NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
GASVRYHEIDSTUDIES
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all
Hospitality Studies Grade 11 2020 QP (Afr)
Grade 11 Hospitality Studies question paper from the National Exemplar November Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Hospitality Studies · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
National Exemplar November Exam 2020
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: Kortvrae (30)
AFDELING B: Kombuis-en
restaurantwerksaamhede
Higiëne, veiligheid en sekuriteit (20)
AFDELING C: Voeding- en spyskaartbeplanning
Voedselkommoditeite (60)
AFDELING D: Sektore en loopbane
Voedsel- en drankbediening (40)
2. Beantwoord AL die vrae in jou ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer jou antwoorde korrek en volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Begin elke AFDELING op ʼn nuwe bladsy.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 C.
BYVOORBEELD:
1.1.11 Voedselitems wat geneig is om vinnig te verrot staan as … bekend.
A verbruikersgoedere
B nie-bederfbare produkte
C bederfbare produkte
D nie-verbruikersgoedere
ANTWOORD:
1.1.11 C
1.1.1 ʼn Voormalige president, Nelson Mandela, se gunstelinggereg, ʼn
bredie van stampmielies en boontjies:
A Sheba
B Umngqusho
C Mogodu
D Chakalaka
1.1.2 Die onderstaande gereg is aan Suid-Afrika deur die volgende kultuur
bekendgestel:
A Italianers
B Nederlanders
C Duitsers
D Portugese
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.3 As 500 g botter R70,00 kos, hoeveel sal 125 g botter kos?
A R17,50
B R14,00
C R8,75
D R35,00
1.1.4 Die gereelde was van hande is baie belangrik om kruisbesmetting
tydens voedselhantering te voorkom. Mens behoort jou hande met water
en seep nat te maak en jou hande vir ten minste ... sekondes te skrop.
A 5
B 10
C 20
D 50
1.1.5 ʼn Bondel kruie en speserye wat gebruik word om soppe en souse te
geur:
A Glace de Viande
B Bouquet garni (Bossie kruie)
C Jus Lié
D Beurre Noisette
1.1.6 ʼn Gewilde ontbytgereg met vis as hoofbestandeel is ...
A garnale in knoffelbottersous.
B diepgebraaide vis in bierbeslag.
C gerookte skelvis met kaassous.
D geroosterde snoek met patat.
1.1.7 Wanneer ʼn interessante spyskaart met ʼn groot verskeidenheid
saamgestel word, moet die volgende oorweeg word:
A Teksture van voedsel, verskillende vorms en die ouderdom van
gaste
B Tipe geleentheid, klimaat en seisoen
C Beskikbaarheid van bestanddele, geure van voedsel en
voedingsbehoeftes
D Gaarmaakmetodes, kleur van voedsel, teksture en smake van
voedsel
1.1.8 ʼn Hotel doen die spyseniering vir ʼn troue. Die personeellid in beheer van
alle vergaderings met die kliënt, spyskaart, tafelplanne, kostes, wyn en
kommunikasie met ander departemente rakende die geleentheid sal die
... wees.
A banketbestuurder
B aboyeur
C voedsel- en-drankbestuurder
D maitre d’hotel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 5
1.1.9 Die rede waarom sjefs kies om organies grootgemaakte hoender te
koop is omdat dit ...
A minder vet bevat.
B goedkoper is.
C beter smaak.
D makliker bekombaar is.
1.1.10 Die basis van ʼn bisque is ...
A skulpvis en béchamel.
B beet, melk en eiergeel.
C aartappel en room.
D velouté en gekapte hoender. (10 x 1) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
1.2 PASITEMS
Kies die groente in KOLOM B wat die beste by die klassifikasie volgens die
eetbare gedeeltes van groente in KOLOM A pas. Skryf SLEGS die letter (A–F)
langs die ooreenstemmende vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
KLASSIFIKASIE GROENTE
1.2.1 Blare A
1.2.2 Vrugte B
1.2.3 Peule en sade C
1.2.4 Bolle D
1.2.5 Blomme E
F
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 7
1.3 EENWOORD-ITEMS
Gee EEN woord(e) of term(e) vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
SLEGS die regte woord(e) of term(e) langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.10) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Gedroogde en gesoute vis, ʼn welbekende lekkerny van die Weskus-
streek van Suid-Afrika
1.3.2 ʼn Geskikte plaasvervanger vir morogo of umfino
1.3.3 Die spesery wat gebruik word om melktert mee te geur
1.3.4 Die Franse term vir koek
1.3.5 Die bedienstyl waar kelners Crêpes Suzette in die teenwoordigheid van
gaste berei
1.3.6 Die tegniek waar vleis bedek word met ʼn laag vet of spek voordat dit
gerooster word
1.3.7 ʼn Unieke dis waarmee ʼn individuele sjef of restaurant geïdentifiseer
word
1.3.8 Skadelike organismes wat siektes kan veroorsaak
1.3.9 Die tipe besmetting wat deur plaagdoders en skoonmaakmiddels
veroorsaak word
1.3.10 ʼn Mengsel van rof gekapte wortels, uie en seldery wat gebruik word
om soppe en souse te geur (10 x 1) (10)
1.4 KEUSE-ITEMS
Kies VYF geregte wat is vir die bediening van ʼn kontinentale ontbyt geskik. Skryf
SLEGS die letters wat ooreenstem met die korrekte antwoorde in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
A Lemoensap
B Gebraaide spek
C Croissants
D Brie en Cheddar
E Roereiers
F Semelmuffins
G Salami en ham (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B: KOMBUIS- EN RESTAURANTWERKSAAMHEDE
HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1 Behoorlike en gereelde was van hande speel ʼn belangrike rol in kombuis-
higiëne. Gee ʼn volledige beskrywing hoe dit gedoen behoort te word. (5)
2.2 Kies van die lys hieronder VIER voedselitems wat moontlik ʼn hoë risiko vir
voedselbesmetting kan wees:
Salm-mayonnaise vulsel
Gaar blomkool
Spanspek in Parma ham toegedraai
Vlasous
Rysslaai
Amandels (4)
2.3 Identifiseer die bakterië wat voedselvergiftiging kan veroorsaak wanneer die
volgende geëet word:
2.3.1 Gekraakte eiers
2.3.2 Hoenderbredie wat vir ʼn lang tyd louwarm gehou is
2.3.3 ʼn Groep vriende wat ʼn bak pasta vir middagete deel
2.3.4 ʼn Groot houer gaar rys is nie behoorlik afgekoel voordat dit in die yskas
geplaas is nie. Dit is die volgende dag opgewarm en aan gaste bedien (4)
2.4 Die Beach-hotel bedien ʼn warm pastaslaai op hul buffetspyskaart. Dit word die
vorige dag berei en verkoel.
Beveel DRIE reëls aan wat gevolg moet word wanneer die warm pastaslaai
herverhit word sodat die groei van mikro-organismes voorkom kan word. (3)
2.5 Lilian, die voorkantoor ontvangsdame van die Beach-hotel, was ʼn slagoffer van
ʼn gewapende roof terwyl sy aan diens was.
Verduidelik hoe Lilian die bogenoemde situasie behoort te hanteer het. (4)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 9
AFDELING C: VOEDING- EN SPYSKAARTBEPLANNING
VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Spyskaart
Susan se 60ste
Verjaarsdagtee
Koeksisters
Botterbroodjies met Aarbeikonfyt en Room
Petit Fours
Mini Melktert
XXX
Biltong Toebroodjies
Ham-en-Uie Quiche
Spinasie Muffins
Bobotie Chinese Rolletjies
XXX
Rooibos Tee
Koffie
Lemoensap
3.1.1 Kies uit die spyskaart VYF items wat ʼn weerspieëling van ons inheemse
Suid-Afrikaanse bestanddele en geregte beskou kan word. (5)
3.1.2 Lewer krities kommentaar op die spyskaart se geskiktheid vir ... gaste.
(a) gluten onverdraagsame (2)
(b) vegetariese (2)
3.1.3 Die buffet bedienstyl word vir die spyskaart aanbeveel. Ondersteun die
keuse met TWEE oortuigende redes. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
3.2 ʼn Personeellid by ʼn eksklusiewe gastehuis moet gaste van raad bedien met
keuses vanafdie ontbyt-spyskaart. Bestudeer die lys van ontbytgeregte wat
hieronder gegee word en maak aanbevelings:
Vars aarbeie-en-appelliefieslaai; Griekse jogurt met heuning; spinasie-
fritatta; gebraaide spek en eiers; avokadoskyfies; geroosterde boerewors;
semel- botterbroodjies; mieliepap; potbrood
3.2.1 TWEE geregte vir ʼn gas wat ʼn hoë vet en lae koolhidraat dieet volg (2)
3.2.2 TWEE geregte vir ʼn oorsese gas wat graag eg Suid-Afrikaanse
disse wil beproef (2)
3.2.3 ʼn Hoofgereg vir ontbyt vir ʼn vegetariër (1)
3.2.4 Stel ʼn geskikte manier voor waarop die muesli van die ontbytbuffet-
tafel bewaar en aangebied kan word (2)
3.3 Beskryf kortliks van die bereiding van die volgende verdikkingsmetodes vir
souse:
3.3.1 Roux (2)
3.3.2 Beurre manie (2)
3.3.3 Reduksie (2)
3.4 Bestudeer die kosteberekeningsbladsy hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
Gereg: Meellose sjokoladekoek
Aantal porsies: 6
Bestanddele Eenheid benodig Eenheid aangekoop Aankoopprys
Eiers 4 dosyn R18,00
Nutella 240 g 1,35 kg R588,00
3.4.1 Bereken die totale koste om die gereg te berei. Toon ALLE
berekeninge. (4)
3.4.2 Bereken die koste per porsie. (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 11
VRAAG 4
4.1 Kies van die lys hieronder DRIE geregte wat rys as ʼn bestanddeel bevat.
Kedgeree; Enchilada; Paella; Focaccia; Pilaf; Ravioli; Chorizo; Naan (3)
4.2 Pluimvee is ʼn hoogs bederfbare voedselsoort. Lys VYF punte wat oorweeg moet
word wanneer pluimvee gestoor word. (5)
4.3 Bestudeer die prente van hoendersnitte hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
A B
4.3.1 Identifiseer hoendersnitte A en B. (2)
4.3.2 Voorspel watter een van die twee hoendersnitte sappiger en geuriger
sal wees nadat dit gaargemaak is. Motiveer jou antwoord. (2)
4.3.3 Maak ʼn aanbeveling vir die hoendersnit wat die beste sal wees vir:
(a) Beenkragsop
(b) Hoender-schnitzel
(c) Gevulde hoender, toegedraai in spek en dan gebraai
(d) Geroosterde klewerige hoenderporsies (4 x 1) (4)
4.4 Lys TWEE funksies vir elk van die volgende bestanddele wanneer brood met
gis as rysmiddel, gebak word:
4.4.1 Sout
4.4.2 Suiker
4.4.3 Olie of botter (3 x 2) (6)
4.5 Voorspel die resultate wat voorkoms en tekstuur betref wanneer brooddeeg nie
na die eerste rysstadium afgeknie was nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
4.6 Verduidelik DRIE moontlike oorsake van elk van die volgende foute in koeke:
4.6.1 Ingesink in die middel (3)
4.6.2 Digte en swaar tekstuur (3)
[30]
TOTAAL AFDELING C: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 13
AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE
VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING
VRAAG 5
5.1 Een van die strategië van ʼn groot industriële kombuis is om groot take in kleiner
take op te deel. Bespreek hoe hierdie strategie tot effektiewe spanwerk kan
bydra. (3)
5.2 Vergelyk die voordele van beide die tradisionele manier van werk in die kombuis
met die van oorkruisopleiding. (4)
5.3 Lys die DRIE mees senior sjefs posisies van ʼn groot hotelkombuis en gee ʼn
kort beskrywing van elkeen se verantwoordelikhede. (3 x 2) (6)
5.4 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (WBGV) speel ʼn belangrike rol in
die Gasvryheidsbedryf.
5.4.1 Gee VIER verantwoordelikhede van werknemers soos deur die Wet op
Beroepsgesondheid en Veiligheid vereis. (4)
5.4.2 Verduidelik die boetes soos bepaal deur die WBGV vir diegene wat nie
aan die Wet voldoen nie. (3)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GASVRYHEIDSTUDIES (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 6
6.1 Bestudeer die prent en uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die plekdekking is vir die volgende maaltydplan: Sop of Vis, Hoofgereg,
Nagereg.
6.1.1 Identifiseer die tipe spyskaart vir die bostaande plekdekking. (1)
6.1.2 Identifiseer die eetgerei wat A, B, D en F gemerk is. (4)
6.1.3 Identifiseer the letter waar die rooiwynglas geplaas moet word. (1)
6.1.4 Veronderstel jy is die maître d’ en in beheer van ʼn groot restaurant. Maak
ʼn aanbeveling vir ʼn geskikte servetvou vir die kelners. Motiveer jou
keuse. (2)
6.1.5 Identifiseer die fout wat met die plasing van die eetgerei vir die nagereg
gemaak is. (1)
6.2 Gee VIER riglyne wat oorweeg moet word om ʼn aangename restaurant
atmosfeer te skep. (4)
6.3 Verduidelik kortliks die prosedure wat gevolg moet word wanneer gaste in ʼn
restaurant ontvang, geplaas en gegroet word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) GASVRYHEIDSTUDIES 15
6.4 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
6.4.1 Identifiseer die bedieningstyl wat in die bostaande prent uitgebeeld
word. (1)
6.4.2 Lys DRIE voordele vir restaurante om hierdie bedieningstyl te gebruik. (3)
[20]
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Hospitality Studies Grade 11 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Hospitality Studies Grade 11 Exemplar November 2022 Memo

Memorandum
Hospitality Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 Memo

Memorandum
Hospitality Studies Grade 11 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum





