Downloaded from hlayiso.com
GRADE 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GASVRYHEIDSTUDIES
2022
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all

--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)



Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)
Grade 12 Hospitality Studies question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Hospitality Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Hospitality Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 584.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC June Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.
AFDELING A: Kortvrae (alle onderwerpe) (40)
AFDELING B: Kombuis- en restaurantbedrywighede;
Higiëne, veiligheid en sekuriteit (20)
AFDELING C: Voeding en spyskaartbeplanning;
Voedselkommoditeite (80)
AFDELING D: Sektore en loopbane;
Voedsel- en drankbediening (60)
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. AFDELING A: VRAAG 1 – Beantwoord al die vrae onder mekaar in die
ANTWOORDEBOEK sonder om 'n reël tussenin oop te los, soos hieronder
getoon:
Korrek:
1.1.1
1.1.2
Verkeerd:
1.1.1
1.1.2
5. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 3 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
VOORBEELD:
1.1.11 'n Goeie bron van vitamien C is …
A melk.
B lemoene.
C vleis.
D brood. (1)
ANTWOORD:
1.1.11 B
1.1.1 'n Verskeidenheid rou groente wat saam met 'n doopsous op 'n
bord bedien word:
A Kanapees
B Croûtes
C Croutons
D Crudités (1)
1.1.2 Gekristalliseerde gemmer word gepreserveer deur … te gebruik.
A suiker
B suur
C sout
D chemikalieë (1)
1.1.3 'n Voorbeeld van 'n chouxpasta-gereg:
A Baklava
B Bouchées
C Beignets
D Barquettes (1)
1.1.4 'n Preserveringsmetode waar vloeistowwe vir 15 sekondes tot
72 °C verhit word en dan tot 4 °C afgekoel word:
A Sterilisasie
B Pasteurisasie
C Insouting
D Homogenisasie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 4 DBE/2022
SS/NSS
1.1.5 Die volgende items word vanaf die linkerkant aan 'n gas bedien:
1 2
3 4
A 1, 2, 3
B 2, 3, 4
C 1, 3, 4
D 1, 2, 4 (1)
1.1.6 Wanneer die rand van 'n glas met sout bedek word tydens die
voorbereiding van 'n skemerkelkie, staan dit as … bekend.
A bestuiwing
B geskeuting
C vriesversiering ('frosting')
D geflip (1)
1.1.7 'n Pesco-vegetariër sal nie … by hulle dieet insluit nie.
A vis en seekos
B pluimvee en eiers
C melk en room
D kaas en neute (1)
1.1.8 'n Siekte wat deur voedselvergiftiging veroorsaak word:
A Hepatitis A
B Tuberkulose
C Cholera
D Gastroënteritis (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 5 DBE/2022
SS/NSS
1.1.9 'n Mengsel van gemaalde vleis, uie, geweekte broodkrummels, eier
en geurmiddels wat in balle gevorm, bedek en dan gediepbraai
word:
A Pizette
B Rissoles
C Roulade
D Palmiers (1)
1.1.10 Die getal hors d'oeuvres wat per persoon voor 'n formele aandete
bedien word:
A 23
B 12
C 13
D 37 (1)
1.2 PASITEMS
Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die bereidingstegnieke van vleis in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.2.1
tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 H.
KOLOM A KOLOM B
TEGNIEK BESKRYWING
1.2.1 Afwerking A bedek die oppervlak van vleis met spek
1.2.2 Voorsny B sauté vleis oor matige hitte tot ferm maar nie
bruin nie
1.2.3 Toeskroei
C om vleis met 'n geurige vloeistof te bedek om
1.2.4 Marineer geur by te voeg
1.2.5 Bedruiping D om vet en senings van vleis te verwyder
E verbruining van vleis oor hoë hitte om die geur
en kleur te verbeter
F gesmelte vet en vleissappe word tydens
gaarmaak oor vleis geskep
G gaar vleis word teen die grein gesny
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 6 DBE/2022
SS/NSS
1.3 PASITEMS
Kies die roomysnagereg uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 H.
KOLOM A KOLOM B
BESKRYWING ROOMYSNAGEREGTE
1.3.1 Geskepte roomys bedien in A gebakte Alaska
'n bootvormige glasbakkie en
met room bedek B coupe
1.3.2 Roomys bedien in 'n lang, C bombe
dun glas met afwisselende
lae bolaag en souse D parfait
1.3.3 Roomys op 'n sponskoek- E soufflé
basis, bedek met meringue,
verbruin en op 'n bord bedien F roomyspiesang ('banana split')
1.3.4 Roomys en sous of vrugte G sorbet
bedek met stroop en bolae
en in 'n kelkie met 'n voetstuk
bedien
1.3.5 Twee of meer roomysgeure
wat in lae in 'n sfeervormige
vorm geplaas word en in 'n
nageregbakkie bedien word
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 7 DBE/2022
SS/NSS
1.4 EENWOORDITEMS
Gee EEN term/woord vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
term/woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die verskil tussen die verkoopprys en die voedselkoste
1.4.2 'n Tegniek waar voedseldeeltjies van 'n dekplek afgeborsel word
nadat die hoofgereg bedien is maar voordat die nagereg bedien
word
1.4.3 'n Tafelitem wat tafelplasings aandui en duidelik vanaf die ingang
van 'n venue vir 'n gas sigbaar moet wees
1.4.4 'n Verfrissende gereg wat die palet na verskillende gange
skoonmaak
1.4.5 Die departement wat vir die welstand van personeel in 'n
gasvryheidsinstansie verantwoordelik is
1.4.6 Die tipe dranklisensie wat benodig word wanneer 'n restaurant met
'n kroeg bedryf word
1.4.7 'n Term wat na servette, tafeldoeke, oorgooidoeke en diendoeke
verwys
1.4.8 'n Fooi wat gaste moet betaal wanneer hulle hulle eie wyn na
gelisensieerde persele neem
1.4.9 'n Geskrewe dokument met 'n berekende prys wat vir 'n kliënt vir
'n spesifieke funksie opgestel word
1.4.10 Die tyd tussen kontaminasie en die verskyning van die eerste
simptome van 'n siekte (10 x 1) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 8 DBE/2022
SS/NSS
1.5 KEUSES
1.5.1 Kies VYF nageregte uit die lys hieronder waar bak as
gaarmaakmetode tydens bereiding gebruik word. Skryf slegs die
letters (A–J) langs die vraagnommer (1.5.1) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Piesangpoffers
B Veselperske-mousse
C Malvapoeding
D Panna cotta
E Appelstrudel
F Suurlemoen-chiffon
G Warm Charlotte
H Tarte Tatin
I Crème anglaise
J Sjokolade-soufflé (5)
1.5.2 Kies VYF voordele van bordbediening uit die lys hieronder. Skryf
slegs die letters (AJ) langs die vraagnommer (1.5.2) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Gaste kan soveel eet as wat hulle wil
B Minder voedselvermorsing
C Beter porsiebeheer
D Gaste bedien hulself
E Gaste word gelyktydig bedien
F Meer kreatiewe bediening van geregte
G Bedien voedsel kloksgewys om die tafel
H Voedsel word voor die gaste berei
I Geskoolde opleiding vir voedselbediening vanaf 'n bord
('platter') word benodig
J Minder bedieningseetgerei word benodig (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 9 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING B: KOMBUIS- EN RESTAURANTBEDRYWIGHEDE;
HIGIËNE, VEILIGHEID EN SEKURITEIT
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Een van die mees algemene simptome van die Covid-19-virus is hoes. Die
restaurantbestuurder van die NAMAT-hotel het vir 'n paar weke aanhoudend
gehoes, alhoewel hy negatief vir Covid-19 getoets het. Nadat die dokter
X-straalplate van die restaurantbestuurder se longe laat neem het, het hy vir
hom medisyne voorgeskryf en hom afgeboek.
2.1.1 Bepaal die siekte waaraan die restaurantbestuurder moontlik ly,
buiten Covid-19. (1)
2.1.2 Noem DRIE ander simptome van die siekte in VRAAG 2.1.1
geïdentifiseer. (3)
2.1.3 Voorspel hoe die siekte wat in VRAAG 2.1.1 geïdentifiseer is, 'n
negatiewe impak op die arbeidsmag van die NAMAT-hotel kan hê. (3)
2.2 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg
Die NAMAT-hotel het hul voorkantoor-area opgegradeer met nuwe hoë-
tegnologiese rekenaarstelsels en -programme om die inteken van gaste te
verbeter. As gevolg hiervan moes bykomende voorkantoorpersoneel
aangestel word om die nuwe rekenaarstelsels te gebruik. Elektroniese
terugvoering van die gaste toon dat hulle die NAMAT-hotel bo ander hotelle in
die area verkies. Dit is as gevolg van die effektiewe en uitstekende diens wat
deur die personeel gelewer word.
2.2.1 Gee aan die bestuurder raad oor die beginsels van professionele
werksetiek wanneer nuwe voorkantoorpersoneel opgelei word. (4)
2.2.2 Bespreek hoe die hoë-tegnologiese rekenaarprogram gebruik gaan
word wanneer gaste inboek. (4)
2.2.3 Lewer kommentaar op die impak van die positiewe terugvoering
wat die hotel van gaste ontvang het rakende die uitstekende diens
gelewer. (3)
2.2.4 Verduidelik hoe 'n elektroniese betaalpuntstelsel ('POS') die
voorkantoorpersoneel kan ondersteun om meer effektief te wees. (2)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 10 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING C: VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING;
VOEDSELKOMMODITEITE
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.1.1 Noem die tipe funksie waar hierdie bord met hierdie verskillende
happies bedien sal word. (1)
3.1.2 Evalueer die geskiktheid van die happies vir Joodse gaste. (5)
3.2 Bestudeer die bestanddeletabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUURLEMOEN-ESDORINGSTROOP-MERINGUE
BROSKORSDEEG VULSEL BOLAAG
250 g amandelmeel 250 mℓ koue water 3 eierwitte
5 mℓ sout 125 mℓ suurlemoensap 250 mℓ warm suikerstroop
125 g botter 80 mℓ esdoringstroop
1 eiergeel ('maple syrup')
35 mℓ yswater 60 g botter
2 eiergele
45 mℓ mielieblom
Skil van 1 suurlemoen
3.2.1 Bepaal of die verhouding van vet tot meel wat in die
bestanddeletabel vir die kors gebruik is, KORREK is. (2)
3.2.2 Kies TWEE bestanddele uit die tabel wat 'n allergiese reaksie kan
veroorsaak. (2)
3.2.3 Noem DRIE ander gebruike van broskorsdeeg. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 11 DBE/2022
SS/NSS
3.2.4 Regverdig waarom die volgende reëls tydens die bereiding van die
deeg gevolg moet word:
(a) Moenie die deeg rek nie. (1)
(b) Meet die bestanddele akkuraat af. (1)
(c) Rol die deeg liggies in een rigting. (1)
3.2.5 Gee TWEE voordele van die gebruik van die volgende tegnieke
tydens die bereiding van broskorsdeeg:
(a) Blindbak (2)
(b) Prik (2)
3.2.6 Identifiseer die tipe meringue wat vir die suurlemoen-
esdoringstroop-meringue berei is. (1)
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die San Rosh-restaurant het die volgende onkoste tydens die bereiding van 'n
spyskaart aangegaan:
Voedselkoste: R5 450
Oorhoofse koste: R750
Arbeidskoste: R1 500
Wins: 45%
Getal gaste: 40
3.3.1 Bereken die verkoopprys van die spyskaart. Toon ALLE formules
en berekeninge. (5)
3.3.2 Bereken die voedselkoste per persoon. Toon ALLE formules en
berekeninge. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 12 DBE/2022
SS/NSS
3.4 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CHOUXPASTAPOFFERS
3.4.1 Evalueer die voorkoms van die chouxpastapoffers. (3)
3.4.2 Verduidelik waarom chouxpastapoffers teen twee verskillende
temperature gebak word. (2)
3.4.3 Voorspel die uitkoms van chouxpastaprodukte as die volgende
gebeur:
(a) Te veel water het verdamp tydens die aanvanklike stadium
toe die mengsel gekook is (2)
(b) Meel is by die bereide deeg gevoeg (2)
3.4.4 Verduidelik hoe gebakte ongevulde chouxpastapoffers geberg kan
word. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 13 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 4
4.1 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A. KROONBRAAD B. BLINDEVINKE
C. WILDSFILET D. T-BEENBIEFSTUK
4.1.1 Bepaal watter vleissnitte vir die vleis in prente B en D
onderskeidelik geskik is. (2)
4.1.2 Regverdig die gebruik van 'n vulsel in prent B. (3)
4.1.3 Gee DRIE reëls wat toegepas moet word wanneer 'n wildsfilet
geoondbraai word. (3)
4.1.4 Kies die vleissnit in prente AD wat geskik sal wees vir 'n persoon
wat aan hoë cholesterol ly. Motiveer jou antwoord. (2)
4.1.5 Beskryf die eienskappe van die tekstuur van die vleissnit in
prent B. (2)
4.1.6 Verduidelik die voordele van die marmering in vleissnit D. (3)
4.2 Gee TWEE redes vir die volgende prosedures tydens die bereiding van droë
bone:
4.2.1 Sortering (2)
4.2.2 Week in water voordat dit gekook word (2)
4.3 Die gebruik van sonneblomsade het as gevolg van die voedingswaarde
daarvan baie gewild geraak onder mense.
4.3.1 Gee EEN voordeel daarvan om sonneblomsade gedurende
voedselbereiding te rooster. (1)
4.3.2 Noem TWEE disse wat nie gaargemaak word nie wat berei kan
word deur sonneblomsade by te voeg. (2)
4.3.3 Bespreek die voedingswaarde van sonneblomsade. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 14 DBE/2022
SS/NSS
4.4 Tydens 'n praktiese klas het die leerders pynappeljellie berei.
4.4.1 Noem TWEE vorme van ongegeurde gelatien wat tydens die
bereiding van die jellie gebruik kan word. (2)
4.4.2 Gee EEN rede vir die toepassing van die volgende prosesse
wanneer die jellie berei word:
(a) Borsel die vorm liggies met olie of gebruik kleefwerende
kossproei. (1)
(b) Die gehidreerde gelatienmengsel mag nie kook nie. (1)
(c) Vars pynappel moet eers gekook word voordat dit by die
jellie gevoeg word. (2)
4.4.3 Verduidelik hoe die byvoeging van die volgende bestanddele
jelvorming sal beïnvloed:
(a) Wyn (1)
(b) Joghurt (2)
4.5 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUIKER FLESSE APPELKOSE
4.5.1 Bespreek die rol van suiker tydens die maak van konfyt. (1)
4.5.2 Beskryf die volgende tegnieke tydens die bereiding van konfyt:
(a) Sterilisasie van flesse (4)
(b) Puree die appelkose (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 15 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING D: SEKTORE EN LOOPBANE;
VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die Nkosi-familie het hulle jaarlikse vakansie by die NAMAT-hotel bespreek
nadat hulle 'n advertensie met spesiale aanbiedinge gesien het.
Met hul aankoms by die sekuriteitshek is hulle nie tot die perseel toegelaat nie
omdat hul name nie op die aankomslys was nie. Mnr. Nkosi het die bewys
van betaling van die hotel aan hulle gewys, maar die sekuriteitswag het nog
steeds geweier om hulle toe te laat.
5.1.1 Bepaal watter nie-inkomstegenererende area verantwoordelik was
vir die fout met die Nkosi-familie se bespreking. (1)
5.1.2 Verduidelik hoe personeel in die nie-inkomstegenererende area,
geïdentifiseer in VRAAG 5.1.1, die situasie moet hanteer. (2)
5.1.3 Evalueer die sekuriteitswag se optrede teenoor die Nkosi-familie by
die hek van die hotel. (4)
5.1.4 Noem DRIE faktore wat 'n invloed op die teikenmark van die
NAMAT-hotel kon gehad het. (3)
5.2 Gee VIER aspekte wat die NAMAT-hotel in die besigheidsbeskrywing van hul
besigheidsplan moet insluit. (4)
5.3 Die bemarkingsdepartement van die NAMAT-hotel is verantwoordelik vir die
daarstel en behoud van 'n uitstekende beeld van die onderneming.
5.3.1 Stel DRIE visuele, gedrukte bemarkingsinstrumente voor wat deur
die hotel gebruik kan word. (3)
5.3.2 Bespreek kortliks DRIE promosiestrategieë wat gebruik kan word
om meer gaste te lok. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 16 DBE/2022
SS/NSS
5.4 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'n Opwipmark ('pop-up market') om fondse in te samel is deur 'n plaaslike
hoërskool gereël. Die fondse ingesamel, sou aan 'n nabygeleë ouetehuis
geskenk word. Die opwipmark het 'n verskeidenheid produkte van plaaslike
entrepreneurs verkoop, byvoorbeeld vars, organiese produkte asook
tuisbedryfprodukte. Die datum van die mark is vooruitbepaal sodat 'n botsing
van aktiwiteite in die dorp voorkom kon word. Aanvanklik is 100 stalletjies
bespreek, maar as gevolg van Covid-19-grendelregulasies was slegs
50 stalletjies aktief.
5.4.1 Ontleed die opwipmark met betrekking tot die volgende:
(a) Sterk punte (3)
(b) Geleenthede (3)
5.4.2 Bespreek hoe Covid-19 'n negatiewe impak op die
gasvryheidsbedryf se bydrae tot die ekonomie gehad het. (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 17 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 6
6.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
6.1.1 Klassifiseer die wyn. (1)
6.1.2 Noem die tipe glas wat gebruik word om die wyn te bedien. (1)
6.1.3 Beveel DRIE voedselsoorte aan wat die wyn sal komplementeer. (3)
6.1.4 Bespreek SES riglyne wat gevolg moet word wanneer die wyn vir
gaste geskink word. (6)
6.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
6.2.1 Identifiseer die mengmetode om die nie-alkoholiese skemerkelkie
('mocktail') voor te berei. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Gasvryheidstudies 18 DBE/2022
SS/NSS
6.2.2 Noem TWEE tipes apparaat wat gebruik word tydens die bereiding
van die nie-alkoholiese skemerkelkie. (2)
6.2.3 Beskryf hoe die nie-alkoholiese skemerkelkie berei word. (3)
6.3 Bespreek in watter volgorde nie-alkoholiese skemerkelkies aan gaste wat
reeds by 'n formele aandete aansit, bedien moet word. (2)
6.4 Onderskei tussen kwasse en strope. Tabuleer jou antwoord soos volg:
KWASSE STROPE
(2 x 2) (4)
6.5 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
Kritiseer die dekplek vir 'n formele viergangmaaltyd. (4)
6.6 Bespreek hoe die hotelpersoneel 'n enkele gas, wat alleen gelaat wil wees,
moet hanteer. (3)
[30]
TOTAAL AFDELING D: 60
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2022 QP (Eng)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Hospitality Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Hos Stu ATP 2023 24

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)
--806498cf-9645-4a93-ada9-382ac410d556/v1-97c730e49f76e8d34263/card.webp)
Question paper
Hospitality Studies Grade 12 NSC June 2024 QP (Eng)

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Memorandum
Hospitality Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper