Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2014
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 





View all





Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2014 QP
Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 459.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC November Exam 2014
Questions in this paper
- Question 1.1Systems Technologies1 marks
- Question 1.2Systems Technologies1 marks
- Question 1.3Systems Technologies1 marks
- Question 1.4Social Implications1 marks
- Question 1.5Solution Development and Software Engineering1 marks
- Question 1.6Systems Technologies1 marks
Show all 15 questions
- Question 1.7Systems Technologies1 marks
- Question 1.8Systems Technologies1 marks
- Question 1.9Systems Technologies1 marks
- Question 1.10Solution Development and Software Engineering1 marks
- Question 2Systems Technologies25 marks
- Question 3Systems Technologies25 marks
- Question 4Database Design and SQL25 marks
- Question 5Solution Development and Software Engineering25 marks
- Question 6Social Implications40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/November 2014
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Meervoudigekeuse-vrae (10)
AFDELING B: Stelseltegnologieë (25)
AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (25)
AFDELING D: Data- en Inligtingbestuur (25)
AFDELING E: Ontwikkeling van Oplossings (25)
AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (40)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Die puntetoekenning gee gewoonlik 'n aanduiding van die getal feite wat in
jou antwoord verskaf moet word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/November 2014
NSS
AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
VRAAG 1
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.1 Watter EEN van die volgende is NIE 'n voorbeeld van 'n bedryfstelsel NIE?
A Microsoft Windows 8
B Microsoft Office
C iOS
D Ubuntu (1)
1.2 Watter EEN van die volgende toestelle is nodig om kommunikasie tussen
netwerke toe te laat?
A Roeteerder ('Router')
B Skakelaar ('Switch')
C Spil ('Hub')
D Responskol ('Hot spot') (1)
1.3 Konvergensie ('Convergence') verwys na ...
A tegnologie wat altyd aan is.
B tegnologie wat nie aan bedrade konneksies gekoppel hoef te wees nie.
C funksionaliteite van baie toestelle wat in een ingebou is.
D die vermoë van mobiele toestelle om met mekaar te koppel. (1)
1.4 'n Trojaanse perd ('Trojan horse') is ...
A 'n kwaadwillige program wat as 'n onskuldige toepassing vermom is.
B programmatuur wat probeer om toepassings wat jy op jou rekenaar
gebruik, te monitor en op te spoor
C programmatuur wat opspring-advertensies aflaai en vertoon wanneer
jou rekenaar aan die Internet gekoppel is.
D 'n voorbeeld van toepassingsprogrammatuur. (1)
1.5 Die ... vertaal 'n hele program na masjientaal voordat dit uitgevoer word.
A kompileerder/saamsteller ('compiler')
B interpreteerder
C vertaler ('translator')
D bedryfstelsel (1)
1.6 Watter EEN van die volgende stellings is NIE waar NIE?
A 'n Interaktiewe webblad kan kode bevat wat uitgevoer kan word.
B Flits-webtoepassings ('Flash-applets') kan deel van 'n statiese webblad
wees.
C 'n Statiese webblad kan interaktief wees.
D Facebook is 'n dinamiese webtuiste. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/November 2014
NSS
1.7 'n Inpropprogram ('Plug-in') is ...
A stelselprogrammatuur wat alle aktiwiteite beheer wat in 'n rekenaar
plaasvind.
B programmatuur wat funksionaliteit by 'n program voeg.
C programmatuur wat die bedryfstelsel toelaat om met 'n apparatuurtoestel
te kommunikeer en dit te beheer.
D 'n stoorarea wat die bedryfstelsel vir eie gebruik reserveer. (1)
1.8 'n Organisasie se privaat netwerkomgewing wat uit dokumente en hulpbronne
bestaan wat met die organisasie se besigheid verband hou, staan as hulle …
bekend.
A Ethernet
B ekstranet
C intranet
D Internet (1)
1.9 Die BTAS ('BIOS') is vir ... verantwoordelik.
(i) primêre geheuebestuur
(ii) die beheer van apparatuur
(iii) alle logiese verwerking in 'n rekenaar
(iv) die opspoor en laai van die bedryfstelsel
A (i) en (ii)
B (ii) en (iv)
C (iii) en (iv)
D (i) en (iii) (1)
1.10 Die volgende algoritme toets of 'n waarde groter as 50 en kleiner of gelyk aan
60 is. Die algoritme word met 'n aantal toevoerwaardes getoets.
Watter stel toevoerwaardes vir die veranderlike Grootte sal veroorsaak dat
die finale waarde van die veranderlike BinneInterval op 'True' gestel sal
wees?
Reël
1 Lus
2 Grootte Lees Getal
3 BinneInterval False
4 If Grootte > 50 En Grootte <= 60 Dan
5 BinneInterval True
A 49, 53, 50
B 51, 57, 61
C 50, 54, 60
D 51, 55, 59 (1)
TOTAAL AFDELING A: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/November 2014
NSS
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
Jou skool is besig om 'n oudit van die tegnologie in die skool te doen. Besluite oor die
opgradering en vervanging van verskeie tegnologieë sal op die uitslag van hierdie
oudit gebaseer word.
2.1 Die apparatuur in die rekenaarlaboratorium is as deel van die ouditproses
gekontroleer. Daar is voorgestel dat die ETG ('RAM') van die rekenaars in die
laboratorium opgegradeer word.
2.1.1 Wat is die doel van ETG ('RAM')? (2)
2.1.2 Gee TWEE redes waarom dit dalk nie moontlik is om die ETG
('RAM') van ou rekenaars op te gradeer nie. (2)
2.2 Mobiele toestelle word vir navorsingsdoeleindes by die skool gebruik. Die
vasteware ('firmware') van mobiele toestelle word in leesalleengeheue (LAG)
('ROM') gestoor.
2.2.1 Gee EEN rede waarom LAG ('ROM') gebruik word om vasteware
('firmware') te stoor. (1)
2.2.2 Gee TWEE redes waarom dit voordelig is om vasteware
('firmware') op 'n mobiele toestel op te gradeer. (2)
2.2.3 Die skool is teen perkbreking ('jail breaking') van mobiele toestelle
gewaarsku.
Verduidelik wat perkbreking ('jail breaking') in hierdie konteks
beteken. (2)
2.3 Jou skool wil graag opvoedkundige toepassings wat vir mobiele toestelle en
tafelrekenaars ontwikkel is, gebruik.
2.3.1 Hoëvlaktale word algemeen gebruik om sagtewaretoepassings te
ontwikkel.
Wat is die voordele wanneer 'n programmeerder 'n hoëvlak-
programmeringstaal in plaas van 'n laevlakprogrammeringstaal
gebruik? (2)
2.3.2 Noem EEN uitdaging waarvoor ontwikkelaars te staan kom
wanneer hulle programmatuurtoepassings vir mobiele toestelle
ontwerp. (1)
2.3.3 Sommige sagtewaretoepassings word as oopbronprogrammatuur
('open-source software') geklassifiseer.
Verduidelik wat met oopbronprogrammatuur bedoel word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/November 2014
NSS
2.4 Die Internet word deur leerders gebruik om navorsing te doen en dit kan baie
tyd in beslag neem.
2.4.1 Beskryf hoe webkasberging ('web-caching') die webdeurblaai-
proses vinniger kan maak. (2)
2.4.2 Beskryf 'n ander soort kasberging ('caching') wat die werkverrigting
van 'n rekenaarstelsel kan verbeter. (2)
2.5 Jou skool wil die wolk ('cloud') gebruik om administratiewe data te stoor.
2.5.1 Verduidelik wat met die stoor van data in die wolk bedoel word. (2)
2.5.2 Motiveer waarom dit problematies kan wees as die skool slegs die
wolk gebruik om hulle administratiewe data te stoor.
Noem TWEE probleme wat kan voorkom as deel van jou
motivering. (2)
2.6 Om interaktiewe leer aan te moedig word tegnologie wat gedra kan word,
soos interaktiewe brille, ondersoek.
2.6.1 Noem EEN voordeel van interaktiewe brille. (1)
2.6.2 Noem EEN soort tegnologie wat in interaktiewe brille gebruik word. (1)
2.6.3 Waarom, dink jy, word die gebruik van interaktiewe brille in
sommige werksplekke verbied? (1)
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/November 2014
NSS
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
Gedurende die ouditproses is daar vasgestel dat jou skool 'n kabelnetwerk en 'n
kabellose netwerk gebruik om apparatuurhulpbronne te deel.
3.1 Sommige aspekte moet vir die ouditeurs uitgeklaar word.
3.1.1 Gee TWEE redes om 'n netwerk te hê, behalwe om apparatuur-
hulpbronne te deel. (2)
3.1.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n stertopologie vir die
deel van die netwerk met kabels. (2)
3.1.3 Gee TWEE redes waarom veseloptiese kabels nie die beste opsie
vir 'n skool se netwerk is nie. (2)
3.1.4 Beskryf kortliks die rol van 'n toegangspunt in 'n kabellose
netwerk. (1)
3.2 VoIP is een van die protokolle wat deur die skool se netwerk gebruik word.
Motiveer die noodsaaklikheid van VoIP in 'n interaktiewe leeromgewing. (2)
3.3 Jou skool gebruik 'n ADSL-Internetkoppeling.
3.3.1 Gee TWEE redes waarom ADSL as die beste Internetkoppelings-
opsie vir die skool beskou kan word. (2)
3.3.2 Noem enige ander geredelik beskikbare Internetkoppeling wat deur
die skool gebruik kan word. (1)
3.3.3 'n Netskans ('firewall') voorkom ongemagtigde aanlyntoegang van
buite die skool se netwerk.
Stel TWEE ander maatreëls voor wat ingestel kan word om
ongemagtigde aanlyntoegang te voorkom. (2)
3.4 Baie onderwysers verkies om hulle persoonlike mobiele toestelle te gebruik
om e-pos oor die skool se kabellose netwerk te stuur en te ontvang.
3.4.1 'Push'-tegnologie word gebruik om e-posse met 'n mobiele toestel
te stuur en te ontvang. Verduidelik wat 'push'-tegnologie is. (2)
3.4.2 E-pos-aanhangsels word gewoonlik nie outomaties op mobiele
toestelle afgelaai nie.
Gee TWEE redes waarom dit die geval is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/November 2014
NSS
3.5 Onderwysers word aangemoedig om podsendings/potgooie ('podcasts') van
hulle lesse te skep om e-leer te bevorder.
Wat is 'n podsending? (2)
3.6 Sommige leerders gebruik GPS-tegnologie in hulle skoolprojekte.
3.6.1 Wat gebruik 'n GPS-toestel om 'n spesifieke ligging te bepaal? (1)
3.6.2 Gee TWEE voorbeelde van hoe leerders GPS-tegnologie as deel
van hulle skoolprojekte kan gebruik. (2)
3.7 Leerders skep persoonlike-area-netwerke in die klaskamer om hulle
navorsing te doen.
Noem TWEE nuttige toepassings van 'n persoonlike-area-netwerk wanneer
navorsing gedoen word. (2)
TOTAAL AFDELING C: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/November 2014
NSS
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR
VRAAG 4
Die ouditproses het getoon dat 'n databasis om data vir die snoepwinkel te stoor,
ontwerp en geïmplementeer moet word.
4.1 Kwaliteit data word as toevoer vir die databasis vereis.
4.1.1 Verduidelik kortliks die verskil tussen data en inligting. (2)
4.1.2 Noem en beskryf kortliks DRIE eienskappe van kwaliteit data. (3)
4.2 Jou skool het 'n pos vir 'n databasisadministrateur geadverteer.
4.2.1 Noem TWEE pligte van 'n databasisadministrateur. (2)
4.2.2 Aansoekers vir die pos as databasisadministrateur moet kennis
van SQL-voegingsaanvalle ('injection attacks') hê.
Verduidelik kortliks hoe SQL-voeging as 'n kuberkraakhulpmiddel
('hacking tool') gebruik kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/November 2014
NSS
4.3 Daar is voorgestel dat die Snoepwinkel-databasis twee tabelle moet bevat –
een tabel, met die naam VerskaffersTb, moet data oor die verskaffers bevat
en die ander een, met die naam BestellingsTb, moet data oor al die items
wat by die verskaffers bestel is, bevat.
Die voorgestelde tabelle se strukture is soos volg:
VerskaffersTb
Sleutel Veld se naam Datatipe
VerskafferID AutoNumber
Naam Text
KontakNommer Text
BestellingsTb
Sleutel Veld se naam Datatipe
ItemNaam Text
VerskafferID Number
EenheidsPrys Number
DatumBestel Date/Time
HoeveelheidBestel Number
AfleweringsDatum Date/Time
AfleweringsKoste Currency
4.3.1 Verduidelik kortliks hoekom die voorgestelde Snoepwinkel-
databasis 'n relasionele databasis is. (1)
4.3.2 Gebruik die voorgestelde tabelstrukture en skryf SQL-stellings vir
elk van die volgende navrae:
(a) Vertoon die inhoud van die BestellingsTb (al die velde) in
dalende volgorde volgens die hoeveelheid items wat bestel is. (3)
(b) Vir elke item, vertoon die naam van die item, die
eenheidsprys, die hoeveelheid wat bestel is en die totale
koste van die bestelling in 'n nuwe veld met die naam
TotaleKoste.
LET WEL: Totale koste is 'n berekende veld en word
bereken deur die eenheidsprys met die
hoeveelheid wat bestel is, te vermenigvuldig. (3)
(c) Vermeerder die eenheidsprys vir al die rekords in die
BestellingsTb-tabel met 5%. (3)
(d) Verwyder al die rekords uit die BestellingsTb waar die
bestellingsdatum voor 1/1/2013 is. (2)
(e) Vertoon die naam van die verskaffer, kontaknommer en naam
van die item vir al die aflewerings wat in 2015 sal aankom. (4)
TOTAAL AFDELING D: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/November 2014
NSS
AFDELING E: ONTWIKKELING VAN OPLOSSINGS
VRAAG 5
Die ouditeure het voorgestel dat nuwe programmatuur ontwikkel moet word om
leerderinligting te bestuur.
5.1 Die volgende GGK ('GUI') word tans gebruik om 'n gebruiker toe te laat om
leerders se inligting in te lees.
5.1.1 Lewer kritiese kommentaar op DRIE ontwerpaspekte van die
gegewe GGK waarop in die nuwe stelsel verbeter moet word. (3)
5.1.2 Identifiseer 'n komponent op die gegewe GGK en 'n gebeurtenis
('event') van daardie komponent wat in 'n gebeurtenisgedrewe
oplossing gebruik kan word. (2)
5.2 Datavalidering is 'n belangrike tegniek wat gebruik word om te verseker dat
toevoerdata geldig is.
'n Gebruiker moet 'n sekuriteitskode van VIER karakters intik wat EEN
alfabetiese karakter en DRIE syfers bevat. Die eerste karakter moet alfabeties
wees, byvoorbeeld D845.
Gebruik pseudokode en skryf 'n algoritme om die kode te valideer vir die
regte formaat nadat die kode ingelees is.
LET WEL: Gebruik ten minste EEN lus as deel van jou oplossing. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/November 2014
NSS
5.3 Objek-georiënteerde programmering (OOP) sal in die ontwerp van die nuwe
programmatuur gebruik word.
5.3.1 Verduidelik die konsep van enkapsulering in objek-georiënteerde
programmering. (1)
5.3.2 'n Ontwerp vir 'n Leerder-klas word vir die skool se administratiewe
program benodig.
Teken 'n verenigdemodelleringstaal-diagram (VML) ('Unified
Modelling Language' [UML]) vir 'n objekklas met die naam Leerder
en sluit die volgende in:
• Naam- en Ouderdomattribute met geskikte datatipes
• Konstruktor sonder parameters
• Mutatormetode vir die Naamattribuut
LET WEL: Dui ook die toeganklikheid van die attribute en
metodes aan. (5)
5.4 'n Sekuriteitseienskap van die nuwe programmatuur sal 'n kontrolesyfer
gebruik. Die syfer word geskep deur die getal faktore van die gebruikerskode
te tel.
'n Faktor van 'n gegewe getal is 'n getal wat in die gegewe getal ingedeel kan
word sonder 'n res.
Die algoritme hieronder, wat in pseudokode geskryf is, bepaal die getal
faktore wat 'n gegewe getal het.
Reël
1 Getal 4
2 Tel 1
3 GetalFaktore 0
4 Terwyl Tel <= Getal
5 As Getal modulus Tel = 0 Dan
6 GetalFaktore GetalFaktore + 1
7 Tel Tel + 1
8 Vertoon GetalFaktore
LET WEL: Die uitslag van die modulusbewerking is die res wanneer 'n getal
deur 'n ander getal gedeel word.
Gebruik die volgende opskrifte om 'n naspeurtabel in jou
ANTWOORDEBOEK te trek en te voltooi wat aandui hoe die inhoud van die
veranderlikes verander terwyl die stappe van die gegewe algoritme
nagespeur word. Gebruik soveel reëls as wat jy nodig het.
Getal Tel GetalFaktore Tel <= Getalmodulus Vertoon
Getal? Tel = 0 ?
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/November 2014
NSS
5.5 'n Algoritme moet ontwerp word vir 'n program om 'n leerder se punte te
bestuur. 'n Reël pseudokode wat 'n skikking met punte vul, is hieronder
verskaf.
Gebruik pseudokode en skryf 'n algoritme om die skikking met punte in
dalende volgorde te sorteer.
arrPunte (67,65,78,83,67,72,65) (5)
TOTAAL AFDELING E: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/November 2014
NSS
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SCENARIO
Na die implementering van die voorstelle uit die ouditproses, word jou skool as
een van die toonaangewende skole in terme van die gebruik van IKT ('ICT') beskou.
Die skool het 'n e-leer-poort ('portal') waar onderwysers leermateriaal kan oplaai en
leerders op 'n interaktiewe basis toegang tot hierdie materiaal kan verkry. 'n
IT-tegnikus is aangestel om hulp met die nuwe tegnologie te verleen.
6.1 Die verskillende departemente in die skool is almal in 'n netwerk verbind en
gebruik 'n sentrale bediener soos in die diagram hieronder aangedui.
6.1.1 'n Kliënt-bediener-netwerk word tans gebruik.
Gee TWEE redes waarom 'n kliënt-bediener-netwerk 'n beter opsie
as 'n eweknie-netwerk sal wees. (2)
6.1.2 Noem TWEE apparatuureienskappe van 'n bediener wat aansienlik
verskil van dié van 'n tafelrekenaar. (2)
6.1.3 Die skool se bediener gebruik virtualisasie om verskillende
bedieners op 'n enkele fisiese bediener te laat werk.
(a) Gee EEN voorbeeld van virtualisasieprogrammatuur. (1)
(b) Verduidelik hoe verskillende bedryfstelsels deur verskillende
virtuele bedieners op dieselfde fisiese bediener gebruik kan
word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/November 2014
NSS
6.2 Die skool bedryf 'n dinamiese webtuiste wat dikwels met nuus en foto's van
skoolgeleenthede opgedateer word.
6.2.1 Die skool se webtuiste stel 'n RSS-toevoer beskikbaar.
Noem TWEE redes waarom 'n RSS-toevoer nuttig is. (2)
6.2.2 Die webtuiste gebruik verliesende kompressie ('lossy
compression') vir die foto's wat opgelaai word.
Verduidelik die konsep verliesende kompressie. (1)
6.2.3 Baie leerders en ouers kyk na die skool se webtuiste op hulle
mobiele toestelle.
Op watter TWEE maniere kan die mobiele weergawe van die
webtuiste van die standaardweergawe verskil? (2)
6.2.4 Die hoof het gehoor dat Web 3.0 die mees onlangse evolusie in
webtuistes is.
Hoekom sal 'n skool 'n Web 3.0-tuiste in plaas van 'n Web 2.0-
tuiste verkies? (2)
6.3 Ouers kan skoolgeld aanlyn deur die skool se webtuiste betaal. Die skool se
webtuiste gebruik enkripsie om te verseker dat die besonderhede van ouers
veilig is.
6.3.1 Hoe kan ouers vasstel dat die skool se webtuiste veilig is uit die
inligting op hulle webdeurblaaiers? (1)
6.3.2 Beskryf kortliks wat enkripsie is. (2)
6.3.3 Ouers word aangemoedig om 'sterk' wagwoorde te gebruik.
Gee TWEE riglyne wat ouers kan volg om sterk wagwoorde te
skep. (2)
6.4 Die skool het by 'n sosialemedia-webtuiste aangesluit.
6.4.1 Noem TWEE maniere waarop die skool voordeel sal trek uit 'n
teenwoordigheid op 'n sosialemedia-webtuiste. (2)
6.4.2 Hoekom sal die skool leerders waarsku oor die plaas van
persoonlike inligting, soos telefoonnommers en adresse, op hulle
profiele? (2)
6.4.3 Noem TWEE maniere waarop die skool kan verseker dat sy
aanvaarbaregebruiksbeleid (AGB/'AUP') geïmplementeer sal word
wanneer die sosialemedia-webtuiste gebruik word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 16 DBE/November 2014
NSS
6.5 Die meerderheid onderwysers gebruik nou e-leer om hulle onderrig en leer te
verbeter.
6.5.1 Noem TWEE maniere waarop e-leer vir die leerder voordelig kan
wees. (2)
6.5.2 Lesvideo's word beskikbaar gestel wat afgelaai of gestroom
('stream') kan word.
Wat is die verskil tussen aflaai en stroom? (2)
6.5.3 Jou skool beplan lewendige uitsendings van hersieningslesse in
Wiskunde.
Noem TWEE vereistes van konnektiwiteit om 'n lewendige
uitsending suksesvol aan te bied. (2)
6.6 Leerders en onderwysers word aangemoedig om mobiele toestelle soos
slimfone en tablette vir onderrig en leer te gebruik.
6.6.1 Noem TWEE maniere waarop mobiele tegnologie onderrig en leer
kan verbeter. (2)
6.6.2 Herlaaibare batterye voorsien krag aan mobiele toestelle.
Noem TWEE tegnieke wat gebruik word om die batteryleeftyd van
hierdie toestelle te verleng. (2)
6.7 Die skool se IT-tegnikus telependel ('telecommutes') op sekere dae.
Telependelary ('Telecommuting') beteken om tegnologie te gebruik om van
die huis af te werk in plaas daarvan om werklik self by die werksplek
teenwoordig te wees.
6.7.1 Noem TWEE hulpmiddels/tegnologieë wat telependelary
('telecommuting') moontlik maak. (2)
6.7.2 Identifiseer EEN moontlike uitdaging van telependelary
('telecommuting') wat nie met tegnologie verband hou nie. (1)
6.8 Jou skool ondersoek die opsie om Sagteware as 'n Diens ('Software as a
Service [SaaS]') te gebruik om toegang tot toepassings vir die ontwikkeling
van e-leer-hulpbronne te verskaf.
Motiveer, deur TWEE redes te gee, hoekom dit tot jou skool se voordeel sal
wees om 'SaaS' te gebruik. (2)
TOTAAL AFDELING F: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2014 QP

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2014 Memo

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2014 Memo

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2014 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2019 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum