Skip to content

Information Technology Grade 11 P2 2019 QP (Afr)

Question paperInformation TechnologyGrade 11201916 pages

Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IINFTA2* Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings: AFDELING A: Kortvrae (15) AFDELING B: Stelseltegnologieë (23) AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie (25) AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (24) AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (25) AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (38) 2. Lees AL die vrae noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen ʼn aanduiding van die getal feite/redes wat vereis word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOIE V2 3 AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.11 D. 1.1.1 Vertaal programmeringsinstruksies reël vir reël na masjienkode. A Interpreteerder B Rekenaar C Kompileerder D Programmeerder (1) 1.1.2 Watter een van die volgende is NIE waar NIE? A Baie skootrekenaars het ʼn ingeboude videoverwerker en ʼn videokaart. B Alle rekenaars word met ʼn aparte videokaart vrygestel. C ʼn Videokaart genereer beelde/prente wat dan op jou monitor vertoon word. D Sonder ʼn aparte videokaart, moet die SVE die werk van ʼn videokaart doen. (1) 1.1.3 Bereken die antwoord vir die volgende: 2 – 30 + 3 * (30 DIV 3) A 166 B -150 C 2 D -2 (1) 1.1.4 Watter EEN is aan die globale dorp (‘global village’) verwant? A Telekommunikasie B Gesentraliseerde arbeid C Sosiale kantoor D Mobiele kantoor (1) 1.1.5 Watter EEN is NIE ʼn eienskap van kwaliteitdata in ʼn databasis NIE? A Akkuraatheid B Stiptelikheid C Huidiglikheid (‘Currency’) D Toepaslikheid (‘Relevance’) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 1.1.6 Watter een is NIE ʼn voordeel of eienskap van 'n dinamiese webtuiste NIE? A Benodig meer en beter bedieners B Maak die sosiale web moontlik C Ontwerp slegs vir die kliënt D Kan by die gebruiker se vereistes en behoeftes aanpas (1) 1.1.7 Die toets wat deur vasgekodeerde instruksies op ʼn LAG-skyfie (‘ROM chip’) gedoen word om te verseker dat al die hardeware in werkende toestand is. A Kasberging (‘Caching’) B CMOS C Inprop-en-speel (‘Plug and Play’) D POST (1) 1.1.8 ʼn Sagteware fout word deur … veroorsaak. A ʼn virus B ʼn geaktiveerde Trojaanse perd C ʼn programmeringsfout D ʼn installeringsfout (1) 1.1.9 LTE staan vir … A Long Transfer Evolution. B Life Time Energy. C Life Transfer Everywhere. D Long Term Evolution. (1) 1.1.10 Wat is die waarde van 30 DIV 5 – 10 MOD 4? A 6 B 3 C 4 D 2 (1) 1.2 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 ʼn Enkele feit of die kleinste data-eenheid in ʼn databasis (1) 1.2.2 Die kombinasie van meer as een veld in ʼn databasis om ʼn rekord uniek te identifiseer (1) 1.2.3 Verwys na ʼn situasie wanneer mense geld bymekaar maak, deur die Internet en sosiale netwerke te gebruik, om waardige projekte te ondersteun (1) 1.2.4 … word gebruik om die manier hoe ʼn program uitgevoer word, te volg (1) 1.2.5 ʼn Nuwe vinnige verbindings tegnologie wat baie gelyktydige verbindings kan ondersteun (1) TOTAAL AFDELING A: 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOIE V2 5 AFDELING B: STELSELSTEGNOLOGIEË VRAAG 2 2.1 Binne die stelsel-eenheid, is ʼn moederbord waar mens verskillende gleuwe, konnekteerders en ander dele duidelik kan sien. 2.1.1 Waar sal jy die SVE (‘CPU’) aan die moederbord koppel? (1) 2.1.2 Nog ʼn komponent wat op die moederbord voorkom, is uitbreidings- gleuwe. (a) Verduidelik kortliks die funksie van uitbreidingsgleuwe. (1) (b) Noem TWEE komponente wat aan die uitbreidingsgleuwe verbind kan word. (2) (c) Noem TWEE maniere wat tans die meeste gebruik word om toestelle aan ʼn rekenaar te koppel. (2) 2.2 Die SVE (‘CPU’) en ETG (‘RAM’) is twee van die belangrikste komponente wat in ̓n moederbord voorkom. 2.2.1 ʼn Punt-tot-punt-verbinding tussen hierdie twee komponente is op die moederbord beskikbaar. Wat beteken dit? (1) 2.2.2 Jy het die ETG na 8GB ETG opgradeer. Die rekenaar herken slegs 4GB ETG. Die ETG is korrek geïnstalleer en die ETG is nie foutief nie. Wat kan die probleem wees? (1) 2.2.3 Die EKG-gleuwe word naby die SVE geplaas. Hoekom? (1) 2.2.4 Noem DRIE eienskappe van ETG. (3) 2.2.5 Wat is die naam van die tipe LAG (‘ROM’) wat in die meeste moderne toestelle gebruik word? (1) 2.3 Dreigemente ('Threats') op data kan baie vorme aanneem. 2.3.1 Gee VIER van die algemene kategorieë van bedreigings op data. (4) 2.3.2 Noem en verduidelik EEN tipe sosiale manipulasie (‘social engineering’). (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) 2.4 Een van die kategorieë van stelselprogrammatuur is bedryfstelsels en ʼn bedryfstelsel is noodsaaklik vir ʼn rekenaarstelsel om te funksioneer. Daar is verskeie bedryfstelsels op die mark. 2.4.1 Watter bedryfstelsel sou jy met die volgende logo’s assosieer? (a) (1) (b) (1) 2.4.2 Watter tipe stelsels het gewoonlik Windows RT op hulle geïnstalleer? (1) 2.4.3 Noem die bedryfstelsel wat op toestelle soos die iPhone, iPod Touch of iPad gevind word. (1) TOTAAL AFDELING B: 23 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOIE V2 7 AFDELING C: KOMMUNIKASIE EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 Danksy die beskikbaarheid van gevorderde netwerktegnieke, hoef mense nie meer lang afstande af te lê om inligting te kry of te versprei nie. 3.1 3.1.1 Verduidelik die konsep kommunikasiekanaal of medium. (1) 3.1.2 Noem die TWEE breë kategorieë van kommunikasiekanale of maniere waarop toerusting in ʼn rekenaarnetwerk verbind kan word. (2) 3.1.3 Noem en beskryf DRIE swakhede van UTP-kabels. (3) 3.2 ʼn ‘NIC’ is een van die komponente wat nodig is om ʼn netwerk te stig. 3.2.1 Verduidelik kortliks TWEE rolle wat deur ʼn 'NIC' in ʼn netwerk uitgevoer word. (2) 3.2.2 Die 802.11 beteken dat die NIC vir ’n kabelde netwerk bedoel. Is hierdie stelling waar of onwaar? (1) 3.2.3 In terme van spoed, watter NIC-standaard tussen 802.11g en 802.11n is vinniger? Dui die spoed van elke netwerkstandaard aan. (3) 3.3 3.3.1 Verduidelik die konsep VoIP kortliks (die betekenis van die akroniem is nie nodig nie). (2) 3.3.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van VoIP sagteware. (2) 3.4 Daar is baie verskillende LANs (Lokale Area Netwerk) wat deur besighede gebruik word. 3.4.1 Definieer die konsep topologie. (1) 3.4.2 Noem TWEE hoofvoordele van die gebruik van ʼn sternetwerk. (2) 3.5 3.5.1 Wat is die belangrikste verskil tussen statiese en dinamiese webtuistes? (2) 3.5.2 Noem TWEE voordele van statiese bladsye in vergelyking met dinamiese webbladsye. (2) 3.5.3 Jy kan dikwels sê of 'n bladsy staties of dinamies is, bloot deur na die bladsy se lêeruitbreiding in die URL te kyk, wat in die adresveld van die webblaaier gevind kan word. Noem die lêeruitbreiding wat aandui dat die webblad is: (a) Staties (1) (b) Dinamies (1) TOTAAL AFDELING C: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR VRAAG 4 4.1 4.1.1 Verduidelik die konsep databasis. (1) 4.1.2 (a) Onderskei tussen ʼn verspreide databasis en ʼn gesentraliseerde databasis. (2) (b) Noem TWEE potensiële probleme wanneer ʼn gesentraliseerde databasis gebruik word wat nie die aantal versoeke en gebruikers kan hanteer nie. (2) (c) Waarom is sekuriteit meer kompleks in ʼn verspreide databasis? (1) 4.2 ʼn Geskikte DBBS-stelsel moet geïnstalleer word. 4.2.1 Verduidelik kortliks hoe ʼn bediener DBBS-sagteware werk. (4) 4.2.2 Wat is die algemene term wat aan versoeke of oproepe, van kliënte aan die DBBS, gegee word? (1) 4.3 Noem DRIE funksies van ʼn Unix-administrateur, behalwe die installering van die DBMS-sagteware. (3) 4.4 Produkte/items word in 'n klein winkeltjie verkoop. ʼn Databasis word benodig om die verskaffer se besonderhede en die voorraad/produkte se inligting te stoor. Die databasis het die volgende tabelle: tblSuppliers tblProducts SupplierID ProductID SupplierName ProductName ContactNumber SupplierID DeliveryDay OrderUnit DeliveryCost UnitPrice PercDiscount 4.4.1 Teken die bostaande tabelle in jou ANTWOORDEBOEK. Skep ʼn verwantskap tussen die twee tabelle en dui die tipe verwantskap wat bestaan, aan. (2) 4.4.2 Teken ʼn ER-diagram om die verwantskap tussen die entiteite/tabelle aan te dui. Wys die tipe verwantskap tussen die entiteite. (4) 4.5 ʼn Swak ontwerpte databasis sal tot potensiële probleme of foute lei. 4.5.1 Gee EEN naam wat aan moontlike foute in databasisontwerp gegee word. (1) 4.5.2 Noem en verduidelik DRIE potensiële foute wat in databasisontwerp gevind kan word. (3) TOTAAL AFDELING D: 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOIE V2 9 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 5.1 Dit is baie belangrik om te verstaan hoe tekslêers gebruik word as ʼn bron van toevoer in programmering en in databasisse. 5.1.1 Skryf die lêernaam-uitbreiding, csv volledig uit. (1) 5.1.2 Verduidelik die doel van die volgende: (a) Reset(tf); (1) (b) Rewrite(tf); (1) 5.2 Noem DRIE tipes foute wat jy kan ervaar wanneer jy programme skryf. (3) 5.3 Veranderlikes kan deur verskillende dele van ʼn program gebruik word, afhangende van waar hulle in die program verklaar is. Dit word die veranderlike omvang of omvang van ʼn veranderlike genoem. 5.3.1 Noem en verduidelik DRIE tipes omvang van veranderlikes. (6) 5.3.2 Die leeftyd van ʼn veranderlike of hoe lank ʼn veranderlike in ʼn program bestaan word die duur van ʼn veranderlike genoem. Onderskei tussen 'Local duration' en 'Static duration'. (2) 5.4 Skryf die resultaat van elk van die volgende funksies neer. sLine = ‘I love programming’; 5.4.1 iPos := Pos(‘o’, sLine); (1) 5.4.2 iL := Length(sString); (1) 5.4.3 sWord := Copy(sString, 3,4); (1) 5.4.4 iPosSpace := Pos(‘ ‘, sString); (1) 5.4.5 sWord := Copy(sString, iPosSpace+1, 8); // Gebruik iPosSpace wat in VRAAG 5.4.4 bereken word. (1) 5.5 Onderskei tussen elemente en indekse in ʼn skikking. (2) 5.6 Noem VIER maniere om elemente in ʼn skikking te vul. (4) TOTAAL AFDELING E: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 Jy sal vind dat verskillende mense en bronne verskillende aspekte van die impak en bydrae van IKT beklemtoon. Sommige mag selfs die impak van IKT as baie negatief sien. 6.1 Die effektiewe gebruik van IKT en die implementering van IKT-projekte binne ʼn land en samelewing word deur sekere faktore bepaal. 6.1.1 Noem enige DRIE faktore wat tot die effektiewe gebruik van IKT en implementering van IKT-verwante projekte bydra. (3) 6.1.2 Noem DRIE faktore wat die gebruik van IKT in ʼn land kan beperk. (3) 6.1.3 Verduidelik die konsep beperkings kortliks. (2) 6.1.4 Noem TWEE funksies van ʼn netskans (‘firewall’). (2) 6.2 Outomatisering is wanneer take uitgevoer word sonder dat mense benodig word. Outomatiese take kan vinniger en meer akkuraat uitgevoer word as wanneer menslike werkers dit doen, maar benodig baie beplanning en ontwikkeling om te verseker dat dit goed werk. Onderskei tussen robotika en kantoor-outomatisering. (2) 6.3 Noem enige DRIE take van ʼn netwerk-administrateur. (3) 6.4 Wat is die TWEE hoofkategorieë van tegnieke vir die bestuur van netwerkgebruik? (2) 6.5 Tegnologie het dit moontlik gemaak om die wêreld as ʼn dorp te beskou weens die toenemende gemak en spoed van kommunikasie en die vinnige beskikbaarheid van inligting in alle media tipes. 6.5.1 Noem enige DRIE tendense of faktore wat globalisering beïnvloed. (3) 6.5.2 Verduidelik die volgende kortliks: (a) Aanlyn-bank (‘Online banking’) (1) (b) ‘E-learning’ (1) 6.6 6.6.1 Beskryf kortliks wat ‘DNS’ is (die betekenis van die akroniem is nie nodig nie). (1) 6.6.2 Noem die organisasie wat die taak het om seker te maak dat URL’s uniek is en vertrou kan word. (1) 6.6.3 Verduidelik wat met DNS-vergiftiging bedoel word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOIE V2 11 6.7 Digitale sertifikate word gereeld gebruik. 6.7.1 Wat is die doel van ʼn digitale sertifikaat? (1) 6.7.2 Hoe lank is ʼn digitale sertifikaat geldig? (1) 6.8 Data speel 'n belangrike rol in ons lewens en die samelewing as ʼn geheel. Dit beteken dat enige bedreiging vir ons data ʼn verreikende en verwoestende gevolg kan hê. 6.8.1 Noem VIER maniere hoe mense foute kan maak en die verlies van data kan veroorsaak. (4) 6.8.2 Veduidelik die doel van ‘disk imaging’. (2) 6.8.3 Noem TWEE funksies van ʼn OKT (‘UPS’). (2) 6.9 Meer en meer mense rugsteun data op ʼn bediener op die Internet (die wolk). Noem TWEE voordele van die rugsteun van data op ʼn bediener op die Internet deur van aanlyn-stoordienste gebruik te maak. (2) TOTAAL AFDELING F: 38 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com   

Study this subject

More from Grade 11 Information Technology

View all