Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2012
GASVRYHEIDSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitende ʼn antwoordblad.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 









View all


HOSP-N12-QP-Afr_hlayiso.com_.pdf
Hospitality Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2012. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Pages
- 16
- File size
- 850.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GASVRYHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: KORTVRAE (40)
AFDELING B: GASVRYHEIDSKONSEPTE EN GESONDHEID EN VEILIGHEID (40)
AFDELING C: VOEDSELPRODUKSIE (80)
AFDELING D: VOEDSEL EN DRANKBEDIENING (40)
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Lees AL die vrae aandagtig deur.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel van hierdie
vraestel.
4. Skryf netjies en leesbaar.
5. Beantwoord AFDELING A op die gegewe ANTWOORDBLAD.
6. Beantwoord AFDELING B, C en D op die ANTWOORDEBOEK.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) GASVRYHEIDSTUDIES 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en maak ʼn kruisie (X) in die blokkie langs die vraagnommer
(1.1.1 – 1.1.10) op die aangehegte antwoordblad.
VOORBEELD:
1.1.16 Die begrip wat gegee word vir ʼn groep mense wat in ʼn kombuis werk
of in ʼn restaurant.
A Organogram
B Span
C Brigade
D Personeel
ANTWOORD:
1.1.16 A B C D
1.1.1 ʼn Mengsel van eiergele en dik room wat gebruik word om souse
ryk en glad te maak:
A Puree
B Caulis
C Verbinding
D Verromer (1)
1.1.2 Tradisioneel wanneer gaste bedien word, is die laaste persoon wat
bedien word ʼn ...
A roker.
B vrou.
C gasheer.
D ouma. (1)
1.1.3 Om taktvol en sensitief te kommunikeer met jou mede personeellede,
veral tydens uitdagende situasies, staan bekend as …
A spanwerk.
B eerlikheid.
C apologie.
D monitor. (1)
Downloaded from hlayiso.com
4 GASVRYHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2012)
1.1.4 Die belangrikste ding om te onthou wanneer jy ʼn klag hanteer is om
die situasie ... te hanteer.
A lieflik
B kalm
C koel
D streng (1)
1.1.5 ʼn Stel geskrewe instruksies wat die normale prosedure wat in enige
noodsituasie gevolg moet word stap vir stap beskryf:
A Noodprosedures
B Standaard-bedryfsprosedures
C Ontruimingsplan
D Potensiële gevaar prosedures (1)
1.1.6 Voorraadrotering word op die ...-beginsel gebaseer.
A Eerste In Eerste Uit
B Laaste In Eerste Uit
C Eerste In Laaste Uit
D Laaste In Laaste Uit (1)
1.1.7 Vars voorbereide mengsel van Indiese kruie en speserye soos
brandrissies, knoffel, gemmer, sout en olie word ... genoem.
A masalas
B blatjang
C kerries
D atjar (1)
1.1.8 Grof gekapte uie, wortels en selderye wat gebruik word om soppe,
souse en stowes te geur staan bekend as …
A Roux.
B Bouquet.
C Gemengde groente.
D Mirepoix. (1)
1.1.9 ʼn Netjies gesnyde en gevoude visfilet staan bekend as …
A Le fillet.
B Le suprême.
C Le délice.
D La darne. (1)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) GASVRYHEIDSTUDIES 5
1.1.10 Die ... is die persoon wat bestellings vanaf die dienpersoneel na die
voedselvoorbereidingspersoneel deurgee en die kookplaat
gedurende voedseldiens beheer.
A portier
B aboyeur
C koördineerder
D commis (1)
1.1.11 Om siek te raak van voedsel, wat met bederfbare organismes of
toksien besmet is, te eet staan bekend as voedsel-...
A bederf.
B vergiftiging.
C kontaminasie.
D siekte. (1)
1.1.12 ʼn Breë stelling wat die pligte en verantwoordelikhede van ʼn
betrekking in ʼn organisasie beskryf:
A Posbeskrywing
B Diensrooster
C Postitel
D Bekwaamhede (1)
1.1.13 ʼn Pâté wat gemaak word van eend- of ganslewer:
A Pate sucréé
B Liver paté
C Gemaalde lewer
D Foie gras (1)
1.1.14 Om iemand ongemaklik, angstig of ongelukkig te laat voel staan
bekend as …
A diskriminasie.
B erken.
C klandisie.
D teistering. (1)
1.1.15 Die manier om iemand in ʼn restaurant erkenning te gee is deur …
A hand te skud.
B die persoon ʼn drukkie te gee.
C oogkontak te maak.
D die persoon te soen. (1)
Downloaded from hlayiso.com
6 GASVRYHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2012)
1.2 PASITEMS
Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD neer.
VOORBEELD:
1.2.6 H
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Breekgoed A Lys van disse wat as een maaltyd bedien word
1.2.2 Stasie B Bedieningstoerusting soos borde, koppies en
pierings
1.2.3 Sommelier C Wegneem van leë breekgoed van die tafels
1.2.4 Guéridon D ʼn Klein area waarin die restaurant gedeel word
1.2.5 Spyskaart E Trollie of tafel waarop voedsel voor die gaste
voorberei of voltooi word
F ʼn Vasgestelde spyskaart met ʼn vasgestelde prys
G ʼn Hoogs gekwalifiseerde persoon met ʼn
uitgebreide kennis van wyn (5)
1.3 PASITEMS
Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat pas by ʼn term in KOLOM A. Skryf slegs
die letter (A – F) langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD neer.
VOORBEELD:
1.3.6 G
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Morogo A Ongesuurde brood
1.3.2 Mabele B Maalvleisgereg wat met ʼn soutvla in die oond
gebak word
1.3.3 Bokkem C Rys wat voorberei word met geurige bestanddele
soos saffron, sultanas en groente
1.3.4 Bobotie D Groente, veral wilde groente wat in die veld
versamel word
1.3.5 Pilau E Gedroogte souterige vis
F ʼn Pap wat deur sekere Suid-Afrikaanse etniese
groepe geëet word, wat ʼn rooierige-bruin kleur het (5)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) GASVRYHEIDSTUDIES 7
1.4 EEN-WOORD ITEMS
Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.4.1 – 1.4.10) op die aangehegte
ANTWOORDBLAD:
1.4.1 Die persoon wat gaste se navrae beantwoord en hulle oor die
algemeen help in-en om die hotel (1)
1.4.2 Die straf vir die verbreking of nie navolging van ʼn reël (1)
1.4.3 Die bakterieë wat waarskynlik in gekraakte hoendereiers gevind sal
word (1)
1.4.4 Om aan te dui dat jy die persoon opgemerk het (1)
1.4.5 Gedroogte vleis wat met growwe sout, swart peper en gemaalde
koljander gemarineer is (1)
1.4.6 Die soorte diens wat vir table d’hôte spyskaarte gebruik word wat
sekere vaardigheide verg (1)
1.4.7 Klein kubusvormige-koeke (1)
1.4.8 ʼn Geurige rys met ʼn langkorrel uit Thailand (1)
1.4.9 Totale koste van die arbeidsmag in diens geneem om die voedsel te
produseer (1)
1.4.10 Onregverdige behandeling van ʼn persoon of groep op grond van
vooroordeel (1)
1.5 Noem die wet wat in die volgende stellings beskryf word. Skryf slegs die wet se
naam langs die vraagnommer (1.5.1 – 1.5.5) op die ANTWOORDBLAD neer.
1.5.1 Hierdie wet beheer die verhouding tussen werkgewer en werknemer (1)
1.5.2 Hierdie wet reguleer werksure, verlof, besoldiging en
diensbeëindiging (1)
1.5.3 Om die betaling van werkloosheidsvoordele aan sekere werknemers
te voorsien (1)
1.5.4 Hierdie wet waak teen diskriminasie wat gebaseer is op ras, geslag
en gestremdheid (1)
1.5.5 Hierdie wet vereis dat alle vreemdelinge wettige werkspermitte moet
hê wanneer hulle in Suid-Afrika werk (1)
TOTAAL AFDELING A: 40
Downloaded from hlayiso.com
8 GASVRYHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2012)
AFDELING B: GASVRYHEIDSKONSEPTE, GESONDHEID EN VEILIGHEID
VRAAG 2
2.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Weston Hills Country Restaurant moes laas week ontslae raak van hoender,
hamburgers en sommige geblikte items na die inspekteurs ʼn moontlike
voedselvergiftigingsterfte ondersoek het. Volgens die staat se verslag, was die
voedsel in die yskas warmer as 41 °C. Beamptes ondersoek of die tandarts,
Edward Naidoo dood is van die geblikte hoenderkerrie wat hy in die restaurant
tydens middagete geëet het. Drie van sy metgeselle tydens middagete het ook
siek geraak. Die ondersoek het ʼn gevolgtrekking bereik en, die beamptes sê dit
was duidelik dat die blikke op daardie tydstip beskadig en opgeswel was. Die
voedsel in die yskas het ook agteruitgegaan weens die feit dat die yskas nie
reg gewerk het nie. Meeste van die elektriese toestelle was in ʼn slegte
toestand aangesien hulle koorde stukkend en afgerem was.
2.1.1 Noem die bakterieë wat voedselvergiftiging kon veroorsaak het. (1)
2.1.2 Lys VIER simptome wat Edward Naidoo kon gehad het voor sy dood. (4)
2.1.3 Stel die korrekte stoor-prosedure voor vir die hoender en hamburgers
waarvan ontslae geraak moes word in die bostaande artikel. (3)
2.2 Onderskei tussen patogeniese mikro-organismes en nie-patogeniese mikro-
organismes. (2)
2.3 Noem en verduidelik TWEE faktore wat die groei van mikro-organismes
beïnvloed. (4)
2.4 In die Weston Hills Country Restaurant was daar gerapporteer dat die yskaste
nie reg werk nie, en meeste van die elektriese toerusting was in ʼn swak
toestand want hulle koorde was stukkend en afgerem.
2.4.1 Noem die wet wat deur die restaurant oortree was. (1)
2.4.2 Gee die bestuurder van die bogenoemde restaurant raad oor wat die
wet in VRAAG 2.4.1 van die werkgewer vereis. (5x1) (5)
2.4.3 Bespreek die boete wat aan die werkgewer gegee kan word omdat
hy nie die wet in VRAAG 2.4.1 bgehoorsaam het nie. (3)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) GASVRYHEIDSTUDIES 9
2.5 Lees die volgende advertensie en beantwoord die vrae wat volg.
Queens Casino Hotel is opsoek na ʼn gekwalifiseerde uitvoerende sjef vir ʼn
permanente posisie. Kandidate wat kwalifiseer sal vir ʼn jaar op probasie wees.
VEREISTES: Drie jaar graad of diploma in voedselproduksie
Nodige vaardighede sal as voorkeur oorweeg word
Kandidate moet gewillig is om skofte en oortyd te werk
2.5.1 Jou broer is geïnteresseerd in die bogenoemde posisie.
Stel DRIE vaardighede voor wat hy moet het om ʼn bekwame
uitvoerende sjef te wees. (3)
2.5.2 Die personeel wat in die akkommodasie-area by Queens Casino
Hotel werk kom direk in kontak met die gaste en hulle besittings.
Stel DRIE waardes woor wat weerspieël moet word deur mense wat
in die akkommodasie-area van Queens Casino Hotel werk. (3)
2.5.3 Bespreek DRIE funksies van die ontvangspersoneel van die
bogenoemde hotel. (3)
2.6 ʼn Gasvryheid-onderneming soos Queens Casino moet ʼn effektiewe
sekuriteitstelsel het wat goed beplan is.
Bespreek VYF punte om effektiewe sekuriteitsvlakke in die bogenoemde
onderneming te verseker. (5)
2.7 Lys enige DRIE moontlike noodsituasies wat in die gasvryheidbedryf kan
voorkom. (3)
TOTAAL AFDELING B: 40
Downloaded from hlayiso.com
10 GASVRYHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2012)
AFDELING C: VOEDSELPRODUKSIE
VRAAG 3
3.1 Hier onder is bestanddele wat gekoop is om Rolkoek voor te berei vir ʼn
graad-11 praktiese klas:
ROLKOEK
Aantal porsies: 4 Snye
BESTANDDELE WAT
HOEVEELHEDE GEKOOP PRYS
GEBRUIK KAN WORD
500 g Koekmeel 2,5 kg Koekmeel R21,99
75 g Strooisuiker 1 kg Strooisuiker R18,50
3 Ekstra groot eiers Dosyn Eiers R14,00
10 g Bakpoeier 75 g Bakpoeier R12,00
Knippie sout
25 g Fyn appelkoos konfyt 125 g Appelkoos konfyt R16,95
3.1.1 Bereken AL die koste van die bestanddele per sny.
Toon ALLE berekeninge. (14)
3.1.2 Bereken die verkoopprys per sny as 65% by die koste van
bestanddele getel word om die oorhoofse koste en wins te dek.
Toon ALLE berekeninge. (3)
3.2 Ontvangs van voorraad is meer as net om die afgelewerde goedere te
aanvaar en daarvoor te teken.
Noem VYF punte wat gevolg moet word wanneer voorraad ontvang word. (5)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) GASVRYHEIDSTUDIES 11
3.3 Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SPYSKAART
AANDETE
Tamatieroomsop
Knoffelrolletjies
****
Gebakte Salmon met Komkommerroomsous
****
Ballottine Hoender in ʼn Brandewyn Mostertroomsous
Geroomde Spinasie Appelkoos Glanseerde Wortels
Kruie Risotto
****
Gestoomde Pruimpoeding
met
Suurlemoensous
Koffie
25 Oktober 2012
3.3.1 Evalueer die bostaande spyskaart volgens die beginsels van
spyskaart-beplanning. (5)
3.3.2 Klassifiseer die soorte groente wat in die bostaande spyskaart
gebruik word. (4)
3.3.3 Verduidelik die begrip “Ballottine” wat in die bostaande spyskaart
gebruik word. (2)
3.4 Knie is ʼn belangrike proses in die produksie van knoffelrolletjies.
3.4.1 Verduidelik waarom dit belangrik is om deeg te knie. (1)
3.4.2 Noem die funksies van die volgende bestanddele wat gebruik word
gedurende die produksie van knoffelrolletjies.
(a) Sout (1)
(b) Smeer (1)
(c) Eiers (1)
3.5 Noem die soorte rys wat gebruik word vir die voorbereiding van die kruie-
risotto. (1)
3.6 Klassifiseer die soorte sop wat in die bostaande spyskaart gebruik word en stel
ʼn geskikte ganering vir die sop voor. (2)
[40]
Downloaded from hlayiso.com
12 GASVRYHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2012)
VRAAG 4
4.1 Die kombuisbrigade is volgens die belangrikheid en verantwoordelikheid van
elke taak rondom ʼn bevelsorde gestruktureer.
Verduidelik die take van die volgende kombuispersoneel:
4.1.1 Partissier (1)
4.1.2 Chef de Partie (1)
4.1.3 Sous chef (1)
4.1.4 Rotisseur (1)
4.2 Jou ma berei groente vir ʼn laat familie-ete voor.
Adviseer jou ma oor die prosedures wat sy moet volg om die voedingswaarde
van groente te behou. (4)
4.3 Die groente in VRAAG 4.2 word met hoenderkasserol bedien:
Bespreek die punte wat jy in oorweging sal neem wanneer jy pluimvee koop. (4)
4.4 Wanneer jy hoenderkasserol voorberei, moet jy aftreksel gebruik.
Gee EEN rede vir die volgende prosedures in die maak van aftreksel:
4.4.1 Aftreksel moet prut, maar nie kook nie (1)
4.4.2 Moenie styselgroente soos aartappels gebruik nie (1)
4.4.3 Voeg geklopte eier en gekraakte eierdoppe aan die einde van die
proses by (1)
4.4.4 Skep die skuim dikwels van die aftreksel af (1)
4.5 Vis is in verskillende bemarkingsvorme beskikbaar.
Noem en verduidelik enige DRIE vorme waarin vis verkoop word. (6)
4.6 Souse is ʼn belangrike bykomstigheid vir meeste disse.
4.6.1 Noem VIER eienskappe van ʼn goeie sous. (4)
4.6.2 Onderskei tussen die Béchamel en ʼn Velouté. (4)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) GASVRYHEIDSTUDIES 13
4.7 Jou graad-11-klas gaan ʼn praktiese les oor koek en droë koekies het.
Die bestanddele Party produkte het soos in die prente hieronder
hieronder gaan uitgekom.
tydens die les
gebruik word:
SPONSKOEK
Bestanddele
4 eiers teen
kamer-
temperatuur
340 mℓ strooisuiker
125 mℓ melk
125mℓ olie
500 mℓ koekmeel
Knippie sout
10 mℓ bakpoeier
5 mℓ vanilla-
geursel
4.7.1 Voorspel DRIE moontlike mislukkings en hul oorsake in koekmaak.
Tabuleer jou antwoord soos volg:
MISLUKKING OORSAAK
(a)
(b)
(c) (6)
4.7.2 Klassifiseer die rysmiddel wat in die bostaande koek gebruik was. (1)
4.7.3 Stel DRIE maniere voor hoe om lug in die bostaande koek te
inkorporeer. (3)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Downloaded from hlayiso.com
14 GASVRYHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2012)
AFDELING D: VOEDSEL- EN DRANKDIENS
VRAAG 5
5.1 Voltooi die volgende struktuur van ʼn restaurantbrigade.
5.1.1
5.1.2
5.1.3
5.1.4
(4)
5.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
5.2.1 Identifiseer die werk wat in die bostaande prent gedemonstreer word. (1)
5.2.2 Evalueer die bostaande prent met betrekking tot kleredragreëls van
dienspersoneel. (5x1) (5)
5.2.3 Bespreek VYF faktore wat oorweeg moet word wanneer tafels aan
die bogenoemde personeel toegewys word. (5)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) GASVRYHEIDSTUDIES 15
5.3 Ann het so pas begin werk as ʼn kelner in ʼn plaaslike restaurant. Sy is baie
opgewonde oor haar nuwe werk.
5.3.1 Verduidelik in VIER punte hoe Ann ongelukkige klante moet behandel
om hulle gelukkig te hou. (4)
5.3.2 Stel VIER punte voor hoe Ann die afsluiting mise-en-place in die
bogenoemde restaurant moet uitvoer. (4)
5.3.3 Bespreek hoe Ann die tafel moet opruim na ʼn ete. (3)
5.3.4 Verduidelik kortliks die aanbieding van die rekening aan klante. (4)
5.3.5 Gee DRIE riglyne wat in gedagte gehou moet word vir die
samestelling van ʼn spyskaart vir ʼn teefunksie. (3)
5.4 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
5.4.1 Identifiseer die spyskaart vir die bostaande dekplek. (1)
5.4.2 Noem die eetgerei gemerk A – F. (6)
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 200
Downloaded from hlayiso.com
16 GASVRYHEIDSTUDIES (NOVEMBER 2012)
NAAM EN VAN: GRAAD 11:
AFDELING A:
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.2 PASITEMS
1.1.1 A B C D 1.2.1
1.1.2 A B C D
1.1.3 A B C D 1.2.2
1.1.4 A B C D
1.1.5 A B C D 1.2.3
1.1.6 A B C D
1.1.7 A B C D 1.2.4
1.1.8 A B C D
1.1.9 A B C D 1.2.5
1.1.10 A B C D (5x1) (5)
1.1.11 A B C D
1.1.12 A B C D
1.1.13 A B C D
1.1.14 A B C D
1.1.15 A B C D
(15x1) (15)
1.3 EENWOORDITEMS 1.4 EENWOORDITEMS
1.3.1 1.4.1
1.3.2 1.4.2
1.3.3 1.4.3
1.3.4 1.4.4
1.3.5 1.4.5
(5x1) (5)
1.4.6
1.4.7
1.5 1.5.1
1.4.8
1.5.2
1.4.9
1.5.3
1.4.10
1.5.4 (10x1) (10)
1.5.5
(5x1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV 2022_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2020 ENG D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2019_Afr D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV2019_Eng D_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
HOSP-N12-QP-Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HOSP-N12-MEMO-Afr_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HOSP-N12-MEMO-Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV 2022_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV 2022_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR11 NOV AFR_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Hospitality Studies
Explore more published documents in this catalogue.
Annual teaching plan
Gr 11 Hos Stu ATP 2023-24.pdf
Memorandum
HOSPITALITY STUDIES QP MEMO GR11 NOV2020 ENG D_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HOSPITALITY STUDIES QP MEMO GR11 NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV2020 ENG D_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR11 NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Memorandum