Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2023
TEGNIESE WETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend gegewensblaaie.
Skip to contentAll 2023 papers 


%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--4fb6d9a6-6bef-4cd3-92a0-e57c57569891/v1-2483099a0def1bc28b23/card.webp)
_hlayiso.com_--672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb/v1-4d18227ce1d9c9164865/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--0a7179a7-37d6-485a-9e0d-e0cbf3c0e08a/v1-a2c3a007cd129d3dfa4d/card.webp)
View all


%202025%20Possible%20Answers--c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2/v1-62e3199d42cbe4f24854/card.webp)
%202025%20Possible%20Answers--50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556/v1-462c7fccede41f8797cb/card.webp)

Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP
Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Technical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Technical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 759.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape June Exam 2023
- Paper 1Question paper
- Paper 2Question paperMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees hierdie instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vraestel beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
2. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. LAAT ʼn spasie OOP tussen twee sub-afdelings, byvoorbeeld
VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.
6. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
7. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
8. Rond jou finale numeriese antwoord af tot ʼn minimum van TWEE
desimale plekke.
9. Gee kort motiverings, verduidelikings, ensovoorts, waar nodig.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke
vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 ʼn Motor ondervind ʼn konstante netto krag van 500 N soos dit weswaarts
beweeg. Die tempo waarteen die momentum van die motor verander
tydens sy beweging is …
A gelyk aan die impuls van die motor.
B gelyk aan 500 N.
C groter as die netto krag.
D minder as 500 N (2)
1.2 Newton se Eerste Bewegingswet impliseer dat ʼn voorwerp sal aanhou
beweeg teen ʼn konstante snelheid indien die …
A som van al die kragte wat op die voorwerp inwerk, nul is.
B netto krag wat die voorwerp ondervind, groter as nul is.
C netto krag wat die voorwerp ondervind, kleiner as nul is.
D som van al die kragte wat op die voorwerp inwerk, is groter as nul
maar kleiner as een. (2)
1.3 Een van die eienskappe van aksie-reaksie-pare is dat …
A hulle dieselfde grootte het.
B hulle in dieselfde rigting werk.
C hulle netto krag altyd nul is.
D hulle op dieselfde voorwerp inwerk. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2023)
1.4 ʼn Leerder laat val sy boek van sy lessenaar af, op die vloer. Die
meganiese energie aan die bokant van die lessenaar, van waar die boek
laat val is sal … wees.
A gelyk aan nul
B gelyk aan kinetiese energie
C gelyk aan gravitasie potensiёle energie
D Geeneen van bogenoemde. (2)
1.5 ʼn Voorwerp beweeg teen ʼn konstante snelheid oor ʼn ruwe oppervlak
wanneer ʼn horisontale krag van 5 N daarop inwerk.
5N
Die grootte van die kinetiese wrywingskrag is …
A gelyk aan 0.
B gelyk aan 5 N.
C groter as 5 N.
D kleiner as of gelyk aan 5 N.
1.6 Watter term is die beste beskrywing vir ʼn krag wat gelyk, maar
teenoorgesteld aan die vervormingskrag is?
A Rekking
B Druk
C Toegepaste Krag
D Herstelkrag (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 5
1.7 ʼn Messelaar wil ʼn voorwerp oor ʼn horisontale afstand van 5 m verplaas. Hy
pas ʼn krag van 10 N op die voorwerp toe, maar dit bly in rus. Die arbeid
verrig deur die messelaar op die voorwerp (in Joule) is …
A 0.
B 5.
C 10.
D 50. (2)
1.8 Watter EEN van die volgende stellings verteenwoordig Pascal se Wet?
A Die oppervlakte is omgekeerd eweredig aan die druk daarop, indien
die temperatuur konstant gehou word.
B Die druk wat uitgeoefen word op ʼn deurlopende vloeistof in ewewig,
word eweredig na die ander dele van die vloeistof versprei.
C Die druk is direk eweredig aan die volume indien die temperatuur
konstant gehou word.
D Volume is omgekeerd eweredig aan die druk daarop indien die
temperatuur konstant gehou word. (2)
1.9 Rekking word gedefinieer as die …
A krag wat per eenheidsoppervlakte inwerk.
B interne herstelkrag per eenheidsoppervlakte.
C krag wat die vorm van die voorwerp verander.
D verhouding van verandering in dimensie tot die oorspronklike
dimensie. (2)
1.10 Die druk by ʼn punt in ʼn vloeistof is NIE AFHANKLIK van die … NIE.
A oppervlakte
B diepte
C digtheid
D gravitasie-versnelling (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Leerder trek ʼn blok met massa 12 kg teen ʼn krag van 8 N na links teen ʼn hoek
van 60° met die horisontaal. Die blok ondervind ʼn wrywingskrag van 0,3 N
parallel met die oppervlak soos in die diagram hieronder getoon.
8N
60°
12 kg
2.1 Definieer die term versnelling in woorde. (2)
2.2 Gebruik die diagram hierbo om die vrae hieronder te beantwoord:
2.2.1 Bereken die grootte en rigting van die netto krag. (5)
2.2.2 Bereken die grootte van die versnelling van die blok. (3)
2.2.3 Skryf neer die NAAM van die wet wat gebruik kan word om die
beweging van die blok te verduidelik. (2)
2.2.4 Stel die wet wat geïdentifiseer is in VRAAG 2.2.3 in woorde. (2)
2.2.5 Teken ʼn vryeliggaam diagram om al die kragte wat op die blok
inwerk te toon. (4)
2.3 ʼn Ander blok met dieselfde massa word bo-op die eerste blok geplaas en
word teen dieselfde hoek getrek. Hoe sal die volgende deur hierdie
toename in massa beïnvloed word?
Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.
2.3.1 Wrywingskrag (1)
2.3.2 Versnelling (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 7
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Krat A en krat B, met verskillende massas, word langs mekaar op ʼn horisontale,
ruwe oppervlak geplaas. ʼn Hand wat krat A stoot veroorsaak ʼn versnelling van albei
kratte van 2,3 m.s-2 na regs. Krat B ondervind ʼn wrywingskrag van 25,3 N.
3.1 Stel Newton se Derde Bewegingswet in woorde. (2)
3.2 Bereken die krag wat krat B op krat A uitoefen. (6)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
4.1 ʼn Krieketbal met massa 175 g, word direk na ʼn kolwer gegooi met ʼn
horisontale snelheid van 12 m.s-1 oos. Dit word teruggeslaan in die
teenoorgestelde rigting met ʼn snelheid van 30 m.s-1 wes. Die bal is in
kontak met die kolf vir ʼn tydperk van 0,05 s.
12 m s-1
4.1.1 Skryf die definisie van die term impuls in woorde. (2)
4.1.2 Bereken die grootte en rigting van verandering in momentum van
die bal. (5)
4.1.3 Bereken die grootte van die krag wat die kolf op die bal uitoefen. (3)
4.1.4 Moderne motors gebruik frommelsones op die voorkant en die
kante as ʼn veiligheidsmaatreël om ernstige beserings tydens ʼn
botsing te verminder. Verduidelik, deur gebruik te maak van die
begrip van impuls, hoe die frommelsones beserings verminder. (4)
4.2 Blok X, van massa 2 kg, gly teen 3 m.s-1 na regs en bots met ʼn stilstaande
blok Y, van massa 3,5 kg. Blok X bons terug met ʼn snelheid van 1 m.s-1
na links.
4.2.1 Skryf die beginsel van die behoud van lineêre momentum in
woorde neer. (2)
4.2.2 Bereken die snelheid van blok Y na die botsing. (5)
[21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 9
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Blok met massa 8 kg beweeg na regs oor ʼn ruwe, horisontale oppervlak van punt
A na punt B. Punt B is 4 m regs van punt A geplaas soos in die diagram hieronder
getoon. Die koëffisiënt van wrywing (µk) tussen die blok en die oppervlakte AB is
0,14.
5.1 Definieer die term arbeid verrig in woorde. (2)
5.2 Bereken:
5.2.1 Die grootte van die kinetiese wrywingskrag op die blok terwyl dit van
punt A na punt B beweeg (3)
5.2.2 Arbeid verrig deur die kinetiese wrywingskrag van punt A na
punt B (3)
5.3 Waaraan sal die arbeid verrig deur gravitasiekrag gelyk wees? (1)
5.4 Die hoeveelheid arbeid verrig deur ʼn trok met massa 3 000 kg wat op ʼn
horisontale pad vir 30 s ry/beweeg is 480 000 J.
5.4.1 Definieer die term drywing. (2)
5.4.2 Bereken die drywing van die trok in terme van perdekrag. (5)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Voetslaner staan op ʼn krans en laat val ʼn pakkie 10 m bokant die grond.
6.1 Stel die beginsel van die Behoud van Meganiese Energie in woorde. (2)
6.2 Bereken die totale meganiese energie van die pakkie aan die bopunt
van die krans. (4)
6.3 ʼn Ander voetslaner aan die onderpunt van die krans tel die pakkie op en
stap 0,5 m op ʼn horisontale oppervlak met die pakkie.
6.3.1 Is daar arbeid verrig op die pakkie nadat die tweede voetslaner
0,5 m daarmee gestap het? Beantwoord JA of NEE. (1)
6.3.2 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 6.3.1. (2)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 11
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Samepersende krag veroorsaak interne druk van 1 MPa op ʼn VEER
(‘SPRING’) wat van ʼn onbekende metaal vervaardig is. Die weerstandsoppervlak
van die ronde VEER is 2 x 10-3 m2 en sy oorspronklike lengte is 50 mm. Die krag
veroorsaak dat die ronde VEER se lengte met 1 x 10-3 mm toeneem.
7.1 Definieer die term rekking in woorde. (2)
7.2 Stel Hooke se Wet in woorde. (2)
7.3 Bereken die:
7.3.1 Krag wat veroorsaak dat die VEER uitrek (4)
7.3.2 Rekking in die metaal wat deur die krag veroorsaak is (3)
7.3.3 Elastisiteitsmodules vir hierdie metaal (3)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die tabel hieronder toon verskillende tipes motor-olies en hulle graderings wat
in gebiede met verskillende temperature in verskillende seisoene gebruik word.
Motor-olie Tipe Olie Gradering
A Lae viskositeit 5W-30
B Hoë viskositeit 5W-40
8.1 Definieer die term viskositeit. (2)
8.2 Wat word deur 5W-30 op die etiket van ʼn motor-oliehouer
verteenwoordig? (2)
8.3 Gebruik die inligting wat in die tabel hierbo gegee word en kies watter
motor-olie (A of B) gepas is om te gebruik in die somer, eerder as in
die winter. (2)
8.4 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 8.3 hierbo in terme van viskositeit
en temperatuur. (2)
8.5 Onderskei tussen enkel/mono-graad en multi-graad motor-olies. (4)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 13
VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
9.1 Verduidelik die term hidrouliese. (2)
9.2 Skryf TWEE toepassings van hidrouliese stelsels neer. (2)
9.3 In die diagram hieronder word getoon hoe ʼn duiker onder die water swem.
Die druk wat op die duiker se voorkop uitgeoefen word is 1,2 x 105 Pa, en
die oppervlak van die agterkant van sy kop is 8,4 x 103 m2.
9.3.1 Definieer die term druk. (2)
9.3.2 Bereken die grootte van die krag wat op die duiker se kop
uitgeoefen word. (3)
9.3.3 Noem die rigting van die krag van die water wat op die duiker
uitgeoefen word. (1)
9.4 Die diagram hieronder verteenwoordig ʼn eenvoudige hidrouliese stelsel
wat gebruik word om motors op te lig. Die toegepaste krag by FS is 130 N
afwaarts. Die oppervlak-area van AS is 0,002 m2. Die oppervlak-area van
AL is 0,025 m2.
FL
AL
Bereken die krag Fl as gevolg van die druk wat deur krag FS uitgeoefen
word. (3)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 10 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
10.1 Lig beweeg deur ʼn half-ronde glasprisme soos hieronder aangedui.
10.1.1 Gee EEN woord wat die verskynsel wat in FIGUUR 1 plaasvind
verduidelik. (1)
10.1.2 Gee die naam van hoek C in FIGUUR 2. (1)
10.1.3 Identifiseer die verskynsel wat in FIGUUR 3 plaasvind. (1)
10.1.4 Gee TWEE voorwaardes van die verskynsel in FIGUUR 3. (2)
10.1.5 Lys DRIE toepassings waar die verskynsel in FIGUUR 3 in
optiese apparaat gebruik word. (3)
10.2 ʼn Radio-stasie saai op ʼn FM radio-sein teen 99,5 MHz uit.
10.2.1 Skakel 99,5 MHz om na Hz. (2)
10.2.2 Bereken die golflengte van hierdie radio-sein. (3)
10.2.3 Die frekwensie van ʼn ander radio-stasie is 108 MHz.
Is die golflengte KORTER AS, DIESELFDE AS of LANGER AS
die een wat in VRAAG 10.2.2 bereken is?
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (4)
[17]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 15
DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 1
GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in ʼnvakuum
Planck's constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
k 9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
-e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
FORCE/KRAG
Fnet = ma p = mv
fsmax
= μ sN fk = μ k N
Fnet Δt = Δp
Fg = mg
Δp = mvf − mvi
L e
Torque = F × r⊥ MA = =
E l
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W = FΔxcosθ U= mgh or/of EP = mgh
Wnet = K Wnet = Ek
1 1 or/of
K = mv 2 Ek = mv 2
2 or/of 2
K = K f − K i or/of Ek = Ekf − Eki
W
Wnc = K + U or/of Wnc = Ek + Ep P=
t
Pave = Fvave / Pgemid = Fvgemid ME = Ek + Ep
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 (EC/JUNIE 2023)
ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA
F
= Δ
A ε=
L
σ F1 F
=K = 2
ε A1 A 2
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ 1Q 2 kQ
F= E=
r2 r2
Q1 + Q 2 F
Q= E=
2 q
Q Q V
n= or/of n= E=
e qe d
Q εο Α
C= C=
V d
CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
V
R=
I emf/emk ( ε )= I(R + r)
R s = R1 + R 2 + ...
1 1 1 q = I t
= + + ...
R p R1 R 2
W = VQ W
P=
Δt
W = VI t
P = VI
W = I2R t
P = I 2R
V 2 Δt V2
P=
W= R R
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) TEGNIESE WETENSKAPPE V1 17
ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME
∆Φ
ΔΦ = 𝐵𝐴 𝜀 = −𝑁
Δ𝑡
Vs N s
=
Vp Np
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--4fb6d9a6-6bef-4cd3-92a0-e57c57569891/v1-2483099a0def1bc28b23/card.webp)
Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)
_hlayiso.com_--672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb/v1-4d18227ce1d9c9164865/card.webp)
Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--0a7179a7-37d6-485a-9e0d-e0cbf3c0e08a/v1-a2c3a007cd129d3dfa4d/card.webp)
Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Technical Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Tech Sci ATP 2023 24

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%202025%20Possible%20Answers--c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2/v1-62e3199d42cbe4f24854/card.webp)
Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2025 Memo (Afr)
%202025%20Possible%20Answers--50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556/v1-462c7fccede41f8797cb/card.webp)
Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 Memo (Afr)

Errata