Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)
NOVEMBER 2012
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 4 inligtingsblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 
%20(English)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--3dab9d57-5de4-490a-97e3-0f084f65f7e2/v1-31d892ee09c2834487dd/card.webp)




View all





Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2012 QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 547.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC November Exam 2012
Questions in this paper
- Question 1Organic Compounds and Macromolecules5 marks
- Question 2Organic Compounds and Macromolecules20 marks
- Question 3Organic Compounds and Macromolecules15 marks
- Question 4Organic Compounds and Macromolecules14 marks
- Question 5Organic Compounds and Macromolecules12 marks
- Question 6Rate and Extent of Reactions17 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op
die ANTWOORDEBOEK neer.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A (25)
AFDELING B (125)
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Inligtingsblaaie en 'n periodieke tabel is vir jou gebruik aangeheg.
8. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.
9. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/November 2012
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: EENWOORDITEMS
Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.1–1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1 Die homoloë reeks waaraan propan-2-oon behoort (1)
1.2 Die IUPAC-naam van die alkeen met twee koolstofatome (1)
1.3 Die minimum energie benodig vir 'n chemiese reaksie om plaas te vind (1)
1.4 Die algemene naam wat gebruik word vir 'n stof wat die tempo van 'n reaksie
verhoog sonder om self tydens die reaksie verbruik te word (1)
1.5 Die chemiese naam vir pekelwater (1)
[5]
VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.
2.1 Beskou die organiese verbinding wat hieronder voorgestel word.
H H H
H C C C C H
H H
H C H
H
Die verbinding is ...
A versadig en vertak.
B onversadig en vertak.
C versadig en het 'n reguit ketting.
D onversadig en het 'n reguit ketting. (2)
2.2 'n Struktuurisomeer van butaan is ...
A propaan.
B 2-metielbutaan.
C 2-metielpropaan.
D 2,2-dimetielpropaan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/November 2012
NSS
2.3 Die alkohole vorm 'n homoloë reeks. Dit beteken alkohole het ...
A soortgelyke chemiese eienskappe.
B soortgelyke fisiese eienskappe.
C dieselfde molekulêre formule.
D dieselfde struktuurformule. (2)
2.4 Die energieverspreidingsdiagramme vir deeltjies in 'n vaste massa gas by
twee verskillende temperature, T 1 en T 2 , word hieronder getoon.
T1
Getal deeltjies
T2
Kinetiese energie
Watter EEN van die volgende is die korrekte interpretasie van die diagramme
namate die temperatuur van die gas van T 1 na T 2 verander?
Aktiveringsenergie Getal effektiewe
(E A) botsings
A Bly dieselfde Vermeerder
B Verminder Verminder
C Verminder Vermeerder
D Bly dieselfde Verminder
(2)
2.5 Die uitdrukking vir die ewewigskonstante (K C ) van 'n hipotetiese reaksie word
soos volg gegee:
[D]2 [C]
KC =
[ A ]3
Watter EEN van die volgende vergelykings vir 'n reaksie by ewewig pas by
die uitdrukking hierbo?
A 3A(s) ⇌ C(g) + 2D(g)
B 3A(ℓ) ⇌ C(aq) + 2D(aq)
C 3A(aq) + B(s) ⇌ C(g) + D 2 (g)
D 3A(aq) + B(s) ⇌ C(aq) + 2D(aq) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 5 DBE/November 2012
NSS
2.6 Die reaksie wat deur die gebalanseerde vergelyking hieronder voorgestel
word, bereik ewewig in 'n geslote houer.
2NO 2 (g) ⇌ N 2 O 4 (g) ΔH < 0
Watter EEN van die volgende veranderings sal die opbrengs van N 2 O 4 (g)
VERHOOG?
A Voeg 'n katalisator by.
B Verwyder NO 2 -gas uit die houer.
C Verhoog die temperatuur van die sisteem.
D Verlaag die temperatuur van die sisteem. (2)
2.7 In 'n redoksreaksie word 'n oksideermiddel ...
A gereduseer omdat dit elektrone verloor.
B gereduseer omdat dit elektrone opneem.
C geoksideer omdat dit elektrone verloor.
D geoksideer omdat dit elektrone opneem. (2)
2.8 In 'n galvaniese (voltaïese) sel beweeg elektrone van die ...
A anode na die katode deur die soutbrug.
B katode na die anode deur die soutbrug.
C anode na die katode in die eksterne stroombaan.
D katode na die anode in die eksterne stroombaan. (2)
2.9 Gedurende die ontginning van aluminium uit aluminiumoksied word krioliet
bygevoeg om ...
A die opbrengs van aluminium te verhoog.
B die opbrengs van aluminium te verlaag.
C die smeltpunt van aluminiumoksied te verhoog.
D die smeltpunt van aluminiumoksied te verlaag.
(2)
2.10 Watter EEN van die volgende is 'n primêre voedingstof wat deur plante
benodig word?
A N
B C
C Mg
D Na (2)
[20]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 6 DBE/November 2012
NSS
AFDELING B
INSTRUKSIES
1. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
2. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 3.1 en
VRAAG 3.2.
3. Toon die formules en substitusie in ALLE berekeninge.
4. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die letters A tot F in die tabel hieronder stel ses organiese verbindings voor.
A CH C CH2 CH2 CH3 B CH 3 CH 2 CH 2 CHCH 3
|
OH
CH3
C CH2 C CH2 D Pentanoësuur
CH3
H H H O O
E H C C C C H F CH3 CH2 O C CH2 CH3
H H C HH
H
3.1 Skryf die letter(s) neer wat elk van die volgende voorstel:
('n Verbinding kan meer as een maal gebruik word.)
3.1.1 'n Alkyn (1)
3.1.2 Twee verbindings wat struktuurisomere is (2)
3.1.3 'n Verbinding wat 'n karboksielgroep bevat (1)
3.1.4 'n Aldehied (1)
3.1.5 'n Alkohol (1)
3.2 Skryf neer die:
3.2.1 IUPAC-naam van verbinding C (2)
3.2.2 Struktuurformule van verbinding D (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 7 DBE/November 2012
NSS
3.3 Verbinding F word in die laboratorium berei.
3.3.1 Hoe kan 'n mens vinnig vasstel of verbinding F wel gevorm word? (1)
3.3.2 Skryf die IUPAC-naam neer van die alkohol wat benodig word om
verbinding F te berei. (2)
3.3.3 Skryf die IUPAC-naam van verbinding F neer. (2)
[15]
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Gedurende 'n praktiese ondersoek is die kookpunte van die eerste ses reguitketting-
ALKANE bepaal en die resultate is in die tabel hieronder opgeteken.
ALKAAN MOLEKULÊRE KOOKPUNT
FORMULE (°C)
Metaan CH 4 -164
Etaan C2H6 -89
Propaan C3H8 -42
Butaan C 4 H 10 -0,5
Pentaan C 5 H 12 36
Heksaan C 6 H 14 69
4.1 Skryf neer die:
4.1.1 Belangrikste gebruik van die alkane in die tabel hierbo (1)
4.1.2 Algemene formule van die alkane (1)
Verwys na die tabel om VRAAG 4.2 en VRAAG 4.3 hieronder te beantwoord.
4.2 Vir hierdie ondersoek, skryf die volgende neer:
4.2.1 Afhanklike veranderlike (1)
4.2.2 Onafhanklike veranderlike (1)
4.2.3 Gevolgtrekking wat uit die resultate hierbo gemaak kan word (2)
4.3 Skryf die NAAM van 'n alkaan neer wat by 25 °C 'n vloeistof is. (1)
4.4 Alkane brand geredelik in suurstof. Skryf 'n gebalanseerde vergelyking neer,
deur molekulêre formules te gebruik, vir die verbranding van propaan in 'n
oormaat suurstof. (3)
4.5 Sal die kookpunte van die struktuurisomere van heksaan HOËR AS, LAER
AS of GELYK AAN dié van heksaan wees? Verwys na MOLEKULÊRE
STRUKTUUR, INTERMOLEKULÊRE KRAGTE en ENERGIE BENODIG om
die antwoord te verduidelik. (4)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 8 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die vloeidiagram hieronder toon aan hoe drie organiese verbindings uit
2-bromo-3-metielbutaan berei kan word.
Verbinding A Verbinding B
Reaksie 1 Reaksie 2
Reaksie 3
2-bromo-3-metielbutaan
'n Alkeen
5.1 Skryf neer die:
5.1.1 Homoloë reeks waaraan 2-bromo-3-metielbutaan behoort (1)
5.1.2 Struktuurformule van 2-bromo-3-metielbutaan (2)
5.2 Reaksie 2 vind plaas in die teenwoordigheid van 'n verdunde
natriumhidroksied-oplossing.
Skryf neer die:
5.2.1 Naam van die tipe reaksie wat plaasvind (1)
5.2.2 Struktuurformule van verbinding B (2)
5.3 Reaksie 1 vind in die teenwoordigheid van gekonsentreerde natrium-
hidroksied plaas.
Skryf neer:
5.3.1 'n Ander reaksietoestand wat vir hierdie reaksie benodig word (1)
5.3.2 Die naam van die tipe reaksie wat plaasvind (1)
5.3.3 Die struktuurformule van verbinding A, die hoofproduk wat gevorm
word (2)
5.4 Reaksie 3 vind plaas wanneer verbinding B in die teenwoordigheid van
gekonsentreerde swawelsuur verhit word. Skryf die IUPAC-naam neer van
die hoofproduk wat gevorm word. (2)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 9 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Kalsiumkarbonaatstukkies word by 'n oormaat verdunde soutsuuroplossing gevoeg in
'n fles wat op 'n skaal geplaas is soos hieronder getoon. Die watteprop in die bek van
die fles voorkom storting van reaktanse en produkte, maar laat terselfdertyd die
gevormde gas toe om te ontsnap. Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie wat
plaasvind, is:
CaCO 3 (s) + 2HCℓ(aq) → CaCℓ 2 (aq) + CO 2 (g) + H 2 O(ℓ)
Watteprop
Verdunde Gasborrels
soutsuur
Kalsiumkarbonaatstukkies
Skaal
6.1 Skryf die NAAM neer van die gas wat deur die watteprop ontsnap terwyl die
reaksie plaasvind. (1)
Die massaverlies van die fles en sy inhoud word in intervalle van 2 minute aangeteken.
Die resultate verkry, word in die grafiek hieronder voorgestel.
Grafiek van massaverlies teenoor tyd
4,5
4,0 • • •
• •
Massaverlies (g)
3,5
3,0 • •
2,5
2,0 •
1,5
1,0
0,5
0 •0 5 10 15 20
Tyd (minute)
6.2 Uit die grafiek, skryf die volgende neer:
6.2.1 Die koördinate van die punt wat resultate voorstel wat verkeerd
gemeet is (1)
6.2.2 Hoe lank (in minute) die reaksie aanhou (1)
6.2.3 Hoe lank (in minute) dit neem vir 75% (driekwart) van die reaksie
om plaas te vind (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 10 DBE/November 2012
NSS
6.3 Die eksperiment word nou herhaal deur 'n hoër konsentrasie soutsuur te
gebruik. Daar word gevind dat die tempo van die reaksie VERHOOG.
Gebruik die botsingsteorie om hierdie waarneming te verduidelik. (2)
6.4 Hoe sal 'n hoër soutsuurkonsentrasie elk van die volgende beïnvloed:
Skryf slegs VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE neer.
6.4.1 Massaverlies per eenheidstyd (1)
6.4.2 Totale massaverlies (1)
6.4.3 Tyd wat dit die reaksie neem om voltooiing te bereik (1)
6.5 Afgesien van konsentrasie- en temperatuurveranderings, skryf TWEE ander
veranderings neer wat gemaak kan word om die tempo van hierdie reaksie te
verhoog. (2)
6.6 Bereken die massa kalsiumkarbonaat wat verbruik is wanneer hierdie reaksie
voltooi is. Aanvaar dat al die gevormde gas uit die fles ontsnap het. (5)
[16]
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Hipotetiese reaksie word deur die gebalanseerde vergelyking hieronder voorgestel.
A(g) + 2B(g) ⇌ 2C(g)
Aanvanklik word 3 mol A(g) en 6 mol B(g) in 'n 5 dm3 verseëlde houer gemeng.
Wanneer die reaksie ewewig by 25 °C bereik, word gevind dat daar 4 mol B(g)
teenwoordig is.
7.1 Definieer die term chemiese ewewig. (2)
7.2 Toon deur middel van berekening dat die ewewigskonsentrasie
van C(g) 0,4 mol∙dm-3 is. (3)
7.3 Hoe sal 'n toename in druk, deur die volume van die houer te verklein, die
hoeveelheid C(g) in die houer by 25 °C beïnvloed?
Skryf VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE neer. Verduidelik
die antwoord. (3)
7.4 Die aanvanklike getal mol B(g) word nou vermeerder terwyl die aanvanklike
getal mol A(g) konstant bly by 25 °C.
Bereken die getal mol B(g) wat by die oorspronklike hoeveelheid (6 mol)
GEVOEG moet word sodat die konsentrasie van C(g) by ewewig 0,8 mol∙dm-3
is. Die ewewigskonstante (K C ) vir hierdie reaksie by 25 °C is 0,625. (9)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 11 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
8.1 'n Strook aluminium word in 'n beker geplaas wat 'n blou oplossing van 'n
koper(II)sout bevat. Na 'n tyd word die oplossing kleurloos.
Termometer
Cu2+(aq)
Aℓ
8.1.1 Hoe sal die lesing op die termometer verander namate die reaksie
verloop? Skryf VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE
neer. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
8.1.2 Verwys na die reduserende vermoë van aluminium om te
verduidelik waarom die oplossing kleurloos word. (2)
8.1.3 Skryf die gebalanseerde netto IONIESE vergelyking neer vir die
reaksie wat plaasvind. (3)
8.2 Die elektrochemiese sel hieronder getoon, funksioneer by standaard-
toestande.
V
Cu soutbrug Aℓ
Cu2+(aq) Aℓ3+(aq)
8.2.1 Watter elektrode (Cu of Aℓ) is die anode? (1)
8.2.2 Skryf die selnotasie vir hierdie sel neer. (3)
8.2.3 Bereken die emk van hierdie sel. (4)
Die soutbrug word nou verwyder.
8.2.4 Wat sal die lesing op die voltmeter wees? Gee 'n rede vir jou
antwoord. (2)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 12 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die vereenvoudigde diagram hieronder toon 'n elektrolitiese sel wat by 'n
elektroplateringsmaatskappy gebruik word om ysterlepels met silwer te bedek.
GS-kragbron
Elektrode Y Elektroliet X Ysterlepels
9.1 Skryf die energie-omskakeling neer wat in hierdie sel plaasvind. (1)
9.2 Gelykstroom (GS) word in hierdie proses gebruik. Gee 'n rede waarom
wisselstroom (WS) NIE gebruik word NIE. (1)
9.3 Watter tipe reaksie (OKSIDASIE of REDUKSIE) vind by die lepels plaas? (1)
9.4 Skryf neer die:
9.4.1 Vergelyking vir die halfreaksie wat by elektrode Y plaasvind (2)
9.4.2 NAAM of FORMULE van elektroliet X (1)
9.5 Gee 'n rede waarom die konsentrasie van elektroliet X tydens elektroplatering
konstant bly. (2)
9.6 Afgesien van die inkomste wat daaruit verdien word, skryf EEN belangrike
rede neer waarom die maatskappy die lepels elektroplateer. (1)
9.7 Noem die TWEE vernaamste uitgawes vir die maatskappy tydens die proses. (2)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 13 DBE/November 2012
NSC
VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die volgende halfreaksies vind plaas wanneer 'n nie-herlaaibare alkaliese sel in
gebruik is:
Zn(s) + 2OH-(aq) → ZnO(s) + H 2 O(ℓ) + 2e- ……......…….(1)
MnO 2 (s) + 2H 2 O(ℓ) + 2e- → Mn(OH) 2 (s) + 2OH-(aq) …....(2)
10.1 Skryf die algemene naam neer wat vir nie-herlaaibare selle gebruik word. (1)
10.2 Watter EEN van die vergelykings hierbo (1 of 2) stel die halfreaksie voor wat
by die katode plaasvind? Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
10.3 Gee 'n rede waarom die sel 'doodgaan' nadat dit vir 'n tydperk stroom gelewer
het. (1)
10.4 Die emk van die alkaliese sel is 1,5 V. Die maksimum elektriese arbeid wat
deur hierdie sel verrig kan word, is 3 x 104 J.
Bereken die:
10.4.1 Selkapasiteit van hierdie sel in A∙h (4)
10.4.2 Maksimum konstante stroom wat hierdie sel vir 20 uur kan lewer (3)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 14 DBE/November 2012
NSC
VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
11.1 Die vloeidiagram hieronder stel prosesse voor wat in die kunsmisnywerheid
gebruik word.
Lug Proses X Stikstof Waterstof
Proses Y
Proses Z
Ammoniak
Suur R
Ammoniumsulfaat
Skryf neer:
11.1.1 Die naam van industriële proses X (1)
11.1.2 'n Gebalanseerde vergelyking vir proses Y (3)
11.1.3 Die naam van industriële proses Z (1)
11.1.4 'n Gebalanseerde vergelyking vir die bereiding van ammonium-
sulfaat deur suur R te gebruik (3)
11.1.5 Die naam van die tipe reaksie wat in VRAAG 11.1.4 plaasvind (1)
11.2 Ammoniumnitraat is een van die algemeenste verbindings wat as kunsmis
gebruik word.
11.2.1 Skryf die NAAM of FORMULE neer van die suur wat benodig word
vir die bereiding van ammoniumnitraat uit ammoniak. (1)
11.2.2 Skryf TWEE eienskappe van ammoniumnitraat neer wat dit geskik
maak vir gebruik as 'n kunsmis. (2)
[12]
TOTAAL AFDELING B: 125
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 DBE/November 2012
NSS
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 2 (CHEMISTRY)
TABEL 1: FISIESE KONSTANTES/TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS
NAAM/NAME SIMBOOL/SYMBOL WAARDE/VALUE
Standaarddruk
pθ 1,013 x 105 Pa
Standard pressure
Molêre gasvolume by STD
Vm 22,4 dm3∙mol-1
Molar gas volume at STP
Standaardtemperatuur
Standard temperature Tθ 273 K
Lading op elektron
e -1,6 x 10-19 C
Charge on electron
TABEL 2: FORMULES/TABLE 2: FORMULAE
n
c=
V
m
n= of/or
M
m
c=
MV
θ θ
E sel = E katode − E θanode / Eθcell = Eθcathode − Eθanode
of/or
q = I∆t
E θsel = E reduksie
θ
− E θoksidasie / E θcell = E reduction
θ
− E θoxidation
W = Vq
of/or
θ θ θ
E θsel = E θoksideermiddel − E reduseermi
θ
ddel / E cell = E oxidising agent − E reducing agent
Kopiereg voorbehou
Fisiese Wetenskappe/V2
Downloaded from hlayiso.com DBE/November 2012
NSS
TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
Atoomgetal
1 KEY/SLEUTEL Atomic number 2
2,1 H He
1 4
29
3 4 Elektronegatiwiteit Simbool 5 6 7 8 9 10
1,0 1,5 1,9 Cu 2,0 2,5 3,0 3,5 4,0
Li Be Electronegativity
63,5
Symbol B C N O F Ne
7 9 11 12 14 16 19 20
11 12 13 14 15 16 17 18
0,9 Na 1,2 Mg Benaderde relatiewe atoommassa
Approximate relative atomic mass
1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar
23 24 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn
133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209
87 88 89
0,7 Fr 0,9 Ra Ac 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
226
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 DBE/November 2012
NSS
TABEL 4A: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE
TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
θ
Halfreaksies/Half-reactions E (V)
− −
F 2 (g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
3+ − 2+
Co +e ⇌ Co + 1,81
H 2 O 2 + 2H +2e−
+
⇌ 2H 2 O +1,77
−
MnO 4 + 8H + 5e−
2+
⇌
+
Mn + 4H 2 O + 1,51
− −
Cℓ 2 (g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
2−
Cr 2 O 7 + 14H + 6e−
3+
⇌
+
2Cr + 7H 2 O + 1,33
+ −
O 2 (g) + 4H + 4e ⇌ 2H 2 O + 1,23
+ − 2+
MnO 2 + 4H + 2e ⇌ Mn + 2H 2 O + 1,23
Pt + 2e−
2+
⇌ Pt + 1,20
Br 2 (ℓ) + 2e− ⇌ 2Br− + 1,07
−
NO 3 + 4H + 3e−
+
⇌ NO(g) + 2H 2 O + 0,96
Toenemende reduserende vermoë/Increasing reducing ability
−
Hg
2+
+ 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
Ag + e−
+
⇌
Toenemende oksiderende vermoë/Increasing oxidising ability
Ag + 0,80
−
NO 3 + 2H + e−
+
⇌ NO 2 (g) + H 2 O + 0,80
+ e−
3+ 2+
Fe ⇌ Fe + 0,77
O 2 (g) + 2H + 2e−
+
⇌ H2O2 + 0,68
− −
I 2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
+ −
Cu + e ⇌ Cu + 0,52
SO 2 + 4H + 4e−
+
⇌ S + 2H 2 O + 0,45
2H 2 O + O 2 + 4e− ⇌ 4OH− + 0,40
2+ −
Cu + 2e ⇌ Cu + 0,34
2−
SO 4 + 4H + 2e− ⇌
+
SO 2 (g) + 2H 2 O + 0,17
2+ − +
Cu +e ⇌ Cu + 0,16
4+ − 2+
Sn + 2e ⇌ Sn + 0,15
S + 2H + 2e−
+
⇌ H 2 S(g) + 0,14
+ −
2H + 2e ⇌ H 2 (g) 0,00
+ 3e− − 0,06
3+
Fe ⇌ Fe
+ 2e− − 0,13
2+
Pb ⇌ Pb
+ 2e− − 0,14
2+
Sn ⇌ Sn
+ 2e− − 0,27
2+
Ni ⇌ Ni
−
− 0,28
2+
Co + 2e ⇌ Co
+ 2e− − 0,40
2+
Cd ⇌ Cd
− 2+
− 0,41
3+
Cr +e ⇌ Cr
+ 2e− − 0,44
2+
Fe ⇌ Fe
+ 3e− − 0,74
3+
Cr ⇌ Cr
+ 2e− − 0,76
2+
Zn ⇌ Zn
− −
2H 2 O + 2e ⇌ H 2 (g) + 2OH − 0,83
+ 2e− − 0,91
2+
Cr ⇌ Cr
+ 2e− − 1,18
2+
Mn ⇌ Mn
Aℓ + 3e− Aℓ − 1,66
3+
⇌
−
− 2,36
2+
Mg + 2e ⇌ Mg
Na + e− − 2,71
+
⇌ Na
+ 2e− − 2,87
2+
Ca ⇌ Ca
−
− 2,89
2+
Sr + 2e ⇌ Sr
+ 2e− − 2,90
2+
Ba ⇌ Ba
+ -
Cs + e ⇌ Cs - 2,92
K + e− − 2,93
+
⇌ K
Li + e− − 3,05
+
⇌ Li
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 DBE/November 2012
NSS
TABEL 4B: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE
TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
θ
Halfreaksies/Half-reactions E (V)
−
− 3,05
+
Li + e ⇌ Li
K + e− − 2,93
+
⇌ K
−
− 2,92
+
Cs + e ⇌ Cs
+ 2e− − 2,90
2+
Ba ⇌ Ba
−
− 2,89
2+
Sr + 2e ⇌ Sr
+ 2e− − 2,87
2+
Ca ⇌ Ca
Na + e− − 2,71
+
⇌ Na
−
− 2,36
2+
Mg + 2e ⇌ Mg
Aℓ + 3e− Aℓ − 1,66
3+
⇌
−
− 1,18
2+
Mn + 2e ⇌ Mn
Toenemende oksiderende vermoë/Increasing oxidising ability
+ 2e− − 0,91
2+
Cr ⇌ Cr
2H 2 O + 2e− ⇌ H 2 (g) + 2OH− − 0,83
Toenemende reduserende vermoë/Increasing reducing ability
−
− 0,76
2+
Zn + 2e ⇌ Zn
+ 3e− − 0,74
3+
Cr ⇌ Cr
+ 2e− − 0,44
2+
Fe ⇌ Fe
− 2+
− 0,41
3+
Cr +e ⇌ Cr
+ 2e− − 0,40
2+
Cd ⇌ Cd
+ 2e− − 0,28
2+
Co ⇌ Co
−
− 0,27
2+
Ni + 2e ⇌ Ni
+ 2e− − 0,14
2+
Sn ⇌ Sn
−
− 0,13
2+
Pb + 2e ⇌ Pb
+ 3e− − 0,06
3+
Fe ⇌ Fe
2H + 2e−
+
⇌ H 2 (g) 0,00
S + 2H + 2e−
+
⇌ H 2 S(g) + 0,14
4+ − 2+
Sn + 2e ⇌ Sn + 0,15
+ e−
2+ +
Cu ⇌ Cu + 0,16
2−
SO 4 + 4H + 2e− ⇌
+
SO 2 (g) + 2H 2 O + 0,17
2+ −
Cu + 2e ⇌ Cu + 0,34
− −
2H 2 O + O 2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
SO 2 + 4H + 4e−
+
⇌ S + 2H 2 O + 0,45
+ −
Cu + e ⇌ Cu + 0,52
− −
I 2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
O 2 (g) + 2H + 2e−
+
⇌ H2O2 + 0,68
3+ − 2+
Fe +e ⇌ Fe + 0,77
−
NO 3 + 2H + e−
+
⇌ NO 2 (g) + H 2 O + 0,80
+ −
Ag + e ⇌ Ag + 0,80
−
Hg
2+
+ 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
−
NO 3 + 4H + 3e−
+
⇌ NO(g) + 2H 2 O + 0,96
− −
Br 2 (ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
+ 2 e−
2+
Pt ⇌ Pt + 1,20
+ − 2+
MnO 2 + 4H + 2e ⇌ Mn + 2H 2 O + 1,23
O 2 (g) + 4H + 4e−
+
⇌ 2H 2 O + 1,23
2−
Cr 2 O 7 + 14H + 6e−
3+
⇌
+
2Cr + 7H 2 O + 1,33
− −
Cℓ 2 (g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
−
MnO 4 + 8H + 5e−
2+
⇌
+
Mn + 4H 2 O + 1,51
+ −
H 2 O 2 + 2H +2 e ⇌ 2H 2 O +1,77
+ e−
3+ 2+
Co ⇌ Co + 1,81
F 2 (g) + 2e− ⇌ 2F− + 2,87
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Eng)
%20(English)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--3dab9d57-5de4-490a-97e3-0f084f65f7e2/v1-31d892ee09c2834487dd/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2012 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper