Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I
Tyd: 3 uur 150 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n Datablad van 2 bladsye (i–ii). Maak
asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
2. Hierdie vraestel bestaan uit ELF vrae. Beantwoord AL die vrae in die
Antwoordboek.
3. Begin elke vraag asseblief op 'n nuwe bladsy van jou Antwoordboek.
4. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae in die vraestel genommer is.
5. Laat EEN reël oop tussen subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Jy word aangeraai om die aangehegte DATABLAAIE te gebruik.
9. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.
10. Rond jou finale numeriese antwoorde af tot 'n MINIMUM van TWEE desimale
plekke.
11. Gee kort motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
12. Lees die vrae noukeurig deur.
13. Moenie in die kantlyn skryf nie.
14. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 










Technical Sciences Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afr)
IEB Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Technical Sciences · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Technical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 14
- File size
- 422.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 2 van 14
VRAAG 1 MEERVOUDIGE KEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae voorsien. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–
1.10) in die ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 Wrywingskrag …
A is teenoorgesteld aan die rigting van beweging van 'n voorwerp en
werk loodreg in op die oppervlak waarmee die voorwerp in kontak is.
B is in dieselfde rigting as die beweging van 'n voorwerp en werk
parallel in op die oppervlak waarmee die voorwerp in kontak is.
C is in dieselfde rigting as gravitasiekrag.
D werk die beweging van 'n voorwerp teë en werk parallel in op die
oppervlak waarmee die voorwerp in kontak is. (2)
1.2 Indien die resulterende (netto) krag wat op 'n voorwerp inwerk nul is, …
A vertraag die voorwerp.
B versnel die voorwerp eenvormig.
C verander die rigting van beweging van die voorwerp.
D bly die voorwerp teen 'n konstante snelheid beweeg. (2)
1.3 'n Seun sit op 'n stoel. Volgens Newton se Derde Wet is die reaksiekrag op
die seun se gewig ...
A die krag van die seun op die stoel.
B die krag van die stoel op die seun.
C die krag van die Aarde op die seun.
D die krag van die seun op die Aarde. (2)
1.4 'n Stuk silikon wat met elemente van groep III gedoteer is, word 'n …
A P-Tipe halfgeleier.
B N-Tipe halfgeleier.
C III-Tipe halfgeleier.
D supergeleier. (2)
1.5 'n Voorbeeld van 'n intrinsieke halfgeleier is …
A tin.
B fosfor.
C boor.
D magnesium. (2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 3 van 14
1.6 Watter een van die volgende grafieke stel die verwantskap tussen
potensiaalverskil (V) en stroom (I) vir 'n ohmiesegeleier korrek voor?
A V
I
B V
I
C V
I
D V
I
(2)
1.7 Wanneer 'n potensiaalverskil van 220 V oor 'n kapasitor met 'n kapasitansie
van 50 F gehandhaaf word, sal die kapasitor … coulomb lading stoor.
A 4 400
B 11 000
C 0,227
D 270 (2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 4 van 14
1.8 'n Battery met onbeduidende interne weerstand word met twee weerstande
verbind soos in die diagram hieronder getoon. Die skakelaar S is OOP.
V1
S
● ●
V2
Skakelaar S word nou gesluit.
Hoe sal die lesings op voltmeters V1 en V2 verander?
LESING OP V1 LESING OP V2
A Neem toe Neem toe
B Neem af Neem toe
C Neem toe Neem af
D Neem af Neem af
(2)
1.9 Watter een van die volgende kombinasies verteenwoordig die
komponent(e) aanwesig SOWEL AS die energie-omsetting in 'n
gelykstroom- (GS-) motor?
Komponent Energie-oordrag
A Splitringkommutator Elektriese na meganiese energie
B Sleepringe Meganiese na elektriese energie
C Sleepringe Elektriese na meganiese energie
D Splitringkommutator Meganiese na elektriese energie
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 5 van 14
1.10 'n Geleidraad, XY, beweeg tussen twee magnete soos hieronder getoon.
Watter een van die volgende handelinge kan tot 'n verhoogde geïnduseerde
stroom in draad XY lei?
Beweeg die draad …
A vinnig en parallel aan die magnetiese veld.
B stadig en parallel aan die magnetiese veld.
C vinnig en loodreg op die magnetiese veld.
D stadig en loodreg op die magnetiese veld. (2)
[20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 6 van 14
VRAAG 2
'n Seun trek twee trollies met massas van onderskeidelik 5 kg en 10 kg met 'n krag
van 50 N teen 'n hoek van 30° met die horisontaal oor 'n wrywingloos oppervlak
soos in die volgende diagram getoon:
m = 10 kg
m = 5 kg
30°
2.1 Teken 'n benoemde vryliggaamdiagram vir die 5 kg-trollie. Dui al die kragte
aan wat op die trollie inwerk. (4)
2.2 Gee Newton se Tweede Bewegingswet in woorde. (2)
2.3 Pas Newton se Tweede Bewegingswet toe om die versnelling van die
stelsel te bereken. (6)
2.4 Bepaal die spanning in die tou tussen trollie A en B. (2)
2.5 Definieer versnelling. (2)
2.6 Hoe sal die versnelling verander indien wrywing in ag geneem word?
Gebruik Newton se Tweede Bewegingswet om jou antwoord te verduidelik. (2)
[18]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 7 van 14
VRAAG 3
Trollie X met massa 250 g word teen trollie Y met massa 750 g geplaas soos in
die diagram hieronder getoon. 'n Saamgedrukte veer tussen die twee trollies word
losgelaat in 0,3 s en die trollies beweeg in teenoorgestelde rigtings. Trollie X
beweeg wes en tref 'n versperring na tyd t.
Versperring Kussing N
Y W E
X
S
Die tabel hieronder gee die posisie van trollie X vir tydintervalle van 0,3 sekondes:
Posisie (m) 0 1,38 2,88 4,38 5,88 7,38 7,38 7,38
Tyd (s) 0 0,3 0,6 0,9 1,2 1,5 1,8 2,1
3.1 Teen watter tyd t tref trollie X die versperring? (1)
3.2 Verduidelik met verwysing na die waardes in die tabel waarom trollie X
tussen t = 0,3 s en t = 1,5 s met 'n konstante spoed beweeg. (2)
3.3 Gee die beginsel van die behoud van lineêre momentum in woorde. (2)
3.4 Bereken die spoed van trollie Y nadat die veer losgelaat is. (5)
3.5 Definieer impuls. (2)
3.6 Bereken die krag wat op trollie Y uitgeoefen word. (4)
Trollie Y bots met die kussing en spring terug teen 'n spoed van 3,25 m∙s-1 .
3.7 Definieer die volgende:
3.7.1 'n Elastiese botsing (2)
3.7.2 'n Onelastiese botsing (2)
[20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 8 van 14
VRAAG 4
'n Blok met massa 8 kg beweeg oor 'n ruwe horisontale oppervlak van punt A na
punt B soos in die volgende diagram getoon:
10 m∙s-1
8 kg
A 6m B
4.1 Definieer die term energie. (2)
4.2 Bereken die kinetiese energie van die blok by punt A. (3)
Die kinetiesewrywingskoëffisiënt (μk) tussen die blok en die oppervlak AB is 0,15.
4.3 Bereken die grootte van die kinetiesewrywingskrag op die blok terwyl dit
van punt A na punt B beweeg. (3)
4.4 Bereken die arbeid wat deur die kinetiesewrywingskrag van punt A na punt
B verrig word. (3)
[11]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 9 van 14
VRAAG 5
Die volgende diagram toon 'n breekbal met massa 1,5 ton wat aan die kabel van 'n
hyskraan hang. Die hyskraan wen die kabel op sodat die bal opwaarts beweeg
teen 'n konstante snelheid van 2 m⋅s–1.
Na 3 sekondes hou die hyskraan op om die kabel op te wen. Die bal stop en
bereik 'n hoogte van 6 m bokant die grond.
5.1 Definieer drywing. (2)
5.2 Bereken die gewig van die bal. (3)
5.3 Bereken die drywing van die hyskraanmotor terwyl dit die kabel opwen. (4)
5.4 Herlei jou antwoord in Vraag 5.3 tot perdekrag. (2)
'n Sterk wind begin waai en die bal begin in die rigting van B swaai soos in die
diagram hieronder aangedui.
B
A
Die bal bereik 'n maksimum hoogte by punt B van 7,5 m bokant die grond.
5.5 Bereken die gravitasie potensiële-energie van die bal by punt B. (3)
5.6 Gee die beginsel van die behoud van meganiese energie in woorde. (2)
5.7 Bereken die spoed van die bal by punt A wanneer dit terugswaai. (4)
[20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 10 van 14
VRAAG 6
Wanneer 'n trekspanning van 5 × 106 Pa op die ente van 'n ronde staaf toegepas
word, moet die vervorming ongeveer 5 × 10–4 wees. Die lengte van die ronde staaf
is 120 cm.
Tipe materiaal Young-modulus
Rubber 3 × 107 Pa
Hout 1 × 1010 Pa
Geelkoper 1 × 1011 Pa
Yster 1 × 1012 Pa
Maak van die tabel hierbo gebruik om die volgende te beantwoord.
6.1 Gee Hooke se Wet in woorde. (2)
6.2 Wat sal die toepaslikste materiaal wees om vir hierdie staaf te gebruik?
(Maak van 'n berekening gebruik om jou antwoord te bepaal.) (4)
6.3 Bereken die verandering in lengte van die staaf. (4)
6.4 Definieer spanning. (2)
6.5 Indien 'n krag van 9 800 N toegepas word om hierdie trekspanning te
verkry, wat is die deursnee-oppervlakte van die staaf? (3)
[15]
VRAAG 7
Tydens 'n eksperiment word vyf motorolies met verskillende graderings gebruik om
die verskil in viskositeit van motorolies aan te dui. Die eksperiment word opgestel
soos in die diagram hieronder aangedui. Die eksperiment word by –20 °C uitgevoer.
0W–30 5W–30 10W–30 15W–30 20W–30
7.1 Gee 'n volledige definisie vir viskositeit. (2)
7.2 Watter olie het die hoogste viskositeit? (1)
7.3 Wat is die betekenis van die SAE-waarde 10W–30. (3)
[6]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 11 van 14
VRAAG 8
'n Hidrouliese pers om poeiermonsters te verdig, het 'n groot silinder wat 'n diameter
van 11,8 cm het en 'n klein silinder met 'n oppervlakte van 3,02 × 10–4 m2. 'n
Hefboom word aan die klein silinder geheg soos getoon. Die monster wat op die
groot silinder geplaas word, het 'n deursnee-oppervlakte van 4,09 cm2.
8.1 Gee Pascal se Wet in woorde. (2)
8.2 Bereken die oppervlakte van die groot silinder in m2. (3)
8.3 'n Krag van 319 N word op die hefboom toegepas. Bereken die uitsetkrag
wat in die groot suier uitgeoefen word. (4)
[9]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 12 van 14
VRAAG 9
'n Kapasitor is 'n komponent wat in 'n elektriese stroombaan gebruik word om
elektriese lading te stoor.
9.1 Definieer die term kapasitansie van 'n kapasitor. (2)
9.2 Noem die drie faktore wat die kapasitansie van 'n kapasitor beïnvloed. (3)
9.3 'n Kapasitor bestaan uit twee vierkantige metaalplate van lengte 2 cm wat
geskei word deur 'n luggaping van 3 mm.
Bereken die potensiaalverskil oor die kapasitorplate indien elke plaat
6 × 10–11 C lading kan stoor. (5)
[10]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 13 van 14
VRAAG 10
'n Sel met 'n emf (ε) van 4,5 V word in 'n stroombaan verbind soos in die diagram
hieronder getoon.
V1
● ● 6Ω
S1
1Ω 2Ω
4,5 V
A
10.1 Watter toestel in die stroombaan diagram meet die vloeitempo van lading?
Skryf slegs VOLTMETER of AMMETER neer. (1)
10.2 Gee Ohm se Wet in woorde. (2)
Skakelaar S1 word nou gesluit.
10.3 Wat is die lesing op voltmeter V1. (1)
10.4 Bereken die stroomsterkte deur die 6 Ω-weerstand. (3)
10.5 Definieer drywing soos dit op elektriese stroombane van toepassing is. (2)
10.6 Bereken die energie-omsetting wat in die 6 Ω-weerstand plaasvind. (3)
[12]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I Bladsy 14 van 14
VRAAG 11
11.1 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n vereenvoudigde tekening van 'n
elektriese toestel wat met 'n gloeilamp verbind word.
X
Borsels
11.1.1 Wat word hierdie tipe elektriese toestel genoem? (1)
11.1.2 Skryf die beginsel neer waarop die toestel werk. (1)
11.1.3 Skryf EEN metode neer om die helderheid van die gloeilamp te
verhoog. (1)
11.1.4 Identifiseer komponent X in die diagram. (1)
11.2 Die volgende diagram verteenwoordig die basiese struktuur van 'n
transformator.
11.2.1 Met watter kontakpunte, AB of CD, moet die insetspanning verbind
word sodat die transformator as 'n verhogingstransformator kan
funksioneer. (1)
11.2.2 'n Selfoon vereis 'n uitgangspanning van 4,5 V. Die selfoonlaaier
word met 'n 240 V-wisselstroombron verbind. Bereken die getal
windings op die sekondêre spoel indien die primêre spoel 1 000
windings het. (4)
[9]
Totaal: 150 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Technical Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Technical Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Technical Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Technical Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Technical Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Technical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Technical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Technical Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afr)

Question paperIEB
Technical Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afr)

Data sheetIEB
Technical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Data Sheet

Data sheetIEB
Technical Sciences Grade 12 IEB P1 2019 Data Sheet (Afrikaans)
Related documents

MemorandumIEB
Technical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo (Afrikaans)

Data sheetIEB
Technical Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Data Sheet (Afrikaans)

MemorandumIEB
Technical Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

Data sheetIEB
Technical Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Data Sheet

MemorandumIEB