Skip to content

Life Orientation Grade 12 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumLife OrientationGrade 12201921 pages

Grade 12 Life Orientation memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LEWENSORIËNTERING ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 2 SEPTEMBER 2019 NASIENRIGLYNE PUNTE: 80 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 2 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne BELANGRIKE NOTA AAN ALLE NASIENERS: Die frase 'of enige ander relevante antwoord' moet soos volg nagesien word:  Die leerders se antwoord MOET daarop dui dat hulle die vraag beantwoord het.  Die antwoorde MOET VERBAND HOU met die antwoorde in die nasienriglyne. AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 B () 1.1.2 C () 1.1.3 A () 1.1.4 C () 1.1.5 B () (5) 1.2 1.2.1 Rondte-oefeninge/hindernisbane () 1.2.2 Die Grondwet/Die Handves van Menseregte/Die Universele Verklaring van Menseregte () 1.2.3 Olimpiese Spele () 1.2.4 Plaaslike regering/munisipaliteite () 1.2.5 Verbale studiestyl () (5) 1.3 1.3.1 Identifiseer TWEE demokratiese regte wat gedurende . gewelddadige protesaksie geskend kan word. Punte moet as volg toegeken word: EEN punt () vir elk van die TWEE antwoorde. Mense se...  fisiese veiligheid/reg tot lewe/gesondheid/menswaardigheid mag in gedrang kom/bedreig word. ()  reg tot vryheid van beweging/assosiasie mag geskend word.()  eiendom mag beskadig word. ()  reg tot toegang tot fasiliteite soos publieke vervoer/instansies/ geboue/die werksplek mag beperk word. ()  vryheid tot politieke keuses/opinies mag op inbreuk gemaak word. ()  Enige ander TWEE relevante antwoorde vir EEN punt elk. (2x1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 3 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 1.3.2 Verduidelik TWEE swak studiegewoontes wat effektiewe studie kan bemoeilik. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Swak studiegewoontes kan die volgende insluit:  Die maklikste inhoud eerste leer; () wat kan veroorsaak dat jy te veel tyd daaraan spandeer met te min tyd/energie oor om die meer uitdagende werk te doen/jaag deur die moeiliker werk.()  Nie die betekenis van konsepte verstaan/verstaan wat jy leer nie; () wat kan veroorsaak dat jy sukkel om inligting te memoriseer/inligting maklik vergeet. ()  Studeer in harde geraas/waar jou aandag afgelei word/in 'n deurmekaar omgewing, () wat kan veroorsaak dat jou gedagtes dwaal/konsentrasievermoë geaffekteer word. ()  Laat op bly om te studeer/studie tot die laaste minuut uitstel,() wat kan veroorsaak dat jy 'n klomp werk inprop met geen tyd oor om behoorlike hersiening te doen nie. ()  Studeer wanneer jy moeg/honger is/televisie kyk/gesels op sosiale media () wat jou vermoë om slegs op jou studies te fokus, kan affekteer. ()  Slegs op sekere onderwerpe fokus () wat kan verhoed dat jy vrae kan beantwoord oor onderwerpe wat jy nie geleer het nie.()  Leer soos 'n papegaai () wat jou vermoë om konsepte en relevante inhoud ten volle te verstaan, kan beperk. ()  Enige ander TWEE relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2) (4) 1.3.3(a) Verduidelik EEN beperking tot die reg tot vryheid van uitdrukking wat van toepassing kan wees op strokiesprente wanneer daar oor korrupte amptenare verslag gedoen word. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. 'n Strokiesprent soos die een in die vraestel behoort nie…  enige iets persoonlik/oor die private lewens van die karakters/persone wat in die strokiesprent voorgestel word, te vertoon nie () aangesien dit hul reputasie kan ruïneer.()  op vals inligting gebaseer te wees oor die persoon wat nageboots word in die strokiesprent nie () aangesien die media gedagvaar kan word. ()  skinderstories oor/kwaad teenoor persone in die simulasies/verpersoonlikings aan te moedig/ondersteun/uit te lok nie () aangesien dit haat/geweld teenoor hulle mag aanhits. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 4 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  enige onbehoorlike/aanstootlike/kru beelde/grafika van enige persoon wat in die sketse verteenwoordig word, te illustreer nie() aangesien dit beledigend kan wees vir die persoon se persoonlike gelaatstrekke/ras/geslag/geloof/etnisiteit.  enige vorm van verbale/fisiese misbruik te demonstreer teenoor die persoon wat nageboots word in die sketse nie () aangesien dit mense mag aanmoedig om die wet in eie hande te neem. ()  enige politieke figuur te veroordeel sonder om die informasie te verifieer nie () aangesien die persoon 'n maklike teiken/ slagoffer/prooi van die publiek kan word. ()  Enige ander TWEE relevante antwoorde vir EEN punt elk. (1x2) (2) 1.3.3(b) Bespreek hoe die spotprent oor korrupsie hierbo kan help om die rol van die media in 'n demokratiese samelewing te vervul. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Die strokiesprent kan...  die publiek toelaat om op 'n komiese wyse deel te hê aan die identifisering van oortreders () en aangesien kwessies openlik hanteer word op die manier, word oortreders direk oor hul aksies gekonfronteer. ()  ongrondwetlike aksies deur witboordjie-oortreders op 'n vermaaklike manier aan die publieke oog voorstel/ bewusmaking skep () en sodoende druk op die owerhede, soos die Zondo Kommissie van Ondersoek, plaas om die skuldige partye tot verantwoording te roep/verantwoordelik te hou vir hul misdade/oortredings.()  die publiek op 'n humoristiese manier opvoed () deur bewusmaking op die wyse te skep oor werklike kwessies wat alle landsburgers affekteer. ()  mense toelaat om dit te geniet terwyl hulle in kwessies van publieke belang deel () en op die manier word meer mense betrek by die tipe van mediaverslaggewing/bewus gemaak van kwessies wat die publiek raak. ()  mense betrek wat gemakliker voel om op die wyse betrokke te raak by kontroversiële kwessies wat die publiek raak () so meer mense kan interaksie hê/betrokke wees in die bespreking van publieke kwessies in die manier hoe hierdie komplekse inligting voorgestel word. ()  innoverende/kreatiewe dinkskrums inspireer vir oplossing tot kwessies van nasionale/internasionale belang () aangesien dit 'n hoogs visuele instrument is wat die aandag van mense regdeur die wêreld aantrek. ()  Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte. (1x2) (2) TOTAAL AFDELING A: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 5 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne AFDELING B (VERPLIGTEND) 1. In hierdie afdeling moet kandidate se antwoorde sover moontlik in volsinne geskryf word. Vir 'n 3- of 4-punt vraag moet 4, 3, 2, 1 of 0 (nul) punte dus toegeken word, afhangend van die vlak van die antwoord gegee. 2. Let daarop dat vir elke kategorie van die kandidate se antwoorde, moet daar onderskei word tussen uitstekende, goeie, bevredigende en swak antwoorde. VRAAG 2 2.1 Noem DRIE maniere waarop skole sosiale entrepreneurskap kan bevorder as 'n lewensvatbare opsie om werkloosheid teen te werk. Punte moet as volg toegeken word: EEN punt elk () vir elk van die DRIE antwoorde. Skole kan…  leerders betrek by gemeenskapsprojekte wat sosiale kwessies aanspreek. ()  opedae organiseer in samewerking met gemeenskapsgebaseerde organisasies wat op sosiale dienste fokus, waarby leerders betrokke kan raak. ()  leerders inspireer om vrywillige diens na skool/naweke/gedurende vakansies in die gemeenskap te doen. ()  moedig skaduwerk aan by plaaslike sosiale entrepreneurs. ()  plaaslike sosiale entrepreneurs nooi om gassprekers te wees. ()  nou saamwerk met sleutelorganisasies in die gemeenskap sodat leerders makliker toegang kan hê om saam met daardie organisasies te werk. ()  betrek ouers by loopbaandae/vergaderings om bewusmaking te skep oor die lewensvatbaarheid van sosiale entrepreneurskap. ()  Enige ander DRIE relevante antwoorde vir EEN punt elk. (3x1) (3) 2.2 Beskryf EEN finansiële uitdaging wat jong entrepreneurs aanvanklik mag teëkom en dui aan hoe hulle hierdie uitdaging kan hanteer. Punte moet as volg toegeken word: EEN punt () vir die uitdaging en EEN punt () vir hoe om dit te hanteer. Jong entrepreneurs sal moontlik…  hul eie geld /fondse moet gebruik om die dienste/besigheid te begin; () hulle kan …(enige EEN van die volgende) - deeltydse/gemeenskaps-/informele werk doen om geld te spaar vir die hulpbronne wat hulle mag benodig. () - aansoek doen vir befondsing van organisasies (bv. Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap, NJOA) wat jong opkomende entrepreneurs help. () - werk met wat hulle het in plaas van skuld maak. () - finansiële hulp van familie en vriende soek. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 6 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  nie in staat wees om huur te betaal vir 'n perseel nie, () maar hulle kan iets kies om te doen wat aanvanklik nie 'n stabiele perseel vereis nie. ()  nie sekuriteitsmeganismes kan bekostig om hul perseel/produkte van moontlike kriminele aktiwiteite in die gemeenskap te beskerm nie, () maar hulle kan werklose familielede/vriende kry om te help om aktiwiteite in en rondom die eiendom te monitor/netwerk met besighede in die omgewing om ondersteuning te bied. ()  met familie/vriende/gemeenskapslede moet deel wat gratis dienste/besigheid op krediet wil doen, () maar hulle moet ferm wees en 'n besigheidsmentaliteit moet ontwikkel om hul besighede in stand te hou. ()  nie oor die vaardighede beskik om hul inkomste/profit en uitgawes te bestuur nie, () maar hulle kan ervare mense in die gemeenskap nader om hulle op te lei in finansiële bestuur. ()  nie die sekerheid van 'n stabiele inkomste hê nie, () maar hulle kan altyd vooruit beplan om te verseker dat hul finansies die tydperke met laer inkomste dek. ()  nie in staat wees om helpers aan te stel aangesien hulle geen fondse mag hê om hulle te betaal nie, () maar hulle kan vrywilligers vra om hulle te help.()  Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte. (1+1) (2) 2.3 Bespreek hoe dit as 'n geleentheid gebruik kan word om jongmense in jou gemeenskap te bemagtig as jy 'n entrepreneur word. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Deur 'n entrepreneur te word, kan jou...  in staat stel om jongmense te help om die nodige vaardighede op te doen om ook entrepreneurs te word () wat weer vir hulle kan aanmoedig om die vaardighede aan ander in die gemeenskap oor te dra sodat elkeen een kan leer. ()  die geleentheid bied om werk aan die werklose jongmense in jou gemeenskap te bied () wat hulle kan help om in hul eie basiese behoeftes te voorsien in plaas daarvan om op ander staat te maak/op straat te bedel/hulle kwaliteit van lewe te bevorder. ()  in staat stel om vir jongmense in jou gemeenskap die geleentheid te bied om ervaring op te doen deur vrywillige werk () wat hulle meer indiensneembaar kan maak/beter kan voorberei vir werksgeleenthede.()  die sosiale mag gee om 'n positiewe invloed op die gedrag van ander jongmense in jou gemeenskap te hê () sodat hulle ook die behoefte kan hê om werk vir hulleself te skep. ()  help om as inspirasie vir jongmense in jou gemeenskap te dien () sodat hulle dan werk wil soek/vir hulself wil opstaan/hul eie besigheid wil begin.()  Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte. (1x2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 7 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 2.4 Stel TWEE maniere voor waarop jy sosiale media as 'n platform kan gebruik om jou kanse te bevorder om 'n werk te kry. Motiveer ELKE antwoord. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. Sosiale media platforms kan gebruik word om jou …  te help om onmiddellik met vriende/familie in verbinding te tree wat jou met moontlike werk in jou studieveld kan verbind () wat daardeur vir jou vinniger resultate van moontlike werksgeleenthede kan gee. ()  makliker bereikbaar te maak vir voornemende werkgewers () aangesien meer en meer werkgewers hierdie platforms as 'n medium gebruik om geskikte kandidate vir 'n werk te vind. ()  vaardighede/kennis/eienskappe onmiddellik aan maatskappye te bied () en sodoende kan jy vinniger reaksie van moontlike werkgewers kry. ()  toegang tot waardevolle inligting van maatskappye te bied wat jy in jou onderhoude kan gebruik () wat jou in 'n beter posisie as ander kandidate kan plaas om die werk te kry. ()  toegang gee tot webtuistes van besighede waar jy poste kan sien wat verwant is aan beroepe waarin jy belangstel, () wat jou kan verbind met werk wat by jou eienskappe pas.()  opsies te bied om by netwerke van werksverwante groepe aan te sluit, bv. LinkedIn () wat 'n vinniger manier is vir voornemende werkgewers om jou op te spoor. ()  'n geleentheid te bied om boodskappe vir al jou kontakte op sosiale media te plaas om hulle in te lig dat jy werk soek () en sodoende kan jy 'n groter netwerk van mense skep wat jou kan help om 'n werk te kry. ()  te help om vinniger moontlike werksgeleenthede te kry () wat die tyd kan verkort wat jy spandeer om vir 'n gepaste werk te soek. ()  Enige ander TWEE relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2) (4) 2.5 Assesseer waarom ELK van die volgende kenmerke belangrik is vir 'n jong werker wat die arbeidsmark betree: 2.5.1 Passie 2.5.2 Kreatiwiteit Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Om passievol te wees as 'n jong werker (oor 'n spesifieke doel), …  help jou met deursettingsvermoë/om aan te hou/om nie maklik in te gee vir die uitdagings wat jy in die werksplek mag ervaar nie () en jou daardeur in staat stel om komplekse probleme op te los wat mag opduik. ()  gee jou die interne dryfkrag om te leer/groei/met jouself te kompeteer/enige projek te bemeester () wat jou kan help om nie net op eksterne faktore staat te maak om werksukses te verseker nie/op jou eie behoefte om sukses te behaal, staat te maak. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 8 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  gee jou normaalweg energie/wakker jou aan () wat jou dan die innerlike dryfkrag gee om harder te probeer om sukses te behaal in alles wat jy aanpak en alle verwagtinge te oorskry. ()  stel jou in staat om uit te styg bo jou kollegas/portuurs () om jou doelwit te bereik om bevordering/beloon te word vir uitstaande werk. ()  dryf jou om dinge te probeer wat so baie ander nie gewaag het/wil waag nie () en daardeur risiko's te neem wat as onmoontlik/nie werkbaar/nie bereikbaar beskou word. ()  gee jou die moed om aksie te neem ten spyte van jou vrese om moontlik te misluk in 'n gegewe taak () omdat jy glo in dit wat jy doen en dit motiveer jou om suksesvol te wees. ()  Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte. (1x2) (2) EN Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Om kreatief te wees as 'n jong werker help jou om …  uit die boks te dink () en daardeur altyd innoverende oplossings vir werksverwante uitdagings vind waar ander dit moontlik nie sien nie.()  verskillende denkpatrone/prosesse/roetines te ontwikkel () wat tot moontlike nuwe uitvindsels/idees/konsepte lei. ()  nuwe maniere te vind om jouself van jou medewerkers te onderskei() wat jou in staat stel om dienste te ontwikkel/lewer wat uniek is aan kliënte. ()  maklik aan te pas by 'n wêreld wat vinnig verander () en daardeur oplossings te vind vir 'n maatskappy se mees dringende kwessies terwyl ander op die probleme fokus. ()  die ondenkbare te dink/die grense van hoe dinge normaalweg gedoen word, te oorskry () wat jou meer veelsydig/slimmer/vindingryk as ander werkers maak. ()  verskillende idees te integreer/kombineer/saam te voeg () en daardeur oplossings te skep wat die behoefte van kliënte beter pas. ()  Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte. (1x2) (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 9 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne VRAAG 3 3.1 Definieer die term geslagsongelykheid en noem TWEE negatiewe invloede wat dit in die werksplek mag hê. Punte moet as volg toegeken word: EEN punt () vir die definisie en EEN punt vir elke negatiewe uitwerking: Definisie: Geslagsongelykheid is…  die verskillende rolle wat aan mans, vroue en ander geslagte in die samelewing gegee/toegeken word. ()  verskillende aktiwiteite/optredes wat met mans, vroue en ander geslagte in die samelewing geassosieer word. ()  magsverhoudinge tussen mans, vroue en ander geslagte waar mans as verhewe bo vroue en ander geslagte beskou word. ()  die ongelykhede tussen mans, vroue en ander geslagte. ()  Enige ander relevante antwoord vir EEN punt. (1) EN Negatiewe invloede kan die volgende insluit:  Sekere geslagte kan die geleentheid ontneem word om hul volle potensiaal te bereik. ()  Sommige geslagte kan die vooruitsigte om hul loopbane te bou/loopbaandoelwitte te bereik, ontsê word. ()  Dit mag 'n negatiewe werksomgewing/gedemotiveerde werkers tot gevolg hê. ()  Geslagsongelykheid mag tot lae produktiwiteit in die werksplek lei.  Maatskappye mag uitstekende werkers verloor wat voel dat daar teen hulle gediskrimineer word.  Werkers mag seksuele teistering/afknouery in die werksplek ervaar. ()  Maatskappy sal arbeidsgriewe op grond van geslagsongelykheid moet hanteer. ()  Sommige maatskappye mag nie senior posisies aan vroue en ander geslagte toeken nie aangesien hulle swakker as mans beskou mag word. ()  Vroue en ander geslagte mag van werk ontneem word wat as werk vir mans beskou word. ()  Mans mag as meer aggressief as vroue en ander geslagte gesien word.()  Enige ander TWEE relevante antwoorde vir EEN punt elk. (2x1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 10 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 3.2 Verduidelik waarom vroue meer kwesbaar vir seksueel oordraagbare infeksies (SOI's) as gevolg van geslagsongelykheid mag wees. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde:  Daar word steeds 'n hoë verkragtingssyfer in die land gerapporteer () wat tot gevolg het dat vroue steeds seksueel oordraagbare infeksies (SOI's) insluitende MIV en VIGS opdoen as gevolg van voortgesette seksuele geweld. ()  Vroue wat mishandel word in verhoudings mag nie in staat wees om te onderhandel oor veiliger seks nie () en mag gevolglik aan leefstylsiektes soos seksueel oordraagbare infeksies blootgestel word.()  Werklose, enkel ma's mag hul toevlug neem/wend tot onveilige seksuele aktiwiteite as 'n manier om vir hul families te voorsien. ()  Jong meisies van arm families mag hulle wend tot verhoudings met ouer mans in ruil vir finansiële gewin () en daardeur hulself aan die risiko van onveilige aktiwiteite blootstel wat tot SOI's lei. ()  Jong vroue mag onder druk geplaas word om seksuele verhoudings te hê om in te pas by hul portuur () en dit mag daartoe lei dat hulle in verhoudings betrokke raak met mans wat hulle seksueel mag misbruik.()  Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte. (1x2) (2) 3.3 Bespreek EEN moontlike rede waarom mans neig om NIE gevalle van seksuele misbruik teenoor hulself aan te meld NIE. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. Mans neig om nie seksuele misbruik teen hulself te rapporteer nie omdat…  die samelewing van hulle verwag om die aanvaller en nie die slagoffer in seksuele verhoudings te wees nie () wat daartoe lei dat hulle skaam is om sulke gevalle te rapporteer. ()  dit moeilik vir 'n man mag wees om te praat veral as die oortreder 'n man was () aangesien hy as te swak beskou mag word om homself teen 'n ander man te beskerm. ()  die samelewing van mans verwag om altyd in beheer te wees van seksuele aktiwiteite () en mag die man daarom vrees om as magteloos bestempel/geëtiketteer te word. ()  mans mag vrees om gespot te word deur die samelewing in die geval waar die oortreder 'n vrou is () aangesien hulle skaam mag voel omdat hulle deur 'n vrou oorweldig is. ()  die slagoffer mag vrees dat sy eie seksualiteit bevraagteken mag word indien die oortreder 'n man was () aangesien hy daarvan beskuldig mag word dat hy die oortreder aanleiding gegee het. ()  die samelewing mans as braaf/vreesloos/sterk/manlik beskou () en dit mag hom minderwaardig as 'n man laat voel. ()  Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte. (1x2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 11 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 3.4 Assesseer hoe seksuele afknouery op sosialemediaplatforms as 'n vorm van geslagsgebaseerde geweld beskou kan word. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde:  Slagoffers mag, ongeag die tyd/plek, aanhoudend/gereeld aanlyn geteister word () en die teistering, hoewel vanaf 'n afstand, kan emosionele trauma vir die slagoffer tot gevolg hê. ()  As gevolg van die algemene tendens om pornografiese foto's/video's op sosiale media te deel, mag wraaksugtige/verbitterde/jaloerse maats hul nie-onderdanige/opstandige maats boelie/afknou op sosiale media platforms () en daardeur dieselfde emosionele letsels veroorsaak wat deur ander vorme van geslagsgebaseerde geweld veroorsaak mag word. ()  Sosiale media is 'n ongereguleerde platform waar kuber/media teistering net so aggressief soos fisiese geslagsgebaseerde geweld kan wees () wat dit maklik kan maak vir die oortreders om die grense te oorskry in hul dreigemente/intimidasie/teistering op sosiale media platforms. ()  Kuber/sosiale media teisteraars mag staatmaak op die feit dat hul slagoffers nie mag weet hoe om aanlyn teistering te rapporteer nie () en daarom mag hulle die platform misbruik om die regte van onskuldige sosiale media gebruikers te skend. ()  Kuber-/seksuele afknouery is 'n nuwe vorm van aggressie wat dieselfde is as misdaad wat in natuurlike omgewings voorkom, () so hulle gebruik dieselfde metodes van geweld op die platform om hul onvanpaste/misplaasde behoeftes te vervul. ()  'n Ander kenmerk van kuber-/seksuele afknouery is dat dit verband hou met skendings wat van lyn af gebeur, () daarom word dit nie gesien as heeltemal losstaande van ander vorme van geweld nie. ()  Mans/vroue mag ander mans/vroue slegmaak wat nie aandag skenk aan hulle op sosiale media nie () en dis 'n manier om ander oor 'n afstand, ander te boelie/af te knou om in te gee tot hul magsspeletjie. ()  Enige ander TWEE relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 12 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 3.5. Beveel TWEE ingrypingstrategieë aan wat die regering kan voorstel om die voortdurende uitdagings van geslagsongelykheid in die samelewing te voorkom. Motiveer elke antwoord. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. Die regering kan…  opvoedkundige programme op 'n vroeë ouderdom instel oor die bevordering van respek in verhoudings en geslagsgelykheid vir jong seuns en dogters() as 'n manier om die waardes op 'n jong ouderdom aan te leer. ()  bemagtigingsprogramme/-veldtogte vir jong meisies/seuns vanaf 'n vroeë ouderdom inisieer () as 'n manier om 'n kultuur van ekonomiese onafhanklikheid onder jong mans/vroue te bevorder. ()  die wette versterk om die huis en publieke plekke veiliger te maak vir alle geslagte en ouderdomme () sodat die sekuriteit/veiligheid van alle geslagte in die land voorkeur mag kry bo enige iets anders. ()  gelyke besluitnemingsmagte vir alle geslagte in die huis/verhoudings/ publieke lewe ondersteun () en sodoende hul selfwaarde/-respek/ - beeld ophef sodat hulle met waardigheid in die samelewing behandel mag word. ()  nie-regeringsorganisasies(NRO's)/nie-winsgewende organisasies (NWO's) befonds om gemeenskapsprogramme met alle geslagte te doen () en dit kan help om die voorkoming/beëindiging van geweld teen alle geslagte by die huis en in die samelewing te bespoedig.()  gereelde bewusmakingsprogramme in die gedrukte en elektroniese media inisieer wat geslagsgelykheid beklemtoon () sodat die belangrikheid van die kwessie 'n konstante herinnering aan alle burgers mag wees. ()  werkswinkels na skool/tydens vakansie vir alle jongmense ondersteun() in 'n poging om hulle op te voed oor die gevolge/effek van geslagsgeweld op slagoffers. ()  Enige ander TWEE relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2) (4) [15] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 13 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne AFDELING C Kandidate moet enige TWEE vrae in hierdie afdeling beantwoord. Indien die kandidaat al drie vrae beantwoord, moet slegs die eerste TWEE antwoorde nagesien word. Die oorblywende antwoord moet deurgehaal word en die volgende afkorting moet daarby neergeskryf word: 'OGVV' (Oorskry getal vrae wat vereis word). VRAAG 4 Kandidaat se antwoord moet in paragrawe wees. Noem EEN sosiale verantwoordelikheid van munisipaliteite en verduidelik hoe wanbestuur van openbare fondse as gevolg van bedrog en korrupsie die sosiale ontwikkeling in gemeenskappe kan beïnvloed. Punte moet as volg toegeken word: EEN punt () vir die sosiale verantwoordelikheid en TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. NOTA AAN ONDERWYSER:  Die klem moet op sosiale dienste wees.  GEEN PUNTE SAL TOEGEKEN WORD INDIEN 'N LEERDER NA BASIESE DIENSTE soos bv. water, elektrisiteit, sanitasie, ens. VERWYS NIE, Moontlike sosiale verantwoordelikhede van munisipaliteite kan die volgende insluit:  Bied intervensieprogramme/veldtogte/geleenthede aan om sosiale kwessies, soos bv. (enige EEN van die volgende) …….. aan te spreek. - armoede () - vroue- en kindermishandeling () - middelmisbruik/fisiese mishandeling () - tuisversorgingsdienste/aktiwiteite vir die oues van dae/siekes () - MIV en VIGS/tuberkulose (TB)/wanvoeding () - bendebedrywighede/misdaad/skadelike/risikogedrag teenoor ander/self () - geslagsgebaseerde geweld/afknouery () - voorkoming van selfmoord () - padveiligheid () - veilige praktyke met betrekking tot manlike/vroulike besnyding/ gesondheid()  Bied befondsing aan vir opvoedkundige/intervensieprogramme om ouers/voogde te ondersteun, bv. ___ (een van die onderstaande) .() - die belangrikheid van vroeëkindontwikkeling/ouerskap/hoe om hul skoolgaande kinders te ondersteun. () - vaardighede om familielede/vriende te ondersteun/verdra wat verslaaf is aan middele. ()  Inisieer bewusmakingsprogramme tydens skoolvakansies vir die jeug oor hulle verantwoordelikheid teenoor die samelewing as 'n geheel, bv. vrywillige gemeenskapsdiens/hoe risikogedrag die samelewing as 'n geheel mag affekteer/ verantwoordelike gebruik van sosiale media platforms/uitstel van seks/weerhouding/seksualiteit. ()  Enige ander relevante antwoord vir EEN punt. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 14 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne EN Hoe die wanbestuur van publieke fondse, as gevolg van bedrog en korrupsie, sosiale ontwikkeling kan affekteer:  Die bestaande/huidige hoë vlak van sosiale ongelykheid in 'n gemeenskap sal nie uitgewis kan word nie () en dit mag die gaping tussen die bevoorregdes en die minderbevoorregdes/die gelyke verspreiding van sosiale mag/posisies selfs verder vergroot. ()  Daar mag minder finansiële en ander bronne beskikbaar wees vir die lewering van sosiale dienste in die gemeenskap () wat sekere gemeenskapsgroepe verder kan verarm. ()  Die sosiale probleme/kwessies in die gemeenskap mag vernalaat word () en dit mag lei tot die verdere agteruitgang van morele waardes in gemeenskappe.()  Die sosio-ekonomiese situasie in gemeenskappe mag agteruitgaan/verswak () wat die sosio-ekonomiese groei van die verskillende sosiale groepe kan strem.()  Die verbetering van die lewens van voorheenbenadeelde groepe in die samelewing mag vernalaat word () wat daartoe kan lei dat hierdie uitgeworpe groepe verder van hul regte ontneem mag word. ()  Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte. (1x2) (3) Bespreek DRIE moontlike redes waarom die meeste munisipaliteite steeds openbare fondse wanbestuur. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte elk () vir DRIE antwoorde wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde: Munisipaliteite mag steeds fondse wanbestuur as gevolg van…  moontlike onvoldoende moniterings- en evalueringsprosesse deur provinsiale en nasionale regeringsstrukture () wat kan veroorsaak dat plaaslike regeringsamptenare nie omgee oor die behoorlike bestuur van finansies nie. ()  werkers wat verantwoordelik is om die fondse te bestuur wat ongekwalifiseerd/ onbevoeg is om die werk te doen () wat kan veroorsaak dat hulle nie die finansiële prosesse gehoorsaam wat gevolg moet word nie/in staat is om die beleide te implementeer nie. ()  wanfunksionering/geen/swak leierskap binne plaaslike munisipale strukture wat dit onmoontlik maak om die skuldige partye tot verantwoording te roep () gevolglik kan hulle nie verseker dat diegene wat nie die reëls van die finansiële prosesse volg nie, die gevolge van hul aksies dra nie. ()  'n kultuur van begunstiging/nepotisme/baantjies vir boeties/partydigheid wat steeds binne munisipale strukture mag bestaan () en gevolglik faal diegene in gesag om publieke fondse te bestuur/beheer. ()  die moontlikheid dat fluitjieblasers gedreig word met afdanking/die dood/ aanranding/leed aan hul families () en op die manier verseker oortreders dat hulle nie blootgestel word nie. ()  magsmisbruik deur diegene in bestuursposisies wat steeds mag bestaan () aangesien bestuurders nie die korrekte protokol/prosedure wil volg om finansiële onreëlmatighede te hanteer nie omdat dit 'n swak refleksie op hulle as bestuurders mag wees. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 15 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  regeringsbeleide oor finansiële prosesse wat nie gevolg word nie () as gevolg van politieke verteenwoordiging wat oortreders/ongekwalifiseerde amptenare in die posisies hou ten spyte van die feit dat hulle nie hul verantwoordelikhede nakom nie.()  kollegas/fluitjieblasers wat omgekoop word () en gevolglik gaan die oortreders voort met die misbruik van fondse. ()  Enige ander DRIE relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (3x2) (6) Beveel TWEE praktiese maniere aan waarop plaaslike gemeenskappe kan help om die wanbestuur van openbare fondse deur munisipaliteite te voorkom. Vir ELKE aanbeveling dui ook aan hoe ELKE aksie kan help om wanbestuur te voorkom. Punte moet as volg toegeken word: DRIE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. NOTA AAN ONDERWYSER:  In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word. Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is.  Om die volle drie punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () die stelling motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. () Gemeenskapslede kan…  die kwartaalikse wyksvergaderings bywoon waar finansiële verslae bespreek word() en sodoende die geleentheid gebruik om insig te kry in die finansiële verslae () wat as bewyse/gronde kan dien om aksie te neem en die onverskillige maak van uitgawes te stop/beperk. ()  hulself vergewis van die strukture binne die munisipaliteit () en sodoende hulself bemagtig om die gepaste prosedure te volg om die wanbestuur van fondse teen te werk () en op die manier verseker dat hulle weet hoe om te werke te gaan om gevalle van wanbestuur aan te meld. ()  hul kommer/vrae oor vermoedelike misbruik van fondse aan munisipale bestuurders rig () en sodoende verseker dat bestuurders bewusgemaak word van sulke optrede () en dit mag verseker dat amptenare verantwoordelik gehou word om geld verantwoordelik te spandeer. ()  petisies/appèlle by hul munisipale bestuurders indien () om die wanoptrede van oortreders aan te spreek () en dit mag verseker dat die finansiële beleide/munisipale wette ten alle tye toegepas word. ()  oproepe maak/briewe skryf/munisipale amptenare besoek () om te versoek dat daar gekyk word na kwessies van wanbestuur/misbruik van publieke fondse waarvan hulle bewus sou word () en op die manier mag munisipale amptenare bewus wees van die publieke oog op enige wanoptrede rakende die bestuur van publieke fondse. ()  vereis dat daar verteenwoordiging is van vrywillige gemeenskapslede op finansiële komitees wat vertroud is met finansiële sake () om deel te wees van die besluitnemingsprosesse rakende finansiële uitgawes () en op die manier kan dit hulle in staat stel om die behoorlike bestuur van publieke fondse te monitor. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 16 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  jeugraadslede nomineer met 'n akademiese agtergrond van finansiële bestuur () wat in staat kan wees om vars en innoverende maniere te bied om die misbruik van publieke fondse teen te werk () en op die manier kan hulle oplossings bied om behoorlike finansiële bestuur binne die munisipale strukture te verseker. ()  hul demokratiese reg as verantwoordelike burgers uitoefen () deur hul stem te laat hoor teen die onbehoorlike gebruik van publieke fondse () en dit mag strenger fiansiële beheer waarborg oor fondse wat toegeken is vir die lewering van dienste aan die plaaslike gemeenskap. ()  Enige ander TWEE relevante antwoord vir DRIE punte elk. (2x3) (6) [15] VRAAG 5 Kandidaat se antwoord moet in paragrawe wees. Definieer die term veldtog en noem TWEE voordele vir die jeug wat aan teen- middelmisbruikveldtogte deelneem. Punte moet as volg toegeken word: EEN punt () vir die definisie en EEN punt () vir die elke voordeel. Definisie: 'n Veldtog is...  'n reeks aksies vir of teen situasies met die doel om positiewe verandering teweeg te bring. ()  aktiwiteite/georganiseerde aksies in 'n gemeenskap wat ten doel het om spesifieke doelwitte in die samelewing te bereik. ()  beplande geleenthede waar mense oor 'n tydperk betrek word om 'n spesifieke uitkoms te bereik. ()  Enige ander relevante antwoord vir EEN punt. (1) EN Voordele: Dit mag die jeug die geleentheid bied om...  hul ervaring/idees oor die risiko's van middelmisbruik te deel. ()  bewus te word van die negatiewe gevolge van middelmisbruik. ()  as getuie te dien van die skadelike effek wat middelmisbruik mag hê op 'n persoon. ()  die impak van middelmisbruik te verstaan vanuit hul portuur se perspektief/seining. ()  'n platform vir ander jongmense te skep om oor kwessies te praat/kwessies te hanteer wat moeilik is om met hul ouers/familie/voogde te bespreek. ()  'n lewende getuie te wees dat dit moontlik is om 'n mens se lewe te verander.() (3)  Enige ander TWEE relevante antwoorde vir EEN punt elk. (2x1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 17 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne Bespreek DRIE bydraende faktore wat kan lei tot 'n verhoogde getal leerders wat middele in skole misbruik. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte elk () vir DRIE antwoorde wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde:  Middele mag maklik bekombaar wees vir leerders in skole/dwelmbase mag handelaars binne die skool hê () wat tot die versoeking mag lei om dwelmgebruik te wil ervaar. ()  Nie genoegsame monitering deur gesagsfigure op die skoolgronde nie () mag dit maklik maak vir leerders om toegang te hê en hierdie onwettige middele te begin gebruik. ()  Die meeste skole het nie voorkomende maatreëls in plek nie () wat dit makliker maak vir handelaars om kwesbare leerders te bereik. ()  Sommige skole mag nalaat om die effektiwiteit van die veiligheidsmaatreëls wat hulle reeds in plek het, gereeld te hersien () wat steeds ongemagtigde lede van die publiek toegang tot die skoolperseel mag gee. ()  'n Tekort aan opvoeding oor die gevare van middelmisbruik in die meeste skole () mag daartoe lei dat leerders nie bewus is van die feite oor die saak nie. ()  Akademiese/portuurdruk/persoonlike probleme () mag leerders dryf om middele te begin misbruik as 'n hanteringsstrategie. ()  Te min ondersteuning van die skoolgemeenskap om leerders te beskerm teen gemeenskapslede wat die middele beskikbaar maak aan hierdie leerders () mag bydra tot die styging in die aantal leerders wat aan hierdie onwettige aktiwiteite blootgestel word. ()  Enige ander DRIE relevante antwoord vir TWEE punte elk. (3x2) (6) Beveel TWEE praktiese strategieë aan wat deur die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling geïmplementeer kan word om te verseker dat die veldtog doeltreffend is. Vir ELKE antwoord dui ook aan hoe ELKE strategie tot die sukses van die veldtog kan bydra. Punte moet as volg toegeken word: DRIE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. NOTA AAN ONDERWYSER:  In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word. Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is.  Om die volle drie punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () die stelling motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. () Die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkelling kan…  plaaslike koerante/pamflette/reklameborde/televisie/sosiale media platforms gebruik om die publiek in te lig/bewus te maak van veldtogte wat gehou gaan word in hul onmiddellike gemeenskap () om te verseker dat die boodskap versprei word () en op die manier kan die voornemende teikengroep bereik word. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 18 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  behoorlike navorsing doen in die areas wat die veldtogte die meeste nodig het () om sodoende die mees gepaste programme te ontwikkel vir hierdie inisiatief in die spesifieke gemeenskap () en mag op die manier verseker dat die planne in die behoefte van die spesifieke gemeenskap voorsien. ()  wys maatskaplike werkers toe aan skole/op kampusse/in spesifieke areas in die gemeenskap () om sodoende aandag te skenk aan die leerders/studente/ jongmense/mense wat berading/advies nodig het terwyl die veldtog aan die gang is() en op die manier enige moontlike faktore wat teen hulle mag werk, uitskakel/elimineer en sodoende die sukses van die program verseker. ()  ouers/familielede/vriende nooi om die vergaderings vir ondersteuningsgroepe by te woon () en gevolglik gemeenskapsbetrokkenheid uitbrei () wat kan lei tot 'n groter ondersteuningsbasis vir slagoffers en daardeur die sukses van die veldtog verseker. ()  voortdurend met die gemeenskap skakel deur middel van sosiale netwerke () wat 'n volhoubare medium gebruik kan word om die ingesteldheid teenoor die veldtog te verander () en dit mag 'n groter aantal mense beïnvloed/inspireer om aan die aktiwiteite van die veldtog deel te neem. ()  die jeug mobiliseer om deel te wees van die beplanningsproses van die veldtog() wat weer hulle portuur mag beïnvloed om dieselfde te doen () en op die manier mag die jeug as teikengroep meer betrokke raak by die veldtog. ()  kleiner inisiatiewe in al die geïdentifiseerde gemeenskappe begin () om die doelwitte van die veldtog te bevorder () en sekere aspekte van die programme mag op die manier meer effektief werk in kleiner groepe. ()  bewusmaking van die veldtog skep by kerke/plekke van aanbidding/ gemeenskapsgebaseerde organisasies, bv. huise van veiligheid, deur die verspreiding van pamflette/brosjures/gratis koerante/praatjies () sodat groter groepe mense makliker bereik kan word () en op die manier kan meer mense betrokke raak om op te staan teen middelmisbruik in hul gemeenskappe/te beveg.()  programme wat teen middelmisbruik gemik is in opvoedkundige instellings uitrol() wat kan help om leerders/studente wat verslaaf is, te identifiseer en in rehabilitasieprogramme te plaas () en kan die veldtog suksesvol wees aangesien vroeë ontdekking en intervensie gedoen word. ()  al die nodige inligting (datum/tyd/plek/doel) rakende die veldtog aan gemeenskappe verskaf () om sodoende te verseker dat almal die korrekte inligting ontvang () en op die manier diegene wat geraak word,/die relevante mense teiken om deel te neem in/wees van die veldtog. ()  Enige ander TWEE relevante antwoorde vir DRIE punte elk. (2x3) (6) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 19 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne VRAAG 6 Kandidaat se antwoord moet in paragrawe wees. Identifiseer die relevante Arbeidswet met betrekking tot siekteverlof in die scenario hierbo en gee TWEE redes hoekom werkers die regulasies oor die neem van verlof behoort te ken. Punte moet as volg toegeken word:  EEN punt () vir die Arbeidswet en EEN punt ()() vir elke rede. Arbeidswet:  Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 75 van 1997 () (1) EN Werkers behoort die regulasies te ken sodat hulle kan weet…  wat die reëls behels ten opsigte van die verskillende tipe verlof (bv. siekte-/ jaarlikse/spesiale/kraamverlof). ()  watter vereiste dokumente nodig is vir die verskillende tipe verlof wat geneem kan word. ()  teen wanneer die relevante dokumente by die werkgewer ingedien moet word.()  wat die reëls met betrekking tot die indien van mediese sertifikate vir siekteverlof is. ()  hoe hulle salarisse geaffekteer mag word indien hulle die aantal dae wat toegeken is vir siekteverlof, uitgeput het. ()  wat die gevolge kan wees, sou hulle enige van die regulasie met betrekking tot verlof verbreek. () (3)  Enige ander TWEE relevante antwoorde vir EEN punt elk. (2x1) Hoe dink jy het die werkgewer tot die gevolgtrekking gekom dat die werker se mediese sertifikate in die bostaande scenario vervals was? Bespreek DRIE moontlike redes. Punte moet as volg toegeken word: TWEE punte elk () vir DRIE antwoorde wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde:  Die werker kon met die datums/handskrif op die mediese sertifikaat gepeuter het () wat agterdog kon wek dat die sertifikate vervals was. ()  Die werkgewer kon bewus wees van vorige wangedrag deur die werker () wat tot nader ondersoek van die mediese sertifikate kon lei en gevolglik ontdek is dat die vervals is. ()  Die werker kon mediese sertifikate ingedien het wat nie deur geregistreerde mediese praktisyns/praktisyns wat nie by die Professionele Gesondheidsraad van Suid-Afrika geregistreer is nie, uitgereik en onderteken is nie () wat dan kon impliseer/beteken dat die sertifikate nie eg was nie. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 20 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  Daar kon 'n patroon van swak werksbywoning van die werker wees wat in die verlede vervalste sertifikate ingedien het () wat kom bevestig dat hy/sy 'n geskiedenis het van nie die maatskappy se beleide/prosedures volg nie, wat tot die werkgewer se gevolgtrekking gelei het dat hy/sy die mediese sertifikate kon vervals het. ()  Die mediese sertifikate het dalk nie al die vereiste inligting van die mediese praktisyn aangedui nie () en kon daarom nie as geldig aanvaar word nie.()  Die werkgewer kon algemene navrae gedoen het oor die werker se besoek aan die dokter () wat kon aandui dat die inligting op die mediese sertifikaat nie betroubaar was nie. ()  Die werkgewer kon bewyse op sosiale media/by medewerkers kry dat die werklik eintlik by sosiale aktiwiteite betrokke was tydens die tydperk wat die werker kwansuis siek was () wat bevestig het dat die mediese sertifikate nie sy/haar ware mediese kondisie gereflekteer het nie. ()  Die mediese sertifikate kon uitgereik gewees het deur 'n praktisyn wat bekend is vir die uitreiking van vervalste sertifikate () wat kommer kon wek dat die sertifikate nie wettig was nie.  Enige ander DRIE relevante antwoorde vir TWEE punte elk. (3x2) (6) Beveel TWEE praktiese maniere aan waarop werkgewers werksetiek kan versterk om afwesigheid in die werkplek teen te werk. Vir ELKE antwoord dui ook aan hoe ELKE maatreël die werksetiek van werkers kan verbeter. Punte moet as volg toegeken word. DRIE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. NOTA AAN ONDERWYSER:  In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word. Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is.  Om die volle drie punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () die stelling motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. () Werkgewers kan…  die verwagtinge ten opsigte van aanwesigheid by die werk gereeld beklemtoon () sodat alle werkers ten alle tye duidelikheid kan hê daaroor() en dit mag verseker dat hulle ten alle tye verantwoordelike keuses sal maak oor werk toe te kom. ()  die beleid vir werksbywoning voortdurend afdwing () sodat werkers die erns daarvan kan besef () en sodoende mag daar meer dissipline wees ten opsigte van bywoning in die werksplek. ()  seker maak dat alle werkers weet wat om te doen wanneer hulle laat sou wees/'n dag sou mis () sodat hulle die gepaste prosedure kan volg () en sodoende verseker dat hul afwesigheid van die werk nie hul produktiwiteit negatief beïnvloed nie. ()  die bedrag wat vir tyd-af toegestaan word, evalueer () wat beplande/onbeplande afwesigheid van werk kan verminder () en dit mag werkers se toewyding tot die werk verbeter. () Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 21 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne  dit oorweeg om programme oor die welsyn van werkers te begin () wat kan help om werk-/persoonlike stres te verminder () en op die manier mag hulle 'n positiewe benadering tot die werk hê. ()  daaraan werk om werkers by interessante werksprojekte te betrek () wat hulle kan toelaat om hul innovering/kreatiwiteit toe te te pas () en dit mag hulle gemotiveerd hou in hul werk. ()  inbelsentrums hê waar werkers vertroulik hulp kan soek () wat hulle kan aanmoedig om met iemand te praat oor hul persoonlike/werksverwante probleme wat hul werk negatief affekteer () en dit mag verhoed dat hulle, as 'n hanteringsmeganisme, afwesig bly van die werk. ()  professionele beradingsdienste bied () wat werkers kan help om die spesifieke aspekte te hanteer wat aanleiding gee tot hul afwesigheid () en sodoende mag hulle in staat wees om hul verpligtinge/verantwoordelikhede na te kom volgens hul werkskontrakte. ()  monitor hoe werkers hul verlof gebruik () wat kan help dat hulle hul verlof beter bestuur () en sodoende kan dit hulle in staat stel om hul verlof te beplan met inagneming van hul verantwoordelikhede by die werk. ()  Enige ander TWEE relevante antwoorde vir DRIE punte elk. (2x3) (6) [15] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Life Orientation

View all