Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2017
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Information Technology Grade 11 P2 2017 QP (Afr)
Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape November 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Kortvrae (15)
AFDELING B: Stelseltegnologieë (21)
AFDELING C: Kommunikasie en Netwerktegnologieë (26)
AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (24)
AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (25)
AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (39)
2. Lees al die vrae deeglik deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Die puntetoekenning dien oor die algemeen as 'n aanduiding van die aantal
feite/redes wat benodig word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Watter van die volgende is NIE ʼn korrekte wyse waarop stoortoestelle en
geheue verskil NIE?
A Stoortoestelle is stabiel en permanent.
B Dit is baie vinnig in vergelyking met ETG (‘RAM’).
C Die koste per GG (‘GB’) van ʼn stoortoestel is aansienlik minder as
die koste per GG (‘GB’) van ETG (‘RAM’).
D Die meeste stoortoestelle is meganies. (1)
1.1.2 Watter een van die volgende is ʼn voordeel van virtualisasie?
A Jy sal hardeskyfspasie bespaar
B Jy sal geld bespaar, maar tyd verloor
C Jy sal die vlak van doeltreffendheid verhoog
D Jy sal minder geheue gebruik. (1)
1.1.3 ʼn Sagteware programfout word veroorsaak deur …
A ʼn programmeringsfout.
B ʼn virus. (1)
C ʼn geaktiveerde Trojaanse perd.
D ʼn SQL invoeging.
1.1.4 VPN beteken ...
A ‘Very Private Network’.
B ‘Virtual Protocol Network’.
C ‘Very Powerful Network’.
D ‘Virtual Private Network’. (1)
1.1.5 Hierdie tegnologie word nou ontwikkel om ‘Flash’ tegnologie op
webtuistes te vervang.
A HTML3
B HTML5
C JAVASCRIPT
D PHP (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
1.1.6 Watter een van die volgende word met ʼn JPEG-lêer geassosieer?
A Video
B Musiek
C Teks
D Prente (1)
1.1.7 RIT (‘RIA’) is besig om ʼn baie algemene Internet funksie te word. Brei
die term, ‘RIA’, uit.
A Real Internet Application
B Rich Internet Application
C Realtime Internet Application
D Robust Internet Application (1)
1.1.8 Watter een van die volgende is ʼn eienskap van kwaliteit-data in ʼn
databasis?
A Kort
B Huidigheid
C Stiptelikheid
D Perfek (1)
1.1.9 Watter een is NIE ʼn voordeel of eienskap van ʼn statiese webtuiste
NIE?
A Relatief eenvoudig om te ontwerp.
B Het nie baie krag van bediener nodig nie.
C Ontwerp slegs vir kliënte.
D Kan verander afhangende van die gebruiker se vereistes en
voorkeure. (1)
1.1.10 Watter een is NIE ʼn funksie of rol van ʼn databasis-administrateur NIE?
A Om die databasis met behulp van ʼn DBBS (‘DBMS’) te bestuur en
onderhou.
B Vaslegging en inlees van data in die databasis.
C Om gebruikers van die databasis se toegangsregte te skep en
onderhou.
D Om gereëlde instandhouding van die databasis te doen. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 5
1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5).
1.2.1 ʼn Laai-toets word deur die BTAS (‘BIOS’) gedoen om seker te maak
dat al die belangrike hardeware teenwoordig is, asook in ʼn werkende
toestand (1)
1.2.2 Die konfigurasie van twee of meer hardeskywe met die doel om data
verlies te verminder (1)
1.2.3 Die onmiddellike en reële tyd aflewering van media-inhoud na ʼn
ontvangende toestel, wat begin sodra die media oopgemaak word (1)
1.2.4 ʼn Enkele feit of die kleinste data-eenheid in ʼn databasis (1)
1.2.5 Diagramme wat gebruik word om die verhoudinge tussen entiteite voor
te stel (1)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
Jy het besluit om die volgende skootrekenaar, vir jou nuwe webontwerp besigheid, te
koop.
• 15.6" HD Skerm
• 4GB ETG (‘RAM’), 500GB HDD
• 5th Generation Intel® Core™i3-5005U
Verwerker (3M Kasgeheue, 2.00 GHz)
• Intel HD Grafika 4400
• 1 Jaar Waarborg
2.1 Gebruik die skootrekenaar se spesifikasies om die volgende vrae te beantwoord.
2.1.1 Identifiseer die SVE (‘CPU’) vervaardiger. (1)
2.1.2 Wat is die SVE (CPU) se spoed? (1)
2.2 Die SVE (‘CPU’) is een van die mees belangrikste komponente van ʼn
rekenaarsisteem.
2.2.1 Identifiseer nog ʼn verwerker wat in ʼn rekenaarsisteem gevind kan word.
Verduidelik hoe hierdie verwerker met die hoof SVE (‘CPU’) werk. (2)
2.2.2 Noem die VIER stappe van die masjiensiklus. (4)
2.3 Jy het van jou IT-vriende gehoor sê: “Vasteware op sekere van die
rekenaarkomponente moet dalk opgegradeer word”.
2.3.1 Word vasteware as ETG (‘RAM’) of LAG (‘ROM’) geag? (1)
2.3.2 Definieer die term vasteware. (2)
2.3.3 Noem DRIE redes waarom die vasteware van ʼn toestel opgegradeer
moet word. (3)
2.3.4 Wat beteken ‘flashing the ROM’? (1)
2.4 Jy is gevra om die vermoëns van ʼn toep op 4 verskillende bedryfstelsels vir jou
werkgewer te toets. ʼn Voorstel is gemaak dat dit vinniger sal wees as jy
virtualisasie toepas.
2.4.1 Definieer die term virtualisasie. (1)
2.4.2 Stel ʼn metode voor hoe jy virtualisasie sal gebruik om die toep op die vier
bedryfstelsels te toets. Noem al die stappe wat gevolg moet word. (5)
TOTAAL AFDELING B: 21
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 7
AFDELING C: KOMMUNIKASIE EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
[Bron: http://www.colourbox.com ]
Jy oorweeg om ʼn Wi-Fi netwerk op te stel om al die toestelle in die kantoor te koppel. Jy
gaan die bostaande uitleg gebruik.
3.1 ʼn Vriend stel voor dat ʼn kabel-netwerk opgestel word.
3.1.1 Noem TWEE redes hoekom ʼn netwerk benodig word. (2)
3.1.2 Noem TWEE nadele van ʼn rekenaarnetwerk. (2)
3.1.3 Beskryf TWEE redes waarom ʼn gekoppelde netwerk verkies word in
plaas van ʼn kabellose netwerk. (2)
3.2 Jy het besluit om van ‘Wi-Max’-tegnologie gebruik te maak om aan die Internet te
koppel.
3.2.1 Noem TWEE ander tegnologieë wat gebruik kan word om aan die
Internet te koppel. (2)
3.2.2 Motiveer hoekom jy Wi-Max, in plaas van die ander TWEE maniere wat in
VRAAG 3.2.1 genoem is, gekies het. (1)
3.2.3 Noem die toestel wat jy benodig om jou lokale netwerk met die Internet te
verbind. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
3.3 Jy sal van SoIP (‘VOIP’) en EPOP (‘SMTP’) moet gebruik maak om met jou
kantoorpersoneel te kommunikeer, as jy reis.
3.3.1 Brei die afkorting SoIP (‘VOIP’) uit. (1)
3.3.2 Verskaf TWEE voorbeelde van programme wat van SoIP (VOIP)
gebruik maak. (2)
3.4 Jy het ook besluit om ʼn slimfoon en toeps te gebruik om jou besigheid te
doen.
3.4.1 Bespreek TWEE groot hardeware verskille tussen ʼn slimfoon en ʼn
konvensionele telefoon. (2)
3.4.2 Noem DRIE algemene bedryfstelsels wat op slimfone gebruik word. (3)
3.4.3 Wat word bedoel met die term mobiele toeps (‘mobile apps’)? (1)
3.4.4 Verskaf TWEE voordele van die gebruik van mobiele toeps in plaas
van gewone deurblaaiers. (2)
3.5 Toe jou vriend op die Internet rondgeblaai het, het hy agtergekom dat die
adresse met 'http' of 'https' begin.
3.5.1 Wat beteken die p in 'http' en 'https'? Verskaf ʼn definisie. (2)
3.5.2 Wat is die hoofverskil tussen http en https? (1)
3.6 Jy het spesifieke nuuswebtuistes wat jy gereeld besoek. RSS-voer is aan jou
voorgestel.
3.6.1 Verduidelik hoe RSS-voer werk. (1)
3.6.2 Noem ʼn ander toepassing wat van RSS-voere gebruik maak. (1)
TOTAAL AFDELING C: 26
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 9
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
myClientsTB
CustomerID OrderID ProductID UnitPrice Quantity Total
RONNIES 10M 11 72.00 10 720.00
SPAR 11L 42 15.00 5 45.00
RHINO 17R 72 75.69 6 454.14
MMSE 21M 44 69.99 5 349.95
RHINO 22R 40 50.00 12 720.00
Soos wat jy werk, besluit jy om ʼn databasis met inligting rakende bestellings, kliënte
en produkte te hou, soortgelyk aan die een hierbo.
4.1 Gebruik die gegewe tabel om die volgende vrae te beantwoord.
4.1.1 Identifiseer die volgende. Maak gebruik van die tabel.
(a) ʼn Veld
(b) ʼn Rekord
(c) Die tabelnaam (3)
4.1.2 Identifiseer die oortollige veld. Motiveer jou antwoord. (2)
4.1.3 (a) Wat is die funksie van ʼn primêre sleutel? (1)
(b) Identifiseer die veld wat ʼn primêre sleutel-veld kan wees. (1)
4.2 Terwyl die databasis bespreek is, word daar voorgestel dat jy ʼn verspreide
databasis in jou klein kantoor gebruik.
4.2.1 (a) Wat is ʼn verspreide databasis? (1)
(b) Motiveer waarom dit nie ʼn goeie idee is nie. (1)
4.2.2 Stel ʼn meer gepaste databasis vir jou kantoor voor. (1)
4.2.3 Gee ʼn voorbeeld van ʼn program wat gebruik kan word om ʼn
verspreide databasis te ontwerp. (1)
4.2.4 Is dit moontlik dat baie personeellede terselfdertyd op ʼn verspreide
databasis kan werk? Motiveer jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
4.3 Noem DRIE take wat deel van data onderhoud (‘data maintenance’) is. (3)
4.4 Jy het uiteindelik besef om ʼn relasionele databasis model te gebruik.
4.4.1 Definieer die term relasionele databasis. (1)
4.4.2 Verduidelik hoekom vreemde sleutels in ʼn relasionele databasis
gebruik word. (2)
4.4.3 Nadat die bostaande tabel geanaliseer is, het jy besef dat dit van
twee entiteite, Klient en Produk, gebruik maak. Gebruik 'n
eenvoudige ER-diagram om te wys hoe die entiteite verbind word. (5)
TOTAAL AFDELING D: 24
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 11
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 ʼn Toepassing wat jou kan help om eenvoudige wagwoorde te skep, is benodig. ʼn
Deel van die program moet al die klinkers in ʼn van verwyder. Daar word
voorgestel dat jy ʼn funksie met parameters, in plaas van ʼn prosedure, gebruik
wat die van sal ontvang en dan dit sonder klinkers terug stuur.
5.1.1 Wat beteken die term parameter? (1)
5.1.2 Verduidelik wat bedoel word met die term terugstuur (‘returns’). (1)
5.1.3 Gee ʼn voorbeeld van ʼn ingeboude funksie wat ten minste een parameter
benodig. (1)
5.1.4 Onderskei tussen ’n funksie en ʼn prosedure. (2)
5.1.5 Ontwerp ’n algoritme om al die klinkers uit die van te verwyder. (8)
5.2 Tekslêers word gebruik om baie inligting vinniger vas te lê.
5.2.1 Hoekom word ʼn 'WHILE'-lus gebruik wanneer inligting uit ’n tekslêer
gelees word? (1)
5.2.2 Verduidelik die volgende terme:
(a) Reset (1)
(b) Append (1)
(c) Assignfile (1)
5.3 Skikkings word in baie programmeringstoepassings gebruik. ’n Skikkingelement
moet ’n indeks hê as dit in ’n program gebruik word.
5.3.1 Wat is ’n skikking? (1)
5.3.2 Wat is ʼn element in ’n skikking? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
5.3.3 Bestudeer die volgende kode en voltooi die naspeurtabel.
x5
Index0
REPEAT
y x MOD 2
y x DIV 2
Index Index + 1
Result[Index] y
UNTIL x = 0
y x Index Result
[3] [2] [1]
- 5 0 - - -
1 2 1 - - -
(6)
TOTAAL AFDELING E: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 13
AFDELING F: GEINTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
As ʼn jong entrepreneur is daar baie konsepte wat jy in jou besigheid moet verstaan of
kan toepas.
6.1 Jy het ondersoek ingestel na die gebruik van sosiale media en jy word oor sosiale
manipulasie gewaarsku.
6.1.1 Wat is sosiale manipulasie? (1)
6.1.2 Noem en gee ʼn voorbeeld van sosiale manipulasie. (2)
6.1.3 Beskryf TWEE maniere hoe jy sosiale manipulasie kan vermy. (2)
6.2 Op een van die sosiale media nuusvoere het jy gesien dat een van jou vriende by
Wimpy Greenacres is (‘checked in’) en dat hy in ʼn vergadering is.
6.2.1 Identifiseer die tipe rekenaarverwerking (‘computing’) wat in hierdie
voorbeeld gebruik is. (1)
6.2.2 Noem die tipe toestel/stelsel wat nodig is sodat hierdie tipe verwerking
kan plaasvind. (1)
6.2.3 Verduidelik hoe hierdie tegnologie deur besighede gebruik kan word. (2)
6.2.4 Foto’s wat deur jou vriend geneem is bevat metadata wat wys waar die
foto geneem is.
(a) Verduidelik wat metadata is. (2)
(b) Wat word die vermoë van ʼn kamera genoem wat dit moontlik maak
om die fisiese ligging waar die foto geneem is, te stoor? (1)
6.3 Een van die kliënte het aangedui dat hy dalk van jou dienste gebruik gaan maak.
Hulle beplan om besigheid te doen met ʼn bekende Internetprotokol TV (‘IPTV’)
maatskappy wat ook ‘VOD’ dienste verskaf.
6.3.1 Wat is die Internet? (1)
6.3.2 Differensieer tussen IPTV en ‘VOD’ dienste. Gee voorbeelde waar elkeen
gebruik kan word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
6.4 Jy is gevra om te help om eindgebruiker-AGP (‘end-user AUP’) dokumente op te
stel vir ʼn nuwe opvoedkundige instansie se netwerk.
6.4.1 Verduidelik kortliks wat eindgebruiker-AGP dokumente is. (1)
6.4.2 Beskryf TWEE aspekte wat in die dokumente ingesluit moet word. (2)
6.4.3 Noem TWEE take wat netwerk bestuurders moet doen om seker te
maak dat die AGP effektief is. (2)
6.5 Soos wat die werklading vermeerder, besef jy dat iemand aangestel moet word
om jou te help met die ontwerp van webtuistes. ʼn Vriend stel jou aan ʼn moontlike
werknemer voor. Die persoon was vir die afgelope vyf jaar ʼn webskepper (‘web
author’).
6.5.1 Verduidelik die DRIE hoofvaardighede wat benodig word om webtuistes
te ontwerp. (3)
6.5.2 Noem TWEE pligte van ʼn webskepper (‘website author’). (2)
6.5.3 Motiveer hoekom jy hierdie webskepper vir die werk sal aanstel of nie. (2)
6.6 Een van die take wat verrig moet word vir die privaat opvoedkundige instansie is
aanlyn-opnames (‘surveys’). Die resultate wys dat een van die beperkinge van
IKT (‘ICT’) is angs van IKT (‘ICT’).
6.6.1 Beskryf TWEE ander faktore wat IKT en enige IKT vordering beperk. (2)
6.6.2 Motiveer DRIE maniere hoe IKT die besigheidswêreld en alledaagse
bedrywighede positief beïnvloed het. (3)
6.7 As gevolg van die globalisering van besighede, het jy besluit om
skarebefondsing (‘crowd-funding’) as een van jou projekte te gebruik.
6.7.1 Verduidelik kortliks wat skarebefondsing is. (2)
6.7.2 Noem DRIE faktore of tendense wat globalisering aanmoedig. (3)
TOTAAL AFDELING F: 39
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 11 P1 2017 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2018 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 11 P2 2020 QP (Eng)
More from Grade 11 Information Technology

Annual teaching plan
Gr 11 Info Tech ATP 2023 24

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P2 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 11 P1 2022 Memo (Afr)

Question paper and memo