Skip to content

Life Orientation Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paperLife OrientationGrade 12201916 pages

Grade 12 Life Orientation question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2019

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LEWENSORIËNTERING ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK 2 SEPTEMBER 2019 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. *LIFOA* Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 2 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings, naamlik AFDELING A, AFDELING B en AFDELING C. 2. Die vrae in AFDELING A en AFDELING B is VERPLIGTEND. 3. Beantwoord enige TWEE vrae in AFDELING C. 4. Lees AL die vrae aandagtig deur. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 3 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak AFDELING A (VERPLIGTEND) Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 'n Manier om selfgeldend en ferm met ander te kommunikeer, beteken om ... A te aanvaar wat ander sê om te vermy om van hulle te verskil. B jou opinie op 'n brawe en bedagsame manier aan ander te stel. C daarop aan te dring dat jou idees en opinies deur ander aanvaar word. D saam te stem om konflik te vermy om die vrede met ander te bewaar. 1.1.2 Twee tipes oefeninge wat 'n mens se spierkrag en uithouvermoë kan bevorder, kan … insluit. A sit-en-strektoetse en skouerstrekke B hardloop-op-een-plek- en 'n 12-minute-hardlooptoets C halwe opsit-oefeninge ('half-curl-up exercises') en knie-opstote D leun-en-reik- en syplank-oefeninge ('side-plank exercises') 1.1.3 Om 'n omgewingsverantwoordelike burger te wees, beteken dat jy ... A produkte koop wat minimale verpakking vereis waar moontlik. B jou omgewing skoonmaak deur in ander gebiede van plastiek ontslae te raak. C plastieksakke koop om kruideniersware en ander huishoudelike items in te dra. D die gebruik van plastiekstrooitjies in restaurante en skool- snoepies ondersteun. 1.1.4 Volgens arbeidsregulasies vereis die volgende situasie regstelling in die werkplek: A 'n Werker wat vier ure oortyd per dag werk B Vier maande kraamverlof vir werkende vroue C 'n Werker wat veertig ure per week werk D Monitor werkers se oproepe gedurende werksure 1.1.5 Die woord 'analiseer' in 'n eksameninstruksie beteken om ... A items langs mekaar te plaas om die ooreenkomste en verskille te sien. B 'n idee op te breek en elke deel te ontleed en te ondersoek. C 'n reeks dele, redes of kenmerke afsonderlik te verskaf. D te bespreek, voorbeelde te gee, punte vir en teen te noem. (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 4 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak 1.2 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Spesifieke fisiese aktiwiteite wat by verskillende stasies gedoen word, elk met 'n stel instruksies in 'n gemerkte gebied (1) 1.2.2 'n Dokument wat die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid bekragtig (1) 1.2.3 'n Internasionale gebeurtenis wat elke vier jaar plaasvind waar atlete in 'n verskeidenheid sportaktiwiteite kompeteer (1) 1.2.4 Die regeringsvlak wat regulasies oor straathandel maak (1) 1.2.5 'n Studiestyl waar leerders hardop lees, feite opsê, werk met ander bespreek en geheueleer gebruik (1) 1.3 Beantwoord die volgende vrae deur die antwoord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK te skryf. Skryf jou antwoorde in volsinne. 1.3.1 Identifiseer TWEE demokratiese regte wat gedurende gewelddadige protesaksie geskend kan word. (2 x 1) (2) 1.3.2 Verduidelik TWEE swak studiegewoontes wat doeltreffende studie kan bemoeilik. (2 x 2) (4) 1.3.3 Bestudeer die spotprent op die volgende bladsy en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 5 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak GEVANG!! Z O N KORRUP??? D O - K O M M I S S I E VAN ONDERSOEK [Aangepas uit www.dailymaverick.co.za. Toegang op 21 April 2019 verkry.] (a) Verduidelik EEN beperking tot die reg tot vryheid van uitdrukking wat van toepassing op spotprente soos hierbo kan wees wanneer daar oor korrupte amptenare verslag gedoen word. (1 x 2) (2) (b) Bespreek hoe die spotprent oor korrupsie hierbo kan help om die rol van die media in 'n demokratiese samelewing te vervul. (1 x 2) (2) TOTAAL AFDELING A: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 6 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak AFDELING B (VERPLIGTEND) Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Skryf jou antwoorde in volsinne. VRAAG 2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GELEENTHEDE OM WERKLOOSHEID TEEN TE WERK Jeug-entrepreneurskap en relevante werksvaardighede … Daar is onlangs dwarsoor die provinsies werkswinkels gehou om sosiale entrepreneurskap onder die jeug aan te moedig as 'n lewensvatbare opsie om werkloosheid teen te werk. Hulle het opleiding en inligting oor die veranderende wêreld van werk ontvang, hoe om hulle talente te identifiseer en die eienskappe te ontwikkel wat vereis kan word om die arbeidsmark te betree. [Aangepas uit www.news.nwu.ac.za. Toegang op 12 Januarie 2019 verkry.] 2.1 Noem DRIE maniere waarop skole sosiale entrepreneurskap as 'n lewensvatbare opsie kan bevorder om werkloosheid teen te werk. (3 x 1) (3) 2.2 Beskryf EEN finansiële uitdaging wat jong entrepreneurs aanvanklik mag teëkom en dui aan hoe hulle hierdie uitdaging kan hanteer. (1 + 1) (2) 2.3 Bespreek hoe dit as 'n geleentheid gebruik kan word om jongmense in jou gemeenskap te bemagtig as jy 'n entrepreneur word. (1 x 2) (2) 2.4 Stel TWEE maniere voor waarop jy sosiale media as 'n platform kan gebruik om jou kanse te bevorder om 'n werk te kry. Motiveer ELKE antwoord. (2 x 2) (4) 2.5 Assesseer waarom ELK van die volgende eienskappe belangrik is vir 'n jong werker wat die arbeidsmark betree: 2.5.1 Passie (1 x 2) (2) 2.5.2 Kreatiwiteit (1 x 2) (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 7 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak VRAAG 3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE KREET VAN SLAGOFFERS VAN GESLAGSONGELYKHEID Geslagsongelykheid bestaan steeds in Suid-Afrika. Suid-Afrika se Minister van Vroue in die Presidensie sê dat die voortdurende uitdagings van geslagsongelykheid steeds 'n reusebekommernis vir haar departement is. [Aangepas uit www.sabcnews.com. Toegang op 9 April 2019 verkry.] 3.1 Definieer die term geslagsongelykheid en noem TWEE negatiewe invloede wat dit in die werkplek kan hê. (1 + 2) (3) 3.2 Verduidelik waarom vroue meer kwesbaar vir seksueel oordraagbare infeksies (SOI's) as gevolg van geslagsongelykheid mag wees. (1 x 2) (2) 3.3 Bespreek EEN moontlike rede waarom daar 'n neiging is dat mans NIE gevalle van seksuele misbruik teenoor hulself aanmeld NIE. (1 x 2) (2) 3.4 Assesseer hoe seksuele afknouery op sosialemediaplatforms as 'n vorm van geslagsgebaseerde geweld beskou kan word. (2 x 2) (4) 3.5 Stel TWEE ingrypingstrategieë voor wat die regering kan instel om die voortdurende uitdagings van geslagsongelykheid in die samelewing te voorkom. Motiveer ELKE antwoord. (2 x 2) (4) [15] TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 8 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak AFDELING C Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. Jou antwoorde moet uit paragrawe bestaan. Punte sal SLEGS toegeken word vir antwoorde wat in volsinne geskryf is. VRAAG 4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BESTEE MUNISIPALITEITE GELD BEHOORLIK? Munisipaliteite is nie net vir basiese dienste verantwoordelik nie, maar hulle het ook 'n sosiale verantwoordelikheid teenoor hulle plaaslike gemeenskappe. Onlangse statistiek toon dat 92% van munisipaliteite in Suid-Afrika openbare fondse as gevolg van bedrog en korrupsie wanbestuur. Dit is belangrik dat burgers weet hoe munisipaliteite die geld bestee wat vir gemeenskapsdienste toegeken is. Gemeenskappe behoort 'n sê te hê in hoe finansiële en ander bronne binne die plaaslike regering bestee word. [Aangepas uit www.treasury.gov.za, 'Budget People's Guide'. Toegang in Februarie 2019 verkry.] Skryf paragrawe oor die verantwoordelikhede van die verskillende regeringsvlakke. Gebruik die volgende as 'n riglyn:  Noem EEN sosiale verantwoordelikheid van munisipaliteite en verduidelik hoe wanbestuur van openbare fondse as gevolg van bedrog en korrupsie die sosiale ontwikkeling in gemeenskappe kan beïnvloed. (1 + 2) (3)  Bespreek DRIE moontlike redes waarom die meeste munisipaliteite steeds openbare fondse wanbestuur, soos in die uittreksel hierbo genoem. (3 x 2) (6)  Beveel TWEE praktiese maniere aan waarop plaaslike gemeenskappe kan help om die wanbestuur van openbare fondse deur munisipaliteite te voorkom. Vir ELKE aanbeveling dui ook aan hoe ELKE aksie kan help om wanbestuur te voorkom. (2 x 3) (6) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 9 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VELDTOG OM MIDDELMISBRUIK UIT TE ROEI Die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling onderneem 'n teen- middelmisbruikveldtog in 'n poging om hierdie probleem in gemeenskappe uit te roei. [Aangepas uit SAnews.gov.za. Toegang op 26 April 2019 verkry.] Skryf paragrawe oor die evaluering van veldtogte. Gebruik die volgende as 'n riglyn:  Definieer die term veldtog en noem TWEE voordele vir die jeug wat aan teen- middelmisbruikveldtogte deelneem. (1 + 2) (3)  Bespreek DRIE bydraende faktore wat kan lei tot 'n verhoogde getal leerders wat middele in skole misbruik. (3 x 2) (6)  Beveel TWEE praktiese strategieë aan wat deur die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling geïmplementeer kan word om te verseker dat die veldtog doeltreffend is. Vir ELKE antwoord dui ook aan hoe ELKE strategie tot die sukses van die veldtog kan bydra. (2 x 3) (6) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewensoriëntering 10 DBE/September 2019 NSS – Algemene Assesseringstaak VRAAG 6 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WERKER DIEN VERVALSTE MEDIESE SERTIFIKATE IN 'n Werker by 'n bekende maatskappy het in die eerste kwartaal van 2019 siekteverlof van 7 tot 9, 14 tot 17 en 21 tot 24 Januarie geneem. Die werkgewer het ontdek dat die werker vervalste mediese sertifikate ingedien het. [Aangepas uit www.talent360.co.za. Toegang op 7 April 2019 verkry.] Skryf paragrawe oor die kernelemente van 'n werkskontrak. Gebruik die volgende as 'n riglyn:  Identifiseer die relevante Arbeidswet met betrekking tot siekteverlof in die scenario hierbo en gee TWEE redes hoekom werkers die regulasies oor die neem van verlof behoort te ken. (1 + 2) (3)  Hoe, dink jy, het die werkgewer tot die gevolgtrekking gekom dat die werker se mediese sertifikate in die scenario hierbo vervals was? Bespreek DRIE moontlike redes. (3 x 2) (6)  Beveel TWEE praktiese maniere aan waarop werkgewers werksetiek kan versterk om afwesigheid in die werkplek teen te werk. Vir ELKE antwoord dui ook aan hoe ELKE maatreël die werksetiek van werkers kan verbeter. (2 x 3) (6) [15] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

More from Grade 12 Life Orientation

View all