Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSORIËNTERING
ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK
SEPTEMBER 2022
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all/Gr%2012%20Teacher_s%20Guide%20(moderated)--edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861/v1-fce5bfae6ca1b85fe904/card.webp)

/Life%20Orientation%20Survival%20Kit--d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70/v1-9d4138c4a1086bc15399/card.webp)



Life Orientation Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)
Grade 12 Life Orientation question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Life Orientation · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Orientation
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 268.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
NSC November Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 2 DBE/September 2022
NSS – Algemene Assesseringstaak
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings, naamlik AFDELING A,
AFDELING B en AFDELING C.
2. Die vrae in AFDELING A en AFDELING B is VERPLIGTEND.
3. Beantwoord enige TWEE vrae in AFDELING C.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 3 DBE/September 2022
NSS – Algemene Assesseringstaak
AFDELING A (VERPLIGTEND)
Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Wanneer jy 'n loopbaan kies, sal die belangrikste aspek wees
om ...
A die voordele en salaris wat jy sal ontvang, te evalueer.
B te assesseer of jy jou volle potensiaal sal ontwikkel.
C die geografiese ligging van die werkplek in ag te neem.
D die ure wat jy sal moet werk, te bestudeer.
1.1.2 'n Belangrike strategie om 'n effektiewe studieplan te volhou, kan
EEN van die volgende insluit:
A Volg alle aktiwiteite wat jy beplan het om te doen, streng na
B Organiseer al die vereiste assesseringstake
C Neem alle betrokke aktiwiteite met tydraamwerke in ag
D Pas sekere aktiwiteite aan om vordering te verseker
1.1.3 EEN van die hooffunksies van die Kommissie vir Versoening,
Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) is om ...
A die stigting van werkplekforums te fasiliteer.
B regs- en finansiële ondersteuning vir werkers te reël.
C geleenthede vir bevordering en groei te verskaf.
D opregtheid en dissipline onder werkers aan te moedig.
1.1.4 Om 'n omgewingsprojek te assesseer, beteken om ...
A jou koolstofvoetspoor te verminder om lugbesoedeling te
voorkom.
B elektrisiteit- en waterverbruik in jou huishouding te verminder.
C maniere voor te stel om gryswater waar en wanneer moontlik
te bekom.
D die invloed van die herwinning van afval op jou gemeenskap in
ag te neem.
1.1.5 Die volgende is vorbeelde van fiksheidsoefeninge om jou
kernspiere te versterk:
A Opsitte, naellope en hurk-sitte
B Touspring, opkrulle en hurk-sitte
C Opkrulle, opsitte en opstote
D Opsitte, touspring en naellope (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 4 DBE/September 2022
NSS – Algemene Assesseringstaak
1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 'n Leerstyl wat jou in staat stel om die beste te leer deur te doen, te
beweeg en aan te raak (1)
1.2.2 'n Manier van regering waar die mense van 'n land die reg het om
by wetgewing betrokke te wees en daaroor te besluit (1)
1.2.3 'n Navorsingsmetode wat op bewyse gebaseer is en deur die
media gebruik word om sake van publieke belang, wat deur mense
in magsposisies verdoesel word, te ontbloot (1)
1.3 Beantwoord die volgende vrae deur die antwoord langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK te skryf. Skryf jou antwoorde in
volsinne.
1.3.1 Onderskei tussen die verantwoordelikhede van nasionale en
provinsiale regerings om veilige en gesonde lewensomstandighede
vir alle landsburgers te verseker. (1 x 2) (2)
1.3.2 Verduidelik EEN manier waarop jy gemeenskapsport/-speletjies
kan aanpas om mense met verskillende gestremdhede te
akkommodeer. (1 x 2) (2)
1.3.3 Bespreek EEN voordeel daarvan om die inligting wat jy leer, te
visualiseer. (1 x 2) (2)
1.4 Lees die bron hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Skryf jou
antwoorde in volsinne.
DIE MAG VAN ONS OORTUIGINGS/GELOOFSTELSELS
Ons oortuigings/geloofstelsels, anders as ideologieë, is 'n onsigbare krag wat
ons gedrag bepaal.
[Aangepas uit The Power of our Belief System deur Krysta Martynes]
1.4.1 Noem TWEE faktore wat tot die vorming van jou oortuigings/
geloofstelsel kon bygedra het. (2 x 1) (2)
1.4.2 Definieer die term ideologieë. (1 x 2) (2)
1.4.3 Stel EEN manier voor waarop jou oortuigings/geloofstelsel jou
persoonlike leefstylkeuses kan beïnvloed. Motiveer jou antwoord.
(1 x 2) (2)
TOTAAL AFDELING A: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 5 DBE/September 2022
NSS – Algemene Assesseringstaak
AFDELING B (VERPLIGTEND)
Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Skryf jou antwoorde in volsinne.
VRAAG 2
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE WET OP BASIESE DIENSVOORWAARDES – 'N WERKER SE BESKERMING
Suid-Afrika se arbeidswette is deesdae van die beste ter wêreld, want die Konstitusie
het arbeidsregte baie sterk gevestig en mettertyd het vakbonde ook verdere insette tot
die arbeidswette gelewer.
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) vorm die
kern van arbeidswetgewing. Nie die werkgewer of die werknemer kan die voorwaardes
wat in die WBDV uiteengesit is, veral met betrekking tot die regulasies van 'n
werkskontrak, soos gestipuleer in die Wet, ignoreer nie.
Elke werkgewer is verplig om nie later as die eerste dag van die aanstelling nie, alle
werkers van 'n werkskontrak te voorsien. Daar word dus sterk aanbeveel dat alle
werkgewers 'n werkskontrak met 'n werker sluit. Dit is ook 'n feit dat baie min werkers
eintlik die werkskontrak lees voordat hulle dit teken.
Al is Suid-Afrikaanse arbeidswette taamlik gevorderd, bestaan kinderarbeid,
byvoorbeeld, steeds in 'n verskeidenheid arbeidsektore in die land. Dit is dus belangrik
dat werkgewers die WBDV goed verstaan om te verseker dat die wyse waarop hulle
funksioneer, ten volle aan die arbeidswette voldoen.
[Aangepas uit http://www.chamlabour.co.za. Toegang op 2 Mei 2022 verkry.]
2.1 Definieer die term werkskontrak. (1 x 2) (2)
2.2 Noem TWEE maniere waarop vakbonde werkers kan help om die
nienakoming van werkstoestande te hanteer. (2 x 1) (2)
2.3 Verduidelik waarom die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997
(Wet 75 van 1997) minderjarige kinders beskerm om in 'n formele
werksomgewing te werk. (1 x 2) (2)
2.4 Hoe kan 'n werkgewer 'n jong werker help om die gevolge van 'n
werkskontrak wat verkeerd vertolk of nie gelees is nie, te minimaliseer?
(2 x 2) (4)
2.5 Assesseer TWEE voordele vir 'n werkgewer wat 'n werkskontrak aan werkers
verskaf. (2 x 2) (4)
2.6 Ondersoek waarom dit vir 'n werker belangrik is om 'n werkskontrak na te
gaan. Dui ook in ELKE antwoord aan hoe die nagaan daarvan die werker kan
bevoordeel. (2 x 3) (6)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 6 DBE/September 2022
NSS – Algemene Assesseringstaak
VRAAG 3
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE BELANGRIKHEID DAARVAN OM ANDER SIENINGS EN
INSIGTE TE ONDERSOEK
Die studie van die mens se lewensiklus is van onskatbare waarde vir ons persoonlike
insig in hierdie dissipline wat gedurig verander en hoofsaaklik die kinderjare,
adolossensie en volwassenheid insluit.
Om oop te wees vir ander sienings en insigte is díé belangrikste eienskap wat ons
deur ons hele lewe nodig kan kry soos wat ons deurgaans leer en kennis bekom oor
die mens se lewensiklus. Die mooi daarvan om ander sienings, insigte en tradisies
verwant aan die menslike lewenssiklus te ondersoek, is dat dit ons in staat stel om
soveel nuwe dinge uit te vind en soveel nuwe perspektiewe in te neem wat ons deur
die lewe kan help.
Ons leef in 'n wêreld wat ons dwing om baie dinge wat ons deur die loop van ons
lewens geleer het, te bevraagteken, en dit moet normaal wees om aan te neem dat nie
almal ons opvoeding deel nie. Dit kan selfs vir ons 'n skok wees om te besef dat die
mense wat ons in ons leeftyd ontmoet, in dinge kan glo of doen wat ons dalk nie sal
verstaan nie. Ons word van geboorte af alles geleer wat ons tans weet; om dus dinge
vanuit ander se oogpunt te sien, kan tyd, energie en verdraagsaamheid verg.
[Aangepas uit https://www.thoughtcatalog.com. Toegang op 15 Februarie 2022 verkry.]
3.1 Definieer die term menslike lewensiklus. (1 x 2) (2)
3.2 Dui aan hoe 'n adolessent 'n identiteitskrisis, as deel van die lewensiklus,
doeltreffend kan hanteer. (2 x 1) (2)
3.3 Verduidelik waarom dit belangrik is om kennis van die menslike lewensiklus
te hê. (1 x 2) (2)
3.4 Bespreek TWEE moontlike redes waarom die meeste mense verplig kan voel
om tradisionele praktyke te volg. (2 x 2) (4)
3.5 Assesseer die rol van die media in die bevordering van verdraagsaamheid vir
verskillende tradisionele praktyke en/of sienings. (2 x 2) (4)
3.6 Hoe kan die ondersoek van ander sienings en insigte rakende die lewe met
jou emosionele ontwikkeling help? Dui ook in ELKE antwoord aan hoe hierdie
ontwikkeling die sleutel tot sukses in alle areas van jou lewe kan wees.
(2 x 3) (6)
[20]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 7 DBE/September 2022
NSS – Algemene Assesseringstaak
AFDELING C
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
Jou antwoorde moet uit paragrawe bestaan. Punte sal SLEGS toegeken word vir
antwoorde wat in volsinne geskryf is.
VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BLY KOMPETEREND OP E-BESIGHEIDSPLATFORMS
Entrepreneurskap in die kulturele en kreatiewe industrieë in Suid-Afrika is waar
individue kompeterende besighede gevestig het wat op die kunste gebaseer is,
skeppend geïnspireer en relevant tot die kulturele erfenis van 'n spesifieke
gemeenskap is. In die huidige wêreldmark het hierdie bedryf toenemend kompeterend
vir entrepreneurs op ¹e-besigheidsplatforms geword.
Woordelys:
¹e-besigheidsplatforms: 'n aanlyn ruimte wat entrepreneurs in staat stel om hulle
besighede te bestuur
[Aangepas uit https://www.trade.gov.za.Toegang op 22 Maart 2022 verkry.]
Skryf paragrawe oor entrepreneurskap en e-besighede.
Gebruik die volgende as 'n riglyn:
Noem VIER maniere waarop 'n waardegebaseerde benadering 'n entrepreneur
kan lei om 'n suksesvolle e-besigheid te bestuur. (4 x 1) (4)
Analiseer hoe entrepreneurs kultuur kan gebruik om kompeterend op die huidige
e-besigheidsplatforms te bly. (2 x 4) (8)
Evalueer TWEE faktore in 'n kultuurgroep wat iemand se besluit om 'n
entrepreneur te word, kan beïnvloed. (2 x 4) (8)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 8 DBE/September 2022
NSS – Algemene Assesseringstaak
VRAAG 5
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SAMEWERKING: 'N NOODSAAKLIKE VAARDIGHEID IN HIERDIE TYDPERK
Verbale en nieverbale kommunikasievaardighede is belangrik wanneer daar
saamgewerk moet word. In hierdie nuwe digitale tydperk, is die vermoë om saam te
werk en te delegeer nog belangriker om die sukses van groepsprojekte te verseker.
[Aangepas uit https://pressbooks.com/essential-skills-and-collaboration.
Toegang op 22 Maart 2022 verkry.]
Skryf paragrawe oor samewerking as 'n vaardigheid om belangebotsings te
versoen.
Gebruik die volgende as 'n riglyn:
Noem VIER redes waarom dit belangrik is om nieverbale kommunikasie in 'n span
in ag te neem. (4 x 1) (4)
Analiseer hoe werk van die huis af in hierdie nuwe digitale tydperk 'n invloed kan
hê op hoe jy in 'n groepsprojek saamwerk. (2 x 4) (8)
Evalueer die belangrikheid van delegering as 'n samewerkingsvaardigheid vir
spanwerk. (2 x 4) (8)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 9 DBE/September 2022
NSS – Algemene Assesseringstaak
VRAAG 6
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MY FOON, MY FOTO'S, MY INLIGTING, MY PRIVAATHEID,
MY SOSIALEMEDIA-VOETSPOOR ...
Hoe groot is die probleem van jongmense se sosialemedia-voetspoor en persoonlike
selfoongebruik by die werk werklik? Veral tydens werksure. Alhoewel werkers 'n reg tot
privaatheid het wat die gebruik van hulle persoonlike elektroniese toestelle by die werk
betref, kan hulle egter nie onbeperkte vryheid vir persoonlike interaksies op
soaialemediaplatforms gedurende werksure eis nie.
[Aangepas uit https://www.labourguide.co.za. Toegang op 1 Maart 2022 verkry.]
Skryf paragrawe oor sosialemediaplatforms en sosialemedia-voetspoor.
Gebruik die volgende as 'n riglyn:
Noem VIER maniere waarop jongmense hulle sosialemedia-voetspoor meer
doeltreffend kan bestuur. (4 x 1) (4)
Analiseer TWEE moontlike negatiewe implikasies wat die tyd wat op sosiale media
tydens werksure spandeer word, op 'n werkplek kan hê. (2 x 4) (8)
Bespreek krities waarom dit vir 'n werkgewer belangrik is om beperkings op die
gebruik van persoonlike elektroniese toestelle te stel om sodoende 'n maatskappy
te beskerm. (2 x 4) (8)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Orientation Grade 12 NSC November 2022 QP (Eng)

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2022 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2022 Memo (English)

Question paper
Life Orientation Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Orientation Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Life Orientation Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Orientation
/Gr%2012%20Teacher_s%20Guide%20(moderated)--edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861/v1-fce5bfae6ca1b85fe904/card.webp)
Study guide
Gr 12 Teacher s Guide (moderated)

Annual teaching plan
Gr 12 LO ATP 2023 24
/Life%20Orientation%20Survival%20Kit--d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70/v1-9d4138c4a1086bc15399/card.webp)
Study guide
Life Orientation Survival Kit

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum