Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*INFTA*
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers _hlayiso.com_--6f6966c3-a4a0-4de2-8abc-b82595b1e6b7/v1-fe9ade12805234cad6b4/card.webp)





View all





Information Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP
Grade 12 Information Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 381.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2016
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Leerders moet AL DRIE
afdelings beantwoord.
2. Die duur van hierdie eksamen is DRIE uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
word.
4. Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
5. Jou programme moet op só ʼn manier gekodeer word dat dit met enige data sal
werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels
wat in die vraestel verskyn nie.
6. Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van ʼn programmeringstaal vir enige
van hierdie roetines gebruik NIE.
7. Jy moet jou werk gereeld stoor.
8. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou op ʼn disket of
netwerk gegee. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan
jou op ʼn disket of netwerk gegee. Dit is in die vorm van ʼn
wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
Doen die volgende:
Dubbelklik op die lêer.
Klik op die ‘extract’-knoppie.
Sleutel die volgende wagwoord in: Skool@1$!
VRAAG 1
Vraag1_p.dpr
Vraag1_u.pas
Vraag1_u.dfm
VRAAG 2
clsLeerders.pas
Vraag2_p.dpr
Vraag2_u.pas
Vraag2_u.dfm
VRAAG 3
eksamennommers.txt
Vraag3_p.dpr
Vraag3_u.pas
Vraag3_u.dfm
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Alle Graad Twaalf-leerders moet seker maak dat hul registrasievorm vir die Nasionale
Eksamen aan die einde van hul Graad Twaalf jaar korrek is. Vakveranderinge word
toegelaat, maar al die vereiste dokumente moet ingedien word. Alle inligting wat
verskaf word, moet korrek wees.
INSTRUKSIES:
Die projek Vraag1 word in die TrialExam2016AFR-lêergids voorsien.
Maak die onvoltooide projeklêer met die naam Vraag1_p oop.
1.1 Vraag 1.1 Knoppie
Die leerder moet sy/haar naam en van in die gegewe teksarea in tik. Die
relevante graad moet gekies word. Die ou en nuwe vak moet ook geselekteer
word. As die ou en nuwe vak dieselfde is, moet ʼn ‘Verkeerde Inligting’-
boodskap vertoon word. As geen vakverandering plaasvind, vertoon dan die
leerder se inligting en ‘Geen vakverandering’. As ʼn verandering versoek word,
moet die leerder se inligting vertoon word asook ʼn boodskap dat die nodige
dokumente ingehandig moet word.
Voorbeeld van afvoer:
VERKEERDE INLIGTING: GEEN VAKVERANDERING:
VAKVERANDERING:
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.2 Vraag 1.2 Knoppie
Die IDnommer moet met die geboortedatum ooreenstem. Vertoon ʼn gepaste
boodskap vir beide gevalle indien korrek of foutief.
Voorbeeld van afvoer:
(8)
1.3 Vraag 1.3 Knoppie
ʼn Gebruikersnaam moet geskep word. Dit word gegenereer deur al die klinkers
en spasies uit die leerder se naam en van (Vraag 1.1 se invoer) te verwyder;
‘%’; ewekansige getal tussen 100 en 300 (insluitend) en ‘#’ bymekaar te voeg.
Voorbeeld van afvoer (Let wel: afvoer sal verskil weens die ewekansige
getalle):
(11)
1.4 Vraag 1.4 Knoppie
Kode moet geskryf word om te bepaal of die leerder slaag gebaseer op die
punte wat ingelees is.
Slaagvereistes is as volg:
40% of meer vir Huistaal
40% in drie ander vakke
30% in twee vakke
Vertoon op die paneel of die leerder slaag of druip.
Voorbeeld van afvoer:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.5
(15)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
Stoor jou program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL AFDELING A: 47
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING B
VRAAG 2: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING
Om toelating tot tersiêre instansies te kry moet ʼn sekere aantal Toelatingspunte
behaal word; afhangende van die kursus en instansie.
INSTRUKSIES:
Die projek Vraag2 word in die TrialExam2016AFR-lêergids voorsien en bevat:
o ʼn Hoofvormeenheid met die naam Vraag2_u.pas
o ʼn Onvoltooide eenheidlêer met die naam clsLeerders.pas
Maak die onvoltooide projeklêer met die naam Vraag2_p en die klas met die
naam clsLeerders.pas in die Vraag2-lêergids oop
2.1 2.1.1 Verklaar ʼn skikking met klasomvang wat die leerder se punte sal stoor
(maksimum 10 vakke). Die privaatvelde word gegee; verklaar die
publieke metodes soos wat jy die vrae hieronder beantwoord. (7)
2.1.2 Skryf kode vir die konstruktormetode wat die leerder se naam en aantal
vakke sal ontvang en dit aan die attribute toeken. Die fapspunte-
attribuut moet geïnisialiseer word. (3)
2.1.3 Skryf ʼn metode APS wat die punte sal ontvang, dit verwerk na die
korrekte vlak en dan die toelatingspunte sal bereken. Skryf ʼn metode
APS wat die punte sal ontvang, dit verwerk na die korrekte vlak en dan
die toelatingspunte sal bereken. Die APS-punte word bereken deur die
persentasies na die respektiewe vlakke om te skakel en bymekaar te
tel.
Persentasie Vlak
80-100 7
70-79 6
60-69 5
50-59 4
40-49 3
30-39 2
0-29 1 (4)
2.1.4 Skryf ʼn metode BachPass wat die leerder se punte ontvang en dan
bepaal of die leerder ʼn universiteitstoelating het.
Om te kwalifiseer vir ʼn universiteitstoelating, moet die leerder 50% in
ten minste vier vakke behaal. Aanvaar dat al die vakke van die
aangewese lys van vakke is. (8)
2.1.5 Skryf ʼn MaakString-metode wat die leerder se inligting, soos hieronder
aangedui word, sal vertoon:
Leerder se Naam: <fnaam>
Bachelor pass: <Yes/No>
Toelatingspunte: <fapspunte> (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
2.2 Die leerder se naam moet in die teksarea ingelees word. Die aantal vakke
waarvoor die leerder ingeskryf is moet deur middel van ʼn InputBox-komponent
ingesleutel word.
As die leerder minder as 7 vakke ingeskryf het, moet die leerder gevra word
om die aantal vakke weer in te tik totdat dit sewe vakke of meer is.
Gebruik die naam en aantal vakke om die objLeerder-objek te instansieer.
Die leerder moet die punte in lees en die punte moet in ʼn skikking gestoor
word. Sodra al die punte ingelees is, moet die program toets of die leerder
kwalifiseer vir ʼn universiteitstoelating. As die leerder ʼn universiteitstoelating het,
dan moet die APS-punte bereken word. Al die inligting moet soos die
voorbeeld hieronder vertoon word. Alle relevante metodes moet geroep word.
As die leerder nie ʼn universiteitstoelating het nie, moet ʼn gepaste boodskap
vertoon word.
Voorbeeld van afvoer:
(17)
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer in.
Stoor jou program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL AFDELING B: 42
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING C
VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING
ʼn Rekord van al die eksamennommers en eksamensentrums moet vir statistieke
doeleindes akkuraat gestoor word. Soms word nuwe kandidate bygevoeg en ander
kere word van hulle vir verskeie redes van die lys afgehaal. Dit is ook baie belangrik
om te weet hoeveel kandidate by elke sentrum geregistreer is.
INSTRUKSIES:
Die projek Vraag3 word in die TrialExam2016AFR-lêergids voorsien.
Maak die onvoltooide projeklêer met die naam Vraag3_p in die lêergids oop.
Daar word van jou verwag om ʼn program te ontwerp om die volgende te doen:
Kry die eksamennommers van ʼn tekslêer eksamennommers.txt
Sorteer en vertoon die eksamennommers
Soek vir ʼn spesifieke sentrum
Voeg ʼn nuwe eksamennommer by skikking en tekslêer
Verwyder ʼn eksamennommer
Lees die volgende afdelings voordat jy probeer om die oplossing te doen:
GGK (‘GUI’) en data wat voorsien is
Programvereistes
Puntetoekenning
LET WEL:
Jy mag NIE data wat voorsien word verander NIE.
Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die
ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
GGK (‘GUI’) EN DATA WAT VOORSIEN IS
GGK (‘GUI’)
Die GGK bevat komponente vir toevoer en afvoer. Addisionele komponente sal
benodig word. Ten minste een dinamiese komponent moet gebruik word.
Voorbeeld van die GGK wat voorsien is:
DATA
Die eksamensentrumnommer is deel van die kandidaat se eksamennommer, bv. as
die kandidaat se eksamennommer 4151610060031 is, kan dit soos volg interpreteer
word:
Die laaste vier getalle (0031) verteenwoordig die kandidaat se nommer by die
sentrum.
Die sentrumnommer word saamgestel deur die getalle in posisies 1; 4 – 9
(4161006)
Die tweede en derde getal (15) kan in hierdie vraag ignoreer word.
Die eksamensentrums is in ʼn eendimensionele skikking, arrsentrums, gestoor.
Die eksamennommers van die leerder is in ʼn tekslêer, eksamennommers.txt,
gestoor.
PROGRAMVEREISTES
Kry Inligting, Sorteer en Vertoon
Kry die inhoud van die eksamennommers.txt tekslêer.
Sorteer dit in stygende volgorde.
Vertoon die sorteerde eksamennommers.
Soek sentrumnommer
Die gebruiker moet ʼn sentrumnommer intik.
As die sentrumnommer gevind is, moet die skool se naam asook al die
eksamennommers van daardie sentrum vertoon word.
Die totale aantal kandidate moet vertoon word.
As die sentrumnommer nie gevind is nie, moet ʼn toepaslike boodskap vertoon
word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Voeg eksamensentrum en eksamennommer by
Kry die inligting wat bygevoeg moet word vanaf die gebruiker
Voeg die inligting by die skikking asook by die tekslêer
Vertoon ʼn boodskap dat die eksamennommer by die tekslêer gevoeg is
Sorteer en vertoon die nuwe skikking
Verwyder ʼn eksamennommer
Soms moet kandidate vir verskeie redes onttrek.
Vra die gebruiker om die eksamennommer, wat verwyder moet word, in te tik
Verwyder die eksamennommer van die tekslêer asook vanuit die skikking
Vertoon ʼn boodskap nadat die eksamennommer verwyder is
Sorteer en vertoon die opdateerde skikking
Skryf die opdateerde skikking na die bestaande tekslêer
PUNTETOEKENNING
VEREISTES MAKSIMUM PUNTE
Modulêre Ontwerp, Dinamiese Komponent, Indentasie 5
Kry Inligting, Sorteer en Vertoon 18
Soek 15
Voeg by 10
Verwyder 13
Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
Stoor jou program.
ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word.
TOTAAL AFDELING C: 61
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--6f6966c3-a4a0-4de2-8abc-b82595b1e6b7/v1-fe9ade12805234cad6b4/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2016 Memo

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2016 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2016 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2016 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum