You're offline
Skip to content
Question paper

IT P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans D hlayiso.com

Subject: Information TechnologyGrade 11201816 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IINFTA2* Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings AFDELING A: Kortvrae (15) AFDELING B: Stelseltegnologieë (24) AFDELING C: Kommunikasie en Netwerktegnologieë (24) AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (26) AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (25) AFDELING F: Geïntegreerde Oplossing (36) 2. Lees al die vrae deeglik deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Die puntetoekenning dien oor die algemeen as ʼn aanduiding van die aantal feite/redes wat benodig word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1: 1.1 Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (1.1.1 - 1.1.10) in the ANTWOORDBOEK. 1.1.1 Konnekteerders waar die kabels van die stoortoestelle gekoppel word. A ZIF. B SATA. C DIMM. D RJ45 (1) 1.1.2 Hierdie prosesseringstegniek laat programme toe om die SVE se tyd tussen baie take te verdeel. A Pyplynverdeling ('Pipelining') B Multitaakverwerking ('Multitasking') C Multidraadverwerking ('Multithreading') D Multiprosessering ('Multiprocessing') (1) 1.1.3 Virtuele geheue is A onstabiel B permanent C duur D stadig (1) 1.1.4 Sosiale manipulasie word geassosieer met (i) die ontwerp van sosiale netwerke (ii) instandhouding van sosiale media rekords van kliënte (iii) manipulasie van individuele om persoonlike inligting te verkry A (i) en (ii) is korrek B (ii) en (iii) is korrek C Only (ii) is korrek D Only (iii) is korrek (1) 1.1.5 Watter een van die volgende beperk nie IKT ('ICT') nie? A Angs B Regeringsbeleid C Goeie sagteware D Winsgewendheid ('Profitability') (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) 1.1.6 ʼn Toestel wat data of ʼn sein na die korrekte bestemming in ʼn netwerk stuur. A Warmkol ('Hotspot') B Modem C Skakeltoestel ('Switch') D Muis (1) 1.1.7 Watter een is nie deel van die masjiensiklus nie? A Dekodeer ('Decode') B Uitvoer ('Execute') C Haal ('Fetch') D Prosesseer ('Process') (1) 1.1.8 Watter een is ʼn eienskap van kwaliteit data in ʼn databasis? A Akkuraatheid B Sensitiwiteit C Stiptelikheid D Leesbaarheid (1) 1.1.9 Wat is die waarde van 16 MOD 5 DIV 2? A 0.5 B 0 C 1 D 8 (1) 1.1.10 Watter een kan NIE in ʼn Boolse uitdrukking gebruik word NIE? A X > Y B X <> Y C X := Y D X = Y (1) 1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.2.1-1.2.5). 1.2.1 ʼn Strategie of tegnologie wat gebruik word om soekresultate van ʼn soekenjin te organiseer (hoog na laag). (1) 1.2.2 ʼn Webtuiste wat baie bladsye bevat, elke bladsy vertoon presies dieselfde inligting elke keer, nes toe dit geskep is. (1) 1.2.3 Die skep, stuur en ontvang van elektroniese boodskappe oor ʼn netwerk, insluitend die Internet. (1) 1.2.4 Om in ʼn desentraliseerde ligging te werk en moderne kommunikasie te gebruik om by ʼn fisiese kantoor in te 'check'. (1) 1.2.5 Die onnodige herhaling van data. (1) TOTAAL AFDELING A: 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 Jou rekenaar se werkverrigting is die laaste ruk nie goed nie en iemand het voorgestel dat jy al die interne komponente van die rekenaar moet vervang en opgradeer. 2.1 Die moederbord moet na die nuwe weergawes opgradeer word. 2.1.1 Wat is ʼn moederbord? (2) 2.1.2 Noem die DRIE hooffunksies van die moederbord. (3) 2.2 Jou jonger broer stel voor dat jy die BTAS ('BIOS') van die ou moederbord opgradeer sodat die moederbord vinniger en beter sal wees. 2.2.1 Wat is die BTAS? (1) 2.2.2 Noem die VIER hooftake van die BTAS. (4) 2.2.3 Waar word die BTAS gestoor? (1) 2.2.4 Verduidelik aan jou broer hoekom jy nie sy voorstel gaan implementeer nie. (1) 2.3 Jy sal ook die bedryfstelsel moet opgradeer en jy word aangemoedig om ʼn bedrystelsel te soek wat prosesse en rygskakels ('threads') effektief sal uitvoer. Dit moet multidraadverwerking en multiprosessering kan doen. 2.3.1 Wat is ʼn bedryfstelsel? (1) 2.3.2 Onderskei tussen ʼn proses en ʼn rygskakel. (2) 2.3.3 Verduidelik wat multiprosessering is en verskaf ʼn voorbeeld waar multiprosessering gebruik word. (3) 2.3.4 As die rekenaar slegs een fisiese verwerker het, sal dit multidraadverwerking kan doen? Motiveer jou antwoord. (2) 2.4 Jy wil graag ʼn hoë-vlak programmingstaal gebruik wat ʼn kompileerder bevat. 2.4.1 Wat is ʼn hoë-vlak programmeringstaal? (1) 2.4.2 Noem die hooffunksies van ʼn kompileerder ('compiler'). (2) 2.4.3 Programmeringstale wat kompileerders is, word kompileerde programmeringstale genoem. Gee EEN voorbeeld van ʼn kompileerde programmeringstaal. (1) TOTAL SECTION B: 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) AFDELING C: KOMMUNIKASIE EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 Jy het besluit om 3G/LTE konnektiwiteit in plaas van ADSL konnektiwiteit in jou sitkamer te gebruik. ʼn Kabellose roeteerder ('router') sal gebruik word om al die mobiele toestelle en rekenaars na die Internet te verbind. 3.1 3G/LTE konnektiwiteit is ʼn baie populêre keuse in vele huise. 3.1.1 Wat is 3G/LTE? (1) 3.1.2 Watter medium van data-oordrag word gebruik in 3G/LTE? (1) 3.1.3 Gee TWEE voordele wat 3G/LTE het oor ʼn ADHL ('ADSL') konneksie. (2) 3.2 Al die toestelle, insluitende die Satelliet TV dekodeerder, speelkonsole ('gaming console'), mobiele fone en tablette in die huis sal deur middel van ʼn multifunksionele LTE roeteerder/modem gekonnekteer word. 3.2.1 Wat is die term wat gebruik word om hierdie tipe netwerk te beskryf? (1) 3.2.2 Gee TWEE voordele en TWEE nadele van ʼn netwerk. (4) 3.2.3 Wat is die VIER hooffunksies van die multifunksionele roeteerder/modem in hierdie netwerk? (4) 3.2.4 Identifiseer die topologie wat in hierdie voorbeeld gebruik word. (1) 3.2.5 Gee TWEE redes waarom jy die topologie in 3.2.4 bo enige ander topologie sal kies. (2) 3.3 Een van die redes waarom die toestelle met die Internet verbind is, is sodat aanlyn-televisie programme gekyk kan word. Programme kan gestroom of afgelaai word. Differensieer tussen stroming en aflaai. (2) 3.4 Die meeste van die toestelle wat aan die netwerk gekoppel is, is mobiele toestelle, en die aantal toestelle word net al hoe meer. 3.4.1 Noem die DRIE hoofredes wat hierdie toename veroorsaak. (3) 3.4.2 Die meeste mobiele toestelle is altyd aan en daarom is daar ʼn behoefte om die batterykrag te bespaar. Gee DRIE maniere hoe battery lewe gemaksimeer kan word. (3) TOTAAL AFDELING C: 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR VRAAG 4 Jy is aangestel as ʼn Databasis Analiseerder vir die databasis, wat vir jou broer se Laerskool, beplan is. Meer as ʼn 1000 leerders is in die skool. Jy moet ʼn aantal toesprake aan die skoolbestuur, onderwysers en beheerliggaam maak. 4.1 Een van die beheerliggaamlede het voorgestel dat jy ʼn verspreide DBBS in plaas van ʼn bediener DBBS oorweeg. 4.1.1 Wat is ʼn DBBS ('DBMS')? (1) 4.1.2 Noem DRIE aktiwiteite wat ʼn DBBS jou toe laat om te doen. (3) 4.1.3 Verduidelik die hoofverskil tussen ʼn verspreide databasis en ʼn bedienerdatabasis. (2) 4.1.4 Verduidelik hoe ʼn kliënt se sagteware toepassing met die bediener DBBS en databasis werk. (2) 4.1.5 Gee TWEE redes wanneer dit nodig is, vir ʼn organisasie, om ʼn verspreide databasis te gebruik. (2) 4.2 Die inligting wat verkry word in ʼn databasis hang af van die kwaliteit van die data wat ingevoer is. 4.2.1 Noem DRIE eienskappe van kwaliteit data. (3) 4.2.2 Beskryf TWEE metodes wat gebruik kan word om die geldigheid van data te toets. (4) 4.3 ʼn Databasis Administrateur moet aangestel word. Noem TWEE take wat ʼn databasis administrateur moet verrig. (2) 4.4 Daar is baie tabelle in die databasis. Die primêre sleutels, saamgestelde ('composite') sleutels en vreemde ('foreign') sleutels moet geïdentifiseer word, sodat hulle verbind kan word. 4.4.1 Wat is ʼn primêre sleutel? (1) 4.4.2 Differensieer tussen ʼn vreemde sleutel en ʼn saamgestelde sleutel. (2) 4.4.3 Wat is die naam wat aan ʼn databasis gegee word wanneer die tabelle verbind is? (1) 4.5 Tydens die bestudering van die databasis, het jy die entiteite geidentifiseer as REGISTERKLAS en LEERDER. Jy sien dat ʼn registerklas baie leerders kan hê en ʼn leerder kan net in een registerklas wees. Illustreer die verwantskap deur ʼn ER-diagram te gebruik. (3) TOTAAL AFDELING D: 26 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 ʼn Toepassing moet ontwerp word om met die DBBS te werk. 5.1 ʼn Skikking bevat die name van die leerders wat gebruik moet word. 5.1.1 Verduidelik die term skikking. (1) 5.1.2 Verduidelik hoekom dit nodig is om ʼn skikking, in plaas van ʼn ander tipe veranderlike, te gebruik. (1) 5.1.3 Elemente in die skikking mag dalk in alfabetiese volgorde sorteer word. Noem een algoritme wat gebruik kan word om die skikking te sorteer. (1) 5.1.4 Skryf die pseudokode van die algoritme, wat in Vraag 5.1.3 genoem is, neer. (4) 5.2 Beskryf DRIE riglyne wat ingedagte gehou moet word wanneer jy programme skryf. (3) 5.3 Differensieër tussen ʼn veranderlike met klasomvang ('class scope') en ʼn veranderlike met metode-omvang binne ʼn program. (4) 5.4 Wanneer jy programme ontwerp, kan lusse en besluitnemingstrukture die programmeringstyd verbeter. 5.4.1 Wanneer is dit van pas om ʼn lus te gebruik? (1) 5.4.2 Beskryf TWEE tipe lusstrukture wat gereeld in programmering gebruik word. (4) 5.4.3 Bestudeer die gegewe kode en identifiseer DRIE reëls met foute en skryf die korrekte stellings neer. Jy kan ʼn nuwe reël byvoeg indien nodig. 1. Case iAge in 2. 1..12 : Inc(iChildren); 3. 13..19 : Inc(iteenagers); 4. 20..60 : Inc(iAdults); 5. 61..120: begin 6. Inc(iAdults) AND Inc(iSeniors); 7. end; 8. else Showmessage(‘Please check age’); 9. end; //end case (6) TOTAAL AFDELING E: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 Veiligheid, dokumentasie en internasionale kwessies moet oorweeg en bespreek word by die skool se beheerliggaam vergadering. 6.1 Die veiligheid van die skool se data kan bedreig word, wat die ouers se vertroue in die skoolbestuur kan verminder. Kwaadwillige sagteware ('Malware'), menslike en sagteware foute kan die skool se data beskadig. 6.1.1 Beskryf TWEE tipe kwaadwillige sagteware wat die data op ʼn rekenaar kan beskadig. (4) 6.1.2 Noem DRIE algemene menslike foute wat kan veroorsaak dat data verloor word. (3) 6.1.3 Verduidelik die 'GIGO' konsep wat ook bydrae tot slordige data. (1) 6.1.4 Stel DRIE fisiese maatreëls voor wat die skool kan tref om die data op die rekenaars te beskerm. (3) 6.1.5 Sosiale netwerke kan skadelik wees vir data. Beskryf TWEE maniere hoe sosiale netwerke data kan beskadig. (2) 6.2 Die skoolbestuur, asook die netwerkbestuurder en databasisadministrateur, moet die AGB ('AUP') dokumente skryf. Die netwerkbestuurder moet spesifieke beleide hê, beperkinge opstel en netskanse ('firewalls') hê. 6.2.1 Hoekom is dit belangrik om beleide, beperkinge en netskanse te hê? (1) 6.2.2 Beskryf elk van die volgende deur te noem wat dit is en hoe dit geïmplementeer word. (a) Beleide ('Policies') (1) (b) Beperkinge ('Restrictions') (1) (c) Netskanse ('Firewalls') (1) 6.2.3 Wat is AGB dokumente? (1) 6.2.4 Noem VIER aspekte wat in die AGB dokument ingesluit moet word. (4) 6.2.5 Stel voor wat gedoen moet word sodat die AGB effektief by die skool werk. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2018) 6.3 Die Dansgroep by die skool moet ʼn video van hul danskompetisie met mekaar deel. Hulle stel voor dat die lêer saamgepers moet word om die kwaliteit te verbeter. 6.3.1 Noem die hoofnadeel van saamgeperste media. (1) 6.3.2 Daar word voorgestel dat jy die lêer saam pers, deur die JPEG formaat te gebruik. Verduidelik waarom die nie moontlik is nie en gee ʼn geskikte samepersingstandaard. (2) 6.3.3 Jy moet ook dokumente saam pers. Watter tipe samepersing, verliesende ('lossy') of nie-verliesende ('lossless'), sou jy gebruik. Gee ʼn voorbeeld van ʼn toepassing wat gebruik kan word vir die taak. (2) 6.4 Die skool het onlangs met ʼn skool in Europa begin saamwerk. Daar is voorstelle gemaak dat die skole lesse met mekaar deel, omdat die kurrikulum dieselfde is. 6.4.1 Noem DRIE faktore wat deur albei skole oorweeg moet word om te verseker dat die samewerking moontlik is in albei skole. (3) 6.4.2 Die projek is baie suksesvol en die onderwysers se werklading is verbeter. Identifiseer en beskryf TWEE ander werksplekke wat verbeter is deur gebruik te maak van IKT ('ICT'). (4) TOTAAL AFDELING F: 36 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com  
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Information Technology

Explore more published documents in this catalogue.

View all