Skip to content

Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2012 QP

Question paperCivil TechnologyGrade 11201211 pages

Grade 11 Civil Technology question paper from the Eastern Cape November 2012, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2012 SIVIELE TEGNOLOGIE PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 SIVIELE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2012) BENODIGDHEDE: 1. Tekengereedskap 2. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. 2. AL die vrae is VERPLIGTEND. 3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOET NIE onderafdelings skei NIE. 4. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Sketse kan gebruik word om jou antwoorde te illustreer. 6. ALLE berekeninge en geskrewe antwoorde moet in die antwoordeboek gedoen word. 7. Tekeninge en sketse moet volledig en netjies van afmetings, byskrifte en titels voorsien word soos voorgeskryf deur SANS (SABS) se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk. 8. Vir die doeleindes van hierdie vraestel moet die afmetings van ʼn steen as 220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word. 9. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of detail ontbreek. 10. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 11. Beantwoord VRAAG 5.1 en VRAAG 6 op die aangehegde antwoordblaaie, gebruik tekengereedskap waar nodig.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) SIVIELE TEGNOLOGIE 3 VRAAG 1: KONSTRUKSIEPROSESSE 1.1 Verduidelik die verskil tussen noodhulp en ʼn mediese noodgeval. (2) 1.2 ʼn Werker het van ʼn steier afgeval en sy been gebreek. Beskryf die nodige stappe wat jy sal neem om die werker te help en gemaklik te maak. (4) 1.3 Hoe sal jy ʼn entrepreneur beskryf? (2) 1.4 Noem TWEE regulasies om die publiek te beskerm wanneer slootuitgrawings gedoen word. (2) 1.5 Watter veiligheidsmaatreëls moet nagekom word, wanneer materiaal by jou werkplek opmekaar gestapel moet word? (6) 1.6 Waar in ʼn huis sal jy vertroebelde glas gebruik? (1) 1.7 Noem TWEE metodes om glasstene te installeer. (2) 1.8 Watter TWEE faktore sal die dikte van ʼn vensterruit bepaal? (2) 1.9 Stene kan in verskillende verbande gelê word. Teken in goeie verhouding, die vooraansig van ʼn muur in strykverband met tru-messelwerk aan die een kant en vertanding aan die ander kant. Toon VYF steenlae. (9) [30]
Downloaded from hlayiso.com 4 SIVIELE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2012) VRAAG 2: GEVORDERDE KONSTRUKSIEPROSESSE 2.1 Beskryf wat word bedoel met bekisting vir beton. (2) 2.2 Noem TWEE items wat gebruik word om te verseker dat bewapening in betonstrukture nie tydens die storting van beton aan die bekisting raak nie. (2) 2.3 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of ONWAAR langs die vraagnommer neer. (1) 2.3.1 Die gebruik van betonlateie is tydrowend. (1) 2.3.2 Waar ʼn muur onder die grondvlak is, moet dit met ʼn horisontale en vertikale vogdigtingslaag beskerm word. (1) 2.3.3 Die hoofdoel van muurplate is om die vrag van die dak eenvormig oor die muur te versprei. (1) 2.3.4 Die tyrolene pleistermasjien word gebruik om mure glad af te werk. (1) 2.3.5 Die vlakskaafmasjien het twee verstelbare tafels. Wanneer geskaaf word moet die agterste tafel verstel word om die diepte van die snit te bepaal. (1) 2.3.6 Die fassieplanke word gebruik om die kant van ʼn houtvloer netjies af te werk. (1) 2.4 Wat word met die nabehandeling van beton bedoel? (2) 2.5 Hoe verskil die spasiëring van die kappe vir ʼn sinkdak en kappe vir ʼn teëldak van mekaar? Gee redes vir jou antwoord. (4) 2.6 Skoring word gebruik om mure en onstabiele grond te ondersteun. Noem DRIE tipes skoring wat gebruik kan word. (3) 2.7 Wat word met steierwerk bedoel? (2) 2.8 Verduidelik die doel ʼn slotblok by ʼn holkern vlakdeur. (1) 2.9 Noem VYF faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer ʼn keermuur ontwerp word. (5) 2.10 Noem DRIE tipes keermure. (3) 2.11 Teken volgens skaal 1:20 ʼn vertikale lengtedeursnit aansig deur ʼn betonbalk van 3 200 mm x 400 mm x 250 mm om al die nodige bewapening in die balk te toon. Benoem alle dele op jou tekening. (10) [40]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) SIVIELE TEGNOLOGIE 5 VRAAG 3: SIVIELE DIENSTE 3.1 Benoem die dele vanaf A tot H soos aangedui op die gegewe tekening van ʼn opwasbak konstruksie (FIGUUR 3.1). (8) FIGUUR 3.1 3.2 Elektriese geisers word algemeen in huishoudings gebruik om water te verwarm. Verduidelik kortliks hoe ʼn laedruk elektriese geiser werk. (4) 3.3 Watter tipe klep word binne ʼn spoelbak geïnstalleer om die water op ʼn sekere hoogte te hou? (1) 3.4 Noem VIER sanitêre toebehore wat in gewone huishoudings gebruik word. (4) 3.5 Beskryf die funksie van ʼn mangat sowel as die materiaal wat vir die deksel gebruik word. (3) 3.6 Noem VYF voordele by die gebruik van koperpype vir waterinstallasies. (5) 3.7 Bespreek die regulasies met betrekking tot stormwaterdreinering. (5) [30]
Downloaded from hlayiso.com 6 SIVIELE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2012) VRAAG 4: MATERIALE 4.1 Voltooi die volgende sinne deur slegs die ontbrekende woord neer te skryf. 4.1.1 Die … (voeg) ... word gebruik om style en relings van ʼn paneeldeur aanmekaar te voeg. (1) 4.1.2 Die … (skroef)... word gebruik waar die skroefkop onder die oppervlak van hout moet wees. (1) 4.1.3 Houtvoeë word met … (lym) ... aanmekaar gelym. (1) 4.1.4 PVC rioolpype moet ʼn minimum binnemaat van … (mm) ... hê. (1) 4.1.5 Die … (klep) ... word gebruik om die waterdruk by ʼn hoëdruk geiser te reguleer. (1) 4.1.6 Die elektriese kas binne ʼn huis wat die elektrisiteit in die huis versprei word die ... genoem. (1) 4.2 Watter TWEE metodes kan gebruik word om onderdele van ʼn houtdakkap aanmekaar te voeg? (2) 4.3 Plastiek wat algemeen vir die vervaardiging van huishoudelike toebehore gebruik word, kan in twee hoofgroepe ingedeel word. Noem die TWEE groepe en gee EEN belangrike eienskap van elk. (4) 4.4 Verduidelik die meganiese- en visuele gradering van hout. (4) 4.5 Verskillende materiale word in die bou omgewing gebruik. Skryf die name van die volgende materiale neer en langsaan EEN gebruik en EEN eienskap van elkeen. 4.5.1 Gietyster (2) 4.5.2 Veiligheidsglas (2) 4.6 Houtprodukte moet met preserveermiddels behandel word om dit te beskerm. Noem VIER eienskappe van ʼn goeie preserveermiddel. (4) 4.7 Jy kry die opdrag om ʼn stoep van 3 meter x 4 meter te teël. Bereken die oppervlakte van die vloer en bepaal hoeveel teëls jy gaan nodig hê om die stoep te teël as die teëls 250 mm x 250 mm groot is en teenmekaar gelê word. Alle berekeninge moet aangedui word. (6) [30]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) SIVIELE TEGNOLOGIE 7 VRAAG 5: MEGANIKA 5.1 FIGUUR 5.1 toon ʼn ontwerp van ʼn dakkap wat op ʼn gebou opgerig moet word. 5.1.1 Bepaal grafies die grootte van die kragte in die struktuur. Beantwoord op ANTWOORDBLAD 5.1. (Gebruik ʼn skaal van 1 mm = 1 N) (7) 5.1.2 Voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 5.1 om grootte van kragte aan te dui. (7) 5.2 FIGUUR 5.2 toon ʼn balk met puntbelasting. FIGUUR 5.2 5.2.1 Bereken die buigmomente by elke punt. (Beantwoord op folio bladsy) (4) 5.2.2 Teken die buigmoment diagram. (Beantwoord op folio bladsy) Gebruik ʼn lineêre skaal van: 1 mm = 1 N en ʼn kragte skaal van 1 cm = 1 meter. (4) 5.3 FIGUUR 5.3 toon ʼn balk met puntbelasting. Bereken die reaksiekragte in steunpunte A en B. (8) FIGUUR 5.3 [30]
Downloaded from hlayiso.com 8 SIVIELE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2012) VRAAG 6: GRAFIKA EN KOMMUNIKASIE 6.1 As tekenaar kry jy die opdrag om ʼn klein gebou te ontwerp wat deur sekuriteitsbeamptes by ʼn meenthuiskompleks gebruik gaan word. Die gebou moet bestaan uit ʼn slaapkamer, badkamer en ʼn kantoor. Gebruik die volgende spesifikasies:  Buitemate van gebou 7 000 mm x 5 000 mm.  Buitedeure vir slaapkamer en kantoor is 800 mm x 2 000 mm aan suidekant.  Binnedeur tussen slaapkamer en badkamer – 800 mm x 2 000 mm  Binnedeur tussen badkamer en kantoor – 800 mm x 2 000 mm  Buitemure is spoumure en binnemure is halfsteenmure.  Badkamer het een venster van 900 mm x 900 mm.  Kantoor het een venster van 1 500 mm x 1 500 mm  Slaapkamer het een venster van 1 500 mm x 1 500 mm aan suidekant.  Toon stort, wasbak en spoel kloset in badkamer.  Toon hangkas in slaapkamer en kantoor.  Die hoogte van vloer tot plafon is 2 600 mm.  Die gebou het ʼn skildakkonstruksie met ʼn 300 helling en 500 mm oorhang. 6.1 Gebruik ʼn skaal van 1:50 en teken op ANTWOORDBLAD 6.1 die vloerplan en suidaansig van die huis. Vloerplan (24) suid aansig (16) [40]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) SIVIELE TEGNOLOGIE 9 VRAAG 5.1 ANTWOORDBLAD 5.1 KANDIDAAT SE NAAM 5.1.1 Diagram (skaal 1 mm = 1 N) (7) +a 5.1.2 Deel Grootte BF CH DH EG AF FG GH (7) [14]
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com 10 SIVIELE TEGNOLOGIE (NOVEMBER 2012) VRAAG 6.1 ANTWOORDBLAD 6.1 KANDIDAAT SE NAAM

Study this subject

More from Grade 11 Civil Technology

View all