Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2
NOVEMBER 2020
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye,
1 antwoordblad en 'n addendum met 4 bylaes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers 





View all


%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)


Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)
Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 253.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. 2.1 Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te
beantwoord:
• BYLAE A vir VRAAG 2.1
• BYLAE B vir VRAAG 2.2
• BYLAE C vir VRAAG 3.2
• BYLAE D vir VRAAG 4.1
2.2 Beantwoord VRAAG 4.2 op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
2.3 Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
ANTWOORDBLAD voorsien is. Lewer die ANTWOORDBLAD saam met
jou ANTWOORDEBOEK in.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik,
tensy anders aangedui.
6. Toon ALLE bewerkings duidelik.
7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
vermeld.
8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.
9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders
vermeld.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 3 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 1
1.1 Lindiwe stel belang in vroeëkinderonderwys. Sy het navorsing gedoen oor die getal
leerders wat vir vroeëkinderonderwys in geselekteerde lande ingeskryf is.
TABEL 1 toon die getal leerders wat vir vroeëkinderonderwys in geselekteerde lande
ingeskryf is.
TABEL 1: GETAL LEERDERS WAT VANAF 2014 TOT 2016 PER LAND
VIR VROEËKINDERONDERWYS INGESKRYF IS
LAND 2014 2015 2016
Bulgarye 240 622 241 123 232 025
Denemarke 300 278 291 683 284 655
Duitsland 2 970 436 3 014 046 3 090 459
Ierland 78 056 71 096 82 245
Griekeland 231 155 225 596 214 109
Ciprus N 29 669 30 505
Slowenië 83 700 84 750 85 407
Serwië 189 304 192 005 199 790
Turkye 1 064 190 1 158 826 1 221 165
Slowakye 158 195 161 906 163 740
Verenigde Koninkryk 1 596 803 2 035 420 2 248 162
- - -
[Aangepas uit appso.eurostat.ec/Europa.eu]
Gebruik TABEL 1 om die vrae wat volg, te beantwoord.
1.1.1 Bepaal die verskil in die getal leerders wat in 2015 en 2016 in Slowakye
ingeskryf het. (3)
1.1.2 Die omvang van die getal leerders wat vir 2014 ingeskryf het, was
2 947 664.
Bereken die waarde van N wat die laagste getal leerders verteenwoordig
wat vir 2014 ingeskryf het. (3)
1.1.3 Beskryf die tendens wat getoon word deur die getal leerders wat in
Griekeland ingeskryf het. (2)
1.1.4 Bepaal of Turkye of die Verenigde Koninkryk van 2014 tot 2016 die
grootste persentasie toename gehad het in die getal leerders wat vir
vroeëkinderonderwys ingeskryf het. Toon AL jou berekeninge. (6)
1.1.5 Bepaal (as 'n desimale breuk) die waarskynlikheid om ewekansig 'n land in
hierdie tabel te kies wat vanaf 2015 tot 2016 'n afname in inskrywings toon. (3)
1.1.6 Die koste per kind vir vroeëkinderonderwys in 2016 in Denemarke was
€520,83 per maand, terwyl die vergelykbare koste in Slowenië €350 per
maand was.
Lindiwe het beweer dat die verhouding van die totale bedrag gespandeer
vir al die leerders wat in 2016 in Denemarke in vergelyking met Slowenië
ingeskryf het, meer as 5 : 1 is.
Verifieer haar bewering. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 4 DBE/November 2020
SS/NSS
1.2 Lindiwe het twee sakke vuil albasters by haar bure teen R30,00 per sak gekoop. Elke
sak het 100 albasters bevat. Sy beplan om die albasters te was voordat sy dit aan haar
vriende by die skool verkoop. Sy gebruik 'n silindriese houer waarin sy die albasters
gaan was, soos in die diagram hieronder getoon.
DIAGRAM VAN 'N SILINDRIESE
SAK MET ALBASTERS
HOUER
64 mm
30 cm
(Nie volgens skaal geteken nie)
Binnemiddellyn = 64 mm Volume van 'n enkele albaster = 2 cm3
Binnehoogte = 30 cm
Jy kan die volgende formules gebruik:
Volume van 'n silinder = 3,142 × radius2 × hoogte
Omtrek van 'n sirkel = 3,142 × middellyn
LET WEL: 1 000 cm3 = 1 liter
Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
1.2.1 Lindiwe het 'n wins van 120% uit die verkoop van een sak albasters
gemaak.
Bereken, in rand, die verkoopprys van ELKE albaster. (4)
1.2.2 Lindiwe het al die albasters uit beide sakke in die silindriese houer
geplaas om die albasters te was. Sy het daarna die houer met water gevul.
Lindiwe het beweer dat meer as 'n halwe liter water nodig was om die
silindriese houer vol te maak met die albasters reeds daarin.
Verifieer, met ALLE berekeninge getoon, of die bewering geldig is. (9)
1.2.3 Bereken, in cm, die buiteomtrek van die silindriese houer wat gebruik is
om die albasters in te was, indien die houer van metaal gemaak is wat
0,5 mm dik is. (3)
[39]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 5 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 2
2.1 'n Totaal van 2 808 Wiskundige Geletterdheid-skrifte is ná 'n eksamen by 'n sekere
nasiensentrum nagesien.
TABEL 2 in BYLAE A toon data oor die nasienspan, ure gewerk, tariewe en die bedrae
geëis vir die nasien en moderering van hierdie skrifte.
Die nasienproses is soos volg beplan:
• Die eerste nasiendag was 'n Maandag en het om 14:00 begin.
• Daarna het die nasien vir 'n volle nasiendag om 08:00 begin en teen 20:00 geëindig.
• Betaalde werksure het tee-, middagete- en aandetepouses uitgesluit.
Die nasienspan is 'n reistoelaag van R3,26 per km vir 'n totaal van 11 542 km wat gereis
is, betaal.
TABEL 3 hieronder toon die werklike nasientye en pouses vir 'n volle dag.
TABEL 3: WERKLIKE NASIENTYE EN POUSES
BEGIN TEE 1 MIDDAGETE TEE 2 AANDETE EINDIG
8:00 10:00–10:15 13:15–14:00 15:15–15:30 17:45–18:30 20:00
Gebruik die inligting hierbo en BYLAE A om die vrae wat volg, te beantwoord.
2.1.1 Bepaal die totale bedrag wat deur die hoofmoderator (HM) en die interne
moderator (IM) geëis is. (3)
2.1.2 Bereken die waarde van A in TABEL 2. (2)
2.1.3 Nasieners word 'n maksimum aantal ure vir nasien toegelaat, op die
volgende formule gebaseer:
Totale getal skrifte 28
Aantal ure vir nasien =
Getal nasieners 60
(a) Gebruik die formule hierbo en bepaal die verwagte tyd en die dag
waarop die nasieners waarskynlik klaar sal nasien. (6)
(b) Bepaal die werklike dag en tyd waarop die nasieners klaargemaak
het volgens die ure geëis, indien die nasienwerk Maandag om 14:00
begin het. (4)
(c) Gee EEN moontlike rede waarom die nasieners voor die verwagte
tyd klaargemaak het. (2)
2.1.4 'n Totale bedrag van R400 000 is vir die nasienspan by hierdie
nasiensentrum begroot.
Verifieer of hierdie bedrag voldoende sal wees om die span vir vervoer en
die nasien en modereer van die skrifte te betaal. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 6 DBE/November 2020
SS/NSS
2.2 Tafels met halfsirkelvormige tafelblaaie is aan die IM en HM toegeken, soos in die
prentjie hieronder getoon. Lumka, die sentrumbestuurder, het verduidelik dat twee
halfsirkelvormige tafelblaaie uit een vierkantige stuk hout gemaak word.
TAFEL MET 'N HALFSIRKELVORMIGE BLAD
Die inligting oor hoe die halfsirkelvormige blaaie uit die vierkantige stuk hout gesny
word, is in BYLAE B. Die afmetings van die hout is 2,7 m × 2,7 m en dit is 38 mm
dik.
Jy kan die volgende formules gebruik:
Oppervlakte van 'n vierkant = sy × sy
3,142 radius2
Oppervlakte van 'n halfsirkel =
2
Volume van 'n reghoekige prisma = lengte × breedte × hoogte
Gebruik die inligting hierbo en BYLAE B om die vrae wat volg, te beantwoord.
2.2.1 Lumka beweer dat 2,01 m2 van die hout afgesny word wanneer twee
halfsirkelvormige tafelblaaie uit een stuk hout gemaak word.
Verifieer, deur berekeninge te toon, of Lumka se bewering geldig is. (8)
2.2.2 Die hout wat gebruik word, word teen R1 215 per kubieke meter verkoop,
BTW teen 15% uitgesluit.
Bereken die totale koste, BTW ingesluit, van die hout om 12 halfsirkel-
vormige tafelblaaie te maak. (7)
[38]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 7 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 3
3.1 'n Groep studente by 'n verpleegkollege het twee toetse vir dieselfde kursus geskryf.
TABEL 4 toon die toetspunte, as persentasies, van die studente.
TABEL 4: TOETSPUNTE, AS PERSENTASIES, VAN DIE STUDENTE
STUDENTE
TOETS
Beauty
Mangi
Paul Oscar Helen Elsie Fiona Ian Linda Charl Rose Kevin Danie Neo Joan Goitse we
Zena Anita
1 89 90 87 90 83 83 94 73 88 Y 97 95 95 86 73 73 84 63
2 50 52 57 61 61 63 65 65 66 67 67 68 70 71 75 78 79 79
[Aangepas uit www.sanc.gov.za]
'n Student wat 85% of meer vir 'n toets behaal, kry 'n onderskeiding.
Gebruik die inligting in TABEL 4 om die vrae wat volg, te beantwoord.
3.1.1 Verduidelik, met 'n rede, of die data hierbo diskreet of kontinue is. (3)
3.1.2 Bepaal die mediaanpunt vir Toets 2. (3)
3.1.3 Die gemiddelde punt vir Toets 1 was 84%. Bereken die waarde
van Y. (4)
3.1.4 Identifiseer die kandidate wie se toetspunte in beide toetse met meer as
30% verskil het. (3)
3.1.5 Bereken die waarde van die interkwartielomvang vir Toets 2. (4)
3.1.6 Druk, in vereenvoudigde breukvorm, die waarskynlikheid uit dat 'n
kandidaat wat nie 'n onderskeiding vir Toets 1 gekry het nie, willekeurig
gekies word. (3)
3.1.7 Bepaal die modale toetspunt vir Toets 1. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 8 DBE/November 2020
SS/NSS
3.2 Mangiwe, een van die studente by die verpleegkollege, het die middestad van
Ambleside besoek en vir een week in die Queens Hotel gebly.
Die kaart van Ambleside se middestad word in BYLAE C gegee.
Gebruik BYLAE C om die vrae wat volg, te beantwoord.
3.2.1 Identifiseer die straat waar parkering nie toegelaat word nie. (2)
3.2.2 Mangiwe ry vanaf Keswick na Rydalweg.
Gee EEN rede waarom sy nie regs in Compstonweg kan draai nie. (2)
3.2.3 Gee die algemene rigting van die Queens Hotel vanaf die tennisbane. (2)
3.2.4 X op die kaart is 'n punt by die inligtingsentrum en Y is 'n punt by die
Universiteit van Cumbria.
Gebruik die skaal op die kaart en bereken die reguitlynafstand van X tot Y,
in jaart. (4)
3.2.5 Mangiwe het vanaf 12:00 tot 15:25 in Kerkstraat geparkeer.
'n Verkeerskonstabel wat die gebied monitor, het haar beboet.
LET WEL: 'n Boete is die bedrag geld wat iemand moet betaal as daar 'n
oortreding is.
(a) Skryf neer vir watter oortreding die verkeerskonstabel haar beboet
het. (2)
(b) Die verkeerskonstabel het Mangiwe met £79,75 beboet.
Bereken, tot die naaste £, die koers per uur vir hierdie boete. (5)
[39]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 9 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 4
4.1 Keitumetse is 'n Suid-Afrikaanse student wat in Australië met vakansie is. Hy het na
die Lawrence Teater toe gegaan om 'n musiekkonsert by te woon.
BYLAE D toon die sitplekplan van die Lawrence Teater.
TABEL 5 toon die enkelkaartjiepryse vir 'n besoek aan die teater, in Australiese
dollar (Australiese BTW van 10% ingesluit).
TABEL 5: KOSTE VAN 'N ENKELKAARTJIE IN AUSTRALIESE DOLLAR
VRYDAG EN SATERDAG DONDERDAG EN SONDAG
Volwassene $34,70 Volwassene $28,60
Student $30,50 Student $26,40
Kinders (14 en jonger) $17,60 Kinders (14 en jonger) $17,60
[Aangepas uit: https://www.theatrelawrence.com]
Gebruik BYLAE D en die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.
4.1.1 Bepaal, as 'n persentasie, die waarskynlikheid om willekeurig 'n sitplek met
'n onewe nommer vir 'n gestremde persoon uit al die sitplekke in die teater
te kies. (3)
4.1.2 Identifiseer die ry en sitpleknommer vir 'n persoon wat soos volg sit:
• In Afdeling B
• Vierde ry vanaf die verhoog
• In die middelste sitplek (2)
4.1.3 Keitumetse sit in D7 van Afdeling A. Hy moet sy vriend wat in A11 sit, na
die vertoning gaan help.
Beskryf die kortste moontlike pad wat hy sal volg om by A11 uit te kom. (4)
4.1.4 Afdeling A tot C het die volgende getal persone wat op 'n Donderdag
bywoon.
VOLWASSENES STUDENT KINDERS
(14 EN JONGER)
Afdeling A 53 15 9
Afdeling B 57 32 15
Afdeling C 40 10 9
'n Bewering is gemaak dat presies $5 796, Australiese BTW uitgesluit, op
daardie dag ingesamel is.
Verifieer, met berekeninge, of hierdie bewering KORREK is. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskundige Geletterdheid/V2 10 DBE/November 2020
SS/NSS
4.1.5 Keitumetse het 'n kaartjie vir 'n Vrydagvertoning gekoop.
Bereken hoeveel die kaartjie in Suid-Afrikaanse rand kos.
Gebruik die wisselkoerse hieronder.
WISSELKOERS
1 Australiese dollar (AUD) = 0,71 Amerikaanse dollar (VSD)
1 Amerikaanse dollar (VSD) = 14,43 Suid-Afrikaanse rand (ZAR) (3)
4.2 Terwyl Keitumetse in Australië was, het hy die inflasiekoers bestudeer.
Die aangehegte ANTWOORDBLAD toon grafieke en data ten opsigte van die
maandelikse inflasiekoers vir 2017 en 2018 in Australië.
LET WEL: Die 2017-grafiek is onvolledig; die 2018-grafiek is egter volledig.
Gebruik die inligting op die ANTWOORDBLAD om die vrae wat volg, te
beantwoord.
4.2.1 Voltooi die VYF ontbrekende stawe vir 2017 op die ANTWOORDBLAD. (5)
4.2.2 Vergelyk 2017 met 2018 en noem die maand waarin die verskil in die
inflasiekoers die grootste was en bereken hierdie verskil. (3)
4.2.3 Keitumetse het die tendens in die inflasiekoers vanaf die einde van
Oktober 2018 tot die einde van Desember 2018 opgemerk.
Hy het daarna beweer dat 'n motor wat aan die einde van Oktober 2018
AUD156 831,36 gekos het, in Januarie 2019 AUD6 500 meer sou kos.
Verifieer, en toon ALLE berekeninge, of sy stelling KORREK is. (6)
[34]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Wiskundige Geletterdheid/V2
Downloaded from hlayiso.com DBE/November 2020
SS/NSS
ANTWOORDBLAD
VRAAG 4.2
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
AUSTRALIESE INFLASIEKOERS VIR 2017 EN 2018
3.50
MAANDELIKSE INFLASIEKOERS (%)
3.00
2.50
2.00
1.50
1.00
0.50
0.00
Jan Feb Mar Apr Mei Junie Julie Aug Sep Okt Nov Des
2017 2.5 2.74 2.38 2.2 1.87 1.63 1.73 1.94 2.23 2.04 2.2 2.11
2018 2.07 2.21 2.36 2.46 2.8 2.87 2.95 2.7 2.28 2.52 2.18 1.91
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 NSC November 2020 Addendum

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC November 2020 Addendum

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC November 2020 Addendum

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo
More from Grade 12 Mathematical Literacy

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 2025 Memo (Afr)

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P2 2025 Addendum (Afr)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Memo
%20June%202025%20Possible%20Answers--b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee/v1-cdd6cb1fcc7cfc379b4b/card.webp)
Memorandum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo

Addendum
Mathematical Literacy Grade 12 P1 KZN Mock 2025 Addendum

Memorandum