Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
SPORT EN OEFENKUNDE
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 ure 200 punte
Hierdie nasienriglyne is voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
subeksaminatore, wat almal 'n standaardisasievergadering moet bywoon ten einde
te verseker dat die riglyne konsekwent geïnterpreteer en toegepas word in die
nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal nie enige gesprek of korrespondensie oor enige nasienriglyne voer
nie. Daar word besef dat daar baie verskillende sienings oor sommige kwessies
van beklemtoning of besonderhede in die riglyne kan wees. Daar word ook besef
dat sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardisasievergadering, daar
verskillende interpretasies van die toepassing van die nasienriglyne kan wees.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
You're offline
Skip to contentMemorandum 





View all





Sport and Exercise Science Memo 2019 Afr hlayiso.com
Sport And Exercise Science · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Sport And Exercise Science
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Publisher
- IEB
- Pages
- 21
- File size
- 565.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 21
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 21
VRAAG 1
1.1 1.1.1 H
1.1.2 C
1.1.3 I
1.1.4 F
1.1.5 J
1.1.6 A
1.1.7 G
1.1.8 B
1.1.9 E
1.1.10 D
1.2 1.2.1 Glikogeen
1.2.2 Melksuur
1.2.3 ATP
1.2.4 ATPase
1.2.5 Aërobies
1.2.6 Drempel
1.2.7 Aërobies/Oksiderend
1.3 Prent A: frontaal
Prent B: sagittaal
Prent C: dwars/transversaal
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 21
Prent A Prent B
1.4
[Bron: <https://www.google.co.za/=dance+balance&oq?>
(Toegang 5/2/19)]
Ken 1 punt toe vir elke voet. Ken 1 punt toe vir elke voet
Ken 1 punt toe vir die spasie tussen die twee dansers Ken 1 punt toe vir die spasie
Ken 1 punt toe tussen die twee voete van die tussen die twee voete
regterkantse danser
Prent C
[Bron: <https://www.google.co.za/wheelchair+basketball>
(Toegang 5/2/19)]
Ken 1 punt toe vir die spasie tussen die twee groot wiele
Ken 1 punt toe vir insluiting van die spasie tussen die klein wiele
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 21
1.5 1.5.1 B
Die swaartepunt/-lyn val in die middel van die steunbasis.
1.5.2 C
Die swaartepunt is heeltemal buite die steunbasis.
1.6 1.6.1 Ken 1 punt toe vir steunpunt
Lading: Gholfklub
A
[Bron: <https://www.google.co.za.
golf+swing>
(Toegang 7/2/19)]
Ingespan: Aanvaar enige van die volgende: (1 punt)
Armspiere (slegs 'arm' is nie aanvaarbaar nie)
Deltaspier/Deltoïed
Biseps en triseps
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 21
Ken 1 punt toe vir steunpunt
B
Lading: Krieketbal (1 punt)
Ingespan: Aanvaar enige van die
volgende: (1 punt)
Armspiere
Deltaspier
Biseps en triseps
[Bron: <https://www.google.co.za/
cricket+fast+bowlers>
(Toegang 7/2/19)]
C
[Bron: <https://www.google.co.za/search push+up>
(Toegang 7/2/19)]
Ken 1 punt toe vir steunpunt
Lading: die liggaam (1 punt)
Ingespan: Aanvaar enige van die volgende: (1 punt)
Armspiere
Deltaspier/Deltoïed
Biseps
Triseps
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 21
1.6.2 Prent A: 3e klas (L-E-F)
Prent B: 3e klas (L-E-F)
Prent C: 2e klas (F-L-E)
1.6.3 Prent A: Spoed
Prent B: Spoed
Prent C: Krag
1.7
Lugweerstand
Reaksiekrag
Wrywing
Reaksiekrag
Pyltjies moet in die korrekte rigting wys.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 21
VRAAG 2
2.1 Prent A: Terugswaai:
Terugswaai – skopbeen buig en skep 'n kort hefboom om met spoed vorentoe
te swaai. Hefboom versterk beweging. Groter afstand tussen gewrig en
inspanning = meer krag
Prent B: Maak kontak met die bal:
Skop – skopbeen word reguit en skep 'n lang hefboom. Die bal word met
meer spoed geskop. Langer hefboom = groter spoed/ versnelling en krag
op die bal
Prent C: Volg deur:
Volg deur – dit verbeter akkuraatheid en stel been in staat om veilig
stadiger te beweeg.
2.2.1 Meer vrouens (95%) keur dit goed dat vrouens rugby speel in
vergelyking met 85% mans wat dit goedkeur OF
Meer mans 15% keur dit nie goed dat vrouens rugby speel nie in
vergelyking met 5% vrouens wat dit nie goedkeur nie.
2.2.2 Ken 1 punt toe per rede.
Meer vrouens keur dit goed – Dit is te verwagte, aangesien vrouens
ander vrouens behoort te ondersteun wat aan alle sportsoorte
deelneem, nie net sportsoorte wat tradisioneel as vrouesportsoorte
beskou word nie.
Aanvaar toepaslike antwoord
OF
Meer mans wat nie goedkeur nie – Mans is geneig om te dink dat
vrouens te delikaat is om aan kragtige aktiwiteite deel te neem.
Gevaarlik vir vroue.
Aanvaar toepaslike antwoord
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 21
VRAAG 3
3.1 Ken 1 punt toe per feit van die wat hieronder gelys is:
Sy begin deur die groot spiere te gebruik en dan die kleiner spiere.
Die meisie gebruik die meeste van haar liggaamsdele om 'n groot krag te
skep.
In Prent A het sy haar gooiarm opgelig en agter haar. Dit maak meer krag
moontlik, aangesien ook haar skouer- en rugspiere gebruik word.
In Prent B is die heupe gebruik om meer krag te skep.
In Prent B het die agterste been effens gedraai om meer krag te gee.
Die bolyf is ook gebruik.
Elke liggaamsdeel wat in 'n beweging gebruik is, is geneig om te versnel –
in Prent A en B dien die gooiarm as 'n "sweep".
Deur die elmboog te buig en dan die arm reguit te maak, skep groter krag.
In Prent C dra verplasing van liggaamsgewig van agterste been tot voorste
been ook krag oor.
In Prent C volg sy deur wat meer krag en akkuraatheid moontlik maak.
Hulle kan nie bloot beskryf wat hulle in die prente sien nie.
Totale krag sorg dat maksimum kragte deur die spiere voortgebring word en
dan in fisiese bewegings oorgaan – deur kragte van elke liggaamsegment
by te voeg.
Hoe meer liggaamsdele by voltooiing van 'n beweging betrokke is, hoe
groter die krag wat potensieel gegenereer kan word en dan na die
vrygestelde bal oorgeplaas word.
3.2 Ken 1 punt toe vir verwysing na gebruik van bolyf:
Begin met gooi arm verder terug.
OF
Gebruik die Latissimus dorsi-/deltoïedspiere
Ken 1 punt toe vir verwysing na gebruik van onderlyf:
Begin deur af te druk op voete om kuitspiere te gebruik,
dan kwadriseps en heupe.
Rek tree.
Voeg 'n aanloop by.
Verhoog bewegingsomvang
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 21
VRAAG 4
4.1 4.1.1 70 – 73
4.1.2 Aanvaar 3,4 tot 4 minute
4.1.3 Aanvaar enige van die volgende:
Ken 2 punte per antwoord toe
Die sessie het nie die speler genoeg kardiovaskulêr-gewys
uitgedaag nie.
Die atleet is baie fiks en die oefensessie het die speler by
maksimum harttempo gehou.
Daar was nie 'n rustydperk sodat die harttempo kon daal en dan
weer styg nie.
Oefenintensiteit bly konstant
4.1.4 Die harttempo sal vinnig daal, maar sal steeds effens verhoog wees
bo die rustende harttempo.
Harttempo sal daal
4.2 4.2.1
4.2.2 Aanvaar enige toepaslike rede, bv.:
Nie genoeg progressiewe oorlading op oefening toegepas nie.
Oefening te maklik.
Die atleet het tam en ongemotiveerd geword.
Moet nie 'n punt toeken vir "plato" nie want dit is 'n beskrywing en
nie 'n rede nie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 21
4.3 Ken 1 punt toe vir elke verskil in dieet.
Ken 1 punt toe vir elke toepaslike rede.
Elitemuurbalspelers sal 'n hoë koolhidraatdieet eet.
Rede – 'n Wedstryd duur tot twee ure en langer. En hulle moet dikwels meer
as een wedstryd op 'n dag speel of op agtereenvolgende dae, wat beteken
hulle moet spierglikogeenvoorraad aanvul.
Elitemuurbalspelers sal 'n hoë proteïendieet eet
Rede – Proteïen herstel en bou spiere
Eet vette vir die stadige vrystelling van energie
Aanvaar feite wat met hidrasie verband hou
4.4 Spierspoel bespeur verandering in spierlengte en ook die snelheid van die
verlenging.
Voorkom besering
Word bewus van strekking
Word bewus van spoed van strekking
Belangrik vir gekoördineerde beweging
4.5 Wanneer spiervesels saamtrek, kom die eindpunte van die spierspoel naby
mekaar, en stimuleer die sensoriese/toevoersenuwees wat dan die elektriese
impulse na die sentrale senustelsel stuur.
Die spoel stuur 'n refleksboogsein om verdere strekking en besering te keer.
Inligting word deur brein verwerk
Aktiveer motorneurone deur strekrefleks om strekking teë te werk
Motor-/toevoersenuwee stuur impuls na spier en spierspoele pas spanning
aan
Verandering in lengte van spier
Aanvaar gepaste verwysing na miosien en aktien
VRAAG 5
5.1 Melbourne
5.2 Rod Laver
5.3 Hipertermie
5.4 "Ons is, per slot van rekening, 'n buiteluggebeurtenis."
Om 'n toernooi te wees wat in die buitelug plaasvind, beteken dat spelers die
toestande moet hanteer.
5.5 Ken 1 punt toe per faktor:
temperatuur, humiditeit en windspoed.
5.6 Federer het sy wedstryde later in die dag gespeel, toe dit koeler was.
Gedurende die aand gespeel
Federer het tydens die vorige Australiese Ope in ekstreme hitte gespeel
Hy is geestelik sterker
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 21
5.7 Ken 1 punt per strategie toe
Oefen in warm en vogtige toestande
Oefen op die hitte van die dag
Spandeer tyd in 'n sauna – oefen
Aanvaar toepaslike antwoorde
Arriveer vroeg om te akklimatiseer
Aanvaar toepaslike antwoorde
5.8 Ken 1 punt toe per strategie toe.
Aanvaar enige een van die volgende:
• Drink baie vloeistowwe
• Dra geskikte klere/los klere
• Dra klere met 'n ligte kleur
• Dra materiaal wat sweet weg van die vel af trek
• Dra ysonderhemde in die kleedkamer voor die toernooi begin
• Yshanddoek
• Akklimatiseer deur in warm toestande te speel of oefen
• Koolhidraatlading aangesien dit vloeistofberging verhoog
• Mans kan hul hare kort sny/vrouens kan hul hare vasbind
5.9 Ken 1 punt toe per strategie
Aanvaar enige een van die volgende:
• Drink baie vloeistof
• Gebruik 'n yshanddoek tussen stelle
• Verander spelstrategie om energie te bespaar
• Dring aan op 'n sambreel by die wisseling van kante
• Plaas handdoek oor kop by wisseling van kante indien geen sambreel vir
skaduwee nie
• Afkoelstasies
Aanvaar toepaslike antwoorde
5.10 Aanvaar enige 4 van die volgende feite:
Hierdie teorie sê dat soos wat die atlete se liggaamlike opwekking verhoog,
presteer die atleet beter (soos in A uitgebeeld) maar die atleet se prestasie sal
slegs aanhou verbeter indien die kognitiewe opwekking laag gehou word.
Indien die kognitiewe opwekking te hoog word, dan "verloor die atleet beheer"
(soos by punt B gesien kan word) en prestasie sal afneem en die atleet ervaar
'n katastrofe.
Wanneer dit gebeur, sal atlete nie na die oorspronklike opwekkingsvlakke (A)
terugkeer nie, maar sal hulle hulself weer emosioneel moet oppomp, en by
punt C begin.
Indien geen verwysing na grafiek gemaak word nie, kan maksimum 3 punte
toegeken word.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 21
5.11 Aanvaar enige 4 van die volgende
Om lank te wees, beteken hy het langer ledemate, d.i. hefbome.
Hoe langer die hefboom, hoe groter die spoed en krag wat op 'n voorwerp
uitgevoer kan word, byvoorbeeld 'n tennisbal kan harder geslaan word
wanneer die elmboog ten volle uitgestrek is eerder as gebuig is.
Die gebruik van die raket verleng die hefboom nog verder.
Wanneer afgeslaan of 'n mokerhou geslaan word, kan Federer die bal teen 'n
skerp hoek slaan, wat dit moeiliker vir sy opponent maak om die bal te bereik.
Arm- en raketspoed word na die bal verplaas wat 'n kragtiger hou tot gevolg
het.
Kan groter treë neem en groter area dek
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 21
VRAAG 6
6.1 6.1.1 Hoe hoër die vrylating hoe meer afwaarts die rigting waarin die bal sal
beweeg, maar steeds oor die net.
Hoe hoër vrylating wanneer geslaan word hoe kleiner die
vrylatingshoek en hoe korter die afstand wat die bal beweeg.
Moeiliker vir opponent
Laer vrylating – trek verder
6.1.2 Aanvaar enige twee van die volgende:
Dit maak dit moeiliker vir die opponent om die bal te bereik en terug te
slaan.
Verloor punte
Opponent moet besluit met watse hou om terug te slaan
6.2 • Raketbeweging:
Raket beweeg af en onder die bal in
• Bal se vlug in die lug:
Aanvaar enige 2 van die volgende punte:
Word opgelig en gaan boontoe
Stadig
• Bal se vlug wanneer land:
Bal het minder springkrag, beweeg nie ver nie
6.3 6.3.1 Wanneer ons oefen is daar 'n styging in harttempo en slagvolume om
aan eise te voldoen, hartlewering/minuutvolume (die volume van bloed
wat uit die hart in een minuut gepomp word) styg outomaties.
Veneuse terugkeer
6.3.2 Om bloedvloei na die spiere te verhoog, maak die prekapillêre
sluitspiere wat na die spiere lei oop.
Die prekapillêre sluitspiere wat na nie-noodsaaklike organe lei, sal
sluit. Dit beperk bloedvloei na die organe.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 21
VRAAG 7
7.1 Ken 1 punt toe per aktiwiteit:
Swem
Stap
Draf
Oefening deur eie liggaamsgewig te dra
7.2 Ken 1 punt toe per verduideliking
Hulle is individuele sportsoorte, nie spansport nie
Min toerusting nodig
Goedkoop
Gebruik liggaamsgewig
7.3 Swem
7.4 Ken 1 punt toe per rede vir enige drie van die volgende:
SA is 'n warm land
SA het 'n lang kuslyn
Baie openbare swembaddens
Baie huise het swembaddens
Meer ouderdomsgroepe kan deelneem
Ouer mense kan sonder vrees vir besering swem
Geen ooreising van gewrigte/nie gewigdraend nie
Geen gespesialiseerde toerusting nodig nie
Koste-effektief
Gewigsverlies
Kan alleen gedoen word
Aanvaar toepaslike antwoorde
7.5 Tennis
7.6 Ken twee punte toe vir enige van die volgende:
Moet by 'n klub aansluit
Duur toerusting – tennisraket en -skoene
Het 'n opponent nodig
Aanvaar toepaslike antwoorde
7.7 Ken 1 punt toe per aktiwiteit en 1 punt vir die verduideliking
Moontlike aktiwiteite:
Rolbal; joga; stap; swem; gholf
Tuinmaak
Skaak, veerpyltjies, jukskei
Aanvaar toepaslike antwoorde
Verduideliking:
Lae-impak-aktiwiteite vir swakker gewrigte
Aanvaar toepaslike antwoorde
7.8 Ken 3 punte toe vir verduideliking en 1 punt vir toepaslike voorbeeld.
Die Ringelmann-effek is die neiging vir individuele lede van 'n groep om
toenemend minder produktief te word wanneer die grootte van hul groep
uitbrei, bv. enige spansport waar daar te veel reserwes is.
Aanvaar toepaslike antwoorde
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 21
VRAAG 8
8.1 Ken 1 punt toe vir enige 6 van die volgende feite:
• Wanneer die resies begin, sal die liggaam die ATP/PC-stelsel gebruik
• Mag fosfageennaam gebruik
• Die ATP/PC-stelsel duur net vir 'n paar sekondes, dan sal die
anaërobiese melksuurstelsel inskop
• Mag glikolitiese naam gebruik
• Die melksuurstelsel veroorsaak 'n opbou van melksuur
• Melksuur beïnvloed prestasie negatief
• Na omtrent 'n minuut sal die aërobiese stelsel oorneem
• Mag die oksidatiewe naam gebruik
• Die fietsryer sal in die aërobiese stelsel vir die duur van die resies bly
• Tensy hulle skielik vinnig wegry of teen 'n steil bult moet ry
• In hierdie geval sal die fietsryer weer in die melksuurstelsel inbeweeg
• Sodra hulle die bopunt van die heuwel bereik of ophou jaag, sal hulle na
die aërobiese stelsel terugkeer
8.2 8.2.1 Hoogte-oefening is die praktyk van sommige uithou-atlete om vir 'n
paar weke by hoë hoogtes te oefen, verkieslik 2 400 meter (8 000
vt.) bo seespieël. Liggaam pas aan
OF
Hoogte-oefening ontwikkel die vermoë van 'n atleet om suurstof
beter te gebruik, wat die atleet doeltreffender in seespieël-
kompetisies maak.
Oefen in omgewing met minder suurstof (1 punt)
8.2.2 Die liggaam verhoog sy produksie van eritrosiete/rooibloedselle.
Vinniger asemhaling
Kapillêre groei
Basale metaboliese spoed (BMS) neem toe
Verhoogde hartvolume
Verlaagde spierweefseloppervlak
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 21
8.3 8.3.1
8.3.2 Ken 1 punt toe vir enige een van onderstaande feite
Uitputting sal vertraag word
Verhoogde koers van glikogeenvermindering vroeg in die resies
Gewigstoename
Meer glukogeen word gestoor
Opblaas/ waterretensie
Moenie "voel minder moeg" aanvaar nie
8.4 Ken 3 punte toe vir Sarah se reaksies
Ken 3 punte toe vir Jill se reaksies
Sarah:
Aanvaar enige drie van die volgende feite:
• Sarah se liggaam toon langtermyn- fisiologiese aanpassings vir oefening
en Jill s'n nie.
• Sarah se hartgrootte het toegeneem, wat dit in staat stel om meer bloed
teen 'n stadiger tempo uit te pomp.
• Sarah se harttempo kan gedurende oefening daal.
• Rooibloedseltelling het verhoog, dus lewer die bloed vinniger suurstof
aan die selle.
• VO2 maks. verhoog mettertyd effens – meer lug en dus meer suurstof
gaan in longe in en uit.
• Met doeltreffende aërobiese stelsel, word koolhidraatvoorraad stadiger
opgebruik.
• Melksuurproduksie word vertraag. Drempel word teruggestoot.
• Omdat sy ervare is, sal Sarah weet wat die korrekte kos is om te eet
voordat sy ry en sy het dalk haar koolhidraatinname verhoog.
• Sarah sal korrekte hidrasie voor en gedurende die rit gebruik, wat
uitputting uitstel.
• Geestelik sal Sarah op haar gemak wees en nie senuweeagtig nie, wat
spierspanning verhoed.
Aanvaar toepaslike antwoorde
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 17 van 21
Jill:
Aanvaar enige drie van die volgende feite:
• Jill se liggaam toon geen langtermyn- fisiologiese aanpassings vir
oefening nie.
• Jill se hartgrootte is "normaal", is dus kleiner as Sarah s'n. Nie genoeg
bloed word uitgepomp nie, wat Jill dwing op te stop wanneer nie genoeg
suurstof haar longe bereik nie.
• Kardiovaskulêre stelsel is nie gewoond aan die hoë aërobiese aard van
die sport nie, wat haar dwing om stadig te ry en te rus.
• Koolhidraatvoorraad word vinnig opgebruik.
• Melksuurproduksie vind vinnig plaas wat Jill dwing om te rus.
• Het waarskynlik nie die regte kos geëet nie voordat gaan ry het nie, wat
uitputting veroorsaak.
• Verkeerde of onvoldoende hidrasie voor en gedurende die rit wat
uitputting tot gevolg het.
• Vrees vir die onbekende sal Jill senuweeagtig maak en die
spierspanning vooroorsaak.
• Jill kry krampe in haar spiere.
• Haar bloeddruk verhoog.
• Sy sal moeg word.
Aanvaar toepaslike antwoorde.
8.5 Ken 2 punte toe per afgebakende plek.
Een punt vir geestelike toestand
Een punt vir fisiese toestand
X1
Geestelike toestand:
Min opwekking
Nie geestelik voorbereid nie
Toenemende aandag
Fisiese toestand:
Ontspanne/nie energiek nie/vaak
Swak prestasie
X2
Geestelike toestand:
Opwekking is optimaal
Emosioneel opgepomp
Gefokus
Vol selfvertroue
Fisiese toestand:
Prestasie die beste/ideaal
Harttempo verhoog
Bloeddruk is op
Biochemiese aanwysers soos adrenalien en epinefrien word vrygestel
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 18 van 21
X3
Geestelike toestand:
Opwekking: ooropgewek
Angstig / gespanne
Verloor selfbeheersing/ knak
Raak benoud/ gefrustreerd
Woede
Fisiese toestand:
Negatiewe uitwerking op prestasie
Vinnige harttempo/hartversnelling
Aggressie
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 19 van 21
VRAAG 9
Verskaf effektiewe strategieë wat afrigters kan gebruik om seker te maak spelers bly op
top- fisiologiese en sielkundige vlakke vir die hele seisoen. Motiveer jou strategieë.
Verwysing na die volgende moet by die kandidate se antwoorde ingesluit wees:
Al die sportsoorte waarna in die bronne verwys word (rugby, krieket, tennis) het spelers wat te
veel kompeteer. Te veel wedstryde in 'n seisoen.
Beide die duur en oefensessies en hul intensiteit is onderliggende faktore vir uitputting. Die
verhouding tussen oefening en 'n mededingende skedule is belangrik.
Nadat al die werk gedoen is, het atlete 'n goeie strategie nodig om van die stres van die
werklading te herstel – om te sorg vir aanpassing en dan terug te kom, gereed vir die volgende
spel of wedstryd. Herstel is net so belangrik as die oefening. Aanpassing by oefening vind
gedurende herstel plaas. Herstel is die proses waardeur die atleet gaan ten einde tot
'n toestand van prestasie-gereedheid te keer.
Herstel behels:
• om voedingstowwe en energievoorraad te herstel
• om spierpyn te verminder
• om na normale fisiologiese funksie terug te keer
• om sielkundige simptome soos geïrriteerdheid en die onvermoë om te konsentreer uit die
weeg te ruim
Fisiologiese probleme wat sal voorkom as gevolg van te veel wedstryde:
• Uitputting
Uitputting en die vermoë van die liggaam om die uitwerking te oorkom, hou nou verband
met:
– dieet en voeding;
– gehalte van slaap;
– geskeduleerde hersteltydperke;
– eksterne faktore soos werksdruk, studie en besering.
• Te veel oefening
Spier- en gewrigspyn – Te veel oefening en te veel kompetisies sal veroorsaak dat spiere
skeur en inflammasie kry. Dit sal krag verminder en dan ook die atleet se prestasievlak.
• Beserings. Onder inhoudrelevansie – om tot by vlak 4 uit te kom, moet kandidate spesifiek
na beserings verwys, byvoorbeeld krieket- en tennisspelers ly dikwels aan skouerbeserings
weens te veel gebruik, terwyl rugbyspelers dikwels skenkelsenings en kwadriseps/
vierkopspiere, ens. beseer.
• Vertraagde aanvang van spierseerheid (DOMs). Wanneer DOMs ontwikkel, begin dit met
strukturele skade aan die spiervesels (mikrotrauma) en die omliggende vesels.
Mikroskopiese skade aan die spier is normaal en te verwagte gedurende 'n oefening.
Hierdie skade veroorsaak inflammasie, aangesien vloeistof en elektroliete in die area
inbeweeg. Spierspasma kan ook voorkom en dit veroorsaak meer pyn en verleng die
toestand. DOMs veroorsaak 'n vermindering in die kraggenererende vermoë van die
geaffekteerde spiere. Die geaffekteerde spiere kan nie soveel krag uitoefen nie wanneer die
atleet gevra word om maksimale krag uit te oefen in 'n 1-herhaling maksimumkrag-toets.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 20 van 21
• Sentrale spierswakheid is 'n algehele uitputting van die hele liggaam, terwyl periferale
swakheid 'n uitputting van individuele spiere is.
• Lae immuunstelsel – Intense oefening verhoog eintlik vlakke van die liggaam se
streshormoon, wat die immuunstelsel onderdruk. Die atleet kan meer vatbaar vir gewone
verkoues wees.
Sielkundige probleme wat sal voorkom as gevolg van te veel wedstryde:
Angs voor of gedurende kompetisies kan jou prestasie negatief beïnvloed. Die gekoördineerde
beweging wat gedurende atletiekbyeenkomste nodig is, word moeiliker wanneer jou liggaam
gespanne is.
Wanneer die liggaam onder fisiese of geestelike spanning geplaas word, produseer dit
opwekkingsvlakke wat die inligtingsverwerking en dan prestasie beïnvloed. Indien die aktiwiteit
vereis dat besluite vinnig en akkuraat geneem word, sal die uitwerking sigbaarder wees.
• Die atleet sal depressie en 'n gebrek aan motivering ervaar wanneer aan uitputting gely
word
• Lae selfagting en verlies aan vertroue
• Kwaad en aggressief
Moontlike strategieë
• Verseker rusdae
• Periodisering. Deur te beplan en die hele jaar uiteen te sit, sal 'n afrigter kan sien dat daar te
veel kompetisies naby aan mekaar is of dat oefening te intens en naby 'n kompetisie is. Dan
kan die jaar oor beplan word.
• Op elitevlak, kies kompetisies/toernooi wat die speler(s) in staat stel om 'n blaaskans
tussenin te hê.
Skoolprogramme is effens moeiliker om te beheer, maar individuele skole het die "reg" om
te besluit om nie al die wedstryde op die program te speel nie. Indien 'n skool nie obsessief
is met wen is nie, sal dit waarskynliker gebeur. By die jaarlikse programvergadering kan
hoofde van sport die onderwerp bespreek.
• Verskaf rus in 'n oefensessie.
• Toename in oefening moet gepaard gaan met toenames in rus.
• Atlete moet dit vermy om te vroeg in een sport te spesialiseer. Kinder-"supersterre" word
dikwels beseer of brand uit voor universiteit. Kinders moet aangemoedig word om aan 'n
verskeidenheid sportsoorte deel te neem.
• Om vertraagde aanvang van spierseerheid te hanteer – Die spier sal self gedurende rus
herstel en dit sal weer spiergrootte en -krag laat toeneem.
• Die herstelproses behels die verwydering van byprodukte wat gedurende oefening
geproduseer word en die aanvulling van brandstowwe.
• Afrigters moet elke oefensessie beplan, wat werkintensiteit en hersteltussenposes betref.
Dit word dikwels die werk-verposing-verhouding genoem.
• Maak seker alle atlete word gesif/ondervra. Dit identifiseer of 'n persoon geskik vir die
aktiwiteit is en of hulle gevaar loop om hulleself te beseer. Dit bepaal 'n persoon se
gesondheid, beseringsgeskiedenis, leefstyl en fiksheid voordat begin oefen word.
• Maak seker atlete eet en drink korrek. Atlete moet behoorlike hoeveelhede vloeistowwe
drink om verlore sweet te vervang en herstel te verbeter.
• Beseringstoesig sal help om prestasie hoog te hou. Die afrigter moet moontlike oorsake van
besering identifiseer en strategieë bedink om dit te hanteer. Dit is belangrik dat wanneer 'n
besering voorkom dat noodsaaklike inligting soos "wanneer", "waar", "hoe" en "wat het
gebeur" akkuraat aangeteken word. Dit sal dit moontlik maak om patrone van voorkoms van
beserings te identifiseer en ook moontlike risikofaktore, wat inligting kan verskaf sodat
veranderings aangebring kan word om beserings in die toekoms te verminder.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 21 van 21
• Beseringsbestuur. Dit is 'n proses waar 'n besering geïdentifiseer, behandel en dan
gerehabiliteer word sodat dit nie weer gebeur nie.
• Om 'n korrekte balans tussen volume en intensiteit te verseker sal prestasie verhoog.
• Alle goed ontwerpte programme gebruik die beginsel van progressiewe oorlading.
• Die afrigter kom voor die uitdaging te staan om die optimale oefenstimulus vir elke atleet te
bepaal, en besef wat vir een atleet werk, werk dalk nie vir 'n ander een nie.
• Vroeë identifikasie en monitering van vatbare atlete.
• Verminder bekende effekte soos skielike toename in oefenladings, ontoereikende
dieetinname en te dikwels kompetisies.
• Individualiseer oefening.
• Periodiseer oefening.
• Programmeer hersteloefening en rusdae by die oefensiklus in.
• 'n Oefenlogboek is die beste metode om vordering te monitor. Buiten om op hoogte van
afstand en intensiteit te bly, kan die atleet die rustende oggendharttempo, gewig, algemene
gesondheid, hoe die oefensessie gevoel het, vlakke van spierseerheid en moegheid
opteken.
• Leer die atlete maniere om angstigheid te hanteer, bv. visualisering, doelwitbepaling.
OPSTELRUBRIEK
Moontlike
0 punt 1 punt 2 punte 3 punte 4 punte
punt (20)
Gebruik van Geen Verwysings Bronbesonderhede
bronne verwysing slegs na baie naby aan volle
na bronne sommige potensiaal gebruik
2
nie. bronne om strategie en
gemaak. redenasie te
ondersteun.
Inhoud se Min of geen Belangrike Sommige Effens Voldoende
relevansie relevansie inligting noodsaaklike gebrekkig feite verskaf.
X2 van inhoud ontbreek EN inligting ontbreek rakende Alle inligting
nie. Feite nie OF sommige
is relevant en
nou met Baie irrelevante feite
onderwerp feite OF weggelaat akkuraat. 8
verbind nie Foute wat die OF Feite
EN 'n Paar gehalte van die meesal
ernstige opstel beïnvloed. relevant vir
feitefoute. onderwerp
OF Min
foute.
Doeltreffende Geen Ondoeltreffe Een doeltreffende 'n Hele paar Etlike
strategieë strategieë nde en strategie verskaf. strategieë doeltreffende
X2 verskaf nie. onrealistiese verskaf – die strategieë
8
strategie/ meeste is verskaf.
strategieë doeltreffend.
verskaf.
Gehalte van Vraag nie Redenering Redenering is baie
bespreking beantwoord korrek, maar duidelik en saaklik.
nie. Nie moeilik om Vloei is logies.
gesnap te volg. Oortuigend met 2
waaroor dit 'n Mate van gereelde skakeling.
gaan nie. skakeling
sigbaar.
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2019
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Sport and Exercise Afr hlayiso.com

Document
SPSC PAT Assessment Rubric 2020 Afr hlayiso.com

Document
SPSC PAT Framework 2020 Afr hlayiso.com

Document
SPSC PAT Instructions to candidates 2020 Afr hlayiso.com

Document
SPSC PAT Instructions to teachers 2020 Afr hlayiso.com

Question paper
Sport and Exercise Afr hlayiso.com
More from Grade 12 Sport And Exercise Science
Explore more published documents in this catalogue.

Document
SPSC PAT Framework 2020 hlayiso.com

Document
SPSC PAT Instructions to candidates 2020 hlayiso.com

Document
SPSC PAT Instructions to teachers 2020 hlayiso.com

Question paper
Sport and Exercise Science 2019 hlayiso.com

Question paper
Sport and Exercise hlayiso.com

Question paper





