Skip to content

Information Technology Grade 11 P1 2019 QP (Afr)

Question paperInformation TechnologyGrade 11201913 pages

Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IINFTE1* Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL VIER afdelings beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 4. Jou programme moet op só ʼn manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 5. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van ʼn programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 6. Stoor jou werk gereeld. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. 7. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. Doen die volgende:  Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.  Klik op die 'Extract'-knoppie.  Sleutel die volgende wagwoord in: Gr11&ScL19 Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids DataNov2019 beskikbaar wees: Vraag 1: Vraag 3: Vraag1_u.pas Vraag3_u.pas Vraag1_u.dfm Vraag3_u.dfm Vraag1_p.dpr Vraag3_p.dpr Vraag1_p.res Vraag3_p.res Vraag 4: Vraag 2: Vraag4_u.pas Vraag2_u.pas Vraag4_u.dfm Vraag2_u.dfm Vraag4_p.dpr Vraag2_p.dpr Vraag4_p.res Vraag2_p.res verkope.txt dbConnection_u.pas TechShop.mdb TechShopBackUp.mdb Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3 VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE Jy is deur die skool se skryfbehoeftewinkelbestuurder gevra om ʼn aanlyn winkel as ʼn alternatief te ontwikkel. Doen die volgende:  Maak die onvoltooide program in die Vraag 1-lêergids oop.  Sleutel jou naam as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_u.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.  Volg die instruksies om die kode vir VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 te voltooi. ʼn Voorbeeld van die GGK ('GUI') word hieronder gegee: 1.1 Knoppie [V1.1 – Begin Koop] Kliënte word vereis om ʼn wagwoord te hê voordat hul kan begin koop. Hulle sal slegs hul van in die 'edit box'-komponent (edtnaam) insleutel. Skryf kode wat ʼn wagwoord, wat uit die eerste drie karakters van die van bestaan sowel as ʼn ewekansige getal tussen 1 en 1034 (albei ingesluit), sal genereer. Skryf kode om die wagwoord in ʼn boodskap te vertoon. Voorbeeld van afvoer as die van 'Simons' ingesleutel word: (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) 1.2 Knoppie [V1.2 – Plaas in Mandjie] Die gebruiker moet ʼn produk uit die 'radio group'-komponent rpgKeuse kies en dan die hoeveelheid wat benodig word in die spinedit, sedHoeveel, insleutel. Die hoeveelheid van die gekose produk moet met die produk se eenheidsprys vermenigvuldig word om die totaal wat verskuldig is, te bereken. Eenheidspryse word as konstante waardes in die program gegee: Potlood = R12,00, Pen = R25,00, Sakrekenaar = R154,00 Vertoon die resultate in netjiese kolomme in die 'richedit'-komponent redFaktuur, soos in die voorbeeld afvoer aangedui word. LET WEL: Kode om die spasiëring en opskrifte te vertoon, word verskaf. Kliënte kan meer as een produk kies en dus moet die totale bedrag bereken word deur die totaal van elke produk te gebruik. Die totale bedrag word in Vraag 1.4 gebruik. (Wenk: Gebruik die gegewe globale veranderlike, rGrootTotaal). Voorbeeld van afvoer as 5 swart balpuntpenne en 2 HB potlode bestel is: (13) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5 1.3 Knoppie [V1.3 – Verifieer Kaart] Kode moet geskryf word om te toets of die bankkaartnommer wat die kliënt ingesleutel het, geldig is. Die 'edit'-komponent, edtKaart het ʼn masker ('editmask') wat sal verseker dat die ‘-‘ -karakter korrek tussen 4 stelle van 4 syfers geplaas word. ʼn Kaart is geldig as een van die syfers: 0,1,2,3,4,5,6,7,8 en 9 as een van die stel van 4 syfers ingesleutel word. Voorbeeld van ʼn bankkaartnommer: Jy moet kode skryf wat sal toets of daar ander karakters, wat nie syfers tussen 0 en 9 in die kaartnommer is nie. As die kaart geldig is, dan moet die fontstyl van die knoppie, btnV1_4, na vetgedruk gestel word. As die kaartnommer ongeldig is, dan moet ʼn gepaste boodskap vertoon word. (15) 1.4 Knoppie [V1.4 – Gaan voort na betaling] Die totaal verskuldig vir al die produkte wat die kliënt wil koop, moet in die 'richedit', redFaktuur, vertoon word formateer as geldeenheid met twee desimale plekke. Voorbeeld van afvoer as 5 penne en 2 potlode bestel word: (4)  Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. [38] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 2: DATABASISMANIPULASIE Hierdie vraag bestaan uit sub-vrae 2.1 tot 2.4. Die volgende notas is van toepassing op al die vrae:  Jy mag NIE die gegewe programkode verander of kode by voeg NIE.  Goeie programmeringstegnieke vanuit eerste beginsels moet toegepas word.  GEEN punte sal vir vaskodering toegeken word NIE. Gebruik kontrole-strukture en veranderlikes waar nodig.  GEEN FILTERS MAG GEBRUIK WORD NIE. Jou skool se skryfbehoeftewinkel het uitgebrei om tegniese verkope soos selfone en ander kantoorbenodighede in te sluit. ʼn Databasis is vir hierdie doel ontwerp en alle bestellings is in een tabel aangeteken. ʼn Tabel met die naam Bestellings word in die databasis TechShop.mdb verskaf. ʼn Voorbeeld van rekords van die tabel word hieronder vertoon: Die ontwerpaansig van die Bestellings tabel, insluitende die datatipes, word hieronder vertoon: LET WEL:  Konneksiekode word verskaf.  Wanneer die Herstel Databasis-knoppie geklik word, word die data in die databasis na die oorspronklike data herstel.  Die naam van die tabel wat in jou kode gebruik moet word, is tblBestel, wat ʼn TADOTable-objek is wat met die databasis verbind is. Doen die volgende:  Kompileer en voer die program in die Vraag 2-gidslêer uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit.  Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_u.pas lêer.  Voltooi die kode vir elke vraag soos dit in Vraag 2 beskryf word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7 2.1 Knoppie [V2.1 – Meer as 5] Vertoon die name van al die produkte waar die hoeveelhede wat bestel is, meer as 5 is. Vertoon die uitslae in die 'richedit', redVertoon. Voorbeeld van afvoer: (6) 2.2 Knoppie [V2.2 – Verander EEN produk] Daar is ʼn bestelling met ʼn Produk-naam wat 'none' in die databasistabel is. Dit is as gevolg van ʼn fout wat tydens toevoer plaasgevind het. Skryf kode om die Produk se naam van ‘none’ na ‘Lenova Yoga 3’ te verander. LET WEL: Daar is slegs EEN bestelling met hierdie fout. Voorbeeld van afvoer: (9) 2.3 Knoppie [V2.3 – Desember bestellings] Skryf kode om die totale aantal produkte wat in Desember bestel is, te vertoon. Alle datums is in die volgende formaat, “jjjj-mm-dd”. Die totaal moet in die 'richedit', redVertoon, vertoon word. Voorbeeld van afvoer: (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) 2.4 Knoppie [V2.4 – Verwyder Klient] Die gebruiker sal ʼn KlientID uit die kombinasielys, cmbklient, kies. Jy moet kode skryf wat al die rekords uit die tabel sal verwyder waar die KlientID dieselfde is as wat die gebruiker gekies het EN die Aflewering 'Normal' is. Voordat die rekord verwyder word, moet die KlientID van die rekord wat verwyder gaan word, in die 'richedit', redVertoon, vertoon word, As geen rekord verwyder moet word nie, vertoon ʼn boodskap in die 'richedit': “Geen bestellings is gekanselleer nie”. Voorbeeld van afvoer as KlientID AG-10330 gekies is: Voorbeeld van afvoer as KlientID CC-12550 gekies is: (13)  Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. [38] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9 VRAAG 3: SKIKKINGS EN SUBPROGRAMME Die skryfbehoeftewinkel wil ʼn verslag van voorraad vertoon. Die program in die VRAAG 3 gidslêer bevat twee globale skikkings, arrItem en arrQty. ArrItem bevat 10 name van items asook die hoeveelhede wat by die voorraadgetalle van elke item, bygevoeg moet word. Die skikking, ArrQty, bevat die ou hoeveelheid wat vir elke item beskikbaar is en elke indeks stem ooreen met die indeks van arrItem. Byvoorbeeld, die eerste item van arrQty bevat die huidige aantal rooi balpuntpenne in voorraad, wat drie penne is. 3.1 Skryf ʼn prosedure, SorteerEnVertoon, wat albei skikkings, arrItem en arrQty, sal sorteer. Die skikkings moet in alfabetiese volgorde volgens arrItem gesorteer word. Die metode moet albei skikkings, in netjiese kolomme, in die 'richedit' met die naam redAfvoer, vertoon (arrItem gevolg deur arrQty). (15) 3.2 'OnCreate event handler' van frmVraag3 Die arrItem skikking bevat die item se naam asook die nuwe hoeveelhede wat by die voorraad van elke item bygevoeg moet word. Skryf kode om die hoeveelhede in die arrItem te verwyder en die getalle by die hoeveelhede in voorraad in arrQty, by te voeg. Roep die SorteerEnVertoon metode om die skikkings in die 'richedit' te vertoon. Voorbeeld van afvoer: (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) 3.3 Skryf ʼn funksie met die naam KryNuweHoeveelheid wat TWEE heelgetal (‘integer’) parameters ontvang en ʼn heelgetal waarde (‘integer’) terugstuur. Een parameter is ʼn heelgetal wat die hoeveelheid items in voorraad verteenwoordig. Die tweede parameter is ʼn heelgetal wat die persentasie waarmee die voorraadhoeveelheid verminder moet word verteenwoordig. Die funksie moet ʼn heelgetal terugstuur wat die nuwe verminderde voorraadhoeveelheid sal wees, gebaseer op die volgende reël: Voorraadhoeveelheid kan nie met ʼn breuk verminder word nie. Jy moet eers die getal na die laagste heelgetal afrond. TOEVOER PROSESSERING AFVOER Resultaat Hoeveelheid Resultaat wat Hoeveelheid Persentasie na wat afgetrek funksie moet Voorraad Afname berekening moet word terugstuur Voorbeeld 35 10 3.5 3 32 1 Voorbeeld 42 4 1.68 1 41 2 Voorbeeld 20 12 2.4 2 18 3 (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11 3.4 Knoppie [V3.4 – Voorraadafname] Na ʼn maand se verkope sal die voorraadhoeveelheid verminder. Skryf kode wat die gebruiker sal vra om ʼn heelgetal in ʼn toevoerkomponent in te lees, wat die persentasie waarmee die voorraad sal afneem sal, voorstel. Die voorraadhoeveelhede van al die items moet dan met die persentasie verminder word. Maak gebruik van die globale skikking, arrQty en die KryNuweHoeveelheid metode wat in VRAAG 3.3 geskryf is. (Die arrQty skikking moet met die nuwe hoeveelhede opdateer word deur die KryNuweHoeveelheid metode te gebruik.) Roep die SorteerEnVertoon metode wat jy in VRAAG 3.1 geskryf het, om die inligting in die 'richedit' te vertoon, om jou oplossing te toets. Voorbeeld van afvoer as die voorraadhoeveelheid met 12 persent verminder word: (7)  Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. [38] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 4: TEKSLÊER-MANIPULASIE ʼn Lys van al die verkoopsinligting van die skryfbehoeftewinkel is in die tekslêer, verkope.txt, gestoor. Die uitleg van een reël in die tekslêer is soos volg: kliëntnaam;item wat verkoop is;hoeveelheid wat verkoop is;eenheidsprys van item LET WEL: Elke item in ʼn reël in die tekslêer word geskei deur ʼn semikolon (;). Knoppie [V4 – Analiseer Verkope] ʼn Gebruiker moet ʼn itemnaam uit die kombinasielys, cmbItem, kies. Skryf die volgende kode:  Toets of die tekslêer verkope.txt bestaan en stop die metode as die lêer nie bestaan nie.  Onttrek die itemnaam uit die kombinasielys.  Lees ʼn reël uit die tekslêer.  Toets of die item wat gekies is in ʼn reël in die tekslêer is.  As dit gevind is, dan moet jy: o Die kliënt se naam en itemnaam onttrek. o Die hoeveelheid wat verkoop is en die eenheidsprys uit die reël onttrek. o Die koste bereken wat die kliënt moet betaal (eenheidsprys vermenigvuldig met die hoeveelheid wat verkoop is). o Die totaal van al die aankope bereken. (Dit sal later gebruik word) o Die naam van die kliënt en die totaal vir die spesifieke kliënt in die 'richedit' redVertoon vertoon. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 13 Skryf kode om te toets of ʼn tekslêer met die itemnaam, wat in die kombinasielys gekies is, bestaan.  As die tekslêer bestaan, skryf kode om die tekslêer voor te berei om reëls by te voeg.  As die tekslêer nie bestaan nie, dan moet kode geskryf word om die tekslêer te skep. Gebruik die itemnaam van die kombinasielys as die nuwe lêernaam. Skryf kode om ʼn reël by die tekslêer te voeg gebruik die volgende formaat: Vandag se datum#totaal van al die verkope Voorbeeld van afvoer in die 'richedit' as 'Desk' in die kombinasielys gekies is: Voorbeeld van die tekslêer, Desk.txt:  Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. [36] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Information Technology

View all