Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2013
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers _hlayiso.com_--79176144-7925-452f-8ab1-5b73afaf8bf3/v1-1fcecc11c73f1bbfde53/card.webp)
_hlayiso.com_--39c6924d-e4a6-4dd6-a725-a88b53a4dcd8/v1-f4f2f9e0a9ae7ed80046/card.webp)
_hlayiso.com_--7ba8aeb4-7a2e-4653-bbfb-c163593d67d6/v1-c1a47061f77f4c3dcb87/card.webp)
_hlayiso.com_--541c84c9-79a2-409a-a626-cb4433d4db80/v1-93b6b193f2f27240487f/card.webp)
_hlayiso.com_--b52b8a79-6a41-4d13-80fa-cb639f81951c/v1-b326698f8fe303823d80/card.webp)

View all





Information Technology Grade 11 P2 2013 QP (Afr)
Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 770.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape November 2013
Questions in this paper
- Question 1.1Networks and communication1 marks
- Question 1.2Networks and communication1 marks
- Question 1.3Systems technologies1 marks
- Question 1.4Systems technologies1 marks
- Question 1.5Operating systems and processing1 marks
- Question 1.6Systems technologies1 marks
Show all 16 questions
- Question 1.7Systems technologies1 marks
- Question 1.8Operating systems and processing1 marks
- Question 1.9Systems technologies1 marks
- Question 1.10Social implications1 marks
- Question 1.11Systems technologies10 marks
- Question 2Systems technologies28 marks
- Question 3Networks and communication25 marks
- Question 4Social implications17 marks
- Question 5Database programming27 marks
- Question 6Operating systems and processing33 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (NOVEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE EN PAS DIE KOLOMME BYMEKAAR
VRAAG 1
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in
die antwoordeboek neer, byvoorbeeld 1.21 C.
1.1 Die volgende is topologieë wat vandag in netwerke gebruik word:
A Ring
B Ster
C Bus
D Al bogenoemde (1)
1.2 Veseloptiese kabel gebruik ... om seine te stuur.
A koper
B glas
C aluminium
D Geeneen van bogenoemde (1)
1.3 ʼn Interne bus:
A Koppel drukkers aan alleenstaande PC’s
B Kom in verskillende tipes, soos data, instruksie en adres
C Stoor die resultate van berekeninge wat in die SVE plaasvind
D Kommunikeer sleuteldrukke met die CMOS (1)
1.4 Watter is NIE ʼn deel van die rekenaar wat opgegradeer kan word NIE?
A SVE
B RAM
C Moederbord
D Kasgeheue (1)
1.5 Wat is NIE ʼn voorbeeld van ʼn verwerkingstipe nie?
A Multithreading
B Multitaakverwerking
C MultiRAM
D Multiverwerking (1)
1.6 Watter van die volgende stellings is waar?
A 123.0.1.260 is ʼn geldige IP-adres
B ʼn IP-adres word gebruik om die grootte van ʼn IP-pakkie aan te dui
C www.blog.co.nl is ʼn voorbeeld van ʼn webtuiste in Suid-Afrika
D 192.168.3.220 is ʼn geldige IP-adres (1)
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (NOVEMBER 2013)
1.7 ʼn UPS...
A word gebruik om beperkte alternatiewe krag in die geval van ʼn
kragonderbreking te voorsien.
B staan vir Universal Power Supply.
C is ʼn tipe konnekteerder wat vir sleutelborde gebruik word.
D word gebruik om twee netwerke te koppel. (1)
1.8 Wat vorm deel van die GUI-koppelvlak?
A System tray, Werkoppervlak (Desktop) en Beheerpaneel (Control Panel)
B Beheerpaneel (Control Panel), Start-knoppie en Kortpaaie (Shortcuts)
C Drukkers, Beheerpaneel (Control Panel) en System Tray
D Kortpaaie (Shortcuts), Ikone en die Werkoppervlak (Desktop) (1)
1.9 DIMM is ʼn akroniem vir...
A Double Inline Memory Module.
B Dual Inline Memory Module.
C Dual Inline Memory Map.
D Double Iteration Memory Module. (1)
1.10 In watter EEN van die volgende gevalle kan die mens suksesvol deur ʼn
rekenaar vervang word?
A ʼn Argitek wat ʼn gebou ontwerp
B ʼn Persoon wat kaartjies by ʼn parkeerarea uitdeel
C Die bestuurder van ʼn multi-nasionale maatskappy
D ʼn Modeontwerper wat ʼn nuwe kledingstuk ontwerp (1)
1.11 Pas KOLOM A met die korrekte antwoord in KOLOM B. Skryf slegs die
vraagnommer (1.11.1–1.11.10) en die ooreenstemmende letter (A–L) in
KOLOM B in jou antwoordeboek neer, byvoorbeeld 1.11.11 M.
KOLOM A KOLOM B
1.11.1 SMTP A Skype
1.11.2 AI B Sentrale Verwerkingseenheid
1.11.3 Eweknie C Oordrag van lêers oor die Internet
1.11.4 Sosiale D Tegniek wat gebruik word om die
netwerke hoeveelheid toevoerfoute te verminder
1.11.5 Data E Protokol verantwoordelik vir die stuur van
validasie pos
1.11.6 Cookies F Tekslêer wat op jou rekenaar gestoor word
deur ʼn webtuiste
1.11.7 VoIP G Tipe RAM
1.11.8 CPU H Die studie van toestelle wat menslike
intelligensie naboots
1.11.9 FTP I Virtuele gemeenskap wat via die Internet
kommunikeer en interaksie het
1.11.10 Symbian J Anti-virus programmatuur
K Gebruik en voorsien netwerkhulpbronne
L Mobiele bedryfstelsel
(10 x 1) (10)
TOTAAL AFDELING A: 20
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5
SCENARIO
Jy is die posisie as IKT-bestuurder van ʼn nuwe winkelsentrum aangebied. Geen
IKT-infrastruktuur is egter in plek nie. Jou taak is om met die implementering van
IKT in die winkelsentrum te help.
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIE
VRAAG 2
Gedurende die verloop van jou werk, vergader jy met argitekte, elektrisiëns,
winkeleienaars en baie ander mense wat by die winkelsentrum betrokke is. By
een vergadering raai jy die winkeleienaars aan om die rekenaars wat hul besit, op
te gradeer.
Jy vertel hulle: “Opgradering, as gevolg van die PC se modulêre ontwerp sal nie
so duur wees nie.”
2.1 Verduidelik wat modulêre ontwerp beteken. (2)
2.2 Jy verduidelik dat die winkels moderne toevoertoestelle moet gebruik ten
einde te reflekteer dat die winkelsentrum deftig is. Wat is ʼn toevoertoestel?
Gee TWEE voorbeelde. (3)
2.3 Primêre geheue word meer gereeld opgradeer. Noem DRIE verskille
tussen SRAM en DRAM. (3)
2.4 Behalwe vir RAM, noem DRIE ander komponente wat BINNE die
rekenaarkas opgradeer kan word. (3)
2.5 Iemand begin oor kasgeheue praat. Beskryf wat kasgeheue in terme van
die SVE is. (4)
2.6 Waar kan mens nog van kasberging gebruik maak? Noem TWEE areas. (2)
2.7 Rekenaars ondersteun gewoonlik inprop-en-speel (plug and play) wat dit
nog makliker maak om op te gradeer. Verduidelik die term inprop-en-speel
(plug and play). (3)
2.8 ʼn Moederbord het twee bustipes, naamlik die Stelselbus (of interne/front-
side-bus) en ʼn Eksterne bus. Beskryf die Stelselbus volledig en verduidelik
waarom dit in moederbordspesifikasies genoem word. (4)
Dit kan gebeur dat die rekenaar nie die nuwe toestel of adapter card wat gekoppel
is, herken nie, omdat die drywer nie gevind kan word nie.
2.9 Wat is ʼn drywer? (2)
2.10 Hoe kan hierdie probleem opgelos word? (2)
TOTAAL AFDELING B: 28
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (NOVEMBER 2013)
AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIEË EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
By ʼn vergadering saam met die belanghebbendes van die winkelsentrum, begin jy
besprekings om die hele winkelsentrum aan ʼn netwerk te koppel. Een persoon
wat niks van netwerke weet nie, begin vrae vra.
3.1 Sy vra: “Waarom moet die hele winkelsentrum aan ʼn netwerk moet
gekoppel word?” Verduidelik aan haar VYF hoofvoordele om ʼn netwerk te
gebruik. (5)
Die vergadering begin redeneer dat dit duur gaan wees om al die hardeware wat
nodig is vir die implementering van ʼn netwerk in die winkelsentrum in te sluit.
3.2 Verduidelik wat vir elke rekenaar nodig is om aan ʼn netwerk gekoppel te
word. (4)
Een van die lede noem dat hy gehoor het dat buitestaanders hul netwerkverkeer
afluister wanneer hulle UTP-kabels gebruik.
3.3 Lys die tekortkominge van UTP-kabels. (4)
Een van die geboue is ver vanaf die ander in die winkelsentrum. Die eienaar van
hierdie winkel is bekommerd oor konnektiwiteit.
3.4 Die gebou is 150 m van die winkelsentrum af. Noem TWEE
konneksiesmetodes wat gebruik kan word om die gebou aan die res van die
netwerk te koppel. (2)
3.5 Indien spoed ʼn faktor in bogenoemde vraag sou wees, watter EEN van die
konneksiemetodes sal jy aanbeveel? Motiveer jou antwoord. (2)
3.6 Die winkelsentrum dek ʼn area van 200 m by 350 m, alles in EEN straatblok.
As watter tipe netwerk word hierdie beskou? LAN of WAN? (1)
ʼn Baie prominente winkeleienaar vra oor die sekuriteit van die netwerk. Jy stel
aan die vergadering voor om ʼn kliënt-bediener model in gebruik te neem.
3.7 Noem die ander model wat gebruik kan word as die netwerk klein was. (1)
3.8 Gebruik ʼn tabel om SES aspekte van hierdie twee modelle te vergelyk. (6)
TOTAAL AFDELING C: 25
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
4.1 Die volgende punt van bespreking in die vergadering is oor hoe die
algemene databestuur van die winkelsentrum gaan lyk. Dit sal die
huurbestuur, huurheffings, huurders, ens., alles insluit.
4.1.1 Beskryf die verskil tussen data en inligting. (2)
Daar is besprekings oor watter DBMS om te gebruik.
4.1.2 Waarvoor staan DBMS? (1)
4.1.3 Noem VIER DBMS-pakkette. (4)
4.2 Jy begin nou ʼn bespreking oor datasekuriteit. Jy bespreek kwaadwillige
bedreigings, sowel as rugsteun-strategieë. Gee omvattende definisies van
die volgende:
4.2.1 Rekenaarvirus (3)
4.2.2 Gemorspos (Spam) (1)
4.2.3 Spyware (3)
4.2.4 Strikroof (Phishing) (3)
TOTAAL AFDELING D: 17
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (NOVEMBER 2013)
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
Jy en jou span ontwerp programmatuur vir die winkelsentrum. Jy gebruik ʼn
programmeringstaal wat OOP ondersteun en ʼn databasis kan insluit.
5.1 Die databasis bevat ʼn aantal kenmerke soos tabelle, navrae, vorms en
verslae. Jou sekretaresse het die taak ontvang om ʼn databasis van die
winkeleienaars in die winkelsentrum op te stel. Die hooftabel, genoem
tblWINKELEIENAARS in die databasis, moet die belangrike inligting oor
die winkeleienaars bevat.
5.1.1 Gee DRIE moontlike velde wat in hierdie tabel gebruik kan word,
asook hul datatipes en veldgroottes waar nodig. (3)
5.1.2 Toe jy die tabel tblWINKELEIENAARS skep, het die
toepassingsprogram voorgestel dat jy ʼn primêre sleutel moet skep
of dit toelaat om een te skep. Wat is die doel van ʼn primêre
sleutel? (2)
5.1.3 Gee ʼn gepaste veld wat ʼn primêre sleutel kan wees. Regverdig
jou antwoord. (2)
5.2 ʼn Winkeleienaar vra jou om programmatuur vir sy gimnasium in die
winkelsentrum te skryf. Die programmatuur het ʼn databasis in die
agtergrond. Die programmatuur moet die name van die gimnasiumlede
vanaf die databasistabel in ʼn skikking inlees en ʼn funksie gebruik om ʼn lid
lukraak te kies wat dan ʼn prys sal kry.
5.2.1 Skryf ʼn algoritme neer wat hierdie taak sal kan verrig. (8)
Die databasis se naam is WINKELSENTRUM_GIM terwyl die tabel in die
databasis se naam LEDE is. Jy is gevra om ʼn paar SQL-kodes te skryf wat
sommige inligting vanuit die databasis onttrek.
5.2.2 Skryf SQL-kode om al die velde uit die tabel te vertoon, gesorteer
in alfabetiese volgorde volgens die VAN-veld. (3)
5.2.3 Skryf SQL-kode om die VAN, NAAM, ID_NO, LID_NO en
VOLLEDIG_BETAAL velde van al die lede wat volledig betaal het,
te vertoon, gesorteer volgens die LID_NO veld. (5)
5.3 Waarvoor staan OOP? (1)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9
5.4 ʼn Programmeerder probeer om die volgende afdeling van ʼn algoritme te
implementeer:
1 tel ← 0
2 nom1 ← 1
3 toevoer nom2
4 totaal ← nom1 + nom2
5 while tel < totaal
6 res ← totaal/tel
7 afvoer res
8 tel ← tel + 1
9 eindigwhile
Wanneer hierdie algoritme gekodeer en uitgevoer word, kom ʼn kritieke fout
voor.
5.4.1 Dui aan wat die fout sal wees asook die nommer(s) van die reëls
waar die fout voorkom. (2)
5.4.2 Hoe sal hierdie fout reggestel kan word? (1)
TOTAAL AFDELING E: 27
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (NOVEMBER 2013)
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
Al die winkels is nou in ʼn LAN verbind. Die eienaars is baie opgewonde oor die
nuwe verbinding en vind ʼn klomp innoverende maniere om hierdie tegnologie te
gebruik om hul omset te verbeter en beter wins te maak.
6.1 Daar is ʼn groot debat in die IT-werkswinkel aan die gang. Een van die
junior tegnikusse, wat pas uit die skool is, begin vrae vra.
6.1.1 Hy het gehoor van multitaakverwerking en vra wat dit is. Beskryf
in jou eie woorde wat jy van die term multitaakverwerking verstaan. (3)
6.1.2 Verduidelik hoe multithreading werk en gee ʼn voorbeeld daarvan. (4)
6.2 Terwyl een van jou junior tegnikusse besig is om die dokumentasie van ʼn
hardeware komponent wat hy besig is om in ʼn nuwe rekenaar te installeer,
lees, praat die dokument van IRQ’s.
6.2.1 Waarvoor staan IRQ? (1)
6.2.2 Hoe werk ʼn IRQ? (3)
6.3 Jy het gelees dat RAM sy inhoud verloor wanneer die krag af is en dat ROM
nie sy inhoud verloor nie.
Met dit in gedagte, verduidelik breedvoerig hoe dit moontlik is vir ʼn rekenaar
om te laai? (boot) (5)
6.4 ʼn Rekenaar wat pas opgestel is vir ʼn argitek, besit 4GB RAM. Die argitek
hardloop AutoCAD, Photoshop en MS Office. Wanneer al hierdie
programme in die RAM gelaai is, neem dit 8.7GB se spasie in beslag!
6.4.1 Met hierdie inligting en deur na virtuele geheue te verwys,
verduidelik hoe dit kan werk. (4)
6.4.2 Wat is thrashing en hoe kan dit gekorrigeer word? (4)
6.5 Die winkeleienaars maak goed gebruik van die Internet en al die dienste wat
dit bied. Virusse is altyd ʼn probleem.
6.5.1 Lys DRIE maniere hoe ʼn gebruiker se aksies kan lei tot ʼn virus wat
via die netwerk op die gebruiker se rekenaarsisteem kom. (3)
6.5.2 Wat is ʼn anti-virus opdatering (update) en waarom moet dit
uitgevoer word? (2)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11
6.6 Een winkeleienaar vra jou om MS Office op haar rekenaar vanaf ʼn
gekopieerde skyf te installeer. Jy sê vir haar dat dit teen die wet is omdat
MS Office eiendomsregtelike programmatuur (proprietary software) is.
6.6.1 As wat staan die kopiëring van eiendomsregtelike programmatuur
bekend? (1)
6.6.2 Verduidelik wat eiendomsregtelike programmatuur beteken. (2)
6.6.3 Daar is gratis programmatuur beskikbaar. Gee ʼn voorbeeld van ʼn
gratis bedryfstelsel. (1)
TOTAAL AFDELING F: 33
GROOTTOTAAL: 150
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--79176144-7925-452f-8ab1-5b73afaf8bf3/v1-1fcecc11c73f1bbfde53/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2013 QP (Eng)
_hlayiso.com_--39c6924d-e4a6-4dd6-a725-a88b53a4dcd8/v1-f4f2f9e0a9ae7ed80046/card.webp)
Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2013 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--7ba8aeb4-7a2e-4653-bbfb-c163593d67d6/v1-c1a47061f77f4c3dcb87/card.webp)
Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2013 Memo (Eng)
_hlayiso.com_--541c84c9-79a2-409a-a626-cb4433d4db80/v1-93b6b193f2f27240487f/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2013 QP (Eng)
_hlayiso.com_--b52b8a79-6a41-4d13-80fa-cb639f81951c/v1-b326698f8fe303823d80/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2013 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2020 QP (Afr)
More from Grade 11 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 November Mock 2026 Memo

Annual teaching plan
Gr 11 Info Tech ATP 2023 24

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2022 Memo (Afr)

Memorandum