Skip to content

Physical Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP

Question paperPhysical SciencesGrade 12201717 pages

Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1) FEBRUARIE/MAART 2016 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 3 gegewensblaaie. opiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op die ANTWOORDEBOEK. 2. Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 9. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 10. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale plekke af. 11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E. 1.1 'n Netto krag F wat op 'n liggaam met massa m inwerk, veroorsaak 'n versnelling a. Indien dieselfde netto krag F op 'n liggaam met massa 2m toegepas word, sal die versnelling van die liggaam ... wees. A ¼a B ½a C 2a D 4a (2) 1.2 Twee voorwerpe met massas 2m en m word gerangskik soos in die diagram hieronder. 2m m d Watter EEN van die veranderings hieronder sal die GROOTSTE toename in die gravitasiekrag veroorsaak wat die een massa op die ander uitoefen? A Verdubbel die groter massa. B Halveer die kleiner massa. C Verdubbel die afstand tussen die massas. D Halveer die afstand tussen die massas. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.3 Die stellings hieronder beskryf die beweging van voorwerpe. (i) 'n Veer val vanaf 'n sekere hoogte binne 'n vakuumbuis. (ii) 'n Krat gly teen konstante spoed oor 'n gladde, horisontale oppervlak. (iii) 'n Staalbal val deur die lug in die afwesigheid van lugwrywing. Watter van die volgende is die KORREKTE beskrywing van UNIFORME VERSNELDE beweging? A Slegs (i) en (ii) B Slegs (i) en (iii) C Slegs (ii) en (iii) D (i), (ii) en (iii) (2) 1.4 Lugkussings in moderne voertuie verskaf ekstra veiligheid tydens 'n ongeluk. Die stellings hieronder is deur 'n leerder gemaak om te verduidelik hoe lugkussings beter veiligheid tydens 'n botsing kan verseker. (i) Die tyd van die botsing neem toe. (ii) Die krag van die botsing neem af. (iii) Die impuls neem toe. Watter van die stellings hierbo is KORREK? A Slegs (i) B Slegs (ii) C Slegs (ii) en (iii) D Slegs (i) en (ii) (2) 1.5 Die arbeid verrig deur 'n konstante krag F wat op 'n voorwerp toegepas word om die voorwerp se spoed van v na 2v te verhoog, is W. Die arbeid verrig deur dieselfde krag om die spoed van die voorwerp van 0 na v te verhoog, sal ... wees. A ⅓W B ½W C 2W D 3W (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.6 Lig wat die Aarde bereik vanaf 'n sterrestelsel wat wegbeweeg, word na ... verskuif. A groter snelhede B hoër frekwensies C langer golflengtes D korter golflengtes (2) 1.7 P, Q en R is drie gelaaide sfere. Wanneer P en Q naby aan mekaar gebring word, ondervind hulle 'n aantrekkingskrag. Wanneer Q en R naby aan mekaar gebring word, ondervind hulle 'n afstotingskrag. Watter EEN van die volgende is WAAR? A P en R het ladings met dieselfde teken. B P en R het ladings met teenoorgestelde tekens. C P, Q en R het ladings met dieselfde teken. D P, Q en R het gelyke ladings. 1.8 Die minimum waarde van die weerstand wat verkry kan word deur twee 4 Ω-resistors te verbind, is ... A 1 Ω. B 2 Ω. C 3 Ω. D 8 Ω. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.9 Grafiek P stel die uitset-emk van 'n WS-generator voor. Grafiek Q is die uitset- emk nadat 'n verandering gemaak is deur DIESELFDE generator te gebruik. 2V Q V Uitset-emk (V) t(s) P Watter EEN van die volgende veranderings is aan die generator gemaak om grafiek Q te lewer? A Die getal windings van die spoel is verdubbel. B Die oppervlakarea van die spoel is verdubbel. C Die rotasiespoed is verdubbel. D Die magnetieseveldsterkte is verdubbel. (2) 1.10 Die moontlike atoom-oorgange in 'n opgewekte atoom van 'n element word hieronder getoon. VLAK 4 P VLAK 3 Q VLAK 2 Energie R S VLAK 1: grondtoestand Watter oorgang sal die spektraallyn met die langste golflengte lewer? A P B Q C R D S (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 2.1 'n 5 kg-massa en 'n 20 kg-massa is verbind met 'n ligte, onrekbare toutjie wat oor 'n ligte, wrywinglose katrol beweeg. Die 5 kg-massa word aanvanklik in rus gehou op 'n horisontale oppervlak, terwyl die 20 kg-massa vertikaal afwaarts hang, 6 m bokant die grond, soos in die diagram hieronder getoon. Die diagram is nie volgens skaal geteken nie. 5 kg 20 kg 6m Wanneer die stilstaande 5 kg-massa losgelaat word, begin die twee massas beweeg. Die kinetiese wrywingskoëffisiënt, μ k , tussen die 5 kg-massa en die horisontale oppervlak is 0,4. Ignoreer die effekte van lugwrywing. 2.1.1 Bereken die versnelling van die 20 kg-massa. (5) 2.1.2 Bereken die spoed van die 20 kg-massa wanneer dit die grond tref. (4) 2.1.3 Op watter minimum afstand vanaf die katrol moet die 5 kg-massa aanvanklik geplaas word sodat die 20 kg-massa net die grond tref? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 2.2 'n Persoon met massa 60 kg klim na die kruin van 'n berg wat 6 000 m bo grondvlak is. 6 000 m Grondvlak 2.2.1 Stel Newton se Universele Gravitasiewet in woorde. (2) 2.2.2 Bereken die verskil in die gewig van die klimmer by die kruin van die berg en op grondvlak. (6) [18] VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 'n Man gooi bal A afwaarts teen 'n spoed van 2 m∙s-1 vanaf die rand van 'n venster, 45 m bo 'n dam water. Een sekonde later gooi hy 'n tweede bal, bal B, afwaarts en neem waar dat beide balle die wateroppervlak in die dam op dieselfde oomblik tref. Ignoreer lugwrywing. 3.1 Bereken die: 3.1.1 Spoed waarmee bal A die wateroppervlak tref (3) 3.1.2 Tyd wat dit bal B neem om die wateroppervlak te tref (3) 3.1.3 Beginsnelheid van bal B (5) 3.2 Skets, op dieselfde assestelsel, 'n snelheid-teenoor-tydgrafiek vir die beweging van bal A en B. Toon duidelik die volgende op jou grafiek aan: • Beginsnelhede van beide bal A en B • Die tyd wanneer bal B losgelaat word • Die tyd wat dit beide balle neem om die wateroppervlak te tref (5) [16] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Die diagram hieronder toon twee trollies, P en Q, wat op 'n plat, wrywinglose, horisontale spoor deur 'n saamgeperste veer aan mekaar gehou word. Die massas van P en Q is onderskeidelik 400 g en 600 g. P Q 400 g 600 g Wanneer die trollies losgelaat word, neem dit die veer 0,3 s om na sy natuurlike lengte af te wen. Trollie Q beweeg dan na regs teen 4 ms-1. 4.1 Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde. (2) 4.2 Bereken die: 4.2.1 Snelheid van trollie P nadat die trollies losgelaat is (4) 4.2.2 Grootte van die gemiddelde krag wat deur die veer op trollie Q uitgeoefen word (4) 4.3 Is hierdie botsing elasties? Antwoord slegs JA of NEE. (1) [11] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 'n Konstante krag F, wat teen 'n hoek van 20o bokant die horisontaal uitgeoefen word, trek 'n 200 kg-blok oor 'n afstand van 3 m op 'n ruwe, horisontale vloer soos in die diagram hieronder getoon. NA VOOR F F 20o 20o 200 kg 200 kg 3m Ruwe vloer Die koëffisiënt van kinetiese wrywing, μ k , tussen die vloeroppervlak en die blok is 0,2. 5.1 Gee 'n rede waarom die kinetiese wrywingskoëffisiënt geen eenhede het nie. (1) 5.2 Stel die arbeid-energiestelling in woorde. (2) 5.3 Teken 'n vrye kragtediagram wat AL die kragte wat op die blok inwerk terwyl dit getrek word, aandui. (4) 5.4 Toon aan dat die arbeid wat deur die kinetiese wrywingskrag (W fk ) op die blok verrig word, as W fk = (-1 176 + 0,205 F) J geskryf kan word. (4) 5.5 Bereken die grootte van die krag F wat toegepas moet word sodat die netto arbeid wat deur al die kragte op die blok verrig word, nul is. (4) [15] VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Weerkaatsing van klankgolwe stel vlermuise in staat om motte te jag. Die klankgolf wat 'n vlermuis voortbring, het 'n frekwensie van 222 kHz en 'n golflengte van 1,5 x 10-3 m. 6.1 Bereken die spoed van hierdie klankgolf deur die lug. (3) 6.2 'n Stilstaande vlermuis stuur 'n klankgolf uit en ontvang dieselfde sein wat deur 'n bewegende mot teen 'n frekwensie van 230,3 KHz weerkaats word. 6.2.1 Beweeg die mot NA of WEG VAN die vlermuis? (1) 6.2.2 Bereken die grootte van die snelheid van die mot, as aanvaar word dat die snelheid konstant is. (6) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Twee identiese sferiese balle, P en Q, elk met 'n massa van 100 g, hang by dieselfde punt vanaf 'n plafon deur middel van identiese, ligte, onrekbare geïsoleerde toutjies. Elke bal dra 'n lading van +250 nC. Die balle kom tot rus in die posisies soos in die diagram hieronder getoon. Plafon 20o 20o P Q 7.1 In die diagram is die hoeke tussen elke toutjie en die vertikaal dieselfde. Gee 'n rede waarom die hoeke dieselfde is. (1) 7.2 Stel Coulomb se wet in woorde. (2) 7.3 Die vrye kragtediagram, nie volgens skaal geteken nie, van die kragte wat op bal P inwerk, word hieronder getoon. T Fe w/Fg Bereken die: 7.3.1 Grootte van die spanning (T) in die toutjie (3) 7.3.2 Afstand tussen bal P en Q (5) [11] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 'n Sfeer Q 1 met 'n lading van -2,5 μC word 1 m vanaf 'n tweede sfeer Q 2 met 'n lading van +6 μC geplaas. Die sfere lê langs 'n reguitlyn, soos in die diagram hieronder getoon. Punt P is op 'n afstand van 0,3 m links van sfeer Q 1 geleë, terwyl punt X tussen Q 1 en Q 2 geleë is. Die diagram is nie volgens skaal geteken nie. -2,5 μC +6 μC P Q1 X Q2 ● ● 0,3 m 1m 8.1 Toon, met behulp van 'n VEKTORDIAGRAM, waarom die netto elektriese veld by punt X nie nul kan wees nie. (4) 8.2 Bereken die netto elektriese veld by punt P as gevolg van die twee gelaaide sfere Q 1 en Q 2 . (6) [10] VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 'n Battery met 'n onbekende emk en 'n interne weerstand van 0,5 Ω is aan drie resistors, 'n hoëweerstand-voltmeter en 'n ammeter met weglaatbare weerstand gekoppel, soos hieronder getoon. V 2Ω 0,5 Ω ε A 4Ω 8Ω Die lesing op die ammeter is 0,2 A. 9.1 Bereken die: 9.1.1 Lesing op die voltmeter (3) 9.1.2 Totale stroom wat deur die battery verskaf word (4) 9.1.3 Emk van die battery (5) 9.2 Hoe sal die lesing op die voltmeter verander indien die 2 Ω-resistor uit die stroombaan verwyder word? Skryf TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. Verduidelik die antwoord. (3) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 10.1 'n Vereenvoudigde skets van 'n WS-generator word hieronder getoon. Spoel Q A Poolstuk van magneet P  Na eksterne stroombaan  Die spoel van die generator roteer kloksgewys tussen die poolstukke van twee magnete. Op 'n spesifieke oomblik is die rigting van die stroom in die segment PQ soos hierbo aangedui. 10.1.1 Identifiseer die magneetpool A. Skryf slegs NOORDPOOL of SUIDPOOL. (1) 10.1.2 Die spoel word deur 180o geroteer. Sal die rigting van die stroom in segment PQ vanaf P na Q of vanaf Q na P wees? (1) 10.2 'n Elektriese toestel word aan 'n generator gekoppel wat 'n wgk- potensiaalverskil van 220 V lewer. Die maksimum stroom wat deur die toestel vloei, is 8 A. Bereken die: 10.2.1 Weerstand van die toestel (5) 10.2.2 Energie wat die toestel in twee uur verbruik (5) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 'n Ondersoek is uitgevoer om die uitwerking van veranderings in frekwensie EN intensiteit op die stroom wat in 'n foto-elektriese sel opgewek word wanneer lig daarop inval, te bepaal. Die apparaat wat in hierdie ondersoek gebruik is, word in die vereenvoudigde diagram hieronder getoon. Invallende lig µA Die resultate van die eksperiment word in die tabel hieronder getoon. EKSPERIMENT FREKWENSIE INTENSITEIT STROOM (Hz) (Cd) (µA) A 4,00 x 1014 10 0 B 4,50 x 1014 10 0 C 5,00 x 1014 10 0 D 5,01 x 1014 10 20 E 5,01 x 1014 20 40 F 6,50 x 1014 10 30 11.1 Definieer die term werkfunksie. (2) 11.2 Identifiseer 'n onafhanklike veranderlike. (1) Die drumpelfrekwensie van die metaal wat in die fotosel gebruik word, is 5,001 x 1014 Hz. 11.3 Definieer die term drumpelfrekwensie. (2) 11.4 Bereken die maksimum spoed van 'n vrygestelde elektron in eksperiment F. (5) Die stroom verdubbel in eksperiment D en E as die intensiteit by dieselfde frekwensie verdubbel word. 11.5 Watter afleiding kan uit hierdie waarneming gemaak word? (2) [12] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 1 (PHYSICS) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 1 (FISIKA) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Acceleration due to gravity g 9,8 m·s-2 Swaartekragversnelling Universal gravitational constant G 6,67 x 10-11 N·m2·kg-2 Universele gravitasiekonstant Radius of the Earth RE 6,38 x 106 m Radius van die Aarde Mass of the Earth ME 5,98 x 1024 kg Massa van die Aarde Speed of light in a vacuum c 3,0 x 108 m·s-1 Spoed van lig in 'n vakuum Planck's constant h 6,63 x 10-34 J·s Planck se konstante Coulomb's constant k 9,0 x 109 N·m2·C-2 Coulomb se konstante Charge on electron e -1,6 x 10-19 C Lading op elektron Electron mass me 9,11 x 10-31 kg Elektronmassa Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES MOTION/BEWEGING v f = vi + a ∆t ∆x = v i ∆t + 21 a∆t 2 or/of ∆y = v i ∆t + 21 a∆t 2  v + vf   v + vf  2 2 2 v f = v i + 2a∆x or/of v f = v i + 2a∆y 2 ∆x =  i  ∆t or/of ∆y =  i  ∆t  2   2  FORCE/KRAG Fnet = ma p = mv f s max = μ sN f k = μk N Fnet ∆t = ∆p ∆p = mv f - mv i w = mg m1m 2 m1m 2 M M F=G or/of F=G g= G or/of g= G 2 d2 r2 d2 r WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING W = F∆x cos θ U = mgh or/of E P = mgh Wnet = ∆K or/of Wnet = ∆Ek 1 1 K= mv 2 or/of Ek = mv 2 2 2 ∆K = K f − K i or/of ∆Ek = Ekf − Eki W Wnc = ∆K + ∆U or/of Wnc = ∆Ek + ∆Ep P= ∆t Pave = Fv ave WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG 1 v=fλ T= f v ± vL v ± vL hc fL = fs fL = fb E = hf or /of E= v ± vs v ± vb λ E = Wo + Ek(max) or/of E = Wo + K max where/waar 1 1 E = hf and/en W0 = hf0 and/en Ek (max) = 2 mv max 2 or/of K max = mv max 2 2 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V1 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA kQ 1Q 2 kQ F= E= r2 r2 W F V= E= q q Q Q n= or/of n = e qe ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE emf ( ε ) = I(R + r) V R= I emk ( ε ) = I(R + r) R s = R1 + R 2 + ... 1 1 1 q = I ∆t = + + ... R p R1 R 2 W = Vq W P= ∆t W = VI ∆ t P = VI W= I2R ∆ t 2 P = I2R V Δt W= V2 R P= R ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM Paverage = Vrms I rms / Pgemiddeld = Vwgk I wgk I max I I rms = / I wgk = maks 2 2 2 Paverage = I rms R / Pgemiddeld = I 2wgk R Vmax Vmaks Vrms = / Vwgk = 2 Vrms 2 Vwgk 2 2 Paverage = / Pgemiddeld = R R Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Physical Sciences

View all