Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)
NOVEMBER 2017
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 3 gegewensblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 550.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
NSC November Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op
die ANTWOORDEBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
9. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 Die versnelling as gevolg van gravitasie op Aarde is groter as dié op die
maan.
Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?
A Die gewig van 'n voorwerp op die Aarde is dieselfde as dié op die maan.
B Die massa van 'n voorwerp op die Aarde is dieselfde as dié op die maan.
C Die massa van 'n voorwerp op die Aarde is groter as dié op die maan.
D Die gewig van 'n voorwerp op die Aarde is minder as dié op die maan. (2)
1.2 Die kragtediagram hieronder toon die kragte wat op 'n houer inwerk.
N
F
θ
w
Watter EEN van die volgende vergelykings is KORREK vir die
grootte van die normaalkrag (N)?
A N = w + Fcosθ
B N = w + Fsinθ
C N = w – Fcosθ
D N = w – Fsinθ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 4 DBE/November 2017
NSS
1.3 'n Klip word vertikaal opwaarts teen 'n spoed van v m∙s-1 vanaf die bopunt van
'n gebou geprojekteer. Die posisie-tyd-grafiek hieronder verteenwoordig die
beweging van die klip. Ignoreer die effekte van lugweerstand.
y (m)
0 t1 t (s)
Watter EEN van die kombinasies hieronder oor die groottes van die klip se
snelheid en versnelling, by tyd t 1 , is KORREK?
GROOTTE VAN SNELHEID GROOTTE VAN VERSNELLING
(m∙s-1) (m∙s-2)
A 0 9,8
B 0 0
C v 0
D v 9,8 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 5 DBE/November 2017
NSS
1.4 'n Trollie met massa m beweeg teen konstante snelheid v na regs op 'n
wrywinglose horisontale oppervlak. 'n Bal klei, ook met massa m, wat
vertikaal laat val word, val op die trollie by tyd t, soos in die diagram hieronder
getoon word.
Bal klei m
v
m
Die bal klei sit aan die trollie vas.
Watter EEN van die snelheid-tyd-grafieke hieronder is die KORREKTE
voorstelling van die snelheid van die trollie voor en na tyd t?
v v
v (m∙s-1)
A v (m∙s-1) t B t t(s)
t(s)
-½v
-v
2v
C v (m∙s-1) v D v (m∙s-1) v
½v
t t t(s)
t(s)
(2)
1.5 'n Persoon lig 'n krat teen konstante snelheid vertikaal opwaarts deur 'n
afstand h. Die persoon verrig in tyd t arbeid x op die krat.
Die persoon tel nou dieselfde krat teen konstante snelheid vertikaal opwaarts
deur dieselfde afstand, maar in tyd 2t.
Die arbeid wat die persoon op die krat verrig, sal nou ... wees.
A ½x
B x
C 2x
D 4x (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 6 DBE/November 2017
NSS
1.6 Die golflengtes van lig wat deur 'n afgeleë ster uitgestraal word, lyk korter
wanneer dit vanaf die Aarde waargeneem word. Hieruit kan ons aflei dat die
ster ...
A na die Aarde toe beweeg en die lig blouverskuiwing ondergaan.
B na die Aarde toe beweeg en die lig rooiverskuiwing ondergaan.
C weg van die Aarde af beweeg en die lig rooiverskuiwing ondergaan.
D weg van die Aarde af beweeg en die lig blouverskuiwing ondergaan. (2)
1.7 Twee identiese ligte grafietbedekte sfere, P 1 en P 2 , word met gebruik van
identiese dun geïsoleerde draadjies laat hang. P 1 is gelaai, maar P 2 is
neutraal. Die sfere word dan met mekaar in kontak gebring, soos in diagram I
getoon. Daarna neem die sfere die posisies in, soos in diagram II getoon.
Diagram I Diagram II
θ θ
P1 P2
P1 P2
Watter EEN van die volgende stellings oor die ladings op die sfere verduidelik
moontlik waarom die sfere weg van mekaar beweeg nadat hulle geraak het,
soos in diagram II getoon?
TEKEN VAN TEKEN VAN GROOTTE VAN
LADING OP P 1 LADING OP P 2 LADINGS OP P 1 EN P 2
A + + Ongelyk
B - - Ongelyk
C + - Gelyk
D + + Gelyk (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 7 DBE/November 2017
NSS
1.8 Wanneer 'n resistor met weerstand R aan 'n battery met emk Ɛ en
weglaatbare interne weerstand, verbind word, is die drywing wat in die
resistor gelewer word, P.
Indien die resistor vervang word met 'n resistor met weerstand 2R, sonder om
die battery te verander, sal die drywing wat verbruik word ... wees.
A ¼P
B ½P
C 2P
D 4P (2)
1.9 Die diagram hieronder toon 'n stroomdraende geleier wat in 'n uniforme
magneetveld lê wat na regs wys. Die stroom vloei in die bladsy in.
geleier
magneetveld
Watter EEN van die volgende pyle toon die rigting van die krag wat deur die
geleier ondervind word as gevolg van die magneetveld?
A B C D
(2)
1.10 Lig met 'n sekere frekwensie word op 'n metaal M geskyn en elektrone word
vanaf die oppervlak vrygestel. Dieselfde ligbron word op 'n ander metaal N
geskyn.
Die elektrone wat vanaf die oppervlak van metaal N vrygestel word, het 'n
baie hoër kinetiese energie as dié vanaf metaal M.
Dit beteken dat ...
A metaal N dieselfde arbeidsfunksie as metaal M het.
B metaal N 'n groter arbeidsfunksie as metaal M het.
C die drumpelfrekwensie van metaal N hoër is as dié van metaal M.
D die drumpelfrekwensie van metaal N laer is as dié van metaal M. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 8 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
2.1 'n 8 kg-blok, P, word teen KONSTANTE SPOED deur konstante krag F teen
'n hoek van 30o met die horisontaal teen 'n ruwe skuinsvlak opgetrek.
Krag F is parallel aan die skuinsvlak, soos in die diagram hieronder getoon.
P F
8 kg
30o
2.1.1 Stel Newton se Eerste Wet in woorde. (2)
2.1.2 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram vir blok P. (4)
Die kinetiese wrywingskrag tussen die blok en die oppervlak van die
skuinsvlak is 20,37 N.
2.1.3 Bereken die grootte van krag F. (5)
Krag F word nou verwyder en die blok VERSNEL teen die helling af.
Die kinetiese wrywingskrag bly 20,37 N.
2.1.4 Bereken die grootte van die versnelling van die blok. (4)
2.2 'n 200 kg-rots lê op die oppervlak van 'n planeet. Die versnelling as gevolg
van gravitasie op die oppervlak van die planeet is 6,0 m·s-2.
2.2.1 Stel Newton se Universele Gravitasiewet in woorde. (2)
2.2.2 Bereken die massa van die planeet indien sy radius 700 km is. (4)
[21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 9 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Klip A word vertikaal opwaarts geprojekteer teen 'n spoed van 12 m∙s-1 vanaf 'n
hoogte h bokant die grond. Ignoreer die effekte van lugweerstand.
3.1 Bereken die tyd wat klip A neem om sy maksimum hoogte te bereik. (3)
Op dieselfde oomblik wat klip A opwaarts geprojekteer word, word klip B vanaf
dieselfde hoogte met 'n onbekende spoed, v, vertikaal afwaarts gegooi. Verwys na die
diagram hieronder.
12 m∙s-1
A B
v
h
grond
Wanneer klip A sy maksimum hoogte bereik, is die spoed van klip B 3v.
3.2 Bereken die spoed, v, waarmee klip B afwaarts gegooi word. (4)
Die oomblik wat klip A sy aanvanklike posisie op sy pad afwaarts verbysteek, tref
klip B die grond.
3.3 Bereken die hoogte h. (3)
3.4 Skets snelheid-tyd-grafieke vir die volledige bewegings van klip A en B op
dieselfde assestelsel. Benoem jou grafieke vir klip A en B duidelik.
Toon die volgende op die grafieke:
• Die tyd wat dit klip A neem om sy maksimum hoogte te bereik
• Die snelheid waarmee klip B afwaarts gegooi word (4)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 10 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n 2 kg-blok in rus op 'n gladde, wrywinglose, horisontale tafel. Die lengte van die blok
is x.
'n Koeël met massa 0,015 kg, wat ooswaarts teen 400 m∙s-1 beweeg, tref die blok en
beweeg regdeur met konstante versnelling. Verwys na die diagram hieronder. Ignoreer
enige verlies van massa van die koeël en die blok.
VOOR NA N
0,7 m∙s-1 O
400 m∙s-1 W
koeël 2 kg
S
x x
4.1 Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde. (2)
Die blok beweeg ooswaarts teen 0,7 m∙s-1 nadat die koeël daaruit te voorskyn
gekom het.
4.2 Bereken die grootte van die snelheid van die koeël onmiddellik nadat dit uit
die blok te voorskyn kom. (4)
4.3 Indien dit die koeël 0,002 s neem om deur die blok te beweeg, bereken die
lengte, x, van die blok. (5)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 11 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
In die diagram hieronder word 'n 4 kg-blok wat op 'n ruwe, horisontale oppervlak lê,
aan 'n 6 kg-blok verbind met 'n ligte, onrekbare toutjie wat oor 'n ligte, wrywinglose
katrol hang.
Aanvanklik word die blokke IN RUS GEHOU.
4 kg
6 kg
1,6 m
6 kg
5.1 Stel die arbeid-energie-stelling in woorde. (2)
Wanneer die blokke losgelaat word, val die 6 kg-blok deur 'n vertikale afstand
van 1,6 m.
5.2 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram vir die 6 kg-blok. (2)
5.3 Bereken die arbeid wat deur die gravitasiekrag op die 6 kg-blok verrig word. (3)
Die kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen die 4 kg-blok en die horisontale oppervlak is
0,4. Ignoreer die effekte van lugweerstand.
5.4 Gebruik energiebeginsels om die spoed van die 6 kg-blok te bereken
wanneer dit deur 1,6 m val, terwyl dit steeds aan die 4 kg-blok verbind is. (5)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 12 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Polisiemotor wat teen 'n konstante snelheid beweeg met sy sirene aan, ry verby
'n stilstaande luisteraar.
Die grafiek hieronder toon die veranderinge in die frekwensie van die sirene se klank
wat deur die luisteraar waargeneem word.
180
170
Frekwensie (Hz)
160
150
140
130
120
110
0
tyd (s)
6.1 Stel die Doppler-effek in woorde. (2)
6.2 Skryf die frekwensie van die klank neer wat deur die luisteraar waargeneem
word soos die polisiemotor:
6.2.1 Die luisteraar nader (1)
6.2.2 Weg van die luisteraar af beweeg (1)
6.3 Bereken die spoed van die polisiemotor. Neem die spoed van klank in lug as
340 m∙s-1. (6)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 13 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Twee klein sfere, X en Y, wat ladings van +6 x 10-6 C en +8 x 10-6 C onderskeidelik
dra, word 0,20 m van mekaar af in lug geplaas.
0,20 m
X ● -6 ●Y -6
+6 x 10 C +8 x 10 C
7.1 Stel Coulomb se wet in woorde. (2)
7.2 Bereken die grootte van die elektrostatiese krag wat deur gelaaide sfeer X
ondervind word. (4)
'n Derde sfeer, Z, met 'n onbekende negatiewe lading, word nou op 'n afstand
van 0,30 m onderkant sfeer Y op só 'n manier geplaas dat die lyn wat gelaaide sfeer X
en Y verbind, loodreg is op die lyn wat die gelaaide sfeer Y en Z verbind, soos in die
diagram hieronder getoon.
0,20 m
6 x 10-6 C 8 x10-6 C
X
● ●Y
0,30 m
●Z
7.3 Teken 'n vektordiagram wat die rigtings van die elektrostatiese kragte en die
netto krag toon wat deur gelaaide sfeer Y ondervind word as gevolg van die
teenwoordigheid van gelaaide sfeer X en Z onderskeidelik. (3)
7.4 Die grootte van die netto elektrostatiese krag wat deur gelaaide sfeer Y
ondervind word, is 15,20 N. Bereken die lading op sfeer Z. (4)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 14 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
A en B is twee klein sfere wat deur 'n afstand van 0,70 m van mekaar geskei word.
Sfeer A dra 'n lading van +1,5 x 10-6 C en sfeer B dra 'n lading van -2,0 x 10-6 C.
0,70 m
0,40 m
A ● P
● B
+1,5 x 10-6 C -2,0 x 10-6 C
P is 'n punt tussen sfeer A en B en is 0,40 m vanaf sfeer A, soos in die diagram hierbo
getoon.
8.1 Definieer die term elektriese veld by 'n punt. (2)
8.2 Bereken die grootte van die netto elektriese veld by punt P. (4)
8.3 'n Puntlading van grootte 3,0 x 10-9 C word nou by punt P geplaas.
Bereken die grootte van die elektrostatiese krag wat deur hierdie lading
ondervind word. (3)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 15 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
9.1 Leerders het die verhouding tussen potensiaalverskil (V) en stroom (I) vir die
kombinasie van twee resistors, R 1 en R 2 , ondersoek. In een eksperiment is
resistor R 1 en R 2 in parallel verbind. In 'n tweede eksperiment is resistor R 1
en R 2 in serie verbind.
Die leerders het toe grafiek X, die resultate van een van die eksperimente, en
grafiek Y, die resultate van die ander eksperiment gestip, soos hieronder
getoon.
GRAFIEKE VAN POTENSIAALVERSKIL TEENOOR STROOM VIR DIE
KOMBINASIE VAN TWEE RESISTORS IN SERIE EN IN PARALLEL
3,00
2,50
Potensiaalverskil (V)
2,00
X
1,50
1,00
Y
0,50
0 0,25 0,50 0,75
Stroom (A)
9.1.1 Stel Ohm se wet in woorde. (2)
9.1.2 Watter fisiese hoeveelheid word deur die gradiënt (helling) van die
V-I-grafiek verteenwoordig? (1)
9.1.3 Bereken die gradiënt (helling) van grafiek X. (2)
9.1.4 Bepaal die weerstand van resistor R 1 . (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 16 DBE/November 2017
NSS
9.2 Die stroombaan hieronder bestaan uit drie resistors, M, N en T, 'n battery
met emk Ɛ en 'n interne weerstand van 0,9 Ω. Die effektiewe weerstand
tussen punt a en b in die stroombaan is 6 Ω. Die weerstand van resistor T is
1,5 Ω.
V1
a• M N •
b
V2
Ɛ
r = 0,9 Ω
1,5 Ω
● ● T
S
Wanneer skakelaar S gesluit is, is die lesing van 'n hoëweerstand-voltmeter,
V 1 , oor a en b, 5 V.
Bereken die:
9.2.1 Stroom wat deur die battery gelewer word (3)
9.2.2 Emk (Ɛ) van die battery (4)
Voltmeter V 2 se lesing is 2,5 V wanneer die skakelaar gesluit is.
9.2.3 Skryf die weerstand van N neer. (Geen berekening is nodig nie.)
Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 17 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
10.1 Die diagram hieronder toon verskillende posisies (ABCDA) van die lus in
'n GS-generator vir 'n volledige omwenteling. Die lus word kloksgewys in
'n uniforme magneetveld teen 'n konstante spoed gedraai.
Die rigting van die magneetveld word in die diagram hieronder getoon.
magneetveld
10.1.1 Skryf die energie-omskakeling neer wat tydens die werking van die
GS-generator plaasvind. (1)
10.1.2 Skets 'n grafiek om te toon hoe die geïnduseerde emk van die
generator met tyd varieer. Dui posisies A, B, C, D en A duidelik op
die grafiek aan. (2)
10.2 'n Klein WS-generator, wat 'n wgk-spanning van 25 V verskaf, word oor 'n
toestel met 'n weerstand van 20 Ω verbind. Die drade wat die generator aan
die toestel verbind, het 'n totale weerstand van 0,5 Ω. Verwys na die diagram
hieronder.
generator
draad
20 Ω-toestel
10.2.1 Skryf die totale weerstand van die stroombaan neer. (1)
10.2.2 Bereken die gemiddelde drywing wat aan die toestel gelewer word. (5)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 18 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
11.1 'n Onderwyser in 'n wetenskapklas verduidelik hoe verskillende soorte spektra
verkry word. Die onderwyser gebruik die vereenvoudigde diagramme wat
hieronder getoon word vir die verduideliking.
lig
Spektrum Y
warm gas
Diffraksierooster
lig
Spektrum Z
koue gas
warm, gloeiende lamp Diffraksierooster
Benoem die soort spektrum by:
11.1.1 Y (1)
11.1.2 Z (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 19 DBE/November 2017
NSS
11.2 In 'n opgewekte atoom kan elektrone vanaf laer energievlakke na hoër
energievlakke 'spring'. Hulle kan ook vanaf hoër energievlakke na laer
energievlakke 'val'.
Die diagram hieronder (nie volgens skaal geteken nie) toon enkele oorgange
vir elektrone in 'n opgewekte atoom.
E4 2,044 x 10-18 J
Toenemende energie
E3 1,937 x 10-18 J
E2 1,635 x 10-18 J
11.2.1 Lei die oorgange in die diagram aangedui tot ABSORPSIE- of
EMISSIE-spektra? (1)
11.2.2 Bereken die frekwensie van die foton wat gevorm word wanneer 'n
elektron in 'n opgewekte atoom 'n oorgang vanaf E 4 na E 2 maak,
soos in die diagram getoon. (4)
Die drumpelfrekwensie van 'n metaal, Q, is 4,4 x 1014 Hz.
11.2.3 Bereken die kinetiese energie van die mees energieke elektron wat
vrygestel word wanneer die foton, wat in VRAAG 11.2.2 gevorm is,
op die oppervlak van metaal Q inval. (4)
'n Ander metaal, R, het 'n drumpelfrekwensie van 7,5 x 1014 Hz.
11.2.4 Sal die foton, wat in VRAAG 11.2.2 gevorm is, elektrone vanaf die
oppervlak van metaal R kan vrystel? Skryf slegs JA of NEE.
Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
[13]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 1 DBE/November 2017
NSS
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
G 6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstante
Radius of the Earth
RE 6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
ME 5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
k 9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2017
NSS
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f = vi + a ∆t Δx = v i Δt + 21 a∆t 2 or/of Δy = v i Δt + 21 a∆t 2
v + vf v + vf
2 2 2
v f = v i + 2a∆x or/of v f = v i + 2a∆y
2
Δx = i Δt or/of Δy = i Δt
2 2
FORCE/KRAG
Fnet = ma p = mv
f s max = μ sN fk = μk N
Fnet ∆t = ∆p
w = mg
∆p = mv f – mv i
m1m 2 m1m 2 M M
F=G 2 or/of F=G g =G or/of g =G 2
d r2 d2 r
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W = F∆x cos θ U = mgh or/of EP = mgh
Wnet = ∆K or/of Wnet = ∆Ek
1 1
K = mv 2 or/of E k = mv 2
2 2
∆K = K f − K i or/of ∆Ek = Ekf − Eki
W
Wnc = ∆K + ∆U or/of Wnc = ∆Ek + ∆Ep P=
∆t
P ave = Fv ave / P gemid = Fv gemid
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
v=fλ T=
f
v ± vL v ± vL hc
fL = fs fL = fb E = hf or/of E=
v ± vs v ± vb λ
E = Wo + Ek(max) or/of E = Wo + K max where/waar
1 1
E = hf and/en W0 = hf0 and/en Ek (max) = 2
mv max 2
or/of K max = mv max
2 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2017
NSS
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ 1Q 2 kQ
F= E=
r2 r2
W F
V= E=
q q
Q Q
n= or/of n=
e qe
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
emf ( ε ) = I(R + r)
V
R=
I emk ( ε ) = I(R + r)
R s = R1 + R 2 + ...
1 1 1 q = I∆t
= + + ...
R p R1 R 2
W = Vq W
P=
∆t
W = VI ∆ t
P = VI
W = I2R ∆ t
2
P = I 2R
V ∆t
W= V2
R P=
R
ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
Pave = Vrms I rms / Pgemiddeld = Vwgk I wgk
Imax I maks
Irms = / I wgk =
2 2 2
Pave = I rms R / Pgemiddeld = I 2wgk R
Vmax Vmaks
Vrms = / Vwgk = 2
Vrms
2
Vwgk
2 2 Pave = / Pgemiddeld =
R R
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 EC June 2017 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Eng)

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper