Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSORIËNTERING
ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK
SEPTEMBER 2023
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all/Gr%2012%20Teacher_s%20Guide%20(moderated)--edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861/v1-fce5bfae6ca1b85fe904/card.webp)





Life Orientation Grade 12 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Life Orientation memorandum from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Life Orientation · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Orientation
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 753.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
NSC November Exam 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 2 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 C ()
1.1.2 D ()
1.1.3 A ()
1.1.4 C ()
1.1.5 B () (5)
1.2 1.2.1 Kultuur/kulturele praktyke () (1)
1.2.2 Roeping () (1)
1.2.3 Kuberboelie/aanlynafknouery () (1)
1.3 1.3.1 Noem TWEE voordele daarvan om stres op 'n gepaste manier
te bestuur, wat die gehalte van jou lewe kan verbeter.
Punte moet soos volg toegeken word:
EEN punt () vir elke antwoord.
Jy kan/mag...
fisies/emosioneel gesonder voel. ()
'n beter kans staan om jou doelwitte te bereik. ()
in staat wees om beter/gesonder verhoudings te bou en
handhaaf. ()
sielkundige probleme vermy. ()
'n gelukkiger mens word/’n minder stresvolle lewe leef/meer
sorgvrye lewe leef/minder bekommernisse hê /minder angstig
wees. ()
in staat wees om beter/meer rasionele besluite te neem/meer
gefokus te wees. ()
meer selfvertroue kry. ()
daaglikse take meer suksesvol afhandel. ()
Dit kan/mag...
streshormone verminder. ()
jou selfbeeld verbeter/verhoog. (
verhoed dat jy depressief word. ()
Enige TWEE van die bostaande antwoorde vir EEN punt elk
(2x1) (2)
1.3.2 Verduidelik die term nasiebou.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.
Dit kan verwys na…
mense in 'n land wat byeenkom/saamwerk/verenig is () om 'n
gemeenskaplike doel te bereik/nasionale verteenwoordigers/
spanne/nasiebou-inisiatiewe te ondersteun. ()
'n gedeelde sin vir gemeenskaplikheid () onder 'n populasie.()
'n deurlopende proses () waardeur 'n gemeenskaplike gevoel
van nasionale identiteit ontwikkel word. ()
die ontwikkeling van verwantskappe tussen landsburgers () en
hulle staat. ()
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 3 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
'n proses van interaksie tussen individue en groepe () om
sosiale verhoudinge te vestig. ()
'n proses waardeur 'n gevoel van gemeenskaplikheid onder
landsburgers gekweek word () waar dit nie voorheen bestaan
het nie/voorheen deur interne konflik in 'n land ondermyn was.()
'n voortdurende proses wat gemik is op die vestiging van 'n
geïntegreerde samelewing,() gebaseer op gemeenskaplike
waardes en doelwitte. ()
‘n gevoel van eenheid/kohesie/samehorigheid () binne ‘n
land.()
Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte (1x2) (2)
1.3.3 Bespreek EEN voordeel van vluglees as 'n leesvaardigheid.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.
Dit kan jou help om…
spesifieke inligting vinnig te vind, () wat tyd kan bespaar
wanneer daar vir bepaalde inligting gesoek word. ()
(een van die volgende stellings)…
- jou leestyd te verminder ()
- spesifieke data/syfers vinnig te identifiseer ()
- dele van notas/inhoud wat gebruik moet word, vinnig te
vind() …(met die volgende kwalifiseerder/motivering)…
sodat jy meer/genoegsame tyd kan hê om 'n taak te
voltooi.()
sleutelwoorde maklik te vind in 'n teks () wat jou kan help om
'n spesifieke idee te begryp. ()
Dit kan…
jou leesvaardighede verbeter () wat kan verseker dat jou
leesprosesse meer doeltreffend is. ()
Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2)
1.4 1.4.1 Verduidelik wat dit beteken om in sosiale omstandighede by
veranderinge aan te pas.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.
Dit beteken dat jy…
interaksie met nuwe mense/kulture sal moet hê () wat jou kan
help om jou nuwe omstandighede baas te raak/minder
geïsoleerd te voel. ()
gewoond sal moet raak aan nuwe maniere van dink/dinge
doen() sodat jy makliker in nuwe/spesifieke sosiale kringe kan
inpas. ()
die nodige sosiale vaardighede sal moet ontwikkel () wat jou
kan help om nuwe uitdagings te hanteer soos dit mag
ontstaan.()
verskillende maniere sal moet aanleer () om nuwe/
onbekende sosiale verantwoordelikhede te hanteer. ()
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 4 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
sal moet aanpas () by 'n nuwe rol/doel in verskillende sosiale
agtergronde. ()
aanpassings sal moet maak () op grond van enige
veranderende sosiale omgewings. ()
Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte
(1 x 2) (2)
1.4.2 Bespreek EEN voordeel vir jou loopbaanontwikkeling om in ‘n
geglobaliseerde wêreld te leef.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.
Dit kan vir jou...
geleenthede vir lewenslange leer bied () aangesien jy altyd
toegang tot wêreldwye platforms/instellings van leer kan hê. ()
meer moontlikhede vir werk bied () aangesien globalisering
meer loopbaanopsies bied. ()
geleenthede vir internasionale netwerke bied () wat tot nuwe/
waardevolle konneksies in besigheid kan lei. ()
'n breër begrip oor verskillende denkwyses laat kry () om 'n
beter persepsie van die hedendaagse globale/wêreldwye
ekonomie te hê. ()
waardevolle/multikulturele ondervinding op internasionale vlak
bied () wat hoog op prys gestel kan word deur
werkgewers.()
Dit kan jou in staat stel om…
van een werk na 'n ander oor te skakel () aangesien dit
makliker geword het om kennis en vaardighede van een
loopbaan na 'n ander oor te dra. ()
vanaf enige plek in die wêreld te werk () te danke aan die
konstante voortuitgang in tegnologie. ()
maklike toegang tot internasionale markte te hê () wat jou
meer vaardig in internasionale besigheids-aangeleenthede kan
maak.. ()
verder as jou onmiddellike geografiese omgewing te gaan ()
wat jou professionele netwerke aansienlik kan verbreed. ()
vaardighede te ontwikkel wat hoog in aanvraag is () wat jou
kan help om voor te bly met die verskeie industrieë. ()
Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2)
1.4.3 Stel EEN manier voor waarop jy jouself kan voorberei om
suksesvol by globale veranderinge in die wêreld van werk aan
te pas. Motiveer jou antwoord.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.
Jy kan…
die internasionale ontwikkelings voortdurend dophou () om op
hoogte te bly van wat belangrik is in die internasionale
arbeidsmark. ()
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 5 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
jou tegnologiese vaardighede voortdurend opskerp () om te
verseker dat jy weet hoe om digitale inligting op enige gegewe
platform te gebruik. ()
jouself oopstel vir verskillende perspektiewe/wêreldbeskouings
geleenthede gebruik om sterk interpersoonlike vaardighede te
ontwikkel () om sodoende positiewe bande met ander in die
internasionale wêreld van werk te sluit. ()
jou vermoë ontwikkel om geloofwaardige oordele te vel () wat
jou in staat kan stel om werkverwante kwessies van
internasionale belang doeltreffend te beoordeel/assesseer. ()
internasionale werksverhoudinge met jou gelykes/
beroepspersone in jou veld bou () aangesien hulle jou die
nodige leiding/ondersteuning sal kan bied/van waardevolle
insigte in jou loopbaanveld sal kan voorsien. ()
leer om krities na inligting te kyk () wat jou kan help om meer
ingeligte besluite in internasionale werksomgewings te kan
neem. ()
uitheemse tale aanleer () wat jou kan help om meer
doeltreffend met mense van verskeie internasionale agter-
gronde te kommunikeer. ()
vir geleenthede soek om verskillende praktiese vaardighede te
bekom () wat jy in verskeie werksituasies sal kan toepas. ()
Jy sal…
bereid/oop moet wees om nuwe dinge te leer/nuwe idees te
verken () wat jou kan help om 'n meer inskiklike/aanpasbare
denkwyse te ontwikkel. ()
'n ingesteldheid om te wil groei, moet ontwikkel () sodat jy
gemotiveerd kan bly onder moeilike omstandighede in 'n
internasionale werksomgewing. ()
meer bedagsaam moet wees ten opsigte van globale,
interkulturele kwessies () (een van die volgende
kwalifiseerders):
- wat jou help om beter te verstaan hoe jy inpas by die
internasionale werksgemeenskap. ()
- om beskaafde interaksies in 'n internasionale
werksgemeenskap te verseker. ()
Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2)
TOTAAL AFDELING A: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 6 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
AFDELING B (VERPLIGTEND)
1. In hierdie afdeling moet kandidate se antwoorde sover moontlik in volsinne
geskryf word. Vir 'n 3- of 4-punt vraag moet 4, 3, 2, 1 of 0 (nul) punte dus
toegeken word, afhangend van die vlak van die antwoord gegee.
2. Let daarop dat vir elke kategorie van die kandidate se antwoorde, moet daar
onderskei word tussen uitstekende, goeie, bevredigende en swak antwoorde.
VRAAG 2
2.1 Definieer die term leefstylsiektes.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.
Definisies:
Siektes wat veroorsaak kan word deur die manier waarop mense leef, ()
wat tot kroniese kondisies kan lei. ()
Kwale wat veroorsaak kan word as gevolg van mense se daaglikse
gewoontes () wat hulle gesondheid in gevaar kan stel. ()
Siektes wat gekoppel word aan die manier waarop mense hul lewe
leef() wat lewensgevaarlik kan wees. ()
Gesondheidstoestande wat vererger word deur aspekte van mense se
leefstyl () wat 'n negatiewe uitwerking op hulle gesondheid kan hê. ()
Dit kan ook siektes insluit wat nie deur mense oorgedra word nie, ()
maar eerder oor 'n tydperk ontwikkel as gevolg van persoonlike
leefstylkeuses.()
Oordraagbare/nie-oordraagbare siektes () wat kan ontwikkel as gevolg
van ongesonde/onveilige leefstylkeuses. ()
Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2)
2.2 Beskryf EEN manier hoe om deel te wees van 'n fiksheidsgroep jou kan
motiveer om toegewyd aan fisiese aktiwiteite deel te neem.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is
Dit kan jou die nodige...
ondersteuning bied () wat jou kan help om toegewyd aan jou doelwit te
bly. ()
versekering bied dat jy nie alleen in hierdie missie is nie () wat jou kan
help om lojaal te bly tot jou belofte/verantwoordbaar maak aan jou
groep.()
Dit kan jou/kan …
help om te volhard wanneer jy voel om op te gee () wat jou kan help om
die punt te bereik waar dit 'n leefstyl word. ()
laat voel dat jy behoort () wat jou kan inspireer om op koers te bly. ()
'n aanmoediging vir jou wees op hierdie reis () wat dit makliker vir jou
kan maak om toegewyd te bly tot jou taak. ()
Jy mag…
mense ontmoet met wie jy kan assosieer op hierdie reis () wat jou kan
help om ywerig/entoesiasties aan te hou om deel te neem. ()
Enige TWEE van die bostaande antwoorde vir EEN punt elk. (2x1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 7 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
2.3 Verduidelik EEN omgewingsfaktor wat jou kan ontmoedig om aan
fisiese aktiwiteite deel te neem.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.
Moontlike antwoorde kan insluit:
Die hoë misdaadsyfer in jou woonbuurt () kan jou onveilig laat voel om
aan buitelugaktiwiteite deel te neem. ()
'n Tekort aan geriewe in jou gemeenskap/soos ‘n gebrek aan gras-/groen
plekke/staproetes/buiteluggimnasiums/ontspanningsareas/swaar
verkeer/geraas/onveilige sypaadjies () kan dit moeilik maak vir jou om
te oefen/jou belangstelling in oefening laat verloor. ()
Om in 'n gemeenskap te bly waar daar nie 'n kultuur van deelname in
fisiese aktiwiteite is nie () kan 'n negatiewe invloed op jou ingesteldheid
teenoor deelname aan fisiese rekreasie-aktiwiteite in jou
gemeenskap.()
As jy in ‘n gesin/tradisionele omgewing grootword wat nie deelname aan
fisiese aktiwiteite aanmoedig nie () kan dit jou ontmoedig om aan enige
vorm van fisiese aktiwiteite deel te neem. ()
Om ver van beskikbare fasiliteite af te bly () kan duur/onbekostigbaar
wees vir jou om toegang tot sulke fasiliteite te hê. ()
Ongunstige weersomstandighede soos uiterste koue/hitte/swaar reën ()
kan dit moeilik maak vir jou om buite te wees en aan fisiese aktiwiteite
deel te neem. ()
Lugbesoedeling () kan jou laat voel dat dit 'n risiko is om siektes op te
doen wat deur die lug versprei word (e.g., tuberkulose/TB)/blootgestel te
wees aan virusse in die lug wanneer jy buitelugaktiwiteite doen. ()
Landelike besoedeling () wat skadelik vir jou gesondheid kan wees.()
Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte (1x2) (2)
2.4 Bespreek hoe langtermyndeelname aan fisiese aktiwiteite jou
energievlakke kan verhoog.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
Dit kan/mag jou…
help om ontslae te raak van al die oortollige energie in jou liggaam ()
wat jou minder moeg kan laat voel. ()
liggaam versterk () sodat jou liggaam energie oor 'n langer tydperk kan
hê. ()
bloedsirkulasie verbeter wat sodoende jou liggaamlike funksies kan
verbeter () wat jou in staat kan stel om jou daaglikse take meer
doeltreffend te verrig. ()
longe versterk () wat jou uithouvermoë/stamina kan verhoog. ()
hartklop verhoog/verbeter () wat kan help dat jy op 'n hoër vlak
presteer. ()
die energie wat in jou liggaam gestoor is in aktiewe energie omskep ()
en jou in staat stel om teen 'n hoër pas te funksioneer. ()
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 8 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
sielkundige/geestelike gemoedstoestand verbeter () wat geestelike en
fisiese moegheid kan voorkom/jou kan help om meer gemotiveerd te
voel. ()
help om gewig te verloor, wat die druk op jou liggaam verlig () en meer
volgehoue energie tot gevolg kan hê. ()
hormone soos dopamien/adrenalien vrystel () wat meer konstante
energievlakke tot gevolg het. ()
Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk (2x2) (4)
2.5 Hoe kan jy, deur fisies aktief te wees, verhoed dat jy jou tot skadelike
middele wend wanneer jy die uitdagings van die lewe in die gesig staar?
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
Dit kan…
'n gesonde uitlaatklep vir jou negatiewe emosies bied/help dat jy minder
verveeld is () wat kan help om jou gedagtes weg te neem van die
versoeking om jouself tot middelmisbruik te wend. ()
die hormone afskei wat jou goed laat voel () wat verligting kan bring vir
die verbystering/verplettering wat jy op daardie tydstip mag ervaar. ()
(een van die volgende antwoorde wat verband hou met stres)
- die vlakke van die streshormone in jou brein verlaag () wat jou in
staat kan stel om enige angswekkende situasie beter te hanteer. ()
- jou stresvlakke verlaag () wat jou kan help om meer rasioneel oor jou
situasie te dink. ()
vir jou opbouende aktiwiteite bied om op te fokus/gesonde afleiding
bied() wat jou kan help om minder oorweldig te voel oor jou situasie.()
jou help om gesonde sosiale netwerke/kringe te bou () wat vir jou die
ondersteuning kan bied wat jy tydens moeilike tye mag benodig. ()
help om jou fisies en geestelik sterker te maak () wat jou kan help om
stres/teëspoed beter te hanteer. ()
Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2) (4)
2.6 Assesseer die belangrikheid van behoorlike beplanning wanneer jy jou
verbind tot 'n aksieplan om jou gesondheid te verbeter. Dui ook in
ELKE antwoord aan hoe dit die kanse kan verhoog om jou plan
suksesvol uit te voer.
Punte moet soos volg toegeken word:
DRIE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
Dit kan…
jou bewus maak van faktore/risiko’s wat jou pogings negatief mag
beïnvloed () wat jou kan voorberei op moontlike struikelblokke wat kan
verhoed dat jy jou plan deurvoer () en jou sodoende help om jou
aktiwiteite te herstruktureer sodat jy suksesvol kan wees in jou
pogings.()
jou lei om spesifieke/die nodige aksies te neem () wat jou kan help om
voornemende doel te bereik () en op die manier kan dit jou gemotiveerd
hou. ()
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 9 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
voorberei op hoe jy jou plan moet aanpas, indien nodig () wat dit
makliker kan maak om jou plan te volg () en sodoende verseker dat jy
aan die doelwitte van jou aksieplan voldoen. ()
jou bedag maak op faktore wat jou gesondheid mag affekteer () en jou
in staat kan stel om jou plan in lyn te bring en aan te pas soos volgens
jou gesondheidstoestand () wat beter gesondheidsresultate in die
langtermyn kan hê. ()
verseker dat jy 'n geïntegreerde/holistiese benadering volg () sodat jy
alle aspekte kan oorweeg wat jou doelstellings kan beïnvloed () en dit
kan jou aanmoedig om gemoeid/betrokke te bly in die proses om jou
gesondheid te verbeter. ()
jou voorberei op enige moontlike finansiële uitgawes wat mag opkom in
die proses () wat jou kan toelaat om voorsorg te tref daarvoor () en
sodoende verseker dat jy in staat kan wees om genoegsame voorsiening
te maak vir die algehele verbetering van jou gesondheid. ()
jou help om jou doelwit in haalbare mylpale te verdeel () wat jou kan
toelaat om jou vordering te volg () en dit sodoende moontlik maak vir
jou om die korttermyn uitkomste te bepaal. ()
jou toelaat om jou gesondheidsprogram te prioritiseer () sodat jy jou tyd
meer doeltreffend kan bestuur () en sodoende kan jy gefokus bly op die
proses om jou gesondheid te verbeter. ()
jou aanmoedig om verantwoordbaar te bly vir jou plan/konsekwent te
wees () sodat jy jouself verantwoordelik kan hou vir die resultate () en
op hierdie manier kan jy gefokus bly op die proses om jou gesondheid te
verbeter. ()
Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk. (2x3) (6)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 10 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 Definieer die term werwingstendse.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.
Definisies:
Dit kan verwys na…
hedendaagse/moderne maniere wat werkgewers kan gebruik () om
geskikte gekwalifiseerde werkers te vind. ()
die huidige manier waarop potensiële werker gekeur/geplaas word () in
lyn met die tegnologiese vooruitgang van die 21ste eeu/4de Industriële
Rewolusie (4IR). ()
die benaderings wat huidiglik gebruik word wat 'n groter databasis
daarstel() om kandidate te werf wie se profiel by die spesifieke vereistes
van 'n werk pas. ()
die nuutste metodes () om geskikte kandidate te identifiseer vir 'n werk/
interaksie met geskikte kandidate te hê.()
Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk (1x2) (2)
3.2 Beskryf EEN manier waarop jong werksoekers hulle kanse kan belemmer
om vir 'n onderhoud oorweeg te word.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.
Hulle mag moontlik…
nie die vereistes volg soos uiteengesit in die advertensie nie () wat tot
gevolg kan hê dat hulle gediskwalifiseer word omdat hulle nie voldoen aan
die vereistes nie. ()
'n algemene CV/loopbaanportefeulje gebruik () wat nie spreek tot die
spesifieke vereistes van die werk nie. ()
grammatikale-/spelfoute maak in hulle dokumente vir aansoeke () wat 'n
aanduiding kan wees dat hulle nie oor die basiese akademiese
vaardighede beskik wat nodig is in enige werk nie. ()
belangrike dokumente/inligting weglaat in hulle aansoek/vervalste
kwalifikasies/vals inligting indien/’n negatiewe sosialemediavoetspoor/‘n
kriminele rekord hê/omkopery gebruik om ‘n werk te kry () wat tot gevolg
het dat hulle nie kwalifiseer/vir ‘n onderhoud genooi word nie.()
hulle e-posadresse/selfoonnommers gereeld verander/nie
werwingsbeamptes inlig dat hulle kontakbesonderhede verander het nie()
wat kan veroorsaak dat hulle nie die kommunikasie rakende die uitkoms
van die werwingsproses ontvang nie. ()
nie reageer op telefoonoproepe/boodskappe/e-posse betyds lees nie/die
vereiste alternatiewe kontakbesonderhede voorsien nie () wat tot gevolg
kan hê dat hulle uitmis op werksgeleenthede. ()
nie weet hoe om tegnologie te gebruik om toegang tot e-posse/webtuistes/
boodskappe op verskeie elektroniese platforms te verkry nie () en mag
dan onsuksesvol wees met die aanlyn aansoek vir 'n werk. ()
e-posadresse/kontaknommers gebruik wat hulle deel met iemand
anders() wat tot gevolg kan hê dat hulle nie die inligting oor die
werksaansoek ontvang nie. ()
Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk (1x2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 11 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
3.3 Waarom is dit belangrik dat jong werkers hulle vaardighede in 'n werk
voortdurend verbeter?
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.
Dit kan hulle in staat stel om…
tred te hou met nuwe verwikkelinge wat verband hou met hulle werk ()
sodat hulle hul verpligtinge dienooreenkomstig kan nakom. ()
die nuutste toerusting in die werk te gebruik () sodat hulle bekend kan
wees met die nuwe manier om take uit te voer. ()
meer innoverend/kreatief te word () sodat hulle meer bekwaam/bedrewe
in hulle werk kan wees. ()
'n dieper begrip oor hulle werk kan ontwikkel () wat hulle geleenthede vir
groei/ontwikkeling in die werkplek kan uitbrei. ()
die vaardighede wat hulle opgedoen het, gebruik om die gehalte van hulle
werk te verbeter () wat hul voorberei op moontlike bevorderingsposte. ()
Dit kan…
hulle gemotiveerd hou in hulle werk () aangesien die nuwe
kennis/vaardighede wat hulle opgedoen het, hulle meer selfversekerd in
hulle werk kan maak. ()
hulle algehele begrip van werksaamhede in die werkplek verbeter () en
sodoende verseker dat hulle bevoegd bly in die uitvoer van die vereiste
take. ()
verseker dat hulle 'n verskeidenheid vaardighede ontwikkel () wat hulle
meer mededingend kan maak in die hedendaagse wêreld van werk/sodat
hulle nie vervang word nie. ()
Hulle mag…
'n nuwe passie ontdek met die nuwe kennis/vaardighede wat hulle
opgedoen het () wat nuwe werksgeleenthede vir hulle kan oopmaak. ()
Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2)
3.4 Bespreek TWEE maniere waarop jy, as 'n jong werksoeker, kan verseker
dat jy met die nuutste werwingstendense tred hou.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.
Jy kan…
die aanlynplatforms/webtuistes van verskeie werwingsagentskappe
gereeld besoek/navors () om op datum te bly met die mees
onlangse/nuwe manier van werwing. ()
betroubare aanlyn-artikels raadpleeg oor die hedendaagse manier van
werwing () sodat jy kan vasstel wat die algemene tendense is/wat
werwingsbeamptes van applikante verwag. ()
gesprekke voer met werkers/professionele persone in jou veld wat deur die
nuutste werwingsprosesse gegaan het () om uit hulle ervaringe te
leer.()
netwerke met werwingsagentskappe vestig () om toegang tot die nuutste
informasie oor werwingsprosesse te verkry. ()
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 12 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
kort aanlyn-opnames met werwingsbeamptes doen () om algemene
uitdagings wat die meeste applikante ervaar, te identifiseer. ()
navrae doen by verskillende werwingsagentskappe oor algemene
werwingspraktyke () sodat jy 'n idee kan kry oor hulle spesifieke
benadering om kandidate te werf. ()
webinars/seminare/konferensies bywoon wat met jou veld verband hou ()
wat jou aan nuwe idees/opkomende werwingstendense kan blootstel. ()
Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk (2x2) (4)
3.5. Hoe kan jy, deur 'n persoonlike handelsmerk te hê, jou kanse verbeter om
'n werk te kry?
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
Dit kan jou help om…
op jou eie manier te demonstreer waartoe jy in staat is () wat potensiële
werkgewers kan oortuig dat jy die perfekte persoon vir die posisie is. ()
dit waarvoor jy staan/waarin jy glo met potensiële werkgewers deel () wat
kan wys hoe jou waardes ten opsigte van werk ooreenstem met dié van
die werkplek. ()
jou belangstellings/aanleg/passie op 'n persoonlike manier te toon () wat
kan beklemtoon hoe jou unieke kenmerke pas by die visie van 'n
maatskappy. ()
persoonlike prestasies op 'n unieke manier tentoonstel () wat die
werkgewer kan oortuig van jou innerlike dryfveer om suksesvol te wees/dat
jy doelgerig is. ()
jou visie vir loopbaansukses bekend maak () wat kan toon hoe jy kan
bydra tot die groei van die instansie/maatskappy/organisasie. ()
op 'n persoonlike manier tentoonstel wat jou inspireer om soggens op te
staan () wat kan wys hoe selfgemotiveerd jy is. ()
jou endossemente wat jy ontvang het/kwalifikasies/prestasies op verskeie
mediaplatforms te deel (LinkedIn/Twitter/Tik-tok/YouTube/ Instagram/
Facebook/WhatsApp) () wat 'n potensiële werkgewer kan oortuig dat jy
geskik is vir 'n werk. ()
jou uitsonderlike vaardighede/vermoëns op verskeie platforms voorlê ()
wat 'n geleentheid vir werwingsbeamptes kan skep om jou unieke
kenmerke raak te sien en hoe dit verband hou met die behoeftes van 'n
instansie/maatskappy/organisasie. ()
'n aanlyn teenwoordigheid te vestig/behou/jou sigbaarheid aanlyn te
verhoog () wat sodoende jou kanse kan verhoog om persoonlik deur
potensiële werkgewers gewerf te word. ()
'n persoonlike handelsmerk skep wat goed saamgestel is om te wys dat jy
outoriteit oor jou lewe het () en dit kan tot gevolg hê dat potensiële
werkgewers jou as 'n meer betroubare/gewenste kandidaat kan beskou.()
Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk (2x2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 13 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
3.6 Assesseer TWEE voordele van die nuutste tendense in tegnologie wat vir
werwingsprosesse gebruik word. Dui ook in ELKE antwoord die voordeel
vir jou as werksoeker aan.
Punte moet soos volg toegeken word:
DRIE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
Dit kan…
die moontlikheid bied om onderhoude op verskeie aanlynplatforms te
voer() wat kandidate van regoor die wêreld kan werf () en dit kan vir jou
'n regverdige kans bied om deel te wees van enige werwingsproses/
vervoerkoste spaar om onderhoude in persoon by te woon/wat minder
stresvol kan wees. ()
die werwingsprosesse versnel () om binne korter tydperk terugvoer te
gee aan kandidate () en hierdie vinnige resultate kan jou dan in staat stel
om 'n ander moontlike werksaanbod te oorweeg/aanvaar. ()
werwingsbeamptes toegang bied tot aanlyn platforms wat gereeld deur
kandidate gebruik word () wat 'n aanduiding kan gee oor hoe kandidate
hulleself normaalweg handhaaf () en dit kan 'n werksoeker bevoordeel
wat gewoonlik opbouende inhoud op hierdie platforms plaas. ()
werwingsbeamptes toegang tot 'n enorme verskeidenheid elektroniese lys
van vaardighede/kwalifikasies/ervarings bied () wat dit makliker maak vir
hulle om 'n databasis van voorkeur aansoeke te hou () en dit kan
werksoekers veelvuldige geleenthede bied om oorweeg te word vir soveel
ander moontlike posisies wat mag voorkom. ()
'n meer objektiewe prosessering van aansoeke verseker () wat aanlyn
werwingsprosesse meer onpartydig kan maak () en dit kan vir jou
regverdige kans bied om oorweeg te word vir 'n werk, gebaseer slegs op
jou geskiktheid vir 'n werk. ()
verpersoonlike aanbevelings vir werk deur middel van Kunsmatige
Intelligensie (KI-aangedrewe) (Artificial Intelligence, AI) /websoekenjins
bied () wat 'n werksoeker se vaardighede/ervaring/voorkeure kan ontleed
om verpersoonlike aanbevelings vir werk te maak () en werksoekers
sodoende kan help om posisies te vind wat goed sal pas by hulle
kwalifikasie/belangstellings. ()
dit makliker maak vir werksoekers om tydens die werwingsproses
deurgaans met potensiële werkgewers te kommunikeer () deur middel
van 'chatbots' /die nuutste kommunikasieplatforms () en op die manier
kan werksoekers ingelig bly oor die status van hulle aansoeke. ()
applikante/persone met gestremdhede toelaat om aanlyn aansoek te
doen() wat meer gerieflik/vinniger kan wees () en die onkoste/las van
papierwerk/om aansoeke fisies te pos, te verminder. ()
Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk. (2x3) (6)
[20]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 14 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
AFDELING C
1. Kandidate moet enige TWEE vrae inhierdie afdeling beantwoord. Indien die
kandidaat al drie vrae beantwoord, moet slegs die eerste TWEE vrae nagesien
word. Die oorblywende antwoord moet deurgehaal word en die volgende
afkorting moet daarby neergeskryf word: 'OGVV' (Oorskry Getal Vrae wat
Vereis word).
2. Kandidate se antwoorde moet in die vorm van PARAGRAWE wees. Punte sal
slegs toegeken word vir antwoorde wat in volsinne geskryf is.
VRAAG 4
NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in volsinne geskryf word. Dus,
vir 'n 4-punt antwoord kan en behoort 4, 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate
toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is.
Noem kortliks VIER moontlike sosiale faktore wat tot stereotipering kan lei.
Punte moet soos volg toegeken word:
EEN punt () vir elke antwoord.
Moontlike antwoorde kan insluit:
Geslagsongelykhede/ongelykhede in die samelewing/rassisme ()
Idees oor ander mense wat aangeleer word van familielede/vriende/die media ()
Deur nie interaksie te hê met mense wat op 'n manier anders as jy is nie ()
Deur nie oop te wees vir verskillende idees/leefwyses nie ()
Die media wat mense/'n spesifieke geslag op 'n sekere manier uitbeeld ()
Die idee volg dat stereotipering aanvaarbaar is ()
Deur beïnvloed te word deur die samelewing se verwagtinge/kultuur/godsdiens ()
Klassifikasie van mense volgens sosiale klas ()
Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk (4 x 1) (4)
Analiseer TWEE negatiewe gevolge van 'n sosiale faktor, soos stereotipering, op
die geestesgesondheid van slagoffers van stereotipering.
Punte moet soos volg toegeken word:
TWEE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate
'n stelling gee, () uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n resultaat/
uitkoms gee. ()
Slagoffers van stereotipering kan...
'n negatiewe selfbeeld/gevoel van eiewaarde ontwikkel () wat tot gevolg kan hê
dat hulle 'n negatiewe opinie oor hulself mag hê () wat tot irrasionele denke kan
lei () en sodoende vals menings skep dat hulle waardeloos is. ()
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 15 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
gevoelens van wanhoop ervaar () wat tot erge depressie kan lei () wat
uiteindelik 'n sielkundige effek kan hê () en in post-traumatiese stres
versteurings, soos 'n vrees vir toekomstige diskriminasie/ onregverdige
behandeling, kan ontwikkel. ()
voel dat hulle nie in beheer van hulself is nie () wat tot hoë angsvlakke/
konstante angsgevoelens kan lei, () wat tot gevolg kan hê dat hulle permanent
ontsteld voel () en dit kan selfmoordneigings aanwakker. ()
die negatiewe manier waarop hulle uitgebeeld word begin glo () en maklik ingee
tot afknouery/teistering by die skool/werk () aangesien hulle mag dink dat hulle
dit verdien om op die manier behandel te word () en dit kan tot gevolg hê dat
hulle twyfel in hulself/vertroue verloor in wie hulle werklik is. ()
wantroue in alle mense ontwikkel () wat kan veroorsaak dat hulle hulself sosiaal
isoleer () wat daartoe kan lei dat hulle afgesny voel van ander () en dit kan
erge gevoelens van eensaamheid tot gevolg hê. ()
dink dat almal hulle verwerp () wat hulle kan laat voel dat mense hulle faal ()
en dit kan hulle verbitterd/kwaad maak () wat tot wraaksugtige gedagtes en
aksies kan lei. ()
verleë voel () aangesien hulle veroordeel kan word omdat hulle assosieer met 'n
sekere groep () wat hulle kan laat glo dat hulle nie waardeer/gerespekteer word
as 'n individu nie () en dit kan tot gevolg hê dat hulle onvergenoegd voel. ()
begin glo in die etikettering, () daarvolgens begin optree () en verder
hulpeloos/magteloos voel, () want hulle mag dink dat hulle nie so slim/bevoeg
soos ander is nie. ()
Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk (2x4) (8)
Bespreek krities hoe 'n persoon kan bepaal of hy/sy andere dalk onopsetlik
stereotipeer.
Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate
'n stelling gee, () uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n
resultaat/uitkoms gee. ()
Hulle sal moontlik …
die manier waarop hulle ander gewoonlik benader, moet ondersoek/ander vra om
hulle te evalueer () en sodoende te reflekteer of hulle vooropgestelde idees van
mense mag hê () wat 'n eng denkwyse teenoor ander mag bevestig () en dit
kan 'n indikasie van partydigheid/vooroordeel wees. ()
introspeksie moet doen oor die groepsaktiwiteite waarin hulle deelneem () wat
sekere mense mag uitsluit () deur hulle te misken/ignoreer vir ongegronde
redes() en kan daarom ander onbewustelik kategoriseer. ()
hulle aksies teenoor ander moet oordink/nie met sekere mense assosieer nie ()
om te bepaal of hulle moontlik diskriminerend teenoor ander mag optree () wat
hulle bewus kan maak dat hulle mense moontlik onregverdig behandel() en dit
kan 'n teken van ongeregtigheid teenoor ander wees. ()
moet reflekteer oor die films/vermaaklikhede wat hulle verkies/boeke wat hulle
lees/videospeletjies wat hulle verkies om te speel () wat negatiewe opinies van
sekere groepe kan aanmoedig () en kan impliseer dat hulle ander klassifiseer ()
en daardeur aandui dat hulle moontlik skadelike waardesisteme volg. ()
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 16 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
moet nadink oor die redes waarom hulle nie organisasies ondersteun wat die
oorsake van stereotipering teëwerk nie () wat kan impliseer dat hulle met opset
verkies watter kwessies hulle ondersteun of nie () wat die indruk kan skep dat
hulle nie stereotipering as verkeerd beskou nie () en dit kan 'n aanduiding wees
dat hulle bevooroordeeld oor sekere kwessies mag wees. ()
'n bewustelike besluit moet neem om na te dink oor die impak wat stereotipering
op ander mag hê () en hulle sodoende in staat stel om situasies te identifiseer
wat ander moontlik negatief kon affekteer () wat hulle bewus kan maak van hulle
eie ondeurdagte reaksies tot sulke situasies () en dit kan 'n aanduiding wees van
hulle onkunde oor die kwessie. ()
moet nadink of hulle moontlik onverdraagsaam is teenoor mense wat van hulle
verskil () en nie dieselfde opinie as hulle huldig nie () wat tot gevolg kan hê dat
hulle te krities teenoor sulke mense is () en dit mag 'n teken wees dat hulle
veroordelend is. ()
moet reflekteer of hulle lag oor kommentaar wat op stereotipes gebaseer is ()
aangesien dit dan sulke gedrag sou aanmoedig () wat kan blyk dat hulle
onwetend bydrae tot die probleem () en dit kan 'n manier wees om sulke
stereotipiese neigings te ondersteun. ()
bedag moet wees op/hulle taalgebruik moet monitor wanneer hulle met
verskillende groepe mense praat () wat kan help om te bepaal of hulle dalk
aanstootlike uitdrukkings gebruik () en wat gebaseer mag wees op
veralgemenings, () aangesien dit ander kan uitsluit/onbeleefd teenoor ander kan
wees. ()
hul aannames bevraagteken () wat gebaseer kan wees op voorkoms/iemand se
agtergrond () wat moontlik versterk is deur hul eie kulturele sienings () en dit
kan hulle siening oor/interaksie met ander beïnvloed. ()
Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk (2 x 4) (8)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 17 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
VRAAG 5
NOTA AAN ONDERWYSER:
In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in volsinne geskryf word. Dus,
vir 'n 4-punt antwoord kan en behoort 4, 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate
toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is.
Noem kortliks VIER redes waarom entrepreneurs innoverend moet wees.
Punte moet soos volg toegeken word:
EEN punt () vir elke antwoord.
Dit kan hulle help om…
hul nis/gaping in die mark te vind/toegang tot befondsing te kry. ()
hulle besigheid te onderskei van besighede wat soortgelyke dienste/produkte
lewer. ()
meer kliënte/klante/kopers te trek. ()
hulle kanse te verbeter om kompeterend te bly in die industrie. ()
te verseker dat hulle besigheid enige toekomstige probleme kan oorkom. ()
steeds hulle besighede in uitdagende situasies te laat groei. ()
seker te maak dat hulle produkte/dienste oorspronklik is. ()
altyd daarna te strewe om vindingryk te wees met hulle besigheidsplanne. ()
te verseker dat hulle besighede relevant bly in 'n besigheidswêreld wat
voortdurend verander. ()
moderne produkte te lewer om klante te behou. ()
altyd nuwe besigheids-idees te probeer. ()
produktiwiteit te verhoog. ()
Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (4x1) (4)
Analiseer TWEE maniere waarop jy die denkwyse van 'n entrepreneur kan
aanleer.
Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
NOTA: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, ()
uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. ()
Jy kan...
verkies om uitdagings as potensiële geleenthede te sien () wat jou kan
aanmoedig om vir oplossings te soek () waarvolgens jy dan jou kritiese denke kan
ontwikkel () wat jou kan leer hoe om probleme as ‘n entrepreneur op te los.()
mislukkings in besigheid aanvaar as 'n geleentheid om te leer () wat jou
lewenskragtigheid kan leer/om jou eie oplossings te vind () en daardeur jouself
ook oopstel vir groei () en op die manier kan jy leer om te volhard/'n kans hê om
op jou toekomstige pogings te verbeter. ()
leer hoe om 'n ingesteldheid te ontwikkel om altyd geleenthede te soek () wat jou
kan dryf om jou nismark/gaping in die besigheidswêreld te identifiseer () wat 'n
platform skep om jou besigheidsplan in aksie te sit () en daardeur leer om
berekende risiko's te neem/jou besigheid te vestig. ()
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 18 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
terugvoer van kliënte/werknemers vra () aangesien dit jou kan help om die
behoeftes in die mark te verstaan () wat jou kan help om jou dienste/produkte te
verbeter () en op die manier mag jy meer suksesvol wees. ()
netwerke met ander suksesvolle entrepreneurs bou/skaduwerk/vrywillige werk
doen/besigheidseminare/klasse/webinars bywoon/boeke oor entrepreneurs/
entrepeneurskap lees () wat jou kan help om uit ander se ervaringe te leer/van
hulle te leer () wat jou ook gefokus kan laat bly op die kernwaardes van
entrepreneurskap () en dit kan verseker dat jy floreer in hierdie loopbaan. ()
'n visie vir jouself stel/voortdurend leer/droom soos ‘n entrepreneur () sodat jy 'n
duidelike begrip van jou strategieë oor die langtermyn kan hê () wat jou kan help
om jou aksies uiteen te sit () en dit kan jou op hoogte met jou planne hou. ()
leer om meer aanpasbaar/oop vir verandering te wees () aangesien dit jou kan
help om jou planne maklik te verander indien dit nodig sou wees () en jou
sodoende in staat stel om die onvoorspelbare/onverwagse uitdagings beter te
hanteer () wat kan verseker dat jy nie opgee op jou besigheidsdoelwitte nie. ()
Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2 x4) (8)
Bespreek krities hoe 'n jong entrepreneur se passie ander jongmense in sy/haar
gemeenskap kan beïnvloed om entrepreneurs te word.
Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
NOTA: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, ()
uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. ()
Dit kan ander jongmense…
vasbeslote maak om ook entoesiasties te raak oor entrepreneurskap () wat
hulle kan motiveer om oor te gaan tot die aksies wat hulle moet neem om hierdie
loopbaan te volg () sodat hulle kan sien wat hulle kan bereik () en dit mag
hulle oortuig dat hulle ook bo kan uitkom as entrepreneurs. ()
aanmoedig om ook 'n sterk innerlike motivering te ontwikkel () wat vir hulle die
nodige ambisie kan gee () om hulle bes te doen met hierdie nuwe onderneming
wat hulle kan volg () en dit mag wys hoe dit kan help om enige moontlike
struikelblokke te oorkom indien 'n liefde vir die loopbaan gekweek word. ()
inspireer om entrepreneurskap as 'n loopbaanopsie te oorweeg () aangesien
hulle gemotiveer mag wees deur so 'n entrepreneur se getuienis () wat hulle
kan oorreed om soveel pogings as wat nodig is aan te wend in hierdie
onderneming() en sodoende 'n inherente begeerte binne hulle wakker te maak
om hierdie as 'n loopbaan te oorweeg. ()
lok jongmense wat dieselfde passie het () en wat wil leer van/skaduwerk doen
met sulke entrepreneurs () wat 'n kultuur van entrepreneurskap ook onder ander
jongmense kan skep () en hulle sodoende aanmoedig om ook geleenthede te
volg om entrepreneurs te word. ()
Dit kan...
idees skep vir geleenthede om hulle eie ondernemings te begin () wat hulle
bewus kan maak van hulle onontwikkelde potensiaal as entrepreneurs() en
hulle kan oortuig om die risiko te neem om entrepreneurs te word () en hulle
verborge talente as entrepreneurs vrystel/finansiële vryheid tot gevolg het.()
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 19 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
Hulle kan…
die stereotiperings, dat slegs ouer/meer volwasse mense entrepreneurs kan
word, uitdaag () deur hulle eie ervaring as entrepreneurs ten toon te stel en
bewys dat ouderdom nie 'n struikelblok tot sukses is nie, () sodoende kan hulle
ander jongmense aanmoedig om die konvensionele/gebruiklike norme uit te
daag() en hulle daardeur motiveer om hulle eie ambisies as entrepreneurs te
volg. ()
hulle ervaring, beide die suksesse en mislukkings met ander deel () deur
betrokke te raak by veldtogte/publieke toesprake te lewer/programme oor
mentorskap/op sosialemediaplatforms te praat oor die pad wat hulle geloop het
as entrepreneurs () en deur openlike gesprekke te hê oor hulle
uitdagings/strategieë/lesse wat hulle geleer het, kan hulle waardevolle insigte en
advies aan aspirerende entrepreneurs bied () om hulle die selfvertrou te gee om
hulle eie pad as entrepreneurs te volg. ()
ander jongmense aanmoedig om aktief betrokke raak deur netwerke/
gemeenskappe vir entrepreneurs te bou () deur deel te neem aan
geleenthede/aanlynplatforms te skep/aan te sluit by bestaande gemeenskappe vir
entrepreneurs; () daardeur kan hulle skakel/saamwerk met individue wat
dieselfde idees deel, om kennis te deel/ondersteuningsnetwerke te vorm () en
hierdie netwerke/gemeenskappe kan ‘n ideale geleentheid skep vir aspirerende
entrepreneurs om te leer/blootstelling te kry/potensiële vennote/mentors/
rolmodelle te vind/in gemeenskappe te belê. ()
lewenskragtigheid/vasberadenheid uitbeeld () deur struikelblokke/uitdagings te
oorkom/innoverende oplossings te vind () en deur hierdie moontlikhede te
sien,() kan ander jongmense inspireer om uitdagings die hoof te bied, met die
wete dat passie/toewyding kan help om sukses te behaal. ()
Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2 x4) (8)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 20 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
VRAAG 6
Kandidaat se antwoord moet in paragrawe wees.
NOTA AAN ONDERWYSER:
In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in volsinne geskryf word. Dus,
vir 'n 4-punt antwoord kan en behoort 4, 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan kandidate
toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is.
Noem kortliks VIER voordele van aanlyn petisies/versoekskrifte aan plaaslike
regerings vir dringende optrede ten opsigte van die waterkrisis in
gemeenskappe.
Punte moet soos volg toeken word:
EEN punt () vir elke antwoord.
Moontlike antwoorde kan insluit:
Dit kan vinnig geskep/bekendgemaak word ()
Die petisie/versoekskrif kan vinniger gelewer word ()
Die dokumente kan makliker opgevolg word ()
Die aantal/digitale rekord van handtekeninge kan outomaties opgevolg word ()
'n Vinniger/geriefliker manier om op te volg of die nodige aksies uitgevoer is ()
Stel die ondertekenaars in staat om ook bewyse te hê van die dokumente wat
ingedien is ()
Dis 'n gemakliker/veiliger manier om die verantwoordelike persone
verantwoordbaar te hou ()
Dit kan 'n groot groep mense vinnig bereik/meer mense in staat stel om die
petisie/versoekskrif aanlyn te teken ()
Ondersteuners mag dit makliker vind om die petisie/versoekskrif op hulle eie
tyd/wanneer dit gerieflik is vir hulle/in die privaatheid van hulle eie huis te teken()
'n Wettige bewys op skrif om op te volg/kan nie maklik uitgevee/vernietig word
nie()
Help om momentum te bou wat 'n dringendheid rondom die kwessie skep ()
Dit laat besorgde landsburgers toe om die woord vinnig te versprei ()
Dit maak voorsiening vir/verseker deursigtigheid/stel dit oop vir die publiek ()
Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (4x1) (4)
Analiseer TWEE maniere waarop gemeenskappe saam met plaaslike regering
kan werk om waterbronne te help beskerm.
Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
NOTA: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, ()
uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. ()
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 21 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
Gemeenskappe kan…
gereeld op sosialemediaplatforms met die munisipaliteit/plaaslike raadslede
kommunikeer/munisipale vergaderings bywoon () om verslag te lewer oor die
uitdagings wat hulle identifiseer het (lekplekke/storting/rommelstrooi/misbruik van
waterbronne, ens.) () sodat hulle hierdie uitdagings in ag kan neem in hulle
planne vir instandhouding () en dit kan hulle in staat stel om onmiddellik aandag
te skenk aan hierdie kwessies. ()
kan ooreenkom om toesig te hou oor die waterbewarings in hulle areas () want dit
kan verseker dat munisipale beamptes ook bedag bly oor die instandhouding van
waterinfrastrukture () wat die volhoubaarheid van hierdie waterbronne kan verseker
() en sodoende kan hierdie bronne altyd doeltreffend bestuur word.()
skakel met munisipale beamptes om deel te neem aan vrywillige programme om
waterbronne skoon te maak/water te herwin () en daardeur verseker dat dit almal
se verantwoordelikheid is om om te sien na die waterbronne () wat die
munisipaliteit se pogings in die verband kan ondersteun () en dit kan 'n gewoonte
by alle belanghebbendes ontwikkel om die waterbronne tot almal se voordeel in
stand te hou. ()
saam met munisipale beamptes werk om munisipale regulasies te ontwikkel om
die waterbronne veilig te hou () wat die breër gemeenskappe betrokke kan
kry() sodat hulle stemme gehoor kan word () en dit kan 'n meer kollektiewe
poging verseker om verantwoordelikheid te neem vir veilige bewaring van hierdie
gedeelde bronne. ()
opvoedkundige/bewusmakingsveldtogte reël in samewerking met plaaslike
regering/munisipaliteite/ () met die fokus op die belangrikheid van die bewaring
van waterbronne () wat die ingesteldheid van gemeenskappe ten opsigte van
waterbronne kan verander () en dit kan individue aanmoedig om te help om die
kwaliteit van die water te bewaar/om groot volumes water te spaar. ()
die kwaliteit van water gereeld monitor () deur enige besoedelings in die water te
identifiseer () wat munisipaliteite kan help om te bepaal wat die moontlike bronne
van die besoedeling kan wees () en dit kan help om meer doeltreffende strategieë
vir instandhouding daar te stel.()
aanbied om ook toesig te hou oor die terreine waar installering/opgradering van
waterinfrastrukturen gedoen word/gespesialiseerde kennis gebruik () en
sodoende eienaarskap neem van sulke inisiatiewe () wat die mag van sulke
aksies van die gemeenskap kan saamspan () en dit kan ononderbroke toegang
tot hierdie basiese diens verseker. ()
Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2x4) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 22 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
Bespreek krities TWEE maniere om die volhoubaarheid te verseker van
ingrypingsprogramme wat die doel het om 'n veilige en gesonde leefwyses te
bevorder.
Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
NOTA: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, ()
uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. ()
Moontlike antwoorde kan insluit:
Bou die kapasiteit van individue/gemeenskappe wat betrokke is by die
intervensieprogramme () deur die gemeenskapslede/betrokke
belanghebbendes op te lei () om die nodige vaardighede en kennis te ontwikkel
() en praktyke vir veilige en gesonde leefwyses selfs na die implementering van
programme, voortdurend te bevorder. ()
Verseker dat die programme aanpasbaar is om te spreek tot die veranderende
behoeftes/kontekste () om die relevansie van die program gereeld te
assesseer/strategieë aan te pas/impakstudies te doen () sodat nuwe metodes
oorweeg kan word () en sodoende doeltreffend te bly te midde van die
uitdagings/tendense wat mag opduik. ()
Samewerking tussen belanghebbendes/om kennis/goeie praktyke te deel () en
om voordeel te trek uit die gesamentlike kundigheid/ervaring/lesse geleer () kan
die proses bevorder () en sodoende verseker dat die programme deurlopend
ondersteun word. ()
Deur vergaderings te belê/moniterings- en evalueringsmaatreëls deurlopend te
implementer, () kan dit die uitdagings wat die program kan beïnvloed, aan die
lig bring () en kan hierdie uitdagings wat ïdentifiseer is, hanteer word, () en
sodoende help om te verseker dat die gewenste uitkoms van die program bereik
word/dat hierdie uitdagings ooorkom kan word. ()
Deur te verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir die uitvoer van die
aktiwiteite, toegewyd is tot hulle verantwoordelikhede () kan die program
geïmplementeer word soos beoog/verwag word () aangesien die
implementeringsvennote dan ewe toegewyd tot die program sal wees () om te
verseker dat geen aspek van die program afgeskeep word nie, wat tot die sukses
van die program kan lei. ()
Deur geskikte/genoegsame finansiële ondersteuning te hê () en seker te maak
dat die fondse na behore aangewend word, () kan verseker dat die verskeie
aktiwiteite van die program uitgevoer word () wat tot gevolg kan hê dat die
program uitgevoer word soos beplan. ()
Deur gebeurlikheidsplanne in plek te hê () wat in ooreenstemming met enige
moontlike uitdagings kan wees, () kan help om effektief met hierdie onvoorsiene
kwessies te handel () en hierdie planne mag dan die geïdentifiseerde kwessies
bevredigend oplos. ()
Behoorlike beplanning/om geskikte planne in plek te stel, () kan verseker dat
die belangrikste rolspelers oor die nodige vaardighede beskik om hierdie planne
uit te voer, () en sodoende die doelwitte van die program kan bereik () dan
kan die intensie van die ingryping ten volle bereik word. ()
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering 23 DBE/September 2023
NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne
As die begunstigdes eienaarskap neem van/inkoop in die program () deur
belangstelling in hierdie ingrypings te toon () en 'n sin vir persoonlike
verantwoordelikheid kweek, () kan dit die kanse om die program suksesvol uit
te voer, verseker. ()
Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2x4) (8)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Orientation Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Life Orientation Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2022 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2022 Memo (English)

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2021 Memo (English)
More from Grade 12 Life Orientation
/Gr%2012%20Teacher_s%20Guide%20(moderated)--edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861/v1-fce5bfae6ca1b85fe904/card.webp)
Study guide
Gr 12 Teacher s Guide (moderated)

Annual teaching plan
Gr 12 LO ATP 2023 24

Question paper
Life Orientation Grade 12 Life Orientation Question Paper

Question paper
Life Orientation Grade 12 Life Orientation Question Paper

Question paper
Life Orientation Grade 12 Life Orientation Question Paper

Question paper