Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Die vraestel bestaan uit 15 bladsye, 'n geel ANTWOORDBLAD van 2 bladsye (i–ii)
en 'n groen DATABLAD van 3 bladsye (i–iii). Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Lees die vrae noukeurig.
4. Gebruik die data en formules wanneer ookal nodig.
5. BEGIN ELKE VRAAG OP 'N NUWE BLADSY.
6. Maak asseblief seker dat jy jou antwoorde nommer soos die vrae genommer is.
7. Tensy ander instruksies gegee word, is dit NIE nodig om fasesimbole (fase-
aanduiders) te gee wanneer jy gevra word om 'n gebalanseerde chemiese
vergelyking te skryf NIE.
8. Toon al die nodige stappe in berekeninge.
9. Wanneer van toepassing, skryf jou finale antwoorde korrek tot TWEE desimale
plekke neer.
10. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 




_hlayiso.com_--02ee4df7-1da4-4d41-a14b-a0b2b2d781f5/v1-591f24580dfb16122386/card.webp)


_hlayiso.com_--02eb6021-d358-4621-adb1-711aa366a16c/v1-4e4bef49752be5087d73/card.webp)



View all





Physical Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Physical Sciences · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 15
- File size
- 401.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 2 van 15
VRAAG 1 MEERVOUDIGE KEUSE
Beantwoord hierdie vrae op die antwoordblad vir meervoudigekeusevrae
aan die binnekant van jou Antwoordboek. Maak 'n kruisie (X) in die blokkie
wat ooreenstem met die letter van die opsie wat jy beskou as die korrekste
een. Elke vraag het slegs een korrekte antwoord.
A B C D Hier is die antwoord C gemerk.
1.1 Watter een van die volgende kovalente bindings is die mees polêre?
A C−F
B S−Br
C O−H
D Cℓ−Cℓ
1.2 Identifiseer die predominante intermolekulêre krag in suiwer vloeibare
koolstoftetrafluoried, CF4.
A Londonkragte
B dipool-dipool interaksies
C waterstofbindings
D ioniese bindings
1.3 Die reaksie wat deur die gebalanseerde chemiese vergelyking hieronder
voorgestel word, is gebruik om ondersoek in te stel na hoe sekere faktore
die reaksietempo beïnvloed.
MgCO3(s) + 2HCℓ(aq) MgCℓ2(aq) + H2O(ℓ) + CO2(g)
Die hoeveelheid koolstofdioksied wat in die reaksiefles geproduseer is, is
gemonitor. Grafiek G (die soliede lyn) hieronder is verkry van die reaksie
van 100 cm3 van 'n 0,2 mol·dm−3-HCℓ-oplossing met 'n ENKELE KLONT
oormaat MgCO3.
Watter grafiek (A, B, C of D) verteenwoordig die reaksie van 100 cm3 van 'n
0,1 mol·dm−3-HCℓ-oplossing met oormaat MgCO3-POEIER?
A
Hoeveelheid CO2 (mol)
B
G
C
D
Tyd (s)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 3 van 15
1.4 Beskou die reaksie wat deur die volgende gebalanseerde chemiese
vergelyking voorgestel word. Die sisteem is aanvanklik in ewewig.
H2(g) + Br2(g) ⇌ 2HBr(g)
Die druk word verhoog deur die volume van die houer by konstante
temperatuur te verminder. Hoe sal die hoeveelheid HBr en die
konsentrasie van HBr verander as gevolg van die toename in druk?
HOEVEELHEID HBr KONSENTRASIE VAN HBr
A Toeneem Toeneem
B Afneem Afneem
C Bly dieselfde Toeneem
D Bly dieselfde Afneem
1.5 Gehidrateerde yster(II)-ione reageer met hidroksied-ione in waterige
oplossing soos voorgestel deur die volgende gebalanseerde chemiese
vergelyking:
− 2-
6 (aq) + 4OH (aq) ⇌ Fe(OH)4 (aq) + 6H2O(ℓ)
Fe(H2 O)2+
Water word by die sisteem gevoeg by ewewig. Watter een van die volgende
beskryf die verandering (stres) en die sisteem se reaksie op die
verandering (stres) korrek?
Verandering (stres) Reaksie
Toename in die konsentrasie Voorwaartse reaksie bevoordeel
A van water om die water op te gebruik
Toename in die konsentrasie Terugwaartse reaksie bevoordeel
B van water om die water op te gebruik
Afname in die konsentrasie van Voorwaartse reaksie bevoordeel
C al die ione om meer ione te produseer
Afname in die konsentrasie van Terugwaartse reaksie bevoordeel
D al die ione om meer ione te produseer
1.6 Water word gevoeg by 'n 0,01 mol·dm−3-oplossing van soutsuur. Watter
een van die volgende beskryf die verandering in die sterkte en konsentrasie
van die suur as water bygevoeg word?
Sterkte Konsentrasie
A Bly dieselfde Bly dieselfde
B Bly dieselfde Neem af
C Neem af Neem af
D Neem af Bly dieselfde
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 4 van 15
1.7 Watter van die volgende stellings is WAAR ten opsigte van die
neutralisasiepunt van 'n reaksie tussen ammoniak en soutsuur?
i Dit is die punt waar die suur en basis gereageer het sodat nie een
van die twee in oormaat is nie
ii [H3O+] = [OH−]
iii pH = 7
A slegs i
B i en ii
C i, ii en iii
D ii en iii
1.8 Watter een van die halfreaksies hieronder gaan predominant wees by die
POSITIEWE elektrode tydens die elektrolise van gekonsentreerde
CuCℓ2(aq)?
A Cu2+ + 2e− → Cu
B 2H2O + 2e− → H2 + 2OH−
C 2H2O → O2 + 4H+ + 4e−
D 2Cℓ− → Cℓ2 + 2e−
1.9 Watter een van die volgende stellings is WAAR ten opsigte van die katode
in die elektroraffinering van koper?
A Dit is van onsuiwer koper gemaak.
B Sinkmetaal slaan neer op die katode.
C Dit is die elektrode waar reduksie plaasvind.
D Dit is die positiewe elektrode.
1.10 Oorweeg die volgende reeks reaksies. Verbinding X is 'n onbekende
organiese verbinding, en Reaksies 1 en 2 is organiese reaksies.
H H H H H H H H H H
Hitte / Pt / H2
H C C C C C H → X → H C C C C C H
Reaksie 1 Reaksie 2
H H H H H Br Br H
Watter een van die volgende is die korrekte SPESIFIEKE tipe en
ALGEMENE tipe vir Reaksie 2?
SPESIFIEKE TIPE ALGEMENE TIPE
A Halogenering Substitusie
B Hidrolise Substitusie
C Halogenering Addisie
D Hidrohalogenering Addisie
[20]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 5 van 15
HIERDIE BLADSY IS MET OPSET OOPGELAAT
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 6 van 15
VRAAG 2
'n Enkele 6,5 g-stukkie aluminiummetaal reageer met 400 cm3 van 'n
2,6 mol·dm−3-natriumhidroksiedoplossing om natriumaluminaat en waterstofgas te
produseer soos voorgestel deur die volgende gebalanseerde chemiese
vergelyking:
2Aℓ(s) + 6NaOH(aq) 2Na3AℓO3(aq) + 3H2(g) ΔH < 0
2.1 Bepaal die hoeveelheid (in mol) aluminiummetaal teenwoordig aan die
begin van die reaksie. (3)
2.2 Gebruik geskikte berekeninge om aan te toon dat die natriumhidroksied in
oormaat is. (4)
2.3 Die persentasie opbrengs van die natriumaluminaat is 92%. Bereken die
finale konsentrasie van die natriumaluminaatoplossing. (Aanvaar dat die
volume van die oplossing konstant by 400 cm3 bly.) (5)
2.4 2.4.1 Definieer eksotermiese reaksie. (2)
2.4.2 Verwys na die energieë geabsorbeer en vrygestel en beskryf waarom
die reaksie beskou word as eksotermies. Geen punte sal toegeken
word vir die herhaling van die definisie nie. (2)
2.5 2.5.1 Buiten korrekte oriëntasie van reagerende deeltjies, stel EEN
voorwaarde vir 'n effektiewe botsing. (1)
2.5.2 Maak gebruik van die botsingsteorie en verduidelik die effek daarvan
as 'n MINDER gekonsentreerde natriumhidroksiedoplossing gebruik
word, op die tempo van sy reaksie met aluminium. (4)
2.6 Hoe sal 'n toename in druk (by konstante temperatuur) die tempo van die
reaksie beïnvloed? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. (2)
[23]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 7 van 15
VRAAG 3
Beskou die reaksie van aluminium met natriumhidroksied:
2Aℓ(s) + 6NaOH(aq) 2Na3AℓO3(aq) + 3H2(g)
3.1 Onder hoë druk en baie lae temperatuur kan waterstofgas gekondenseer
word tot 'n vloeistof, wat bewys lewer van Londonkragte tussen die
waterstofmolekules. Verduidelik hoe die Londonkragte ontstaan. (3)
3.2 Die waterstofgas wat geproduseer is, word deur die afwaartse verplasing
van water versamel. Data wat in hierdie eksperiment versamel is, word in
die tabel hieronder gegee.
Tyd (s) Volume H2-gas (dm3)
0 0
20 3,0
40 4,7
60 5,7
80 5,9
100 5,9
120 5,9
3.2.1 Gebruik die inligting in die tabel en skryf neer op watter tydstip die
reaksie geëindig het. (1)
3.2.2 Bereken vervolgens die gemiddelde tempo van die vorming van
waterstof in eenhede van dm3·s−1. Druk jou antwoord in wetenskaplike
notasie uit. (2)
3.2.3 'n Grafiek wat die verhouding tussen die volume H2-gas en tyd
aandui, is gedeeltelik op die asse op jou ANTWOORDBLAD gestip.
Voltooi die grafiek deur al die ontbrekende inligting te verskaf en 'n
lyn van beste passing te teken. (6)
3.3 Wanneer swaelpoeier by 'n waterige oplossing van natriumhidroksied
gevoeg word, vind 'n spontane reaksie plaas wat 'n natriumsulfiet-oplossing
('n presipitaat van natriumsulfied en water) lewer. Skryf 'n gebalanseerde
chemiese vergelyking vir hierdie reaksie neer, en sluit fasesimbole in (fase-
indikators). (4)
[16]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 8 van 15
VRAAG 4
Stikstofmonoksiedgas reageer met suurstofgas in 'n geslote houer volgens die
gebalanseerde chemiese vergelyking hieronder.
2NO(g) + O2(g) ⇌ 2NO2(g)
Die volume van die houer bly konstant by 3 dm3. Die hoeveelhede van elke gas is
met verloop van tyd aangeteken en die volgende grafiek (NIE VOLGENS SKAAL
NIE) is verkry.
By t = 0 min, is die temperatuur 25 °C en die ewewigskonstante is 256.
NO2
Hoeveelheid (mol)
Amount (mol)
5
O2
3
NO
0 20 40 60 80 100
Tyd (min)
Time (min)
4.1 Identifiseer die verandering (stres) wat teen 20 min plaasgevind het. (1)
4.2 Gebruik Le Châtelier se beginsel om die veranderinge te verduidelik wat op
die grafiek tussen 20 min en 40 min gesien kan word. (3)
4.3 Hoe sal die waarde van die ewewigskonstante by t = 50 min vergelyk met
dié by t = 0 min? Skryf slegs GROTER, KLEINER, of DIESELFDE. (1)
4.4 Skryf die uitdrukking vir die ewewigskonstante (Kc) vir hierdie reaksie neer. (2)
4.5 Bereken die hoeveelheid (in mol) van die NO2 wat in die houer was by
t = 0 min. (4)
4.6 By t = 60 min is die temperatuur verhoog. Verduidelik, deur van Le
Châtelier se beginsel gebruik te maak, of die terugwaartse reaksie
EKSOTERMIES of ENDOTERMIES is. (5)
4.7 'n Gedeeltelike grafiek van reaksietempo teenoor tyd word op jou
ANTWOORDBLAD verskaf. Voltooi die grafiek vir die volle 100 min
-tydperiode. Gebruik die soliede lyn vir die voorwaartse reaksietempo
en die stippellyn vir die terugwaartse reaksietempo. (5)
4.8 Definieer intramolekulêre binding. (2)
4.9 Klassifiseer die spesifieke tipe intramolekulêre binding wat in O2 gevind word. (2)
[25]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 9 van 15
VRAAG 5
Oorweeg die hipotetiese sterk basis Z(OH)2. 0,4 dm3 van 'n 0,12 mol·dm−3-
oplossing van die basis word voorberei by 30 °C.
5.1 Wat beteken dit dat Z(OH)2 'n sterk basis is? (2)
5.2 Definieer standaardoplossing. (2)
5.3 Bereken die hoeveelheid (in mol) van die Z(OH)2 benodig om die oplossing
te berei. (3)
Die outo-ionisasie van water word deur die volgende gebalanseerde chemiese
vergelyking getoon. Let op dat Kw by 30 °C, 1,44 × 10−14 is.
2H2O ⇌ H3O+ + OH−
5.4 Klassifiseer die outo-ionisasie van water as EKSOTERMIES of
ENDOTERMIES. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
5.5 Bereken die konsentrasie van die hidronium-ione in die Z(OH)2-oplossing
by 30 °C. (4)
Die Z(OH)2 oplossing word nou getitreer met 'n oplossing van hidrofluoor-suur.
5.6 Klassifiseer hidrofluoor-suur as STERK of SWAK. (1)
5.7 Skryf die formule neer van die sout wat in die reaksie gevorm het. (2)
5.8 Definieer hidrolise van 'n sout. (2)
5.9 Herskryf en voltooi die volgende protolitiese reaksie wat die hidrolise van F −
toon:
F − + H2O ⇌ (2)
5.10 Verwys na die tabel van indikators hieronder en noem watter indikator die
geskikste vir die titrasie sal wees.
pH gebied waar
Kleur in laer Kleur in hoër
Indikator kleurverandering
pH pH
waargeneem word
kongorooi 3–5 blou rooi
broomtimolblou 6–8 geel blou
alisariengeel 10–12 geel oranje
(2)
[22]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 10 van 15
VRAAG 6
Kwazi stel 'n standaard- galvaniese sel op wat deur die selnotasie hieronder
voorgestel word.
Zn(s) | Zn2+(aq) || Sn4+(aq), Sn2+(aq) | Pt(s)
6.1 NOEM die komponent van die sel wat deur die twee vertikale lyne (||) in die
selnotasie hierbo voorgestel word. (1)
6.2 Noem TWEE standaardtoestande wat toepaslik is by die tin-halfsel. (2)
6.3 Gee EEN eienskap van platinum wat dit geskik maak vir gebruik as die
elektrode vir die tin-halfsel. (1)
6.4 Definieer katode. (2)
6.5 Skryf die SIMBOOL vir die katode neer. (1)
6.6 Skryf die chemiese vergelyking wat die reduksie halfreaksie voorstel, neer. (2)
6.7 Definieer reduseermiddel. (1)
6.8 Skryf die SIMBOOL vir die reduseermiddel neer. (1)
6.9 Bepaal die aanvanklike sel EMK. (4)
6.10 Hoe sal die sel se aanvanklike EMK beïnvloed word as die konsentrasie
van die Zn2+-ione in die Zn | Zn2+-halfsel verhoog word? Skryf slegs
TOENEEM, AFNEEM of GEEN EFFEK neer. (2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 11 van 15
6.11 Kwazi stel nou die volgende elektrolitiese sel op met die doel om 'n sleutel
met silwermetaal te bedek:
Elektrode X
Sleutel
Ag+(aq)
6.11.1 Wat word hierdie elektrolitiese proses genoem? (1)
6.11.2 Is die sleutel die ANODE of die KATODE? (1)
6.11.3 Met verwysing na die relatiewe sterktes van die reagerende stowwe
(relatiewe sterktes van middels), verduidelik waarom silwer die
oorheersende stof sal wees wat by die sleutel gevorm word. (3)
6.11.4 Waarvan is elektrode X gewoonlik gemaak? (1)
6.11.5 Met verwysing na die binding in elektrode X, gee 'n rede waarom
die stof 'n geskikte geleidende materiaal is. (2)
6.11.6 'n Konstante stroom van 3,2 A word vir 6 ure deur die sel gestuur.
Bereken die totale lading (in C) wat deur die sel oorgedra word. (3)
6.11.7 Bepaal die aantal (in mol) elektrone wat in hierdie tydperk deur die
sel oorgedra word. (2)
6.11.8 Bepaal die massa silwer wat gedurende hierdie tyd op die sleutel
sal neerslaan. (3)
[33]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 12 van 15
VRAAG 7
Die diagram hieronder toon 'n voorstelling van 'n membraansel wat in die Chloor-
Alkali Industrie gebruik word. Elektrode P is van titanium, wat onreaktief is,
gemaak.
A B
33 %
NaOH (aq)
P Q
Versadigde
pekel
C
7.1 Wat is pekel? (3)
7.2 Identifiseer watter elektrode die katode is. Skryf slegs P of Q neer. (1)
7.3 Chloorgas word geproduseer by elektrode P en versamel by A.
7.3.1 Skryf die vergelyking neer vir die halfreaksie wat die chloorgas
produseer. (2)
7.3.2 Pekel kom die sel by C binne. Verduidelik VOLLEDIG waarom chloor
oorheersend by elektrode P geproduseer word. In jou antwoord moet
jy na die volgende verwys:
• die inherente reaktiwiteit van die reagerende spesies (met
verwysing na die standaardelektrodepotensiale)
• die konsentrasie van die ione teenwoordig (3)
7.3.3 Met watter stof sal die chloorgas gekontamineer wees? (1)
7.4 Ten opsigte van die suiwerheid van die natriumhidroksied-oplossing wat
geproduseer word, verduidelik die voordele van die gebruik van 'n membraan
in plaas van 'n diafragma. (2)
7.5 7.5.1 Skryf die formule van die produk versamel by B neer. (1)
7.5.2 Noem een verandering wat aan elektrode Q gemaak kan word om die
tempo van die produksie van die produk wat by B versamel word, te
verhoog. (1)
7.6 Vergelyk die kookpunte van chloor en waterstof met verwysing na
intermolekulêre kragte en verduidelik die verskil VOLLEDIG. (6)
[20]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 13 van 15
VRAAG 8
Oorweeg die twee koolwaterstowwe, verbindings X en Y, hieronder getoon.
H
CH3
H H H C H
H3C CH CH CH2 CH3
CH2 H C C C C C C H
CH3 H H H H H
Verbinding X Verbinding Y
8.1 Definieer homoloë reeks. (2)
8.2 Skryf die algemene formule vir die homoloë reeks waaraan verbinding X
behoort, neer. (1)
8.3 NOEM die homoloë reeks waaraan verbinding Y behoort. (1)
8.4 Klassifiseer verbinding X as VERSADIG of ONVERSADIG. (1)
8.5 Teken die struktuurformule vir die POSISIONELE ISOMEER van verbinding X. (2)
8.6 Beskryf die funksionele groep van verbinding Y. (1)
8.7 Skryf die IUPAC-naam vir verbinding Y neer. (3)
8.8 Skryf die naam van die homoloë reeks van die organiese produk wat sal
volg as verbinding Y ten volle gehidrogeneer word, neer. (2)
[13]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 14 van 15
VRAAG 9
Beskou die volgende organiese reaksies I tot IV wat organiese verbindings A tot E
insluit.
UV
lig
I A + Br2 → B + HBr
II B + gekonsentreerde alkoholiese KOH → C + KBr + H2O
verdun
H3PO4
III C + H2O →
D
600 °C
seoliet-
katalisator
IV A → C4H10 + E
9.1 Noem die ALGEMENE TIPE reaksie vir elkeen van die volgende:
9.1.1 Reaksie I (1)
9.1.2 Reaksie III (1)
9.2 Noem die SPESIFIEKE TIPE reaksie vir elkeen van die volgende:
9.2.1 Reaksie II (1)
9.2.2 Reaksie III (1)
9.3 Skryf die IUPAC-naam vir verbinding D neer. (3)
9.4 Skryf die molekulêre formule vir elk van die volgende neer:
9.4.1 Verbinding A (2)
9.4.2 Verbinding E (2)
9.5 Teken die struktuurformule van verbinding B. (2)
9.6 Teken die struktuurformule van verbinding C. (2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 15 van 15
9.7 Arielle stel 'n eksperiment op om 'n esterifikasiereaksie te doen deur
gebruik te maak van etanol (CH3CH2OH) en butanoësuur. Sy gebruik 'n
eksperimentele opstelling soos hieronder getoon:
proefbuis wat etanol,
butanoësuur en 'n paar
druppels gekonsentreerde
H2SO4 bevat
beker
water
gaasdraad
driepoot
bunsenbrander
9.7.1 Gebruik molekulêre formules en skryf 'n gebalanseerde chemiese
vergelyking vir die volledige verbranding van etanol. (3)
9.7.2 Verduidelik vervolgens volledig waarom 'n waterbad die verkose
metode is om die mengsel te verhit. (2)
9.7.3 Gebruik gekondenseerde struktuurformules en skryf 'n
gebalanseerde chemiese vergelyking vir die esterifikasiereaksie
wat in hierdie eksperiment voorgestel word. (4)
9.7.4 Skryf die IUPAC-naam vir die ester wat gevorm word. (2)
9.7.5 Noem TWEE redes vir die gebruik van die H2SO4. (2)
[28]
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Physical Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Physical Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Physical Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Physical Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Physical Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)
_hlayiso.com_--02ee4df7-1da4-4d41-a14b-a0b2b2d781f5/v1-591f24580dfb16122386/card.webp)
Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper
Related documents

Data sheetIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Data Sheet

MemorandumIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo
_hlayiso.com_--02eb6021-d358-4621-adb1-711aa366a16c/v1-4e4bef49752be5087d73/card.webp)
Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

Question paperIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2016 Question Paper
More from Grade 12 Physical Sciences

Data sheetIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Data Sheet

MemorandumIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

Data sheetIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2018 Data Sheet

Data sheetIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2018 Data Sheet

MemorandumIEB
Physical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB