Skip to content

Technical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paperTechnical SciencesGrade 12202117 pages

Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 TEGNIESE WETENSKAPPE V1 NOVEMBER 2021 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 3 gegewensblaaie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 2. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 7. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale plekke af. 10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2021 NSS VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D. 1.1 'n Voorwerp se rigting van beweging is altyd dieselfde as … A die toegepaste krag wat op die voorwerp inwerk. B 'n nie-nul-krag wat op die voorwerp inwerk. C die ewewigskrag van die kragte. D die resulterende krag wat op die voorwerp inwerk. (2) 1.2 Die wet van behoud van momentum impliseer dat … na die botsing. A die kinetiese energie voor die botsing gelyk is aan die kinetiese energie B in 'n geïsoleerde stelsel die kinetiese energie voor die botsing gelyk is aan die kinetiese energie C in 'n geïsoleerde stelsel die totale linieêre momentum voor die botsing gelyk is aan die totale linieêre momentum D beide voorwerpe in rus sal wees (2) 1.3 Watter EEN van die volgende stellings is NIE korrek NIE? A Die werk op 'n voorwerp gedoen, hang af van die verplasing van die voorwerp. B Die werk op 'n voorwerp gedoen, hang af van die aard van die stof. C Die werk op 'n voorwerp gedoen, hang af van die toepaste krag. D Die werk op 'n voorwerp gedoen, hang af van die hoek tussen die verplasing en die toegepaste krag. (2) 1.4 Die eienskappe van die liggaam op grond waarvan die liggaam sy oorspronklike vorm en grootte terugkry wanneer die vervormingskrag verwyder word, staan as … bekend. A elastisiteit B spanning C vervormingskrag D herstelkrag (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 4 DBE/November 2021 NSS 1.5 Die eienskap van 'n vloeistof om die relatiewe beweging tussen die aangrensende vlakke daarvan teen te staan, word … genoem. A oppervlakspanning B viskositeit C viskositeitskoëffisiënt D interne las (2) 1.6 Die eenheid vir druk kan as … uitgedruk word. A kg.m2s-1 B kg.m2s-2 C kg.m-1s-2 D kg.m-2s2 (2) 1.7 Parallelle ligstrale tref 'n konvekse lens. Watter EEN van die diagramme hieronder toon wat met die strale gebeur wanneer hulle die lens tref? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 5 DBE/November 2021 NSS 1.8 Watter EEN van die diagramme hieronder verteenwoordig die magnetiese veld rondom 'n stroomdraende geleier waar die stroom UIT DIE BLADSY van die boek vloei? A B + C D + (2) 1.9 Drie identiese gloeilampies is soos in die stroombaan hieronder verbind. Watter EEN van die volgende stellings is WAAR oor die stroombaan wat hieronder geteken is? B C A A Gloeilampie A het dieselfde helderheid as gloeilampies B en C. B Gloeilampie A is dowwer as gloeilampie B en gloeilampie C. C Gloeilampie B het dieselfde helderheid as gloeilampie C. D Gloeilampie C is helderder as gloeilampie B. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 6 DBE/November 2021 NSS 1.10 'n Elektriese masjien wat 'n kommutator (splitring) gebruik en wat meganiese energie na elektriese energie omskakel, word 'n… genoem. A WS-generator B WS-motor C GS-motor D GS-generator (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 7 DBE/November 2021 NSS VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 'n 6 kg-voorwerp word met 'n krag van 60 N teen 'n hoek van 30o oor 'n ruwe oppervlak getrek, soos in die diagram hieronder getoon. 60 N 30° 6 kg 2.1 Stel Newton se Eerste Bewegingswet in woorde. (2) 2.2 Bereken die grootte van die: 2.2.1 Vertikale komponent van die 60 N-krag (2) 2.2.2 Wrywingskrag wat deur die voorwerp ervaar word as die koëffisiënt van kinetiese wrywing (µk) tussen die oppervlak en die voorwerp 0,13 is (4) 2.2.3 Horisontale komponent van die 60 N-krag (2) 2.3 Bereken die versnelling van die voorwerp. (4) 2.4 Hoe sal 'n vergroting van die hoek tussen die toegepaste krag en die horisontaal die wrywing beïnvloed? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. Motiveer jou antwoord. (3) 2.5 'n Motor trek 'n karavaan op 'n rowwe horisontale oppervlak soos in die diagram getoon. (Die stelsel beweeg NIE teen konstante snelheid NIE.) 2.5.1 Stel Newton se Derde Bewegingswet in woorde. (2) 2.5.2 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram van AL die kragte wat op die karavaan inwerk. (4) [23] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 8 DBE/November 2021 NSS VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 3.1 'n Lokomotief op 'n spoorweg-rangeringspoor koppel met 'n stilstaande treinwa met 'n massa van 2 500 kg. Die lokomotief het 'n massa van 5 800 kg en dit beweeg weswaarts teen 'n snelheid van 1,5 m·s-1. Na die koppeling beweeg die lokomotief-treinwa-kombinasie weswaarts. 3.1.1 Definieer die term momentum. (2) 3.1.2 Bereken die momentum van die lokomotief voor die botsing. (3) 3.1.3 Bereken die snelheid van die lokomotief-treinwa-kombinasie ná die botsing. (5) 3.1.4 Onderskei tussen elastiese en onelastiese botsings. (4) 3.2 Die doeltreffende gebruik van sitplekgordels is gedemonstreer gedurende 'n botsingtoets ('crash test') by 'n motorvervaardigingsaanleg. Die motor tref die muur met 'n momentum van 24 300 kg.m.s-1 en neem 1,2 s om tot rus te kom. 3.2.1 Gebruik fisikabeginsels om te verduidelik hoe sitplekgordels tydens 'n botsing lewens kan red. (2) 3.2.2 Bereken die impuls wat deur die motor ervaar word. (3) 3.2.3 Die muur is gebou om 'n krag van 80 kN te weerstaan. Bepaal, deur middel van 'n berekening, of hierdie muur in staat sal wees om die impak van hierdie toets te weerstaan. (4) [23] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 9 DBE/November 2021 NSS VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 4.1 'n Gereedskapskissie met 'n massa van 40 kg word deur 'n toegepaste krag van 60 N oor 'n afstand van 8 m getrek. Die toegepaste krag maak 'n hoek van 25° met die horisontaal. . 60 N 25° 40 kg 8m 4.1.1 Definieer arbeid verrig. (2) 4.1.2 Bereken die arbeid deur die toegepaste krag oor die 8 m verrig. (3) 4.2 'n Konstruksiewerker met 'n massa van 75 kg word vertikaal opwaarts deur die lug vanaf 'n konstruksieterrein vervoer, soos in die diagram hieronder getoon. Die werker word met 'n kabel, tot 'n hoogte van 12 m, teen 'n konstante spoed van 3 m·s-1, vanaf die eerste vloer van 'n gebou opgelig. (Ignoreer lugwrywing en neem aan dat daar GEEN sywaartse beweging is NIE.) 75 kg 4.2.1 Stel die beginsel van die behoud van meganiese energie in woorde. (2) 4.2.2 Bereken die potensiële energie wat deur die konstruksiewerker verkry is 12 m bokant die eerste vloer. (3) 4.2.3 Bereken sy kinetiese energie soos wat hy vir 12 m opgelig is. (3) 4.3 Die totale meganiese energie van die konstruksiewerker by die hoogste punt is 11 500 J. Bepaal die potensiële energie van die konstruksiewerker net voordat hy deur die helikopter deur die lug vervoer is. (4) [17] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 10 DBE/November 2021 NSS VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 5.1 'n Krag van 16 N word op 'n 3 m lange metaaldraad toegepas. Die draad rek met 0,5 mm. Die diameter van die metaaldraad is 2,5 mm. Bereken die: 5.1.1 Spanning in die draad (4) 5.1.2 Vervorming (rekking) in die draad (3) 5.1.3 Young se modulus van die draad (3) 5.2 'n Hidrouliese domkrag word gebruik om 'n motor wat 1 278 N weeg, op te lig. Die krag wat op die insetsuier toegepas word, is 26 N. Die oppervlakte van die insetsuier is 7,855 x 10-5 m2. 5.2.1 Definieer druk by 'n spesifieke punt. (2) 5.2.2 Bereken die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel. (3) 5.2.3 Bereken die oppervlakte van die uitsetsuier. (3) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 11 DBE/November 2021 NSS VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 'n Ligstraal PQ beweeg van medium 1 na medium 2 in diagramme A en B. Ligstrale QS, QR en QT word waargeneem aangesien die invalshoek varieer. Mediums 1 en 2 het verskillende optiese digthede. Diagram A P Ө medium 1 S Q medium 2 Diagram B R P medium 1 Ө+y Q medium 2 T 6.1 Definieer refraksie. (2) 6.2 Wat is die naam wat vir die invalshoek (Ө) gegee word as ligstraal PQ die pad van QS in diagram A volg? (1) 6.3 Wat is die grootte (in grade) van die refraksiehoek vir die invalshoek in VRAAG 6.2? (1) 6.4 Watter EEN van die twee mediums is opties digter in diagram A? Skryf slegs MEDIUM 1 of MEDIUM 2. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2) 6.5 Identifiseer die ligstraal wat totale interne refleksie in diagram B ondergaan. (1) 6.6 Noem TWEE toestande vir totale interne refleksie om plaas te vind. (2) [9] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 12 DBE/November 2021 NSS VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 7.1 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1 2 3 Wit lig 4 5 6 Lug Glasprisma 7 7.1.1 Definieer die term dispersie van lig. (2) 7.1.2 Identifiseer die kleure wat deur nommer 3 en 6 verteenwoordig word. Skryf die korrekte kleur langs die nommers in jou ANTWOORDEBOEK neer. (2) 7.1.3 Watter golfeienskap van lig is vir die dispersie verantwoordelik? (1) 7.1.4 Gee die verhouding tussen die golflengte en die spoed van 'n ligstraal. (2) 7.2 Ultra- Mikro- Gamma- Sigbare Radio X-strale Infrarooi violet golwe strale lig golwe Die tabel hierbo verteenwoordig die elektromagnetiese spektrum. 7.2.1 Definieer 'n golf. (2) 7.2.2 Noem TWEE eienskappe van elektromagnetiese golwe. (2) 7.2.3 Rangskik die golwe in die diagram hierbo van die laagste na die hoogste frekwensie. (2) [13] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 13 DBE/November 2021 NSS VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 'n Potensiaalverskil van 120 V word oor twee parallelle plate van 'n kapasitor toegepas. Die plate is 6 mm uitmekaar en het 'n oppervlakte van 2 m2. 8.1 Definieer die term kapasitansie. (2) 8.2 Bereken die: 8.2.1 Kapasitansie van die kapasitor (3) 8.2.2 Lading op elke plaat (3) [8] VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 9.1 Definieer drywing in 'n elektriese stroombaan. (2) 9.2 'n Verwarmer met 'n enkele element is 60 W, 220 V gemerk. Bereken die weerstand van die verwarmingselement. (3) 9.3 Die diagram hieronder toon 'n stroombaan met twee selle wat in serie verbind is. Elke sel het 'n potensiaalverskil van 1,5 V. Twee resistors met weerstande van 3 Ω en 5 Ω is ook in serie verbind. 3Ω 5Ω V A Bereken die potensiaalverskil oor die 5 Ω-resistor. (5) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 14 DBE/November 2021 NSS VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 10.1 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 10.1.1 Watter verskynsel word in die diagram hierbo geïllustreer? (1) 10.1.2 As die spoed waarteen die magneet in en uit die spoel beweeg, verhoog word, sal 'n groter uitwyking van die naald waargeneem word. Verduidelik hierdie waarneming in terme van tempo van verandering in magnetiese vloed en geïnduseerde emk. (2) 10.1.3 Watter tipe stroom word in die diagram hierbo geïnduseer? Skryf slegs WISSELSTROOM of GELYKSTROOM. (1) 10.2 'n Verlagingstransformator word gebruik om 'n 24 V-radiospeler te laat werk. Die transformator het 480 windings in die sekondêre spoel en die primêre potensiaalverskil is 220 V. Primêre spoel Sekondêre spoel coil 480 windings Primêre spanning Sekondêre 220 V spanning Toevoer Uitset 24 V 10.2.1 Gee TWEE redes waarom dit 'n verlagingstransformator is. (2) 10.2.2 Bereken die getal windings in die primêre spoel van die transformator. (3) [9] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 DBE/November 2021 NSS DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 1 GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 1 TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Acceleration due to gravity g 9,8 m·s-2 Swaartekragversnelling Speed of light in a vacuum c 3,0 x 108 m·s-1 Spoed van lig in 'n vakuum Planck's constant h 6,63 x 10-34 J·s Planck se konstante Electron mass me 9,11 x 10-31 kg Elektronmassa Permittivity of free space ԑo 8,85x10-12 F.m-1 Permittiwiteit van vry ruimte TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES FORCE/KRAG Fnet  ma p  mv fs max = μsN fk = μk N Fnet Δt = Δp Fg  mg Δp = mv f - mvi WORK, ENERGIE AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING W  Fx cos  U  mgh or/of EP  mgh Wnet  K or/of Wnet  Ek 1 1 K mv2 or/of Ek  mv2 2 2 K  K f  K i or/of Ek  Ekf  Eki W Wnc  K  U or/of Wnc  Ek  Ep P t Pave = Fvave / Pgemid = Fvgemid ME = Ek + Ep Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 DBE/November 2021 NSS ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN HIDROULIKA F  Δ A ε L σ F1 F K  2 ε A1 A 2 F P  P = ρgh A ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA Q εο Α C C V d Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe/V1 DBE/November 2021 NSS CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT V R emf/emk ( ε )= I(R + r) I R s  R1  R 2  ... 1 1 1 q I t    ... R p R1 R 2 W = VQ W P Δt W = VI  t P = VI W = I2R  t P = I 2R V Δt2 W= V2 R P R ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME   BA Δ ɛ =N Δt Vs Ns  Vp Np WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG 1 vf T f c E  hf or E  h  Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Technical Sciences

View all