You're offline
Skip to content
Question paper

LIFE SKILLS QP NOV2016 AFR

Subject: Life OrientationGrade 6201610 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com INTERMEDIĚRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 LEWENSVAARDIGHEDE PUNTE: 60 TYD: 1½ uur *6LISA* Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSVAARDIGHEDE (EC/NOVEMBER 2016) INSTRUKSIES 1. Lees AL die instruksies aandagtig deur voor dat jy die vrae beantwoord. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Jou naam en van moet netjies geskryf word. 4. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: 25 punte AFDELING B: 20 punte AFDELING C: 15 punte 5. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) LEWENSVAARDIGHEDE 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is ʼn plek vir/om … A gebed te hou. B van mekaar te leer. C te sorg vir diere. D kultuurerfenis. (1) 1.1.2 ʼn Plek van aanbidding vir Christene is ʼn … A tempel. B kerk. C huis. D skool. (1) 1.1.3 Selfbestuurvaardighede … A mors tyd. B maak dat alles langer vat. C help jou om alles betyds te doen. D maak dit moeilik om te werk. (1) 1.1.4 Op die 1 Mei vier Suid-Afrikaners … A Jeugdag. B Mandela-dag. C Vryheidsdag. D Werkersdag. (1) 1.1.5 Godsdiens moedig ons aan om … A lief te wees vir andere. B vriendelik met ander mense te wees. C onsself te respekteer en ander mense ook. D Al die bogenoemde. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSVAARDIGHEDE (EC/NOVEMBER 2016) 1.1.6 Besmette voedsel kan … veroorsaak. A rumatiek B bloedvergiftiging C neusbloeding D longontsteking (1) 1.1.7 Nkosi Sikelel’iAfrika is ons ... A gesang. B volkslied. C tradisionele lied. D liefdeslied. (1) 1.1.8 Diskriminasie gebeur wanneer … A ander mense onregverdig behandel word. B mense verenig word. C grondwetlike waardes gehandhaaf word. D almal in vrede leef. (1) 1.1.9 Jy kan MIV kry as jy … A aan ʼn persoon wat MIV-positief is raak. B uit dieselfde beker as ʼn persoon wat MIV-positief is drink. C aan besmette bloed met kaal hande raak. D eetgerei deel met iemand wat MIV-positief is. (1) 1.1.10 Ons kry inligting oor siektes van … A die internet. B gesondheidsorgsentrums. C handboeke. D Al die bogenoemde. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) LEWENSVAARDIGHEDE 5 VRAAG 2 Kies die beskrywing in KOLOM B wat by die korrekte term in KOLOM A pas. Skryf SLEGS die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.1–2.5) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.6 F. KOLOM A KOLOM B 2.1 Eerstehulp A Verskil van kultuur tot kultuur 2.2 Verassing B Word beïnvloed deur jou portuurgroep om op ʼn sekere manier op te tree of te dink 2.3 Oordraagbare siekte C Hulp aan ʼn persoon voor die neem van hom/haar na ʼn dokter 2.4 Kultuur-deurgangrites D ʼn Siekte wat kan oorgedra word van ʼn besmette persoon na ʼn gesonde persoon 2.5 Groepsdruk E Om ʼn lyk te verbrand (5 x 1) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSVAARDIGHEDE (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 3 Vul in die ontbrekende woorde deur die ʼn woord van die woordelys hieronder te kies. Skryf slegs die vraagnommer (3.1–3.5) neer en langsaan die woord van jou keuse. lei; selfbeeld; liggame; karakter; selfvertroue Liggaamsbeeld is hoe ons van ons (3.1) … met ʼn positiewe liggaamsbeeld het jy (3.2) … en voel gemaklik oor jouself. Tieners oor die algemeen voel dat vorm, grootte en fisiese waarde definieer ʼn mens se (3.3) … en waarde. ʼn Swak liggaamsbeeld kan (3.4) … tot ongelukkigheid, emosionele nood en ʼn lae (3.5) … (5 x 1) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) LEWENSVAARDIGHEDE 7 VRAAG 4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Moet NIE die sin oorskryf NIE. Skryf slegs die antwoord neer, byvoorbeeld 4.6 Onwaar. 4.1 Tuberkulose kieme kan versprei word deur te spoeg en hoes in die lug. 4.2 Geslagstereotipering beteken om mense van verskillende geslagte dieselfde te behandel. 4.3 Mense moet slegs vir huisdiere omgee. 4.4 ʼn Rooster moet slegs vir hoërskool leerders opgestel en gebruik word. 4.5 Groepsdruk kan positief of negatief wees. (5 x 1) [5] TOTAAL AFDELING A: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSVAARDIGHEDE (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING B VRAAG 5 Lees die onderstande teks voor dat jy die vrae wat volg beantwoord. Die 1 Desember word gekenmerk as die dag vir die bewusmaking van MIV/Vigs, regoor die wêreld. Die eerste vyf voorvalle was deur die Sentrum vir Siektebeheer (SSB) op Junie 1981, in Los Angeles, in die VSA gerapporteer. Ongeveer 49 273 Amerikaners, was met MIV gediagnoseer, waarvan 71% (persent) MIV-verwante sterftes in Afrika voorgekom het. Suid-Afrika is een van die lande wat baie hoë MIV-infeksies toon. Die meerderheid verkragters en diegene wie kinders en vrouens seksueel molesteer is MIV-positief. Miljoene kinders is egter besmet of geaffekteer deur MIV. Sommige van hulle (kinders) word wees op ʼn vroeë ouderdom en moet egter na hul jonger broers en susters omsien, wat daartoe lei tot wat ons kinder-besturende huishoudings noem. Die land sukkel nog steeds met die struikelblok waar MIV-positiewe mans maagde (jong meisies wie nog nie seksuele omgang gehad het) verkrag met die gedagtegang dat hulle genees sal word. Die staat maak voorsiening vir berading, medikasie, kospakkies en skuiling vir behoeftiges. Daar is selfs maatskaplike werkers en versorgers wat hulle besoek en ondersteun. 5.1 Waarvoor word die 1 Desember gekenmerk? (1) 5.2 Gee ʼn voorbeeld van hoe hierdie dag in jou gemeenskap of skool herdenk word. (2) 5.3 Haal ʼn sin aan wat daarop dui dat Amerikaners ook met MIV besmet word. (2) 5.4 Hoekom loop seksueel mishandeling en verkragte vrouens en kinders die gevaar om met MIV besmet te word? (2) 5.5 Verduidelik die verskil tussen besmet en affekteer. (2) 5.6 Wat verstaan jy onder kinder-besturende huishoudings? (2) 5.7 Verduidelik wat diskriminasie beteken en gee ʼn voorbeeld hoe dit met MIV-positiewe mense gebeur. (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) LEWENSVAARDIGHEDE 9 VRAAG 6 Lees die onderstande teks en beantwoord die vraag wat volg. Afknouery is ʼn uitdaging in baie skole, vanaf Graad R tot op hoërskool. Slegs sielkundiges kan die oorsake en simptome van ʼn kind wat afknouery ondervind, identifiseer en verduidelik, as dit op ʼn vroeë stadium is. Daar is baie voorvalle wat afknouery wat meestal in skole plaasvind, regdeur die land. Leerlinge rand mekaar aan, steel en skiet mekaar selfs dood. In baie gevalle tree die slagoffer om self- verdediging of in wraak op. Sommige leerlinge pleeg selfmoord wanneer daar geen ingryping is van volwassenes nie. Bespreek afknouery of boelie in ʼn paragraaf van sowat 8–10 reëls. Sluit die volgende by jou paragraaf in.  Verduidelik afknouery deur ʼn relevante voorbeeld of gebeurtenis te verskaf  Verskaf redes waarom mense ander afknou of boelie  Stel oplossings voor hoe dit vermy of hanteer kan word [5] TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSVAARDIGHEDE (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING C VRAAG 7 Lees die onderstande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRICA VERENIG TEEN DISKRIMINASIE, RASSISME EN XENOFOBIE Xenofobie word beskryf as die uiterste vrees of haat vir buitelanders (mense van ander lande). Sommige van hierdie mense is vlugtelinge – mense wat vlug van hul geboorteland omdat hulle daar gedreig of vervolg word as gevolg van hul godsdiens, stam, nasionaliteit, hul politieke mening of omdat hulle tot ʼn spesifieke groep behoort. Vlugtelinge soek skuiling in Suid-Afrika vir beskerming teen vervolging in hul land van herkoms, dieselfde manier waarop Suid-Afrikaners tydens die apartheidjare in hulle lande skuiling gesoek het. Mense immigreer na Suid-Afrika op soek na ʼn beter lewe deur na beter geleenthede uit te reik. Xenofobie kom algemeen in Suid-Afrika voor. Dit het baie buitelanders haweloos gelaat en het baie lewensverlies veroorsaak. Daar word baie redes gegee deur diegene wat hierdie xenofobiese aanvalle uitvoer. Skryf ʼn opstel van drie paragrawe waaronder xenofobie bespreek word onder die volgende punte:  Wat xenofobie is, die rede hoekom Suid-Afrikaners xenofobiese geweld en aanvalle begin en watter redes hulle vir dit gee. Verskaf ten minste EEN voorbeeld.  Hoe affekteer xenofobiese geweld mense (die slagoffers, gemeenskapslede en ander Suid-Afrikaners)? Hoe affekteer dit die land se ekonomie?  Bespreek hoe xenofobie voorkom en aangespreek word deur na die land se Grondwet oor menseregte te verwys. [15] TOTAL AFDELING C: 15 GROOTTOTAAL: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

LIFE SKILLS QP NOV2016 AFR | Hlayiso