Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2012
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 120
TYD: 3 uur
*INFDM1*
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2012 papers 
_hlayiso.com_--b01ed5f1-5f75-4fc7-b2fd-4e612399ea0a/v1-e8832ca52cf944938194/card.webp)




View all





Information Technology Grade 11 P1 2012 QP (Afr)
Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 963.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape November 2012
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van
hierdie eksamen is dit belangrik om kennis te neem dat jy NIE toegelaat sal
word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te
verlaat nie.
2. Jy het die onderstaande lys lêers nodig om die vrae te beantwoord. Dit sal
op ʼn stiffie OF ʼn CD aan jou verskaf word OF die toesighouer/onderwyser
sal vir jou sê waar om dit op die hardeskyf van die werkstasie wat jy
gebruik, te vind OF in watter netwerklêergids (‘network folder’) dit is.
VRAAG 1
Snoepie.mdb
Verskaffers.txt
Voorraad.txt
Vraag1_UX.pas
Vraag 1_PX.dpr
Vraag 1_UX.dfm
VRAAG 2
Voorraad.txt
Vraag 2_UX.pas
Vraag 2_UX.dfm
Vraag 2_PX.dpr
VRAAG 3
Vraag 3_UX.pas
Vraag 3_UX.dfm
Vraag 3_PX.dpr
Indien jy die lêers hierbo op ʼn stiffie of CD ontvang het, skryf jou naam en
van op die etiket.
3. Stoor jou werk met gereëlde tussenposes as ʼn voorsorgmaatreël teen
kragonderbrekings.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur. Moenie meer doen as wat die vrae vereis
nie.
5. Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die handleidings wat
oorspronklik saam met die apparatuur en programmatuur verskaf is. Jy
mag ook die HELP-funksies van die programmatuur gebruik. Jy mag NIE
enige ander hulpbronmateriaal gebruik nie.
6. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy die skyf met al jou werk
daarop gestoor, inlewer OF jy moet seker maak dat al jou werk op die
hardeskyf/netwerk gestoor is soos deur die toesighouer/onderwyser aan jou
verduidelik is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
7. Jy moet ook drukstukke inhandig van die programmeringskode van al die
vrae wat jy gedoen het.
8. Al die drukwerk van die programmeringskode sal binne ʼn uur nadat die
eksamen afgehandel is, plaasvind.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
SCENARIO
Die snoepie is ʼn baie winsgewende besigheid en vereis dat dit op die regte
manier bestuur word. Die tipe voorraad asook watter verskaffers gebruik
word is belangrike besluite wat gedurigdeur gemaak moet word. Aangesien
jy ʼn diens aan die leerders verskaf moet pryse redelik wees en wins moet nie
altyd die hoofdoelwit wees nie, maar wel gesonde voedselkeuses.
VRAAG 1 DATABASIS EN DELPHI
Die databasis,Snoepie.mdb, wat inligting oor die bostaande scenario bevat, is in
die lêergids Vraag 1 gestoor.
Twee tekslêers Verskaffers.txt en Voorraad.txt word verskaf ingeval jy nie die
databasis kan gebruik nie. Gebruik die tekslêers om jou eie databasis
Snoepie.mdb te skep met ʼn Verskaffers-tabel en ʼn Voorraad-tabel. Verander
die datatipes volgens die spesifikasies wat hieronder gegee word. Skep ʼn een-tot-
een-relasie tussen die Verskaffers-tabel en die Voorraad-tabel.
Die Verskaffers-tabel bevat inligting oor die verskillende verskaffers. Die tabel het
die volgende velde:
Die onderstaande tabel is ʼn voorbeeld van die data in die Verskaffers-tabel in die
Snoepie.mdb databasis.
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2012)
Die Voorraad-tabel bevat inligting oor die verskillende voorraad wat verkoop of in
die snoepie gebruik word. Die tabel het die volgende velde:
Die onderstaande tabel is ʼn voorbeeld van die data in die Voorraad-tabel in die
Snoepie.mdb databasis.
Jy is ook voorsien van ʼn onvolledige Delphi-program met die naam Vraag1_PX in
die lêergids Vraag 1. Maak die onvolledige program oop.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
Die program moet in staat wees om met die databasis genoem
Snoepie.mdb te verbind.
Wanneer jy VRAAG 1.1 doen, en vind dat die verbinding nie plaasvind nie,
gebruik die volgende stappe om verbinding met die databasis te laat
plaasvind:
Kliek op die ADOQuery-komponent genoem qryTuckshop.
Kliek op die ‘Ellipse’-knoppie (drie kolletjies) regs van die ‘Connection
String’-eienskap in die ‘Object Inspector’.
Kliek op die ‘Build’-knoppie wat jou na die ‘Data Link Properties’-
dialoogblokkie neem.
Kies ‘Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider’ en kliek op ‘Next’.
Die eerste opsie op die ‘Connection tab sheet’ laat jou toe om die
Snoepie.mdb-lêer te vind.
Verwyder die gebruikersnaam Admin.
Kliek op die ‘Test Connection’-knoppie.
Kliek OK op elkeen van die oop dialoogvensters.
NOTA: As jy glad nie konnektiwiteit met die databasis kan bewerkstellig wanneer
jy die program uitvoer nie, moet jy nogtans die SQL-kode doen en dit
inhandig om nagesien te word.
Punte sal slegs toegeken word vir die kode wat die SQL-stellings in die
Vraag1_UX eenheid bevat asook kode wat van die ‘inputbox’ gebruik maak.
1.1 Voltooi die kode in die Alle Verskaffers-knoppie deur ʼn SQL-stelling te
formuleer wat al die besonderhede wat in die Verskaffers gestoor is, sal
vertoon. Vertoon die afvoer volgens die Verskaffer.
Voorbeeld van afvoer:
(3)
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2012)
1.2 Voltooi die kode vir die Lekkers-knoppie deur ʼn SQL-stelling te formuleer
om die beskrywing en eenheidprys van al die lekkers (‘sweets’) wat in die
snoepie verkoop word, te vertoon.
Voorbeeld van afvoer van die eerste paar rekords:
(3)
1.3 Voltooi die kode vir die Skyfies van Way 2 Go-knoppie deur ʼn SQL-stelling
te formuleer om al die verskillende skyfies (‘chips’) te vertoon wat deur die
verskaffer ‘Way 2 Go’ voorsien word.
Voorbeeld van afvoer:
(4)
1.4 Voltooi die kode vir die Verskaffer?-knoppie deur ʼn SQL-stelling te
formuleer wat al die inligting sal vertoon van die verskaffer soos deur die
gebruiker ingelees word. Maak gebruik van ʼn ‘InputBox’-komponent om die
VerskafferNo in te voer.
Voorbeeld van afvoer as die VerskafferNo SIMBA is:
(4)
1.5 Voltooi die kode vir die Drinkgoed-knoppie deur ʼn SQL-stelling te formuleer
wat die Verskaffer, Beskrywing en Eenheidsprys sal vertoon van al die
drinkgroed wat die woorde ‘drink/water/juice’ bevat.
LW: Die tabelle sal met ʼn geskikte ‘where’-klousule verbind moet word om
dit te kan doen.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
1.6 Voltooi die kode in die Lekkergoed Verskeidenheid-knoppie deur ʼn SQL-
stelling te formuleer wat sal bepaal hoeveel verskillende tipes lekkers
(‘sweets’) in die snoepie verkoop word. Vertoon met ʼn geskikte opskrif.
Voorbeeld van afvoer:
(4)
1.7 Voltooi die kode in die BTW-knoppie deur ʼn SQL-stelling te formuleer, wat
die BTW (14%) sal bereken wat op die eenheidsprys betaal moet word.
Vertoon die Voorraadid, tipe, beskrywing, eenheidsprys en die berekende
veld BTW.
Voorbeeld van afvoer van die eerste paar rekords:
(6)
1.8 Voltooi die kode in die Nuwe Verskaffer-knoppie deur ʼn SQL-stelling te
formuleer wat ʼn nuwe verskaffer sal byvoeg. Vertoon al die inligting in die
Verskaffer tabel nadat die verandering gemaak is.
Nuwe Verskaffer se inligting:
VerskafferNo: RJSALE
Verskaffer: RJ SALES
Adres: 21 Union Ave
KontakNo: 0437211895 (5)
Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die leer met die
naam Vraag1_UX.pas wat die SQL-stellings bevat.
Stoor die eenheid (‘unit’) Vraag1_UX en die projek Vraag1_PX (File|Save All).
ʼn Drukstuk van die kode van die Vraag1_UX.pas-lêer sal vereis word. [36]
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2012)
VRAAG 2 DELPHI PROGRAMMERING
Die Graad 11-komiteelede is verantwoordelik om pouses in die snoepie te help met die
verkope. Hulle word op ʼn weeklikse basis geroteer. In die program moet jy die lede
verdeel vir hulle snoepiediens asook belangrike berekeninge doen met betrekking tot die
voorraad in die snoepie. Die voorraad se inligting is in ʼn tekslêer gestoor en die
komiteelede se name kan in arrLeerders gevind word. Die kode om die inligting uit die
tekslêer te verkry is reeds geskryf en inligting is in die skikking (array) arrItems gestoor.
Moenie die kode verander of verwyder nie.
arrItems se inhoud lyk soos volg: Naam van Item,Eenhede,Eenheidsprys
2.1 Skryf ʼn prosedure Items wat die inhoud van arrItems skei sodat die Naam
van die Item in arrItem gestoor word, eenhede in arrEenheid en die Prys per
Item in arrPrys. (10)
2.2 Skryf kode vir die Bereken Kostes-knoppie wat die prosedure Items sal
roep. Dit moet ook unieke hoeveelhede genereer (tussen 1 en 20), die
bedrag sonder BTW bereken, die bedrag insluitend BTW (14%) asook die
verkoopsprys per item. Die wins moet ook bereken word as al die
voorraad verkoop word.
Vertoon die inligting en bedrae (afgerond na twee desimale plekke) in
kolomme in die ‘richedit’-komponent.
(17)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
2.3 Skryf kode vir die Snoepiediens-knoppie wat die komiteelede se name in
alfabetiese volgorde sal sorteer. Die gesorteerde name moet dan in groepe
van vyf gegroepeer word om oor ʼn tydperk van vier weke te werk.
(13)
Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die lêer met die
naam Vraag2_UX.pas.
Stoor die eenhede (‘unit’) Vraag2_UX en die projek Vraag2_PX (File|Save All).
ʼn Drukstuk van die kode van die Vraag2_UX.pas-lêer sal vereis word. [40]
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2012)
VRAAG 3 DELPHI PROGRAMMERING
Die Onderwysdepartement vereis inligting van die Graad Elf leerders om die
registrasieproses te begin in voorbereiding van die Graad Twaalf eindeksamen.
Die leerders moet hulle identiteitsnommers inhandig; baie keer word daar foute
gemaak en hierdie program kan die probleme oplos.
3.1 3.1.1 Skryf ʼn funksie LengteID wat die ID-nommer ontvang as ʼn parameter
en ʼn ‘boolean’-waarde terugstuur wat aandui of die ID-nommer die
korrekte lengte is. Alle Suid-Afrikaanse identiteitsnommers moet uit
13 karakters bestaan. (4)
3.1.2 Skryf ʼn prosedure Geboortedatum wat die ID-nommer ontvang as ʼn
parameter en die geboortedatum, in die YYYY/MM/DD-formaat sal
terugstuur. Die eerste ses karakters van ʼn identiteitsnommer verwys
na YYMMDD. (8)
3.1.3 Skryf ʼn funksie Geslag wat die ID-nommer ontvang as ʼn parameter
en dan die waarde M of F terugstuur. Die sewende karakter van ʼn
identiteitsnommer verwys na die geslag. As die syfer kleiner as 5 is
(0 tot 4) dan is die persoon vroulik en as die syfer tussen 5 en 9
(insluitend) is dan is die persoon manlik. (5)
3.1.4 Skryf ʼn funksie geldig wat die ID-nommer ontvang as ʼn parameter en ʼn
‘boolean’-waarde terugstuur. ʼn ID-nommer word soos volg getoets:
ID-nommer 8001015009087 as ʼn voorbeeld:
Tel al die karakters in die onewe posisies bymekaar (behalwe die
laaste karakter)
8 + 0 + 0 + 5 + 0 + 0 = 13
Die karakters in die ewe posisies moet met 2 vermenigvuldig word
011098 * 2 = 22196
Tel al die karakters bymekaar nadat dit vermenigvuldig is
2 + 2 + 1 + 9 + 6 = 20
Tel die antwoorde van stap 1 en stap 2 bymekaar
13 + 20 = 33
Trek die tweede karakter af van 10
10 – 3 = 7
As die antwoord dieselfde is as die laaste karakter van die ID-
nommer dan is die ID-nommer geldig, anders is dit verkeerd.
7 = 7 ID-NOMMER IS GELDIG
Afvoervoorbeeld op volgende bladsy. (5)
3.2 Skryf kode vir die Lees Identiteitsnommer In ‘EventHandler’ wat die
gebruiker vra om ʼn ID-nommer in te lees deur middel van ʼn ‘InputBox’
komponent. As die ID-nommer nie uit 13 karakters bestaan nie, moet ʼn
boodskap vertoon word en die gebruiker moet weer gevra word om ʼn ID-
nommer in te lees totdat dit uit 13 karakters bestaan.
Die ID-nommer moet dan getoets word en as dit geldig is, moet ʼn boodskap
in die ‘richedit’-komponent vertoon word. Die geboortedatum asook die
geslag moet bepaal word en ook in die ‘richedit’-komponent vertoon word. As
die ID-nommer verkeerd is, moet ʼn boodskap in die ‘richedit’-komponent
vertoon word. (14)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11
Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die lêer met die
naam Vraag3_UX.pas.
Sav Stoor die eenheid (‘unit’) Vraag3_UX en die projek Vraag3_PX
(File|Save All ll).
ʼn Drukstuk van die kode van die Vraag3_UX.pas-lêer sal vereis word. [44]
Voorbeeld:
VERKEERDE HOEVEELHEID KARAKTERS:
KORREKTE ID-NOMMER:
FOUTIEWE ID-NOMMER:
TOTAAL: 120
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2012 QP (Eng)
_hlayiso.com_--b01ed5f1-5f75-4fc7-b2fd-4e612399ea0a/v1-e8832ca52cf944938194/card.webp)
Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2012 Memo

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2012 Memo

Question paper
Information Technology Grade 11 2012 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 2012 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2012 QP (Eng)
More from Grade 11 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 November Mock 2026 Memo

Annual teaching plan
Gr 11 Info Tech ATP 2023 24

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2022 Memo (Afr)

Memorandum