Skip to content

Information Technology Grade 11 P1 2018 QP (Afr)

Question paperInformation TechnologyGrade 11201813 pages

Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet AL vier vrae beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 4. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 5. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 6. Stoor jou werk gereeld. 7. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. Doen die volgende: • Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer. • Klik op die 'Extract'-knoppie. • Sleutel die volgende wagwoord in: 18Work_Gr11 Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids DataAFRNov2018 beskikbaar wees: Vraag 1: Vraag 3: Vraag1_u.pas Vraag3_u.pas Vraag1_u.dfm Vraag3_u.dfm Vraag1_p.dpr Vraag3_p.dpr Vraag1_p.res Vraag3_p.res voorraad.txt Vraag 2: Vraag 4: Vraag2_u.pas Vraag4_u.pas Vraag2_u.dfm Vraag4_u.dfm Vraag2_p.dpr Vraag4_p.dpr Vraag2_p.res Vraag4_p.res Kelners.mdb Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3 VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE Die meeste Graad Elf-leerlinge is betrokke by ʼn vorm van deeltydse (casual) werk. Sommige is kassiere, ander is kelners of kelnerinne. Wanneer besighede deeltydse werkers aanstel, moet hulle administratiewe take vir salarisstrokies, uniform, ens. voltooi. Voltooi die program om met van hierdie take te help. Maak die projek, Vraag1_p in die Vraag 1 gidslêer oop. Die program het tans geen funksionaliteit nie en die GGK (‘GUI’) lyk soos volg: 1.1 Knoppie [Vraag 1.1] Elke kelner ontvang ʼn spesiale verwysing wat op hul salarisstrokie en ander offisiële dokumente sal verskyn. Vir die ‘Point Of Sales’ stelsel moet ʼn kode ingesleutel word. Die kelner se naam en van moet in die teksarea ingesleutel word en die verwysing en POS kode sal dan gegenereer word. Die kelner se verwysing sal bestaan uit die eerste letter van die kelner se naam, gevolg deur ʼn punt en dan die van. Die POS kode sal ʼn ewekansige vyf-syfer getal wees tussen 10000 en 99999. Vertoon die verwysing en kode in the respektiewe teksareas. Voorbeeld van afvoer: (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018) 1.2 Knoppie [Vraag 1.2] Die ouderdom van ʼn werknemer bepaal of hulle 'n voltydse of deeltydse werknemer kan wees. As die werknemer nog op skool is, dan kan hulle net een dag in die week werk en naweke. As hul jonger as 16 is, is hul te jonk om te werk. Enige persoon wat klaar is met skool of ouer as 18 is, kan al die weeksdae werk en een dag van die naweek. Voltooi die kode vir die knoppie wat vereis dat die ID nommer van die werknemer ingesleutel moet word. Dit sal dan gebruik word, om die dae wat die werknemer kan werk te bepaal, afhangende van die werknemer se ouderdom. Die ID nommer moet uit 13 numeriese karakters bestaan. Bereken die ouderdom slegs in aantal jare. (Aanvaar dat niemand ouer as 100 jaar is nie.) Voorbeeld van afvoer: (16) 1.3 Knoppie [Vraag 1.3] Skryf kode om ʼn salarisprogram te simuleer. Die aantal ure (gewone werksure) moet ingesleutel word. As die oortyd ‘checkbox’ gekies word, moet ʼn Input box komponent verskyn om die gebruiker te vra, hoeveel oortydure gewerk is. Gewone ure = R18.25 per uur Oortydure = een en ʼn half keer die gewone uur se bedrag Bereken en vertoon die totale salaris wat die werknemer sal ontvang, maak gebruik van geldeenheid (‘currency’) met twee desimale plekke. Verander die kleur van die paneel na SkyBlue. Voorbeeld van afvoer as 5 ure oortyd gewerk is: (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5 1.4 Knoppie [Vraag 1.4] Personeel se klere moet op ʼn gereëlde basis bestel word. Elke werknemer sal ʼn gratis hoed met hul bestelling ontvang. Hulle kan slegs een item op ʼn slag bestel. Die item kan ʼn kortmou hemp, langmou hemp of ʼn ‘hoodie’ wees. Die gebruiker moet een van die items kies en ook die grootte wat hul bestel aan dui. Vertoon die bestelling, deur ʼn ShowMessage komponent te gebruik, met die volgende uitleg: Bestelling: <Item>(<Grootte>) Hoed Voorbeeld van afvoer: (8)  Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. [44] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING ʼn Rekord van al die skofte word gehou. Die aantal gaste by ʼn tafel en die bedrag wat hulle betaal moet gestoor word, asook wie die kelner was. Hierdie inligting is in ʼn databasis, Kelners.mdb, gestoor. Dit bevat ʼn tabel met die naam tblTafels wat die volgende velde het: Hieronder is ʼn voorbeeld van die rekords in tblTafels: Filters mag NIE in hierdie vraag gebruik word NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7 2.1 Knoppie [Totale Bedrag] Bereken die totale bedrag geld wat deur al die kliënte betaal is gedurende die skof. Vertoon die totale bedrag in geldeenheid en afgerond na twee desimale plekke. Voorbeeld van afvoer: (6) 2.2 Knoppie [Sorteer] Sorteer die inligting volgens die KelnerID, in stygende volgorde. Voorbeeld van afvoer: (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018) 2.3 Knoppie [Totale Aantal Tafels] Die bestuurder wil graag weet hoeveel tafels elke kelner gedurende die skof bedien het. ʼn ‘Input box’ komponent moet gebruik word om die kelner se KelnerID in te sleutel. Die kelner se kelnerID moet vertoon word soos in die voorbeeld. ʼn Lys van al die tafelnommers moet ook vertoon word asook die aantal tafels wat die kelner bedien het. Voorbeeld van afvoer: (10) 2.4 Knoppie [Voegby] ʼn Nuwe groep van 5 mense is nou net na ʼn tafel geneem (TafelID 71). Die kelner met KelnerID 10, is aangewys om die tafel te bedien. Voeg die inligting by die tabel, tblTafels aan. Vertoon ʼn boodskap om aan te dui dat die rekord bygevoeg is. Let wel: TafelBedragBetaal het geen inligting om te stoor nie. (5)  Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9 VRAAG 3: TEKSLÊER MANIPULASIE ʼn Inkopielys moet gegenereer word gebaseer op die huidige voorraad. Die voorraadlys is in ʼn tekslêer, voorraad.txt, gestoor. Die uitleg van die tekslêer is soos volg: item#huidige voorraad#eenheid#minimum hoeveelheid#maksimum hoeveelheid Gebaseer op die huidige voorraad moet ʼn inkopielys geskep word. ʼn Item moet gekoop word as die huidige voorraad minder is as die minimum hoeveelheid wat verwag word. Al die hoeveelhede moet na die naaste heelgetal afgerond word omdat daar nie ʼn gedeelte van 'n item gekoop kan word nie. As die eenheid 'kg' of 'bottels' is, moet die eenheid vertoon word, anders moet geen eenheid vertoon word nie. Die inkopielys moet vertoon word, insluitend ʼn opskrif. Die lys moet ook as ʼn tekslêer, Inkopielys.txt, gestoor word. Vertoon ʼn boodskap wat aandui dat die lêer geskep is. Voorbeeld van afvoer: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018)  Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11 VRAAG 4: SKIKKINGS EN SUBPROGRAMME Die menu is elektronies gestoor. Dit vergemaklik die proses om na ʼn item te soek. Wanneer pryse verhoog of verlaag moet word, kan dit dadelik toegepas word. LET WEL: Die menu items is in ʼn skikking, arritem, gestoor. Elke item het of ʼn K of D aan die einde wat aandui of dit KOS of DRINKGOED is. Die kosprys, uitsluitend BTW, van elke item is gestoor in ʼn konstante skikking, arrkoste. 4.1 Skryf ʼn metode, Sorteer, wat die arritem in alfabetiese volgorde sal sorteer. Die korrekte prys moet met die korrekte item ooreenstem. (11) 4.2 Knoppie [Lys van Items] Skei die items in die twee verskillende kategorieë, kos en drinkgoed. Vertoon ʼn alfabetiese lys van al die kos-items en ʼn alfabetiese lys van al die drinkgoed. LET WEL: Die kos-items en drinkgoed sal later in die vraag gebruik word. Voorbeeld van afvoer: (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2018) 4.3 Knoppie [Kospryse]  Maak die afvoerkomponent skoon.  Die inligting moet in kolomme vertoon word. Stel ʼn ‘tab’ na 150. Wanneer die knoppie geklik word, moet ʼn lys van al die kositems en hul pryse op die spyskaart vertoon word. Die prys op die spyskaart sluit 15% BTW in, asook ʼn verhoging (markup) van 45%. Die pryse wat op die spyskaart vertoon word, moet opgerond word na die naaste heelgetal. Voorbeeld van afvoer: (10) 4.4.1 Skryf ʼn metode, Gevind, wat ʼn item as ʼn parameter sal ontvang en sal terugstuur of ʼn item gevind is (true) of nie (false). (7) 4.4.2 Knoppie [Soek ʼn Item] Die gebruiker moet die item waarna hul soek in die ‘Input Box’ komponent insleutel. Die Gevind metode moet geroep word en ʼn toepaslike boodskap moet vertoon word om aan te dui of die item gevind is, of nie. Die gebruiker moet ʼn gedeelte van die item kan in tik, bv. Chips in plaas van Chips – Large Plate. Voorbeeld van afvoer as Chips ingetik word: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 13 (6)  Maak seker dat jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. [54] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Information Technology

View all