Skip to content

Life Orientation Grade 12 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)

MemorandumLife OrientationGrade 12202426 pages

Grade 12 Life Orientation memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
º NATIONAL SENIOR SERTIFIKAAT NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LEWENSORIËNTERING ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK SEPTEMBER 2024 NASIENRIGLYNE M PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 26 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 2 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 B (✓) 1.1.2 D (✓) 1.1.3 B (✓) 1.1.4 C (✓) 1.1.5 A (✓) (5) 1.2 1.2.1 Propaganda (✓) (1) 1.2.2 Vakbond (✓) (1) 1.2.3 Kronisme/Kronyisme/Gabbaïsme (✓) (1) 1.3 1.3.1 Noem TWEE moontlike finansiële uitdagings vir 'n opkomende sosiale entrepreneur. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt (✓) vir elk van die TWEE antwoorde. Moontlike finansiële uitdagings kan die volgende insluit: • Die gebrek aan fondse om hulpbronne/aanvangskapitaal te kry om die besigheid te begin. (✓) • Die huiwerigheid/teensinnigheid van beleggers om die nuwe besigheid te finansier. (✓) • Afhanklikheid van toelaes/skenkings/beleggings om hul ondernemings/dienslewering te finansier. (✓) • Beperkte/Geen toegang tot finansiering/regeringsprogramme/ sosiale impak beleggers. (✓) • Kompeteer met nuwe/bestaande besighede/verbruikersvoorkeure te verander. (✓) • Ekonomiese skommelinge wat dienslewering beïnvloed. (✓) • Die hoër koste/finansiële uitgawes in die verskaffing van dienste aan minderbevoorregte of benadeelde bevolkings. (✓) • Nie in staat om geskoolde werknemers te bekostig nie. (✓) • Geen/swak krediettelling/gradering/slegte skuld. (✓) • Die hoë koste verbonde by die belegging in infrastruktuur/ tegnologie. (✓) • Die onvermoë om 'n aanvaarbare/behoorlike sakeplan/begroting vir inkomstegenerering op te stel. (✓) • Die gebrek aan finansiële geletterdheidsvaardighede. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (2x1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 3 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 1.3.2 Verduidelik die term regstelling in die werksplek. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is. Definisies: Regstelling kan … • verwys na die proses van regstelling/aanspreek (✓) 'n grief/ oortreding wat 'n werknemer dalk ervaar het. (✓) • die neem van stappe om 'n situasie reg te stel/geregtigheid te verseker behels, (✓) om verligting/vergoeding aan die geaffekteerde/aangewese/gemarginaliseerde groepe te verskaf. (✓) • beteken om die posisie/status van 'n werknemer te herstel as gevolg van onbillike behandeling, (✓) deur finansiële vergoeding/ herinstelling/bevordering/ander voordele aan die geaffekteerde werknemer te verskaf. (✓) • 'n formele verskoning/regstellende aksie beleide/erkenning van die oortreding insluit, (✓) om die werknemer se ervaring te bekragtig/ 'n respekvolle werksomgewing te bevorder. (✓) • onderhandeling van skikkings buite die hof behels, (✓) om vergoeding te verskaf/dispute sonder uitgerekte regsgedinge op te los. (✓) • verseker dat oortredings/wanbalanse van die verlede reggestel word, (✓) bevordering van 'n regverdige werkplek/wat voorkeur gee aan benadeelde groepe. (✓) • die implementering van nuwe beleide/wysiging van bestaande insluit, (✓) om ’n herhaling van onbillike arbeidspraktyke wat werknemers in die werkplek gely het, te voorkom. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) 1.3.3 Bespreek die voordeel daarvan om 'n oorbruggingsjaar te neem wanneer daar op 'n finale loopbaankeuse besluit word. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • Om tyd te neem om onafhanklike uitdagings in die werklike wêreld te navigeer, kan lei tot groter volwassenheid/vertroue, (✓) wat na 'n meer noukeurig oorweegde/gekose loopbaan lei. (✓) • Selfverkenning tydens 'n oorbruggingsjaar is noodsaaklik vir 'n vervullende loopbaan, (✓) wat verkenning van belangstellings/ passie/sterkpunte/swakpunte toelaat. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 4 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Praktiese ondervinding/vrywillige werk tydens 'n oorbruggingsjaar, (✓) wat insig gee in 'n beroepsveld wat ooreenstem met jou verwagtinge/vaardighede.(✓) • Dieper/meer deeglike leer/verwerf van verskillende vaardighede kan moontlik wees wanneer 'n mens 'n oorbruggingsjaar neem, (✓) en hierdie nuutverworwe vaardighede kan jou na ander professionele paaie lei. (✓) • Die ontwikkeling van 'n professionele netwerk tydens 'n oorbruggingsjaar, (✓) kan geleenthede bied om met professionele persone te netwerk, wat jou kan help om 'n meer ingeligte loopbaanbesluit te neem. (✓) • Om van die norm af te wyk, bied 'n vars uitkyk op jou professionele doelwitte/hou geen onmiddellike druk in om 'n voorafbepaalde pad te volg nie, (✓) wat jou meer tyd gee om jou opsies te oorweeg/uit te vind/na te vors watter beroep jy regtig wil navolg. (✓) • Werk tydens 'n oorbruggingsjaar kan jou help om vir jou eie studies te betaal, (✓) wat jou meer buigsaamheid bied om jou loopbaan te kies op grond van jou passie, eerder as jou behoeftes. (✓) • 'n Oorbruggingsjaar bied 'n unieke geleentheid om ‘n stappie terug te neem/te reflekteer/te groei/te verbeter op resultate, (✓) om te verseker dat jou uiteindelike beroepskeuse in lyn is met jou persoonlike/professionele doelwitte. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2) 1.4 1.4.1 Beskryf EEN sosiale voordeel om ontspanningsaktiwiteite by 'n persoonlike leefstylplan in te sluit. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • Voorsien ‘n platform aan individue om met soortgelyke individue kontak te maak/nuwe vriendskappe te vorm/sosiale netwerke uit te brei, (✓) wat sosiale ondersteuning/ samehorigheid/vermindering van eensaamheid/isolasie tot gevolg kan hê. (✓) • Om kwaliteit tyd saam met vriende/familie te spandeer kan verhoudings versterk,(✓) wat wedersydse begrip/emosionele verbindings kan verbeter. (✓) • Ontspanningsaktiwiteite vereis dikwels interaksie met ander, (✓) wat kan help om noodsaaklike kommunikasievaardighede te ontwikkel (verbale/nie-verbale kommunikasie/aktiewe luister/om jouself duidelik/effektief uit te druk). (✓) • Spanwerkaktiwiteite soos sport/speletjies kan samewerkings- vaardighede verbeter, (✓) om individue toe te laat om aan gemeenskaplike doelwitte te werk/konflik te onderhandel/op te los. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 5 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Om by plaaslike klubs/groepe aan te sluit, kan gemeenskap verbindinge bevorder/burgerlike betrokkenheid verhoog/deelname aan gemeenskapsgeleenthede aanmoedig , (✓) om sodoende die sosiale struktuur van die gemeenskapslewe te versterk. (✓) • Groepaktiwiteite kan informele ondersteuningsnetwerke bevorder, (✓) wat aan individue 'n gevoel van sekuriteit/ verbondenheid gee. (✓) • Ontspanningsprogramme poog om inklusief te wees, (✓) wat deelname vir alle ouderdomme/agtergronde/vermoëns/bevordering van sosiale integrasie verseker. (✓) • Die voltooiing van ontspanningsaktiwiteite/om 'n nuwe vaardigheid aan te leer/om ‘n speletjie te wen, (✓) kan sosiale interaksie aanmoedig. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2) (2) 1.4.2 Verduidelik hoe die volg van 'n volgehoue oefenroetine tot jou geesteswelstand kan bydra. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is. Om 'n konsekwente oefenroetine te volg, kan ... • help om slaappatrone te reguleer/tot beter slaapkwaliteit lei, (✓) wat die brein toelaat om jou gemoed/kognitiewe funksie te verbeter. (✓) • jou selfbeeld/liggaamsbeeld verbeter, (✓) wat daardeur help om jou selfvertroue/gevoel van prestasie te versterk. (✓) • die bloedvloei na die brein verhoog/fokus verbeter, (✓) wat geestelike helderheid kan bevorder/gesonde hanterings- meganismes kan ontwikkel. (✓) • die vrystelling van endorfiene ('goedvoel'-hormone) tot gevolg hê, (✓) aangesien hierdie chemikalieë kan help om pynwaarneming te verminder/'n gevoel van euforie/algemene welstand te veroorsaak. (✓) • struktuur/voorspelbaarheid by jou dag voeg, (✓) wat 'n gevoel van stabiliteit/beheer/troos kan verskaf tydens tye van onsekerheid/'n positiewe uitkyk op die lewe skep. (✓) • help met oplettendheid/ontspanning/bewus te wees van die hier en nou, (✓) wat stres kan verminder. (✓) • die produksie van adrenalien/kortisol stimuleer, (✓) wat jou kan help om stresvolle situasies te hanteer/meer ontspanne te voel. (✓) • nuwe aktiwiteitspatrone in die brein skep, (✓) wat aanhoudende gevoelens van kalmte/vrede kan bevorder. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 6 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • dien as afleiding, (✓) sodat jy stil oomblikke kan vind om uit die sameloop van negatiewe gedagtes te breek, wat depressie/angs kan veroorsaak. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2) 1.4.3 Bespreek EEN moontlike voordeel op 'n mens se langtermyn fisiese gesondheid as 'n gebalanseerde dieetplan gevolg word. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is. Om 'n gebalanseerde voedingsplan te volg, kan help om... • die aanbevole aantal kalorieë/voedingstowwe te verskaf, (✓) wat 'n gesonde gewig/liggaamsmassa-indeks (LMI) bevorder, of die risiko van vetsug/om oormatige gewig op te tel kan verminder. (✓) • 'n gesonde dieet van die vyf voedselgroepe te handhaaf, (✓) wat bloeddruk/cholesterolvlakke reguleer of hart gesondheid verbeter. (✓) • lae-glukemiese-indeks (GI) voedsel/voldoende koolhidrate/gesonde vette/vesel in te sluit, (✓) wat bloedsuikervlakke reguleer. (✓) • 'n voldoende inname van relevante vitamiene/voedingstowwe te verseker, (✓) wat osteoporose/frakture voorkom, veral wanneer ouer word. (✓) • 'n hoë-vesel dieet te volg, (✓) wat ‘n gesonde spysvertering/ ingewande ondersteun/spysverteringsprobleme voorkom. (✓) • 'n egalige toevoer van energie te verseker, (✓) wat algehele produktiwiteit/fisiese prestasie verbeter/moegheid verminder. (✓) • 'n gesonde immuunstelsel te handhaaf, (✓) wat die risiko om leefstylsiektes te ontwikkel verminder/lei tot verbeterde algehele fisiese welstand. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2) TOTAAL AFDELING A: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 7 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne AFDELING B (VERPLIGTEND) 1. In hierdie afdeling moet kandidate se antwoorde sover moontlik in volsinne geskryf word. Dus, vir 'n 3 of 4-punt-vraag moet 4, 3, 2, 1 of 0 (nul) punte toegeken word, afhangend van die vlak van die antwoord gegee. 2. Let daarop dat vir elke kategorie van die kandidate se antwoorde, moet daar onderskei word tussen uitstekende, goeie, bevredigende en swak antwoorde. VRAAG 2 2.1 Definieer die term waarde van werk. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is. *NOTA AAN ONDERWYSER: GEEN punte sal vir voorbeelde toegeken word NIE. Definisies: Dit kan verwys na die belangrikheid/waarde/betekenis van... • 'n individu se arbeid/finansiële waarde van werk (✓) wat betekenis aan die lewe gee/opbrengs op belegging. (✓) • pogings/bydraes in hul werk/beroep/loopbaan (✓) wat doel/'n gevoel van identiteit gee. (✓) • professionele groei/ontwikkeling (✓) as gevolg van die intrinsieke motivering om ywerig te werk. (✓) • werk binne 'n kultuur/samelewing (✓) wat sosiale norme/verwagtinge kan beïnvloed. (✓) • ‘n positiewe impak te maak (✓) in 'n gemeenskap/samelewing. (✓) • outonomie/eienaarskap van verantwoordelikhede te neem (✓) wat kan lei tot eie finansiële onafhanklikheid/sekuriteit. (✓) • selfvervulling/geluk/’n doel (✓) wat lei tot tevredenheid/bevrediging binne 'n loopbaan/persoonlike lewe. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 8 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 2.2 Beskryf hoe Gen Z se ervaring van tegnologie hul probleemoplossings- vaardighede in die werkplek kan bevorder. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is. Gen Z's kan... • meer gemaklik wees met tegnologie, (✓) waardeur hulle meer vaardighede kan kry deur digitale hulpbronne te gebruik om probleme maklik aan te pak. (✓) • meer blootgestel wees aan tegnologie, (✓) wat lei tot ongewone/kreatiewe/ innoverende/kritiese denke/benaderings om moeilike kwessies op te los. (✓) • in staat wees om gebruik/veelvoudige take aan te pak op verskeie digitale platforms, (✓) om sodoende bekommernisse/uitdagings doeltreffend/vinnig te kommunikeer. (✓) • meer tegnologies vaardig wees, (✓) en kan doeltreffend/vinnig wees om sperdatums na te kom om uitdagings op te los. (✓) • beter toegerus wees om digitale hulpmiddels in die werkplek te gebruik, (✓) daarom kan hulle vinnig tegnologiese oplossings vir opkomende probleme vind. (✓) • vaardig wees in die gebruik van aanlynkursusse/tutoriale/aanlynseminare om nuwe vaardighede aan te leer, (✓) aangesien hierdie proaktiewe benadering hulle kan help om op hoogte te bly van die nuutste probleemoplossingstegnieke/-hulpmiddels. (✓) • in staat wees om 'n wêreldwye netwerk van hulpbronne te benut, (✓) wat lei tot meer diverse oplossings vir kwessies. (✓) Gen Z's... • het grootgeword met moderne tegnologie, (✓) dus kan hulle dalk vinnig data effektief insamel/ontleed. (✓) • gebruik digitale platforms om samewerking te fasiliteer, (✓) en hulle sodoende in staat stel om uitdagings as 'n span doeltreffend op te los. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2) 2.3 Verduidelik hoe toegang tot die internet 'n mens se strategie om take/projekte meer effektief te voltooi, kan verbeter. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • Die hoeveelheid tyd wat aan navorsing bestee word, kan verminder word, (✓) om 'n mens te help om jou tyd wat aan take spandeer word doeltreffend te bestuur/meer produktief te wees/meer doeltreffend te werk. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 9 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Dit kan 'n mens in staat stel om take vinniger af te handel deur die gebruik van verskeie aanlynbronne, (✓) om sodoende te verseker dat spertye betyds gehaal word. (✓) • Die besluitneming vir projekte wat spanwerk vereis, kan vergemaklik word deur instrumente soos e-pos/videokonferensies, (✓) wat die tydige voltooiing van take verseker. (✓) • Die gebruik van 'n verskeidenheid aanlynhulpmiddels vir projekbestuur/ skeduleringstake/spertye/nasporing van vordering spaar 'n mens se tyd, (✓) en dit kan verseker dat 'n mens se take korrek geprioritiseer word.(✓) • 'n Mens kan op meer ingewikkelde/kreatiewe areas van jou werk konsentreer deur eentonige/tydrowende take te outomatiseer, (✓) en sodoende foute/die hoeveelheid moeite wat benodig word, tot die minimum beperk, take vinniger/meer akkuraat te finaliseer. (✓) • 'n Mens kan op datum/hoogte gehou word van die nuutste tegnologiese vaardighede en kennis, (✓) om sodoende 'n mens se uitkomste in take/projekte te verbeter. (✓) • Die gebruik van aanlynbronne/sagteware,(✓) elimineer die behoefte aan fisiese teenwoordigheid/hulpbronne,koste uit te skakel. (✓) • Virtuele netwerke met professionele persone/kundiges, die bevordering van samewerking/mentorskap/uitruil van kennis kan maklik verkry word, (✓) oor die verskaffing van waardevolle insigte oor die voltooiing van take/ projekte. (✓) • Deur verskeie leerbronne aanlyn te raadpleeg teen hul eie tempo, (✓) kon suksesvolle prestasies van take/projekte verseker. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2) 2.4 Bespreek TWEE voordele vir jong werkers wat 'n gesonde werk-lewe-balans handhaaf. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Die handhawing van 'n gesonde balans tussen werk en lewe kan... • daartoe lei dat hulle meer gefokus/doeltreffend/oplettend is gedurende werksure, (✓) wat produktiwiteit/werkprestasie/werktevredenheid verhoog.(✓) • tyd vir stokperdjies/persoonlike belangstellings/talente/selfverkenning verseker,(✓) wat bydra tot 'n individu se persoonlike ontwikkeling/bou van breër vaardighede/vertroue, en lei tot bevrediging by die werk/huis. (✓) • help om duidelike grense tussen werk en persoonlike lewe te stel,(✓) wat ‘n gevoel van beheer/struktuur bevorder, en die waarskynlikheid verminder dat werk met persoonlike tyd inmeng. (✓) • beter gesondheid verseker, wat die aantal dae verminder wat van die werk afgeneem is weens siekte,(✓) en lei tot konsekwente bywoning/ betroubaarheid by die werk. (✓) • lei tot verhoogde werksbevrediging/’n gelukkige persoonlike lewe, (✓) wat algehele lewenskwaliteit/verbetering van verhoudings tot gevolg het. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 10 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • angs/depressie/uitbranding 'n mens verseker, as gevolg van minder werk/ huisstres, (✓) wat 'n positiewe impak op 'n mens se algehele welstand kan hê. (✓) • toelaat dat tyd afgeneem word om te ontspan en krag te herwin, (✓) wat kan lei tot vernuwe energie om uitdagings die hoof te bied. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2) (4) 2.5 Assesseer die waarde van gereelde terugvoering vir werknemers binne die werksomgewing. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Gereelde terugvoer kan … • werknemers help om sterkpunte/swakpunte te identifiseer, (✓) waardeur hulle hul werk kan aanpas/algehele prestasie verbeter. (✓) • werknemers wys dat hul werk/bydrae waardeer/erken word, (✓) wat hul moraal kan bou/motivering/personeelbetrokkenheid kan verhoog en sodoende werknemers behou. (✓) • geleenthede vir groei/ontwikkeling bied, (✓) om sodoende werknemers te help om nuwe vaardighede te bou/areas vir verbetering aan te spreek. (✓) • oop kommunikasie kweek/kwessies aanspreek voordat dit vererger, (✓) om sodoende misverstande te verminder/'n kultuur van deursigtigheid/eerlikheid/ harmoniese werksomgewing te bevorder. (✓) • werknemers aanspreeklik/verantwoordelik hou vir hul werk, (✓) wat die bevordering van eienaarskap van hul werk inhou. (✓) • werknemers help om 'n groei-ingesteldheid te ontwikkel, (✓) wat 'n padkaart vir persoonlike ontwikkeling verskaf. (✓) • 'n geleentheid skep vir werknemers om idees/voorstelle te deel, (✓) om sodoende innovasie/verbetering aan te moedig. (✓) • 'n verbintenis tot werknemerontwikkeling te demonstreer, (✓) wat vertroue/sterker verhoudings tussen kollegas en hul werkgewers kan bou. (✓) • hulle help om te verstaan wat van hulle verwag word/hoe hul werk tot die organisasie bydra/hulle op hoogte hou van die jongste ontwikkelings in die werkplek, (✓) wat lei tot beter fokus/hul sin van doel te verhoog/belyning met organisatoriese doelwitte. (✓) • help om hul foute dadelik reg te stel, (✓) wat lei tot voortdurende verbetering/hoër kwaliteit van werk. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk.(2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 11 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 2.6 Beveel TWEE maniere aan waarop jy doeltreffende verhoudings in die werksplek kan onderhou. Dui ook in ELKE antwoord aan hoe dit jou in staat kan stel om meer produktief by die werk te wees. Punte moet soos volg toegeken word: DRIE punte (✓✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is. *NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Om die volle DRIE punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓), dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓) Moontlike antwoorde kan insluit: • Leer ken/behandel kollegas met respek/vriendelikheid/empatie/ professionaliteit, (✓) en erken/waardeer hul unieke perspektiewe/ bydraes, (✓) wat daardeur help om moraal te bevorder/spanwerk te verbeter, wat lei tot groter produktiwiteit. (✓) • Deel gereeld vordering met jou span/werknemers om almal op hoogte te hou, (✓) wat misverstande voorkom en 'n kultuur van vertroue skep, (✓) en daardeur samewerking by die werk/doeltreffende voltooiing van take te verbeter. (✓) • Gee aandag/luister altyd aandagtig na wat ander sê sonder om hulle in die rede te val, (✓) om respek vir hul opinies te toon, en oop/eerlike kommunikasie aan te moedig, (✓) wat lei tot groter betrokkenheid tussen die twee partye. (✓) • Wees meer oop oor jou voornemens/besluite/foute, (✓) wat deursigtigheid bevorder, en 'n omgewing van eerlikheid skep, (✓) wat 'n meer gunstige werksomgewing tot gevolg het. (✓) • Gereelde erkenning/viering van die prestasies/pogings van jou kollegas, (✓) wat hulle waardeer laat voel/hul selfvertroue/motivering ’n hupstoot kan gee, (✓) wat lei tot verhoogde werksbetrokkenheid/pogings van spanlede. (✓) • Toon empatie/spreek dankbaarheid uit/moenie toelaat dat persoonlike probleme jou werk beïnvloed nie/oorweeg die emosies/perspektiewe van jou kollegas, (✓) wat 'n kalm/harmoniese werkplek/omgewing kan handhaaf, (✓) en lei tot sterker interpersoonlike verhoudings/beter konflikoplossing by die werk. (✓) • Werk aan gemeenskaplike doelwitte deur jou span te ondersteun, (✓) deur hulp aan te bied/bereid te wees om hulp te vra wanneer dit nodig is, (✓) aangesien dit werkers 'n gevoel van samehorigheid/verbondenheid/gedeelde verantwoordelikheid kan gee en lei tot die suksesvolle voltooiing van take. (✓) • Toon respek/waarde vir diverse agtergronde/vaardighede/perspektiewe onder jou kollegas, (✓) wat verseker dat almal ingesluit/gehoor voel by besprekings/besluitnemingsprosesse, (✓) en lei tot konsekwente kreatiwiteit binne werksverhoudings. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk.(2 x 3) (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 12 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne VRAAG 3 3.1 Noem TWEE aksies wat jy onopsetlik in die eksamenlokaal kan pleeg, wat as oneerlik beskou kan word. *NOTA AAN ONDERWYSER: Punte moet nie toegeken word vir antwoorde wat aandui dat materiaal/toerusting in die eksamenlokaal ingebring word nie. Die fokus is op die aksies wat tydens 'n eksamensessie gepleeg word. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt (✓) vir elke antwoord. Moontlike antwoorde kan insluit: • Maak notas tydens leestyd. (✓) • Praat met ander leerders/nie-verbale gebare/lyftaal/omdraai om 'n vraag te vra tydens die eksamen. (✓) • Leen/optel/ruil skryfbehoeftes met ander leerders. (✓) • Vra vir verduideliking/raad oor eksameninstruksies/vrae aan toesighouers. (✓) • Die gebruik van slimhorlosies/nie weet dat jy ‘n programmeerbare sakrekenaar in jou besit het in die eksamenlokaal nie. (✓) • Loer/kyk voortdurend rond na ‘n maat se antwoordblad om te sien of jy op dieselfde spoor is/teen dieselfde pas werk. (✓) • Lees jou vrae/antwoorde hardop. (✓) • Verander jou handskrifstyl. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (2x1) (2) 3.2 Waarom, dink jy, kan sommige leerders onder druk voel om in die NSS-eksamen goed te presteer? Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • Hoë verwagtinge van hulself/ouers/onderwysers/skool/gemeenskap/ universiteite, (✓) aangesien hulle dalk nie hierdie partye wil teleurstel as hulle nie aan die vereiste standaarde vir finansiële hulp/toelatingsvereistes voldoen nie. (✓) • Onvoldoende hersiening van materiaal/nie voorbereid wees/verstaan nie inhoud nie, (✓) weens swak studiegewoontes/uitstel wat lei tot angs/paniek wanneer die eksamen naby is. (✓) • Kompetisie binne hul graad/wil nie hul plek op die toppresteerderslys verloor nie, (✓) en kan hulle die behoefte gee om beter te presteer as ander om hoër onderwysgeleenthede te verkry. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 13 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Finansiële druk binne die huishouding, (✓) wat lei tot 'n sterk behoefte/ gevoel om te voorsien/om vir die gesin te kan sorg na die voltooiing van graad 12. (✓) • Swak prestasie in hul SBA deur die jaar (✓) kan hulle desperaat maak om hul finale uitslae te verbeter. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2) 3.3 Verduidelik hoe oneerlikheid tydens die NSS-eksamen 'n invloed kan hê op 'n leerder se toelating tot hoëronderwys-instansies. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is. Moontlike antwoorde kan insluit: • Kan moontlik nie hul NSS-sertifikaat ontvang nie, wat noodsaaklik is vir toelating tot hoëronderwysinstellings, (✓) aangesien hul eksamenuitslae gekanselleer/weerhou kan word. (✓) • 'n Leerder se dissiplinêre rekord/formele teregwysings/dissiplinêre optrede word negatief beskou wanneer aansoek gedoen word vir hoër onderwys, (✓) kan die kanse belemmer om deur die toelatingsbeamptes aanvaar te word. (✓) • Diskwalifisering van 'n leerder van toekomstige eksamens, (✓) wat lei tot leemtes in hul akademiese rekord/onvoltooide kwalifikasies en onbevoegdheid vir toelating tot hoër onderwys. (✓) • Skorsing van 'n leerder uit die eksamen/skool, (✓) kan negatief beskou word wanneer die tersiêre instelling 'n leerder se geskiktheid vir toelating oorweeg. (✓) • Die verlies aan vertroue van onderwysers/opsieners/skoolhoof/ toelatingsbeamptes, (✓) wat dit vir 'n leerder moeiliker maak om positiewe aanbevelings/verwysings vir aansoek by tersiêre instellings te verkry. (✓) • Beperk hul geskiktheid vir merietebeurse/beurse/finansiële hulp/ leerlingskappe, (✓) aangesien hul akademiese integriteit bevraagteken kan word. (✓) • Regsgevolge van die Departement van Onderwys, (✓) wat hul reputasie/ verdere vooruitsigte van leer kan benadeel op grond van die tersiêre instelling se eie toelatingsbeleide. (✓) • Om 'n leerder te verhoed om die Nasionale Normtoetse (NNT'e) betyds/suksesvol te skryf, (✓) as gevolg van die uitgerekte wagtydperk op die uitkomste van dissiplinêre prosesse. (✓) • Kriminele rekord wat hulle mag hê weens oneerlikheid, (✓) kan hulle regdeur hul akademiese/professionele reis volg/toekoms/wêreldwye geleenthede beperk. (✓) • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1x2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 14 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne 3.4 Bespreek TWEE maniere waarop jy jou eie studiestrategieë kan hersien om te verseker dat jy goed voorbereid vir die eksamen is. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Jy kan jou benadering tot leer aanpas deur... • jou studiemateriaal op te breek in hanteerbare dele, (✓) wat jou help om jou studiedoelwitte/mikpunte te bereik. (✓) • die assessering van jou huidige studietegnieke, (✓) wat jou help om na meer effektiewe metodes te verander. (✓) • die identifisering van areas wat meer fokus benodig, (✓) wat leiding voorsien oor hoe om te verbeter in hierdie geïdentifiseerde gebiede. (✓) • alternatiewe leeromgewings te oorweeg, (✓) om gefokus te bly wanneer jy leer. (✓) • die materiaal aan iemand anders te onderrig/verduidelik, (✓) om jou eie vlak van begrip na te gaan. (✓) • jou studieskedule na te gaan, (✓) om volledige dekking van alle studiemateriaal te verseker. (✓) • meer aktiewe leerstyle te oorweeg, (✓) wat jou kan help om retensie te verbeter. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2) (2) 3.5 Assesseer TWEE maniere waarop die nakoming van die NSS- eksamenbelofte jou kan help om akademiese integriteit te handhaaf. Punte moet soos volg toegeken word: TWEE punte (✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is. Die nakoming van die NSS-eksamenbelofte kan... • jou verplig om 'n persoonlike verbintenis te maak om hierdie standaarde te handhaaf/jou vasberadenheid versterk om eties op te tree selfs wanneer jy gespanne tydens die eksamen is, (✓) en bind jou daardeur aan die reëls en standaarde wat jy moet volg. (✓) • jou verbintenis versterk om getrou aan jouself te wees, (✓) om jou daardeur meer bewus te maak van die gevolge van oneerlikheid. (✓) • 'n gevoel van aanspreeklikheid skep deurdat jy 'n belofte aan jouself/maats/ onderwysers gemaak het om etiese standaarde te handhaaf, (✓) en sodoende te verseker dat jy verantwoordelikheid neem/betroubaar is vir jou eie optrede/oneerlike gedrag voorkom. (✓) • etiese besluitneming bevorder, veral wanneer gekonfronteer word met uitdagende akademiese druk/groepdruk om te kul tydens die eksamen, (✓) en sodoende jou interne motivering om eerlik op te tree versterk. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 15 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • verseker dat jy vertroue tussen jou en jou maats/onderwysers/skoolhoof bou, (✓) wat jou daartoe verbind om hoë standaarde van akademiese gedrag te handhaaf/seker te maak dat jou eweknieë ook aan dieselfde standaarde voldoen. (✓) • jou verbintenis tot etiese gedrag bevestig, (✓) wat ook jou optrede in alle akademiese pogings kan beïnvloed. (✓) • jou voortdurend herinner aan die belangrikheid van eerlike gedrag, (✓) en daardeur dien as 'n afskrikmiddel om nie hierdie standaarde te oortree nie, aangesien dit ernstige gevolge vir jou sal inhou. (✓) • selfrefleksie aanmoedig, (✓) wat jou help om jou gedrag in lyn te bring met die waardes/verwagtinge van die NSS. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2) (4) 3.6 Analiseer hoe sterk werksetiek jou professionele vaardighede in die toekoms kan bevorder. Dui ook in elke antwoord aan hoe dit tot langtermyn- loopbaansukses kan bydra. Punte moet soos volg toegeken word: DRIE punte (✓✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is. *NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Om die volle DRIE punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓), dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓) Om sterk werksetiek te hê soos ... • verantwoordelikheid/selfdissipline, (✓) kan jou help om jou fokus op langtermyndoelwitte te behou, (✓) en hierdie konsekwente prestasie kan 'n stabiele loopbaanpad bevorder/nuwe geleenthede oopmaak. (✓) • samewerking met ander, (✓) kan spanwerk bevorder, (✓) wat lei tot moontlike leierskaprolle.(✓) • aanpasbaarheid in 'n snel-bewegende werksomgewing, (✓) kan jou toelaat om te floreer te midde van verandering/buigsaam te wees,(✓) wat jou in staat stel om nuwe uitdagings/rolle aan te pak.(✓) • stiptelikheid/doeltreffendheid/effektiewe tydsbestuur, (✓) wat kan help om werksproduktiwiteit te verhoog/suksesvolle projekvoltooiing/nakoming van daaglikse doelwitte/nakoming van spertye, (✓) kan geleenthede vir toekomstige professionele vooruitgang verbeter.(✓) • integriteit/verantwoordbaarheid, (✓) kan verseker dat jy nie ander blameer nie/gepaste keuses maak/jou verbind tot 'n kultuur van verantwoordelikheid met kollegas/werkgewers/kliënte, (✓) wat deure oopmaak vir toekomstige loopbaanvooruitsigte/bevordering van loopbaangroei.(✓) • deurlopend professioneel te wees, (✓) kan jou reputasie in jou bedryf verbeter, (✓) wat jou 'n verkose medewerker/kandidaat vir bevorderings maak. (✓) • kwaliteit werk te lewer (✓) kan jou reputasie as 'n betroubare werknemer bou, (✓) wat jou help om mededingend in jou veld te bly.(✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 16 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • deursigtigheid (✓) kan jou in staat stel om waardevol/lojaal/eerlik te wees/vertrouensverhoudings met mentors te vestig, (✓) wat lei tot moontlike verwysings vir uitvoerende/strategiese posisies binne organisasies.(✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk. (2x3) (6) [20] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 17 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne AFDELING C 1. Kandidate moet enige TWEE vrae in hierdie afdeling beantwoord. Indien die kandidaat al drie vrae beantwoord, moet slegs die eerste TWEE vrae nagesien word. ʼn Streep moet deur die oorblywende antwoord getrek word en die volgende afkorting moet daarby neergeskryf word: 'OGVV' (Oorskry Getal Vrae wat Vereis word). 2. Kandidate se antwoorde moet in die vorm van PARAGRAWE wees. Punte sal slegs toegeken word vir antwoorde wat in volsinne geskryf is. VRAAG 4 *NOTA AAN DIE ONDERWYSER: In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in volsinne geskryf word. Dus, vir 'n 4 punt- antwoord kan en behoort 4, 3, 2 en1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is Noem kortliks VIER rolle van die media in die bevordering van sport in Suid-Afrika. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt (✓) vir elke antwoord. Moontlike antwoorde kan insluit: • Die opvoeding van die publiek oor verskillende sportsoorte/geskiedenis/reëls/ strategieë/die belangrikheid van fisiese aktiwiteit. (✓) • Om borge/befondsing vir sportspanne/geleenthede aan te trek of finansiële ondersteuning vir die ontwikkeling van sport te verbeter. (✓) • Verhoog sigbaarheid, bereik wyer gehore/meer toeskouers. (✓) • Help met advertensies/bemarking van produkte wat verband hou met sport/ sportbefondsing. (✓) • Dit vorm openbare opinie/persepsie/bewustheid/belangstellings oor sport. (✓) • Uitdagende stereotipes wat verband hou met geslag/ras/gestremdheid/bevorder inklusiwiteit/deelname van onderverteenwoordigde groepe. (✓) • Beklemtoon gesondheidsvoordele/prestasies/talente van atlete/spanne. (✓) • Motiveer betrokkenheid aan sport/sportgeleenthede/toernooie/deelname/ nasiebou/eenheid in sport. (✓) • Skep geleenthede om met sportpersoonlikhede plaaslik/wêreldwyd op sosialemediaplatforms betrokke te raak. (✓) • Verskaf uitgebreide dekking van sportbyeenkomste/kompetisies/atlete. (✓) • Om toegewyde kanale te hê/regstreekse uitsendings van sportgebeurtenisse. (✓) • Die verskaffing van platforms vir besprekings/debatte/ontleding van sport. (✓) • Vermaak die publiek oor sportbyeenkomste. (✓) • Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (4x1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 18 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne Bespreek breedvoerig hoe sportpersoonlikhede jongmense moontlik kan beïnvloed om 'n loopbaan in sport te oorweeg. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte(✓✓✓✓)vir elke antwoord wat goed verduidelik is. *NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓) Sportpersoonlikhede kan … • dien as rolmodelle/deel hul eie unieke stories, (✓) waardes soos spanwerk/ dissipline/deursettingsvermoë te demonstreer, (✓) wat noodsaaklik is vir sukses in sport/lewe, (✓) om sodoende die jeug te help om loopbaan-/lewensdoelwitte te ontwikkel. (✓) • bewustheid oor verskeie sportsoorte/loopbane bevorder vir alle geslagte, (✓) deur jongmense bloot te stel aan nuwe moontlikhede/geleenthede, (✓) sodat hulle geïnspireer kan word om nuwe sportsoorte te probeer/hul deelname/opwinding te verhoog/hul passie te stimuleer, (✓) en dus ander sportloopbane aantrekliker maak. (✓) • optree as mentors deur afrigtingsklinieke, (✓) verskaffing van leiding/ondersteuning/ vaardigheidsontwikkeling, (✓) om sodoende selfvertroue/vaardighede binne verskillende sportkodes te bevorder, (✓) en hulle motiveer om hul vaardighede toe te pas deur loopbane in hierdie verwante sportsoorte te volg. (✓) • roem/sukses behaal, (✓) wat aantreklik kan wees vir jongmense (✓) wie dalk dieselfde suksesvolle leefstyl begeer, (✓) en die jeug laat glo dat hulle ook dieselfde status in die lewe kan bereik. (✓) • word soms soos bekendes behandel, (✓) wie 'n hoë vlak van erkenning/bewondering van die publiek ontvang, (✓) wat kan veroorsaak dat die jeug hierdie soort behandeling soek/begeer, (✓) sodat hulle ook dieselfde bekendheid in sport wil bereik. (✓) • finansieel suksesvol wees, (✓) en dit kan aanloklik wees vir jongmense, (✓) wat dalk ook finansiële sekuriteit wil hê, (✓) wat die finansiële vryheid verbonde aan sportloopbane aanloklik/aantreklik laat voorkom. (✓) • soms luukse leefstyle vertoon, (✓) wat toegang tot eksklusiewe geleenthede/reise/ luukse geriewe/fasiliteite het, (✓) soos hulle dikwels in die media verskyn, wat aanloklik vir jongmense kan wees (✓) en diegene wat dit geniet om in die kollig te wees, kan kies om dieselfde beroepskeuses te volg. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2x4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 19 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne Ondersoek TWEE maniere waarop die media meer verantwoordelik kan berig oor beweerde (vermeende) skandale van sportpersoonlikhede. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte(✓✓✓✓)vir elke antwoord wat goed verduidelik is. *NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓) Die media moet... • feitekontrole/verifikasie van vermeende/beweerde voorvalle oor sport persoonlikhede doen, (✓) wat die egtheid te bekragtig/die verspreiding van valse inligting deur betroubare bronne te voorkom, (✓) om te verseker of die inligting wat ontvang word akkuraat/feitelik is, (✓) en dit is eers dan dat hierdie inligting met die publiek gedeel kan word. (✓) • die beginsel handhaaf dat individue onskuldig is totdat hulle skuldig bewys word, (✓) dus moet verslaggewing die bewerings voorstel as eise wat ondersoek moet word, (✓) sonder om te delf in aspekte van 'n sportpersoonlikheid se lewe wat nie relevant is vir die beweerde skandaal nie, (✓) om sodoende te verseker dat hulle verantwoordelik verslag doen oor spesifieke kwessies wat van openbare belang kan wees. (✓) • perspektiewe insluit van alle kante wat by die skandaal betrokke is, (✓) insluitend verklarings van die beskuldigde/die beskuldigers/regskenners/enige relevante instansies (bv. sportverenigings), (✓) aangesien die verskaffing van konteks deurslaggewend is vir die atleet se prestasierekord/implikasies van die skandaal (✓) en hierdie perspektiewe kan die gehoor/leser help om die situasie beter te verstaan. (✓) • bewus wees van die potensiële impak van hul verslagdoening op die lewens/ loopbane van die betrokkenes, (✓) insluitend die sportpersoonlikheid/hul familie/die beweerde slagoffers/ander wat met die saak geassosieer word, (✓) wat daardeur die versterking van negatiewe persepsies van die betrokke mense/besmetting van hul reputasies vermy, (✓) en op hierdie manier sou die media nie vooroordeel in hul dekking toon nie. (✓) • gebruik maak van die dienste van ondersoekende joernaliste/opgeleide joernaliste, (✓) wat etiese/verantwoordelike verslaggewing verseker, (✓) om enige botsing van belange/privaatheidskwessies/vooroordeel wat kan ontstaan aan te spreek, (✓) en sodoende 'n billike/akkurate verslag te verseker. (✓) • sensasie vermy, (✓) deur nie misleidende opskrifte/foto's/video's/twiets/plasings te gebruik om lesers te lok nie, (✓) aangesien dit die gehoor/lesers kan mislei, (✓) en sodoende 'n neutrale toon te behou/emosioneel gelaaide/bevooroordeelde taal te vermy. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 20 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • atlete by hul navorsing betrek oor die bewerings, (✓) deur hulle uit te nooi om hul stories/ervarings te deel/verdedig, (✓) om sodoende 'n meer gebalanseerde/onpartydige siening oor die beweerde skandaal voor te stel, (✓) en dit kan die gehoor/lesers help om die situasie beter te verstaan deur aan beide kante van die storie blootgestel te word. (✓) • voldoen aan professionele standaarde, (✓) deur te streef om botsing van belange/ haatspraak te vermy, (✓) en op hierdie manier kan die media geloofwaardigheid behou, (✓) sodat die sportpersoonlikheid met respek/regverdigheid behandel word. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2x4) (8) VRAAG 5 *NOTA AAN DIE ONDERWYSER: • In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in volsinne geskryf word. Dus, vir 'n 4 punt-antwoord kan en behoort 4, 3, 2 en1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde is. Noem kortliks VIER maniere waarop jongmense veilige en gesonde omgewings om in te leef, kan bevorder. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt (✓) vir elke antwoord. Jongmense kan... • hul maat onderrig deur werkswinkels/sosiale mediaveldtogte/informele besprekings. (✓) • pleit vir beter beleide/praktyke/hul koolstofvoetspoor verminder binne hul skole/gemeenskappe. (✓) • veilige ruimtes skep/aan deelneem waar maats kwessies openlik kan bespreek. (✓) • aktief aan gemeenskapsdiensprojekte deelneem. (✓) • sosiale media platforms gebruik om inligting te deel/bewusmaking te verhoog. (✓) • leerderkomitees/klubs vorm/by aansluit. (✓) • geleenthede beplan/hou soos gesondheidskoue/fiksheidsuitdagings/ geestesgesondheidswerkswinkels. (✓) • terugvoer gee aan skool-/gemeenskapsleiers vir verbeterings op huidige praktyke/programme/inisiatiewe. (✓) • rolmodelle/fluitjieblasers wees wat persoonlike verantwoordelikheid toon. (✓) • promosiemateriaal versprei/gebruik. (✓) • Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (4x1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 21 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne Bespreek breedvoerig hoe deelname aan gemeenskapsdiens die jeug kan help om hulle indiensnemingsvaardighede te verbeter. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte(✓✓✓✓)vir elke antwoord wat goed verduidelik is. *NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓) Deelname aan gemeenskapsdiens kan … • aan jongmense geleenthede bied om met mense van diverse agtergronde te kommunikeer, (✓) wat hulle toelaat om deel te neem aan inklusiewe gemeenskaps-/ kultuurprojekte, (✓) en hulle daardeur die belangrikheid van diversiteit/buigsaamheid leer, (✓) aangesien die vermoë om inklusief te wees 'n toenemend belangrike vaardigheid in 'n globale arbeidsmag is. (✓) • die jeug aanmoedig om die inisiatief/verantwoordelikheid van leierskaprolle te neem/aktiwiteite te beplan, (✓) deur besluite onder druk te neem/om betrokke te raak by praktiese ervaring, (✓) wat 'n gevoel van aanspreeklikheid/eienaarskap oor take kan skep, (✓) en daardeur hul leierseienskappe hoogs gesog by werkgewers maak. (✓) • openbare debatte/leiding van vergaderings/deelname aan een-tot-een gesprekke vereis (✓) en hierdie aktiwiteite kan hulle help om hul kommunikasievaardighede te oefen, (✓) om sodoende hul verbale kommunikasievaardighede verbeter, (✓) wat hulle meer welsprekend/selfversekerd in die uitdrukking van hul idees te maak. (✓) • geleenthede bied om meningsverskille/dispute te oefen/op te los, (✓) soos hulle leer om situasies te kompromitteer/bemiddel, (✓) deur wedersyds aanvaarbare oplossings te vind, (✓) wat belangrik is vir effektiewe konflikoplossing. (✓) • die bestuur van verskeie take/verbintenisse/gebeurtenisse/vergaderings/aktiwiteite vereis, (✓) en hierdie ervaring help die jeug om hul tyd effektief te prioritiseer/bestuur, (✓) wat die belangrikheid van die stel/nakom van spertye benadruk, (✓) en daardeur sterk organisatoriese/tydbestuursvaardighede ontwikkel, wat kritieke vaardighede in enige werk is. (✓) • onverwagte uitdagings bied (✓) waar die jeug leer om krities/kreatief te dink deur oplossings vir probleme te vind, (✓) wat hulle daardeur leer om buigsaam/aanpasbaar te wees by veranderende omstandighede, (✓) en hulle meer veerkragtig maak vir verandering in die werkplek. (✓) • werk met beperkte hulpbronne behels/in verskillende werksomgewings, (✓) om die jeug aan te moedig om innoverende maniere te vind om hul doelwitte te bereik, (✓) en sodoende hul probleemoplossingsvermoëns verbeter, (✓) wat die bevordering van sterk analitiese vaardighede wat in die werkplek nodig is tot gevolg het. (✓) • aan jongmense werkservaring gee, (✓) deur hierdie vrywilligersaktiwiteite, (✓) wat by hul CV's gevoeg kan word, (✓) en hul vermoë demonstreer om maklik by die werkplek te integreer. (✓) • 'n goeie/betroubare verwysing verskaf van projekkoördineerders, (✓) wat hul getuigskrifte bekragtig, (✓) en aandui dat hulle die nodige eienskappe/kwaliteite het, (✓) wat hulle van ander kandidate kan onderskei. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 22 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • aan die jeug geleenthede bied om 21ste-eeuse vaardighede aan te leer, (✓) wat die verbetering van hul vermoë om komplekse kwessies in gemeenskappe te help oplos, (✓) deur innoverende/praktiese oplossings te gebruik, (✓) en hulle meer waardevol/veelsydig binne die werkplek kan maak. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2x4) (8) Ondersoek TWEE maniere waarop bemagtigde jongmense ander jongmense kan motiveer om sosiale probleme binne die samelewing aan te pak. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte (✓✓✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is. *NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓) Moontlike antwoorde kan insluit: • Om portuuropvoeders vir ander jongmense te wees, (✓) om hulle daardeur te help om 'n beter begrip te kry van die belangrikheid daarvan om sosiale kwessies aan te spreek, (✓) en hulle inspireer om ook tot hierdie saak te verbind (✓) sodat hulle meer aktief betrokke raak om die gevolge van die sosiale euwels in die samelewing te minimaliseer. (✓) • Dien as rolmodelle/mentors (✓) deur aktief aan gemeenskapsinisiatiewe/projekte deel te neem, (✓) wat aan ander jongmense hul toewyding kan wys om sosiale kwessies aan te spreek, (✓) en sodoende hulle aanmoedig om sosiale aktiviste te word. (✓) • Ander jongmense aan te moedig om gemeenskapsprojekte te inisieer, (✓) en dit kan hulle die geleentheid gee om verantwoordelik deel te neem, (✓) om sodoende 'n gevoel van eienaarskap/toewyding tot sosiale kwessies te bevorder, (✓) wat lei tot verhoogde jeugdeelname. (✓) • Die vorming van jeuggeleide organisasies wat vaardigheidsopleiding/werkswinkels vir ander jongmense verskaf, (✓) om hulle toe te rus met praktiese vaardighede/ kennis/toegang tot hulpbronne/ondersteuning, (✓) en hulle in staat stel om volhoubare projekte te inisieer/implementeer, (✓) wat verbeterings tot gevolg het, en sodoende hulle inspireer om soortgelyke stappe te neem. (✓) • Om met ander jongmense op sosiale media platforms in gesprekke te tree, (✓) deur plasings te maak oor hul betrokkenheid binne die gemeenskap, (✓) en sodoende hul betrokkenheid bevorder/bewusmaking/begeerte om hul gemeenskappe te verbeter, (✓) wat ander kan aanmoedig om betrokke te raak/gemotiveerd te wees om positiewe verandering teweeg te bring. (✓) • Deel persoonlike ervarings (blogs/video's/sosiale mediaplasings), (✓) wat realisme verleen aan hul boodskap om uitdagings te oorkom, (✓) kan 'n impak in die samelewing maak wat diep by ander kan resoneer, (✓) deur die opregte begeerte om betrokke te raak te bevorder. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 23 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Die vestiging van platforms wat vir almal toeganklik is, ongeag agtergrond/ vaardigheidsvlak, (✓) om te verseker dat meer jongmense kan deelneem/ saamkom om sosiale kwessies/idees te bespreek, en saam te werk aan projekte, (✓) wat die skep van ruimtes om kollektiewe aksie te bevorder, (✓) en almal gewaardeer/gehoor te laat voel as 'n verenigde beweging. (✓) • Organiseer aanlynpetisies/skarebefondsing/veldtogte /virtuele geleenthede, (✓) wat jongmense mobiliseer deur tegnologie te gebruik, (✓) om pogings te koördineer/ondersteuning vir maatskaplike sake te kry, (✓) en dit makliker maak vir meer mense om betrokke te raak. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2x4) (8) [20] VRAAG 6 *NOTA AAN ONDERWYSER: In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde sover moontlik in volsinne geskryf word. Gevolglik, binne die 4-punt-vraag, kan en moet kandidate 4, 3, 2 en 1 of 'n 0 (nul) toegeken word, afhangende van die vlak van antwoorde wat gegee word. Noem kortliks VIER leefstylfaktore wat die risiko dat 'n persoon tuberkulose opdoen, kan vergroot. *NOTA AAN ONDERWYSER: Onderskei tussen toestande buite iemand se beheer en die keuse van 'n leefstyl of bydrae tot sekere toestande wat die risiko om TB op te doen kan verhoog. Punte moet slegs toegeken word vir persoonlike leefstylkeuses. Punte moet soos volg toegeken word: EEN punt (✓) vir elke antwoord. Moontlike antwoorde kan insluit: • Rook/”vape”, maak dit makliker vir TB-bakterieë om die liggaam binne te dring. (✓) • Oormatige alkoholinname, wat die liggaam se vermoë om TB-bakterieë te beveg, verminder. (✓) • Substansgebruik kan die immuunstelsel verswak. (✓) • Volg van 'n swak dieet/voeding kan dit vir die liggaam moeiliker maak om homself teen TB te verdedig. (✓) • Swak persoonlike higiëne/om onhigiënies leef. (✓) • Gebrek aan fisieke aktiwiteit/'n sittende leefstyl. (✓) • Geen mediese hulp te verkry vir aanhoudende hoes/koors/nagsweet/gewigsverlies nie. (✓) • Reis na/woon/werk in gebiede met hoë vlakke van TB/nie kontak met iemand wat aktiewe TB het sonder om toepaslike voorsorgmaatreëls te tref. (✓) • Gebrek aan slaap/chroniese stres. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 24 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Versuim om gereeld chroniese toestande te monitor/bestuur, wat 'n mens se immuunfunksie benadeel. (✓) • Spandeer gereeld tyd in oorvol sosiale omgewings. (✓) • Om nie maskers te dra/ander beskermende maatreëls in hoërisikogebiede/situasies te gebruik nie. (✓) • Nie die Bacillus Calmette-Guérin (BCG)-entstof ontvang/ignoreer nie. (✓) • Stel jouself voortdurend bloot aan binnenshuise besoedelingstowwe. (✓) • Gebrek daaraan om jouself op te voed oor TB-oordrag/simptome/voorkoming. (✓) • Neem nie aan gereelde gesondheidsondersoeke deel nie. (✓) • Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (4x1) (4) Bespreek breedvoerig hoe vroeë behandeling van TB geïnfekteerde individue kan help om die siekte meer doeltreffend te bestuur. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte(✓✓✓✓)vir elke antwoord wat goed verduidelik is. *NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓) Vroeë behandeling van TB kan ... • lei tot korter/minder intensiewe behandelingsprosedures, wat makliker is om te voltooi, (✓) en ‘n verbetering van die nakoming van behandelingsprotokolle, (✓) hierdie vroeë behandeling kan hulle minder geneig maak om ernstige komplikasies te ontwikkel, (✓) wat hospitalisasie/die behoefte aan intensiewe sorg kan voorkom. (✓) • voorkom dat TB na 'n meer ernstige toestand vorder, (✓) wat lei tot minder simptome/ minder fisiese skade, (✓) om te verseker dat die individu 'n ligter siekte ervaar met minder ongemak/pyn, (✓) en die individu minder geneig maak om lewensgevaarlike komplikasies in die gesig te staar. (✓) • die verspreiding van TB na ander verminder, (✓) om die individu te help om hul gesin/gemeenskap teen infeksie te beskerm, (✓) en dit kan gemoedsrus bring/kan die skuldgevoelens wat die persoon mag voel oor die oordrag van 'n aansteeklike siekte verminder, (✓) wat hulle kan aanmoedig om proaktief te bly in die bestuur van hul gesondheid. (✓) • beter gesondheidsuitkomste hê, (✓) aangesien die individu 'n groter waarskynlikheid kan hê vir 'n volkome herstel/terugkeer na 'n normale lewenswyse, (✓) en dit kan die sielkundige las van die vrees vir langtermyn gesondheidskwessies verminder, (✓) om te verseker dat die individu hul daaglikse aktiwiteite/werk/sosiale lewe gouer kan hervat. (✓) • ‘n vinniger hersteltyd verseker/kan simptome soos hoes/moegheid/gewigsverlies vinnig verminder, (✓) sodat die individu vinniger na hul roetine/verantwoordelikhede kan terugkeer, (✓) wat die tyd verminder wat spandeer word in ongemak/ afhanklikheid van ander vir sorg, (✓) en hul gevoel van onafhanklikheid/produktiwiteit verbeter. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 25 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • die finansiële las op die individu verminder, (✓) deur mediese uitgawes te verminder wat verband hou met langdurige/gevorderde behandeling, (✓) wat die indirekte koste verminder, soos verlies aan lone as gevolg van langdurige siekte, (✓) om sodoende finansiële stres te verminder. (✓) • verseker dat die individu omvattende sorg ontvang deur gereelde monitering/ ondersteuning, (✓) wat kan help om newe-effekte te bestuur, (✓) en hierdie deurlopende ondersteuning kan die individu se vertroue in hul herstelproses 'n hupstoot gee, (✓) en kan verseker dat hul algemene gesondheid altyd meer suksesvol bestuur word. (✓) • die risiko verminder om middelweerstandige TB te ontwikkel, (✓) wat baie moeiliker is om te behandel/moontlik duurder medikasie benodig, (✓) en dit kan verseker dat die individu se behandeling normaal/doeltreffend bly, (✓) wat minder newe-effekte tot gevolg het/'n groter kans om genees te word. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2x4) (8) Ondersoek die moontlike impak van stigmatisering op die doeltreffendheid van behandeling vir TB-geïnfekteerde individue. Punte moet soos volg toegeken word: VIER punte(✓✓✓✓)vir elke antwoord wat goed verduidelik is. *NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓) Moontlike antwoorde kan insluit: • Individue wat gestigmatiseer voel, kan minder geneig wees om by hul behandeling te hou, (✓) aangesien hulle dalk wil vermy om by gesondheidsfasiliteite gesien te word, (✓) en medisyne voor ander te neem, (✓) wat daartoe lei dat hulle dosisse oorslaan/heeltemal ophou om medisyne te neem, (✓) en dit kan lei tot langdurige aansteeklikheid/die ontwikkeling van middelweerstandige TB. (✓) • Die stres/angs wat deur stigma veroorsaak word, kan lei tot geestesgesondheid- probleme soos depressie/angs, (✓) en hierdie kwessies kan inmeng met 'n individu se vermoë om behandelingsplanne te volg, (✓) wat hul motivering beïnvloed om voort te gaan om hulp te kry, (✓) en daardeur betrokke raak by ongesonde gedrag wat die bestuur van die siekte kan bemoeilik. (✓) • Gestigmatiseerde individue kan sosiale isolasie ervaar, (✓) wanneer hulle onttrek van sosiale interaksies om diskriminasie te vermy, (✓) en dit kan die sosiale ondersteuning wat noodsaaklik is om die siekte te hanteer, verminder, (✓) wat lei tot hoër koerse van onsuksesvolle behandelings/moontlike sterftes. (✓) • Stigma kan verhoudings met familie/vriende belemmer, (✓) wat lei tot 'n gebrek aan ondersteuning by die huis, (✓) aangesien familielede hulself ook kan distansieer, weens vrees vir infeksie/sosiale gevolge, (✓) en dit kan die individu se vermoë om die siekte effektief te bestuur, negatief beïnvloed. (✓) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 26 DBE/September 2024 NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne • Stigmatisering kan lei tot diskriminasie in die werkplek, (✓) wat tot werkverlies/verminderde werksgeleenthede/ekonomiese swaarkry lei, (✓) wat dit vir individue moeilik kan maak om vervoer na gesondheidsfasiliteite/voedsame kos/ander benodigdhede te bekostig, (✓) en sodoende verhoed dat hulle die regte sorg/behandeling kry. (✓) • Individue wat stigma van gesondheidsorgverskaffers ervaar, kan wantroue teenoor die gesondheidsorgverskaffers ontwikkel, (✓) wat hulle afskrik om gereelde mediese raad te verkry/voorgeskrewe behandelings te volg/belangrike inligting oor hul toestand bekend te maak/hulle verhinder om in oop gesprekke betrokke te raak, (✓) aangesien hulle bevooroordeeld/onregverdig behandel voel, (✓) en sodoende hul gesondheid in gevaar stel. (✓) • Individue kan sosiale stigma internaliseer wat tot selfstigma/skaamte lei, (✓) en hierdie geïnternaliseerde stigma kan hul selfbeeld/motivering om behandeling te soek/aan te hou daarmee, verminder, (✓) wat lei tot 'n gevoel van hopeloosheid, (✓) wat hulle minder geneig maak om proaktiewe stappe te neem om hul gesondheid te bestuur. (✓) • Stigmatisering van individue gebaseer op kulturele praktyke soos heksery/vloek in die familie/geloofstelsel/mites/verkeerde inligting, (✓) kan daartoe lei dat 'n individu nie intervensie/mediese hulp soek nie, (✓) en dit kan soms nadelig wees in die effektiewe/ vinnige behandeling van TB, (✓) wat lei tot 'n meer ernstige/middelweerstandige stam van TB/sterfte. (✓) • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk. (2x4) (8) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Life Orientation

View all