Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2013
WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 
_hlayiso.com_--86e1ec2f-7bc5-4808-8bef-2fda3147d10e/v1-ebe0a40330a7c6a8a6d0/card.webp)
_hlayiso.com_--bb5e9466-62ea-4b6f-bc93-50f7ebf1af29/v1-fde550365b916b67ca1f/card.webp)



View all
_watermark--e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1/v1-a2afd0515b0210a580c1/card.webp)
_watermark--6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35/v1-176dbe300bc24abbbfc8/card.webp)



Mathematical Literacy Grade 11 P1 2013 QP (Afr)
Grade 11 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematical Literacy
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 951.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape November 2013
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (NOVEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer jou antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
4. ʼn Nieprogrammeerbare en niegrafiese sakrekenaar mag gebruik word,
tensy anders aangedui.
5. ALLE berekeninge en stappe moet duidelik getoon word.
6. ALLE finale antwoorde moet tot TWEE desimale plekke afgerond word,
tensy anders aangedui.
7. Eenhede van meting moet aangedui word waar van toepassing.
8. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 3
VRAAG 1
Linda en Thabo het besluit om hul eie besigheid vanaf die huis te begin deur vars
tuisgemaakte reusagtige muffins te maak en te verkoop. Op hierdie manier
besnoei hulle kostes, omdat hulle nie huur vir hul besigheid hoef te betaal nie. Om
te verseker dat hul besigheid ʼn wins sal maak, het hulle sorgvuldig die koste van
hul uitgawes uitgewerk voordat hulle die besigheid begin het. Daarna het hulle ʼn
verkoopprys bepaal vir hul reusagtige muffins.
Tabel 1 hieronder toon hulle vaste maandelikse koste vir hul besigheid. Hierdie is
koste wat dieselfde bly, ongeag hoeveel hulle maak of verkoop.
Vaste Maandelikse Uitgawes (R)
Salarisse (vir albei) R6 000,00
Lone (1) R1 500,00
Water R465,00
Skoonmaakmateriaal R250,00
Vervoerkoste R1 750,00
Ander koste R500,00
1.1 Bereken die koste van die Vaste Maandelikse Uitgawes vir hul besigheid.
Geld moet ook op bestanddele vir die maak van die reusagtige muffins
spandeer word. (3)
Tabel 2 hieronder toon die koste van die bestanddele wat benodig word om 50
reusagtige muffins te maak.
Koste vir Bestanddele vir 50 Reusagtige Muffins (R)
Meel R15,50
Bakpoeier R0,25
Suiker R11,50
Olie R9,50
Eiers R12,75
Papierkoekvorms (Paper cups) R8,00
Kakao, Sjokoladeskyfies, Bloubessies, Neute, Geure R12,50
Die stoof wat hulle gebruik, is ʼn elektriese stoof en deur die meter dop te hou, het
hulle uitgewerk dat hulle 6 eenhede (kWh) elektrisiteit gebruik om die 50
reusagtige muffins te bak. Een eenheid (kWh) van elektrisiteit kos R1,09.
1.2 Bereken die koste van die bestanddele om die 50 reusagtige muffins te
maak. (3)
1.3 Bereken die koste van die bestanddele vir EEN reusagtige muffin. (2)
1.4 Bereken die koste van die elektrisiteit om EEN reusagtige muffin te maak.
Gee jou antwoord in Rand en rond jou antwoord af tot 2 desimale plekke. (2)
1.5 Hoeveel kos dit om EEN reusagtige muffin te maak? (2)
Downloaded from hlayiso.com
4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (NOVEMBER 2013)
1.6 Linda en Thabo het besluit om hulle reusagtige muffins teen R5,00 elk te
verkoop.
1.6.1 Hoeveel wins word met een muffin gemaak?
Gebruik die volgende metode om die wins te bereken:
Wins = Verkoopprys – Kosprys (3)
1.6.2 Bereken die persentasie-wins vir een muffin. Gebruik die volgende
formule om jou antwoord te bereken:
(3)
1.7 Hoeveel muffins moes Linda en Thabo verkoop om gelyk te breek met hul
uitgawes?
Rond jou antwoord af tot die naaste heel muffin.
Gebruik die volgende formule vir jou berekeninge:
(3)
1.8 Linda en Thabo moet hulle kombuis oordoen om hulle toe te laat om die
aantal muffins te bak vir hul besigheid, sowel as om aan die standaarde te
voldoen soos deur die Departement van Gesondheid voorgeskryf. Dit sal
die moeite werd wees om dit te doen, omdat dit die waarde van hul eiendom
sal laat styg. Die bedrag wat gekwoteer was om die veranderinge aan te
bring, is R11 505,35. Hulle het besluit om ʼn lening by die bank aan te gaan
om hierdie onkostes te dek. Hulle besluit om R12 500,00 te leen vir ingeval
daar versteekte koste is. Die bank was bereid om die geld aan hulle te leen
teen 12,5% rente per jaar oor ʼn periode van 5 jaar enkelvoudige rente.
1.8.1 Bereken hoeveel hulle aan die bank sal moet terugbetaal na 5 jaar.
Gebruik die formule:
Waar: = Finale Bedrag
= Die aanvanklike bedrag geleen
= rentekoers per jaar
= aantal jare (3)
1.8.2 Bereken die maandelikse paaiement op hierdie lening. (3)
1.8.3 Bereken hoeveel ekstra muffins moet gebak word om genoeg wins
te maak sodat die maandelikse paaiement gedek kan word.
Gee jou antwoord tot die naaste heel muffin. (3)
[30]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 5
VRAAG 2
Die Smiths het onlangs ʼn swembad in hul agterplaas gebou. Die swembad is
15 meter lank en 8 meter breed. Die diepte van die swembad is 1,5 meter. ʼn Diagram
van die swembad word hieronder getoon.
15 m
8m
1,5 m
2.1 Die mure van die swembad moet geteël word om die onderhoudskoste so laag as
moontlik te hou.
2.1.1 Bereken die buite-oppervlakte van die mure van die swembad.
Gee jou antwoord in .
Gebruik die volgende formule om jou berekeninge te doen:
Buite-oppervlakte = 2 x lengte x diepte + 2 x breedte x diepte (3)
2.1.2 Indien die teëls wat gebruik word se afmetings 20 cm x 20 cm is, bereken
hoeveel teëls nodig sal wees om die swembad se mure te teël. (4)
2.2 Bereken hoeveel water nodig sal wees om die swembad te vul. Gee jou
antwoord in kiloliter.
Gebruik die volgende formule: Volume = Lengte x Breedte x Diepte (3)
2.3 Water kos R5,55 per kiloliter. Hoeveel sal dit kos om die swembad te vul? (3)
2.4 Verlede week (op een dag) was die maksimum temperatuur 39,5 °C en
1,5% van die swembad se water het verdamp. Hoeveel water het op dié dag uit
die swembad verdamp? (3)
Downloaded from hlayiso.com
6 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (NOVEMBER 2013)
2.5 Die Smiths het besluit om plaveiselstene (paving stones) rondom die swembad
aan te lê om te verhoed dat te veel gras in die swembad beland. Die diagram
hieronder toon die finale vereiste afmetings.
17 m
15 m
10 m 8m SWEMBAD
PLAVEISEL
2.5.1 Wat is die breedte van die plaveisel wat benodig word? (2)
2.5.2 Indien die plaveiselstene se afmetings 50 cm x 50 cm is, hoeveel
plaveiselstene sal benodig word om die plaveisel te voltooi? (4)
[22]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 7
VRAAG 3
Jou jongste suster, Lisa, gaan volgende jaar na Graad 1. Lisa is bang om in haar
nuwe skool te verdwaal. Sy hou daarvan om te weet presies waarheen sy ten alle
tye moet gaan, anders raak sy paniekerig en huil. Omdat sy na jou ou primêre
skool gaan, is jy in staat om haar te help om dit vir haar makliker te maak. Jy
teken ʼn skets van die skool soos hieronder getoon.
N
Me. Tshoba Me. Smith Me. Faith Me. Tabata
Saal Graad 1A Graad 1B Graad 3B Graad 4A
Veranda Hoof se
Voorkant van skool
kantoor
Speelgronde
Meisies-
toilette
Grasperk
Seuns-
toilette Sekreta-
resse
Mnr Naidoo Me. Time Me. Wilson Me. Styles Biblioteek
Graad 4B Graad 2A Graad 2B Graad 3A Rekenaars
Skaal = 1 : 400
3.1 Alle leerders sal die skool betree deur die voorste deur op die eerste dag
van skool. Geen leerder sal toegelaat word op die grasperk nie, behalwe
tydens pouses en onder toesig van ʼn leerkrag.
3.1.1 Jou suster gaan na Graad 1. Aan watter kant van die skool is Lisa
se klas? Gebruik ʼn kompasrigting vir jou antwoord. (1)
3.1.2 Lisa gaan volgende jaar na Me. Smith se klas. Verduidelik vir haar
hoe om by Me. Smith se klaskamer vanaf die voorkant van die
skool te kom. (2)
3.1.3 Is daar ʼn enkel of dubbeldeur wat uitloop op die speelgronde?
Waarom dink jy is dit so? (2)
3.2 Lisa wil weet hoe groot haar klaskamer is.
3.2.1 Meet die lengte en breedte van haar klaskamer op die skets.
Gee jou antwoord in sentimeter. (2)
3.2.2 Gebruik die skaal wat gegee word en skryf die lengte en breedte
van haar klaskamer in werklikheid neer. (4)
Downloaded from hlayiso.com
8 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 (NOVEMBER 2013)
3.3 Teken die vooraansig van die skoolgebou. Onthou om al die vensters en
deure sowel as die dak aan te dui. (3)
3.4 Is al die klaskamers in die skool dieselfde grootte? Gee ʼn rede waarom jy
dink dit die geval is. (2)
3.5 Lisa se skoolfooie is R950 per maand vir tien maande.
3.5.1 Bereken die jaarlikse koste van haar skoolfooie. (2)
3.5.2 Indien die skoolfooie ten volle betaal word aan die begin van die
jaar, word ʼn 15% afslag gegee. Hoeveel afslag is hierdie? (2)
[20]
VRAAG 4
4.1 Vroeër hierdie jaar het Suid-Afrika teen Nieu-Seeland ʼn T20-reeks op
Nuweland, Kaapstad gespeel.
Hieronder is ʼn grafiek wat die aantal lopies vir beide spanne toon.
Bestudeer die grafiek sorgvuldig en beantwoord die vrae wat volg.
Suid-Afrika vs Nieu-Seeland T20
30
25
Aantal Lopies
20
15 Suid-Afrika
Proteas
10 Nieu-Seeland
New Zealand
5
0
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20
Boulbeurte
4.1.1 In watter boulbeurt het Suid-Afrika die meeste lopies aangeteken? (1)
4.1.2 In watter boulbeurt het Suid-Afrika geen lopies aangeteken nie? (1)
4.1.3 In hoeveel boulbeurte het Suid-Afrika 5 of minder lopies
aangeteken? (2)
4.1.4 In hoeveel boulbeurte het die Nieu-Seelanders 12 lopies
aangeteken? (2)
4.1.5 Tydens die wedstryd, wat was die waarskynlikheid dat die kolwer
van Suid-Afrika 9 lopies in ʼn boulbeurt sou aanteken? (2)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 9
4.1.6 Wat was die totale aantal lopies wat Suid-Afrika vir hierdie
wedstryd aangeteken het? (2)
4.1.7 Bereken die gemiddelde aantal lopies per boulbeurt vir Suid-Afrika. (2)
4.1.8 Watter span het die wedstryd gewen? Wys alle berekeninge om
jou antwoord te ondersteun. (3)
4.2 Onlangs was ʼn opname gedoen onder 400 leerders by ʼn skool om uit te vind
waarvoor selfone die meeste deur tieners gebruik word.
Hieronder is ʼn sirkeldiagram wat die resultate van die opname toon.
SELFOONGEBRUIK DEUR LEERDERS
VASLEGGING, 21 SMS, 32
INTERNET, 33
FOTO'S, 72
BEL MY MUSIEK, 61
ASSEBLIEF, 15
SPELETJIES, 45
OPROEPE, 41
SOSIALE
NETWERK, 80
4.2.1 Volgens die opname, waarvoor word selfone die meeste gebruik? (1)
4.2.2. Watter persentasie van die leerders gebruik hul selfone om foto’s te
neem? Bereken die persentasie deur die volgende metode te
gebruik:
Persentasie gebruik = x 100
(3)
4.2.3 Waarvoor gebruik 8% van die leerders hulle selfone? (3)
4.2.4 Bereken die aantal grade wat gebruik was om die sektor vir die
Sosiale Netwerk te teken. (3)
4.2.5 Indien enige van die leerders in die opname gevra word, wat sal
die waarskynlikheid wees dat dié leerder hulle selfone vir
speletjies gebruik? Skryf jou antwoord neer as ʼn persentasie.
Wys alle berekeninge gebruik. (3)
[28]
TOTAAL: 100
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2013 QP (Eng)
_hlayiso.com_--86e1ec2f-7bc5-4808-8bef-2fda3147d10e/v1-ebe0a40330a7c6a8a6d0/card.webp)
Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2013 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--bb5e9466-62ea-4b6f-bc93-50f7ebf1af29/v1-fde550365b916b67ca1f/card.webp)
Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2013 Memo

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2013 QP (Eng)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2013 QP (Eng)

Question paper
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2022 QP (Eng)
More from Grade 11 Mathematical Literacy

Annual teaching plan
Gr 11 Maths Lit ATP 2023 24
_watermark--e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1/v1-a2afd0515b0210a580c1/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 11 2025 Addendum (Afr)
_watermark--6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35/v1-176dbe300bc24abbbfc8/card.webp)
Addendum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Mathematical Literacy Grade 11 P2 2025 Memo (Eng)

Question paper and memo
Mathematical Literacy Grade 11 P1 2025 QP & Memo

Question paper and memo