Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)
NOVEMBER 2012
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 3 inligtingsblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 
%20(English)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--0c084a64-a915-451d-b115-ecf0fdc0bc4b/v1-41654da62adc48cdd343/card.webp)




View all





Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 397.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
NSC November Exam 2012
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op
die ANTWOORDEBOEK neer.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A (25)
AFDELING B (125)
3. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. JY WORD AANGERAAI OM DIE AANGEHEGTE INLIGTINGSBLAAIE TE
GEBRUIK.
8. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.
9. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2012
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: EENWOORDITEMS
Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/
term langs die vraagnommer (1.1–1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1 Die getal volledige golwe wat in een sekonde verby 'n punt beweeg (1)
1.2 'n Stroombaankomponent wat elektriese lading stoor en dit onmiddellik vrystel (1)
1.3 Die komponent in 'n generator wat benodig word om dit van 'n WS- in 'n
GS-generator te verander (1)
1.4 Die klein 'pakkies' (kwanta) energie waaruit lig bestaan (1)
1.5 Die vektorverskil van twee snelhede wat van dieselfde verwysingsraamwerk
gemeet is (1)
[5]
VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.
2.1 Die netto krag wat op 'n voorwerp inwerk, is gelyk aan die ...
A massa van die voorwerp.
B versnelling van die voorwerp.
C verandering in momentum van die voorwerp.
D tempo van verandering in momentum van die voorwerp. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 4 DBE/November 2012
NSS
2.2 Die snelheid-tyd-grafiek hieronder stel die beweging van 'n voorwerp voor.
snelheid
0
tyd
Watter EEN van die volgende grafieke stel die ooreenstemmende versnelling-
tyd-grafiek vir die beweging van hierdie voorwerp voor?
A B
versnelling versnelling
0
tyd
0
tyd
C D
versnelling versnelling
0 0
tyd tyd
(2)
2.3 'n Motor beweeg teen KONSTANTE spoed teen 'n heuwel op. Watter EEN
van die volgende stel die arbeid voor wat deur die gewig van die motor verrig
word, terwyl die motor teen die heuwel op beweeg?
A ΔE k
B ΔE p
C −ΔE k
D −ΔE p (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 5 DBE/November 2012
NSS
2.4 'n Sentrale helder band word waargeneem wanneer lig van golflengte λ deur
'n enkelspleet van wydte a beweeg.
Lig van golflengte 2 λ word nou gebruik. Watter EEN van die volgende
spleetwydtes sal 'n sentrale helder band van DIESELFDE breedte lewer?
1
A a
4
1
B a
2
C a
D 2a (2)
2.5 'n Klankbron nader 'n stilstaande luisteraar in 'n reguit lyn teen konstante
snelheid. Dit beweeg verby die luisteraar en beweeg dan weg van hom af in
dieselfde reguit lyn teen dieselfde konstante snelheid.
Watter EEN van die volgende grafieke stel die verandering in waargenome
frekwensie teenoor tyd die beste voor?
A B
frekwensie (Hz) frekwensie (Hz)
tyd (s) tyd (s)
C D
frekwensie (Hz) frekwensie (Hz)
tyd (s) tyd (s)
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 6 DBE/November 2012
NSS
2.6 Watter EEN van die stroombane hieronder kan gebruik word om die stroom in
'n geleier X en die potensiaalverskil oor sy ente te meet?
A A B A
X V V
X
C D A
X A V X
V
(2)
2.7 Die elektrieseveld-patroon tussen twee gelaaide sfere, A en B, word
hieronder getoon.
A B
Watter EEN van die volgende stellings aangaande die lading op sfeer A en B
is KORREK?
A Sfeer A en B is beide positief gelaai.
B Sfeer A en B is beide negatief gelaai.
C Sfeer A is positief gelaai en sfeer B is negatief gelaai.
D Sfeer A is negatief gelaai en sfeer B is positief gelaai. (2)
2.8 Watter EEN van die volgende toon die verskillende tipes elektromagnetiese
straling in orde van toenemende frekwensie?
A X-strale; ultravioletstrale; infrarooistrale; sigbare lig
B Infrarooistrale; X-strale; sigbare lig; ultravioletstrale
C Infrarooistrale; sigbare lig; ultravioletstrale; X-strale
D X-strale; ultravioletstrale; sigbare lig; infrarooistrale (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 7 DBE/November 2012
NSS
2.9 'n Reghoekige stroomdraende spoel, PQRS, word in 'n uniforme magneetveld
geplaas met sy vlak parallel aan die veld soos hieronder getoon. Die pyltjies
dui die rigting van die konvensionele stroom aan.
as
Q R
N S
O U
O I
R D
D
P S
Die spoel sal ...
A kloksgewys roteer.
B bewegingloos bly.
C antikloksgewys roteer.
D kloksgewys en dan antikloksgewys roteer. (2)
2.10 Die diagram hieronder toon lig wat op die katode van 'n fotosel inval. Die
ammeter registreer 'n lesing.
Invallende lig
A
Watter EEN van die volgende beskryf die verwantskap tussen die intensiteit
van die invallende lig en die ammeterlesing korrek?
INTENSITEIT AMMETERLESING
A Verhoog Verhoog
B Verhoog Bly dieselfde
C Verhoog Verlaag
D Verlaag Verhoog
(2)
[20]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 8 DBE/November 2012
NSS
AFDELING B
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Begin elke vraag op 'n NUWE bladsy.
2. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 3.1 en
VRAAG 3.2.
3. Toon die formules en substitusies in ALLE berekeninge.
4. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Voorwerp word vertikaal opwaarts teen 8 m∙s−1 vanaf die dak van 'n 60 m hoë gebou
geprojekteer. Dit tref die balkon daaronder na 4 s. Die voorwerp bons dan van die
balkon af en tref die grond soos hieronder geïllustreer. Ignoreer die effekte van
wrywing.
8 m∙s-1
gebou
60 m
balkon
h
grond
3.1 Is die voorwerp se versnelling by sy maksimum hoogte OPWAARTS,
AFWAARTS of NUL? (1)
3.2 Bereken die:
3.2.1 Grootte van die snelheid waarteen die voorwerp die balkon tref (4)
3.2.2 Hoogte, h, van die balkon bokant die grond (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 9 DBE/November 2012
NSS
Die voorwerp bons van die balkon af teen 'n snelheid van 27,13 m∙s-1 en tref die grond
6 s nadat dit die balkon verlaat het.
3.3 Skets 'n snelheid-tyd-grafiek om die beweging van die voorwerp van die
oomblik wat dit van die DAK van die gebou geprojekteer word totdat dit die
GROND tref, voor te stel. Dui die volgende snelheid- en tydwaardes op die
grafiek aan:
• Die aanvanklike snelheid waarteen die voorwerp vanaf die dak van die
gebou geprojekteer is
• Die snelheid waarteen die voorwerp die balkon tref
• Die tyd wanneer die voorwerp die balkon tref
• Die snelheid waarteen die voorwerp van die balkon af bons
• Die tyd wanneer die voorwerp die grond tref (6)
[16]
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder toon 'n motor van massa m wat teen 'n snelheid van 20 m∙s−1
oos op 'n reguit gelyk pad ry, en 'n vragmotor van massa 2m wat teen 20 m∙s−1 wes op
dieselfde pad ry. Ignoreer die effekte van wrywing.
20 m∙s-1 N
20 m∙s-1
O
4.1 Bereken die snelheid van die motor relatief tot die vragmotor. (2)
Die voertuie bots kop aan kop en sit aan mekaar vas tydens die botsing.
4.2 Skryf die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde neer. (2)
4.3 Bereken die snelheid van die vragmotor-motorstelsel onmiddellik na die
botsing. (6)
4.4 Tydens impak oefen die motor 'n krag van grootte F op die vragmotor uit en
ondervind 'n versnelling van grootte a.
4.4.1 Bepaal, in terme van F, die grootte van die krag wat die vragmotor
op die motor uitoefen tydens impak. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
4.4.2 Bepaal, in terme van a, die versnelling wat die vragmotor tydens
impak ondervind. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
4.4.3 Beide bestuurders dra identiese sitplekgordels. Watter bestuurder
sal waarskynlik die ernstigste beseer word tydens impak?
Verduidelik die antwoord deur na versnelling en snelheid te
verwys. (3)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 10 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Ten einde die netto krag betrokke tydens 'n botsing te meet, word 'n motor toegelaat
om reg van voor teen 'n plat, stewige versperring te bots. Die gevolglike
frommelafstand word gemeet. Die frommelafstand is die lengte waarmee die motor
korter word terwyl dit tot rus kom.
Voor botsing Na botsing
x1 x2
In een van die toetse tref 'n motor van massa 1 200 kg die versperring teen 'n spoed
van 20 m∙s−1. Die frommelafstand, (x 1 – x 2 ), word as 1,02 m gemeet. (Ignoreer die
effekte van wrywingskragte tydens verfrommeling.)
5.1 Teken 'n benoemde vryekragte-diagram wat AL die kragte toon wat tydens
die botsing op die motor inwerk. (3)
5.2 Skryf die arbeid-energiestelling in woorde neer. (2)
5.3 Aanvaar dat die netto krag tydens verfrommeling konstant is.
5.3.1 GEBRUIK DIE ARBEID-ENERGIESTELLING om die grootte van
die netto krag te bepaal wat op die motor uitgeoefen word terwyl dit
tydens verfrommeling tot stilstand kom. (4)
5.3.2 Bereken die tyd wat dit die motor neem om tydens verfrommeling
tot stilstand te kom. (4)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 11 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Voël vlieg direk na 'n stilstaande voëlkyker toe teen konstante snelheid. Die voël gee
konstant klankgolwe teen 'n frekwensie van 1 650 Hz uit. Die voëlkyker hoor 'n
verandering in toonhoogte terwyl die voël nader aan hom kom.
6.1 Skryf die eienskap van klank neer wat aan toonhoogte verwant is. (1)
6.2 Gee 'n rede waarom die voëlkyker 'n verandering in toonhoogte waarneem
terwyl die voël nader aan hom kom. (1)
Die lugdruk-teenoor-afstand-grafiek hieronder stel die golwe voor wat deur die
voëlkyker waargeneem word terwyl die voël nader aan hom kom. Die spoed van klank
in lug is 340 m∙s-1.
Lugdruk
0 0,1 0,2 0,3 0,4 0,5 Afstand (m)
6.3 Uit die grafiek, skryf die golflengte van die waargenome golwe neer. (1)
6.4 Bereken die:
6.4.1 Frekwensie van die golwe wat deur die voëlkyker waargeneem
word (3)
6.4.2 Grootte van die snelheid waarteen die voël vlieg (5)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 12 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Leerders gebruik monochromatiese blou lig om die verskil tussen 'n
interferensiepatroon en 'n diffraksiepatroon te ondersoek.
7.1 Afgesien van die blou lig en 'n skerm, skryf die naam neer van EEN item wat
die leerders sal benodig om 'n interfensiepatroon te verkry. (1)
7.2 Beskryf kortliks die interferensiepatroon wat op die skerm waargeneem sal
word. (2)
7.3 In een van hul eksperimente plaas hulle die skerm op 'n afstand van 1,4 m
van 'n enkelspleet af en neem 'n patroon op die skerm waar. Die breedte van
die sentrale helder band word as 22 cm gemeet.
Skerm
22 cm
Monochromatiese
blou lig θ
1,4 m
Bereken die:
7.3.1 Hoek θ waarteen die eerste minimum op die skerm waargeneem
sal word (3)
7.3.2 Die wydte van die spleet wat gebruik is indien die golflengte van
die blou lig 470 nm is (5)
7.4 Die breedte van die sentrale band NEEM TOE wanneer die blou lig met
monochromatiese rooi lig vervang word. Verduidelik hierdie waarneming. (2)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 13 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
In die stroombaan hieronder voorgestel, is 'n ongelaaide kapasitor in serie met 'n
1 000 Ω-resistor geskakel. Die emk van die battery is 12 V. Ignoreer die interne
weerstand van die battery en die ammeter.
12 V
A
1 000 Ω
S
8.1 Bereken die aanvanklike stroom in die stroombaan wanneer skakelaar S
gesluit word. (3)
8.2 Skryf die potensiaalverskil oor die plate van die kapasitor neer wanneer dit
ten volle gelaai is. (1)
Die kapasitor het 'n kapasitansie van 120 µF en die ruimte tussen die plate is met lug
gevul.
8.3 Bereken die lading wat op die plate van die kapasitor gestoor word wanneer
dit ten volle gelaai is. (3)
Nadat die kapasitor ontlaai is, word dit in dieselfde stroombaan aan 'n resistor van
HOËR weerstand geskakel en skakelaar S word weer gesluit.
8.4 Hoe sal hierdie verandering elk van die volgende beïnvloed:
(Skryf slegs VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE neer.)
8.4.1 Die aanvanklike laaistroom (1)
8.4.2 Die tyd wat dit die kapasitor neem om ten volle gelaai te word (1)
8.5 Die twee parallelle plate van die volgelaaide kapasitor is 12 mm van mekaar
af.
8.5.1 Skets die elektrieseveld-patroon tussen die parallelle plate. (3)
8.5.2 Bereken die grootte van die elektriese veld by 'n punt halfpad
tussen die plate. (3)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 14 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
9.1 In die stroombaan hieronder voorgestel, is twee 60 Ω-resistors wat in parallel
geskakel is, in serie geskakel met 'n 25 Ω-resistor. Die battery het 'n emk van
12 V en 'n interne weerstand van 1,5 Ω.
emk = 12 V
1,5 Ω
60 Ω
25 Ω
60 Ω
Bereken die:
9.1.1 Ekwivalente weerstand van die parallelle kombinasie (3)
9.1.2 Totale stroom in die stroombaan (5)
9.1.3 Potensiaalverskil oor die parallelle resistors (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 15 DBE/November 2012
NSS
9.2 Leerders voer 'n ondersoek uit om die emk en interne weerstand (r) van 'n
battery te bepaal.
Hulle stel 'n stroombaan op soos in die diagram hieronder getoon en meet die
potensiaalverskil met die voltmeter vir verskillende stroomsterktes in die
stroombaan.
r
A V
Die resultate verkry word op die grafiek hieronder aangetoon.
Grafiek van potensiaalverskil teenoor stroom
1,5
Potensiaalverskil (V)
1,0
0,5
0
0 0,5 1,0
Stroom (A)
9.2.1 Gebruik die grafiek om die emk van die battery te bepaal. (1)
9.2.2 Bereken die gradiënt van die grafiek. (3)
9.2.3 Watter fisiese hoeveelheid word deur die grootte van die gradiënt
van die grafiek voorgestel? (2)
9.2.4 Hoe verander die voltmeterlesing namate die ammeterlesing
toeneem? Skryf VERMEERDER, VERMINDER of BLY
DIESELFDE neer. Gebruik die formule emk = IR + Ir om die
antwoord te verduidelik. (3)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 16 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder illustreer hoe elektrisiteit wat by 'n kragstasie opgewek word, na
'n substasie oorgedra word.
Verhogingstransformator
vir langafstandoordrag Transmissielyne
Kragstasie Substasie
10.1 Gebruik die kragstasie 'n WS- of 'n GS-generator? (1)
10.2 Skets 'n grafiek van die potensiaalverskil wat by die kragstasie opgewek word
teenoor tyd. (2)
10.3 Die gemiddelde drywing wat by die kragstasie gelewer word, is 4,45 x 109 W.
Bereken die wgk-stroom in die transmissielyne as die drywing teen 'n
maksimum potensiaalverskil van 30 000 V oorgedra word. (5)
10.4 Gee 'n rede waarom elektrisiteit teen hoë spanning en teen lae stroom
oorgedra moet word. (1)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 17 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Tydens 'n ondersoek word lig van verskillende frekwensies op die metaalkatode van 'n
fotosel geskyn. Die kinetiese energie van die vrygestelde foto-elektrone word gemeet.
Die grafiek hieronder toon die resultate wat verkry is.
Grafiek van kinetiese energie teenoor frekwensie
Kinetiese energie (J)
E1
0
0 5 x 1014 10 x 1014 15 x 1014
Frekwensie (Hz)
11.1 Vir hierdie ondersoek, skryf die volgende neer:
11.1.1 Afhanklike veranderlike (1)
11.1.2 Onafhanklike veranderlike (1)
11.1.3 Gekontroleerde veranderlike (1)
11.2 Definieer die term drumpelfrekwensie. (2)
11.3 Gebruik die grafiek om die drumpelfrekwensie van die metaal te verkry wat as
katode in die fotosel gebruik word. (1)
11.4 Bereken die kinetiese energie by E 1 soos getoon op die grafiek. (4)
11.5 Hoe sal die kinetiese energie bereken in VRAAG 11.4 beïnvloed word indien
lig van hoër intensiteit gebruik word? Skryf slegs VERMEERDER,
VERMINDER of BLY DIESELFDE neer. (1)
[11]
TOTAAL AFDELING B: 125
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 1 DBE/November 2012
NSS
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
k 9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Permittivity of free space ε0 8,85 x 10-12 F·m-1
Permittiwiteit van vry ruimte
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2012
NSS
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f = vi + a ∆t Δx = v i Δt + 21 a∆t 2 or/of Δy = v i Δt + 21 a∆t 2
v + vf v + vf
v f = v i + 2a∆x or/of v f = v i + 2a∆y
2 2 2 2
Δx = i Δt or/of Δy = i Δt
2 2
FORCE/KRAG
Fnet = ma p = mv
Fnet ∆t = ∆p
w = mg
∆p = mv f − mv i
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W = F∆x cos θ U = mgh or/of E P = mgh
1 1 Wnet = ∆K or/of Wnet = ∆Ek
K = mv 2 or/of Ek = mv 2
2 2
∆K = K f − K i or/of ∆Ek = Ekf − Eki
W
P= P = Fv
∆t
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
v=fλ T=
f
E = hf
v ± vL v ± vL
fL = fs or/of fL = fb c
v ± vs v ± vb E= h
λ
E = Wo + Ek
mλ where/waar
sin θ =
a
1
E = hf and/en W0 = hf0 and/en Ek = mv 2
2
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe /V1 3 DBE/November 2012
NSS
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ 1Q 2 kQ
F= E=
r2 r2
V F
E= E=
d q
kQ Q W
U= 1 2 V=
r q
Q ε A
C= C= 0
V d
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
emf ( ε ) = I(R + r)
V
R=
I emk ( ε ) = I(R + r)
R s = R1 + R 2 + ...
1 1 1 q = I ∆t
= + + ...
R p R1 R 2
W = Vq W
P=
Δt
W = VI ∆ t
P = VI
W= I2R ∆ t
P = I2R
V 2 Δt
W= V2
R P=
R
ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
Paverage = Vrms I rms / Pgemiddeld = Vwgk I wgk
I max I
I rms = / I wgk = maks
2 2
Paverage = I rms
2
R / Pgemiddeld = I 2wgk R
Vmax Vmaks
Vrms = / Vwgk = 2
Vrms
2
Vwgk
2 2 Paverage = / Pgemiddeld =
R R
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Eng)
%20(English)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--0c084a64-a915-451d-b115-ecf0fdc0bc4b/v1-41654da62adc48cdd343/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2012 QP (Eng)

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2015 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2014 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper