Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
TEGNIESE WETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2022
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 3 gegewensblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 
%20June%202025%20Question%20Paper--1de11ae2-f4a0-4722-b3eb-af00fb6f3f7c/v1-8b6bd9cf35834cc3a486/card.webp)
%20June%202025%20Question%20Paper--d058d4d6-1a04-4407-8a1c-9187d5e524ea/v1-d81200affddaea8c29ec/card.webp)
%202025%20Question%20Paper%20X05--76123cf3-7f74-429b-8b49-5386459f55c9/v1-a8d6113e7a2722922ada/card.webp)








View all


%202025%20Possible%20Answers--50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556/v1-462c7fccede41f8797cb/card.webp)


Technical Sciences P1 Nov 2022 Afr(1) hlayiso.com
Technical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Technical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 17
- File size
- 641.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2022
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
die ANTWOORDEBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
9. Toon ALLE formules en vervangings in AL die berekeninge.
10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.
1.1 'n Blok met 'n massa van 20 kg beweeg ooswaarts teen 'n konstante snelheid
oor 'n ruwe horisontale oppervlak, soos in die diagram hieronder getoon.
Ftoegepas
Ff
θ
20 kg
Die snelheid is konstant want ...
A Ff = Ftoegepas en a = 9,8 m∙s-2.
B Ftoegepas < Ff en a = 0 m∙s-2.
C Ftoegepas sinθ = Ff en a = 9,8 m∙s-2.
D Ftoegepas cosθ = Ff en a = 0 m∙s-2. (2)
1.2 Newton se Derde Bewegingswet verwys na aksie-reaksie-kragtepare. Watter
EEN van die volgende stellings is NIE KORREK vir die aksie-reaksiepare in
die prentjie NIE?
A Hulle werk langs dieselfde lyn.
B Beide kragte werk gelyktydig op die hamer in.
C Hierdie kragte werk gelyktydig op die hamer en die spyker in.
D Hierdie kragte werk in teenoorgestelde rigtings. (2)
1.3 Impuls is gelyk aan die …
A verandering in momentum.
B tempo van verandering in momentum.
C produk van massa en snelheid.
D werk deur 'n voorwerp gedoen. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 4 DBE/November 2022
NSS
1.4 Die werk wat gedoen word om 'n voorwerp oor 'n afstand te laat beweeg deur
'n krag F, wat teen 30° met die horisontaal toegepas word, is W.
Die werk wat gedoen word om die voorwerp oor dieselfde afstand te laat
beweeg deur die krag F wat HORISONTAAL met die oppervlak is, is …
A 2W
B ½W
C 3
W
2
D 2
W
3 (2)
1.5 Watter EEN van die volgende stellings definieer rekking (vervorming) in 'n
materiaal? Rekking (Vervorming) is die verhouding tussen die …
A verandering in deursnee en die oorspronklike lengte.
B totale lengte en die oorspronklike lengte.
C verandering in lengte en die oorspronklike lengte.
D verandering in druk (spanning) en die oorspronklike druk (spanning). (2)
1.6 Krag F1 word op 'n suier, met oppervlakte A1, in 'n hidrouliese sisteem
toegepas. 'n Ander suier in dieselfde sisteem het oppervlakte A2 en hierdie
suier kan 'n krag, F2, uitoefen.
Watter EEN van die volgende vergelykings is volgens Pascal se wet NIE
KORREK NIE?
A F 2 A 2 = F1A1
B F1A 2 = F 2 A1
C F1 A 1
=
F2 A 2
(2)
(2)
D A 2 A1
=
F2 F1 (2)
(2)
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 5 DBE/November 2022
NSS
1.7 Wanneer 'n ligstraal vanaf 'n opties minder digte medium na 'n opties meer
digte medium beweeg, sal die spoed van die lig …
A vermeerder.
B verminder.
C dieselfde bly.
D Geeneen van die bogenoemde nie (2)
1.8 Die punt waar die ligstrale ontmoet, staan as die … bekend.
A fokuslengte
B fokuspunt
C optiese as
D hoofas (2)
1.9 Watter EEN van die volgende kombinasies dui die verhouding tussen
kapasitansie en elektriese lading aan?
KAPASITANSIE ELEKTRIESE LADING
A verhoog verlaag
B verlaag bly dieselfde
C verhoog verhoog
D bly dieselfde verhoog (2)
1.10 Die funksie van 'n verhogingstransformator is om …
A potensiaalverskil te verhoog.
B potensiaalverskil te verlaag.
C magnetiese vloed te verhoog.
D magnetiese vloed te verlaag. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 6 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
2.1 'n 360 kg-krat rus op die agterkant van 'n trok met 'n ruwe oppervlak. Die
massa van die trok is 4 550 kg en dit beweeg teen 'n spoed van 105 km∙h-1 na
regs. Die bestuurder trap rem en die trok se spoed verminder tot 62 km∙h-1
in 7 s.
2.1.1 Indien die krat nie met toue vasgemaak is nie, verduidelik wat met
die krat sal gebeur wanneer die bestuurder rem trap. (2)
2.1.2 NOEM Newton se bewegingswet wat gebruik is om VRAAG 2.1.1
te beantwoord en STEL dit in woorde. (3)
2.1.3 Teken 'n benoemde vrye liggaamdiagram van AL die kragte wat op
die krat inwerk soos die bestuurder rem trap. (3)
2.1.4 Bereken die versnelling van die trok terwyl die bestuurder rem trap. (4)
2.1.5 Bereken die krag wat deur die remme op die trok toegepas word. (4)
2.2 Twee speelgoedkarretjies met wrywinglose rollers word aan mekaar
vasgebind en getrek, soos in die diagram hieronder getoon.
Die massa van elke karretjie is soos volg: m1 = 0,75 kg en m2 = 0,8 kg
Die karretjies word met 'n horisontale krag van 6,5 N na regs getrek.
m2 m1
2.2.1 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde. (2)
2.2.2 Bereken die versnelling van die sisteem. (4)
2.2.3 Bereken die krag wat deur karretjie m1 op karretjie m2 uitgeoefen
word. (3)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 7 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
3.1 'n 160 g-bal, wat teen 'n snelheid van 40 m∙s-1 geboul word, word deur 'n
krieketkolf getref. Die bal verlaat die krieketkolf teen 'n snelheid van 65 m∙s-1
in die teenoorgestelde rigting in 'n reguit lyn, soos in die diagram hieronder
getoon.
Die kontaktyd tussen die krieketkolf en die krieketbal is 4 x 10-3 s.
40 m∙s-1
65 m∙s-1
3.1.1 Definieer die term impuls. (2)
3.1.2 Bereken die impuls van die krieketkolf op die bal. (4)
3.1.3 Bereken die grootte van die netto krag wat op die bal uitgeoefen
word. (3)
3.2 Twee blokke gly op 'n wrywinglose ys-oppervlak, soos in die diagram
hieronder getoon.
5 m∙s-1 2,5 m∙s-1
1 kg 1,8 kg
Voor botsing
v 3 m∙s-1
1 kg 1,8 kg
Na botsing
3.2.1 Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde. (2)
3.2.2 Bereken die snelheid van die 1 kg-blok na die botsing. (4)
3.2.3 Bepaal, deur middel van berekeninge, of die botsing hierbo elasties
of onelasties is. (5)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 8 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Voorwerp met 'n massa van 2 kg gly teen 'n wrywinglose baan ABC af. Die voorwerp
begin uit rus by punt A. Dit gly dan verby punt B, wat 1,2 m bo die grond is, teen 'n spoed
van 0,88 m∙s-1. Die voorwerp bereik punt C, op die grond, teen 'n onbekende spoed v,
soos in die diagram hieronder getoon.
A
0,88 m∙s-1 B
1,2 m
v
ground
grond
C
4.1 Stel die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde. (2)
4.2 Bepaal die gravitasie- potensiële energie van die voorwerp by punt B. (3)
4.3 Bereken die meganiese energie van die voorwerp by punt B. (4)
4.4 Bereken die spoed, v, waarteen die voorwerp punt C bereik. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 9 DBE/November 2022
NSS
Die diagram hieronder toon 'n hysbak wat met 'n persoon daarbinne opwaarts beweeg.
'n Motor lewer 43 kW om die hysbak met die persoon daarbinne teen 'n konstante
spoed van 2 m∙s-1 te lig. Ignoreer lugweerstand.
2 m∙s-1 T
4.5 Definieer die term drywing. (2)
4.6 Bereken die grootte van die spanning, T, in die kabel. (4)
[19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 10 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
5.1 'n Vrag veroorsaak 'n spanning van 5,5 x 106 Pa in 'n ronde betonbalk met 'n
deursnee van 50 cm. Die betonbalk se oorspronklike lengte is 3,5 m.
Young se modulus vir beton is 85 x 109 Pa.
5.1.1 Definieer 'n vervormingskrag. (2)
Bereken die:
5.1.2 Krag op die balk (5)
5.1.3 Rekking (Vervorming) in die balk (3)
5.1.4 Verandering in lengte van die balk (3)
5.2 Die diagram hieronder toon 'n man wat die kant van 'n motor met 'n hidrouliese
domkrag oplig. Die inset- en uitsetsuiers se oppervlaktes is onderskeidelik
4,8 x 10-4 m2 en 6,2 x 10-2 m2.
5.2.1 Stel Pascal se wet in woorde. (2)
5.2.2 Indien die man 'n krag van 40 N toepas om die kant van die motor
op te lig, bereken die gewig van die motor wat by daardie punt deur
die domkrag ondervind word. (4)
[19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 11 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder toon ligstraal AO wat vanaf 'n glasblok na lug beweeg. Hierdie
verskynsel staan as refraksie bekend.
C Glasblok
A
1
O
Lug 2
B
D
6.1 Definieer die term refraksie. (2)
6.2 Skryf die name van die volgende neer:
6.2.1 Ligstraal AO (1)
6.2.2 Ligstraal OB (1)
6.2.3 Hoek 1 (1)
6.2.4 Hoek 2 (1)
6.2.5 Lyn CD (1)
[7]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 12 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die tabel met prentjies hieronder stel die elektromagnetiese spektrum voor wat van die
laagste frekwensie tot die hoogste frekwensie gerangskik is, genommer 1 tot 7.
1 2 3 4 5 6 7
Radio- Sigbare Ultraviolet
golf lig
7.1 Benoem die straling genommer:
7.1.1 2 (1)
7.1.2 3 (1)
7.1.3 7 (1)
7.2 Noem TWEE gebruike van ultravioletstrale. (2)
7.3 Definieer 'n foton lig. (2)
7.4 'n Radiostasie saai op 'n frekwensie van 102,5 MHz uit. Bereken die energie
van die radiogolwe. (3)
7.5 Noem enige DRIE kleure in sigbare lig. (3)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 13 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Twee plate van die parallelplaatkapasitor wat hieronder getoon word, is 6 mm uit
mekaar en het 'n oppervlakte van 5 x 10-2 m2 . 'n Potensiaalverskil van 100 V word oor
die plate van die kapasitor toegepas.
+ A
- B
8.1 Bereken die lading op ELKE plaat. (5)
8.2 Die afstand tussen die plate word nou verdubbel.
8.2.1 Hoe sal hierdie verandering die grootte van die kapasitansie
beïnvloed? Verwys in die antwoord na die VERHOUDING. (2)
8.2.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 8.2.1. (2)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 14 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Elektriese ketel met 'n weerstand van 22 Ω en 'n mikrogolfoond met 'n weerstand
van 44 Ω word in parallel geskakel en die kombinasie word oor 'n 230 V-bron van
spanning gekoppel, soos in die diagram getoon.
230 V 22 Ω 44 Ω
Bereken die:
9.1 Totale weerstand van die stroombaan (3)
9.2 Drywing deur die elektriese ketel verbruik (3)
9.3 Warmte wat in 2 minute in die ketel opgewek word (3)
[9]
VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Leerders het 'n eksperiment uitgevoer om elektromagnetiese induksie met gebruik van
'n magneet en 'n galvanometer te demonstreer.
Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
S
G
10.1 Wat word op die galvanometer waargeneem wanneer die magneet in die
spoel in beweeg word? (1)
10.2 Verduidelik die waarneming in VRAAG 10.1. (2)
10.3 NOEM die wet wat gebruik word om hierdie waarneming te verduidelik en
STEL dit in woorde. (3)
10.4 Noem DRIE maniere om die uitwyking op die galvanometer te vergroot. (3)
[9]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 DBE/November 2022
NSS
DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1
GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Permittivity of free space
ԑo 8,85 x 10-12 F.m-1
Permatiwiteit van vrye spasie
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
FORCE/KRAG
Fnet ma p mv
fs max = μsN fk = μk N
Fnet Δt = Δp
Fg mg
Δp = mv f - mvi
Δv L e
a MA = E I
Δt
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W Fx cos U mgh or/of EP mgh
1 1 W
K mv2 or/of Ek mv2 P
2 2 t
Pave = Fvave / Pgemid = Fvgemid ME = Ek + Ep
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 DBE/November 2022
NSS
ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA
F
Δ
A ε
L
σ F1 F
K 2
ε A1 A 2
F
P= P = ρgh
A
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
Q V
C E
V d
εο Α κεο Α
C or/of C
d d
CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
V
R=
I
R s R1 R 2 ...
1 1 1 q =I t
...
R p R1 R 2
W = VQ W
P
Δt
W = VI t
P = VI
W = I2R t
P = I2R
V Δt2
W= V2
R P
R
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1 DBE/November 2022
NSS
ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME
BA Δ
ɛ =N
Δt
Vs Ns
Vp Np
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
vf T
f
c
E hf or/of Eh
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
TECHNICAL SCIENCES P2 QP GR12 SEPT 2025 English
%20June%202025%20Question%20Paper--1de11ae2-f4a0-4722-b3eb-af00fb6f3f7c/v1-8b6bd9cf35834cc3a486/card.webp)
Question paper
Technical Sciences P1 (English) June 2025 Question Paper
%20June%202025%20Question%20Paper--d058d4d6-1a04-4407-8a1c-9187d5e524ea/v1-d81200affddaea8c29ec/card.webp)
Question paper
Technical Sciences P2 (Afrikaans) June 2025 Question Paper
%202025%20Question%20Paper%20X05--76123cf3-7f74-429b-8b49-5386459f55c9/v1-a8d6113e7a2722922ada/card.webp)
Question paper
Gr 12 Technical Sciences P1 (English) 2025 Question Paper X05

Question paper
Tech Science P1 AE

Question paper
TECH SCIENCES P2 QP GR12 Jct 2025 AFR D
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Technical Sciences P1 Nov 2022 Afr hlayiso.com

Question paper
Technical Sciences P1 Nov 2022 Eng hlayiso.com

Question paper
Technical Sciences P2 Nov 2022 Afr hlayiso.com

Question paper
Technical Sciences P2 Nov 2022 Eng hlayiso.com

Question paper
TECHNICAL SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2022 English hlayiso.com

Question paper
Technical Sciences P1 May June 2022 MG Afr Eng hlayiso.com
More from Grade 12 Technical Sciences
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Tech Sci ATP 2023 24

Memorandum
TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A

Memorandum
TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025
%202025%20Possible%20Answers--50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556/v1-462c7fccede41f8797cb/card.webp)
Memorandum
Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers

Question paper
NW 12 TECHNICAL SCIENCES P1 AFR AND ENG MG JUNE 2025

Question paper