Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GASVRYHEIDSTUDIES
NOVEMBER 2018
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 








View all



Hospitality Studies Nov 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf
Hospitality Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 16
- File size
- 706.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe) (40)
AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
Higiëne, veiligheid en sekuriteit (20)
AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
Voedselkommoditeite (80)
AFDELING D: Sektore en loopbane;
Voedsel- en drankbediening (60)
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 3 DBE/November 2018
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
VOORBEELD:
1.1.11 'n Goeie bron van vitamien C is …
A melk.
B vleis.
C brood.
D lemoene.
ANTWOORD:
1.1.11 D
1.1.1 Die inkubasietydperk van hepatitis A is ... dae.
A 2 tot 4
B 4 tot 9
C 10 tot 14
D 15 tot 45 (1)
1.1.2 'n Geskikte bykomstigheid vir oondgebraaide wildsvleis bedien met
fyngemaakte patats is ...-sous.
A appel
B rooikorent
C kruisement
D madeira (1)
1.1.3 Suikerstroop en eierwit word tydens die voorbereiding van ...
meringue tot die stywepuntstadium saamgeklits.
A Sweedse
B Italiaanse
C Franse
D Switserse (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 4 DBE/November 2018
NSS
1.1.4 'n ... is 'n tradisionele Afrikaanse gebak wat gemaak word met
deeg wat gevleg en diepgebraai is.
A Churro
B Fritter
C Koeksister
D Beignet (1)
1.1.5 Rissoles is ...
A gesoteerde maalvleisballetjies.
B diepgebraaide hoenderbrokkies.
C hoenderlewer met spek toegedraai.
D maalveis wat om 'n stokkie gevorm is. (1)
1.1.6 'n Godsdiensgroep wat slegs kosjer-voedsel inneem:
A Hindoes
B Jode
C Moslems
D Boeddhiste (1)
1.1.7 Wanneer piekeluitjies berei word, word ..., sout en speserye
gebruik om die produk te preserveer.
A bruinasyn
B suurlemoensap
C salisielsuur
D bensoësuur (1)
1.1.8 Die soort bedieningstyl waar 'n kelner 'n lepel en vurk gebruik om
vleis en groente op 'n gas se bord te skep:
A Buffet
B Bordbediening
C Gueridon
D Silwerdiens (1)
1.1.9 Die posisie van die witwynglas is 2,5 cm vanaf die rand van die ...
A hoofgeregmes.
B entreémes.
C hoofgeregvurk.
D entreévurk. (1)
1.1.10 Wanneer 'n klein brand by 'n tafel in 'n restaurant uitbreek,
moet … word.
A al die deure en vensters oopgemaak
B die vlamme met 'n diendoek gesmoor
C 'n brandblusser gebruik
D die restaurant ontruim (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 5 DBE/November 2018
NSS
1.2 PASITEMS
Kies die tegniek uit KOLOM B wat by die prentjie in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.5 H.
KOLOM A KOLOM B
PRENTJIES NAAM VAN TEGNIEK
1.2.1 A bardering
B lardering
C marinering
D ontbening
E vulsel
1.2.2
F sous
G vermalsing
1.2.3
1.2.4
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 6 DBE/November 2018
NSS
1.3 EENWOORDITEMS
Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die bestuurder in beheer van dissiplinêre aksies en die evaluering
van prestasie in die werkplek
1.3.2 Uitgawes wat verband hou met die suksesvolle bedryf van 'n
besigheid, bv. water en elektrisiteit
1.3.3 Baie dun pannekoek bedien met 'n lemoensous wat tydens bediening
flambé word
1.3.4 Onvolledige dierlike proteïen wat gebruik word om gelatien te
vervaardig
1.3.5 Geel bindweefsel wat in vleis gevind word
1.3.6 'n Suid-Afrikaanse atjarsmeer van wortels, kool, uie, soetrissie, rissies
en kerrie gemaak
1.3.7 'n Papierdun deeg wat gebruik word om baklava te maak
1.3.8 Borsel deegprodukte met eier om dit 'n blink, goudbruin oppervlak te
gee
1.3.9 Die soort bemarkingshulpmiddel wat internet en e-posse insluit
1.3.10 Minimum ouderdom waarop alkohol aan 'n persoon in 'n restaurant
bedien mag word. (10)
1.4 KEUSE
1.4.1 Identifiseer VIER bestanddele in die lys hieronder wat nodig is vir
suksesvolle chouxdeegprodukte. Skryf slegs die letters (A–H)
langs die vraagnommer (1.4.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A Botter
B Melk
C Eiers
D Water
E Suiker
F Koekmeel
G Bakpoeier
H Suurlemoensap (4)
1.4.2 Identifiseer DRIE redes in die lys hieronder waarom 'n tertkors
tydens die bakproses kan krimp. Skryf slegs die letters (A–E) langs
die vraagnommer (1.4.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A Oormeng van die deeg
B Gebruik te veel meelblom tydens die uitrol van die deeg
C Verkeerde afmeet van bestanddele
D Geen rus en verkoel van die deeg na elke stadium nie
E Verrekking van die deeg tydens die uitrol daarvan (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 7 DBE/November 2018
NSS
1.4.3 Identifiseer TWEE algemene reëls vir die meng van skemerkelkies.
Skryf slegs die letters (A–D) langs die vraagnommer (1.4.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Drankies met gas moenie geskud word nie.
B Room en vrugtesap moenie geskud word nie.
C Room en vrugtesap moet geskud word.
D Drankies met gas moet geskud word. (2)
1.4.4 Kies TWEE terme wat verband hou met afmeting tydens die
bereiding van nie-alkoholiese mengeldrankies. Skryf slegs die
letters (A–E) langs die vraagnommer (1.4.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Omkeer ('Flip')
B Sopie
C Skeut
D Vriesversier ('Frost')
E Frappé (2)
1.5 PASITEMS
Kies 'n bedieningsitem uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.6 I.
KOLOM A KOLOM B
BESKRYWING BEDIENINGSITEM
1.5.1 'n Spesiale trollie waarop vleisstukke in A 'waiters' friend'
porsiegroottes voorgesny word
B kaphoedjie ('cloche')
1.5.2 'n Warmwaterbad wat deel is van 'n
opdientoonbank wat deur elektrisiteit of C dom ('dome')
gas warm gehou word
D voorsny-eenheid
1.5.3 Apparaat wat met kerse of vlambare jel ('carving unit')
verhit word om voedsel warm te hou
E tange
1.5.4 Word gebruik om voedsel te bedek om te
voorkom dat dit uitdroog F konfoor/tessie
('chafing dish')
1.5.5 Apparaat wat 'n kurktrekker, meslem en
botteloopmaker insluit G opdienbord
H warmwaterbad ('bain-
marie')
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 8 DBE/November 2018
NSS
AFDELING B: KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SJEFS: 'VOORKOM TB BETYDS!'
Mense sterf daagliks weens tuberkulose.
Die groot tragedie lê daarin dat TB genees
kan word indien dit behoorlik bestuur
word.
Dit is egter presies die probleem. As jy TB
betyds wil keer, moet jy vroegtydig optree.
Jy moet ook besef dat mense wat die
gevaar staan om TB op te doen, dikwels
oningelig oor die tekens en simptome is.
Persone met MIV, dwelmgebruikers en
gesondheidsorgwerkers staan die grootste
gevaar om besmet te word.
2.1.1 Noem DRIE simptome van TB. (3)
2.1.2 Dink jy dat sjefs wat TB onder lede het, toegelaat moet word om by
'n gasvryheidsinstansie te werk? Motiveer jou antwoord. (3)
2.1.3 TB-geïnfekteerde sjefs is dikwels afwesig van die werk.
Bespreek die uitwerking wat dit op die Suid-Afrikaanse ekonomie
sal hê. (3)
2.1.4 Verduidelik waarom persone met MIV 'n hoë risiko het om TB op
te doen. (2)
2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Ayakha is die hoofkelner by die Dunamishotel. Sy moedig altyd
waaksaamheid, spanwerk en 'n positiewe gesindheid onder haar kollegas
aan. Al die personeellede is goed opgelei in die gebruik van rekenaars omdat
die meeste aktiwiteite by hierdie hotel elektronies gedoen word.
2.2.1 Verduidelik TWEE maniere waarop die veiligheidspersoneel
waaksaamheid by die hotel kan toon. (2)
2.2.2 Goeie spanwerk by enige gasvryheidsinstansie sal die
winsgewendheid daarvan beïnvloed.
Bespreek die stelling hierbo. (3)
2.3 Beskryf hoe rekenaars sjefs met spyskaartbeplanning kan help. (4)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 9 DBE/November 2018
NSS
AFDELING C: VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'n Koekstruif is 'n gewilde feestelike nagereg wat berei word deur lae
sponskoek, crème pâtissière, vrugte en vrugtejellie te gebruik.
3.1.1 Klassifiseer die nagereg hierbo. (1)
3.1.2 Onderskei tussen 'n crème pâtissière en 'n crème brûlée met
verwysing na die bestanddele en die bereidingsmetode. Tabuleer
jou antwoord soos volg:
CRÈME PÂTISSIÈRE CRÈME BRÛLÉE
BESTANDDELE
BEREIDINGSMETODE (4)
3.2 Die items hieronder kan gebruik word om koekstruif te versier:
tuilles; spinsuiker; sjokoladekrulle; pralien
3.2.1 Beskryf die term tuilles. (2)
3.2.2 Voorspel die eindresultaat van die volgende tegnieke:
(a) Temper sjokolade wanneer sjokoladekrulle gemaak word (2)
(b) Kook die suiker tot die verlangde stadium wanneer spinsuiker
gemaak word (2)
3.2.3 Kies 'n item uit die lys in VRAAG 3.2 wat NIE geskik is vir 'n
persoon wat vir neute allergies is NIE. (1)
3.2.4 Verduidelik die reaksie van 'n persoon met 'n neutallergie as hy/sy
die item eet wat in VRAAG 3.2.3 gekies is. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 10 DBE/November 2018
NSS
3.3 Bespreek die geskiktheid van die koekstruif vir 'n persoon met diabetes. (3)
3.4 Beantwoord die vrae wat volg.
3.4.1 Beskryf die eerste proses wat gevolg moet word wanneer
gelatienpoeier gebruik word om die vrugtejellie vir die koekstruif te
maak. (3)
3.4.2 Waarmee sal jy die gelatien in die vrugtejellie vervang om dit vir
vegetariërs geskik te maak? (1)
3.4.3 Hoeveel gelatienpoeier moet gebruik word indien die resep twee
velle gelatien vereis? Motiveer jou antwoord. (2)
3.5 3.5.1 Stel DRIE soorte vegetariërs voor wat die koekstruif sal kan eet.
Gee 'n rede vir jou antwoord. (4)
3.5.2 Baie vegetariërs sluit droë peulgroente by hul dieet in.
Regverdig die stelling hierbo. (5)
3.6 Verduidelik hoe die sterilisering- en seëltegnieke toegepas word wanneer
aarbeie ingelê word. Gee 'n rede vir die toepassing van elke tegniek.
Tabuleer jou antwoord soos volg:
STERILISERING SEËL VAN
VAN BOTTELS BOTTELS
Verduidelik die toepassing
van die tegniek (3) (1)
Rede vir die toepassing
van die tegniek (1) (1) (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 11 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A. TOURNEDO B. GEROOSTERDE LENDE
C. BLINDEVINKE
4.1.1 Identifiseer 'n beesvleissnit wat onderskeidelik vir gereg A en gereg
B geskik sal wees. (2)
4.1.2 Regverdig die gebruik van die vulsel in die blindevinke hierbo. (4)
4.1.3 Bespreek die reëls vir die rooster van die lende oor warm kole. (3)
4.1.4 Motiveer waarom klam hitte NIE vir biefstukke ('steaks')
geskik is NIE. (2)
4.1.5 Stel TWEE bykomstighede vir die tournedo voor. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 12 DBE/November 2018
NSS
4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die sosiale komitee van Hoërskool Witteklip het Aalwynspyseniers gevra om
'n kwotasie voor te berei vir 'n banket vir 200 gaste op 19 November 2018,
van 18:30 tot 22:00.
Die totale koste van die spyskaart is R200 per persoon. Die koste sluit nie
R500 vir die musiek en R300 vir die tafeldoeke in nie. 'n Kontantkroeg sal
beskikbaar wees. 50% van die deposito is 15 dae voor die funksie betaalbaar.
4.2.1 Bereken die totale koste van die funksie vir 200 gaste. Toon ALLE
berekeninge. (3)
4.2.2 Bereken die deposito wat betaal moet word. Toon ALLE
berekeninge. (2)
4.2.3 Gebruik die inligting hierbo om die kwotasievorm hieronder te
voltooi. Skryf die vraagnommer (4.2.3) en slegs die woord/term
langs die letters (A tot D) in jou ANTWOORDEBOEK neer.
KWOTASIE
(A)
Naam van kliënt: (B) Funksiekoördineerder: S Williams
Adres: Mandarinstraat 23 Datum: 19 November 2018
Glenwood 0010 Tydsduur van funksie: (C)
Telno: 086 5888 880 Getal gaste: 200
Deposito betaalbaar op (D) (datum) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 13 DBE/November 2018
NSS
4.3 Bestudeer die spyskaart vir 'n skemerkelkgeselligheid hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
SPYSKAART
Skemerkelkgeselligheid
November 2018
Profiteroles met salm- en kruiemaaskaasvulsel
Mini canapés met gerookte-tuna-tartare
Verskeidenheid sushi met wasabi-mayonnaise
Vegetariese chinese rolletjies ('spring rolls')
Biltong-feta-en-prei-quiche
Vanielje-meringuesoentjies
Bouchées met suurlemoensmeer en room
Witsjokoladetruffels
4.3.1 Skemerkelkgesellighede is baie gewild in Suid-Afrika.
Noem DRIE soorte funksies waar die spyskaart hierbo gebruik kan
word. (3)
4.3.2 Verduidelik die term canapé. (3)
4.3.3 Evalueer die snoephappies op die spyskaart met betrekking tot:
(a) Voorkoms
(b) Bestanddele (2 x 2) (4)
4.4 Bestudeer die pasteideegprentjies hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
A B
4.4.1 Identifiseer pasteideeg A en pasteideeg B. (2)
4.4.2 Verwys na die skemerkelkspyskaart in VRAAG 4.3.
Kies EEN item wat van pasteideeg A en EEN item wat van (2)
pasteideeg B gemaak is.
4.5 Beantwoord die vrae hieronder oor die profiteroles.
4.5.1 Verduidelik waarom dit belangrik is om seker te maak dat al die
eiers NIE gelyktydig tydens die bereiding van chouxdeeg bygevoeg
word NIE. (2)
4.5.2 Beveel die geskikste apparaat aan wat gebruik kan word om die
profiteroles te vorm. (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 14 DBE/November 2018
NSS
AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
VOEDSEL EN DRANKBEDIENING
VRAAG 5
Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Nomhle gaan 'n middagetekafee by nr. 63, Mamelodi-uitbreiding onder haar naam
oopmaak. Dit gaan naby Mamelodi Sekondêre Skool en die plaaslike munisipaliteit
wees. Haar spyskaart gaan 'bunny chows', vetkoek met maalvleis, worsbroodjies en
burgers insluit. Sy beoog om drie mense in diens te neem: 'n rekenmeester, 'n sjef en
'n verkoopsdame. 'n Vriend het haar gehelp om plakkate te ontwerp om haar besigheid
te bemark en sy het ook tafels en stoele waarby haar kliënte kan aansit.
5.1 Noem die bemarkingshulpmiddel wat Nomhle gaan gebruik. (1)
5.2 Identifiseer Nomhle se teikenmark. (3)
5.3 Bespreek VYF aspekte om in ag te neem wanneer die plakkate ontwerp word. (5)
5.4 Bespreek DRIE maniere, behalwe plakkate, waarop Nomhle haar besigheid
kan bemark. (3)
5.5 Gebruik die inligting in die scenario hierbo en stel 'n besigheidsplan vir
Nomhle saam. (6)
5.6 Beskryf DRIE indirekte werksgeleenthede wat Nomhle se besigheid kan skep. (3)
5.7 Noem VIER verantwoordelikhede van 'n rekenmeester in die besigheid
hierbo. (3)
5.8 Noem en beskryf DRIE nie-inkomstegenerende areas, behalwe
finansies/boekhouding, in haar besigheid. (6)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 15 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 6
6.1 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BEURTKRAG IS 'N ERNSTIGE BEDREIGING
VIR DIE RESTAURANTBEDRYF
Lorenzo's Italiaanse Restaurant is 'n klein privaat besigheid. Die restaurant
kan nie elke keer as daar 'n kragonderbreking is, toegemaak word nie,
aangesien die restaurant geld gaan verloor. Gelukkig gebruik die restaurant 'n
industriële gasstoof vir die bereiding van die meeste van die geregte.
Ongelukkig moet die gaste soms lank vir hulle kos wag. Party van die gaste
het een of twee keer te veel alkoholiese drankies bestel en luidrugtig geword
en begin om ander gaste te irriteer.
6.1.1 Verduidelik hoe die kelners die volgende situasies moet hanteer:
(a) Gaste moet lank vir hulle kos wag. (4)
(b) Gaste word luidrugtig en begin om ander gaste te irriteer. (5)
6.1.2 Stel voor wat jy kan doen om die situasie reg te stel wanneer 'n
gas geïrriteerd raak as die kos te lank neem. (1)
6.1.3 Verduidelik die prosedure wat kelners moet volg om te verseker
dat die eetgerei goed vertoon voordat die gaste gaan sit. (3)
6.2 Bestudeer die wynetikette hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WYN A WYN B
6.2.1 Skryf die kleur van wyn A neer. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
6.2.2 Beveel die beste bedieningstemperatuur vir beide wyne aan. (1)
6.2.3 Verduidelik die term Brut. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 16 DBE/November 2018
NSS
6.2.4 Onderskei tussen wyn A en wyn B met betrekking tot die
vervaardigingsmetode en die oorsprong. Tabuleer jou antwoord
soos volg:
WYN A WYN B
Vervaardigingsmetode
Oorsprong (4)
6.2.5 Stel 'n klassieke gereg/voedselsoort voor om saam met wyn B
te bedien. (1) .
6.3 Instellings moet aan die Drankwet, 2003 (Wet 59 van 2003) vir die verkoop
van drank voldoen.
Noem die TWEE tipes dranklisensies waarvoor instellings kan aansoek doen
en verduidelik ELKE tipe. (2 x 2) (4)
6.4 Beskryf die prosedure wat 'n kelner moet volg wanneer 'n voedselbestelling
geneem en geplaas word. (4)
[30]
TOTAAL AFDELING D: 60
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
Hospitality Studies May-June 2025 Eng.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 Afr.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 Eng.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 MG Eng.pdf

Question paper
Hospitality Studies Nov 2024 MG Afr.pdf

Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Hospitality Studies Nov 2018 Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Hospitality Studies Nov 2018 FINAL Memo Eng_hlayiso.com_._hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Hospitality Studies Nov 2018 FINAL Memo Afr_hlayiso.com_._hlayiso.com_.pdf
Question paper
Hospitality Studies May June 2018 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Hospitality Studies May June 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Hospitality Studies Feb March 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Hospitality Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023-24.pdf

Memorandum
Hospitality Studies May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HOSPITALITY STUDIES MEMO GR12 SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
HOSPITALITY STUDIES QP GR12 SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper