You're offline
Skip to content
Memorandum

Sport MG 2017 Afr hlayiso.com

Subject: Sport And Exercise ScienceGrade 12201716 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2017 SPORT EN OEFENKUNDE NASIENRIGLYNE Tyd: 3 uur 300 punte Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings- vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings- vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die nasienriglyne. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 16 AFDELING A VRAAG 1 1.1 D 1.2 C 1.3 A 1.4 H 1.5 B 1.6 E 1.7 G 1.8 F VRAAG 2 Ken twee punte per prent toe. Prent A Prent B Prent C X X X (Kruis by naeltjie- (Kruis by naeltjiehoogte hoogte & sentraal) en effens uitmiddelpuntig) Prent D Prent E X X (Kruis by naeltjiehoogte & (Kruis nader aan kop as aan uitmiddelpuntig) naeltjie en sentraal) IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 16 VRAAG 3 ENERGIESTELSELS Aërobiese ATP/PC-stelsel Melksuurstelsel stelsel Tennisafslaan X Gholfswaai X 5 000 m-wedloop X Hoogspring X 800 m-wedloop X VRAAG 4 Kolom 3 en 4 moet ooreenstem. Hoërskool ure moet die meeste wees Verskaf TWEE Geraamde Verskaf EEN rede vir die voorbeelde van Lewensfase tyd per week van hoeveelheid tyd wat aan aktiwiteite waaraan deelname deelname spandeer word deelgeneem word Touspring Vier ure (of meer). Ken twee punte vir een rede toe: Gimnastiek Hulle het nie so baie akademiese Atletiek druk soos ouer kinders nie. Swem Ouers laat hulle aan baie Laerskool Aanvaar toepaslike sportsoorte deelneem. 8 tot 12 jaar oud voorbeelde. Skoolsport is verpligtend. Of sportverwante Hulle het baie energie. vaardigheid Aanvaar toepaslike voorbeelde. Om fiks te word. Koördinasie te ontwikkel. Skoolsport soos Drie ure (of naby aan Ken twee punte vir een rede toe: Hoërskool hokkie, netbal, rugby, hierdie getal). Skoolsport kan verpligtend wees. 13 tot 18 jaar swem. 3–6 ure Akademiese en kulturele oud Aanvaar toepaslike aktiwiteite neem tyd in beslag. voorbeelde. Universiteitsport- (Dit moet minder as Ken twee punte vir een rede toe: Universiteits- en soorte, soos rugby of vorige twee wees). Studies neem die meeste van die tersiêre onderrig netbal. 4–5 ure tyd in beslag. En ook 19 tot 24 jaar Gimnasium. sosialisering. Geen ouers of oud Aanvaar toepaslike onderwysers wat hulle dwing om voorbeelde. deel te neem nie. Gimnasium. Een uur. Ken twee punte vir een rede toe: Sosiale klubsport. 1–3 ure Te besig om kinders groot te Aanvaar toepaslike maak. Loopbaan en voorbeelde. Ry kinders na sport aan. huwelik Kyk hoe kinders aan sport deelneem. Raak in loopbaan gevestig. Rolbal. Twee of drie ure. Ken twee punte vir een rede toe: Fietsry. Dit kan enige kant toe Afgetree, het dus meer tyd OF Sosiale tennis. gaan – minder ure omdat Hulle is te oud om deel te neem. Aanvaar toepaslike oud en vol pyn is. voorbeelde. Meer ure omdat afgetree Bejaardheid Gholf. en meer tyd het. Die Swem. laaste twee kolomme Pilates. moet korreleer. Nie rugby of muurbal Indien hulle 'gholf' kies sal nie. hierdie tyd langer wees IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 16 VRAAG 5 5.1 Heupe of knieë 5.2 Skouer 5.3 Basis van paalspring se paal of heupe 5.4 Skouer VRAAG 6 Sport Tipe beskermende drag Rede om beskermende drag te dra Ken een punt toe vir enigeen van die Ken twee punte vir korrekte rede toe, volgende: bv. helm om te voorkom dat op die kop • Helm of in die gesig geslaan word. Krieketkolwer • Liggaamskut Aanvaar toepaslike voorbeelde. • Boks • Handskoene • Skeenskutte Ken twee punte toe vir korrekte rede, • Mondskerm bv. mondskerm om gesigbesering te • Handskoene voorkom of dat tande uitgeslaan word Hokkiespeler • Gesigmasker by kort hoeke indien 'n bal of stok dit tref. • Doelwagter – al hul skutte Aanvaar toepaslike voorbeelde. Mus met oorbeskermers. Ken twee punte toe vir korrekte rede. Styfpassende kostuum. Om die ore te beskerm wanneer 'n Moenie swembrille aanvaar nie. opponent mens raakslaan. Waterpolospeler Kostuum – kan nie onder water gegryp of gekrap word nie. Aanvaar toepaslike voorbeelde. • Nekstut Ken twee punte vir korrekte rede toe, • Klere wat brandbestand is bv. nekstut om kop regop te hou Formule 1- • Knieskutte wanneer om draai jaag – om G-kragte motorrenjaer • Helm te weerstaan. • Handskoene Aanvaar toepaslike voorbeelde. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 16 AFDELING B VRAAG 7 7.1 57 ml/kg/min. 7.2 Hy gebruik 57 ml suurstof per kg van sy liggaamsgewig per minuut. (VO2 maks, word gemeet ten opsigte van milliliter van O2 wat per kg van liggaamsgewig gebruik word.) 7.3 Dit is ontwerp om al die lug/gasse wat hy uitgeasem het, te versamel. 7.4 Ken een punt per item toe: • Elke hardloper het 'n sekere kritieke spoed gehad. • Wanneer hulle onder daardie spoed gehardloop het, kon hulle genoeg suurstof kry om hul pogings aan die gang te hou. • Maar wanneer hulle vinniger moes hardloop, was die liggaam nie in staat om genoeg suurstof te verwerk nie. Gebruik anaerobiese sisteem. • Melksuur bou op, wat uitputting veroorsaak. 7.5 Melksuur of laktaat. 7.6 Ken een punt toe vir enige vier van die volgende: • Prestasie neem af. • Topprestasie word net bereik na lang rus en herstel. • Atleet het langer hersteltyd nodig na oefening en kompetisie. • Prestasie word deur besering en pyn gedurende oefening en kompetisie beïnvloed. • Herhalende beserings. • Spieruitputting en -swakheid – krimpende spiermassa. • Verandering in hartklop. • Onbedoelde gewigsverlies. • Lae immuunstelsel. • Verlaagde anaërobiese en laktaatdrempels. • Spier- en gewrigspyn. • Stram skouers en nek wat tot 'n stram bolyf of kakebeen kan lei, stram- heid in die arms en hande en uiteindelik stramheid in die bene en enkels. • Lae selfagting en verlies aan selfvertroue. • Geïrriteerd, kwaad en aggressief. Irrasioneel. • Verlies aan belangstelling. • Gebrek aan konsentrasie. • Swak koördinasie. 7.7 Ken een punt toe vir enige van die volgende: Melksuurstelsel OF glikolitiese energiestelsel OF anaërobiese energiestelsel. 7.8 Ken een punt toe vir enige drie van die volgende: • Beweeg stadiger of vind kritieke pas. • Loop • Stop • Haal diep asem/beheer asemhaling. • Wissel tussen vinnige en stadige stap. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 16 7.9 Ken een punt toe vir een van die volgende: Aërobiese stelsel of oksiderende stelsel. 7.10 Ken een punt toe vir enige van die volgende: • ATP-PC-stelsel • ATP-CP-stelsel • Alaktiese stelsel • ATP-PCr-stelsel • Melksuurstelsel 7.11 Ken drie punte per faktor toe – een punt vir noem van faktor, twee punte vir verduideliking van die invloed op prestasie. Leerlinge moet twee faktore noem. Leerlinge kan verskillende bewoording gebruik, solank die strekking/kern dieselfde is. Aanvaar enige twee van die volgende: Faktor: Om geestelik sterk te wees OF gebruik van sielkunde. Voorbeeld van verduideliking: Atlete wat in hulself glo of wat sielkunde gebruik, soos visualisering, kan hul van afleidings afsluit en op dit wat relevant is, fokus. Faktor: Beter oefening. Voorbeeld van verduideliking: Korrekte oefening, wat rus en periodisering insluit, sal verseker dat die atleet fisies by die optimum is. Faktor: Gebruik van sportwetenskaplike tegnologie. Voorbeeld van verduideliking: Om items soos hartklopmonitors of afkoelingsfrokkies te dra, sal verseker dat die atleet in toptoestand is. Faktor: Voeding, hidrasie ingesluit. Voorbeeld van verduideliking: Korrekte dieet verseker energiestelsels kan ATP vir prestasie verskaf. Faktor: Beter toerusting. Voorbeeld van verduideliking: Om ultramoderne toerusting te gebruik, sal gemak van prestasie verseker en resultate verbeter, bv. ligte, vaartbelynde kano's, ligte klere vir uithou-atlete. Faktor: Psigologiese faktore. Voorbeeld van verduideliking: Kardiovaskulêre en respiratoriese sisteme daartoe in staat om suurstof en nutriënte vinniger af te lewer en afval vinniger te verwyder. Faktor: Dissipline of motivering. Voorbeeld van verduideliking: Om gemotiveerd en gedissiplineerd te wees beteken dat die atleet bereid is om harder en langer te oefen. Aanvaar toepaslike voorbeelde. 7.12 Voorbeeld van antwoord: Wanneer jy die intensiteit van jou oefening verhoog, is daar 'n punt waar bloedlaktaat begin om op te hoop, bo die vlakke wat voorkom wanneer in rus is. Die verwydering van laktaat kan nie met die vervaardiging van laktaat byhou nie. 7.13 Teorie van Sentrale Senuweebeheer – alle aktiwiteit word deur die brein beheer om seker te maak dat niks in ons liggaam verder as die normale perke gestoot word nie. Uitputting – uitputting is 'n emosie, 'n idee in die gedagtes wat help verseker dat oefening binne die liggaam se vermoë gedoen word. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 16 7.14 TITEL: Twee veranderlikes moet verskaf word. Byvoorbeeld: Suurstofbywerking gedurende oefening/hardloop. (Aanvaar toepaslike voorbeelde.) Spoed van VO2maks Antwoord moet 'verhouding' of 'vergelyking' of 'dit is 'n lyngrafiek' stel. 60 50 vir plato op 57 vir plato Suurstofverbruik vir lineêre lyn 40 vir lineêre lyn wat steil klim aandui 30 ml/kg/min 20 10 0 2 4 6 8 10 Spoed km/u VRAAG 8 8.1 Klein mate Groot mate Laissez faire Demokraties Outoritêr 8.2 Ken een punt toe vir noem van vaardigheid. Ken een punt toe vir rede hoekom vaardigheid nodig is. Moontlike antwoorde: • Vaardigheid: Kommunikasievaardighede. Rede: Leier moet opdragte gee wat duidelik is en verstaan word. • Vaardigheid: Konflikoplossing. Rede: Moet verskillende persoonlikhede in die span hanteer. • Vaardigheid: Luistervaardighede. Rede: Moet luister en verstaan wat spelers sê. • Vaardigheid: Entoesiasme. Rede: Moet die span gemotiveerd hou. • Vaardighede: Sportkennis. Rede: Moet die reëls en tegnieke ken om dit te kan oordra. Aanvaar praktiese antwoorde. Vaardigheid: Motivering/Positiwiteit. Vaardigheid: Vooruitsig. Vaardigheid: Dissipline. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 16 VRAAG 9 9.1 Ken twee punte vir toepaslike antwoord toe, bv.: • Saamgetrekte spier • Filament wat gly 9.2 (a) D (b) A (c) G (d) F (e) B en C (f) E 9.3 Wanneer 'n spier saamtrek gly die aktien- (F) en miosien- (G) filamente oor mekaar soos in Prent 2 gewys word. Die aktienfilamente is aan die Z-lyne (B & C) gekoppel, en wanneer 'n spier saamtrek, word die twee Z-lyne nader aan mekaar getrek en dit verkort die sarkomeer (E). As geen letters gebruik is nie kan kandidaat 'n maks van 5 punte kry. VRAAG 10 10.1 Haar gemiddelde reaksietyd is swak of stadig. 10.2 Wanneer 'n lang tyd het om te reageer, d.i. wanneer die bal teen 'n laer spoed afgeslaan word (20 km/u), is die prestasie beter (terugspeel 9 uit 10) OF prestasie neem af wanneer die spoed van die bal toeneem OF wanneer die bal teen 'n vinniger spoed afgeslaan word, daal die prestasievlak. Moet na die data verwys. 10.3 Verwagting stel die atleet in staat om te voorspel waarheen die bal gaan OF dit stel die atleet in staat om voor te berei. Verhoog prestasie. Aanvaar verwysing na verwagtingsopkoms. 10.4 (a) Ken een punt toe vir enige drie van die volgende: • Vorige ervaring. • Ken die opponent. • Gehoor. • Vaardigheidsvlak. • Moegheid. • Oog sporing. • Hand-oog koördinasie. • Konsentrasie. • Stres. • Fiksheidvlak. • Sienskrag. • Baie koue weer. Aanvaar toepaslike voorbeelde. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 16 (b) Ken een punt toe vir enige drie van die volgende verduidelikings: • Vorige ervaring – die atleet sal weet wat om te verwag, minder vrees. • Ken die opponent – in watter rigting hulle gewoonlik afslaan; hul sterk en swak punte. • Gehoor – grootte van skare – groot skare veroorsaak angstigheid, kêrel wat kyk, veroorsaak ook angstigheid. Aanvaar toepaslike voorbeelde. VRAAG 11 11.1 Eenvoudig 11.2 Ken een punt toe indien 'n geskikte sport genoem is, bv. swem, naellope, sokker, netbal. Ken nog 'n punt toe indien meer spesifiek is, bv. sokker doelwagter. Aanvaar toepaslike voorbeelde. 11.3 Ken drie punte vir elke taak toe. Atleet A is by 'n komplekse taak betrokke wat konsentrasie verg – baie subroetines wat in die regte volgorde en op die regte tyd uitgevoer moet word OF hulle moet genoeg opgewek word om goed te presteer, maar nie te veel opgewek sodat hulle fokus verloor nie. Atleet B is by 'n eenvoudige taak betrokke wat 'n redelike hoë vlak van aggressie vereis. Hulle moet hulleself emosioneel tot 'n hoër vlak oppomp ten einde goed te presteer. VRAAG 12 12.1 Een uur As kandidaat 45 minute tot 1 uur sê; ken net 1 punt toe. 12.2 Ken twee punte per tendens toe. Leerlinge moet drie tendense noem. Een punt vir identifisering van 'n tendens en een punt vir verduideliking. • Tendens: Meer mans as vrouens neem aan sport deel. Verduideliking: Vrouens moet dikwels vir hul gesin en huishouding sorg. • Tendens: Meer mans in die 15 tot 18 ouderdomskategorie neem deel as mans in die 19 tot 25 ouderdomsgroep. Verduideliking: Getalle neem af wanneer seuns die skool verlaat en na die werkplek of tersiêre onderwys beweeg. • Tendens: Meer vrouens in die 15 tot 18 ouderdomskategorie neem deel as vrouens in die 19 tot 25 ouderdomsgroep. Verduideliking: Getalle neem af sodra meisies skool verlaat en hulle na die werkplek of tersiêre onderwys beweeg. • Tendens: In 2010 het die getalle wat deelneem effens gestyg. Verduideliking: SA het die Sokkerwêreldbeker aangebied. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 16 • Tendens: Die afnamekoers vir vrouens is baie hoër as vir mans. Verduideliking: Vrouens word dikwels gedwing om versorgers te word en het dus nie tyd vir ontspanningsaktiwiteite nie. Aanvaar praktiese antwoorde. • Tendens: Afnemende getalle. Verduideliking: Vetsug. VRAAG 13 13.1 Grafiek A 13.2 Punte toegeken aan enige agt van die volgende items of soortgelyke items: • Mettertyd neem die atleet se prestasie af, al oefen hulle of word onder spanning geplaas. • Prestasie neem af al het oefening voortgegaan. • Oefening veroorsaak fisiese stres op die spier/liggaam. • Spiervesels skeur (mikroskopiese skeurtjies)/ineenstorting. • Hierdie stres veroorsaak dat prestasie afneem. • Na 'n kort ruskans, sal 'n atleet effens herstel, d.i. gedeeltelik herstel. • Indien daar geen rus is nie of indien die rustyd te kort is, sal hul prestasie aanhou afneem. • Indien die oefening te intens is/spiere te veel oorlaai word, sal prestasie afneem. • Atleet se prestasie sal toenemend slegter word. • Atleet se fiksheidsvlakke sal afneem. • Te veel oefening, wat oefening is met min of geen rus nie, het afname in prestasie tot gevolg. Voorbeeld van moontlike respons: Die atleet se prestasie het geleidelik afgeneem soos wat oefening gevorder/aangegaan het. Wanneer 'n atleet onder spanning geplaas word terwyl geoefen word, kry die spiervesels mikroskopiese skeurtjies en sal daar 'n afname in prestasie wees. Na 'n kort rustyd, sal hulle effens herstel. Indien die atleet egter nie lank genoeg rus nie of indien hul oefening te intens is (oorlading is te groot) dan sal hulle toenemend slegter en slegter vaar – prestasie sal afneem. 13.3 Die atleet het goed tussen oefensessies gerus. Die oefenoorlading is geleidelik en progressief gedoen. 13.4 Wanneer die atleet genoeg rus gehad het (24–36 uur), is die liggaam in staat gestel om self te herstel en by die verhoogde stres aan te pas om die verhoogde lading te hanteer. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 16 13.5 Leerlinge moet drie voorstelle gee. Ken een punt per voorstel toe. Moontlike antwoorde: • Maak seker dat oefening nie te lank is nie. • Maak seker dat oefening nie te intens is nie. • Maak seker dat oefening nie te dikwels plaasvind nie. • Gebruik periodisering. • Sluit hersteloefening en rusdae by die oefeningsiklus in. Aanvaar toepaslike antwoord. Monitor atleet. VRAAG 14 14.1 Indien die leerling hefbome verduidelik sonder om na die prente te verwys, kan hulle net 'n maksimum van ses punte verdien. Punte toegeken tot enige 10 van die volgende of soortgelyke items: • 'n Hefboom verskaf krag. • Hoe groter die afstand tussen die gewrig en die inspanning, hoe meer krag kan gegenereer word. • Langer hefbome skep meer spoed en krag aan die einde van die hefboom, wat 'n voordeel is wanneer 'n bal geslaan word. • 'n Tennisraket in 'n speler se hand skep 'n langer hefboom. • Lang hefbome skep meer krag op die tennisbal. • Lang hefbome skep meer spoed/meer snelheid word op die tennisbal gegenereer. • 'n Tennisbal kan harder geslaan word wanneer die elmbooggewrig ten volle uitgestrek is eerder as gebuig soos in prent F. • Die lengte van die hefboom sorg dat die kop van die raket op volle spoed beweeg. • In prent F word die elmboog gestrek om die lengte van die hefboom te verhoog, dit maak dit vir die bal moontlik om die raketkop vinniger te verlaat. • Die speler moet die hefboomarm verkort sodat wanneer die arm reguit gemaak word, die hefboom langer word en dit skep meer krag (prent C). • Deur die elmboog te buig, word die hefboomarmlengte verkort en dit skep meer krag of die raket swaai vinniger. • 'n Speler sal die hefboomarmlengte verkort deur die elmboog te buig, wat sorg dat krag gegenereer word en die raket met meer spoed geswaai word (prent C). • Wanneer die bal geslaan word, word die elmboog gestrek om die lengte van die hefboom te verleng en te sorg dat die raketkop op volle spoed beweeg (prent D). • Nog 'n manier om die hefboomlengte te maksimeer, is deur die afstand van die punt van toepassing op die krag vanaf die steunpunt te vergroot, aangesien dit die krag kan vermeerder. • 'n Speler wil hê die impaksone moet verder van die steunpunt wees, bv. 'n raket in haar hand vermeerder die hefboomlengte wat groter versnelling van die bal weg van die raketkop veroorsaak. • Prente G & H – verkort hefboom in die opvolg – verhoog akkuraatheid van die slag. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 16 14.2 Ken twee punte per antwoord toe. (a) Steunpunt – skouergewrig (b) Krag – deltoïed. Borsspier; Lattisimus dorsi. Indien kandidaat "trapesius" antwoord; gee net 1 punt. (c) Weerstand – raketkop 14.3 Ken twee punte toe vir die definisie of verduideliking van elke wet. Ken twee punte toe vir toepassing van die wet op 'n tennisafslaan. Eerste wet – "'n liggaam sal in rus of konstante snelheid bly, tensy 'n eksterne krag daarop inwerk" OF "'n voorwerp sal in rus of konstante beweging in 'n reguitlyn bly, tensy 'n eksterne krag daarop inwerk". Toepassing van wet – indien die speler nie krag deur die hand toepas om die bal in die lug te gooi nie, sal dit in rus op die hand bly OF die spiere wat die raket swaai oorkom die traagheid van die raket. Aanvaar toepaslike voorbeelde. Tweede wet – "wanneer 'n krag op 'n voorwerp inwerk, is die veranderingskoers van momentum wat deur die voorwerp ervaar word proporsioneel tot die grootte van die krag en vind in die rigting plaas waarheen die krag inwerk". Toepassing van wet – wanneer die raket kontak met die bal maak, laat dit die bal versnel in die rigting waarheen dit geslaan is OF die hoeveelheid versnelling hang af van die hoeveelheid krag wat daarop uitgeoefen word OF die bal sal aanhou om vorentoe te beweeg totdat 'n eksterne krag daarop inwerk, óf swaartekrag óf die kontak met die opponent se raket. Aanvaar toepaslike voorbeelde. Derde wet – "vir elke aksie is daar 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie". Toepassing van wet – die raket wat die bal slaan, is die aksie; die reaksie is die bal wat teen die raket druk en die snare buig. Aanvaar toepaslike voorbeelde. VRAAG 15 15.1 Speler B 15.2 Speler A is ligter OF het minder traagheid of minder momentum. Speler A is makliker om te duik. Speler B is swaarder/het meer massa OF het meer momentum. Speler B sal maklik die ligter speler A neertrek OF die ligter speler sal sukkel om die swaarder speler neer te trek. 15.3 Die atleet dra nie krag tussen liggaamsegmente reg oor nie. Die rompbeweging vind te gou na die bobeenbeweging plaas. Die armbeweging vind te laat plaas of is vertraag na die rompbeweging. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 16 15.4 Arm/ hand Krag Romp Bobeen Tyd Ken een punt toe vir elke segment wat perfek geplaas is (die lyn moet aan die middel van die halfsirkel onder dit raak). (2 punte) Ken een punt toe vir elke segment wat in die korrekte volgorde is. (3 punte) Ken 1 punt toe vir al die semi-sirkels wat dieselfde grote is. VRAAG 16 16.1 Ken 2 punte toe vir enige van die volgende antwoorde: Sneeu Ys 16.2 Ken twee punte vir elkeen van onderstaande antwoorde toe: • Smeer was aan die onderkant aan. • Poleer die onderkant van die plank. • Maak seker die plank is heeltemal glad, geen growwe rande nie. 16.3 Deur nie in te sny nie, grawe die atleet nie die plank in die sneeu in nie en vooroorsaak 'n groter oppervlak om deur die sneeu te sny. 16.4 (a) Ken twee punte per antwoord toe. Aanvaar enige drie van die volgende: • Staan met voete ver uitmekaar OF wye steunbasis. • Buig die knieë OF laat sak die liggaam. • Leun in die rigting van die beweging. • Hou swaartekraglyn binne die ondersteuningsbasis. • Sprei arms uit. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 16 (b) Aanvaar enige drie van die volgende: • Staan met die voete ver uitmekaar OF wye steunbasis – om met die voet uitmekaar te staan, verbreed die steunbasis. Hoe groter die steunbasis, hoe stabieler is 'n persoon en hoe moeiliker is dit om om te val. • Buig die knieë OF laat sak die liggaam – dit verlaag die swaartepunt en maak die atleet meer stabiel. • Leun in die rigting van beweging – dit gee die atleet meer beheer, wat op sy beurt die atleet stabieler maak. • Hou die swaartelyn binne die steunbasis – dit hou die atlete se gewig oor die plank en maak hulle meer gebalanseerd/stabiel. • Gespreide arms versprei die liggaamsgewig. 16.5 Ten einde vinnig van rigting te verander, moet die sneeuplankryer aanhou om sy liggaamsgewig te skuif en in die hoeke in te leun OF die atleet sal die rand van die plank in die sneeu "ingrawe" (inkerf) om wrywing te skep en die plank te "draai". 16.6 'n Sneeuplankryer grawe die rand van die plank in die sneeu in om te stop OF 'n sneeuplankryer grawe (kerf) die plank in die sneeu in en leun agtertoe om te stop, terwyl ysskaatsers hulle skaatse 90 grade draai om die ys te skraap en te stop. Sneeuplankryers kan een hand gebruik om die sneeu agter die bord te "vang" en spoed te verminder. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 16 VRAAG 17 OPSTELRUBRIEK Moontlike 1 punt 2 punte 3 punte 4 punte punt Bronbesonder- hede baie Etlike en Gebruik naby aan volle Slegs na een Slegs na twee toepaslike kennis van potensiaal 4 bron verwys. bronne verwys. verwysings na bronne gebruik om al die bronne. argument te ondersteun. Ondersteun 'n duidelike Ondersteun standpunt die standpunt. sterk. Redenasie Redenasie is Redenasie is Skryfwerk korrek, maar duidelik. baie duidelik Gehalte van bevat feite moeilik om te Geringe foute en bondig. argument- met min volg. 4 in die vloei van Vloei is logies. besluit skakeling of 'n Mate van die argument. Oortuigend redenering. skakeling Skakeling met gereelde teenwoordig. ontbreek skakels. soms. Goed geïntegreerde argument. Talle spesifieke voorbeelde word gegee, Voorbeelde maar nie goed word gegee, by die Etlike Vae maar die argument spesifieke Gebruik van verwysing na meeste is nie geïntegreer voorbeelde is voorbeelde uit voorbeelde, duidelik en nie. gegee 4 die werklike maar geen spesifiek nie en OF EN goed by lewe integrasie nie. ook nie by die Een of twee die argument argument spesifieke geïntegreer. geïntegreer nie. voorbeelde is gegee, wat goed by die argument geïntegreer is. Enkele Baie relevante relevante feite Enkele feite gegee, gegee, naas die Baie relevante relevante feite naas die in die feite uit die feite gegee, Gebruik van gegee, naas bronne, om die bronne, om naas die feite eie kennis die feite uit die argument te 8 argument te uit die bronne, ×2 bronne, om ondersteun ondersteun om argument argument te EN by die EN by die te ondersteun. ondersteun. argument argument geïntegreer. geïntegreer. IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: SPORT EN OEFENKUNDE – NASIENRIGLYNE Bladsy 16 van 16 'n Paar moontlike faktore wat in die argument gebruik kan word: • Verskillende prysgeld, bv. Duzi kano-marathon se manlike deelnemers wen meer. • Gebrek aan mediablootstelling – TV, tydskrifte, koerante. • Vrouesport, soos netbal, word baie selde op TV gesien. Sien nooit vrouehokkie nie, maar wel manshokkie. • Mediakommentaar word geseksualiseer. Word dikwels na vrouens se klere en voorkoms verwys, eerder as hul vaardigheid en talent. • Borgskapgeleenthede – vrouens sukkel om borge te kry. • Vrouens word in advertensies geseksualiseer, terwyl mans nie word nie. • Minder geleenthede vir vrouens, bv. Formule 1-wedrenne. • Vrouens word nie in sekere klubs toegelaat nie, bv. Lords. • Stereotipes van vrouens as die swakker geslag – "gooi soos 'n meisie". • Meer seksuele teistering van vrouens in elitesport. • Vrouens se speeltoerusting dikwels so ontwerp dat dit sexy lyk, bv. vlugbal waar vrouens klein bikini's dra, maar mans sakkerige broeke en onderhemde dra. • Hindernisse tot vrouens se sukses, bv. beperkte toegang tot kompetisies en klubs. Totaal: 300 punte IEB Copyright © 2017

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Sport And Exercise Science

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Sport MG 2017 Afr hlayiso.com | Hlayiso