Skip to content

Information Technology Grade 11 P1 2017 QP (Afr)

Question paperInformation TechnologyGrade 11201711 pages

Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet AL vier vrae beantwoord. 2. Hierdie vraestel duur drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om kennis te neem dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra is. Byvoorbeeld, indien die vraag nie datavalidering vereis nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 4. Jou programme moet so gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 5. Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van ʼn programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 6. Stoor jou werk gereeld. 7. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die lêers word in die vorm van ʼn uitvoerbare lêer wat met ʼn wagwoord beskerm is, verskaf. Doen die volgende:  Dubbelkliek op die uitvoerbare lêer wat met ʼn wagwoord beskerm is.  Klik op die ‘Extract’-knoppie.  Sleutel die volgende wagwoord in: Prod#17& Lys van lêers wat in die lêergids, DataNov2017 sal wees, nadat dit onttrek is: Vraag 1: Vraag 3: Vraag1P.dpr Vraag3P.dpr Vraag1P.dproj Vraag3P.dproj Vraag1U.dfm Vraag3U.dfm Vraag1U.pas Vraag3U.pas Vraag 2: Vraag 4: Vraag2P.dpr Vraag4P.dpr Vraag2P.dproj Vraag4P.dproj Vraag2U.dfm Vraag4U.dfm Vraag2U.pas Vraag4U.pas Rolspelers.txt Helpers.mdb Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3 SCENARIO Een van die skole in die area is besig om hul jaarlikse drama produksie te reël. Daar is verskeie take wat gedoen moet word voordat die akteurs en aktrises op die verhoog kan gaan. In hierdie vraestel gaan jy programme moet voltooi om die verskillende funksies te kan uitvoer. VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERING, TEKSLÊERS Die gebruiker moet inligting in tik sodat daar kaartjies vir die produksie bespreek kan word. Die gebruiker moet die kaartjies kies wat hulle wil koop. Sodra hulle die kaartjies gekoop het, kan hulle hul sitplekke, op die aand, kies. Die eerste 30 kaartjies is vir die spesiale gaste (VIPs). Die ‘VIPs’ word uitgenooi, so hulle hoef nie vir hul kaartjies te betaal nie. Kaartjiepryse is as volg: Volwassenes – R80 Kinders – R50 Pensionarisse – R50 As die VIP-opsie gekies is, dan moet ‘n ‘Inputbox’-komponent gebruik word om uit te vind hoeveel ‘VIPs’ die aand gaan bywoon. Aanvaar dat kaartjies of aan ‘VIPs’ of aan ander (volwassenes/kinders/pensionarisse) verkoop word en NIE ʼn kombinasie van die twee NIE. Kaartjienommers moet toegeken word. ‘VIP’-kaartjies begin by 1 en al die ander kaartjies begin by 31. Omdat dit die enigste fondsinsameling vir die dramadepartement is, is daar geen beperking op die aantal kaartjies nie. Die volgende inligting moet in die teksarea vertoon word: - Opskrif (‘SKOOLPRODUKSIE’ en op die volgende reël ‘SHOW: GALA-AAND’) - Koste van die kaartjies wat gekoop is, geformateer as geldeenheid met twee desimale plekke - Die kaartjienommers wat gekoop is Die volgende inligting moet na ʼn tekslêer (verkope.txt) geskryf word. Dit moet slegs die mees onlangse inligting stoor. Die eerste reël is vir die totale aantal kaartjies wat verkoop is en die tweede reël moet die totale bedrag wat ontvang is, vertoon (as geldeenheid met twee desimale plekke). Vertoon ʼn boodskap sodra die lêer geskryf is. ‘Clear’ knoppie Die teksarea moet leeggemaak word en die ‘spinedit’-komponente moet na ‘0’ gestel word. Die ‘checkbox’ se opsie moet ook verwyder word.
Downloaded from hlayiso.com 4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) Voorbeeld van afvoer as vier aankope gemaak word: Eerste aankope: Tweede aankope: Derde aankope: Vierde aankope: Tekslêer nadat aankope gemaak is:  Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor die program.  ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. TOTAAL VRAAG 1: [32] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5 VRAAG 2: TEKSLÊER, SKIKKINGS Die name en vanne van al die leerders, wat in die produksie deelneem, is gestoor in die tekslêer met die naam rolspelers.txt. Hulle betrokkenheid word ook aangedui (S1 – verwys na Toneel 1; S2 – verwys na Toneel 2; S1S2 – beteken dat hul in albei Tonele is; Technical – deel van die tegniese span; Backstage – deel van die ‘backstage’ span) 2.1 Skryf kode vir die ‘OnCreate EventHandler’ van die ‘Form’ wat die inligting van die tekslêer sal verkry. Die inligting moet verdeel word en in drie skikkings (arrname, arrvanne en arrtonele) gestoor word. Die skikkings kan elkeen 100 items stoor en het ‘class scope’. As die tekslêer nie bestaan nie, moet ʼn geskikte boodskap vertoon word en die program moet toegemaak word. (22) 2.2 Skryf ʼn metode, met die naam Sorteer, wat al die inligting sal sorteer volgens die vanne, in alfabetiese volgorde. (9) 2.3 Skryf kode vir die Rolspelerslys knoppie wat die Sorteer metode sal roep. Vertoon die lys van leerders: vanne in hoofletters gevolg deur hul name. Voorbeeld van afvoer: (4)
Downloaded from hlayiso.com 6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 2.4 Skryf kode vir die Aantal Akteurs per Toneel knoppie wat die aantal akteurs in elke toneel sal vertoon. Voorbeeld van afvoer: (8) 2.5 Skryf kode vir die Tegniese en ‘Backstage’ Span knoppie wat ʼn alfabetiese lys van al die leerders (wat deel is van die Tegniese- of ‘Backstage’ span) volgens hul vanne, sal vertoon. Voorbeeld van afvoer: (6)  Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor die program.  ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. TOTAAL VRAAG 2: [49] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7 VRAAG 3: SUBPROGRAMME Om in die plaaslike kompetisie te kan deelneem, moet dokumente ingehandig word. Die komitee het jou gevra om ʼn program te skryf wat sal seker maak dat die IDnommers korrek is en dan die registrasiekodes vir die deelnemers sal skep. 3.1 Skryf ʼn funksie, GeldigeID, wat die IDnommer ontvang en dan sal terugstuur of die IDnommer geldig is of nie (true of false). Om te toets of die IDnommer geldig is, moet die Luhn-algoritme toegepas word. Algoritme: 1. Tel al die syfers in die ongelyke posisies bymekaar (laaste syfer uitgesluit) 2. Vermenigvuldig die syfers in die gelyke posisies met 2 en kombineer die antwoorde. 3. Tel al die syfers van stap 2 bymekaar. 4. Tel die antwoorde van stap 1 en 3 bymekaar. 5. Trek die tweede syfer van stap 4 van 10 af. 6. As stap 5 se antwoord gelyk is aan die 13 de syfer van die IDnommer, dan is die IDnommer korrek. Voorbeeld: 9801210054088 1. 9 + 0 + 2 + 0 + 5 + 0 = 16 2. 16220816 3. 1 + 6 +2 + 2 + 0 + 8 + 1 + 6 = 26 4. 16 + 26 = 42 5. 10 – 2 = 8 6. 8 = 8  ID korrek (17) 3.2 Skryf ʼn funksie, Geslag, wat die IDnommer ontvang en dan ʼn ‘M’ of ‘V’ sal terugstuur. As die 7de getal van die IDnommer kleiner of gelyk is aan vier, dan is die persoon vroulik. As die 7de getal groter is as 4, dan is die persoon ʼn man. (7) 3.3 Skryf ʼn prosedure, RegKode, wat die naam en van (een veranderlike) as ʼn parameter sal ontvang. ʼn Kode moet dan gegeneer word deur die eerste vier konsonante van die naam te gebruik, ‘#’ en ʼn ewekansige getal tussen 100 en 999. (17) 3.4 Skryf kode vir die Genereer Kode knoppie wat die gebruiker sal vra om ʼn IDnommer, naam en van asook geslag in te sleutel. As die IDnommer geldig is en die geslag is korrek, dan moet die registrasiekode geskep word. As die IDnommer of geslag nie reg is nie, moet ʼn boodskap vertoon word wat die gebruiker sal inlig dat die inligting verkeerd is. WENK: Maak gebruik van die metodes wat in Vraag 3.1 – 3.3 geskryf is.
Downloaded from hlayiso.com 8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) Voorbeeld van afvoer: Voorbeeld van afvoer (afvoer sal verskillend wees weens die ewekansige getalle): (8)  Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor die program.  ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. TOTAAL VRAAG 3: [49] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9 VRAAG 4: DATABASISPROGRAMMERING Wanneer ʼn skool ʼn produksie reël is daar altyd verskeie take wat verrig moet om ʼn sukses van alles te maak. Ouers word gevra om te help met take soos die bou van die stel, om al die rekwisiete (‘props’) bymekaar te maak, die welsyn van die rolspelers, verfwerk, ens. Die program moet in staat wees om met die databasis, helpers.mdb, te verbind. Wanneer jy Vraag 4.1 doen, en vind data die verbinding nie plaasvind nie, gebruik die volgende stappe om verbinding te laat plaasvind:  Kliek op die Adotable-komponent adohelpers.  Kliek op die ‘Ellipse’-knoppie (drie kolletjies) regs van die ‘ConnectionString’ eienskap in die ‘Object Inspector’.  Kliek op die ‘Build’-knoppie wat jou na die ‘Data Link Properties’-dialoogblokkie neem.  Kies ‘Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider’ en kliek op ‘Next’.  Die eerste opsie op die ‘Connection tab sheet’ laat jou toe om die helpers.mdb-lêer te vind.  Verwyder die gebruikersnaam Admin.  Kliek op die ‘Test Connection’-knoppie.  Kliek OK op elkeen van die oop dialoogvensters.  Kies die korrekte table in die ‘TableName’ eienskap van die adohelpers komponent.  Kliek op die ‘DataSource’ komponent.  Maak seker dat die ‘DataSet’ eienskap verander is na adohelpers. ʼn Onvolledige program is aan jou verskaf om die volgende vrae te beantwoord. Voltooi die program. 4.1 Sorteer Menu Opsie Vertoon al die rekords, gesorteer volgens die Van veld en dan die Naam veld (in alfabetiese volgorde). Voorbeeld van afvoer: (2)
Downloaded from hlayiso.com 10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2017) 4.2 Vind ʼn Kontaknommer Menu Opsie: Skryf kode wat die gebruiker sal vra om ʼn ouer se naam en van in te tik. Die kontaknommer moet dan in ʼn dialoogkomponent vertoon word. GEEN FILTERS MAG GEBRUIK WORD NIE. Voorbeeld van afvoer as Kyle Graham ingetik word: (9) 4.3 Welsyn (‘Cast Welfare’) Menu Opsie Al die inligting van die ouers wat hulself beskikbaar stel vir die rolspelers se welsyn (‘Cast Welfare’), moet vertoon word. Voorbeeld van afvoer: (2) 4.4 Alle Helpers Menu Opsie: Skryf kode om te tel hoeveel ouers hulself beskikbaar gestel het en vertoon die getal. Voorbeeld van afvoer: (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11 4.5 Voegby Menu Opsie: Voeg die volgende ouer by die databasis: Naam = Paige Van = Watson Kontaknommer = 0832454216 Voorbeeld van afvoer: (5)  Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor die program.  ʼn Drukstuk van die kode mag vereis word. TOTAAL VRAAG 4: [20] TOTAAL: 150

Study this subject

More from Grade 11 Information Technology

View all