Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2013
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers _hlayiso.com_--541c84c9-79a2-409a-a626-cb4433d4db80/v1-93b6b193f2f27240487f/card.webp)
_hlayiso.com_--79176144-7925-452f-8ab1-5b73afaf8bf3/v1-1fcecc11c73f1bbfde53/card.webp)
_hlayiso.com_--d4755231-d447-4cf8-9d22-3e718148fe11/v1-6f32b9fbf902d71e50c6/card.webp)



View all





Information Technology Grade 11 P1 2013 QP (Afr)
Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 979.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape November 2013
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om kennis te neem dat jy NIE toegelaat sal word om
die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat NIE.
2. Jy het die onderstaande lys lêers nodig om die vrae te beantwoord. Dit sal op
ʼn CD aan jou verskaf word OF die toesighouer/onderwyser sal vir jou sê waar
om dit op die hardeskyf van die werkstasie wat jy gebruik, te vind OF in watter
netwerklêergids (‘network folder’) dit is:
VRAAG 1
Vraag1_U.pas
Vraag1_P.dpr
Vraag1_U.dfm
VRAAG 2
Biblioteek.mdb
Vraag2_U.pas
Vraag2_U.dfm
Vraag2_P.dpr
VRAAG 3
Boeke.txt
Vraag3_U.pas
Vraag3_U.dfm
Vraag3_P.dpr
VRAAG 4
Vraag4_U.pas
Vraag4_P.dpr
Vraag4_U.dfm
3. Stoor jou werk met gereëlde tussenposes as ʼn voorsorgmaatreël teen
kragonderbrekings.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur. Moenie meer doen as wat die vrae vereis
nie.
5. Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die handleidings wat
oorspronklik saam met die apparatuur en programmatuur verskaf is. Jy mag
ook die HELP-funksies van die programmatuur gebruik. Jy mag NIE enige
ander hulpbronmateriaal gebruik NIE.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
SCENARIO
ʼn Biblioteek is ʼn belangrike bron van inligting, al is rekenaars en tegnologie so
bekombaar. Daar is verskeie tipe boeke beskikbaar in ʼn biblioteek, soos fiksie,
naslaanboeke asook tydskrifte en sommige biblioteke het selfs video’s/CD’s/DVD’s.
VRAAG 1: DELPHI PROGRAMMERING
Alle leerders mag gebruik maak van die rekenaars in die biblioteek vir navorsingdoeleindes.
Hulle mag vir ʼn sekere aantal minute werk; afhangende van hul graad. Leerders sal met ʼn
eenmalige gebruikernaam (‘username’) en wagwoord verskaf word.
Maak die Vraag1_U.pas en Vraag1_P.dpr lêers oop en voltooi die program.
Die leerders moet hul naam en van intik sowel as hul graad selekteer. Hulle moet ook aandui
of hul aan ʼn taak werk. Indien dit die geval is, kan hul verniet hul werk druk; anders moet hul
R0,40 per bladsy betaal, as hulle ander werk wil druk.
Om die gebruikernaam te skep moet hul van en voorletters gebruik word.
Die wagwoord is ʼn ewekansige gegeneerde getal tussen 1 en 1 000 000.
Die toegelate tyd op die rekenaar hang af van die graad waarin die leerder is.
Gr 8 en Gr 9: 15 minute; Gr 10: 20 minute; Gr 11: 25 minute en Gr 12: 30 minute.
Voltooi die kode vir die ‘Registreer’ knoppie om soortgelyke uitvoer te verskaf:
Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die lêer.
Stoor die eenheid.
Maak ʼn drukstuk van die kode, indien nodig. [23]
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013)
VRAAG 2: DELPHI PROGRAMMERING EN DATABASIS
Die databasis, Biblioteek.mdb, wat data verwant aan hierdie onderwerp bevat, kan in
die lêer Vraag 2 gevind word.
Die tblboeke-tabel bevat inligting oor die verskillende boeke in die biblioteek. Die
tabel het die volgende velde:
Die onderstaande tabel is ʼn voorbeeld van die data in die tblboeke-tabel.
Jy is ook voorsien van ʼn onvolledige Delphi-program met ʼn eenheid met die naam
Vraag2_U en ʼn projek Vraag2_P in die lêergids Vraag 2. Maak die onvolledige
program oop.
Die program moet in staat wees om met die databasis genoem Biblioteek.mdb
te verbind.
Wanneer jy VRAAG 2.1 doen, en vind dat die verbinding nie plaasvind nie,
gebruik die volgende stappe om verbinding met die databasis te laat plaasvind.
Kliek op die ADOTable-komponent genoem adobib.
Kliek op die ‘Ellipse’-knoppie (drie kolletjies) regs van die ‘ConnectionString’-
eienskap in die ‘Object Inspector’.
Kliek op die ‘Build’-knoppie wat jou na die ‘Data Link Properties’-dialoogblokkie
neem.
Kies ‘Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider’ en kliek op ‘Next’.
Die eerste opsie op die ‘Connection tabsheet’ laat jou toe om die
Biblioteek.mdb-lêer te vind.
Verwyder die gebruikersnaam Admin.
Kliek op die ‘Test Connection’-knoppie.
Kliek OK op elkeen van die oop dialoogvensters.
NOTA: As jy glad nie konnektiwiteit met die databasis kan bewerkstellig wanneer jy
die program uitvoer nie, moet jy nogtans die kode doen en dit inhandig om nagesien te
word.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
2.1 Voltooi die kode in die Hoeveel Boeke? Menu Opsie wat die aantal boeke in
die biblioteek sal vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
2.2 Voltooi die kode in die Persentasie Afr Boeke Menu Opsie wat die persentasie
Afrikaanse boeke in die biblioteek sal bereken en vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(10)
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013)
2.3 Voltooi die kode in die Boeke deur Skrywer? Menu Opsie om te bepaal
hoeveel boeke van ʼn sekere skrywer in die biblioteek gevind kan word. Die
SkrywerID moet met ʼn EditBox ingelees word.
Voorbeeld van afvoer as SkrywerID 2354 (Wilbur Smith) ingetik word:
(9)
2.4 Voltooi die kode in die Publiseer > 2000 Menu Opsie om al die boeke in die
biblioteek wat na 2000 gepubliseer is, te vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(8)
Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die lêer.
Stoor die eenheid.
Maak ʼn drukstuk van die kode, indien nodig. [34]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
VRAAG 3: DELPHI-PROGRAMMERING
Hierdie vraag bevat verskeie opsies wat in ʼn biblioteek gebruik word. Alle inligting wat
benodig word is gestoor in ʼn skikking genaamd arrboeke.
Die skikking bevat die volgende inligting: titel; van, voorletters
3.1 Skryf kode vir die Skep Boekkode Menu Opsie wat die titel, in ʼn aparte skikking
met die naam arrTitel sal stoor, asook die skrywer in ʼn aparte skikking met die
naam arrSkrywer sal stoor. Die inligting wat gemanipuleer moet word is gestoor in
die skikking arrBoeke.
Die boekkode moet dan geskep word deur die eerste drie letters van die skrywer
se van en die teller bymekaar te voeg. Die titel en die boekkode moet netjies in
kolomme vertoon word met geskikte opskrifte.
(12)
3.2 Skryf kode vir die Sorteer volgens Skrywers Menu Opsie wat die boeke
alfabeties volgens die skrywers se vanne sal sorteer. Vertoon die van, van die
skrywer, asook die titels netjies in kolomme.
(13)
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013)
3.3 Skryf kode vir die Skep Wagwoord Menu Opsie wat die gebruiker sal vra om hul
naam en van in kleinletters in te sleutel. Die wagwoord word dan soos volg
geskep:
Die eerste drie letters van die van (die tweede letter in hoofletters) + ewekansige
getal tussen 0 en 9 + die eerste twee letters van die naam (die eerste letter in
hoofletters) + ewekansige getal tussen 0 en 99 + #.
Vertoon ʼn boodskap wat die wagwoord bevat. Die naam en wagwoord moet in ʼn
skikking arrwagwoord, met metode omvang (‘method scope’), gestoor word.
Voorbeeld:
(18)
3.4 Skryf kode vir die Boetes Menu Opsie wat die gebruiker sal vra om die datum wat
die boek uitgeneem is, in te sleutel. Dit moet dan bereken of die boek laat is en
indien die boek laat is, moet ʼn boete bereken word. As die verskil tussen die
huidige datum en die datum wat die boek uitgeneem is, 14 dae of minder is, is daar
geen boete nie. As die aantal dae tussen 14 en 21 (insluitend) is, dan is die boete
R1,50 per dag wat die boek laat is. Indien die boek meer as 21 dae laat is, is die
boete R2,50 per dag. Sodra die boete bereken is, moet die datum wat die boek
uitgeneem is, datum wat die boek ingehandig is asook die boete vertoon word.
(24)
3.5 Skryf kode vir die Soek Menu Opsie wat sal kyk of die boek bestaan volgens die
titel wat in die InputBox ingetik is. ʼn Gepaste boodskap moet vertoon word indien
die boek gevind is, sowel as dit nie gevind is nie.
Voorbeeld van afvoer:
(10)
Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die lêer.
Stoor die eenheid.
Maak ʼn drukstuk van die kode, indien nodig. [77]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
VRAAG 4: DELPHI PROGRAMMERING
Elke boek het ʼn unieke ISBN-nommer wat uit 13 syfers bestaan. Die dertiende syfer
word gebruik om te toets of die ISBN geldig is of nie. Daar is ʼn berekening om te toets
of die ISBN korrek is.
Metode: (slegs die eerste 12 syfers word gebruik)
Elke syfer van links na regs moet afwisselend met 1 of 3 vermenigvuldig word. Die
produkte moet dan bymekaar getel word en deur 10 gedeel word om ʼn res tussen 0 en 9
te gee. Die res moet dan van 10 afgetrek word om ʼn enkele syfer as antwoord te gee.
As die antwoord dieselfde is as die 13de syfer, dan is die ISBN geldig.
Voorbeeld: ISBN is 9780306406157
9x1+7x3+8x1+0x3+3x1+0x3+6x1+4x3+0x1+6x3+1x1+5x3
= 9 + 21 + 8 + 0 + 3 + 0 + 6 + 12 + 0 + 18 + 1 + 15
= 93
93 / 10 = 9 res 3
10 – 3 = 7 *as die antwoord = 10 dan moet dit na ʼn 0 verander word*
7 is dieselfde as die 13de syfer van die ISBN ISBN korrek
Voltooi die onvoltooide program om seker te maak dat die ISBN wat ingetik is, korrek is
deur van die metode wat in die inleiding beskryf is, gebruik te maak. As die ISBN korrek
is, vertoon dit in die geskikte ‘richedit’-komponent. Indien die ISBN verkeerd is, moet die
ISBN in die geskikte ‘richedit’ vertoon word. Die verkeerde ISBN moet dan gekorrigeer
word deur die foutiewe 13de syfer te vervang met die 13de syfer wat bereken is. Die
korrekte ISBN moet dan onder die verkeerde ISBN vertoon word soos in die voorbeeld
hieronder.
Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die lêer.
Stoor die eenheid.
Maak ʼn drukstuk van die kode, indien nodig. [16]
TOTAAL: 150
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--541c84c9-79a2-409a-a626-cb4433d4db80/v1-93b6b193f2f27240487f/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2013 QP (Eng)
_hlayiso.com_--79176144-7925-452f-8ab1-5b73afaf8bf3/v1-1fcecc11c73f1bbfde53/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2013 QP (Eng)
_hlayiso.com_--d4755231-d447-4cf8-9d22-3e718148fe11/v1-6f32b9fbf902d71e50c6/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2013 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2020 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2020 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2020 QP (Eng)
More from Grade 11 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 November Mock 2026 Memo

Annual teaching plan
Gr 11 Info Tech ATP 2023 24

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2022 Memo (Afr)

Memorandum