Skip to content

Physical Sciences Grade 10 P2 National Exemplar 2012 QP

Question paperPhysical SciencesGrade 10201218 pages

Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the National Exemplar Exam 2012 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2) MODEL 2012 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, 1 gegewensblad, 'n periodieke tabel en 'n antwoordblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDEBOEK neer. 2. Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae. 3. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 4. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 5. JY WORD AANGERAAI OM DIE AANGEHEGTE GEGEWENSBLAAIE TE GEBRUIK. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 1 INSTRUKSIES 1. Beantwoord hierdie vraag op die ANTWOORDBLAD. [LET WEL: Die ANTWOORDBLAD kan óf 'n aparte bladsy wees wat as deel van jou vraestel verskaf word, óf dit kan as deel van die ANTWOORDEBOEK gedruk wees.] Skryf jou naam in die toepaslike ruimte indien 'n aparte ANTWOORDBLAD gebruik word. 2. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) in die blokkie (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) op die ANTWOORDBLAD. 3. Moenie enige ander merke op jou ANTWOORDBLAD maak nie. Enige berekeninge of skryfwerk wat by die beantwoording van hierdie vraag nodig is, moet in die ANTWOORDEBOEK gedoen word en daarna duidelik met 'n streep skuins oor die bladsy deurgehaal word. 4. Indien meer as EEN blokkie gemerk word, sal geen punte vir daardie antwoord toegeken word nie. PLAAS DIE VOLTOOIDE ANTWOORDBLAD VOOR IN JOU ANTWOORDEBOEK INDIEN 'N APARTE ANTWOORDBLAD GEBRUIK WORD. VOORBEELD: VRAAG: Die SI-eenheid van tyd is ... A t. B h. C s. D m. ANTWOORD: A B C D [LET WEL: Hierdie uitleg mag verskil afhangende van die soort ANTWOORDBLAD wat die provinsie gebruik.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 1.1 Kafeïen is 'n verbinding wat in koffiebone voorkom. Die diagram hieronder toon 'n chromatogram van kafeïen en vier verskillende drankies, A tot D. Kafeïen A B C D Watter EEN van die drankies hierbo bevat kafeïen? A A B B C C D D (2) 1.2 Natuurlike stikstof kom as die twee isotope 14N en 15N voor. Hoeveel verskillende tipes stikstofmolekule sal in lug voorkom as gevolg van die kombinasie van bogenoemde atome? A 1 B 2 C 3 D 4 (2) 1.3 In watter EEN van die volgende verbindings het BEIDE ione dieselfde elektronkonfigurasie as argon? A Kalsiumsulfied B Magnesiumoksied C Natriumsulfied D Kalsiumbromied (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 5 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 1.4 Wanneer 'n atoom X van 'n element in Groep 1 reageer om X+ te vorm, … A verhoog die massagetal van X. B verlaag die atoomgetal van X. C verhoog die lading van die kern. D verlaag die getal gevulde energievlakke. (2) 1.5 In watter EEN van die volgende stel 'energie' die eerste ionisasie-energie van natrium voor? A Na(s) + energie → Na+(g) + e- B Na(g) + energie → Na+(g) + e- C Na(s) + energie → Na+(s) + e- D Na(s) + e-→ Na+(g) + energie (2) 1.6 Die korrekte chemiese formule vir kaliumpermanganaat is … A KMnO 4 B KMnO 2 C CaMnO 4 D Ca(MnO 4 ) 2 (2) 1.7 Die getal atome in EEN formule-eenheid van koper(II)sulfaat (CuSO 4 ) is … A 4. B 6. C 16. D 12. (2) 1.8 Watter EEN van die volgende stel een mol gas by STD voor? A 22,4 dm3 Ar B 28 dm3 N 2 C 32 dm3 H 2 D 44,8 dm3 He (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 6 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 1.9 Bestudeer die vergelyking hieronder: 2H 2 (g) + O 2 (g) → 2H 2 O(g) Watter EEN van die stellings hieronder is KORREK? A 2 molekule waterstofgas reageer met 1 atoom suurstofgas om 2 atome waterdamp te vorm. B 4 atome waterstofgas reageer met 2 molekule suurstofgas om 2 mol waterdamp te vorm. C 2 mol waterstofgas reageer met 1 mol suurstofgas om 2 mol waterdamp te vorm. D 4 g waterstofgas reageer met 16 g suurstofgas om 18 g waterdamp te vorm. (2) 1.10 Die hidrosfeer word die beste beskryf as … A die rotslaag wat bokant die aarde se mantel aangetref word. B die warm vloeibare rots wat in die aarde se buitenste kern voorkom. C die baie digte rots wat in die aarde se binneste kern voorkom. D al die water onder, bo-op en bokant die oppervlak van die aarde. (2) [20] BEANTWOORD VRAAG 2–12 IN DIE ANTWOORDEBOEK. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK. 2. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 5. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale plekke af. 6. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 7 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 2.1 Kies 'n item uit KOLOM B wat die beste pas by die beskrywing/item in KOLOM A. Elke item in KOLOM B mag slegs EEN keer gebruik word. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 2.2.1 Kaliumchloriedkristalle A heterogene mengsel 2.2.2 'n Goeie geleier van elektrisiteit B homogene mengsel 2.2.3 'n Niemetaal-element C silikon 2.2.4 Suiker opgelos in water D digtheid 2.2.5 Bloed E swawel 2.2.6 Toenemende geleiding met F verbinding toename in temperatuur G Cu 2.1.7 Massa per volume (7 x 1) (7) 2.2 Vaste koolsuurgas staan soms bekend as droë ys. Onder normale toestande sublimeer droë ys wanneer dit warm word. Definieer die term sublimasie. (2) 2.3 Wanneer jy 'n blok botter uit die yskas haal, is dit hard. Na 15 minute by kamertemperatuur is dit egter sag genoeg om te smeer. Gebruik die kinetiese teorie om die waarneming hierbo te verduidelik. (3) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 8 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Die verhittingskurwe van 'n suiwer stof by atmosferiese druk word in die grafiek hieronder aangetoon. 120 X 90 • Temperatuur (°C) 60 30 0 Tyd (minute) 3.1 Skryf die volgende vir hierdie suiwer stof neer: 3.1.1 Smeltpunt (1) 3.1.2 Kookpunt (1) 3.2 Is hierdie suiwer stof water? Gee 'n rede vir die antwoord. (2) 3.3 Wat is die fisiese toestand van hierdie stof by: 3.3.1 Punt X op die grafiek aangetoon (2) 3.3.2 Kamertemperatuur (1) 3.4 Wat gebeur met die temperatuur terwyl die stof smelt? Verduidelik hierdie waarneming. (3) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 9 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Natrium reageer met chloor om natriumchloried, 'n stof wat in alle huishoudings gebruik word te vorm. 4.1 Skryf neer die: 4.1.1 Huishoudelike naam vir natriumchloried (1) 4.1.2 Chemiese formule van natriumchloried (1) 4.2 Vir die chlooratoom: 4.2.1 Teken die Aufbau-diagram (3) 4.2.2 Skryf die getal valensie-elektrone neer (1) 4.3 Vir die natriumatoom, skryf neer die: 4.3.1 sp-notasie (2) 4.3.2 Getal protone (1) 4.4 Stel die vorming van natriumchloried uit natrium en chloor met behulp van Lewis-diagramme voor. (4) 4.5 Noem die tipe kristalrooster waarvan natriumchloried 'n voorbeeld is. (1) 4.6 'n Chlooratoom kan ook met 'n ander chlooratoom verbind om 'n molekuul te vorm. 4.6.1 Definieer die term molekuul. (2) 4.6.2 Noem die tipe binding wat tussen TWEE chlooratome vorm. (1) 4.6.3 Stel die chloormolekuul met behulp van 'n Lewis-diagram voor. (2) [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 10 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Inligting van ses elemente, voorgestel as P, Q, R, S, T en Y, word in die tabel hieronder gegee. ELEMENT ATOOMGETAL MASSAGETAL ELEKTRONSTRUKTUUR P 16 32 1s22s22p63s23p4 Q 3 7 1s22s1 R 20 40 1s22s22p63s23p64s2 S 18 40 1s22s22p63s23p6 T 17 37 1s22s22p63s23p5 Y 19 39 1s22s22p63s23p64s1 5.1 Watter element (P, Q, R, S, T of Y): 5.1.1 Het 22 neutrone in elke atoom (1) 5.1.2 Is 'n edelgas (1) 5.1.3 Het TWEE kernelektrone in elke atoom (1) 5.2 Twee van die elemente hierbo is in dieselfde groep van die periodieke tabel. Skryf neer: 5.2.1 Die letters wat hierdie TWEE elemente voorstel (2) 5.2.2 Hulle groepnommer op die periodieke tabel (1) 5.3 EEN van die elemente wat hierbo voorgestel word, is kalsium. Skryf neer die: 5.3.1 Letter wat dit voorstel (1) 5.3.2 Vlamkleur wat deur kalsiumsoute voortgebring sal word (1) 5.4 Skryf die formule neer van die verbinding wat vorm deur die kombinasie van elemente: 5.4.1 Q en P (1) 5.4.2 R en T (1) 5.5 Identifiseer element T en skryf sy AZ X -notasie neer. (3) 5.6 'n Ander element, X, kom in die natuur as twee isotope, X-23 en X-25 voor. Die tekening hieronder stel 'n monster van hierdie element voor. = X-25 = X-23 5.6.1 Definieer die term isotoop. (2) 5.6.2 Gebruik die inligting hierbo om die relatiewe atoommassa van element X te bereken. (4) [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 11 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Die ongebalanseerde vergelyking (i) en die woordvergelyking (ii) vir twee chemiese reaksies word hieronder aangetoon. (i) SO 2 (g) + O 2 (g) → SO 3 (g) (ii) Kalsiumkarbonaat → kalsiumoksied + koolstofdioksied 6.1 Watter EEN van die vergelykings (i of ii) hierbo stel die volgende voor: 6.1.1 Ontbindingsreaksie (1) 6.1.2 Sintesereaksie (1) 6.2 Wat stel (g) in vergelyking (i) hierbo voor? (1) 6.3 Skryf 'n gebalanseerde chemiese vergelyking vir die woordvergelyking (ii) neer. Toon die fases van ALLE reaktanse en produkte aan. (4) 6.4 Skryf vergelyking (i) in die ANTWOORDEBOEK neer en balanseer die vergelyking. (1) 6.5 Noem die chemiese wet wat deur 'n gebalanseerde vergelyking voorgestel word. (1) 6.6 Gebruik vergelyking (i) hierbo en toon aan dat massa tydens die reaksie behoue bly. (3) [12] VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 7.1 Die opstelling hieronder word in 'n klas gebruik om die geleiding van 'n oplossing te ondersoek. Die beker word aanvanklik met 250 mℓ gedistilleerde water gevul. Daar word waargeneem dat die gloeilamp nie brand nie. Elektrodes Beker Gedistilleerde water 7.1.1 Gee 'n rede waarom die gloeilamp NIE brand NIE. (1) 'n 15 g-monster ammoniumnitraat word nou in die gedistilleerde water opgelos. Daar word waargeneem dat die gloeilamp helder brand. 7.1.2 Skryf die algemene naam neer wat gebruik word vir 'n waterige oplossing wat elektrisiteit gelei. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 12 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 7.1.3 Skryf die formules van die ione wat in die oplossing teenwoordig is, neer. (1) 7.1.4 Bereken die konsentrasie van die ammoniumnitraatoplossing. (5) 7.2 Leerders kry twee bottels, gemerk A en B. Dit is bekend dat een bottel 'n MgSO 4 -oplossing bevat en dat die ander een 'n BaCℓ 2 -oplossing bevat. Hulle gooi 'n monster uit bottel A in 'n proefbuis en doen twee toetse om die inhoud te identifiseer. Hulle teken hul bevindinge in die tabel hieronder aan. TOETS WAARNEMING Voeg 'n klein hoeveelheid Ba(NO 3 ) 2 (aq) by 'n Wit presipitaat vorm. die monster van bottel A in die proefbuis. Voeg 'n paar druppels verdunde Die wit presipitaat los nie op salpetersuur (HNO 3 ) by die inhoud van die nie. proefbuis. 7.2.1 Skryf die NAAM en FORMULE van die wit presipitaat wat in die proefbuis vorm neer. (2) 7.2.2 Gee 'n rede waarom dit nodig is om salpetersuur by die inhoud van die proefbuis te voeg nadat die presipitaat vorm. (2) 7.2.3 Watter bottel (A of B) bevat die BaCℓ 2 -oplossing? (2) 7.3 Die leerders gooi nou 'n monster uit elk van bottels A en B in twee aparte proefbuise en meng die inhoud van die twee proefbuise. Hulle neem 'n wit presipitaat waar. Monster A Monster B Mengsel + 7.3.1 Skryf 'n gebalanseerde vergelyking vir die reaksie wat in die proefbuis plaasvind neer nadat die twee monsters gemeng is. Toon ALLE fases van reaktanse en produkte aan. (4) 7.3.2 Noem die tipe reaksie wat plaasvind. (1) [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 13 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 8.1 Die reaksie tussen magnesium en verdunde soutsuur word deur die gebalanseerde vergelyking hieronder voorgestel. Mg(s) + 2HCℓ(aq) → MgCℓ 2 (aq) + H 2 (g) Tydens 'n eksperiment reageer 1,5 g magnesium met oormaat verdunde soutsuur om waterstofgas by STD te vorm. Bereken die: 8.1.1 Massa (in gram) waterstofgas wat gevorm word (5) 8.1.2 Volume (in dm3) waterstofgas wat by STD gevorm word (3) 8.1.3 Massa (in gram) MgCℓ 2 wat gevorm word (4) 8.1.4 Getal chlooratome teenwoordig in die MgCℓ 2 wat gevorm (3) 8.2 Daar word gevind dat die molêre massa van gehidrateerde natriumkarbonaat 268 g∙mol-1 is. Die formule van die gehidrateerde natriumkarbonaat is Na 2 CO 3 .xH 2 O. Bereken die getal mol kristalwater (x) in die verbinding. (4) 8.3 Die empiriese formule van 'n sekere verbinding moet bepaal word. Tydens die ontleding van 'n monster van die verbinding word gevind dat dit 71,65% Cℓ, 24,27% C en 4,07% H bevat. 8.3.1 Definieer die term empiriese formule. (2) 8.3.2 Bepaal die empiriese formule van die verbinding. Toon ALLE berekeninge. (5) [26] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 14 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Twee-derdes van ons planeet is met water bedek. Baie van die water word in mere, riviere en oseane aangetref. Water kom ook ondergronds voor. Die diagram hieronder toon aan hoe water konstant op aarde gesirkuleer word. Proses B Waterdamp Son Wolke Proses C Proses A Presipitasie Bome Oppervlakafloop Infiltrering Opgaardam Ondergrondse water 9.1 Skryf die naam neer van proses: 9.1.1 A (1) 9.1.2 B (1) 9.1.3 C (1) 9.2 As gevolg van industrialisasie is suurreën algemeen in sekere areas. 'n Laboratoriumtegnikus toets die suurheid van drie watermonsters wat tydens presipitasie versamel is. Die resultate wat verkry is, word in die tabel hieronder aangetoon. Monster 1 2 3 pH 4,5 6,9 7,2 9.2.1 Watter EEN van die monsters (1, 2 of 3) is NIE veilig vir menslike gebruik nie? Gee 'n rede vir die antwoord. (2) 9.2.2 Swaweldioksied is een van die gasse wat vir suurreën verantwoordelik is. Skryf 'n gebalanseerde vergelyking neer vir die reaksie wat plaasvind wanneer swaweldioksied in water oplos om swaweligsuur te vorm. (3) 9.2.3 Noem EEN negatiewe effek van suurreën op die omgewing. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 15 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model 9.3 Chloor word gebruik vir die suiwering van water. In groot hoeveelhede kan chloor egter skadelik wees vir menslike gebruik. 9.3.1 Gee 'n rede waarom chloor by drinkwater gevoeg word. (2) 'n Sekere verbinding X word aangesuur met salpetersuur en dan by 'n watermonster gevoeg om vir die teenwoordigheid van chloriede in die water te toets. 'n Wit presipitaat vorm. 9.3.2 Skryf die NAAM of FORMULE van verbinding X neer. (2) [13] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10 VRAESTEL 2 (CHEMIE) DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10 PAPER 2 (CHEMISTRY) TABEL 1: FISIESE KONSTANTES/TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS NAAM/NAME SIMBOOL/SYMBOL WAARDE/VALUE Avogadro-konstante NA 6,02 x 1023 mol-1 Avogadro's constant Lading op elektron e -1,6 x 10-19 C Charge on electron Elektronmassa me 9,11 x 10-31 kg Electron mass Molêregasvolume by STD Vm 22,4 dm3∙mol-1 Molar gas volume at STP TABEL 2: FORMULES/TABLE 2: FORMULAE n c= V m V N n= or/of n= n= M Vm NA m c= MV Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) 1 Atomic number 2 KEY/SLEUTEL Atoomgetal 2,1 H He 1 4 3 4 29 5 6 7 8 9 10 Electronegativity Symbol 1,0 Li 1,5 Be Elektronegatiwiteit 1,9 Cu Simbool 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne 7 9 63,5 11 12 14 16 19 20 11 12 13 14 15 16 17 18 0,9 Na 1,2 Mg Approximate relative atomic mass 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar 23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn 133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209 87 88 89 0,7 Fr 0,9 Ra Ac 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 226 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model ANTWOORDBLAD LEERDER SE NAAM: A B C D 1.1 A B C D 1.2 A B C D 1.3 A B C D 1.4 A B C D 1.5 A B C D 1.6 For the use of the marker A B C D 1.7 Vir die gebruik van die nasiener Marks obtained A B C D Punte behaal 1.8 Marker's initials A B C D Nasiener se paraaf 1.9 Marker's number A B C D Nasiener se nommer 1.10 (10 x 2) [20] Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 10 Physical Sciences

View all