Skip to content

Physical Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP

Question paperPhysical SciencesGrade 12201720 pages

Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2) FEBRUARIE/MAART 2016 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, 4 gegewensblaaie en 1 grafiekblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes in die ANTWOORDEBOEK en op die GRAFIEKBLAD. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord VRAAG 5.3.2 op die aangehegte GRAFIEKBLAD. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 9. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 10. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale plekke af. 11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E. 1.1 Watter EEN van die volgende verbindings is 'n aldehied? A CH 3 COCH 3 B CH 3 CH 2 CHO C CH 3 CH 2 COOH D CH 3 CH 2 CH 2 OH (2) 1.2 Die vergelyking hieronder stel die ontbinding van kalsiumkarbonaat voor. CaCO 3 (s)  CaO(s) + CO 2 (g) Watter EEN van die volgende faktore sal die aanvanklike ontbindingstempo van kalsiumkarbonaat verhoog? A Druk B Temperatuur C Konsentrasie D Massa van CaCO 3 (s) (2) 1.3 Beskou die selnotasie van die galvaniese sel hieronder. Zn│Zn2+║Cu2+│Cu Watter EEN van die volgende stellings oor hierdie sel is WAAR? A Koper word by die katode gevorm. B Koper word by die anode gevorm. C Sink word by die anode gevorm. D Sink word by die katode gevorm. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.4 Watter EEN van die volgende verbindings sal met natriumhidroksied (NaOH) in 'n neutralisasiereaksie reageer? A CH 3 CHO B CH 3 COOH C CH 3 COCH 3 D CH 3 CH 2 OH (2) 1.5 Beskou die reaktans Y in die volgende reaksie: Y + H 2 O ⇌ H 3 O+ + H2PO −4 Die formule van Y is: A PO 34− B H2PO −4 C HPO 24− D H 3 PO 4 (2) 1.6 'n Tuinier het 'n kunsmis met die hoogste persentasie van die relevante voedingstof nodig om 'n groen grasperk te verkry. Watter EEN van die volgende NPK-kunsmisstowwe sal die beste resultate lewer? A 8:1:5 B 7:1:1 C 3:2:3 D 3:1:5 (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.7 Die aktiveringsenergie vir 'n sekere reaksie is 50 kJ∙mol-1. Energie word geabsorbeer wanneer hierdie reaksie plaasvind. Watter EEN van die volgende is KORREK vir die TERUGWAARTSE reaksie? AKTIVERINGSENERGIE REAKSIEWARMTE (E A) (ΔH) A E A > 50 kJ∙mol-1 ΔH > 0 B E A > 50 kJ∙mol-1 ΔH < 0 C E A < 50 kJ∙mol-1 ΔH < 0 D E A < 50 kJ∙mol-1 ΔH > 0 (2) 1.8 Watter EEN van die volgende verbindingspare is FUNKSIONELE isomere? A Metanol en metanaal B Butaan en 2-metielpropaan C Propan-1-ol en propan-2-ol D Propanoësuur en metieletanoaat (2) 1.9 Die gebalanseerde vergelykings vir drie reaksies by ewewig in 'n geslote houer word hieronder gegee. (i) C 2 H 4 (g) + H 2 (g) ⇌ C 2 H 6 (g) (ii) Fe 3 O 4 (s) + 4H 2 (g) ⇌ 3Fe(s) + 4H 2 O(g) (iii) SO 3 (g) + NO(g) ⇌ NO 2 (g) + SO 2 (g) By watter reaksie(s) sal die ewewigsposisie skuif wanneer die volume van die reaksiehouer by konstante temperatuur verklein word? A Slegs (i) B Slegs (i) en (ii) C Slegs (i) en (iii) D (i), (ii) en (iii) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.10 In elk van die elektrolitiese selle hieronder word koper(II)sulfaat as die elektroliet gebruik. Die elektrodes is óf koolstof (C) óf koper (Cu). (i) (ii) (iii) Cu Cu C Cu Cu C By watter sel(le) sal die konsentrasie van die elektroliet gedurende elektrolise konstant bly? A Slegs (i) B Slegs (i) en (ii) C Slegs (i) en (iii) D Slegs (ii) en (iii) (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 2.1 Beskou die organiese verbindings hieronder wat deur die letters A tot C voorgestel word. A Cℓ H H H C C C H H H H H H H H H C C C C C C H H H H Cℓ H H B H H H H C H H H C C C C O H H C C C H H H H H H O H Skryf neer die: 2.1.1 Naam van die homoloë reeks waaraan verbinding C behoort (1) 2.1.2 IUPAC-naam van verbinding A (3) 2.1.3 Struktuurformule van 'n tersiêre alkohol wat 'n struktuurisomeer van verbinding B is (2) 2.2 'n Alkohol en metanoësuur word in die teenwoordigheid van gekonsentreerde swawelsuur verhit om 'n ester te vorm. 2.2.1 Wat is die rol van die gekonsentreerde swawelsuur in hierdie reaksie? (1) 2.2.2 Skryf die NAAM of FORMULE van die anorganiese produk wat gevorm word, neer. (1) Die ester bevat 6,67% waterstof (H), 40% koolstof (C) en 53,33% suurstof (O). Die molêre massa van die ester is 60 g·mol-1. Gebruik 'n berekening en bepaal sy: 2.2.3 Empiriese formule (5) 2.2.4 Molekulêre formule (3) Skryf neer die: 2.2.5 Struktuurformule van metanoësuur (1) 2.2.6 IUPAC-naam van die ester (2) [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 3.1 Definieer die term kookpunt. (2) 3.2 Wat is die verwantskap tussen sterkte van intermolekulêre kragte en kookpunt? (1) Die verwantskap tussen sterkte van intermolekulêre kragte en kookpunt word ondersoek deur vier organiese verbindings van verskillende homoloë reekse te gebruik. Die verbindings en hul kookpunte word in die tabel hieronder gegee. VERBINDING KOOKPUNT (°C) A Propaan -42 B Propan-2-oon 56 C Propan-1-ol 97 D Propanoësuur 141 3.3 Verwys na die TIPE en STERKTE van intermolekulêre kragte om die verskil in kookpunte te verduidelik tussen: 3.3.1 Verbinding A en B (3) 3.3.2 Verbinding C en D (3) 3.4 Is verbinding B 'n GAS of 'n VLOEISTOF by kamertemperatuur? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Die vloeidiagram hieronder toon verskillende organiese reaksies deur CH 2 = CH 2 as die uitgangstof te gebruik. X, Y en Z stel verskillende organiese verbindings voor. Reaksie 4 Reaksie 1 C2H6 CH2 = CH2 Y Reaksie 2 + HCℓ Reaksie 3 X Z 4.1 Gedurende Reaksie 1 ondergaan CH 2 = CH 2 polimerisasie om verbinding Y te vorm. Vir hierdie reaksie, skryf neer die: 4.1.1 Tipe polimerisasie (1) 4.1.2 NAAM van verbinding Y (1) 4.2 Vir Reaksie 2, skryf neer die: 4.2.1 IUPAC-naam van verbinding X (2) 4.2.2 Tipe addisiereaksie waarvan dit 'n voorbeeld is (1) 4.3 Gedurende Reaksie 3 reageer verbinding X met 'n oormaat warm water. Skryf neer die: 4.3.1 STRUKTUURFORMULE van verbinding Z (2) 4.3.2 NAAM of FORMULE van die ANORGANIESE produk (1) 4.4 Reaksie 4 is 'n addisiereaksie. 4.4.1 Is C 2 H 6 'n VERSADIGDE of 'n ONVERSADIGDE verbinding? Gee 'n rede vir die antwoord. (2) 4.4.2 Skryf neer die NAAM of FORMULE van die ANORGANIESE reaktans wat vir hierdie reaksie benodig word. (1) 4.4.3 Gebruik molekulêre formules en skryf 'n gebalanseerde vergelyking vir die volledige verbranding van C 2 H 6 neer. (3) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.) LET WEL: Die grafiek vir VRAAG 5.3.2 moet op die GRAFIEKBLAD wat aan die einde van die vraestel aangeheg is, getrek word. Metanol en soutsuur reageer volgens die volgende gebalanseerde vergelyking: CH 3 OH(aq) + HCℓ(aq)  CH 3 Cℓ(aq) + H 2 O(ℓ) 5.1 Noem TWEE faktore wat die tempo van hierdie reaksie kan laat TOENEEM. (2) 5.2 Definieer die term reaksietempo. (2) 5.3 Die reaksietempo van die reaksie tussen metanol en soutsuur word ondersoek. Die konsentrasie van HCℓ(aq) word by verskillende tydintervalle gemeet. Die volgende resultate is verkry. TYD (MINUTE) HCℓ-KONSENTRASIE (mol∙dm-3) 0 1,90 15 1,45 55 1,10 100 0,85 215 0,60 5.3.1 Bereken die gemiddelde reaksietempo, in (mol∙dm-3)∙min-1 gedurende die eerste 15 minute. (3) 5.3.2 Gebruik die data in die tabel om 'n grafiek van konsentrasie teenoor tyd op die aangehegte GRAFIEKBLAD te teken. LET WEL: Die grafiek is nie 'n reguitlyn nie. (HEG HIERDIE GRAFIEKBLAD AAN JOU ANTWOORDEBOEK.) (3) 5.3.3 Bepaal vanaf die grafiek die konsentrasie HCℓ(aq) by die 40ste minuut. (1) 5.3.4 Gebruik die botsingsteorie en verduidelik waarom die reaksietempo met tyd afneem. Aanvaar dat die temperatuur konstant bly. (3) 5.3.5 Bereken die massa van CH 3 Cℓ(aq) in die fles by die 215de minuut. Die volume van die reagense bly 60 cm3 gedurende die reaksie. (5) [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 2,2 g suiwer CO 2 (g) word aanvanklik in 'n leë 5 dm3-houer by 900 °C verseël. 6.1 Bereken die aanvanklike konsentrasie CO 2 (g). (4) 6.2 Gee 'n rede waarom ewewig nie bereik sal word nie. (1) CaCO 3 (s) word nou by die 2,2 g CO 2 (g) in die houer gevoeg en na 'n rukkie word ewewig by 900 °C bereik volgens die volgende gebalanseerde vergelyking: CaCO 3 (s) ⇌ CaO(s) + CO 2 (g) Die ewewigskonstante vir hierdie reaksie by 900 °C is 0,0108. 6.3 Gee 'n rede waarom hierdie reaksie slegs in 'n GESEËLDE houer ewewig sal bereik. (1) 6.4 Bereken die minimum massa CaCO 3 (s) wat by die houer gevoeg moet word om ewewig te bereik. (7) 6.5 Hoe sal ELK van die volgende veranderinge die hoeveelheid CO 2 (g) beïnvloed? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. 6.5.1 Meer CaCO 3 (s) word by 900 °C bygevoeg (1) 6.5.2 Die druk word verhoog (1) 6.6 Daar word gevind dat die ewewigskonstante (K c ) vir hierdie reaksie 2,6 x 10-6 by 727 °C is. Is die reaksie EKSOTERMIES of ENDOTERMIES? Verduidelik volledig hoe jy by die antwoord uitgekom het. (4) [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 7.1 Definieer 'n suur in terme van die Lowry-Brønsted-teorie. (2) 7.2 Sodawater is 'n oplossing van koolsuur, H 2 CO 3 , in water. H 2 CO 3 (aq) ioniseer in twee stappe wanneer dit in water oplos. 7.2.1 Skryf die FORMULE van die gekonjugeerde basis van H 2 CO 3 (aq) neer. (1) 7.2.2 Skryf 'n gebalanseerde vergelyking neer vir die eerste stap in die ionisasie van koolsuur. (3) 7.2.3 Die pH van 'n koolsuuroplossing by 25 °C is 3,4. Bereken die hidroksiedioonkonsentrasie in die oplossing. (5) 7.3 X is 'n monoprotiese suur. 7.3.1 Gee die betekenis van die term monoproties. (1) 7.3.2 'n Monster van suur X word met 'n standaardnatriumhidroksied- oplossing getitreer deur 'n geskikte indikator te gebruik. By die eindpunt word gevind dat 25 cm3 van suur X geneutraliseer is deur 27,5 cm3 van die natriumhidroksiedoplossing met 'n konsentrasie van 0,1 mol∙dm-3. Bereken die konsentrasie van suur X. (5) 7.3.3 Die konsentrasie H 3 O+-ione in die monster van suur X is 2,4 x 10-4 mol∙dm-3. Is suur X 'n SWAK of 'n STERK suur? Verduidelik die antwoord deur na die antwoord in VRAAG 7.3.2 te verwys. (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 'n Elektrochemiese sel bestaande uit halfselle A en B word onder standaardtoestande saamgestel soos hieronder getoon. Halfsel A Pt, Cℓ 2 (101,3 kPa) | Cℓ- (1 mol∙dm-3) Halfsel B Mg2+ (1 mol∙dm-3) | Mg(s) 8.1 By watter halfsel, A of B, word elektrone in die eksterne stroombaan vrygestel? (1) 8.2 Skryf neer die: 8.2.1 Reduksiehalfreaksie wat in hierdie sel plaasvind (2) 8.2.2 NAAM of FORMULE van die stof waarvan die oksidasiegetal AFNEEM (1) 8.3 Bereken die aanvanklike selpotensiaal van hierdie sel wanneer dit in werking is. (4) 8.4 Skryf 'n waarneming neer wat in halfsel B gemaak sal word terwyl die sel in werking is. Gee 'n rede vir die antwoord. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Die elektrochemiese sel hieronder word opgestel om die suiwering van koper te demonstreer. B A Koper(II)chloried- oplossing 9.1 Skryf die tipe elektrochemiese sel neer wat hierbo geïllustreer word. (1) Die grafieke hieronder toon die verandering in massa van die elektrodes terwyl die sel in werking is. Massa (g) P Q Tyd (min.) 9.2 Definieer 'n reduseermiddel in terme van elektronoordrag. (2) 9.3 Watter grafiek stel die verandering in massa van elektrode A voor? (1) 9.4 Skryf die halfreaksie wat by elektrode A plaasvind, neer. (2) 9.5 Elektrode A en B word nou met grafiet-elektrodes vervang. Daar word waargeneem dat chloorgas (Cℓ 2 ) by een van die elektrodes vrygestel word. By watter elektrode (A of B) word chloorgas gevorm? Verduidelik volledig hoe dit gevorm word. (3) [9] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Ammoniumnitraat is 'n belangrike kunsmisstof. Dit word gevorm deur salpetersuur met ammoniak te laat reageer. Beide salpetersuur en ammoniak word op groot skaal in die nywerheid berei. 10.1 Skryf die naam neer van die nywerheidsbereiding van salpetersuur. (1) 10.2 Die katalitiese oksidasie van ammoniak is een van die stappe in die proses genoem in VRAAG 10.1. Skryf neer die NAME of FORMULES van die TWEE produkte wat in hierdie stap gevorm word. (2) 10.3 Skryf die gebalanseerde vergelyking neer vir die bereiding van ammoniumnitraat. (3) 10.4 Bereken die massa, in kilogram, van ammoniumnitraat wat van 6,8 x 104 kg ammoniak en 'n oormaat salpetersuur gemaak kan word. (Een mol ammoniak produseer een mol ammoniumnitraat.) (3) 10.5 Ammoniumnitraat word dikwels met kaliumchloried en ammoniumfosfaat gemeng. Gee 'n rede waarom dit met hierdie verbindings gemeng word. (1) [10] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 2 (CHEMISTRY) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 2 (CHEMIE) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Standard pressure pθ 1,013 x 105 Pa Standaarddruk Molar gas volume at STP Vm 22,4 dm3∙mol-1 Molêre gasvolume by STD Standard temperature Tθ 273 K Standaardtemperatuur Charge on electron e -1,6 x 10-19 C Lading op elektron Avogadro's constant NA 6,02 x 1023 mol-1 Avogadro-konstante TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES m N n= n= M NA n m V c= or/of c= n= V MV Vm c a v a na = pH = -log[H 3 O+] c b v b nb K w = [H 3 O+][OH-] = 1 x 10-14 at/by 298 K Eθcell = Eθcathode − Eθanode / E θsel = E katode θ − E θanode or/of E θcell = E reduction θ − E θoxidation / E θsel = E reduksie θ − E θoksidasie or/of E θcell = E oxidising θ θ θ θ θ agent − E reducing agent / E sel = E oksideermiddel − E reduseermiddel Kopiereg voorbehou
Fisiese Wetenskappe/V2 Downloaded from hlayiso.com DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) Atomic number 1 KEY/SLEUTEL Atoomgetal 2 2,1 H He 1 29 4 3 4 Electronegativity Symbol 5 6 7 8 9 10 1,9 Cu 1,0 Li 1,5 Be Elektronegatiwiteit 63,5 Simbool 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne 7 9 11 12 14 16 19 20 11 12 13 14 15 16 17 18 0,9 Na 1,2 Mg Approximate relative atomic mass 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar 23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn 133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209 87 88 89 0,7 Fr 0,9 Ra Ac 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 226 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4A: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE θ Half-reactions/Halfreaksies E (V) − − F 2 (g) + 2e ⇌ 2F + 2,87 3+ − 2+ Co +e ⇌ Co + 1,81 + H 2 O 2 + 2H +2e− ⇌ 2H 2 O +1,77 − + 2+ MnO 4 + 8H + 5e− ⇌ Mn + 4H 2 O + 1,51 − − Cℓ 2 (g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36 2− + 3+ Cr 2 O 7 + 14H + 6e− ⇌ 2Cr + 7H 2 O + 1,33 + − O 2 (g) + 4H + 4e ⇌ 2H 2 O + 1,23 + − 2+ MnO 2 + 4H + 2e ⇌ Mn + 2H 2 O + 1,23 2+ Pt + 2e− ⇌ Pt + 1,20 Br 2 (ℓ) + 2e− ⇌ 2Br− + 1,07 − + NO 3 + 4H + 3e− ⇌ NO(g) + 2H 2 O + 0,96 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë 2+ − Hg + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 + Ag + e− ⇌ Ag + 0,80 Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë − + NO 3 + 2H + e− ⇌ NO 2 (g) + H 2 O + 0,80 3+ 2+ Fe + e− ⇌ Fe + 0,77 + O 2 (g) + 2H + 2e− ⇌ H2O2 + 0,68 − − I 2 + 2e ⇌ 2I + 0,54 + − Cu + e ⇌ Cu + 0,52 + SO 2 + 4H + 4e− ⇌ S + 2H 2 O + 0,45 2H 2 O + O 2 + 4e− ⇌ 4OH− + 0,40 2+ − Cu + 2e ⇌ Cu + 0,34 2− + SO 4 + 4H + 2e− ⇌ SO 2 (g) + 2H 2 O + 0,17 2+ − + Cu +e ⇌ Cu + 0,16 4+ − 2+ Sn + 2e ⇌ Sn + 0,15 + S + 2H + 2e− ⇌ H 2 S(g) + 0,14 + − 2H + 2e ⇌ H 2 (g) 0,00 3+ Fe + 3e− ⇌ Fe − 0,06 2+ Pb + 2e− ⇌ Pb − 0,13 2+ Sn + 2e− ⇌ Sn − 0,14 2+ Ni + 2e− ⇌ Ni − 0,27 2+ − Co + 2e ⇌ Co − 0,28 2+ Cd + 2e− ⇌ Cd − 0,40 3+ − 2+ Cr +e ⇌ Cr − 0,41 2+ Fe + 2e− ⇌ Fe − 0,44 3+ Cr + 3e− ⇌ Cr − 0,74 2+ Zn + 2e− ⇌ Zn − 0,76 − − 2H 2 O + 2e ⇌ H 2 (g) + 2OH − 0,83 2+ Cr + 2e− ⇌ Cr − 0,91 2+ Mn + 2e− ⇌ Mn − 1,18 3+ Aℓ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66 2+ − Mg + 2e ⇌ Mg − 2,36 + Na + e− ⇌ Na − 2,71 2+ Ca + 2e− ⇌ Ca − 2,87 2+ − Sr + 2e ⇌ Sr − 2,89 2+ Ba + 2e− ⇌ Ba − 2,90 + - Cs + e ⇌ Cs - 2,92 + K + e− ⇌ K − 2,93 + Li + e− ⇌ Li − 3,05 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4B: STANDAARD-REDUKSIEPOTENSIALE θ Half-reactions/Halfreaksies E (V) + − Li + e ⇌ Li − 3,05 + K + e− ⇌ K − 2,93 + − Cs + e ⇌ Cs − 2,92 2+ Ba + 2e− ⇌ Ba − 2,90 2+ − Sr + 2e ⇌ Sr − 2,89 2+ Ca + 2e− ⇌ Ca − 2,87 + Na + e− ⇌ Na − 2,71 2+ − Mg + 2e ⇌ Mg − 2,36 3+ Aℓ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66 2+ − Mn + 2e ⇌ Mn − 1,18 2+ Cr + 2e− ⇌ Cr − 0,91 Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë 2H 2 O + 2e− ⇌ H 2 (g) + 2OH− − 0,83 2+ − Zn + 2e ⇌ Zn − 0,76 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë 3+ Cr + 3e− ⇌ Cr − 0,74 2+ Fe + 2e− ⇌ Fe − 0,44 3+ − 2+ Cr +e ⇌ Cr − 0,41 2+ Cd + 2e− ⇌ Cd − 0,40 2+ Co + 2e− ⇌ Co − 0,28 2+ − Ni + 2e ⇌ Ni − 0,27 2+ Sn + 2e− ⇌ Sn − 0,14 2+ − Pb + 2e ⇌ Pb − 0,13 3+ Fe + 3e− ⇌ Fe − 0,06 + 2H + 2e− ⇌ H 2 (g) 0,00 + S + 2H + 2e− ⇌ H 2 S(g) + 0,14 4+ − 2+ Sn + 2e ⇌ Sn + 0,15 2+ + Cu + e− ⇌ Cu + 0,16 2− + SO 4 + 4H + 2e− ⇌ SO 2 (g) + 2H 2 O + 0,17 2+ − Cu + 2e ⇌ Cu + 0,34 − − 2H 2 O + O 2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40 + SO 2 + 4H + 4e− ⇌ S + 2H 2 O + 0,45 + − Cu + e ⇌ Cu + 0,52 − − I 2 + 2e ⇌ 2I + 0,54 + O 2 (g) + 2H + 2e− ⇌ H2O2 + 0,68 3+ − 2+ Fe +e ⇌ Fe + 0,77 − + NO 3 + 2H + e− ⇌ NO 2 (g) + H 2 O + 0,80 + − Ag + e ⇌ Ag + 0,80 2+ − Hg + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 − + NO 3 + 4H + 3e− ⇌ NO(g) + 2H 2 O + 0,96 − − Br 2 (ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07 2+ Pt + 2 e− ⇌ Pt + 1,20 + − 2+ MnO 2 + 4H + 2e ⇌ Mn + 2H 2 O + 1,23 + O 2 (g) + 4H + 4e− ⇌ 2H 2 O + 1,23 2− + 3+ Cr 2 O 7 + 14H + 6e− ⇌ 2Cr + 7H 2 O + 1,33 − − Cℓ 2 (g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36 − + 2+ MnO 4 + 8H + 5e− ⇌ Mn + 4H 2 O + 1,51 + − H 2 O 2 + 2H +2 e ⇌ 2H 2 O +1,77 3+ 2+ Co + e− ⇌ Co + 1,81 F 2 (g) + 2e− ⇌ 2F− + 2,87 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: VRAAG 5.3.2 Lewer hierdie GRAFIEKBLAD saam met jou ANTWOORDEBOEK in. Grafiek van konsentrasie teenoor tyd 2,0 1,5 Konsentrasie (mol∙dm-3) 1,0 0,5 0 0 50 100 150 200 250 Tyd (minute) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Physical Sciences

View all