You're offline
Skip to content
Memorandum

Life Orientation October 2019 Memo Afr rewrite hlayiso.com

Subject: Life OrientationGrade 12201922 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LEWENSORIËNTERING ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK (AANVULLEND) 2 OKTOBER 2019 NASIENRIGLYNE PUNTE: 80 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 2 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne BELANGRIKE NOTA AAN ALLE NAIENERS:  Indien die kandidaat die getal antwoorde oorskry, moet slegs die vereiste getal antwoorde nagesien word.  Die oorblywende antwoorde moet deurgehaal word en die volgende afkorting moet geskryf word: OGVA (oorskry die getal antwoorde). AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 D () 1.1.2 B () 1.1.3 A () 1.1.4 B () 1.1.5 C () (5) 1.2 1.2.1 Leerderskap () 1.2.2 Soepelheid () 1.2.3 Impakstudies () 1.2.4 Sensuur () 1.2.5 Skoolgebaseerde Assessering () (5) 1.3. 1.3.1. Gee TWEE redes waarom dit belangrik is om vrae te analiseer wanneer eksamens afgelê word. Punte moet as volg toegeken word: EEN punt elk () vir elk van die TWEE maniere. Dit kan jou in staat stel om…  te fokus op die kern-instruksies van 'n vraag. ()  te bepaal of daar meer as een deel of sub-vraag tot die vraag is. ()  jou antwoorde meer doeltreffend te beplan.()  die diepte van die antwoorde na aanleiding van die puntetoekenning te bepaal. ()  oor die korrekte onderwerp/inhoud te skryf soos vereis van die vraag. ()  te bepaal wat die formaat van die antwoorde behoort te wees, bv. kort of uitgebreide antwoorde. ()  nie tyd te verkwis deur meer antwoorde te skryf as wat die vraag verwag nie. ()  te bepaal hoeveel tyd jy moet spandeer om die vraag te beantwoord. (2x1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 3 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne 1.3.2 Gee TWEE redes waarom dit belangrik is om vrae te analiseer wanneer eksamens afgelê word. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Belastingpligtigheid beteken...  dat jy 'n verantwoordelikheid het om belasting te betaal () indien jy enige vorm van inkomste ontvang. ()  om jou volle belasting te betaal () en nie te kul met jou belastingopgawe in 'n poging om jou belastingverpligtinge te ontduik nie. () (1x2) (2) 1.3.3 Bespreek EEN rede waarom 'n mens verskillende kennisperspektiewe behoort te respekteer wanneer daar met ander gekommunikeer word. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Deur verskillende kennisperspektiewe te respekteer, kan dit 'n mens help om…  jou denke te verbreed () wat kan help om albei kante van 'n situasie/storie te verstaan. ()  ontslae te raak van dit wat jou sienswyse kan beperk () en jou sodoende kan help om te groei in jou denkwyse. ()  'n nuwe wêreld oop te maak () en jou sodoende toelaat om nuwe dinge oor jouself/jou lewe/realiteit te ontdek. ()  dinge vanuit 'n ander perspektief te sien () wat jou kan help om verskillende perspektiewe te aanvaar/begrip te toon daarvoor. ()  erkenning te gee aan die feit dat ons almal op verskillende maniere dink () wat jou kan help om meer verdraagsaam teenoor ander te wees. ()  oorweging te skenk aan nuwe dinge () wat kan help om bevestiging te kry oor belangrike besluite wat jy in die lewe moet maak. ()  nie bevooroordeeld te wees oor/beïnvloed te word deur dit wat ander as goed/sleg beskou nie () en sodoende jouself toelaat om jou eie opinie oor iets te vorm. ()  effektief te kan kommunikeer () wanneer jy oorweging skenk aan die inligting wat ander bied. () (1x2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 4 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne 1.3.4 Assesseer waarom dit vir die media belangrik is om 'n gebalanseerde benadering te volg wanneer daar binne 'n demokratiese samelewing verslag gedoen word. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Om 'n gebalanseerde benadering te volg is belangrik, want dit mag...  alle landsburgers aanmoedig om verskeie opinies te aanvaar() deur oop gesprekke via die media in gemeenskappe te hê. ()  'n voortdurende vloei van nuwe/innoverende idees/opinies in die samelewing tot gevolg hê () deur die media wat deurgaans informele gesprekke stimuleer. ()  verseker dat die konserwatiewe stem, wat ook nodig is in die samelewing, nie onderdruk word nie () aangesien daar nie voorkeur aan liberale opinies alleenlik gegee word nie. ()  verseker dat almal hulle opinies oor publieke sake as belangrik tot besprekings sal beskou () aangesien die media mense van alle groepe aanmoedig om hul sieninge/opinies te deel. ()  help om diversiteit/dat mense mag verskil aan te moedig () deurdat die media verdraagsaamheid onder alle landsburgers aanmoedig. ()  almal in die samelewing se denkwyse ontwikkel () deurdat die media deurgaans opbouende debatte oor publieke sake toelaat. ()  mense help om die vrymoedigheid te hê om hul eie opinie oor enige kwessie te vorm () deur die media wat 'n vrye vloei van idees in publieke debatte toelaat. ()  ten alle tye objektiwiteit verseker () en sodoende verhoed die media partydigheid ten gunste van of teen sekere groepe. () (2x2) (4) TOTAAL AFDELING A: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 5 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne AFDELING B (VERPLIGTEND) 1. In hierdie afdeling moet kandidate se antwoorde sover moontlik in volsinne geskryf word. Vir 'n 3- of 4-punt vraag moet 4, 3, 2, 1 of 0 (nul) punte dus toegeken word, afhangend van die vlak van die antwoord gegee. 2. Let daarop dat vir elke kategorie van die kandidate se antwoorde, moet daar onderskei word tussen uitstekende, goeie, bevredigende en swak antwoorde. 3. Die frase 'of enige ander relevante antwoord' moet as volg gemerk word:  Die leerders se antwoorde MOET toon dat hulle die vraag beantwoord het.  Hierdie antwoorde MOET ook AANSLUIT by die antwoorde in die merkriglyne. VRAAG 2 2.1 Identifiseer die arbeidswet wat in die uittreksel hierbo verbreek is en verduidelik hoe dit met hierdie scenario verband hou . Punte moet as volg toegeken word: EEN punt vir die arbeidswet () en TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Die relevante arbeidswet:  Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 75 van 1997 () (1) EN Dit is relevant tot die scenario aangesien die werkgewer die wet oortree het wat…  die vergoeding van werkers en die werkskontrak reguleer/verseker dat dit volgens die arbeidswet is () en sodoende die werkers beskerm teen onderbetaling soos aangedui in die scenario. ()  reëls en regulasies maak oor die regte van werkers ten opsigte van regverdige arbeidspraktyke () en daardeur die werkgewer verantwoordelik hou om die regulasie te gehoorsaam en nie te doen 'soos hy goeddink' nie. ()  werkers en werkgewers toelaat om geskille buite die die hof te skik () en daardeur arbeidsvrede en regverdige arbeidspraktyke te bevorder.() (1x2) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 6 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne 2.2 Verduidelik wat die rol van vakbondverteenwoordigers kan wees met verwysing na die scenario hierbo. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Die vakbondverteenwoordigers kan…  medewerkers help/verteenwoordig met griewe/arbeidsgeskille () en op die manier verseker dat werkgewers verantwoordelik gehou word vir enige onregverdige arbeidspraktyke. ()  verseker dat daar behoorlike prosedure in plek is vir medewerkers om kwessies aan te meld () en hulle sodoende in staat stel om onregverdige arbeidspraktyke aan te meld sonder vrees vir intimidasie/of dat hulle hul werk mag verloor. ()  medewerkers aanmoedig om hulle te vergewis van hul werkskontrakte,() want dit kan verseker dat hulle bewus sal wees van wanneer hulle regte geskend word. ()  massamedia soos sosiale media/radio/televisie/koerante, ens. gebruik() om werkgewers en werkers in te lig en op datum te bring met arbeidsregulasies. ()  medewerkers, deur middel van vergaderings, aanmoedig om by vakbonde aan te sluit () sodat hulle, indien nodig, verteenwoordig kan word deur 'n vakbond. ()  bewusmaking skep oor die rol van vakbonde, i.e. die beleide en dienste wat daar beskikbaar is vir lede () sodat hulle kan weet waar om advies/hulp te kry. ()  nagaan of werkgewers hou by die wet deur die manier hoe hulle hul werkers behandel () om sodoende moontlike stakings deur werkers te voorkom. ()  die relevante inligting rakende geskille vanaf hul werkgewers kry () wat die verteenwoordiger kan toelaat om medewerkers met arbeidskwessies te ondersteun/hulle te verteenwoordig. () (1x2) (2) 2.3 Bespreek EEN manier waarop die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 55 van 1998 vir regstelling in die werksplek voorsiening maak. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) maak voorsiening...  dat die onreg van die verlede wat benadeelde groepe ervaar het deur regstellende aksie aanspreek word () en op die manier wis dit vorige onregverdighede uit. ()  vir onregverdige diskriminasie om uitgewis te word () sodat gelyke werksgeleenthede vir alle mense geskep kan word. ()  vir die reg om jou griewe na die verskeie arbeidsforums te neem () sodat die onregverdighede aangespreek en met die relevante partye opgeneem kan word. ()  vir die wet om dit wat tans verkeerd is, reg te maak () sodat onregverdige arbeidspraktyke uitgewis kan word. () (1x2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 7 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne 2.4 Assesseer TWEE moontlike redes waarom daar steeds werkers is wat uitgebuit word en nie volgens die tariewe in die Nasionale Minimum Loon Wet betaal word nie. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde:  Baie werkers verstaan dalk nie hulle regte nie () en gevolglik kan hulle maklik uitgebyt word deur werkgewers. ()  Baie werkers leef en werk in afsondering (weg van die breë gemeenskap af) () en mag daarom nie bewus wees van hul regte nie.()  Daar is baie keer geen formele werksbeskrywing of werkskontrak tussen die werkgewer en hul werkers nie () daarom word werkers aan onregvedige arbeidspraktyke blootgestel. ()  Sommige werkers mag onwettige immigrante wees wat desperaat is vir geld () en mag daarom enige werk teen 'n lae salaris aanvaar. ()  Baie mense leef in armoede () wat hulle mag dwing om die onregverdige arbeidspraktyke/enige werkskondisies te aanvaar om hulle lewenstandaard te verbeter. ()  Baie werkers mag nie bewus wees van die Nasionale Minimum Loon/Nasionale Minimumloon Wet nie () daarom gaan werkgewers voort met die onderbetaling van werkers. () (2x2) (4) 2.5 Stel TWEE praktiese maniere voor wat kan verseker dat werkgewers die arbeidswette in die land nakom. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit:  Werkgewers kan gereelde opleiding oor arbeidswette bywoon () aangesien hulle dan voortdurend opgeskerp word oor hoe om arbeidskwessies te hanteer. ()  Opleiding van werkgewers in arbeidswette deur kundiges () aangesien dit mag verseker dat die inhoud en dit wat geleer moet word, suksesvol oorgedra kan word sodat werkgewers die wette suksevol implementeer. ()  Gereelde opleiding van departementele amptenare wat werkgewers monitor () wat kan verseker dat die wette doeltreffend toegepas word deur werkgewers. ()  Werkers kan op 'n gereelde basis blootgestel word aan opnames oor die implementering van arbeidswette in die werksplek () wat kan verseker dat enige onregverdige arbeidspraktyke deur werkgewers op 'n vroeë stadium geïdentifiseer en aangespreek word. ()  Kry praktiese sisteme in plek om die implementering van arbeidswette in die werksplek te monitor () wat kan verseker dat werkgewers die arbeidsregulasies strenger volg. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 8 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne  Gereelde assessering van die kwalitieit van die inspeksies wat deur amptenare gedoen word () sodat regstellende maatreëls in plek gestel kan word om te verseker dat hierdie inspeksies tot meer doeltreffende implementering van arbeidswette in die werksplek lei. ()  Gereelde publikasies/verspreiding van inligting oor arbeidswette wat maklik toeganklik kan wees vir werkgewers () en op die manier kan werkgewers altyd bewus bly van die arbeidswette. ()  Werkgewers kan hulself evalueer () sodat hulle gereeld kan kyk of hulle arbeidspraktyke in lyn is met die arbeidswette. ()  Verseker dat die Departement van Arbeid genoeg veldwerkers in diens neem/ontplooi wat arbeidspraktyke in die werksplek gereeld en behoorlik kan monitor () wat kan verseker dat werkgewers nie in enige gegewe situasie die arbeidswette sal ondermyn nie. () (2x2) (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 9 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne VRAAG 3 3.1 Definieer die term ramp en gee TWEE voorbeelde van rampe wat deur moontlik mense veroorsaak kan word. Punte moet as volg toegeken word: EEN punt () vir die definisie en EEN punt () vir elke voorbeeld. Moontlike antwoorde: Definisie:  'n Skielike ongeluk of natuurlike tragedie wat groot skade of verlies van lewe/ledemate/eiendom veroorsaak. ()  'n Skielike, skokkende gebeurtenis wat die funksionering in die samelewing ontwrig. ()  'n Ernstige ontwrigting wat oor 'n kort tydperk voorkom en tot lyding/ besering lei. ()  'n Aangeleentheid wat tot groot skade/die dood/'n moeilike situasie/ lyding kan lei. () (1) EN Voorbeelde van rampe wat deur mense veroorsaak kan word:  Mense wat veldvure begin deur brandende sigarette rond te gooi. ().  Die opblaas van geboue/groot groepe mense by samekomste. ()  Skietery in publieke plekke. ()  Mense wat giftige afvalstowwe in riviere stort wat deur plaaslike gemeenskappe gebruik word. ()  Roekelose bestuur wat die dood/ernstige beserings kan veroorsaak. ()  Die gebruik van kos wat verby die vervaldatum is/ongewasde kosprodukte wat voedselvergifting tot gevolg kan hê. () (2x1) (3) 3.2 Verduidelik EEN menslike faktor wat kan bydra tot rampe soos stormlope by sosiale en sportsgeleenthede. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde:  Rumoerige/onbeheersde/'wilde' gedrag van die skare () wat gedryf kan word deur die emosies van die groep eerder as individuele reaksies.()  Die verkoop van vervalste kaartjies teen laer pryse () wat 'n groot getal geïnteresseerde aanhangers kan trek wat dit nie kon bekostig om die oorspronklike kaartjies te koop nie. ()  'n Tekort aan/swak sekuriteitsmaatreëls by die plekke () wat tot maklike toegang na die plek en tot 'n oorvol plek kan lei. ()  Korrupte sekuriteitspersoneel () wat aanhangers gratis mag toegang gee in ruil vir omkoopgeld. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 10 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne  Die gebruik van middele deur toeskouers by so 'n geleentheid () wat baie keer tot abnormale/rumoerige/riskante gedrag lei. ()  Organiseerders wat nie voorsiening maak vir genoeg ingange/uitgange by die plek nie () wat kan veroorsaak dat mense paniekerig/angstig/ongeduldig raak terwyl hulle in die rye wag. ()  Onregverdige optrede/besluitnemeing deur 'n skeidsregter () wat rumoerige toeskouergedrag kan veroorsaak en tot oproerigheid kan lei.()  Onvoldoende sekuriteitspersoneel () wat dit moeilik kan maak om paniekerige skares te beheer. ()  Enige ande relevante antwoord vir TWEE punte. (1x2) (2) 3.3 Bespreek EEN moontlike emosionele invloed wat 'n ramp soos 'n stormloop op mense kan hê wat sosiale en sportgeleenthede bywoon. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde:  Mense kan ly aan post-traumatiese stres/depressie () as gevolg van die onaangename herinneringe van die toneel/slegte ervaring. ()  Diegene wat geliefdes verloor het kan met skuldgevoelens sukkel, () want hulle kan hulself blameer omdat hulle nie die dood kon verhoed van diegene wat op daardie stadium saam met hulle was nie. ()  Diegene wat beserings opgedoen het, kan sukkel met innerlike konflik,() want hulle mag spyt wees dat hulle die geleentheid bygewoon het. ()  Ongedeerde aanhangers/toeskouers kan aan vrees/'n fobie ly vir sosiale/sportsgeleenthede, () want sulke geleenthede mag slegte herinneringe oproep/hulle mag 'n vrees hê dat hulle weer deur 'n soortgelyke ervaring mag gaan. ()  Slagoffers kan nagmerries kry oor die dag se gebeure, () want hulle mag dit moeilik vind om die trauma wat hulle ervaar het, te hanteer. ()  Mense kan skielik angs/angsaanvalle begin ervaar () as gevolg van dinge wat die slegte herinneringe van die ramp herroep. ()  Sommige slagoffer kan engtevrees ontwikkel () as gevolg van die skielike samedrom wat hulle by die geleentheid ervaar het. ()  Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte. (1x2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 11 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne 3.4 Assesseer hoe die bywoon van sosiale en sportsgeleenthede kan help in die ontwikkeling van jou sosiale vaardighede om positiewe verhoudings te bou en behou. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Die bywoning van sosiale en/of sportsgeleenthede, kan jou in staat stel om…  'n band met mense te vorm en nuwe vriende te maak () wat jou sosiale kringe kan uitbrei waar jy meer kan leer oor hoe om verskillende tipe mense te hanteer. ()  met vriende te ontmoet en sosialiseer () en daardeur verhoudings met mense te vorm wat lank kan hou en jou kan ondersteun wanneer jy uitdagings in die lewe ervaar. ()  te voel jy behoort aan/vorm deel van 'n groep met dieselfde spangees() aangesien sulke geleenthede mense bymekaar bring en sosiale samehorigheid bevorder. ()  die sosiale vaardighede te bekom wat jy mag nodig hê om oor verskillende sosiale platforms goed te kan werk in 'n span () wat aangename persoonlike verhoudings en samewerking met ander mense kan verseker. ()  nuwe kennis op te doen deur aan verskillende kulture/denkwyse en idees voorgestel te word () wat jou kan help om mense van verskillende agtergronde beter te verstaan om sodoende positiewe verhoudings te bou. ()  jou sosiale gedrag te verander/verbeter soos jy aan mense van verskeie agtergrond blootgestel word () en op die manier kan jy leer om beter oor die weg te kom met mense oor die algemeen en positiewe verhoudings te behou daardeur. () (2x2) (4) 3.5. Stel TWEE praktiese maniere voor wat jy kan gebruik om te voorkom dat jy 'n slagoffer van 'n rampspoedige situasie by enige groot sosiale of sportgeleentheid word. Motiveer ELKE antwoord. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. Jy kan…  familie/vriende inlig oor die geleentheid wat jy gaan bywoon () sodat hulle jou kan opspoor indien daar enige noodgeval ontstaan wat met die geleentheid te doen het. ()  seker maak dat jy noodnommers byderhand het/dat jou foon volgelaai is/genoeg lugtyd/data het () sodat jy oproepe kan maak in geval van nood. ()  die gebruik van alkohol/onwettige middele vermy wanneer jy sulke geleenthede bywoon, () want dit kan jou help om op 'n gepaste wyse op te tree tydens 'n tragedie/aangesien jy nugter moet wees/in staat moet wees om helder/rasioneel te dink wanneer jy met 'n noodgeval gekonfronteer word. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 12 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne  dit vermy om by 'n bakleiery/geveg betrokke te raak wanneer jy uitgedaag word, () want dit kan onnodige konfliksituasies verhoed wat tot in 'n ramp kan eindig. ()  ten alle tye naby jou groep bly tussen die skare; () op die manier sal jy nie die groep verloor nie en sodoende ondersteuning hê indien daar 'n krisis onstaan/sal jy nie alleen wees as daar 'n krisis sou wees nie.()  die mense wat rondom jou sit, inlig oor jou waarheen jy gaan wanneer jy rondbeweeg tydens die geleentheid () sodat hulle kan opmerk wanneer jy te lank neem om terug te kom. ()  versigtig wees om nie oorvriendelik met vreemdelinge te wees nie om te voorkom dat jy nie 'n slagoffer word van enige slegte intensies wat hulle mag hê nie, () want nie almal kan vertrou word nie/oortreders kan nie aan hul uiterlike uitgeken word nie. ()  jouself vergewis van die area/plek waar die geleentheid plaasvind () sodat jy kan weet waarheen om te gaan as jy onveilig voel. ()  seker maak dat jy betroubare vervoer gereël het om terug huis toe te gaan () sodat jy nie agtergelaat en 'n maklike prooi vir oortreders word nie. ()  seker maak dat jy bewus is van al die uitgange () sodat jy in staat kan wees om jou weg na die naaste/veiligste uitgang tydens 'n noodgeval te vind. ()  nie by bendegedrag betrokke raak nie; () dit kan tot rumoerige gedrag/chaos lei/daartoe lei dat jy jouself in gevaar stel. ()  die plek verlaat voordat dinge buite beheer raak () sodat jy nie in 'n gevaarlike situasie vasgevang word nie. () (2x2) (4) [15] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 13 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne AFDELING C 1. Kandidate moet enige TWEE vrae inhierdie afdeling beantwoord. Indien die kandidaat al drie vrae beantwoord, moet slegs die eerste TWEE antwoorde nagesien word. Die oorblywende antwoord moet deurgehaal word en die volgende afkorting moet daarby neergeskryf word: 'OGVV' (Oorskry getal vrae wat vereis word). 2. Kandidate se antwoorde moet in die vorm van PARAGRAWE wees. Punte sal slegs toegeken word vir antwoorde wat in volsinne geskryf is. 3. Die frase 'of enige ander relevante antwoord' moet as volg gemerk word:  Die leerders se antwoorde MOET toon dat hulle die vraag beantwoord het.  Hierdie antwoorde MOET ook AANSLUIT by die antwoorde in die nasienriglyne. VRAAG 4 Kandidaat se antwoord moet in paragrawe wees. Noem DRIE maniere waarop deelname in tradisionele spele kan help om 'n mens se fiksheidsdoelwitte te bereik. Punte moet as volg toegeken word: EEN punt elk () vir elk van die DRIE antwoorde. Deelname aan tradisionele spele kan…  langtermyndeelname aan fisiese aktiwiteite aanmoedig om fiks te bly. ()  saam met ander gedoen word wat dieselfde fiksheidsdoelwitte deel. ()  dit makliker maak om toegewyd te bly tot jou fiksheidsdoelwitte. ()  jou die geleentheid bied om jou vordering ten opsigte van jou fiksheid met ander te bespreek. ()  jou help om saam met ander te werk om uitdagings te trotseer. ()  jou inspireer om nie op te gee al toon jy geen vordering nie. ()  as 'n meer aangename manier ervaar word om fiks te word/bly. ()  'n makliker manier wees om fisies aktief te bly. ()  jou help om advies van ander te kry oor hoe om jou strategieë te verbeter om fiks te word. ()  jou help om meer doeltreffend te oefen en jou fiksheidsdoelwitte makliker te bereik.()  jou die geleentheid bied om ondersteuning van meer ervare mense te kry om fiksheidsdoelwitte te stel. ()  jou help om ondersteuning te kry om vordering met jou fiksheidsdoelwitte te monitor. ()  jou help om realistiese fiksheidsdoelwitte te stel. ()  'n goedkoper alternatief tot 'n gim wees/wat nie toerusting vereis om jou fiksheidsdoelwitte te bereik nie. ()  Aangepas word om enige een se fiksheidsdoelwitte te pas. () (3x1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 14 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne Bespreek DRIE moontlike voordele vir die jeug om aan tradisionele spele deel te neem wat die tradisionele waardes in vandag se samelewing kan versterk. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte elk () vir elk van die DRIE antwoorde wat goed verduidelik is. Deelname aan tradisionele spele kan jongmense …  help om hulle kulturele tradisies beter te verstaan () wat hulle kulturele identiteit kan versterk. ()  die belangrikheid leer van tradisionele gemeenskapsbetrokkenheid op 'n sosiale vlak () en hulle daardeur terugbring na die goeie beginsels binne daardie kultuur.()  blootstel aan die tradisionele spel-/sportsvaardighede () sodat belangrike lewensvaardighede wat deur hierdie spel-/sportsvaardighede aangeleer word nie verlore mag wees vir hulle kultuur nie. ()  help om die kulturele sieninge met betrekking tot manlikheid/vroulikheid binne 'n spesifieke kultuur te behou () en daardeur belangrike waardesisteme laat herleef/die beginsels in 'n kultuur herbou. ()  help om te verseker dat die kennis van inheemse spele van een generasie na die volgende oorgedra word () waardeur hulle positiewe/goeie/edele eienskappe kan ontwikkel wat eie aan hulle kultuur is. ()  die belangrikheid leer om reëls te gehoorsaam () wat die respek vir hulle seniors/ouers wat verlore gegaan het, kan herstel . () (3x2) (6) Beveel TWEE maniere aan wat geslagsgelykheid in tradisionele spele kan bevorder. Dui ook in ELKE antwoord aan hoe hierdie maniere gebruik kan word om geslagsgelykheid in alle kompeterende sportkodes te bevorder. Punte moet as volg toegeken word: DRIE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. NOTA AAN ONDERWYSER:  In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word. Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is.  Om die volle drie punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () die stelling motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. () Moontlike antwoorde:  Die struktuur van die bestaande manlike-/vroulikgedomineerde spele kan aangepas word (   ) sodat mans/vroue aangemoedig kan word om in enige tradisionele spele deel te neem () en dit mag alle geslagte blootstel aan vaardighede wat hulle beter kan voorberei vir kompeterende sport. ()  Sekere reëls van sekere spele kan verander/aangepas word () om die fisiese vermoëns van die verskillende geslagte te akkommodeer/in ag te neem () en dit mag hulle vermoëns verbeter en uiteindelik meer bevoegd maak om aan kompeterende sport deel te neem. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 15 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne  Vroulike/manlike afrigters/skeidsregters kan gebruik word in manlik-/ vroulikgedomineerde spele () om die boodskap oor te dra dat verskillende geslagte wel oor die nodige kennis en vaardighede beskik om die manlik-/ vroulikgedomineerde veld te betree () en op die manier kan dit bewys dat leiereienskappe in kompeterende sport nie net op geslag gebaseer moet word nie.()  Die rituele/prosedure/formalitieite van sekere spele kan aangepas word om by die huidige/moderne/hedendaagse situasies in te pas () wat dit meer aanloklik sal maak vir alle geslagte om deel te neem () en op die manier sal alle geslagte in alle verskillende kompeterende sport wil deelneem. ()  Moedig vroue aan om deel te neem in tradisionele spele wat fisiese krag vereis,() want dit sal hulle help om minder geïntimideerd te voel () en op die manier sal hulle die selfvertroue hê om ook in kompeterende sport deel te neem wat as meer 'manlik' beskou word. ()  Verander die tradisionele spele om gemengde geslagte in 'n span in te sluit () wat meer belangstelling by alle geslagte sal wek om deel te neem/kan wys dat enige geslag in enige spele kan deelneem () en op die manier kan hulle 'n begeerte ontwikkel om in ander kompterende sport van gemengde geslagte deel te neem/inklusiwiteit van gemengde geslagte in die bestaande manlik- of vroulikgedomineerde kompeterende sport aangemoedig word. () (2x3) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 16 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne VRAAG 5 Definieer die term werkloosheid en noem EEN negatiewe invloed wat dit op die land mag hê. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte ()) vir die definisie en EEN punt () vir elke invloed. Definisie: Werkloosheid beteken dat iemand...  nie 'n werk het nie/aktief soek vir werk () en beskikbaar is om te werk. ()  wil werk, () maar nie werk kan kry nie. () (1x2) EN Negatiewe invloed:  Werkloses is nie in staat om produktief by te dra tot die ekonomie van die land nie. ()  Meer mense word afhanklik van sosiale toelae as gevolg van hulle onvermoë om 'n betalende werk te kry. ()  Voortslepende werkloosheid plaas die ekonomie van die land onder groot druk.()  'n Verhoodge werkloosheidsyfer kan lei tot sosiale oproer/misdaad wat die wet en orde in die land kan bedreig. ()  Werkloosheid kan politieke onstabiliteit tot gevolg hê wat die ontwikkelling van die ekonomie kan strem. ()  Die land se werksmag word nie produktief benut nie. ()  Die land mag waardevolle menslike hulpbronne verloor deurdat mense in ander lande gaan werk. ()  Werkloosheid lei tot verhoogde armoede. ()  Werkloses het nie geld om te spandeer wat die ekonomie van die land kan versterk nie. ()  Werkloosheid mag druk plaas op die publieke gesondheidssisteem van die land aangesien meer werklose mense wat verskeie gesondheidsprobleme ervaar, mediese aandag verg. () (1) (3) Bespreek DRIE moontlike redes waarom die regering dit as belangrik behoort te beskou om jong, opkomende entrepreneurs te ondersteun. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte elk () vir DRIE antwoorde wat goed verduidelik is. Dit is belangrik vir die regering om jong entrepreneurs te ondersteun, want dit kan …  gebruik word as 'n geleentheid om selfwerkgeleenthede aan te moedig onder die jeug () aangesien entrepreneurskap groot potensiaal het om werksgeleenthede vir die werkloses in die land te bied. ()  gesien word as 'n manier om die plaaslike en nasionale ekonomie van die land te versterk () aangesien dit 'n geleentheid mag wees om plaaslike mense te gebruik om die werk te doen/groter inkomste vir die land te genereer. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 17 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne  gebruik word as 'n geleentheid om jongmense aan te moedig om boere te word en sodoende voedselsekuritiet vir 'n vinniggroeiende populasie verseker () en daardeur volhoubare produksie van die land se stapelvoedsel verseker. ()  as 'n geleentheid gesien word om jongmense van verskillende agtergronde aan te moedig om die gesogte industrieë te betree () en daardeur terselfdetyd inklusiwiteit in hierdie industrieë aanmoedig. ()  gesien word as 'n manier om mense aan te moedig om werk te skep () sodat minder mense op die regering staatmaak om werksgeleenthede te skep. ()  'n geleentheid wees om jongmense in sekere vaardighede te ontwikkel () en daardeur die noodsaaklike skaars vaardighede in die land ontwikkel. ()  'n manier wees om geleenthede vir opleiding te bied () om sodoende aan die eise van die 4de Industriële Revolusie te voldoen. () (3x2) (6) Beveel TWEE praktiese strategieë aan wat jy kan gebruik om te bepaal of entrepreneurskap die beste loopbaanopsie vir jou sou wees. Dui ook in ELKE antwoord aan hoe hierdie strategieë jou kan help om te verseker dat entrepreneurskap jou beste opsie is. Punte moet as volg toegeken word:  DRIE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. NOTA AAN ONDERWYSER:  In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word. Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is.  Om die volle drie punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () die stelling motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. () Jy kan…  psigometriese toetse ondergaan/loopbanverkenningstoetse aanlyn doen () om seker te maak dat jou belangstelling/vermoëns/persoonlikheidseienskappe ooreenstem met die van 'n entrepreneur () en dit mag vir jou 'n duidlike aanduiding gee of jy oor die geskikte kwaliteite beskik om 'n entrepreneur te word.()  skaduwerk doen by ander entrepreneurs/kleinsake ondernemings in jou onmiddellike omgewing () sodat jy blootgestel word aan die alledaagse kwessies wat 'n entrrpreneur in die gesig moet staar () en op die manier kan dit jou help om te bepaal of jy in staat sal wees om die realiteite van die loopbaan te hanteer. ()  gaan vir gespesialiseerde, informele opleidingssessies/uitstallings en kleinsake berade bywoon () waar jy die nodige agtergrondkennis oor entrpreneurskap kan opdoen () wat jou kan help om te bepaal of entrepreneurskap werklik jou roeping is/aanklank vind by jou. ()  beginnerskursusse doen oor finansiële/basiese hulpbronne/risiko-/natuurlike hulpbronnebestuur/boekhouding () om dan te besluit of jy oor die vermoë beskik om hierdie kritiese aspekte te hanteer () en op manier kan jy bepaal of jy in staat sal wees om die tipe uitdagings en suksesse van entrpreneurskap te kan hanteer.() Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 18 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne  toetse oor 'n reeks skaars vaardighede/'n kritiese assessering van jou vaardighede doen, bv. spesifieke bemarkings-/rekenaarvaardighede () wat belangrik is om suksesvol te wees in die bedryf () en op die manier kan jy verseker dat jy in staat sal wees om 'n besigheid effektief te kan bestuur. ()  een-tot-een gesprekke met jou moontlike teikenmark hê () wat jou kan help om die struikelblokke te ontdek () en op die manier kan jy 'n geleentheid hê om vooraf te eksperimenteer oor hoe jy hierdie realiteite gaan hanteer. ()  uitvind van kleinsakeforums wat jy kan bywoon () wat dalk in lyn is met die dienste wat jy beplan om te bied () en op die manier kan jy waardevolle inligting bekom om te bevestig of dit wel jou passie is. () (3x2) (6) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 19 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne VRAAG 6 Definieer die term onveilige/gevaarlike seksuele gedrag en noem TWEE redes waarom hierdie tipe gedrag steeds onder jongmense voorkom. Punte moet as volg toegeken word: EEN punt () vir die definisie en EEN punt elk () vir elk van die TWEE redes. Definisie: Onveilige/Gevaarlike seksuele gedrag kan die volgende insluit:  Onbeskermde seks met een/veelvuldige seksmaats. ()  Hoë risiko seksuele gedrag wat tot onbeplande swangerskappe mag lei. ()  Mense blootstel aan die gevaar om seksueel oordraagbare infeksies op te doen.()  Onbeskermde seksuele praktyke/kontak. ()  Betrokkenheid by seksuele aktiwiteite voordat jy emosioneel volwasse genoeg is om die gevolge daarvan te hanteer. () (1) EN Redes:  Mans wil dalk bewys dat hulle manlik/vreesloos/braaf/waaghalsig/altyd in beheer is. ()  Vrouens mag steeds voel dat hulle onderdanig aan mans (veral ouer mans)/die dominerende geslag moet wees.()  Mense mag instem tot onveilige seks om hul maats te 'behou'/gelukkig te hou/nie te ontstel nie/konflik te vermy. ()  Tradisionele/religieuse oortuigings kan steeds 'n groot rol speel. ()  Seksmaats mag mekaar blindelings vertrou/dalk nie praat oor die kwessie van veilige of onveilige seks nie.()  Ouers wat nie die verantwoordelikheid neem/gemaklik voel om oop gesrekke met hul tienerseuns/-dogters oor die onderwerp te hê nie. ()  Volwassenes/mense wat as rolmodelle beskou word in vandag se samelewing wat nie morele waardes handhaaf nie. ()  Jongmense mag nie gemaklik voel om van die beskikbare dienste/bronne gebruik te maak wat tot veiliger seksuele aktiwiteite kan bydra nie. ()  Jongmense wat eksperimenteer/ingee onder groepsdruk om die 'norm' te volg.()  Jongmense mag onder die invloed van middele wees wat 'n bydraende faktor tot die riskogedrag kan wees. ()  Tieners wat gesondheidsdienste as onvriendelik/ontoeganklik ervaar/dienste is nie beskikbaar nie. ()  Jongmense wat vasgevang is in verhoudings met ouer mans of vroue en nie in 'n posisie is om te onderhandel oor veiliger seks nie. ()  Jongmense wat betrokke is in verhoudings waar geld gebruik word om te handel met seks. () (2x1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 20 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne Bespreek DRIE negatiewe invloede (behalwe onbeplande swangerskap/om SOI's op te doen) wat gevaarlike seksuele gedrag op 'n jong persoon se lewe mag hê. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte elk () vir DRIE antwoorde wat goed verduidelik is. Onveilige/Gevaarlike seksuele gedrag kan…  'n negatiewe impak hê op 'n mens se vermoë om effektiewe besluite te neem ten opsigte van jou lewensdoelwitte () wat…(een van die volgende): - inbraak mag maak op/die planne mag vertraag wat jy vir jou toekomstige loopbaan gehad het. () - jou mag weerhou daarvan om aksie te neem om jou loopbaandoelwitte te volg. () - kan veroorsaak dat jy jou eintlike doel vir die lewe mis deur nie jou volle potensiaal te bereik nie. ()  ernstige gevolge vir 'n persoon se emosionele en fisiese gesondheid inhou() wat...( een van die volgende): - daartoe kan lei dat jy nie die vervullende/gelukkige en gesonde lewe kan lei soos jy begeer/beplan/voorsien het nie. () - kan veroorsaak dat jy nie die gewenste lewenskwalitieit waarvoor jy gehoop het, kan handhaaf nie.() - kan lei daartoe dat jy 'n korter lewensduur as die normale mag hê. () - jou vermoë mag affekteer om 'n produktiewe werker te wees volgens die verwagtinge van die samelewing. ()  jou kanse belemmer om jou toekomstige lewensmaat te ontmoet () as gevolg van die feit dat jy 'n immorele lewe lei. ()  jou kanse in gedrang bring om positiewe verhoudings met die belangrikste mense in jou lewe te bou en handhaaf, () want ons het familie en vriende se ondersteuning nodig om ons te help om vorenteoe te gaan in die lewe/om ons lewensdoelwitte te bereik. ()  jou verhoed om beheer van jou eie lewe te neem () wat dit moeilik kan maak om jou lewe na die beste van jou vermoë te bestuur. ()  jou beeld skade doen () en sodoende veroorsaak dat jy jou selfrespek/waardigheid verloor. ()  jou reproduktiewe sisteem beskadig () en daardeur jou kanse belemmer om kinders te hê in die toekoms. ()  veroorsaak dat jou toekomstige kinders die risiko loop om met SOI's/MIV en VIGS gebore te word () wat onnodige finansiële/emosionel/fisiese druk op jou as ouer kan plaas. ()  jou beeld in die gemeenskap skade doen () aangesien mense jou mag sien as iemand met geen/los morele waardes. ()  jou blootstel aan mense wat jou kan misbruik, () want hulle mag jou beskou as goedkoop en beskikbaar vir seksuele gunste. () (3x2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 21 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne Beveel TWEE praktiese strategieë aan wat die media kan instel om onveilige/ gevaarlike seksuele gedrag onder jongmense te ontmoedig. Dui ook in ELKE antwoord aan hoe elke strategie gesonde seksuele gedrag kan bevorder. Punte moet as volg toegeken word: DRIE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. NOTA AAN ONDERWYSER:  In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word. Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is.  Om die volle drie punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () die stelling motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. () Die media kan…  ophou om advertensies/films/filmreekse te plaas/uit te saai wat onwelvoeglike seksuele aktiwiteite/gedrag oor die algemeen mag aanmoedig () en op die manier mag jongmense minder blootstelling kry aan idees wat immorele gedrag mag aanwakker () en daardeur eerder die bewustheid van gesonde seksuele gedrag versterk. ()  hoër beperkings plaas op die druk/plaas/uitsaai van eksplisiete foto's/ stellings/tonele () sodat jongmense nie blootgestel word aan uitdagende materiaal nie () en op die manier kan hulle nie beïnvloed word deur te dink dat sulke gedrag die norm is nie. ()  ophou om die immorele gedrag van mense/televisiepersoonlikhede te sensasionaliseer/'n ophef te maak daarvan, () maar eerder meer klem plaas op die veroordeling daarvan () en op die manier kan dit etiese gedrag onder jongmense aanmoedig. ()  mense wat aanhou om die seksuele morele reëls op sosialemediaplatforms te verbreek, nie verder toelaat op die platforms nie () wat 'n sterk boodskap kan uitstuur dat sulke afstootlike gedrag nie geduld sal word deur die samelewing nie () en op die manier mag jongmense aangemoedig word om mense te volg wat meer ordentlike/waardige/eerbare gedrag openbaar.()  strenger ondersoek doen na onbetaamlike seksuele materiaal/inligting wat op die platforms versprei word () wat jongmense dan kan beskerm van blootstelling aan sulke onbetaamlike inligting/materiaal () en op die manier kan hulle nie verwar word deur teenstrydige boodskappe van die media wat risikogedrag mag aanmoedig nie. ()  wegdoen met pornografiese webtuistes wat die afstootlike aktiwiteite van mense aanvuur nie () sodat jongmense kan weet dat sulke aksies nie regverdig kan word nie () en op die manier kan jongmense duidelikheid hê oor wat aanvaarbare seksuele gedrag is. ()  adverteerders daarvan weerhou om enige geslag as seksuele objekte uit te beeld om produkte te verkoop () sodat seksuele oortredings teenoor enige geslag verhoed kan word () en op die manier kan jongmense bewus gemaak word dat dit verkeerd is om op so wyse seksueel misbruik te word.()  veldtogte instel wat weerhouding aanmoedig () om jongmense te inspireer om hulle vir so lank as moontlik van seksuele aktiwiteite te weerhou () en op die manier kan hulle 'n gesonder jeugdige lewe vir langer geniet. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 22 DBE/Oktober 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak (Aanvullend) – Nasienriglyne  veldtogte wat die gebruik van kondome aanmoedig, ondersteun () om sodoende veiliger seksuele gedrag aan te moedig by diegene wat alreeds seksueel aktief is () en op die manier kan jongmense aangemoedig word om verantwoordelikheid te neem vir hulle aksies. ()  programme instel oor seksualiteit en reproduktiewe gesondheid () wat die jeug kan opvoed oor hoe om na hulle gesondheid om te sien () en hulle op die manier aanmoedig om ingeligte besluite rakende seksuele gedrag te maak. () (3x2) (6) [15] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Life Orientation

Explore more published documents in this catalogue.

View all