Skip to content

Physical Sciences Grade 11 P2 2016 QP (Afr)

Question paperPhysical SciencesGrade 11201617 pages

Grade 11 Physical Sciences Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2) NOVEMBER 2016 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, 4 gegewensblaaie en 1 antwoordblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam en klas (byvoorbeeld 11A) in die toepaslike ruimtes op die ANTWOORDEBOEK neer. 2. Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK behalwe VRAAG 4.1.2, 4.1.3 en 4.1.6, wat op die aangehegte ANTWOORDBLAD beantwoord moet word. Lewer die ANTWOORDBLAD saam met die ANTWOORDEBOEK in. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Laat EEN reël oop tussen subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 6. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 9. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 10. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale plekke af. 11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings ensovoorts waar nodig. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.11 E. 1.1 Die tipe binding wat tussen 'n H+-ioon en H 2 O vorm, staan as 'n … bekend. A waterstofbinding B datief-kovalente binding C ioniese binding D kovalente binding (2) 1.2 Die vorm van die molekuul waarin die sentrale atoom deur twee alleenpare en twee bindingspare omring word, is … A lineêr. B trigonaal planêr. C tetrahedries. D hoekig. (2) 1.3 Die intermolekulêre kragte in droë ys (CO 2 ) is … A ioon-geïnduseerde dipoolkragte. B waterstofbindings. C ioon-dipool kragte. D London-kragte. (2) 1.4 Die bindingsenergie van 'n C–Cℓ-binding is 338 kJ.mol-1 terwyl die bindingsenergie van 'n C–I-binding 238 kJ.mol-1 is. Die verskil in bindingsenergie bestaan omdat … A die bindingslengte van die C–Cℓ-binding groter as die bindingslengte van die C–I-binding is. B chloor meer elektronegatief as jodium is. C die bindingslengte van die C–I-binding groter as die bindingslengte van die C–Cℓ-binding is. D die chlooratoom groter as die jodiumatoom is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 1.5 'n Gas met volume V is by 'n temperatuur T 1 en druk P 1 in 'n gasspuit. Indien die druk op die gas verdubbel en die temperatuur gehalveer word, sal die volume wat die gas beset … wees. A ¼V B ½V C V D 2V (2) 1.6 Watter EEN van die grafieke hieronder stel die KORREKTE afwyking van 'n ware gas van idealegas-gedrag teen baie hoë druk voor? Die stippellyn stel die grafiek van die ware gas voor. A V B V 1 1 p p C D V V 1 1 p p (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 5 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 1.7 Die blomme van krismisrose (hydrangea) is natuurlike indikators van grond-pH. 'n Natuurlike indikator word in 'n laboratorium gemaak deur krismisroos(hydrangea)-blomme te gebruik. NaOH en HCℓ word by die indikator gevoeg en die kleurverandering word in die tabel hieronder aangeteken. INDIKATOR NATUURLIKE KLEUR NaOH HCℓ Krismisroosblomme Blou Pers Pienk Indien lemoensap by die indikator hierbo gevoeg word, kan die kleur wat waargeneem word … wees. A bruin B pienk C pers D blou (2) 1.8 Selrespirasie vind in die selle van alle lewende organismes plaas. Suurstof reageer met glukose in selrespirasie om die volgende verbindings volgens die gebalanseerde vergelyking hieronder te vorm: C 6 H 12 O 6 (aq) + 6O 2 (g) → 6CO 2 (g) + 6H 2 O(ℓ) ΔH = -2 830 kJ Die potensiële-energie-teenoor-reaksieverloop-diagram vir hierdie reaksie is … A B Ep Ep Reaksieverloop Reaksieverloop C Ep D Ep Reaksieverloop Reaksieverloop (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 6 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 1.9 Die oksidasiegetal van fosfor in H 3 PO 4 is … A +3 B -2 C +2 D +5 (2) 1.10 Gedurende die verwerking van gouderts word sink by die goudsianiedoplossing gevoeg om goud te produseer volgens die gebalanseerde vergelyking hieronder: Zn(s)+ 2NaAu(CN) 2 (aq) → 2Au(s) + Zn(CN) 2 (aq) + 2NaCN(aq) Die reduseermiddel in hierdie reaksie is … A Na+ B Au+ C Zn D CN- (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 7 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Elektronegatiwiteit van atome kan gebruik word om die polariteit van bindings te verduidelik. 2.1 Definieer die term elektronegatiwiteit. (2) 2.2 Teken die Lewis-diagram van 'n suurstofdifluoriedmolekuul. (2) 2.3 Bereken die elektronegatiwiteitsverskil tussen O en F in suurstofdifluoried en voorspel die polariteit van die binding. (2) 2.4 'n Polêre binding lei nie noodwendig tot 'n polêre molekule nie. Verduidelik hierdie stelling deur na OF 2 - en CO 2 -molekules te verwys. Sluit die polariteit van die bindings en die vorm van die molekules by die verduideliking in. (4) 2.5 Die diagram hieronder toon die energieverandering wat plaasvind wanneer twee atome nader aan mekaar beweeg. Ep Y Afstand tussen kerne in pm X 2.5.1 Wat word deur X en Y voorgestel? (2) 2.5.2 Definieer die konsep wat deur X voorgestel word. (2) 2.5.3 Verduidelik die verhouding tussen bindingsorde, bindingslengte en bindingsenergie. (3) [17] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 8 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Leerders voer 'n eksperiment uit om die effek van intermolekulêre kragte op kookpunte te ondersoek. Hulle gebruik 20 mℓ van elk van die volgende verbindings in hulle ondersoek: water, sonneblomolie, naellakverwyderaar, gliserien en brandspiritus. Die resultate word in die tabel hieronder getoon: NAAM VAN KOOKPUNT VERBINDING (°C) water 93 sonneblomolie 230 naellakverwyderaar 56 gliserien 290 brandspiritus 62 3.1 Definieer die term kookpunt. (2) 3.2 Formuleer 'n ondersoekende vraag vir hierdie eksperiment. (2) 3.3 In watter verbinding in die tabel hierbo sal die sterkste intermolekulêre kragte voorkom? Gee 'n rede vir die antwoord. (2) 3.4 Die leerders gebruik nou 40 mℓ van elke verbinding hierbo in die eksperiment. Sal dit die kookpunte beïnvloed? Kies JA of NEE. Gee 'n rede vir die antwoord. (2) 3.5 Brandspiritus is hoogs vlambaar. Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word wanneer brandspiritus in die laboratorium gebruik word. (2) 3.6 Watter verbinding in die tabel hierbo sal die hoogste verdampingstempo hê? Gee 'n rede vir die antwoord. (2) 3.7 Sonneblomolie is 'n nie-polêre verbinding met geïnduseerde dipoolkragte tussen die molekules, terwyl water 'n polêre molekule met waterstofbindings tussen die molekules is. Verduidelik waarom die kookpunt van sonneblomolie hoër as die kookpunt van water is. (2) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 9 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 4.1 Charles se Wet beskryf die verhouding tussen die volume en temperatuur van 'n ingeslote gasmassa by konstante druk. Die volumes van 'n gas by verskillende temperature, teen konstante druk, word in die tabel hieronder gegee. VOLUME TEMPERATUUR (cm3) (ºC) 114 0 124 25 134 50 145 75 155 100 4.1.1 Verduidelik Charles se Wet ten opsigte van die kinetiese molekulêre teorie van gasse. (2) 4.1.2 Teken 'n grafiek van volume teenoor temperatuur by konstante druk op die aangehegte grafiekpapier. (4) 4.1.3 Ekstrapoleer die grafiek (verleng die grafiek) en noem teen watter temperatuur die grafiek die x-as sny. (1) 4.1.4 Wat is noemenswaardig van hierdie temperatuur? (2) 4.1.5 Bereken die volume wat hierdie gas by 120 °C teen konstante druk sal beset. (3) 4.1.6 Die eksperiment word nou uitgevoer teen 'n laer konstante druk. Op die grafiek wat vir VRAAG 4.1.2 geteken is, skets die grafiek wat teen 'n laer druk verkry sal word. Benoem hierdie grafiek P. (2) 4.2 'n Onbekende gas met 'n massa van 0,77 g beslaan 'n volume van 0,32 dm3 by 'n temperatuur van 27 °C en 'n druk van 96 kPa. Neem aan dat die gas soos 'n ideale gas optree. 4.2.1 Bereken die molêre massa van die gas. (5) 4.2.2 Skryf die MOLEKULÊRE FORMULE of NAAM van die gas in VRAAG 4.2.1 genoem. (2) [21] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 10 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 5.1 Definieer die term konsentrasie. (2) 5.2 Agt (8) gram Na 2 S 2 O 3 word in water opgelos om 500 cm3 oplossing te berei. Bereken die konsentrasie van die Na 2 S 2 O 3 -oplossing. (3) 5.3 'n 10 g-monster van 'n verbinding bevat 2,66 g kalium, 3,54 g chroom en 3,81 g suurstof. 5.3.1 Definieer die term empiriese formule. (2) 5.3.2 Bepaal die empiriese formule van hierdie verbinding. (7) [14] VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Leerders het 'n minivulkaan in 'n wetenskapslaboratorium gemaak deur natriumbikarbonaat by etanoësuur te voeg. Hulle het 100 mℓ van 'n 0,2 mol.dm-3- etanoësuuroplossing by 10 g NaHCO 3 gevoeg om die reaksie van die vulkaan te begin. Die gebalanseerde vergelyking vir hierdie reaksie is: CH 3 COOH(aq) + NaHCO 3 (s) → CH 3 COONa(aq) + H 2 O(ℓ) + CO 2 (g) 6.1 Definieer die term beperkte reagens. (2) 6.2 Bepaal die beperkte reagens in hierdie reaksie. (6) 6.3 Bereken die massa van die ander stof in oormaat. (3) 6.4 Bereken die volume CO 2 wat by STD vorm. (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 11 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Metaan word as 'n alternatiewe brandstof gebruik. Die verbranding van metaan stel koolstofdioksied en water vry. Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is: CH 4 (g) + O 2 (g) → CO 2 (g) + 2H 2 O (g) + 891 kJ.mol-1 Die aktiveringsenergie vir die reaksie is 172 kJ.mol-1. 7.1 Is hierdie reaksie ENDOTERMIES of EKSOTERMIES? Gee 'n rede vir die antwoord. (2) 7.2 Verduidelik waarom alle chemiese reaksies aktiveringsenergie benodig. (2) 7.3 Waarom word hierdie reaksie nie as omgewingsvriendelik beskou nie? (2) [6] VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 8.1 Definieer 'n suur ten opsigte van die Lowry-Brønsted-teorie. (2) 8.2 Beskou die volgende suur-basisreaksie: H 2 PO 4 - + NH 3 → HPO 4 2- + NH 4 + 8.2.1 Identifiseer die gekonjugeerde suur-basispare in die reaksie. (4) 8.2.2 Definieer die term amfoliet. (1) 8.2.3 Kies 'n amfoliet in die reaksie hierbo. (2) 8.3 Tien gram (10 g) van 'n onsuiwer monster natriumkarbonaat word by 100 cm3 van 'n 0,2 mol.dm-3-oplossing soutsuur gevoeg. Die suur is in oormaat. Die vergelyking vir die reaksie is: Na 2 CO 3 + HCℓ → NaCℓ + H 2 O + CO 2 8.3.1 Balanseer die vergelyking hierbo. (1) 8.3.2 Bereken die getal mol soutsuur. (3) Die oormaat suur neutraliseer 20 cm3 van 'n 0,1 mol.dm-3-oplossing magnesiumhidroksied. 2HCℓ(aq) + Mg(OH) 2 (aq) → MgCℓ 2 (aq) + H 2 O(ℓ) 8.3.3 Bereken die persentasie suiwerheid van die natrium- karbonaatoplossing. (8) [21] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 12 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 'n Silwer Kersboom kan gemaak word deur koperdraad, in die vorm van 'n boompie, in 'n silwernitraatoplossing te plaas. Die ongebalanseerde vergelyking vir die reaksie is: Cu(s) + AgNO 3 (aq) → Cu(NO 3 ) 2 (aq) + Ag(s) 9.1 Definieer die term oksidasie ten opsigte van oksidasiegetalle. (2) 9.2 Skryf die volgende vir die reaksie hierbo neer: 9.2.1 Formule van die reduseermiddel (2) 9.2.2 Naam van die oksideermiddel (2) 9.2.3 Oksidasie-halfreaksie (2) 9.2.4 Gebalanseerde netto ioniese vergelyking met gebruik van die ioon-elektronmetode (4) 9.3 Gebruik oksidasiegetalle om jou keuse van oksideermiddel in VRAAG 9.2.2 te verduidelik. (2) [14] VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Die ontdekking van goud het 'n beduidende rol in die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika gespeel. Die goudmynbedryf het in 1970, 68 persent tot wêreldproduksie bygedra. 10.1 Watter twee mynboumetodes word in Suid-Afrika gebruik? (2) 10.2 Gee TWEE redes waarom mynbou vir die Suid-Afrikaanse ekonomie belangrik is. (2) 10.3 Noem TWEE negatiewe effekte van mynbou ten opsigte van die omgewing. (2) 10.4 Die meeste allooie van goud word in juweliersware en tandheelkunde gebruik. Die goudinhoud van juweliersware word in karaat uitgedruk. Die term dui die aantal dele goud wat in elke 24 dele van die allooi voorkom, aan. 10.4.1 Suiwer goud, wat 24 karaat is, word nie gebruik om juweliersware te maak nie. Gee EEN rede hiervoor deur na die eienskappe van goud te verwys. (1) 10.4.2 Buiten dat goud in juweliersware en tandheelkunde gebruik word, noem nog EEN gebruik van goud. (1) [8] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 1 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11 PAPER 2 (CHEMISTRY) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11 VRAESTEL 2 (CHEMIE) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Avogadro's constant NA 6,02 x 1023 mol-1 Avogadro-konstante Molar gas constant R 8,31 J∙K-1∙mol-1 Molêre gaskonstante Standard pressure pθ 1,013 x 105 Pa Standaarddruk Molar gas volume at STP Vm 22,4 dm3∙mol-1 Molêre gasvolume by STD Standard temperature Tθ 273 K Standaardtemperatuur TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES p1V1 p 2 V2 = pV = nRT T1 T2 m N n= n= M NA V n m n= c= OR/OF c= Vm V MV Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) 1 Atoomic number 2 KEY/SLEUTEL Atoomgetal 2,1 H He 1 4 3 4 29 5 6 7 8 9 10 Electronegativity Symbol 1,0 Li 1,5 Be Elektronegatiwiteit 1,9 Cu Simbool 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne 7 9 63,5 11 12 14 16 19 20 11 12 13 14 15 16 17 18 0,9 Na 1,2 Mg Approximate relative atoomic mass 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar 23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn 133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209 87 88 89 0,7 Fr 0,9 Ra Ac 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 226 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4A: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE θ Half-reactions/Halfreaksies E (V) F 2 (g) + 2e− ⇌ 2F− + 2,87 3+ 2+ Co + e− ⇌ Co + 1,81 + H 2 O 2 + 2H +2e− ⇌ 2H 2 O +1,77 − + 2+ MnO 4 + 8H + 5e− ⇌ Mn + 4H 2 O + 1,51 Cℓ 2 (g) + 2e− ⇌ 2Cℓ− + 1,36 2− + 3+ Cr 2 O 7 + 14H + 6e− ⇌ 2Cr + 7H 2 O + 1,33 + − O 2 (g) + 4H + 4e ⇌ 2H 2 O + 1,23 + 2+ MnO 2 + 4H + 2e− ⇌ Mn + 2H 2 O + 1,23 2+ Pt + 2e− ⇌ Pt + 1,20 Br 2 (ℓ) + 2e− ⇌ 2Br− + 1,07 − + NO 3 + 4H + 3e− ⇌ NO(g) + 2H 2 O + 0,96 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë 2+ − Hg + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 + Ag + e− ⇌ Ag + 0,80 Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë − + NO 3 + 2H + e− ⇌ NO 2 (g) + H 2 O + 0,80 3+ − 2+ Fe + e ⇌ Fe + 0,77 + O 2 (g) + 2H + 2e− ⇌ H2O2 + 0,68 I 2 + 2e− ⇌ 2I− + 0,54 + Cu + e− ⇌ Cu + 0,52 + SO 2 + 4H + 4e− ⇌ S + 2H 2 O + 0,45 2H 2 O + O 2 + 4e− ⇌ 4OH− + 0,40 2+ Cu + 2e− ⇌ Cu + 0,34 2− + SO 4 + 4H + 2e− ⇌ SO 2 (g) + 2H 2 O + 0,17 2+ + Cu + e− ⇌ Cu + 0,16 4+ 2+ Sn + 2e− ⇌ Sn + 0,15 + S + 2H + 2e− ⇌ H 2 S(g) + 0,14 + 2H + 2e− ⇌ H 2 (g) 0,00 3+ Fe + 3e− ⇌ Fe − 0,06 2+ Pb + 2e− ⇌ Pb − 0,13 2+ Sn + 2e− ⇌ Sn − 0,14 2+ Ni + 2e− ⇌ Ni − 0,27 2+ Co + 2e− ⇌ Co − 0,28 2+ Cd + 2e− ⇌ Cd − 0,40 3+ 2+ Cr + e− ⇌ Cr − 0,41 2+ Fe + 2e− ⇌ Fe − 0,44 3+ Cr + 3e− ⇌ Cr − 0,74 2+ Zn + 2e− ⇌ Zn − 0,76 2H 2 O + 2e− ⇌ H 2 (g) + 2OH− − 0,83 2+ Cr + 2e− ⇌ Cr − 0,91 2+ Mn + 2e− ⇌ Mn − 1,18 3+ Aℓ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66 2+ Mg + 2e− ⇌ Mg − 2,36 + Na + e− ⇌ Na − 2,71 2+ Ca + 2e− ⇌ Ca − 2,87 2+ Sr + 2e− ⇌ Sr − 2,89 2+ Ba + 2e− ⇌ Ba − 2,90 + - Cs + e ⇌ Cs - 2,92 + − K +e ⇌ K − 2,93 + Li + e− ⇌ Li − 3,05 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4B: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE θ Half-reactions/Halfreaksies E (V) + Li + e− ⇌ Li − 3,05 + K + e− ⇌ K − 2,93 + Cs + e− ⇌ Cs − 2,92 2+ Ba + 2e− ⇌ Ba − 2,90 2+ Sr + 2e− ⇌ Sr − 2,89 2+ Ca + 2e− ⇌ Ca − 2,87 + Na + e− ⇌ Na − 2,71 2+ Mg + 2e− ⇌ Mg − 2,36 3+ Aℓ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66 2+ Mn + 2e− ⇌ Mn − 1,18 2+ Cr + 2e− ⇌ Cr − 0,91 2H 2 O + 2e− ⇌ H 2 (g) + 2OH− − 0,83 2+ Zn + 2e− ⇌ Zn − 0,76 3+ Cr + 3e− Cr Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë ⇌ − 0,74 2+ Fe + 2e− ⇌ Fe − 0,44 3+ 2+ Cr + e− ⇌ Cr − 0,41 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë 2+ Cd + 2e− ⇌ Cd − 0,40 2+ Co + 2e− ⇌ Co − 0,28 2+ Ni + 2e− ⇌ Ni − 0,27 2+ Sn + 2e− ⇌ Sn − 0,14 2+ Pb + 2e− ⇌ Pb − 0,13 3+ Fe + 3e− ⇌ Fe − 0,06 + 2H + 2e− ⇌ H 2 (g) 0,00 + S + 2H + 2e− ⇌ H 2 S(g) + 0,14 4+ 2+ Sn + 2e− ⇌ Sn + 0,15 2+ + Cu + e− ⇌ Cu + 0,16 2− + SO 4 + 4H + 2e− ⇌ SO 2 (g) + 2H 2 O + 0,17 2+ − Cu + 2e ⇌ Cu + 0,34 2H 2 O + O 2 + 4e− ⇌ 4OH− + 0,40 + SO 2 + 4H + 4e− ⇌ S + 2H 2 O + 0,45 + Cu + e− ⇌ Cu + 0,52 I 2 + 2e− ⇌ 2I− + 0,54 + O 2 (g) + 2H + 2e− ⇌ H2O2 + 0,68 3+ 2+ Fe + e− ⇌ Fe + 0,77 − + NO 3 + 2H + e− ⇌ NO 2 (g) + H 2 O + 0,80 + − Ag + e ⇌ Ag + 0,80 2+ Hg + 2e− ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 − + NO 3 + 4H + 3e− ⇌ NO(g) + 2H 2 O + 0,96 − − Br 2 (ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07 2+ Pt + 2 e− ⇌ Pt + 1,20 + 2+ MnO 2 + 4H + 2e− ⇌ Mn + 2H 2 O + 1,23 + O 2 (g) + 4H + 4e− ⇌ 2H 2 O + 1,23 2− + 3+ Cr 2 O 7 + 14H + 6e− ⇌ 2Cr + 7H 2 O + 1,33 − − Cℓ 2 (g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36 − + 2+ MnO 4 + 8H + 5e− ⇌ Mn + 4H 2 O + 1,51 + H 2 O 2 + 2H +2 e− ⇌ 2H 2 O +1,77 3+ 2+ Co + e− ⇌ Co + 1,81 F 2 (g) + 2e− ⇌ 2F − + 2,87 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 DBE/November 2016 KABV – Graad 11 NAAM: KLAS: VRAAG 4.1.2, 4.1.3 en 4.1.6 Lewer hierdie ANTWOORDBLAD saam met die ANTWOORDEBOEK in. 0 50 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 11 Physical Sciences

View all