konsep in Bron D of E wat die beste pas by elk van
die volgende definisies. Skryf slegs die historiese konsep neer. (Geen
verduideliking word benodig nie.)
13.1 'n Tipe nie-gewelddadige burgerlike ongehoorsaamheid waar
betogers 'n openbare plek betree en bly sit totdat hulle hardhandig
verwyder word of totdat daar op hul griewe gereageer word. (2)
13.2 'n Groep voorstanders van wit heerskappy wat in die Amerikaanse
Suide gestig is. (2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 7 van 8
13.3 Die oopstel van openbare fasiliteite vir alle rasse. (2)
13.4 'n Studentgeleide burgerregteveldtog wat hulle daarvoor beywer het
om politieke regte vir Afro-Amerikaners in die Diep Suide te verseker. (2)
13.5 'n Geloof in Afro-Amerikaanse trots, onafhanklikheid en die
verkryging van burgerregte deur meer aggressiewe optrede. (2)
Verwys na Bron D en Bron E
14. Gebruik ALBEI bronne om die verhouding tussen dr. Martin Luther King jr.
en die Student Nonviolent Coordinating Committee (SNCC) te verduidelik.
Verskaf VIER punte. (8)
Verwys na Bron F
15. Gebruik jou eie kennis om die doelstellings en metodes van die 1961
Vryheidsritte te beskryf. (4)
16. Hoe het wit lede van die Montgomery-gemeenskap op die Vryheidsritte
gereageer? Ondersteun jou antwoord met TWEE aanhalings uit die bron. (6)
17. Hoe beskou John Lewis die rol van dr. Martin Luther King jr. in die
Burgerregtebeweging? Ondersteun jou antwoord met DRIE aanhalings. (8)
18. Hoe betroubaar is hierdie bron vir die bestudering van die inspirerende aard
van dr. Martin Luther King jr. gedurende die Burgerregtebeweging? (6)
Verwys na Bron G en Bron H
19. Verwys na Bron G en Bron H sowel as jou eie kennis om aan te dui of
die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of
ONWAAR neer. (Geen verduideliking word benodig nie.)
19.1 Dr. Martin Luther King jr. het verwys na rassisme, segregasie en
polisiegeweld toe hy die onreg in Birmingham beskryf het. (2)
19.2 Dr. Martin Luther King jr. is in Birmingham in die tronk gesit vir
burgerlike ongehoorsaamheid. (2)
19.3 Die "Letter from a Birmingham Jail" en die "I Have a Dream"
toespraak het meestal positiewe publisiteit vir die Burgerregte-
beweging tot gevolg gehad. (2)
19.4 Die opmars na Washington in 1963 is deur slegs Afro-Amerikaners
gesteun. (2)
19.5 Bron G en H beweer albei dat dr. Martin Luther King jr. die
belangrikste persoon in die burgerregteprotes was. (2)
90 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 8 van 8
AFDELING C BRONGEBASEERDE OPSTEL
Gebruik Bronne A tot H in die Bronmateriaalboekie om 'n brongebaseerde
opstel oor die volgende onderwerp te skryf:
In watter mate was dr. Martin Luther King jr. gedurende die 1960's verantwoordelik
vir die sukses van die Burgerregtebeweging in die Verenigde State van Amerika?
Maak seker dat jy die bronne wat voorsien word, gebruik om jou argument
saam te stel en onthou om die letters te gebruik om na die bronne te verwys.
50 punte
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper
Related documents

AddendumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

AddendumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper
More from Grade 12 History

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

MemorandumIEB