Skip to content

Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paperTechnical SciencesGrade 12202016 pages

Grade 12 Technical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 TEGNIESE WETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.
Downloaded from hlayiso.com 2 TEGNIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beatwoord. 1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 2. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 6. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 7. Toon ALLE formules en subsitusies in ALLE bewerkings. 8. Rond jou finale numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke af. 9. Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) TEGNIESE WETENSKAPPE V2 3 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers (1.1‒1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E. 1.1 Watter EEN van die volgende organiese verbindings bevat NIE ʼn karbonielgroep NIE? A Aldehiede B Alkohole C Ketone D Esters (2) 1.2 Watter EEN van die volgende algemene formules verteenwoordig alkyne? A CnH2n-2 B CnH2n-1 C CnH2n D CnH2n+2 (2) 1.3 Watter EEN van die volgende pare reaktante kan in die laboratorium gebruik word om die ester etielbutanoaat voor te berei? A Etanaal en butanol B Etanoësuur en butanol C Etanol en butanoësuur D Etanal en butanoësuur (2) 1.4 Watter EEN van die volgende verteenwoordig ʼn ketoon? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 TEGNIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) 1.5 Die struktuurformule van ʼn haloalkaan word hieronder voorgestel. Watter EEN van die volgende beskrywings is die korrekte IUPAC-naam vir hierdie organiese molekule? A 3,5-dibromoheksaan B 4-bromo-5-bromo-5-metielpentaan C 2,4-dibromoheksaan D 2-bromo-1-bromo-1-metielpentaan (2) 1.6 ʼn Ligstraal tref ʼn glasblok teen ʼn hoek , soos hieronder getoon. Die straal gaan deur die glasblok en verskyn aan die teenoorgestelde kant. Teen watter hoek met die normaal het die ligstraal die glasblok verlaat? A  B  C 90o –  D 90o –  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) TEGNIESE WETENSKAPPE V2 5 1.7 Wanneer totale interne weerkaatsing plaasvind, is die grootte van die weerkaatsingshoek … A kleiner as die invalshoek. B groter as die invalshoek. C dieselfde as die invalshoek. D dieselfde as die grenshoek. (2) 1.8 Die vergroting van ʼn konvekse lens is 2. Die afstand van die voorwerp vanaf die optiese middelpunt is 30 mm. Die afstand van die beeld is … A 15 mm. B 28 mm. C 30 mm. D 60 mm. (2) 1.9 Die verskynsel waar lig op ʼn oppervlak val en terugkeer na dieselfde medium as die invalstraal, staan as ... bekend. A weerkaatsing B diffraksie C breking D dispersie (2) 1.10 Indien ʼn voorwerp tussen die fokuspunt en konvekse lens geplaas word, sal die beeld wat vorm … wees. A vergroot, omgekeerd en nie-reël B vergroot, regop en nie-reël C kleiner, omgekeerd en reël D kleiner, regop en reël (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 TEGNIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 2 (Begin op ‘n NUWE bladsy.) Organiese chemie is die chemie van organiese molekules wat in ʼn homoloë reeks ingedeel word wat deur die funksionele groepe geïdentifiseer word. Dit is hierdie tak van chemie wat in die industrie en die mediesebedryf toegepas word. Farmaseutiesemiddels wat in kankerbehandeling en ander toestande gebruik word volg organiese sintese. 2.1 Verduidelik die term homoloë reeks. (2) 2.2 Definieer die term funksionele groep. (2) 2.3 Bestudeer die organiese verbindings in die onderstaande tabel, gemerk A–F en beantwoord die vrae wat volg. A B C But-2-een 1-chlorobutan-2-oon Propan-1-ol D E F 3-bromo-5- metielhekseen Skryf die LETTER wat die volgende verteenwoordig neer: 2.3.1 ʼn Alkaan (1) 2.3.2 ʼn Primêre alkohol (1) 2.4 Skryf die IUPAC-naam vir die volgende neer: 2.4.1 E (2) 2.2.5 F (2) 2.5 Teken die struktuurformule van: 2.5.1 A (2) 2.5.2 C (2) 2.5.3 ʼn Isomeer van E (2) 2.6 Definieer die term posisie-isomeer in woorde. (2) 2.7 Aan watter homoloë reeks behoort verbinding B? (1) 2.8 Teken die stuktuurformule van die funksionele groep van verbinding B. (2) [21] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) TEGNIESE WETENSKAPPE V2 7 VRAAG 3 (Begin op ʼn NUWE bladsy.) Rubber is ʼn verbinding wat natuurlik voorkom. Die dieen, 2-metiel-1,3-butan-di-een, is een van die herhalende eenhede wat in rubber voorkom. Meer as 20 miljoen gesinne is van rubberverbouing vir hul bestaan afhanklik. Tienduisende hektaar tropiese woude is skoongemaak om plek te maak vir rubberplantasies. Chemikusse kon ander diene kombineer om sintetiese rubber te verkry. Sommige rubberprodukte sluit in latexprodukte soos handskoene, reënjasse en ander produkte wat in die stryd teen MIV/Vigs en COVID-19 gebruik word. Die wêreld se grootste gebruik van rubber is in die vervaardiging van bande, en die meeste bande bevat beide natuurlike rubber, wat beter bestand is teen hitte, en een of meer soorte sintetiese rubber. 3.1 Definieer die term polimeer in woorde. (2) 3.2 Is but-2-een ʼn voorbeeld van ʼn versadigde of ʼn onversadigde koolwaterstof? Gee ʼn rede vir die antwoord. (3) 3.3 Skryf die struktuurformule van 2-metielbutaan neer. (2) 3.4 Met betrekking tot die omgewing, noem TWEE nadele van rubber en die vervaardiging van rubber. (2) 3.5 Met betrekking tot menslike lewe, noem TWEE voordele van rubber en die vervaardiging van rubber. (4) [13] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 TEGNIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 4 (Begin op ʼn NUWE bladsy.) In die onderstaande tabel word VYF alkohole met letters A‒E voorgestel. A Metanol B Etanol C Propan-1-ol D Butan-2-ol E 2-metielpropan-2-ol 4.1 Skryf die letter wat ʼn sekondêre alkohol verteenwoordig uit die lys hierbo neer. (2) 4.2 Letter E stel 2-metielpropan-2-ol voor. Skryf die volgende vir hierdie alkohol neer: 4.2.1 Die struktuurformule (2) 4.2.2 Die letter van die alkohol wat sy strukturele isomeer is (2) 4.3 Viskositeit is ʼn maatstaf van die vloeistof se weerstand teen vloei. Leerders doen ʼn ondersoek om die viskositeit van die eerste drie alkohole (A‒C) in die tabel hierbo te vergelyk. Hulle gebruik die apparate hieronder. alkohol pipet stophorlosie beker Die leerders gebruik ʼn stophorlosie om die tyd wat ʼn VASTE VOLUME van elk van die alkohole neem om uit die pipet te vloei, te meet. Hulle teken hierdie vloeityd aan, wat ʼn aanduiding is van die viskositeit van elke alkohol, soos in die onderstaande tabel gegee. ALKOHOL VLOEITYD (s) A Metanol 4,0 B Etanol 7,9 C Propan-1-ol 14,3 4.3.1 Watter EEN van die alkohole A, B, of C het die hoogste viskositeit? Gebruik die gegewens in die tabel om ʼn rede vir die antwoord te gee. (2) 4.3.2 Verwys na die intermolekulêre kragte van die drie alkohole A, B en C om die neiging in viskositeit soos in die tabel getoon, te verduidelik. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) TEGNIESE WETENSKAPPE V2 9 4.3.3 Smeermiddel verminder wrywing. Watter EEN van die alkohole, A, B of C, is die beste smeermiddel? Verduidelik die antwoord. (3) 4.3.4 Definieer die term dampdruk in woorde. (2) 4.4 Watter EEN van 2-metielpropan-2-ol en butan-2-ol het ʼn hoër viskositeit? Verduidelik jou antwoord. (3) [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 TEGNIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 5 (Begin op ʼn NUWE bladsy.) In die vloeidiagram hieronder stel X, Y en Z drie verskillende soorte organiese reaksies voor. P verteenwoordig ʼn organiese verbinding. 5.1 Noem die tipe reaksie wat deur reaksie X voorgestel word. (2) 5.2 Noem TWEE reaksie-voorwaardes wat nodig is vir reaksie X om plaas te vind. (2) 5.3 Reaksie Y verteenwoordig ʼn substitusiereaksie. Skryf die struktuurformule van verbinding P wat in die reaksie gevorm is, neer. (2) 5.4 Afgesien van die organiese reaktant, skryf die NAAM of FORMULE van die ander reaktant wat nodig is in reaksie Z, neer. (2) 5.5 Skryf ʼn gebalanseerde chemiese reaksie vir die vorming van verbinding P deur struktuurformules te gebruik, neer. (4) 5.6 Noem die tipe reaksie wat deur reaksie Z voorgestel word. (2) 5.7 ʼn Motor was aan die gang by ʼn Shell-motorhuis in Willowvale, toe ʼn debat tussen leerders van die Tegniese Wetenskapklas van ʼn sekere hoërskool in die omgewing ontstaan het. Hulle het gesien hoe rook by die uitlaatstelsel uitkom en vloeistofdruppels agter by die uitlaatstelsel uitloop. Een leerder het beweer dat heksaan binne-in brand. Hulle het uiteindelik ʼn ooreenkoms bereik oor hul waarnemings. 5.7.1 Gee die name van die verbrandingsprodukte van heksaan. (2) 5.7.2 Skryf ʼn gebalanseerde vergelyking vir die volledige verbranding van heksaan neer. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) TEGNIESE WETENSKAPPE V2 11 VRAAG 6 (Begin op ʼn NUWE bladsy.) Heksanoësuur is verantwoordelik vir die unieke reuke wat geassosieer word met bokke. Wanneer dit met alkohol X reageer, word etielheksanoaat wat as vrugtegeursel gebruik word, gevorm. Leerders stel die apparaat hieronder getoon op, om etielheksanoaat in ʼn laboratorium voor te berei. 6.1 Skryf die IUPAC-naam van alkohol X neer. (2) 6.2 Wat is die rol van swawelsuur in die bogenoemde reaksie? (2) 6.3 Gebruik struktuurformules om ʼn gebalanseerde vergelyking vir die voorbereiding van etielheksanoaat neer te skryf. (4) 6.4 Gee EEN rede waarom die proefbuis en die inhoud daarvan in ʼn waterbad verhit word en nie direk oor die vlam nie. (2) 6.5 Skryf EEN gebruik van esters in die voedselvervaardigingsbedryf neer. (2) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 TEGNIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 7 (Begin op ʼn NUWE bladsy.) Hieronder is ʼn deel van die student se hersieningsnotas oor golwe. Die notas bevat ʼn aantal wetenskaplike foute. GOLWE 1. Longitudinale golwe word veroorsaak deur vibrasies wat loodreg op die rigting van die golwe is. 2. Golwe dra die medium van een plek na ‘n ander. 3. Spoed (v) is die afstand wat afgelê word deur die golf per eenheidstyd. 7.1 Die stellings hierbo is verkeerd. Identifiseer die foute en toon aan hoe elke fout reggestel kan word. (6) 7.2 Die diagramme hieronder toon die breking van lig soos dit van lug deur verskillende mediums, benseen, diamant en water gaan. Skryf die name vir die volgende neer: 7.2.1 Ligstrale a (1) 7.2.2 Ligstrale b (1) 7.2.3 Stippellyn c (1) 7.2.4 Die hoek gemerk d (1) 7.3 Definieer die term breking in woorde. (2) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) TEGNIESE WETENSKAPPE V2 13 VRAAG 8 (Begin op ʼn NUWE bladsy.) Die onderstaande diagram toon ʼn ligstraal wat binne ʼn digter medium beweeg en het nie die digter medium verlaat om na die minder digte medium te beweeg nie. Dit is ʼn verskynsel by golwe. 8.1 Noem die verskynsel wat in die diagram hierbo geïllustreer word. (1) 8.2 Beskryf hierdie verskynsel in woorde. (2) 8.3 Watter TWEE voorwaardes moet aan voldoen word sodat die ligstraal kan optree soos in die diagram hierbo? (2) 8.4 Gee TWEE essensiële toepassings van hierdie verskynsel. (2) 8.5 Definieer die term grenshoek in woorde. (2) 8.6 Stel die Wet van Weerkaatsing in woorde. (2) 8.7 Dieselfde ligstraal word nou in ʼn soortgelyke medium oorgedra soos hierbo geïllustreer, maar ʼn ander verskynsel word aangetoon soos in hierdie diagram waargeneem. 8.7.1 Noem die verskynsel wat in hierdie diagram gedemonstreer word. (1) 8.7.2 Beskryf hierdie verskynsel wat in die diagram gedemonstreer word. (2) 8.8 Sipho gebruik ʼn vergrootglas met ʼn brandpunt afstand van 4 cm om ʼn mier te besigtig. Hy vind dat hy ʼn duidelike beeld van die mier kry as dit 2,5 cm van die lens af is. Die mier is 1 cm groot. 8.8.1 Watter tipe lens verteenwoordig ʼn vergrootglas? (1) 8.8.2 Definieer brandpuntafstand. (2) 8.8.3 Gee DRIE eienskappe van die beeld wat gevorm is as stralings- diagramme gebruik word. (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 TEGNIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 9 (Begin op ʼn NUWE bladsy.) Albert Einstein, Geiger en Gamma stel voor dat lig óf as ʼn deeltjie óf as ʼn golf kan optree. Die diagram hieronder verteenwoordig straling van die elektromagnetiese spektrum. Infrarooi Radio- X-strale Mikrogolwe Gamma Ultraviolet Sigbare golwe strale strale lig 9.1 Rangskik die spektrum in volgorde van toenemende frekwensie. (2) 9.2 In watter straling sal ʼn foton die hoogste energie hê? (1) 9.3 Verduidelik die antwoord in VRAAG 9.2. (2) 9.4 Definieer die term elektromagnetiese golwe in woorde. (2) 9.5 Bereken die energie van ʼn foton van ʼn elektromagnetiese bestraling met ʼn golflengte van 540 nm. (5) 9.6 Hoe sal die energie van ʼn foton met ʼn golflengte van 520 nm vergelyk met die wat in VRAAG 9.5 bereken is? (Skryf slegs GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN.) (1) [13] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) TEGNIESE WETENSKAPPE V2 15 DATA TABLES FOR TECHNICAL SCIENCE GRADE 12 PAPER 2 GEGEWENSTABELLE VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 2 TABLE/TABEL 1: PHYSICAL CONSTANTS/FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Standard pressure p 1,01 x 105 Pa Standaard druk Standard temperature Standaard temperatuur T 273 K Speed of light in a vacuum c 3,0 x 108 m·s-1 Spoed van lig in ʼn vakuum Planck's constant h 6,63 x 10-34 J·s Planck se konstante TABLE/TABEL 2: WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG 1 vf T f c E  hf or /of E  h  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 Downloaded from hlayiso.com TEGNIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2019) TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE 5 1 2 13 14 15 16 17 18 3 4 6 7 8 9 10 11 12 (I) (II) Atomic number (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) KEY/SLEUTEL Atoomgetal 1 2 2,1 H He 1 29 4 Symbol 3 4 Electronegativity 1,9 Cu 5 6 7 8 9 10 1,0 Li 1,5 Be Elektronegatiwiteit Simbool 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne 63,5 7 9 11 12 14 16 19 20 11 12 13 14 15 16 17 18 0,9 Na 1,2 Mg Approximate relative atomic mass 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar 23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe Co 1,8 Ni Cu 1,8 1,9 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc Ru2,2 Rh 2,2 Pd Ag 2,2 1,9 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn 133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209 87 88 89 0,7 Fr 0,9 Ra Ac 226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238 Kopiereg voorbou

Study this subject

More from Grade 12 Technical Sciences

View all