Downloaded from hlayiso.com
GRADE 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
SENIOR CERTIFICATE
GRAAD 12
GASVRYHEIDSTUDIES
FEBRUARIE/MAART 2018
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 







View all



Hospitality Studies Feb March 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf
Hospitality Studies · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Pages
- 14
- File size
- 812.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe) (40)
AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
Higiëne, veiligheid en sekuriteit (20)
AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
Voedselkommoditeite (80)
AFDELING D: Sektore en loopbane;
Voedsel- en drankbediening (60)
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
VOORBEELD:
1.1.11 'n Goeie bron van vitamien C is …
A melk.
B lemoene.
C vleis.
D brood.
ANTWOORD:
1.1.11 B
1.1.1 Die hooffunksie van 'n nag-ouditeur is om ...
A kleinkasbetalings te maak.
B snags na spesiale gaste om te sien.
C alle voorkantoorrekeninge te balanseer.
D gaste te groet wat snags arriveer. (1)
1.1.2 Oneetbare geel bindweefsel in vleis bestaan hoofsaaklik uit ...
A kollageen.
B gelatien.
C elastien.
D sarkoplasma. (1)
1.1.3 'n Simptoom van hepatitis A is ...
A aanhoudende hoes.
B ernstige diarree.
C nagsweet.
D geswelde kliere. (1)
1.1.4 … is NIE geskik om by 'n skemerkelkfunksie bedien te word NIE.
A Canapés en crudités
B Noisettes en tournedos
C Rissoles en kebabs
D Rösti en blini (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.1.5 Wanneer gelatien oor warm water gesmelt word, staan die proses
as … bekend.
A dispersie
B jellering/jelvorming
C hidrering
D stolling (1)
1.1.6 … is deel van handelsmerkbewustheid en kan ook as
'n bemarkingsinstrument gebruik word.
A Verpakking
B Promosie
C Advertering
D Aanbieding (1)
1.1.7 'n Drankie wat van twee of meer dranke gemaak word, staan as
'n … bekend.
A espresso
B kwas
C stroop
D skemerkelkie (1)
1.1.8 Die term wat gebruik word om te beskryf hoe gaatjies met 'n vurk in
'n pasteideegbasis gemaak word voordat dit gebak word:
A Verglansing
B Vasvang
C Prik ('Docking')
D Voer (1)
1.1.9 Paula is 'n …-vegetariër omdat sy vis en seekos eet.
A lakto
B ovo
C pollo
D pesco (1)
1.1.10 Pinotage word as 'n … wyn geklassifiseer.
A vonkel-
B rooi-
C gefortifiseerde
D wit- (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.2 Die verskillende beessnitte is op die karkas hieronder geïllustreer. Kies die
nommer van die beessnit in KOLOM A wat by die snit in KOLOM B en die
spesifieke gebruik in KOLOM C pas. Skryf slegs die letter (A–G) van KOLOM
B en die Romeinse syfer ((i)–(vii)) van KOLOM C langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 H (viii).
KOLOM A KOLOM B KOLOM C
Nommer van beessnit Snit Spesifieke gebruik
1.2.1 1 A bolo (i) klubbiefstuk ('club steak')
1.2.2 4 B primarib (ii) tournedos
1.2.3 8 C voorrib (iii) blindevinke
1.2.4 13 D skof (iv) Porterhouse-biefstuk
1.2.5 12 E filet (v) kebabs
F kruis (vi) soutbeesvleis
G skenkel (vii) aftreksel
(5 x 2) (10)
1.3 EENWOORDITEMS
Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die gereedskap wat kelners gebruik om wynbottels mee oop te
maak
1.3.2 'n Preserveringsproses waartydens vrugte herhaaldelik in hoogs
gekonsentreerde stroop gekook word
1.3.3 Verhitting en afkoeling van sjokolade om dit meer bestand teen
smelt te maak
1.3.4 Die proses wat gebruik word om vleisstukke te stop voor gaarmaak
1.3.5 'n Voedseloordraagbare siekte wat deur besmette water veroorsaak
word
1.3.6 'n Deeg wat gebruik word om samoesas te maak
1.3.7 'n Baie klein romerige neut met 'n ovaal vorm wat as noodsaaklike
bestanddeel in Italiaanse pesto-sous gebruik word
1.3.8 Die vernaamste nutriënt in chouxdeeg
1.3.9 'n Ensiem wat gelatienstolling voorkom omdat dit die proteïene
afbreek
1.3.10 'n Siekte wat veroorsaak word wanneer die liggaam nie in staat is
om voldoende insulien te produseer nie (10 x 1) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.4 KEUSE
Kies VYF voorbeelde van gebakte nageregte in die lys hieronder. Skryf slegs
die letters (A–J) langs die vraagnommer (1.4) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
A Crêpe Suzette
B Brood-en-botterpoeding
C Malvapoeding
D Piesangpoffertjies
E Koekstruif
F Appel-strudel
G Crème caramel
H Sjokoladesoufflé
I Charlotte muscovite
J Churros (5 x 1) (5)
1.5 EENWOORDITEMS
Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings van
bedieningstoerusting deur 'n woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf
slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
dompelpot; voorsny-eenheid; diendoek; cloche; tang;
sousbekertjie; dempdoek; warmskinkbord
1.5.1 Word gebruik om die hande en gewrigte teen brandwonde te
beskerm (1)
1.5.2 Word gebruik om borde, opdienborde en voedsel op die buffettafel
warm te hou (1)
1.5.3 Toerusting wat gebruik word om koffie te berei (1)
1.5.4 Word gebruik voedsel te bedek en te voorkom dat dit uitdroog (1)
1.5.5 Toerusting wat gebruik word om alle enkelporsies voedsel te bedien (1)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING B: KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'n Nuutaangestelde portier by die Gold Hotel hoes bloed.
2.1.1 Identifiseer die siekte waaraan die portier ly. (1)
2.1.2 Voorspel DRIE ander simptome wat die portier kan hê, behalwe die
een wat in VRAAG 2.1.2 geïdentifiseer is. (3)
2.1.3 Dink jy dat die siekte in VRAAG 2.1.1 'n negatiewe invloed op die
arbeidsmag sal hê? Motiveer jou antwoord. (3)
2.2 Noem TWEE voorkomende maatreëls wat getref moet word deur
'n voedselhanteerder wat aan MIV/Vigs ly. (2)
2.3 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Amanda is onlangs as 'n kelner by 'n plaaslike hotel aangestel. Sy het jou
vertel dat die hotelbestuurder haar net een kyk gegee het, haar aangestel het
en haar aangesê het om onmiddellik te begin sonder dat hy 'n onderhoud met
haar gevoer het of haar aan die betaalpunt('POS')-stelsel bekend gestel het.
2.3.1 Verduidelik watter impak die bestuurder se optrede op uitstekende
dienslewering sal hê. (3)
2.3.2 Amanda het besluit om die werk by die plaaslike hotel te aanvaar.
Gee Amanda raad oor 'professionele werksetiek' wat sy moet toon. (3)
2.4 Een van die voordele van die betaalpuntstelsel is om produktiwiteit te
verhoog.
Evalueer die stelling. (3)
2.5 Bespreek TWEE veiligheidspraktyke om te volg wanneer 'n produk aanlyn
gekoop word. (2)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING C: VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die geregte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Vrugtekebabs Gevulde eiers
3.1.1 Identifiseer die soort funksie waarby die geregte hierbo bedien
sal word. (1)
3.1.2 Motiveer waarom dit vir die spysenier voordelig is om die soort
funksie wat in VRAAG 3.1.1 geïdentifiseer is, aan te bied. (4)
3.1.3 Evalueer die geskiktheid van die geregte hierbo vir gaste met hoë
cholesterol. (4)
3.1.4 Gee redes waarom die geregte hierbo geskik is vir mense wat
MIV-positief is. (4)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'n Dieetkundige het jou aangeraai om 'n vegetariër te word. Jy word aangesê
om vleis, pluimvee en vis uit te sluit en eerder 'n gebalanseerde inname van
peulgroente, neute, sade, melkprodukte en eiers te hê.
3.2.1 Identifiseer die soort vegetarisme wat deur die dieetkundige
aanbeveel word. (1)
3.2.2 Motiveer waarom die deetkundige moontlik aanbeveel het dat jy
'n vegetariër word. (2)
3.2.3 Noem DRIE soorte sade wat jy by jou dieet kan insluit. (3)
3.2.4 Maak 'n lys van die nutriënte wat in neute aangetref word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die volgende koste is by die Food and Wine Restaurant aangegaan vir
'n banket wat vir 40 mense voorberei is.
Voedselkoste: R4 450
Oorhoofse koste: R650
Arbeidskoste: R1 600
Netto wins: 40%
3.3.1 Bereken die verkoopprys. Toon ALLE berekeninge. (5)
3.3.2 Bereken die verkoopprys per persoon vir die banket. Toon ALLE
berekeninge. (3)
3.4 Bestudeer die etiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GOODFOOD
DROËVRUGTE-MENGSEL
'n Heerlike mengsel van gedroogte
bosbessies, goue rosyne, kersies
en bloubessies
NET GEW. 1 oz (28 g)
3.4.1 Identifiseer die preserveringsmetode hierbo. (1)
3.4.2 Evalueer die inligting op die etiket hierbo. (5)
3.4.3 Noem VIER voordele van voedselpreservering deur die metode wat
in VRAAG 3.4.1 geïdentifiseer is, te gebruik. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Melktertjies Roompoffertjies
Vol-au-vent
4.1.1 Onderskei tussen die drie produkte hierbo. Teken die tabel
hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi die tabel.
MELKTERT ROOM- VOL-AU-
POFFERS VENTS
Soort deeg (1) (1) (1)
Vormingstegniek (1) (1) (1)
(6)
4.1.2 Identifiseer 'n produk wat blindgebak moet word. Motiveer jou
antwoord. (3)
4.1.3 Lewer kommentaar op die voorkoms van die vol-au-vent. (3)
4.1.4 Benoem die piramiedvormige produk wat gemaak word deur
roompoffertjies met die gebruik van karamel op mekaar te stapel. (1)
4.1.5 Regverdig waarom die spinsuiker, wat gebruik word om die produk
genoem in VRAAG 4.1.4 te versier, gemaak moet word op dieselfde
dag wat dit gebruik word. (2)
4.1.6 Verduidelik hoe spinsuiker gemaak word. (2)
4.1.7 Die roomvulsel in die poffertjies kan ook deur 'n chiffonvulsel
vervang word.
Verduidelik hoe 'n chiffonvulsel berei word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Graad 12-leerders het kiwi-jellie en aarbei-coulis vir 'n praktiese les berei.
4.2.1 Gee geskikte redes vir ELK van die volgende foute wat voorgekom
het toe die jellie berei is:
(a) Daar was yskristalle in die kiwi-jellie. (1)
(b) Die kiwi-jellie het nie behoorlik gestol nie. (3)
4.2.2 Beskryf hoe die vormpies voorberei moet word om seker te maak
dat die kiwi-jellie maklik ontvorm kan word. (3)
4.2.3 Verduidelik wat 'n coulis is. (2)
4.3 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
T-BEEN
4.3.1 Noem die deel van die beeskarkas waaruit die T-been gesny is. (1)
4.3.2 Verduidelik waarom T-been-skyf vir braai in Suid-Afrika geskik is. (3)
4.3.3 Gee moontlike redes waarom die T-been hierbo uiters taai en droog
was toe dit by 'n sekere restaurant bedien is. (4)
4.3.4 Noem DRIE faktore om te oorweeg wanneer die vleissnit hierbo
aangekoop word. (3)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die plakkaat hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BURGHERS
GOETKOOP
CHEAP CHEAP
R10
5.1.1 Noem DRIE ander visuele bemarkingsinstrumente wat gebruik kan
word om die produk hierbo te bemark. (3)
5.1.2 Voorspel die teikenmark wat die produk hierbo sal lok. Motiveer jou
antwoord. (2)
5.1.3 Verduidelik hoe die verkoop van die produk hierbo tot die
Suid-Afrikaanse ekonomie sal bydra. (4)
5.1.4 Evalueer die plakkaat hierbo. (5)
5.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'n Jong entrepreneur het onlangs 'n tienslaapkamer-gastehuis in die plaaslike
gemeenskap oopgemaak. Hy het jou as die rekenmeester by sy nuwe
besigheid aangestel.
5.2.1 Beveel DRIE inkomste-genererende areas aan, behalwe die
slaapkamers, wat die gastehuis kan help om inkomste te genereer. (3)
5.2.2 Stel VIER verantwoordelikhede van 'n rekenmeester in die gastehuis
hierbo voor. (4)
5.2.3 Noem VIER eienskappe wat die jong entrepreneur moet hê. (4)
5.2.4 'n Besigheidsplan is belangrik wanneer 'n besigheid begin word.
Noem VYF aspekte wat die jong entrepreneur by sy
besigheidsbeskrywing moet insluit. (5)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
VRAAG 6
6.1 Lees die uittreksel, bestudeer die foto's met inligting hieronder en beantwoord
dan die vrae wat volg.
'n Groep gaste vier 'n 21ste verjaarsdagpartytjie by 'n restaurant. Die groep
bestel 'n keur van populêre Suid-Afrikaanse vonkelwyne, insluitend
Methóde Cap Classique en alkoholonttrekte ('de-alcoholised') vonkelwyne.
Mary, 'n 18-jarige kelnerin, is aangewys om die tafel te bedien.
A B C D
Wyntemperature: 6–8 °C 15–20 °C 7–12 °C
6.1.1 Definieer die term Methóde Cap Classique. (1)
6.1.2 Noem TWEE ander metodes wat vir die maak van vonkelwyn
gebruik word. (2)
6.1.3 Verduidelik waarom dit verkeerd is om die term 'Sjampanje'
('Champagne') te gebruik wanneer daar na die vonkelwyne hierbo
verwys word. (1)
6.1.4 Stel 'n geskikte voorgereg voor om saam met 'Sjampanje' (1)
('Champagne') te bedien.
6.1.5 Verduidelik wat 'n alkoholonttrekte ('de-alcoholised') wyn is. (2)
6.1.6 Kies 'n geskikte glas (A–D) en temperatuur vir die vonkelwyn hierbo. (2)
6.1.7 Verduidelik hoe die glase hierbo vriesversier ('frosted') kan word. (2)
6.1.8 Bespreek die wetlike vereistes waaraan restauranteienaars moet
voldoen wanneer hulle wyn bedien. (3)
6.1.9 Een van die gaste begin met Marie flankeer en sy voel ongemaklik.
Bespreek hoe Marie die gas moet hanteer. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
6.2 Verduidelik die stappe wat gevolg moet word wanneer die rekening vir gaste
aangebied word. (4)
6.3 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
6.3.1 Evalueer die tafeluitleg in die prentjie hierbo. (4)
6.3.2 Onderskei tussen 'n formele aandete en 'n skemerkelkfunksie ten
opsigte van die voedselbedienings- en afdekprosedures wat
'n kelner moet volg. Teken die tabel hieronder in die
ANTWOORDEBOEK oor en voltooi die tabel.
FORMELE SKEMERKELK-
AANDETE FUNKSIE
Voedselbedieningsprosedure (1) (1)
Afdekprosedure (1) (1) (4)
[30]
TOTAAL AFDELING D: 60
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Hospitality Studies May-June 2025 Eng.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 Afr.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 Eng.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 MG Eng.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 MG Afr.pdf

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Hospitality Studies Feb March 2018 Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Hospitality Studies Feb March 2018 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Hospitality Studies Feb March 2018 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Hospitality Studies May June 2018 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Hospitality Studies May June 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Hospitality Studies Nov 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Hospitality Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24.pdf

Memorandum
Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper