Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSORIËNTERING
ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK
SEPTEMBER 2024
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all/Gr%2012%20Teacher_s%20Guide%20(moderated)--edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861/v1-fce5bfae6ca1b85fe904/card.webp)

/Life%20Orientation%20Survival%20Kit--d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70/v1-9d4138c4a1086bc15399/card.webp)



Life Orientation Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Life Orientation question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Life Orientation · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Orientation
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 284.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
November NSC 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Lewensoriëntering 2 DBE/September 2024
NSS – Algemene Assesseringstaak Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings, naamlik AFDELING A,
AFDELING B en AFDELING C.
2. Die vrae in AFDELING A en AFDELING B is VERPLIGTEND.
3. Beantwoord enige TWEE vrae in AFDELING C.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 3 DBE/September 2024
NSS – Algemene Assesseringstaak Vertroulik
AFDELING A (VERPLIGTEND)
Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. Nov
1.1.1 In 'n werkskontrak kan 'n proeftydperk verwys na 'n siklus waar …
A nuwe werkers die reg voorbehou om salarisverhogings te
ontvang.
B werkgewers die reg voorbehou om die rol van werkers aan te
pas.
C nuwe werkers toegelaat word om volle werksvoordele te
ontvang.
D werkgewers die vaardigheidsopleiding van nuwe werkers
finaliseer.
1.1.2 'n Gesondheidsverwante ingrypingsprogram verwys na 'n …
A stel riglyne wat 'n gesonde leefwyse assesseer.
B navorsingsproses om gesondheidsrisikofaktore te bestudeer.
C strategie om mense se gesondheidsrisiko's te monitor.
D stel aktiwiteite wat gesondheidsrisikofaktore teiken.
1.1.3 Openbare deelname in 'n demokrasie is die proses waar …
A besluite geneem word op grond van die standpunte van
plaaslike raadslede om regeringsoptrede te beïnvloed.
B landsburgers terugvoering gee oor besluitneming om
regeringsbeleid te beïnvloed.
C landsburgers standpunte oor regeringsbeleide met ander
mense op sosialemedia-platforms deel.
D invloedryke individue vergaderings hou om persoonlike opinies
oor regeringskwessies te bespreek.
1.1.4 Die skryf van 'n besinning/refleksie oor 'n projek moet hoofsaaklik
fokus op:
A 'n Gedetailleerde beskrywing van die doelwitte van die
onderwerp
B Die voordele van die verskillende portuurresensies van die taak
C Hoe die taak jou kennis oor die onderwerp vermeerder het
D 'n Deeglike beskrywing van jou begrip van die taak
1.1.5 Wanneer 'n vraag jou opdrag gee om 'jou antwoord met 'n
gevallestudie te illustreer', word daar van jou verwag om …
A na spesifieke voorbeelde te verwys om jou punt te ondersteun.
B 'n gedetailleerde analise van teoretiese konsepte te voorsien.
C 'n oordeel te fel op grond van jou persoonlike opinie.
D jou bevindinge op te som, op grond van jou antwoorde. (5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 4 DBE/September 2024
NSS – Algemene Assesseringstaak Vertroulik
1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die doelbewuste verspreiding van misleidende inligting om 'n sekere
politieke saak of filosofie te bevorder (1)
1.2.2 'n Formele organisasie van werkers wat namens hulle lede aan
kollektiewe bedinging in die werksplek deelneem (1)
1.2.3 'n Vorm van voortrekkery waar magsposisies aan nabye vriende of
medewerkers gegee word, ten spyte van hulle kwalifikasies (1)
1.3 Beantwoord die volgende vrae deur die antwoord langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer te skryf. Skryf jou antwoorde
in volsinne.
1.3.1 Noem TWEE moontlike finansiële uitdagings vir 'n opkomende
sosiale entrepreneur. (2 x 1) (2)
1.3.2 Verduidelik die term regstelling in die werksplek. (1 x 2) (2)
1.3.3 Bespreek die voordeel daarvan om 'n oorbruggingsjaar te neem
wanneer daar op 'n finale loopbaankeuse besluit word. (1 x 2) (2)
1.4 Lees die bron hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Skryf jou
antwoorde in volsinne.
PERSOONLIKE FIKSHEID- EN GESONDHEIDSDOELWITTE
Om jouself tot 'n volgehoue oefenroetine,
leefstyl- en dieetplan te verbind,
sal nie net jou liggaam opbou nie,
maar dit sal ook jou geestestoestand opbou.
[Aangepas uit www.istockphoto.com. Toegang op 18 Julie 2024 verkry.]
1.4.1 Beskryf EEN sosiale voordeel om ontspanningsaktiwiteite by 'n
persoonlike leefstylplan in te sluit. (1 x 2) (2)
1.4.2 Verduidelik hoe die volg van 'n volgehoue oefenroetine tot jou
geesteswelstand kan bydra. (1 x 2) (2)
1.4.3 Bespreek EEN moontlike voordeel op 'n mens se langtermyn fisiese
gesondheid as 'n gebalanseerde dieetplan gevolg word. (1 x 2) (2)
TOTAAL AFDELING A: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 5 DBE/September 2024
NSS – Algemene Assesseringstaak Vertroulik
AFDELING B (VERPLIGTEND)
Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Skryf jou antwoorde in volsinne.
VRAAG 2
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE WAARDE VAN WERK
GENERASIE Z (GEN Z) EN DIE VERANDERENDE WÊRELD VAN WERK
Gen Z is individue wat tussen 1997 en 2012 gebore is. Die meeste van hulle word aan
'n wêreld van wydverspreide tegnologie, sosiale media en internettoegang blootgestel.
Hulle streef voortdurend na 'n beter werk-lewe-balans en gesonde verhoudings. Hulle
plaas waarde op die menslike ervaring en erken dat daar meer in die lewe is as werk.
Hierdie unieke perspektief vorm hul gedrag en die manier waarop hulle werk waardeer,
hetsy by die skool of in die werkplek.
Gen Z beskou deursigtigheid en openheid as belangriker as ervaring; hulle wil altyd
terugvoering hê, soveel so dat 73% bereid is om gesag te bevraagteken/te bedank
indien hulle nie gereelde terugvoering kry nie.
[Aangepas uit www.merchantcapital.co.za. Toegang op 17 Julie 2024 verkry.]
2.1 Definieer die term waarde van werk. (1 x 2) (2)
2.2 Beskryf hoe Gen Z se ervaring van tegnologie hul probleemoplossings-
vaardighede in die werkplek kan bevorder. (1 x 2) (2)
2.3 Verduidelik hoe toegang tot die internet 'n mens se strategie om take/projekte
meer effektief te voltooi, kan verbeter. (1 x 2) (2)
2.4 Bespreek TWEE voordele vir jong werkers wat 'n gesonde werk-lewe-balans
handhaaf. (2 x 2) (4)
2.5 Assesseer die waarde van gereelde terugvoering vir werknemers binne die
werksomgewing. (2 x 2) (4)
2.6 Beveel TWEE maniere aan waarop jy doeltreffende verhoudings in die
werksplek kan onderhou. Dui ook in ELKE antwoord aan hoe dit jou in staat
kan stel om meer produktief by die werk te wees. (2 x 3) (6)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 6 DBE/September 2024
NSS – Algemene Assesseringstaak Vertroulik
VRAAG 3
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
STUDIEVAARDIGHEDE
ONEERLIKHEID TYDENS EKSAMENS AAN DIE TOENEEM
Die straf vir oneerlikheid tydens matriekeksamens kan ongeldige uitslae en die uitstel
van die opvolgende eksamens insluit. Indien daar vasgestel word dat leerders toegang
tot uitgelekte vraestelle gehad het, of hierdie vraestelle gesirkuleer het, kan hulle ook
kriminele aanklagte in die gesig staar.
Dit is daarom baie belangrik dat leerders verstaan dat eksamen-etiek, net soos
werksetiek, beteken om die reëls, riglyne en morele beginsels te volg. Dit lei jou oor
hoe assesserings uitgevoer word of die manier waarop dit jou professionele lewe in die
toekoms kan beïnvloed. As 'n leerder nie daarin slaag om aan hierdie morele beginsels
te voldoen nie, kan dit 'n invloed op toelating tot hoëronderwys-instansies hê.
Meer as 'n duisend graad 12-leerders is verbied om eksamens af te lê nadat hulle
tydens die 2022 Nasionale Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen aan kullery skuldig bevind
is. Hierdie leerders sal slegs toegelaat word om die NSS-eksamen ná die dissiplinêre
verhore af te lê.
Graad 12-leerders word verplig om voor die aanvang van die finale eksamen 'n
NSS-eksamenbelofte te onderteken as 'n formele verbintenis tot die handhawing van
die waardes en reëls van hierdie belofte, wat leerders kan motiveer om hulle tot
akademiese integriteit te verbind.
[Aangepas uit www.iol.co.za. Toegang op 16 Julie 2024 verkry.]
3.1 Noem TWEE aksies wat jy onopsetlik in die eksamenlokaal kan pleeg, wat as
oneerlik beskou kan word. (2 x 1) (2)
3.2 Waarom, dink jy, kan sommige leerders onder druk voel om in die NSS-
eksamen goed te presteer? (1 x 2) (2)
3.3 Verduidelik hoe oneerlikheid tydens die NSS-eksamen 'n invloed kan hê op 'n
leerder se toelating tot hoëronderwys-instansies. (1 x 2) (2)
3.4 Bespreek TWEE maniere waarop jy jou eie studiestrategieë kan hersien om
te verseker dat jy goed voorbereid vir die eksamen is. (2 x 2) (4)
3.5 Assesseer TWEE maniere waarop die nakoming van die NSS-
eksamenbelofte jou kan help om akademiese integriteit te handhaaf. (2 x 2) (4)
3.6 Analiseer hoe sterk werksetiek jou professionele vaardighede in die toekoms
kan bevorder. Dui ook in elke antwoord aan hoe dit tot langtermyn-
loopbaansukses kan bydra. (2 x 3) (6)
[20]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 7 DBE/September 2024
NSS – Algemene Assesseringstaak Vertroulik
AFDELING C
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
Jou antwoorde moet uit paragrawe bestaan. Punte sal SLEGS toegeken word vir
antwoorde wat in volsinne geskryf is.
VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE ROL VAN DIE MEDIA
MEDIADEKKING VAN SPORT EN SPORTPERSOONLIKHEDE
Die dekking van sport en sportpersoonlikhede in die media verskil. Mediadekking van
sportpersoonlikhede kan tot hulle roem en sukses lei. Dit kan ook aandag vestig op
skandale, wat slegte publisiteit tot gevolg kan hê en oormatige druk op hierdie individue
kan plaas; tog kan hierdie individue jongmense inspireer om loopbane in sport te volg.
[Aangepas uit www.classace.io. Toegang op 17 Julie 2024 verkry.]
Skryf paragrawe oor mediadekking van sport.
Gebruik die volgende as 'n riglyn:
Noem kortliks VIER rolle van die media in die bevordering van sport in Suid-Afrika.
(4 x 1) (4)
Bespreek breedvoerig hoe sportpersoonlikhede jongmense moontlik kan beïnvloed
om 'n loopbaan in sport te oorweeg. (2 x 4) (8)
Ondersoek TWEE maniere waarop die media meer verantwoordelike
verslaggewing kan doen oor beweerde (vermeende) skandale van
sportpersoonlikhede. (2 x 4) (8)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 8 DBE/September 2024
NSS – Algemene Assesseringstaak Vertroulik
VRAAG 5
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MAATSKAPLIKE EN OMGEWINGSVERANTWOORDELIKHEID
DEELNAME AAN GEMEENSKAPSDIENS
Maatskaplike en omgewingsverantwoordelikheid of gemeenskapsdiens is die
handeling om vir jou aksies en gedrag aanspreeklik gehou te word, op só 'n manier dat
die samelewing in die algemeen bevoordeel word. Die jeug kan ook waardevolle
indiensnemingsvaardighede bekom deur by gemeenskapsdiens betrokke te wees.
Die Suid-Afrikaanse jeug is deeglik bewus van hulle maatskaplike verantwoordelikheid
teenoor die samelewing, en deur jeugprogramme word baie jongmense nou bemagtig
om inisiatief te neem om positiewe veranderinge in hulle gemeenskappe maak.
[Aangepas uit www.hmjournals.com. Toegang op 19 Julie 2024 verkry.]
Skryf paragrawe oor maatskaplike en omgewingsverantwoordelikheid.
Gebruik die volgende as 'n riglyn:
Noem kortliks VIER maniere waarop jongmense veilige en gesonde omgewings
om in te leef, kan bevorder. (4 x 1) (4)
Bespreek breedvoerig hoe deelname aan gemeenskapsdiens die jeug kan help
om hulle indiensnemingsvaardighede te verbeter. (2 x 4) (8)
Ondersoek TWEE maniere waarop bemagtigde jongmense ander jongmense kan
motiveer om sosiale probleme binne die samelewing aan te pak. (2 x 4) (8)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Lewensoriëntering 9 DBE/September 2024
NSS – Algemene Assesseringstaak Vertroulik
VRAAG 6
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LEEFSTYLSIEKTES
TB: 'N STILLE DODER
Tuberkulose (TB) is 'n voorkombare en geneeslike siekte; tog sterf 1,5 miljoen mense
jaarliks aan TB – wat dit die wêreld se top aansteeklike doder maak. Leefstylfaktore en
stigmatisering1 speel 'n belangrike rol in die verspreiding van TB in gemeenskappe.
Ten einde hierdie siekte effektief te bestuur, is vroeë behandeling baie belangrik.
Woordelys:
1stigmatisering: wanneer individue onregverdig behandel word en daar teen hulle
gediskrimineer word as gevolg van toestande wat as ongewens in 'n samelewing
beskou word
[Aangepas uit www.who.int/health-topics/tuberculosis. Toegang op 16 Julie 2024 verkry.]
Skryf paragrawe oor die voorkoming en beheer van leefstylsiektes soos TB.
Gebruik die volgende as 'n riglyn:
Noem kortliks VIER leefstylfaktore wat die risiko dat 'n persoon tuberkulose
opdoen, kan vergroot. (4 x 1) (4)
Bespreek breedvoerig hoe vroeë behandeling van TB geïnfekteerde individue kan
help om die siekte meer doeltreffend te bestuur. (2 x 4) (8)
Ondersoek die moontlike impak van stigmatisering op die doeltreffendheid van
behandeling vir TB-geïnfekteerde individue. (2 x 4) (8)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Orientation Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Memorandum
Life Orientation Grade 12 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)

Memorandum
Life Orientation Grade 12 November 2024 NSC Memo (English)

Question paper
Life Orientation Grade 12 Eastern Cape Mock 2024 QP (Eng)

Question paper
Life Orientation Grade 12 Life Orientation 2024 QP

Question paper
Life Orientation Grade 12 Life Orientation 2024 QP
More from Grade 12 Life Orientation
/Gr%2012%20Teacher_s%20Guide%20(moderated)--edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861/v1-fce5bfae6ca1b85fe904/card.webp)
Study guide
Gr 12 Teacher s Guide (moderated)

Annual teaching plan
Gr 12 LO ATP 2023 24
/Life%20Orientation%20Survival%20Kit--d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70/v1-9d4138c4a1086bc15399/card.webp)
Study guide
Life Orientation Survival Kit

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Life Orientation Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Question paper