Downloaded from hlayiso.com
TOTALE PUNTE
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
SPORT EN OEFENKUNDE
EKSAMENNOMMER
Tyd: 3 ure 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 40 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Al die vrae moet op die vraestel beantwoord word.
3. Lees die vrae noukeurig deur.
4. Gebruik die totale punte wat vir elke vraag toegeken word as 'n aanduiding van die
besonderhede wat vereis word.
5. Daar is een skoon bladsy aan die einde van hierdie vraestel. Indien jy nie genoeg
spasie het wanneer jy 'n vraag beantwoord nie, gebruik hierdie bladsy. Dui duidelik
die nommer van die vraag waarmee jy besig is, aan.
6. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
SLEGS VIR NASIENERS SE GEBRUIK
Vraag 1 2 3 4 5 6 7 8 9 Totaal
Punte 54 12 8 20 20 22 21 23 20 200
Behaal
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all





Sport and Exercise Afr hlayiso.com
Sport And Exercise Science · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 40 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Sport And Exercise Science
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Publisher
- IEB
- Pages
- 40
- File size
- 1.7 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 40
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 2 van 40
VRAAG 1
1.1 Pas die term in Kolom A by 'n beskrywing in Kolom B. Skryf slegs die letter van jou
gekose beskrywing in die onderstaande antwoordmatriks.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 OBLA A 'n Instrument wat gesamentlike omvang van
beweging meet
1.1.2 Meso-siklus B Stadiger lugvloei onder 'n vliegtuig se vlerk
1.1.3 Anoreksie C Duur gewoonlik 4 tot 16 weke
1.1.4 Mikro-siklus D Gladde vloei van lug rondom 'n voorwerp
1.1.5 Afspitsing E Spinbeweging wat lugdruk op die een kant
van 'n bal veroorsaak sodat dit minder is aan
die ander kant van die bal
1.1.6 Goniometer F Duur gewoonlik 'n week
1.1.7 Lugweerstand G 'n Krag wat weerstand in water of in die lug
veroorsaak
1.1.8 Bernoulli-beginsel H Die punt gedurende oefening waar
bloedlaktaat bo rusvlakke akkumuleer
1.1.9 Magnus-effek I Gekenmerk deur liggaamsbeeldverwringing
1.1.10 Laminêre vloei J 'n Toenemende vermindering van
oefenlading in 'n poging om die eise van
oefening te verminder en om prestasie te
optimaliseer
Antwoorde:
1.1.1
1.1.2
1.1.3
1.1.4
1.1.5
1.1.6
1.1.7
1.1.8
1.1.9
1.1.10
(10)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 3 van 40
1.2 Die onderstaande tabel hou met energiestelsels verband.
Gee die korrekte term vir die volgende beskrywers.
Beskrywers Term
1.2.1 Koolhidraat wat in die lewer gestoor word
1.2.2 'n Afvalproduk wat spieruitputting veroorsaak
1.2.3 'n Chemiese samestelling wat energie vir
oefening vrystel
1.2.4 Die ensiem wat die verbindings tussen fosfate
verbreek om gestoorde moontlike energie vry te
stel
1.2.5 Die stelsel wat suurstof nodig het
1.2.6 Die punt waar een energiestelsel nie meer die
hoofvoorsiener vir die hersintese van ATP is nie
1.2.7 Die stelsel breek glikogeen, glukose en vette af
om energie te verskaf
(7)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 4 van 40
1.3 In die onderstaande prente, sê in watter liggaamsvlak elke beweging plaasvind.
Skryf jou antwoord in die ruimte wat hieronder verskaf is.
Prent A Prent B
[Bron: <https://www.google.arm+exercises&safe> [Bron: <https://www.google.co.za leg+swings>
(Toegang 5/2/19)] (Toegang 5/2/19)]
Prent C
[Bron:
<https://www.google.co.za/q=transverse+plane+
exercise&> (Toegang 5/2/19)]
Antwoorde:
Prent A: (1)
Prent B: (1)
Prent C: (1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 5 van 40
1.4 Skets EN kleur die steunbasis in elk van die volgende prente in.
Prent A Prent B
[Bron: <https://www.google.co.za/=dance+balance&oq?>
(Toegang 5/2/19)] (5) (3)
Prent C
[Bron: <https://www.google.co.za/wheelchair+basketball>
(Toegang 5/2/19)]
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 6 van 40
1.5 Bestudeer die onderstaande diagramme en beantwoord dan die vrae wat volg.
Prent A Prent B
Swaartepunt
Swaartepunt
avity
Steunbasis Steunbasis
Prent C
Swaartepunt
Steunbasis
1.5.1 Watter prent – A, B of C – verteenwoordig 'n atleet in perfekte balans?
Verskaf 'n rede vir jou antwoord.
(1)
Rede:
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 7 van 40
1.5.2 Watter prent – A, B of C – verteenwoordig 'n atleet wat van balans af is en
op die punte is om te val? Gee 'n rede vir jou antwoord.
(1)
Rede:
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 8 van 40
1.6 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg.
A
[Bron: <https://www.google.co.za.
golf+swing> (Toegang 7/2/19)]
B
[Bron: <https://www.google.co.za/cricket+fast+bowlers>
(Toegang 7/2/19)]
C
[Bron: <https://www.google.co.za/search push+up>
(Toegang 7/2/19)]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 9 van 40
1.6.1 Vir elk van die handelinge wat in die prente op bladsy 8 vertoon word:
Teken die steunpunt. ( )
Sê wat die lading is.
Sê watter spiere word ingespan.
Prent A:
Lading:
Ingespan:
(3)
Prent B:
Lading:
Ingespan:
(3)
Prent C:
Lading:
Ingespan:
(3)
1.6.2 Sê watter klas hefboom word in elke prent voorgestel.
Prent A:
Prent B:
Prent C:
(3)
1.6.3 Identifiseer die doel van elke hefboom – is dit spoed of krag?
Prent A:
Prent B:
Prent C:
(3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 10 van 40
1.7 Benoem die volgende diagram met toepaslike pyle wat die volgende aandui:
Reaksiekrag(te)
Wrywingskrag(te)
Weerstand
Maak seker jy benoem elke pyl.
[Bron: <https://www.google.co.za/search?q=sprint+start&>
(Toegang 22/3/19)]
(3)
[54]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 11 van 40
VRAAG 2
2.1 Die drie onderstaande prente toon die fases van 'n rugbyspeler wat die bal skop.
Verduidelik die beginsels van hefboomkraag in elke fase.
A B C
[Bron: [Bron: [Bron:
<https://www.google.co.za/ [<https://www.google.co.za/ <https://www.google.co.za/rugby+
rugby+penalty> Penaltykick dancarter> penalty+kicksafe>
(Toegang 7/2/19] (Toegang 7/2/19)] (Toegang 7/2/19)]
Prent A – Terugswaai:
(3)
Prent B – Maak kontak met die bal:
(3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 12 van 40
Prent C – Volg deur:
(2)
2.2 Hieronder is 'n grafiek wat mense se mening oor vrouens wat rugby speel, aandui.
100
90
80
70
Persentasie
60
Sleutel:
50 Mans
40
Vrouens
30
20
10
0
Keur goed Keur nie goed nie
2.2.1 Ontleed die data wat in bostaande grafiek uitgebeeld word.
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 13 van 40
2.2.2 Stel TWEE moontlike redes voor vir die data wat uitgebeeld word.
(2)
[12]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 14 van 40
VRAAG 3
Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord dan die vrae wat volg.
A B C
[Bron: <https://www.google.co.za/force+summation>
(Toegang 12/3/19)]
3.1 Bespreek die meisie se gebruik van totale krag.
(6)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 15 van 40
3.2 Watter aanbeveling sal haar in staat stel om met meer krag te gooi?
(2)
[8]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 16 van 40
VRAAG 4
4.1 Hieronder is 'n grafiek wat 'n muurbalspeler se harttempo gedurende 'n oefensessie
uitbeeld. Bestudeer die data en beantwoord die vrae wat volg.
4.1.1 Wat is die speler se rustende harttempo?
(1)
4.1.2 Wanneer werk die speler fisies die hardste?
(1)
4.1.3 Die speler se harttempo bly vir etlike minute konstant. Wat gee dit te kenne
van die oefensessie?
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 17 van 40
4.1.4 Die grafiek is nie volledig nie. Beskryf wat met die speler se harttempo sal
gebeur na afloop van die oefensessie.
(2)
4.2 Hieronder is 'n grafiek wat 'n muurbalspeler se fiksheidsvlakke oor 'n tydperk
aandui. Ondersoek die data en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1 Voltooi die grafiek deur te voorspel wat met die speler se fiksheidsvlak sal
gebeur indien sy dieselfde oefenprogram vir vier maande volhou.
(2)
4.2.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op Vraag 4.2.1.
(1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 18 van 40
4.3 Om topprestasie te handhaaf moet elitemuurbalspelers 'n geskikte dieet volg. Noem
TWEE maniere waarop 'n elitemuurbalspeler se dieet van 'n ongeoefende volwassene
sal verskil EN verskaf redes vir die verskille.
(4)
4.4 Wat is die funksie van 'n spierspoel?
(3)
4.5 Beskryf wat binne 'n spier plaasvind wanneer 'n spierspoel geaktiveer word.
(4)
[20]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 19 van 40
VRAAG 5
Bestudeer die onderstaande bronne en beantwoord dan die vrae wat volg.
Bron A
Australiese Ope: Organiseerders verdedig hittebeleid na uiterste temperature
Die organiseerders van die Australiese Ope het die besluit verdedig om nie spel te stop weens
uiterste temperature gedurende die toernooi na 'n speler se kritiek nie. Temperature op dag vyf het
40 °C in Melbourne bereik toe sesmalige kampioen, Novak Djokovic, toestande "onmenslik" en "op
die uiterste" genoem het.
Amptenare het gesê hulle het Vrydag "baie amper" hul hittereël toegepas, wat spel sou gestaak
het. Direkteur Craig Tiley het gesê: "Ons is, per slot van rekening, 'n buiteluggebeurtenis."
Hy het bygevoeg: "Ons wil hê dit moet vir so lank as moontlik 'n buiteluggebeurtenis bly, maar
terselfdertyd seker maak dat daar vir die gesondheid en welstand van spelers gesorg word."
Die beleid oor uiterste hitte by die Australiese Open gebruik nie 'n eenvoudige maksimum hitte nie,
eerder 'n kombinasie van faktore, insluitend temperatuur, humiditeit en windspoed. Dit is in 2014
laas toegepas toe spel gestaak is nadat Melbourne drie opeenvolgende dae gehad het met
temperature wat bo 40 °C was.
Kroasië se Petra Martic het gesê sy het pynstillers gebruik om die blase te hanteer wat veroorsaak is
deur die hitte wat deur haar skoene van die baan se oppervlak van Melbourne se hoofbaan, die Rod
Laver Arena, gekom het.
Na haar wedstryd het Martic gesê: "Mens moet net geestelik sterk wees en bereid wees om te ly en
probeer om daardeur te kom."
Djokovic se opponent in die derde ronde, Gael Monfils, het gesê hy het "op die baan doodgegaan"
in die warm toestande. Vyfmalige wenner in Melbourne, Roger Federer, wat die ergste hitte
vrygespring het deur in Donderdag se aandsessie te speel, het die kwessie afgemaak deur te sê
spelers moet in "alle toestande" kan speel. "Ons weet dat dit baie warm hier in Australië kan word",
het Federer gesê. "Ek onthou nog toe ons 'n paar jaar gelede vier dae na mekaar van 40 grade
gehad het. Nou het ons twee. Dit is beslis 'n uitdaging."
[Bron: <http://www.bbc.com/sport/tennis/42728087>]
Bron B
Australiese Ope 2018: Novak Djokovic verslaan Gael Monfils in "onmenslike" Melbourne hitte
Gael Monfils het gesê hy het "op die baan doodgegaan" en Novak Djokovic het gedink toestande
was "op die grens" van veiligheid toe die temperatuur by die Australiese Ope die hoogte ingeskiet
het. Djokovic het hul wedstryd in die tweede ronde met 'n telling van 4-6 6-3 6-1 6-3 in twee uur
en 45 minute gewen toe die temperatuur 39 °C bereik het.
Monfils het die eerste stel gewen, maar in die twee stel swaargekry en van duiseligheid gekla en
die baan saam met 'n dokter verlaat.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 20 van 40
Djokovic het 'n yshanddoek gebruik om te probeer afkoel. Met die temperatuur wat teen 17:00
op sy warmste was, het die twee die arena binnegegaan en het tydens die ergste hitte gespeel.
Djokovic kon nie vir 'n erger toets van sy fiksheid gevra het na ses maande sonder spel weens 'n
elmboogbesering nie.
Toe hy na die wedstryd oor sy elmboog gevra is, het die Serwiër gesê, "Dit is steeds nie 100% nie,
maar aan die herstel". Veertiende gekeur nadat hy afbeweeg op die ranglys gedurende sy rustyd,
het hy teen Monfils te staan gekom wat op dreef was om Djokovic met sy 15e poging uiteindelik
te verslaan.
Die voormalige wêreld se nommer een, wat 'n nuwe afslaanaksie het om nie druk op sy elmboog
te plaas nie, het swak begin deur vier dubbelfoute in die eerste twee spelle te maak. Maar hy het
van agter teruggekom toe hulle twee gesamentlik 36 foute in die eerste stel gemaak het.
Monfils kon vasklou nadat hy gesien het hoe sy 3-0 voorsprong verdwyn, en deur nog 'n
gespanne afslaanspel beweeg het en sy eerste stelpunt met 'n droewige valhou verkwis het. Dit
was in die middel van die tweede stel dat die Fransman met die toestande begin sukkel het en
Djokovic dit uitgebuit het. Hy het drie keer in die derde stel op die sukkelende Fransman se
afslaan deurgebreek en vyf breekpunte gehad totdat hy in die vierde stel die oorwinning beklink
het
"Dit was net een van daardie dae waar mens geestelik sterk moes bly", het Djokovic bygevoeg.
"Ek dink fisies was dit duidelik dat mens net moet probeer vasbyt."
[Bron: <http://www.bbc.com/sport/tennis/42728087>]
5.1 In watter Australiese stad word die Australiese Ope gespeel?
(1)
5.2 Noem die tennisarena waar die Australiese Ope gespeel word.
(1)
5.3 Verskaf die mediese naam vir die toestand waaraan hierdie spelers sal ly wanneer
in die uiterste hitte gespeel word.
(1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 21 van 40
5.4 Watter rede het die toernooi se direkteure gegee om nie spel by die Australiese Ope te
staak nie?
(1)
5.5 Watter faktore word in berekening gebring wanneer die organiseerders van die
Australiese Ope dit oorweeg om spel weens die hitte te staak?
(3)
5.6 Tydens hierdie toernooi, watter voordeel het Federer bo Gael Monfils gehad?
(1)
5.7 Gee TWEE strategieë wat tennisspelers kan gebruik om hulself vir die Australiese
Ope voor te berei, wetende dat die toernooi elke jaar in uiters hoë temperature
gespeel word.
(2)
5.8 Stel EEN strategie voor wat spelers voor die toernooi kan volg om die risiko van
hitte-uitputting te verminder.
(1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 22 van 40
5.9 Stel EEN strategie voor wat spelers gedurende die toernooi kan gebruik om die
risiko van hitte-uitputting te verminder.
(1)
5.10 In Bron B is genoem dat Monfils met 3–0 voorgeloop het toe hy begin het om foute
te maak en te verloor. Dit staan as die katastrofeteorie bekend.
Gebruik die onderstaande grafiek en verduidelik wat met hierdie term bedoel word,
die uitwerking op prestasie en die gevolglike opwekkingsvlakke.
[Bron: <https://www.google.co.za/catastrophe+theory+in+sport&>
(Toegang 8/2/19)]
(4)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 23 van 40
5.11 Roger Federer is 6 voet 1" / 1,85 m lank. Hoe sal dit hom in tennis bevoordeel?
(4)
[20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 24 van 40
VRAAG 6
6.1 Gebruik die prent wat hieronder verskaf is om die vrae wat volg, te beantwoord.
6.1.1 Verduidelik die belangrikheid van lengte in tennis.
(5)
6.1.2 Watter invloed sal dit op die opponent hê?
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 25 van 40
6.2 Beskryf die volgende gedurende 'n tennisvoorhandhou wat met 'n terugkrul geslaan
is.
Die ideale raketbeweging:
(2)
Die bal se vlug deur die lug:
(2)
Die bal se vlug met landing:
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 26 van 40
6.3 Hieronder is 'n grafiek wat bloedherverspreiding gedurende 'n intensiewe
tennisoefensessie toon.
Ondersoek die data en beantwoord die vrae wat volg.
6.3.1 Hoekom verhoog minuutvolume van 5 800ml/min met rus tot 17 500ml/min
wanneer geoefen word?
(3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 27 van 40
6.3.2 Verduidelik die uitwerking wat prekapillêre sluitspiere op die vaskulêre
omleiding het.
(6)
[22]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 28 van 40
VRAAG 7
In 'n Suid-Afrikaanse opname wat met mense van 16 tot 24 jaar oud gedoen is, is die
volgende resultate oor 'n tydperk van 12 maande gekry.
50
1 = tennis
45
2 = swem
40
Persentasie van deelname
3 = rugby
35
4 = stap
30
5 = fietsry
25
6 = draf
20
7 = oefening deur
15
eie
10 1 2 3 4 5 6 7 8
liggaamsgewig
5
te gebruik
0
8 = basketbal
Aktiwiteite
7.1 Noem die VIER gewildste aktiwiteite.
(4)
7.2 Verduidelik hoe hierdie vier top aktiwiteite soortgelyk aan mekaar is.
(3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 29 van 40
7.3 Wat is die gewildste aktiwiteit volgens die data?
(1)
7.4 Gee redes hoekom hierdie sport wat in Vraag 7.3 genoem is, so gewild is.
(3)
7.5 Watter aktiwiteit is die minste gewild volgens die data?
(1)
7.6 Gee 'n rede hoekom hierdie aktiwiteit die minste gewild is.
(2)
7.7 Noem twee aktiwiteite wat nie noodwendig in die grafiek uitgebeeld is nie, waaraan
mense van 60 en ouer sal deelneem. Verduidelik jou antwoord.
(3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 30 van 40
7.8 Verduidelik die Ringelmann-effek EN verskaf 'n toepaslike sportvoorbeeld.
(4)
[21]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 31 van 40
VRAAG 8
8.1 Beskryf die vordering van die energiestelsel wat deur die liggaam gebruik word
wanneer daaraan 'n 50 km-padfietsren deelgeneem word.
(6)
8.2 Elitefietsryers gebruik dikwels hoëhoogte-oefening wanneer daar vir 'n groot
kompetisie voorberei word.
8.2.1 Verduidelik kortliks die term "hoogte-oefening".
(2)
8.2.2 Wat gebeur fisiologies wanneer 'n atleet by hoër hoogtes oefen?
(1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 32 van 40
8.3 Onderstaande grafiek beeld 'n fietsryer se glikogeenvlakke gedurende 'n
trapmeulproeflopie by 70% VO2maks uit.
8.3.1 Voorspel waar die spierglikogeenvlakke sal wees indien die fietsryer drie
dae voor die proeflopie sy/haar koolhidraatinname verhoog het. Plaas 'n
duidelike kolletjie op die grafiek by hierdie punt.
(1)
8.3.2 Noem een ander fisiese verskil wat die fietsryer kan ervaar na
koolhidraatbelading.
.
(1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 33 van 40
8.4 Sarah en Jill is vriende. Sarah behoort aan 'n fietsryklub en doen elke naweek
enkelbaanritte deur die bos. Een naweek het sy Jill genooi om saam met haar te ry.
Hoewel Jill voorheen naby haar huis gery het, het sy nog nooit van die pad af gery
nie.
Gedurende die rit moes Jill 'n paar keer stilhou en rus terwyl Sarah met gemak gery
het sonder om uitasem te raak.
Skryf 'n paragraaf en verduidelik die verskillende fisiologiese reaksies van Sarah
EN Jill se liggame op dieselfde oefening.
(6)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 34 van 40
8.5 Die Yerkes & Dodson opwekkingsgrafiek word hieronder getoon.
Beskryf kortliks die fietsryer se geestelike EN fisiese toestand by elke afgebakende
plek op die grafiek.
(6)
[23]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 35 van 40
VRAAG 9
Bestudeer die inligting wat in die onderstaande bronne en die rubriek verskaf is. Gebruik
dit om 'n opstel van 1 tot 1½ bladsye oor die volgende onderwerp te skryf.
Verskaf doeltreffende strategieë wat afrigters kan gebruik om te verseker spelers bly op
piek-fisiologiese en sielkundige vlakke die hele seisoen. Motiveer jou strategieë.
Om hierdie vraag te beantwoord word daar van jou verwag om:
die bronmateriaal sorgvuldig te bestudeer en die inligting in die bronne te gebruik om
jou opstel die beste te ontwikkel;
jou eie toepaslike sportwetenskapkennis te integreer;
voorbeelde uit die werklike lewe, waar van toepassing, te gebruik;
die rubriek te gebruik om jou antwoord te vorm.
OPSTELRUBRIEK
Moontlike
0 punt 1 punt 2 punte 3 punte 4 punte
punt (20)
Gebruik van Geen Verwysings Bronbesonderhede
bronne verwysing slegs na baie naby aan volle
na bronne sommige potensiaal gebruik
2
nie. bronne om strategie en
gemaak. redenasie te
ondersteun.
Inhoud se Min of geen Belangrike Sommige Effens Voldoende
relevansie relevansie inligting noodsaaklike gebrekkig feite verskaf.
X2 van inhoud ontbreek EN inligting ontbreek rakende Alle inligting
nie. Feite nie OF sommige
is relevant en
nou met Baie irrelevante feite
onderwerp feite OF weggelaat akkuraat. 8
verbind nie Foute wat die OF Feite
EN 'n Paar gehalte van die meesal
ernstige opstel beïnvloed. relevant vir
feitefoute. onderwerp
OF Min
foute.
Doeltreffende Geen Ondoeltreffe Een doeltreffende 'n Hele paar Etlike
strategieë strategieë nde en strategie verskaf. strategieë doeltreffende
X2 verskaf nie. onrealistiese verskaf – die strategieë
8
strategie/ meeste is verskaf.
strategieë doeltreffend.
verskaf.
Gehalte van Vraag nie Redenering Redenering is baie
bespreking beantwoord korrek, maar duidelik en saaklik.
nie. Nie moeilik om Vloei is logies.
gesnap te volg. Oortuigend met 2
waaroor dit 'n Mate van gereelde skakeling.
gaan nie. skakeling
sigbaar.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 36 van 40
Bron A
Krieketstatistiek:
10 internasionale eendagkrieketwedstryde is in 1978 gespeel. Dit het vermeerder tot 66 in
1983, toe 89 in 1992 en 127 in 1996. Die oorvloed het in 1999 sy toppunt bereik toe die wêreld
na nie minder nie as 154 internasionale eendagkrieketwedstryde gekyk het, waarvan 37
Australië en 41 Indië betrek het.
Weliswaar, Indië het die afgelope paar jaar gemiddeld elke nege dae in 'n internasionale
eendagwedstryd gespeel.
[Bron: GLORY DAYS – Forty years of one-day cricket by
Edward Griffiths, Gepubliseer 2003]
Bron B
Die liggaam is veerkragtiger as wat mense dink, maar die geestelike druk is uitmergelend en 'n
paar groot spelers begin agterkom dat indien hulle 'n paar eendagwedstryde kan oorslaan, hulle
hul loopbane vir baie jare nog kan verleng.
[Bron: GLORY DAYS – Forty years of one-day cricket by
Edward Griffiths, Gepubliseer 2003]
Bron C
Nadal blameer toerorganiseerder vir besering wat sy kanse by die Australiese Ope belemmer
het
Rafael Nadal het die swaar werkslading van die tennisskedule bevraagteken weens 'n klomp
beserings wat tennissterre se toekoms in gevaar stel, nadat hy gedwing is om in die vyfde stel
van sy kwarteindronde te onttrek na nog 'n besering.
[Bron: Sydney Morning Herald, 24 Jan 2018]
Bron D
China se voorste speler, Wang Qiang, was regtig baie moeg aan die einde van 'n strawwe
seisoen op die WTA-toer en was van mening sy het te veel wedstryde gespeel. "Dit is regtig te
veel", het sy gesê. "Te veel toernooie vir my, te veel wedstryde."
[Bron: Sport24, 31/10/18]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 37 van 40
Bron E
MARITZBURG KOLLEGE RUGBYPROGRAM 2019
DATUM OPPOSISIE PLEK
10 MAART – SATERDAG "Interne proewe" Tuis
17 MAART – SATERDAG Pmb Dag (St Charles, Voortrekker, Linpark, Carter) Tuis
24 MAART – SATERDAG Glenwood Tuis
28 – 31 MAART Vryheid Fees 2e/3e Weg
28 MAART – 2 APRIL St Stithian's o.18 Fees Weg
14 APRIL – SATERDAG PBHS Tuis
21 APRIL – SATERDAG Hilton Tuis
26 APRIL – DONDERDAG Northwood Weg
5 MEI – SATERDAG King Edward VII Weg
12 MEI – SATERDAG Kearsney Tuis
19 MEI – SATERDAG DHS Weg
26/27 MEI Vry naweek
2 JUNIE – SATERDAG Michaelhouse Weg
9 JUNIE – SATERDAG Westville Weg
16 JUNIE – SATERDAG Glenwood Weg
21 JULIE – SATERDAG Affies Tuis
28 JULIE – SATERDAG PBHS Weg
4 AUGUSTUS – SATERDAG King Edward VII (REÜNIE-NAWEEK) Tuis
11 AUGUSTUS – SATERDAG Skonk /rugby-sewes Tuis
Bron F
GREY KOLLEGE RUGBYPROGRAM 2019
Datum Opposisie
9 Maart Welkom Gimnasium
16 Maart Menlopark
19 Maart Garsfontein Hoërskool
6 April Middelburg
13 April Selborne College
11 Mei Paarl Seuns Hoër
18 Mei Afrikaanse Hoër Seunskool
13 Julie Waterkloof
20 Julie Grey Hoër
27 Julie Glenwood Hoër
3 Augustus Oakdale Landbouskool
17 Augustus Paul Roos Gimnasium
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 38 van 40
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 39 van 40
[20]
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE Bladsy 40 van 40
ADDISIONELE SPASIE (ALLE vrae)
ONTHOU OM DUIDELIK BY DIE VRAAG AAN TE DUI DAT JY DIE ADDISIONELE
SPASIE GEBRUIK HET OM TE VERSEKER DAT ALLE ANTWOORDE NAGESIEN
WORD.
IEB Copyright © 2019
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Sport and Exercise Science Memo 2019 Afr hlayiso.com

Document
SPSC PAT Assessment Rubric 2020 Afr hlayiso.com

Document
SPSC PAT Framework 2020 Afr hlayiso.com

Document
SPSC PAT Instructions to candidates 2020 Afr hlayiso.com

Document
SPSC PAT Instructions to teachers 2020 Afr hlayiso.com

Memorandum
Sport & Exercise Science Memo 2018 Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Sport And Exercise Science
Explore more published documents in this catalogue.

Document
SPSC PAT Framework 2020 hlayiso.com

Document
SPSC PAT Instructions to candidates 2020 hlayiso.com

Document
SPSC PAT Instructions to teachers 2020 hlayiso.com

Memorandum
Sport and Exercise Science Memo 2019 hlayiso.com

Memorandum
Sport & Exercise Science Memo 2018 hlayiso.com

Memorandum





