You're offline
Skip to content
Memorandum

Life Orientation September 2025 MG Afr

Subject: Life OrientationGrade 12202523 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LEWENSORIËNTERING ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK SEPTEMBER 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 2 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 D (✓) 1.1.2 C (✓) 1.1.3 B (✓) 1.1.4 C (✓) 1.1.5 A (✓) (5) 1.2 1.2.1 Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) (✓) 1.2.2 Empatie/Empatiseer (✓) 1.2.3 Loopbaanportefeulje/portefeulje/professionele portefeulje (✓) (3) 1.3 1.3.1 Definieer die term kardiovaskulêre uithouvermoë soos in liggaamlike opvoeding gebruik. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Die vermoë van… • die liggaam om 'n matige tot hoë vlak van fisiese aktiwiteit te handhaaf vir 'n verlengde periode, (✓) sonder om kenmerkende dalings in fisiese prestasie te ervaar. (✓) • die hart/longe/sirkulêre-stelsel om genoegsame suurstof aan die spiere te voorsien tydens uitgestrekte oefening, (✓) wat die liggaam in staat stel om fisiese aktiwiteit vol te hou/sonder oormatige moegheid. (✓) • die liggaam om vinnig te herstel na inspanning, (✓) sodat die hartklop/suurstofvlakke effektief kan herstel na oefening. (✓) • Enige EEN van bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) 1.3.2 Wat word van jou verwag wanneer jy 'n 'bespreek krities'-vraag in 'n assesseringstaak beantwoord? Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • Verskeie opinies/argumente oor die onderwerp te ondersoek, (✓) deur voor-/nadele te evalueer vir 'n goed afgeronde bespreking. (✓) • Relevante voorbeelde/studies/data te voorsien om jou argumente te ondersteun, (✓) wat wys dat die onderwerp deeglik verstaan word. (✓) • Dink oor die moontlike uitwerkings/gevolge van die saak, (✓) deur onmiddellike/langtermyn-impakte te oorweeg. (✓) • 'n Beredeneerde beoordeling oor jou analise te bied, (✓) wat jou persoonlike vooroordele eenkant hou. (✓) • Enige EEN van bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 3 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 1.3.3 Bespreek die belangrikheid daarvan om tydens 'n eksamen die vrae noukeurig deur te lees. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Dit kan help om … • 'n oorsig te kry van die areas/inhoud wat gedek is, (✓) om te identifiseer watter vrae makliker is om eerste te antwoord. (✓) • aksie-werkwoorde te identifiseer/onderstreep, (✓) sodat 'n persoon slegs antwoord wat van hul verwag word/nie tyd mors op verkeerde antwoorde nie/nie die vraag verkeerd verstaan nie. (✓) • vas te stel/te verstaan wat presies gevra word/die instruksies duidelik te verwerk, (✓) en 'n persoon minder gespanne laat voel/meer selfversekerd/in beheer van hul antwoorde. (✓) • sleutelwoorde/hoofpunte/frases te identifiseer, (✓) wat hul kan lei in hul antwoorde/kan verseker dat hul die regte onderwerp beantwoord. (✓) • te identifiseer of daar meer as een deel tot die vraag/sub-vraag is, (✓) sodat hul nie enige vraag mis/oorslaan nie. (✓) • die vraag ten volle/akkuraat/volgens die puntetoekennings te beantwoord, (✓) wat akademiese prestasie sal verbeter/punte sal maksimeer. (✓) • vas te stel hoe lank hul antwoord moet wees/hoeveel punte hulle moet gee, (✓) sodat hul tyd effektief bestuur word. (✓) • Enige EEN van bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) 1.4 1.4.1 Gee TWEE redes waarom die nie-betaling van belasting as 'n daad van bedrog beskou word. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt (✓) vir elke antwoord. Die nie-betaling van belasting … • skend die wettige plig van individue/besighede om tot publieke fondse by te dra. (✓) • ontneem die regering van noodsaaklike inkomste wat vir nasionale ontwikkeling/dienste gebruik word. (✓) • skep 'n finansiële las op belastingbetalende burgers/diegene wie hoër bedrae mag betaal om tekorte te dek. (✓) • behels die opsetlike wanvoorstelling van finansiële besonderhede. (✓) • sluit die verskuiling van inkomste/vervalsing van finansiële state/ gebruik van buitelandse rekeninge/opstel van dopmaatskappye in om bates weg te steek/belastingverpligtinge te vermy. (✓) • Enige TWEE van bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 4 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 1.4.2 Verduidelik hoe entrepreneurs die belastingpligtigheid van hulle besighede doeltreffend kan bestuur. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Entrepreneurs kan … • deeglike finansiële rekords hou (✓) om akkurate belastingverslae te verseker/foute te voorkom. (✓) • begroot vir belastingaftrekkings (✓) sodat hulle die betalings kan nakom/boetes vermy. (✓) • besigheid en persoonlike rekeninge apart hou (✓) wat indiening van belasting vereenvoudig/finansiële deursigtigheid verbeter. (✓) • inkomste apart hou/beraamde belastingbetalings maak (✓) en daardeur finansiële druk voorkom. (✓) • verseker dat hulle aftrekkings op besigheidsuitgawes/liefdadigheid eis (✓) wat belasbare inkomste/algehele belastingverpligtinge verminder. (✓) • die regte besigheid-struktuur/plan kies (✓) om belastingvoordele te optimaliseer/verpligtinge te minimaliseer. (✓) • 'n bekostigbare belastingkenner/praktisyn/rekenmeester huur (✓) wie met inhandiging/nakoming kan help/finansiële risiko's kan verminder. (✓) • inskryf vir ‘n besigheid kursus/opleidingsessies/kennis hê oor belasting verantwoordelikhede/hulself onderrig, (✓) wat hulle kan leer hoe om hulle belasting effektief te bestuur. (✓) • Enige EEN van bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) 1.4.3 Bespreek hoe die land bevoordeel kan word deur verantwoordelike belastingbetalende landsburgers te hê. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Dit kan verseker dat daar … • genoeg fondse is om infrastruktuur/gesondheidsorg/onderwys/ vervoer/sekuriteit te ontwikkel, (✓) wat ekonomiese volhoubaarheid bevorder. (✓) • minder geld van ander lande geleen word, (✓) wat laer nasionale skuld/finansiële stabiliteit tot gevolg kan hê. (✓) • befondsing beskikbaar is vir maatskaplike programme wat armes ondersteun, (✓) sodat inkomste ongelykheid kan verminder word/ lewenstandaarde verbeter word. (✓) • finansies vir publieke dienste soos militêre-/nood-dienste/ wetstoepassers is, (✓) en daardeur burgers beskerm/orde handhaaf. (✓) • goeie infrastruktuur/ekonomiese stabiliteit in die land onderhou word, (✓) wat besighede/beleggers kan lok. (✓) • 'n pligsgevoel in die land is, (✓) wat toelaat dat burgers tot nasionale vooruitgang/groei bydra. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 5 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • 'n verbetering is in die finansiële beeld van die land, (✓) wat internasionale handel/beleggings/globale vennootskappe mag lok. (✓) • verbeterde kredietgraderings vir die land (✓) wat toegang tot lenings/beleggings teen laer rentekoerse moontlik maak. (✓) • verbeterde vermoë om op krisisse/rampe te reageer (✓) deur geredelik beskikbare openbare fondse. (✓) • Enige EEN van bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) TOTAAL AFDELING A: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 6 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne AFDELING B (VERPLIGTEND) 1. In hierdie afdeling moet kandidate se antwoorde sover moontlik in volsinne geskryf word. Vir 'n 3- of 4-punt vraag moet 4, 3, 2, 1 of 0 (nul) punte dus toegeken word, afhangend van die vlak van die antwoord gegee. 2. Let daarop dat vir elke kategorie van die kandidate se antwoorde, moet daar onderskei word tussen uitstekende, goeie, bevredigende en swak antwoorde. VRAAG 2 2.1 Noem hoe blootstelling aan besmette voedselprodukte 'n persoon se reg op 'n gesonde lewe kan beïnvloed. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt (✓) vir elke antwoord. Moontlike antwoorde kan insluit: • Ontneem hul reg op ‘n veilige/gesonde lewe/maak die daaglikse lewe meer uitdagend. (✓) • Vermeerder die waarskynlikheid daarvan om blootgestel te word aan voedselgedraagde siektes/voedselvergiftiging/infeksies. (✓) • Lei tot langtermyn/fisiese/ernstige gesondheidsprobleme soos kanker/skade aan organe/metaboliese versteurings/moontlike dood. (✓) • Kan beteken dat die nodige voedingstowwe wat nodig is om gesond/gevoed te wees ontbreek. (✓) • Die rede wees vir wanvoeding/ontwikkelingsprobleme by kinders. (✓) • Verhoog die behoefte vir mediese sorg. (✓) • Bejaardes/Individue met voorafbestaande mediese toestande kan meer kwesbaar wees/die risiko loop vir verdere gesondheidskomplikasies. (✓) • 'n Persoon se immuunstelsel verswak. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (2 x 1) (2) 2.2 Beskryf EEN moontlike voordeel van klein besighede in gemeenskappe. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • Skep werksgeleenthede/opgeneem word in die arbeismark, (✓) aangesien plaaslike gemeenskapslede produkte aan hulle winkels kan voorsien/deur hulle indiensgeneem kan word. (✓) • Dien 'n diverse groep mense teen bekostigbare pryse, (✓) omdat hulle ligging gerieflik is binne gemeenskappe. (✓) • Bied geleenthede om indiensneming/entrepreneurskap te bevorder, (✓) wat die afhanklikheid van maatskaplike toelae/regeringsondersteuning verminder/armoede kan verlig/die misdaadkoers verlaag. (✓) • Voorsien in die gemeenskap se basiese behoeftes, (✓) wat hul meer toeganklik maak tot gemeenskappe/die lewenstandaard verbeter. (✓) • Befonds liefdadigheidsorganisasies, (✓) om sodoende die druk op regeringsprogramme/-fondse te verminder. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 7 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Verskaf aangevraagde/populêre/alternatiewe produkte, (✓) wat 'n verhoging in plaaslike inkomste tot gevolg kan hê. (✓) • Wisselwerking/vennootskappe met ander plaaslike besighede, (✓) wat besigheid geleenthede/eenheid/vaardigheidsontwikkeling in die gemeenskap vermeerder. (✓) • Ondersteun algehele ekonomiese groei, (✓) deur belasting aan die regering te betaal. (✓) • Bevorder kulturele diversiteit (✓) deur tradisionele/plaaslik vervaardigde goedere uniek aan die gemeenskap te voorsien. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) 2.3 Verduidelik EEN faktor wat xenofobiese gesindhede teenoor buitelandse besigheidseienaars in gemeenskappe kan laat toeneem. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • 'n Gebrek aan onderwys/bewustheid oor diversiteit/insluiting, (✓) wat onkunde oor nuwelinge in hul omgewing tot gevolg kan hê. (✓) • Verspreiding van fopnuus/gerugte/skinderstories oor immigrante, (✓) wat vrees/agterdog teenoor mense van ander lande verhoog. (✓) • Mense toon verbitterheid teenoor buitelanders wanneer die ekonomie sleg is, (✓) aangesien gemeenskapslede mag glo dat hulle werksgeleenthede van plaaslike inwoners/burgers steel. (✓) • 'n Geskiedenis van konflik waar mense vasklou aan vooroordele teenoor buitelanders, (✓) en dit oordra deur generasies heen. (✓) • Partydige mediaverslaggewing deur professionele/plaaslike media- kanale, (✓) wat buitelanders mag beskuldig van misdaad/werkloosheid in die gemeenskap/land. (✓) • Die kulturele/taal/godsdienstige verskille tussen plaaslike inwoners en buitelanders, (✓) omdat hulle mag voel dat buitelanders nie by hulle pas/hulle verstaan nie. (✓) • Maghebbendes/Mense na wie hulle opkyk/vertrou wat propaganda versprei, (✓) en veroorsaak dat hulle dieselfde oortuigings aanneem om in te pas/konflik te vermy. (✓) • Sensasionele nuusberigte vir meer klieks/besigtiging, (✓) wat negatiewe stereotipes/diskriminasie versterk. (✓) • Die verspreiding van mites oor buitelanders, (✓) veroorsaak dat mense dit glo/ondersteun sonder enige bewyse/bevestiging. (✓) • Buitelandse sake-eienaars wat nie aan die plaaslike voedselveiligheid maatreëls/vereistes voldoen nie, (✓) wat woede/aggressie in gemeenskappe veroorsaak. (✓) • Mededinging oor beperkte behuising/hulpbronne (✓) wat jaloesie teenoor buitelandse burgers kan aanwakker. (✓) • Mislukking van die regering in dienslewering (✓) wat daartoe lei dat plaaslike inwoners buitelanders verkeerdelik blameer vir hul stryd. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 8 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 2.4 Bespreek die moontlike impak van diskriminasie op die geestelike welstand van slagoffers van xenofobie. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. Hulle kan … • gevoelens van minderwaardigheid/onwaardigheid/nie goed genoeg wees nie ervaar, (✓) wat 'n lae selfbeeld/verminderde selfwaarde/twyfel in hulself kan veroorsaak. (✓) • konstant bekommerd wees/vrees vir onregverdige behandeling, (✓) wat verhoogde angs/stres kan veroorsaak. (✓) • hartseer wees/belangstelling verloor in aktiwiteite, (✓) wat tot 'n toestand van depressie/hopeloosheid lei. (✓) • emosionele nood/interpersoonlike konflik ervaar, (✓) wat verhoogde vlakke van woede/frustrasie/begeerte vir wraak kan veroorsaak. (✓) • eensaam voel (✓) en mag kies om hulself te isoleer/uit te sluit van sosiale toestande. (✓) • verminderde produktiwiteit/persoonlike dryf ervaar, (✓) wat veroorsaak dat hulle hulself losmaak van dag tot dag aktiwiteite/belangrike take/motivering verloor. (✓) • dit moeilik vind om viktimisering te hanteer, (✓) wat tot emosionele pyn/ selfmoordgedagtes/ongesonde konflikhanteringsvaardighede/risikogedrag lei. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2 x 2) (4) 2.5 Assesseer die verantwoordelikheid van die media om bewustheid oor ‘n veilige en gesonde lewe te skep. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • Die media moet die versuim om dienste te lewer ontbloot, (✓) om te verseker dat mense bewus is van kwessies wat hul reg tot veilige en gesonde leefwyse bedreig. (✓) • Media-ondersoeke moet die aandag vestig op omgewingsgevare, (✓) aangesien dit publieke gesondheid direk beïnvloed. (✓) • Verslaggewers moet hul stories baseer op geldige feite/bewyse, (✓) wat die worstelinge van gemeenskappe in onveilige leeftoestande beklemtoon. (✓) • Die media moet 'n platform voorsien/'n stem wees vir individue wat deur swak sanitasie/gevaarlike werkplekke geraak word, (✓) en sodoende druk plaas op owerhede om aksie te neem. (✓) • Joernaliste moet televisie/koerante/aanlynplatforms gebruik om doeltreffend verslag te lewer oor die impak van slegte lewenstoestande in sommige gemeenskappe (✓) aangesien dit 'n wydverspreide gehoor kan onderrig oor die kwessies wat verwant is aan menslike gesondheid. (✓) • Valse inligting oor skadelike chemikalieë/besoedelingstowwe ontbloot, (✓) om te druk vir sterker regulasies wat publieke welstand beskerm. (✓) • Die media moet saam met voorspraakgroepe/aktiviste werk, (✓) om aan te dring op skoon lug/veilige drinkwater/verbeterde sanitasie. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 9 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Gee meer dekking/ruimte/tyd aan onderwerpe oor onveilige lewens- toestande, (✓) wat kan help om nalatigheid/korrupsie effektief te help ontbloot. (✓) • Deur ware stories van mense wat in onveilige omgewings woon te deel, (✓) kan die media die regering verantwoordelik hou deur aksie-/ beleidshervorming. (✓) • Die gemeenskap te onderrig deur dokumentêre/in-diepte verslaggewing oor die gevare van/blootstelling aan giftige/toksiese afval/onbehandelde riool/ bewustheid oor kwessies van aardverwarming, (✓) wat gemeenskappe mobiliseer om aksie te neem teen onwettige storting van toksiese afval. (✓) • Die media moet regeringsbeleide oor skoon water/lug analiseer/kritiseer, (✓) om die belangrikheid van positiewe inisiatiewe gerig op verbetering, uit te lig. (✓) • Suksesverhale van veilige leefstyl-inisiatiewe uit te lig (✓) om gemeenskappe aan te moedig om positiewe praktyke aan te neem. (✓) • Voorsiening van veeltalige gesondheidsinligting (✓) om te verseker dat diverse gemeenskappe die risiko's en oplossings verstaan. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2 x 2) (4) 2.6 Beveel TWEE maniere aan waarop die regering huidige wette kan versterk wat die verkoop van besmette goedere voorkom. Dui ook by ELKE antwoord aan hoe dit veilige en gesonde lewe binne gemeenskappe kan verseker. Punte moet soos volg toegeken word: DRIE punte (✓✓✓) vir elke antwoorde wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • Implementering van swaarder strawwe, (✓) aangesien besighede gedruk mag word om voedselveiligheid regulasies te volg/hulle mag verhinder om aan hierdie praktyke deel te neem (✓) en sodoende die aantal besmette goedere wat in gemeenskappe verkoop word verminder. (✓) • Meer doeltreffende samewerking met plaaslike munisipaliteite, (✓) sodat voedselveiligheidskendings vinnig waargeneem/aangespreek word op gemeenskapsvlak, (✓) wat publieke gesondheid sal versterk deur nakoming van nasionale standaarde. (✓) • Verseker dat wetstoepassers-agentskappe/plaaslike regering/publieke amptenare gereelde/lukrake inspeksies by winkels uitvoer, (✓) aangesien hierdie onverwagte besoeke besighede meer geneig kan maak om hierdie regulasies na te kom, (✓) wat die berging van onveilige produkte deur besighede kan verminder. (✓) • Deur verbruikerklagtes aangaande ongesonde voedselprodukte deur plaaslike-/gemeenskapplatforms aan te spreek, (✓) sodat onveilige produkte herroep kan word, (✓) wat kan lei tot boetes vir besighede wat nie voldoen aan die nodige veiligheidstandaarde nie. (✓) • Voorsiening van meer hulpbronne aan agentskappe/departemente wat kan help om veiligheid te monitor, (✓) aangesien dit hulle die bystand kan bied wat nodig is om te verseker dat voedselvervaardigers/verkopers die wette nakom, (✓) en daardeur help om die verkoop van besmette voedsel aan klante te verminder. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 10 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Seker te maak dat administratiewe agterstande, in howe, verminder word, (✓) sodat sake/klagtes spoedig hanteer word, (✓) om besighede betyds aanspreeklik te hou vir hul nadelige praktyke. (✓) • Versterking van regulerende liggame wat verseker dat daar aan nasionale voedselveiligheidstandaarde voldoen word, (✓) deur voedselprodukte te sertifiseer/toets/ondersoek vir voldoening, (✓) en daardeur die risiko verminder dat ongesonde/skadelike produkte ingeneem word. (✓) • Deur publieke bewusmakingsveldtogte/opvoedkundige programme te loods, (✓) om individue voor te sê/aan te moedig om onveilige besighede aan te gee, (✓) aangesien dit hulle kan bemagtig om meer verantwoordelikheid te neem vir hul eie voedselveiligheid. (✓) • Hulle platforms op te dateer/meer gebruikersvriendelik te maak om verbruikersklagtes te rapporteer, (✓) wat dit makliker vir hulle maak om skendings aan te meld, (✓) en daardeur verseker dat besighede kwaliteit/veilige produkte voorsien. (✓) • Hersiening van wette om hulle meer spesifiek te maak, (✓) voorkom dat verbruikers mislei word om goedere van swak gehalte te koop, (✓) en sodoende kan die verkoop van hierdie onveilige produkte uitfaseer word. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk. (2 x 3) (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 11 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne VRAAG 3 3.1 Definieer die term menslike faktore wat slegte gesondheid veroorsaak. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Definisie: • Gedrag/besluite wat deur individue/groepe gemaak is, (✓) wat hul fisiese/geestelike gesondheid negatief kan beïnvloed. (✓) • Sosiale invloede (✓) wat lei tot ongesonde keuses, en siektes/swak gesondheidsuitkomstes tot gevolg kan hê. (✓) • Leefstylkeuses/Gemeenskapsdruk (✓) wat bydra tot die agteruitgang van 'n persoon se welstand. (✓) • Persoonlike aksies/gewoontes (✓) wat die kwesbaarheid vir siekte/ gesondheidsprobleme vergroot. (✓) • Kulturele praktyke van individue/gemeenskappe (✓) wat die ontwikkeling van siektes/swak gesondheidstoestande tot gevolg kan hê. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) 3.2 Beskryf EEN moontlike langtermyngesondheidsrisiko vir jong rokers. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • Ontwikkeling van verskeie soorte kanker, (✓) wat kan lei tot die dood van individue as gevolg van die ernstigheid van die siekte. (✓) • Skade aan die kardiovaskulêre stelsel, (✓) verhoog die risiko van hartsiektes/-aanvalle/beroertes. (✓) • Verminderde minerale-/vitamienabsorpsie in die liggaam, (✓) wat swakker bene/frakture/verswakte immuunstelsel kan veroorsaak. (✓) • Swak geestelike gesondheid/kognitiewe agteruitgang/demensie/chroniese lugwegsiektes (brongitis/asma/TB/longontsteking), (✓) wat 'n swak lewenskwaliteit tot gevolg het. (✓) • Oogprobleme/Verlies van sig (✓) wat hul daaglikse lewe negatief kan beïnvloed. (✓) • Swak voortplantingsgesondheid in beide mans en vroue, (✓) wat kan lei tot onvrugbaarheid/miskrame/stilgeboorte/wiegiedood. (✓) • Skade aan die tande/tandvleis/ondersteunende weefsels rondom die tande, (✓) veroorsaak chroniese tandvleissiekte/verloor permanente tande. (✓) • Kan die groeiproses belemmer (✓) en moontlik lei tot vertraagde groei in lengte/algehele ontwikkeling. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou
Lewensoriëntering 12 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 3.3 Verduidelik hoekom leerders wat rook meer geneig is om met ander middels te eksperimenteer. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir 'n antwoord wat goed verduidelik is. Hulle kan … • rook gebruik om stres/spanning te verlig, (✓) wat hul meer geneig maak om sterker middels te gebruik vir meer/beter verligting. (✓) • verslaaf wees aan nikotien/nie die verlangde effekte van rook kry nie, (✓) en na sterker ervarings verlang en sodoende ander middels te probeer. (✓) • minder bekommerd/angstig wees om ander middels te probeer, (✓) omdat hulle alreeds een risiko geneem het/norms uitdaag/rebelleer teen reëls/outoriteit. (✓) • met mense uithang wat ander middels gebruik/toegee tot groepsdruk, (✓) wat hul kanse verhoog/dit makliker vir hulle maak/druk op hulle plaas om ander/nuwe middels te probeer. (✓) • nuuskierig raak oor ander middels/dwelms wat gewild is op sosiale media, (✓) en dit wil probeer uit belangstelling/die begeerte om nuwe ervarings te verken. (✓) • meer volwasse/onafhanklik voel, (✓) wat hulle kan aanmoedig/dryf om ander volwasse gedrag soos drink/dwelms gebruik te probeer. (✓) • sukkel met geestesgesondheidkwessies, (✓) wat hulle lei om ander middels te probeer omdat hulle op soek is na 'n meer effektiewe manier om hul emosies te hanteer. (✓) • die finansies ontbreek om hul verslawing vol te hou, (✓) en mag hul daarom wend tot alternatiewe om hul gewoontes te ondersteun. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) 3.4 Bespreek TWEE maniere waarop blootstelling aan sosiale media die gebruik van middels onder die jeug kan aanmoedig. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Sosiale media kan … • "gebruik" as betowerend/begeerlik/normaal uitbeeld, (✓) wat dit aanloklik maak vir die jeug. (✓) • "gebruik" as 'n normale deel van sosiale lewe uitbeeld, (✓) en lei daartoe dat die jeug dit waarneem/sien as aanvaarbare gedrag. (✓) • die risiko's wat met middelgebruik assosieer word versag, (✓) en veroorsaak dat die jeug onbewus is van die moontlike gevolge. (✓) • 'n impak/invloed op tieners se geloofsoortuigings hê, (✓) wat wys dat dit nodig is vir sosiale aanvaarding/om stres/die lewe te hanteer. (✓) • sensasiesoekende gedrag aanmoedig, (✓) wat daartoe kan lei dat hulle betrokke raak by riskante gedrag. (✓) • 'n platform skep vir sosiale leer (TikTok/Instagram/Snapchat), (✓) waar die jeug hierdie gedrag kan aanleer/naboots. (✓) • die jeug ongevoelig maak vir die gevolge wat met middelgebruik gepaard gaan, (✓) en hul meer geneig maak om betrokke te raak by risikogedrag. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 13 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • kwesbare jeug teiken wie meer ontvanklik kan wees vir die inhoud/ mediadekking, (✓) wat hulle meer broos maak tot portuurgroepdruk. (✓) • die gebruik van middels in films/TV-programme/musiek video's uitlig, (✓) wat die gebruik van middels normaliseer. (✓) • smaakmakers ('influencers')/bekendes/rolmodelle hê wat middelgebruik/ ongesonde leefstylkeuses aanmoedig, (✓) en deur jong volgelinge nageboots kan word. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2 x 2) (4) 3.5 Beveel TWEE maatreëls aan wat skole geïmplementeer kan word om leerders te ontmoedig om te rook. Motiveer ELKE antwoord. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • Vertoon opvoedkundige plakkate/kennisgewings rondom die skoolterrein (✓) wat anti-rookboodskappe versterk, wat as ‘n konstante herinneringe kan dien om rook te vermy. (✓) • Nooi gassprekers/gesondheidswerkers uit om oor die gevare van rook/hul eie ervarings te praat, (✓) aangesien eerstehandse ervarings 'n blywende indruk op leerders kan laat. (✓) • Implementeer rookvoorkomingsprogramme/werkswinkels, (✓) aangesien hierdie programme hulle kan onderrig oor die gevare van rook/wettige regte van nie-rokers. (✓) • Moedig gemeenskapsdiens inisiatiewe aan wat verwant is aan nierookveldtogte/gesondheidsbevorderings inisiatiewe, (✓) omdat dit hulle kan help om die impak van rook op hul gesondheid te verstaan. (✓) • Maak dit verpligtend vir leerders, wie gevang is wat rook, om korrektiewe programme by te woon as deel van die skool se gedragskode/reëls, (✓) wat hulle kan isoleer/verwyder van hulle portuurgroep/invloede van buite. (✓) • Loods/Bied gesondheidsprojekte/-kompetisies aan wat fokus op gesonde lewe (✓) wat bewustheid oor die voordele daarvan om 'n gesonde leefstyl te handhaaf mag skep. (✓) • Wysig die skool se gedragskode/reëls deur boetes/strafpunte/skorsing van leerders in te stel wie by die skool betrap word, terwyl hulle rook, (✓) om sodoende hulle te ontmoedig om te rook aangesien hulle nie hierdie onnodige kostes wil aangaan nie. (✓) • Ontneem leerders van voorregte by die skool, (✓) wat hulle sal bang maak om uit te mis op geleenthede. (✓) • Verplig diegene wie by die skool rook om beradingsessies by te woon/ kommunikeer hersiene reëls in die gedragskode van die skool by ouer vergaderings/saal byeenkomste, (✓) om hulle te help om aan die regte kant van die gereg te wees. (✓) • Bevorder ontspannings-/sportaktiwiteite om te ontspan (✓) sodat hulle nie rook as 'n hanteringsmeganisme gebruik nie. (✓) • Doen lukrake soektogte by die skool om te verhoed dat hulle onwettige middels skool toe bring/ander leerders aan middels blootstel. (✓) • Patrollering van rookplekke/installeer rookverklikkers in badkamers, (✓) sodat rokers gevang kan word/dissiplinêre stappe geneem kan word. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 14 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 3.6 Assesseer die belangrikheid van 'n persoonlike leefstylplan om jongmense te help om middelmisbruik te vermy. Dui ook in ELKE antwoord aan hoe hierdie plan hulle kan help om beter leefstylkeuses te maak. Punte moet soos volg toegeken word: DRIE punte elk (✓✓✓) vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • Dit kan hulle in staat stel om 'n gevoel van rigting te ontwikkel oor aktiwiteite waaraan hulle kan deelneem, (✓) gelei word deur hul lewensdoelwitte/ aspirasies in die lewe (✓) en dit kan daartoe lei dat hulle wyser leefstylkeuses maak/verhoed dat hulle aan slegte tipiese tieneraktiwiteite deelneem. (✓) • Dit mag jongmense aanmoedig om gesonde gewoontes soos gereelde oefening/gebalanseerde dieet te ontwikkel, (✓) wat hul fisiese/geestelike welstand verbeter, (✓) en hul daardeur minder geneig te maak om hul tot middels te wend omdat hulle goed mag voel oor hul liggame/gemoed. (✓) • Bemagtig individue met hulpmiddels soos bewustheid/effektiewe tydsbestuur, (✓) om stres/angs te hanteer, (✓) wat hulle in staat stel om hulle emosies/gedrag te bestuur sonder die gebruik van middels. (✓) • Stel/Bereik van doelwitte verwant aan hul leefstylplanne wat sal help dat hul selfbeeld/selfvertroue groei, (✓) en veroorsaak dat hulle minder geneig is om middels te soek as 'n manier om hul onsekerhede te hanteer, (✓) wat gesonder leefstylkeuses aanmoedig/geestelike/fisiese gesondheid prioritiseer bo tydelike plesier. (✓) • Duidelik gestelde hanteringsvaardighede mag jongmense leer hoe om moeilike emosies/situasies te hanteer, (✓) deur meditasie te beoefen/ ondersteuning te soek van 'n mentor, (✓) wat hulle help om emosionele weerstandigheid te bou/uitdagings op gesonder maniere te hanteer. (✓) • Identifiseer positiewe/ondersteunende individue, (✓) wat kan help om 'n sterker sosiale ondersteuningstelsel te ontwikkel om die druk van middelgebruik te verlig, (✓) en hulle aanmoedig om weg te bly van skadelike gedrag. (✓) • Die skep van gevestigde roetines verbeter jongmense se fokus/ dissipline, (✓) wat hulle help om op koers te bly met hulle studies/ stokperdjies/ belangstellings, (✓) en 'n gedissiplineerde gesindheid kweek wat help om versoeking te weerstaan. (✓) • Om 'n joernaal/dagboek te hê/by kreatiewe aktiwiteite betrokke te wees, (✓) mag jongmense van alternatiewe maniere voorsien om uitdagings, sonder die hulp van middels, te hanteer, (✓) wat hanteringsmetodes bekragtig en hul beter toegerus maak om die druk van die lewe te hanteer. (✓) • Dit mag meganismes voorsien om jongmense te help om ingeligte/deurdagte keuses te maak (✓) wat hulle leer om die positiewe en negatiewe van hulle aksies op te weeg, (✓) en hul toelaat om die gevolge van hul keuses te oorweeg. (✓) • Fasiliteer die monitering van vordering/prestasies (✓) wat 'n gevoel van vervulling bied, (✓) wat selfdoeltreffendheid/die motivering om 'n gesonde leefstyl te handhaaf versterk. (✓) • Bevorder betrokkenheid by gemeenskap/diensaktiwiteite (✓) wat aan jongmense 'n gevoel gee van doelgerigtheid/behoort, (✓) wat die aantreklikheid van dwelmgebruik kan verminder. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk. (2 x 3) (6) [20] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 15 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne AFDELING C 1. Kandidate moet enige TWEE vrae in hierdie afdeling beantwoord. Indien die kandidaat al drie vrae beantwoord, moet slegs die eerste TWEE vrae nagesien word. Die oorblywende antwoord moet deurgehaal word en die volgende afkorting moet daarby neergeskryf word: 'OGVV' (Oorskry Getal Vrae wat Vereis word). 2. Kandidate se antwoorde moet in die vorm van PARAGRAWE wees. Punte sal slegs toegeken word vir antwoorde wat in volsinne geskryf is. VRAAG 4 *NOTA AAN ONDERWYSER: In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in volsinne geskryf word. Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is. • Noem kortliks VIER maniere waarop werkgewers kan verseker dat arbeidswette suksesvol in hulle organisasies geïmplementeer word. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt (✓) vir elke antwoord. Moontlike antwoorde kan insluit: • Voorsiening van duidelike/wetlike werkskontrakte. (✓) • Die afdwing van streng gesondheid-/veiligheidsregulasies. (✓) • Implementering van toepaslike klagte prosesse/prosedures/fluitjieblaserbeleid wat toelaat dat werkers skendings kan rapporteer. (✓) • Voldoening aan wetlike beperkings op werksure/verlof/regverdige vergoeding/ indiensnemingspraktyke/werkstoestande/vergoeding/oortyd betaling. (✓) • Koester 'n wedersydse respekvolle/inklusiewe werksomgewing waar teistering/ diskriminasie/afknouery voorkom word. (✓) • Gereelde opleidingsessies/werkswinkels/oudits uit te voer oor werksplekregte/ diskriminasie beleide/regverdige indiensnemingspraktyke. (✓) • Voorsien werkers van toeganklike bronne/menslike hulpbron ondersteuning wat help om die wette te verstaan. (✓) • Nakoming van deursigtigheid/onpartydigheid/gelyke werwing-/arbeidsprosesse. (✓) • Ondersteun werknemers wat by vakbonde aansluit. (✓) • Moedig werknemers aan om terugvoer oor werkplekpraktyke te gee. (✓) • Raadpleeg regskundiges/menslikehulpbron spesialis vir opdatering oor veranderinge in arbeidswetgewing/verseker dat beleide aan die vereistes voldoen. (✓) • Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 16 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Analiseer hoe onvanpaste gedrag deur sommige lede van vakbonde 'n negatiewe invloed op die werksomgewing kan hê. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte (✓✓✓✓) vir elke vraag wat goed verduidelik is. *NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓) Moontlike antwoorde kan insluit: • Deur deel te neem aan ongemagtigde/onwettige stakings, (✓) wat besigheidsprosesse kan ontwrig/arbeidsooreenkomste kan skend, (✓) veroorsaak finansiële verliese vir die maatskappy, (✓) en daardeur die spanning tussen werkers en bestuur verhoog. (✓) • Om oor te gaan tot teistering/intimidasie, (✓) deur druk te plaas op werkers wie nie aan die unie behoort nie om aan te sluit, (✓) kan 'n vyandige werksomgewing skep, (✓) en daardeur verwyte onder kollegas koester/hulle onveilig laat voel/veroorsaak dat hulle alternatiewe werk soek. (✓) • Deur buitensporig baie tyd te spandeer om vergaderings te reël/uniemateriale uit te deel, (✓) in plaas daarvan om op hul werksverantwoordelikhede te fokus, (✓) kan hul produktiwiteit verminder, (✓) wat die maatskappy se algehele doeltreffendheid/ reputasie beïnvloed. (✓) • Die verspreiding van valse/misleidende inligting oor maatskappybeleide/ werkstoestande, (✓) kan ontevredenheid onder werkers veroorsaak, (✓) wat onnodige konflik skep, (✓) en op hierdie manier die vertroue tussen werkers en bestuur beskadig/vernietig. (✓) • Om nie-unielede te weerhou van voorregte tot sekere maatskappyvoordele, (✓) en hul oningelig te hou/hulle te isoleer van toegang tot dit waartoe hulle geregtig is, (✓) deur slegs voorkeur aan lede van die unie te gee, (✓) mag lei tot diskriminasie/ verdeling. (✓) • Te weier om werkplek reëls te volg/hoë vlakke van afwesigheid, (✓) deur te argumenteer dat hulle deur hul unie beskerm word, (✓) mag dit moeilik maak vir die toesighouers/bestuurder om orde in die uitvoer van werksplekreëls af te dwing, (✓) en lei tot 'n ongedissiplineerde/ongeorganiseerde werksomgewing. (✓) • Die beskerming van unielede wat onderpresteer/hulle wangedra/veroorsaak dat meer werknemers wangedra, (✓) ten spyte van hul onregmatige optrede/wat meer geskille/ontwrigtings skep, (✓) maak dit moeilik vir bestuur om die reëls/wette af te dwing (✓) en dit kan die dissiplinêre prosesse in die werkplek in die gedrang bring/lei tot 'n disfunksionele werkplek/swak werksverhoudinge. (✓) • Skep verdeeldheid onder personeel (✓) waar vakbondlede mekaar bo nie-lede bevoordeel, (✓) wat moontlik wrok en lae moraal bevorder, (✓) wat samewerking en spanwerk kan verminder en produktiwiteit negatief kan beïnvloed. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2 x 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 17 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Evalueer die impak op 'n jong werker wie arbeidswet-oortredings in die werkplek rapporteer Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte (✓✓✓✓) vir elke vraag wat goed verduidelik is. *NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n POSITIEWE stelling gee, (✓) dit motiveer (✓) 'n tweede NEGATIEWE stelling (✓) en dit motiveer (✓) Moontlike antwoorde kan insluit: • Verwerping van kollegas/bestuur/om as 'n moeilikheidmaker geëtiketteer te word, (✓) en mag oorgesien word vir bevordering/selfs hul werk verloor/’n verlies van salaris veroorsaak; (✓) maar, hulle mag ook trots/bemagtig voel (✓) deur te weet dat hulle opstaan vir hulle en hul medekollega se regte. (✓) • Verhoogde stres/angs vir die jong werker, (✓) aangesien hulle die gevolge mag vrees; (✓) alhoewel, dit hulle ook kan voorsien met 'n gevoel van verligting, (✓) deur te weet dat hulle die nodige stappe geneem het om ongeregtighede aan te spreek. (✓) • Gespanne/Beskadigde verhoudings met kollegas (✓) wat hulle kan sien as 'n informant; (✓) maar, hulle kan ook respek verdien van ander (✓) wie hulle braafheid/verpligting vir die regte dinge te doen sal waardeer. (✓) • Kan regsbeskerming ontvang, (✓) wat hulle veiligheid teen viktimisering/leed kan verseker; (✓) maar in ander gevalle, mag die werker steeds uitdagings soos verlies van ondersteuning vanaf die unie/intimidasie van die werkgewer/kollegas in die gesig staar, (✓) en hul magteloos laat voel en die situasie moontlik vererger/hulle ontmoedig om aan te hou om insidente van skendings te rapporteer. (✓) • Dit mag positiewe veranderinge vir die werker teweeg bring in die werkplek, (✓) aangesien daar beter uitvoering van die arbeidswette mag wees; (✓) maar, die proses kan tydsaam wees (✓) en die jong werker mag teleurgesteld voel indien die kwessie nie vinnig aangespreek word nie. (✓) • Ontvang erkenning vir hulle integriteit/professionaliteit, (✓) wat moontlike bevordering op die langtermyn in hul loopbaan kan beteken; (✓) alhoewel, hulle 'n tydelike terugslag/vertraging in loopbaanvordering/bevordering kan ondervind, (✓) aangesien hulle as 'n moeilikheidmaker deur sommiges in die organisasie gesien kan word. (✓) • Hulle mag kwesbaar voel vir voortdurende ondersoek deur bestuur/ander werknemers, (✓) wat dalk nie met hul optrede saamstem nie; (✓) hulle kan egter ook bewustheid verhoog oor werkersregte, (✓) wat moontlik ander werknemers bemagtig om hul stem te laat hoor. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2 x 4) (8) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 18 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne VRAAG 5 *NOTA AAN ONDERWYSER: In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word. Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is. • Noem kortliks VIER maniere om kuberveiligheid te handhaaf terwyl aanlyn vaardighede ontwikkel word om werkloosheid teen te werk. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt (✓) vir elke antwoord. Moontlike antwoorde kan insluit: • Wees versigtig met skakels/aanhegsels van onbekende bronne. (✓) • Hou persoonlike inligting privaat/veilig. (✓) • Wees bewus van aanlyn bedrog/uitvissing ('phishing')/kuberkrakery/aanlyn dreigemente. (✓) • Beskerm jou aanlynreputasie. (✓) • Vermy om by aanlynplatforms aan te sluit wat in kwaadwillige sagteware ('malware')/virusinfeksies kan ontaard. (✓) • Nie te val vir aandrang om betalings te maak vir werksaanbiedings nie. (✓) • Dateer sagteware/bedryfstelsel op om veiligheidsrisiko's te hanteer/maak gebruik van erkende anti-virussagteware. (✓) • Moniteer aanlynrekeninge/kredietverslae vir verdagte aktiwiteit. (✓) • Verseker dat die privaatheidinstellings op sosialemedia-platforms gereeld nagegaan word. (✓) • Wees versigtig wanneer publieke rekenaars/Wi-Fi gebruik word. (✓) • Maak gebruik van enkripsie wanneer persoonlike inligting gestuur word. (✓) • Beveilig sensitiewe inligting soos wagwoorde/bankkaartnommers/adresse. (✓) • Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (4 x 1) (4) • Analiseer hoe kubervaardigheid jongmense kan help om werkloosheid teen te werk. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte (✓✓✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is. *NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓) Moontlike antwoorde kan insluit: • In beheer te wees van hul digitale voetspoor, (✓) aangesien hulle kan verseker dat hulle kuberveilig is/dat hul aanlyn aktiwiteite nie hul beeld negatief beïnvloed nie, (✓) omdat werkgewers dikwels potensiële kandidate ondersoek (✓) en meer geneig is om mense met 'n skoon digitale rekord in diens te neem. (✓) • Aanlynwerkplatforms soos LinkedIn/werksblaai kan effektief gebruik word (✓) vir 'n kompeterende/globale arbeidsmark, (✓) terwyl dit hulle ook toelaat om hul aansoeke aan te pas, (✓) wat hul daardeur help om geleenthede vinniger op te spoor. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 19 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Brei hul sosiale netwerke/professionele werwe uit, (✓) om hulle te help om verbintenisse met industriekenners te vestig, (✓) en toegang verkry tot werkbegeleiding, (✓) wat hul kanse om werk te kry in vandag se digitale wêreld kan vergroot. (✓) • Verstaan die dinamiese verhouding tussen handelsmerke/smaakmakers ('influencers')/verbruikers, (✓) deur in staat te wees om inhoud op sosiale-/ mediaplatforms soos TikTok/YouTube/Instagram te skep, (✓) wat wys dat hulle hul eie invloed/gehoor kan groei, (✓) en die moontlikheid vir inkomste van maatskappye daarstel wat op soek is na kundige/invloedryke mense wie die maatskappy se handelsmerk kan groei/bevorder/uitbrei. (✓) • Verkryging van digitale vaardighede vir opkomende rolle, (✓) deur by te hou met die nuutste tegnologiese gereedskap/digitale tendense, (✓) en vaardighede in veeleisende sektore soos tegnologie/digitale bemarking/e-handel kan opdoen, (✓) en dus nuwe loopbaanroetes oopmaak wat nie voorheen beskikbaar was nie. (✓) • Gebruik aanlyn leerplatforms, (✓) deur voordeel te trek van beide gratis/betaalde kursusse wat hul vaardighede in verskeie velde kan verbreed, (✓) terwyl hulle aanpas by nuwe tegnologieë, (✓) en verseker dat hulle kompeterend bly in 'n altyd- veranderende arbeidsmark. (✓) • Skep 'n aanlynportefeulje/vestig ‘n e-besigheid/aanlynopleiding van ander jeug, (✓) as gevolg van hulle kennis van die bou van webtuistes/inhoudbestuur/komplekse probleemoplossing, (✓) wat hulle help om hul vermoëns/prestasies/ werksgeskiedenis ten toon kan stel, (✓) wat daardeur 'n effektiewe manier voorsien om moontlike werkgewers aan te trek. (✓) • Verken vryskutwerkopsies, (✓) waar hulle korttermyn/projekgebaseerde indiensneming mag vind, (✓) deur vir afstandswerkrolle aansoek te doen, (✓) en daardeur hulle soeke na werk globaal uitbrei. (✓) • Aanwending van aanlynsaamwerkinggereedskap, (✓) deur aanlyn werkspasies te gebruik, (✓) mag toelaat dat hulle effektief in virtuele spanne werk, (✓) en 'n waardevolle vaardigheid aan werkgewers voorstel wie spangeoriënteerde individue mag soek vir afstand/hibriede werk. (✓) • Deelname aan virtuele werk loopbaanskoue/loopbaanuitstallings, (✓) wat hulle direk betrokke maak by werwers, (✓) en daardeur werksopeninge/internskappe/ professionele ontwikkelingsgeleenthede verken (✓) wat nie voorheen deur tradisionele metodes om werk te soek beskikbaar was nie. (✓) • Bemeestering van kommunikasie vir virtuele onderhoude, (✓) aangesien hulle bekwaam/gemaklik kan wees met digitale kommunikasiegereedskap (Zoom/MS Teams/Skype/Google), (✓) wat hulle toelaat om uit te blink in aanlyn onderhoude, (✓) en daardeur verseker dat hulle hulself professioneel/effektief aan werkgewers in 'n digitale arbeidsmark voorstel. (✓) • Volging van industrieblogs/nuus webwerwe/aanlynforums wat verwant is aan hulle veld, (✓) mag help dat hulle op datum bly/bewus is van industrieontwikkelings, (✓) en verseker dat hulle oor nuwe tendense ingelig bly, (✓) wat hulle bewus maak van die nuutste indiensnemingsgeleenthede. (✓) • Verkenning van tegnologieë/velde van werk soos kunsmatige intelligensie (AI)/ data wetenskap/kubersekuriteit, (✓) aangesien dit populêre 21ste eeu loopbane geword het, (✓) en dus die deure oopmaak na nuwer/innoverende loopbaans-geleenthede, (✓) wat die jeug se werkmoontlikhede verbeter. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2 x 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 20 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Evalueer die betekenis van gedrukte media in 'n ontwikkelende digitale wêreld. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte (✓✓✓✓) vir elke vraag wat goed verduidelik is. *NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n POSITIEWE stelling gee, (✓) dit motiveer (✓) 'n tweede NEGATIEWE stelling (✓) en dit motiveer. (✓) Moontlike antwoorde kan insluit: • Gedrukte materiaal mag dalk toeganklik/versprei word in gebiede met geen elektrisiteit/toegang tot elektroniese media, (✓) wat 'n wyer geografiese verspreiding van gedrukte media na landelike gemeenskappe bevorder; (✓) maar as gevolg van die beperkte fisiese verspreiding daarvan maak dit moeilik vir 'n wyer/groter gehoor om toegang te verkry, (✓) anders as digitale formate wat onmiddellik van enige plek af verkry kan word. (✓) • Gedrukte media word as betroubaar/geloofwaardig beskou, (✓) as gevolg van die redigerings-/feitekontroleprosesse wat dit meer betroubaar maak; (✓) die behoefte/ gebruik van aanlyn-/digitale hulpbronne word egter meer bevoordeel/ verkies (✓) as gevolg van die vinnige/gerieflike/opgedateerde inligting. (✓) • Die lees van gedrukte bronne help om fokus/verstaan/geheue-vaslegging te verbeter, (✓) veral vir in-diepte verstaan van intensiewe/akademiese materiaal; (✓) alhoewel, die produksie van gedrukte media skade aan die omgewing doen deur natuurlik hulpbronne te gebruik, (✓) en digitale platforms 'n meer geskikte opsie maak. (✓) • Gedrukte media bly waardevol vir adverteerders/maatskappy wat spesifieke gehore teiken, (✓) omdat dit 'n langer/blywende dekking/blootstelling mag hê; (✓) maar, dit mag duur wees om te druk/versprei, (✓) wat dit 'n minder geskikte/praktiese opsie maak. (✓) • Sekere gedrukte formate (bv. joernale/tydskrifte) lok steeds 'n lojale gehoor, (✓) as gevolg van hul spesifieke inhoudsdekking; (✓) teenoor, jonger lesers wat hul wend na digitale media, (✓) omdat dit meer verskeidenheid/aantreklik is wat hul gejaagde lewenstyle beter pas. (✓) • Gedrukte materiale voorsien 'n weergawe wat sonder digitale onderbrekings is, (✓) soos advertensies/kennisgewings/sosiale media onderbrekings wat dit ideaal maak vir diep lees/refleksie; (✓) tog, kan hulle nie kompeteer met die veelvoudige digitale platforms van vandag se digitale samelewing nie, (✓) wat korrekte nuus/konstante inhoud opdaterings voorsien. (✓) • Boeke/koerante/tydskrifte wat gedruk is, kan oor generasies heen duur, (✓) wat inligting in 'n onveranderde/toeganklike formaat behou; (✓) tog, ten spyte hiervan is digitale kopieë meer gerieflik/beheerbaar om te berg weens hul duursaamheid, (✓) veral in huise/biblioteke/instansies met beperkte kapasiteit. (✓) • Om fisiese boeke te hê kan 'n persoonlike ervaring bied (✓) aangesien jy eienaarskap het oor die boeke; (✓) alhoewel, die koste van gedrukte materiaal duur kan wees vir sekere gesinne (✓) teenoor die digitale boeke/bronne wat baie keer as meer bekostigbaar/maklik verkrygbaar/vrylik deelbaar met ander gesien word. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2 x 4) (8) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 21 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne VRAAG 6 *NOTA AAN ONDERWYSER: • In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word. Dus, vir 'n 3- punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is. • Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓) • Noem kortliks VIER faktore om te oorweeg wanneer jy iemand as ‘n verwysing in jou Curriculum Vitae (CV) byvoeg Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt (✓) vir elke antwoord. Faktore kan insluit om … • individue te kies wat werkgewers/toesighouers/onderwysers is wat positief oor jou vaardighede/werksetiek/karakter sal praat/skryf. (✓) • iemand met 'n sterk professionele verbintenis met jou te kies. (✓) • die persoon te identifiseer wat die beste positiewe/geloofwaardige assessering van jou vermoëns kan gee. (✓) • seker te maak dat die individu geldige/professionele kontakbesonderhede het. (✓) • toestemming te vra van die gelyste persoon om hulle kontakbesonderhede by jou aansoek te voeg. (✓) • te verifieer of die persoon se besonderhede akkuraat/op datum is. (✓) • seker te maak dat die persoon se werkservaring/getuigskrifte relevant is vir die werk waarvoor jy aansoek doen. (✓) • verwysings te kies met 'n sterk professionele geloofwaardigheid/reputasie/ dat hulle gerespekteer is in hulle veld. (✓) • die verwysing se beskikbaarheid/bereidwilligheid om vinnig te reageer in ag te neem. (✓) • Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (4 x 1) (4) • Analiseer die belangrikheid daarvan om navorsing te doen oor 'n maatskappy se missiestelling wanneer jy vir beskikbare poste aansoek doen. *NOTA AAN ONDERWYSER: • Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓) Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte (✓✓✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Dit mag … • toelaat dat jy kan sien of hulle werksdoelwitte met joune ooreenstem, (✓) sodat jy kan seker maak of jou vaardighede/waardes 'n positiewe bydra tot hul langtermyn doelwitte kan hê, (✓) wat jou sal help om aansoek te doen vir die geskikte pos, (✓) en daardeur verseker dat jy 'n pos beklee wat jou sterkpunte/belangstellings die beste pas. (✓) • jou help om te sien in watter rigting die maatskappy beweeg, (✓) wat jou in staat sal stel om die moontlikheid vir loopbaangroei te assesseer, (✓) aangesien dit by jou loopbaanaspirasies mag inpas, (✓) en jou help om 'n ingeligte loopbaankeuse te maak. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 22 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • jou laat verstaan wat die verwagtinge van die maatskappy is, (✓) aangesien dit die visie van die maatskappy mag reflekteer, (✓) wat aan jou die moontlike verwagtings duidelik kan uitbeeld, (✓) en verseker dat jy beter voorbereid sou wees indien jy deur die maatskappy aangestel word. (✓) • insig gee van die maatskappy se kultuur, (✓) omdat dit jou kan help om die werksomgewing/atmosfeer te verstaan, (✓) om vas te stel of jy goed by die maatskappy sal inskakel, (✓) en jou kanse verhoog om te floreer/uit te blink as 'n werker. (✓) • inligting oor die maatskappy se reputasie/posisie in die industrie gee, (✓) aangesien dit 'n impak op jou professionele reputasie kan hê indien jy deur die maatskappy aangestel word, (✓) wat daardeur verseker dat jou loopbaanbeeld beskerm is, (✓) deur nie jou toekomstige loopbaanvooruitsigte te beperk nie. (✓) • jou vir 'n moontlike onderhoud voorberei, (✓) aangesien jy 'n breë oorsig mag kry oor die maatskappy se profiel, (✓) en jou in 'n beter posisie plaas om enige moontlike vrae wat ooreenstem met jou visie kan beantwoord, (✓) en jou kanse verhoog om 'n pos te kry. (✓) • die maatskappy se betrokkenheid by korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid/ etiese besigheidspraktyke aandui, (✓) wat jou kan help om maatskappy te kies wat by jou morele/etiese standaarde pas, (✓) en jou help om 'n pos te verkry wat werksbevrediging sal bied, (✓) en daardeur jou welstand in die maatskappy verseker. (✓) • moontlike werkgewers beïndruk wanneer jy na die missieverklaring in jou aansoek/dekbrief te verwys/jou CV aan te pas, (✓) aangesien maatskappy kandidate waardeer wie die inisiatief neem om navorsing oor die maatskappy te doen/hul maatskappy te verstaan, (✓) wat aan hulle kan wys dat jy proaktief/goed voorbereid/belangstel om deel van die maatskappy te wees, (✓) en tot verhoogde kanse lei om 'n werksaanbod te kry. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2 x 4) (8) • Evalueer hoekom 'n werkgewer mag verkies om 'n kandidaat met vorige werksondervinding in diens te neem. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte (✓✓✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is. *NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n POSITIEWE stelling gee, (✓) dit motiveer (✓) 'n tweede NEGATIEWE stelling (✓) en dit motiveer (✓) Moontlike antwoorde kan insluit: • Vereis minder opleiding/Kan onmiddellik begin werk, (✓) aangesien hulle alreeds die vaardighede/kennis het wat nodig is vir die werk; (✓) alhoewel, hulle dit moeilik mag vind om nuwe maniere van dinge doen aan te leer, (✓) en mag sukkel om by die maatskappy se beleide aan te pas. (✓) • Het 'n rekord van hulle prestasies by vorige instansies, (✓) wat hul betroubaarheid/ werksetiek wys; (✓) aan die ander kant, mag ervaring nie altyd beteken dat hulle die werk goed kan doen nie, (✓) aangesien hulle swak werkgewoontes/oudmodiese metodes kan gebruik. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 23 DBE/September 2025 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Ken die industrie goed, (✓) aangesien hulle mag verstaan hoe die werk/werkplek funksioneer; (✓) alhoewel, hulle nie noodwendig nuwe/vars idees/maniere mag bring nie, (✓) aangesien hulle kreatiwiteit/innovering kortkom. (✓) • Kan goed wees met probleemoplossing, (✓) aangesien hulle uitdagings/ meervoudige take/goed onder druk mag werk; (✓) alhoewel, as hulle te ervare is, mag hulle voel dat die werk te maklik is, (✓) en vinnig belangstelling verloor/ ander indiensnemingsgeleenthede mag soek. (✓) • Wys toewyding/stabiliteit in hulle werk, (✓) omdat hulle werksgeskiedenis kan wys dat hulle verantwoordelik is/vir 'n lang tyd in die werk kan bly; (✓) maar, hulle mag hoë salarisse/beter voordele/spesiale behandeling vir hul kundigheid verwag, (✓) wat druk op die maatskappy plaas/die maatskappy nie in staat is om te bied nie. (✓) • Het sterk mensevaardighede, (✓) omdat hulle weet hoe om te kommunikeer/in 'n span te werk/tyd goed te bestuur om die werk gedoen te kry; (✓) maar, indien hulle van 'n baie verskillende werksomgewing kom mag hulle dit moeilik vind om by 'n nuwe maatskappy se manier van dinge doen in te pas, (✓) wat kan lei tot konflik/misverstande in die werkplek. (✓) • Versterk die maatskappy se geloofwaardigheid, (✓) wat dit moontlik maak vir die maatskappy om kliënte/beleggers te lok; (✓) alhoewel, 'n groter klem op ervaring 'n nadeel vir ander werkers kan wees, (✓) aangesien hulle die vaardighede mag hê maar die formele werkservaring kortkom. (✓) • Beskou word as gereed vir leierskaprolle, (✓) wat die behoefte om kandidate uit te kontrakteer kan verminder; (✓) teenoor, sommiges wie nie gewillig mag wees om leierskaprolle aan te neem nie, (✓) aangesien hulle nie toegerus mag wees om jonger/dinamiese spanne te bestuur nie. (✓) • Kan minder ervare kollegas mentor/lei (✓) wat die algehele spanprestasie verbeter; (✓) maar hulle mag besprekings oorheers/hul eie maniere van dinge doen oplê, (✓) wat innovasie beperk. (✓) • Het 'n ontwikkelde professionele netwerk (✓) wat die maatskappy deur kontakte/vennootskappe kan bevoordeel, (✓) alhoewel oormatige afhanklikheid van vorige netwerke die bou van nuwe verhoudings intern kan belemmer (✓) wat samehorigheid beïnvloed. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2 x 4) (8) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Life Orientation

Explore more published documents in this catalogue.

View all