Skip to content
Question paper

Technical Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afr)

IEB Grade 12 Technical Sciences Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Technical SciencesGrade 12201912 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Tyd: 3 uur 150 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n Datablad van 4 bladsye (i–iv). Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die Antwoordboek. 3. Begin elke vraag asseblief op 'n nuwe bladsy van jou Antwoordboek. 4. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae in die vraestel genommer is. 5. Laat EEN reël oop tussen subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.2 en VRAAG 2.3. 6. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Jy word aangeraai om die aangehegte DATABLAD te gebruik. 9. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge. 10. Rond jou finale numeriese antwoorde af tot 'n MINIMUM van TWEE desimale plekke. 11. Gee kort motiverings, besprekings, ens. waar nodig. 12. Lees die vrae noukeurig deur. 13. Moenie in die kantlyn skryf nie. 14. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 2 van 12 VRAAG 1 Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae voorsien. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs A, B, C of D langs die vraagnommer (1.1–1.10) in jou Antwoordboek. 1.1 Die IUPAC-naam vir CH3-CH-CH2-CH2-CH3 I CH3 A 2-etielbutaan B 2-metielbutaan C 2-metielpentaan D 3-etielbutaan 1.2 Watter een van die volgende verbindings het die molekulêre formule C4H10O? A 2-metielpropanoon B 1,1-dimetieletanol C 2-butanol D 2-metielpropanaal 1.3 Watter een van die volgende behoort aan dieselfde homoloë reeks as C3H8? A C2H2 B C3H6 C C3H4 D C4H10 1.4 Die volgende ester word deur watter stowwe geproduseer? H O I II H–C–O–C–H I H A Metanaal en metanoësuur B Metanol en metanoon C Metanol en metanoësuur D Metanaal en metanoon IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 3 van 12 1.5 Die eienskap van lig waar dit van rigting verander wanneer dit teen 'n hoek vanaf 'n digte medium na 'n digter medium beweeg, is ... A refleksie. B diffraksie. C refraksie. D dispersie. 1.6 Twee golwe beweeg van een medium na 'n ander en gaan die tweede, digter medium teen 'n hoek binne. Golf A het 'n golflengte van 4,5 nm en golf B het 'n golflengte van 3,2 μm. A A sal meer as B gebreek word B A en B sal ewe veel gebreek word C B sal meer as A gebreek word D Nie A of B sal gebreek word nie 1.7 Lig bestaan uit fotone wat ... is. A pakkies lig B pakkies energie C pakkies ultraviolet strale D pakkies infrarooi strale 1.8 'n Student stel 'n Zn/Cu galvaniese sel op. Die katode ... A is die negatiewe elektrode. B word van koper gemaak. C trek anione uit die oplossing aan. D ondergaan met tyd 'n afname in massa. 1.9 'n Student stel 'n silwer/sink elektrochemiese sel op. Die geskikste oplossing vir die soutbrug sal … wees A NaCl B KCl C NaNO3 D CCl4 1.10 In die volgende sel Al / Al3+ // Fe2+ /Fe is die oksideermiddel: A Al B Al3+ C Fe2+ D Fe [20] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 4 van 12 VRAAG 2 Die letters A tot F in die tabel hieronder stel ses organiese verbindings voor. Gebruik hierdie verbindings om die vrae wat volg te beantwoord. A H B H H H H H I I I I I I H H O H H H–C=C–C=C–C–H I I I I I I H–C–C– C –C–C–H H I I I I I H H H H H C 2,3-dichloorpentaan D H H H O I I I II H–C–C–C–C–O–H I I I H H H E 2-metielbutanaal F C3H6 2.1 Definieer die term homoloë reeks. (2) 2.2 Skryf die letters van die twee verbindings neer wat aan dieselfde homoloë reeks behoort. (2) 2.3 Teken die struktuurformule vir die verbinding: 2.3.1 C (2) 2.3.2 E (2) 2.4 Skryf die IUPAC-naam van: 2.4.1 D (2) 2.4.2 F (2) 2.5 Skryf die letter neer wat 'n aldehied verteenwoordig. (2) 2.6 Definieer die term posisionele isomeer. (2) 2.7 Teken 'n posisionele isomeer vir verbinding A en gee die IUPAC-naam. (4) [20] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 5 van 12 VRAAG 3 Bestudeer die vloeidiagram hieronder en gebruik dit om die volgende vrae te beantwoord. 3.1 Is eteen 'n versadigde of 'n onversadigde verbinding? (1) 3.2 Noem 'n stof wat in reaksie A gebruik kan word. (1) 3.3 Watter tipe addisiereaksie vind by A plaas? (1) 3.4 'n Hidrasiereaksie vind by B plaas. Noem twee reaksietoestande vir hierdie tipe reaksie om plaas te vind. (2) 3.5 Gee die naam of formule van die stof wat by reaksie C bygevoeg moet word om etanol uit 'n haloalkaan te produseer. (1) 3.6 Watter tipe reaksie vind by C plaas? (1) 3.7 Skryf 'n gebalanseerde vergelyking vir die reaksie by C neer deur struktuur- formules vir organiese reagense te gebruik. (3) [10] VRAAG 4 4.1 Definieer monomeer. (2) 4.2 Watter proses word in die diagram hierbo uitgebeeld? (1) 4.3 Eteen kan gebruik word om Hoëdigtheid-poliëtileen (HDPE) of Laedigtheid- politeen (LDP) te maak. Gee twee gebruike van HDPE in alledaagse situasies. (2) [5] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 6 van 12 VRAAG 5 Die volgende kookpunte is opgeteken terwyl 'n eksperiment gedoen is: Molekule Kookpunt (°C) Butaan –0,4 Butanoon 79,64 Buteen –6,3 Butanol 117,7 Propanol 97 5.1 Definieer die term kookpunt. (2) 5.2 Verduidelik waarom die kookpunt van butanol hoër is as die kookpunt van propanol. (2) 5.3 Noem die intermolekulêre kragte in: 5.3.1 butaan (1) 5.3.2 butanoon (1) 5.3.3 butanol (1) 5.4 Wat is die smeltpunt van 'n stof? (1) 5.5 Watter een van die volgende behoort die hoogste smeltpunt te hê, butanol of butanoon? (1) 5.6 Verduidelik jou antwoord in Vraag 5.5. (2) 5.7 Watter een van die stowwe in die tabel sal die laagste viskositeit hê? Verduidelik jou antwoord deur na intermolekulêre kragte te verwys. (2) [13] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 7 van 12 VRAAG 6 In die industrie word silwerplatering om 'n verskeidenheid redes gedoen. Dit is bestand teen chemikalieë en sure en dit beskerm teen korrosie. Dit is 'n uitstekende geleier van elektrisiteit en hitte. Dit dra by tot die visuele impak van die produk. Beskou die volgende elektrochemiese sel. AgNO3 is in oplossing en twee grafietstawe word as elektrodes gebruik. 6.1 Gee die definisie van 'n elektrolitiese sel. (2) 6.2 Wat sal jy by elektrode A sien wanneer die stroom 'n paar minute gevloei het? (2) 6.3 Watter energieverandering vind in hierdie sel plaas? (1) 6.4 By watter elektrode (A of B) vind ... plaas? 6.4.1 oksidasie (1) 6.4.2 reduksie (1) 6.5 Skryf die halfreaksie neer wat by elektrode A plaasvind. (2) 6.6 Verduidelik hoe elektrolise in die industrie vir silwerplatering gebruik kan word. (2) [11] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 8 van 12 VRAAG 7 7.1 Beskou die diagram hieronder van 'n galvaniese sel wat onder standaard- toestande opgestel is. 7.1.1 Sal daar enige stroom in die eksterne stroombaan vloei? Verduidelik jou antwoord. (2) 7.1.2 Watter energie-omsetting vind in hierdie galvaniese sel plaas? (1) 7.1.3 In watter rigting sal die stroom in die eksterne stroombaan vloei? Zn na Cu of Cu na Zn? (1) 7.1.4 By watter elektrode vind reduksie plaas? (1) 7.1.5 Skryf die reduksiehalfreaksie neer. (2) 7.1.6 Skryf die netto selreaksie neer wanneer die sel stroom lewer. (3) 7.1.7 Gee die standaardselnotasie vir hierdie sel. (3) 7.2 Twee reaksies vind plaas: A: Fe + 2Ag+ → Fe2+ + 2Ag B: Hg + Mg2+ → Hg2+ + Mg 7.2.1 Definieer oksidasie. (2) 7.2.2 Gebruik die redokstabel en bereken die EMK van reaksie A en B. (5) 7.2.3 Gebruik jou antwoorde in Vraag 7.2.2 om te bepaal en te verduidelik watter reaksie spontaan sal plaasvind. (2) 7.3 Vir vanjaar het Eskom 'n 9,3%-verhoging in elektrisiteitstariewe aangekondig. Vanweë hoë elektrisiteitskoste soek mense na alternatiewe bronne van elektrisiteit. Twee tipes selle is ontwikkel, 'n brandstofsel en 'n fotovoltaïese sel. 7.3.1 Noem 'n voordeel van fotovoltaïese selle. (1) 7.3.2 Waar kan ons fotovoltaïese selle gebruik? (1) [24] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 9 van 12 VRAAG 8 8.1 Lig beweeg deur 'n halfsirkelvormige glasprisma soos hieronder aangedui. 8.1.1 Identifiseer die verskynsel wat in Figuur 2 plaasvind. (1) 8.1.2 Verduidelik waarom hierdie verskynsel plaasvind. (2) 8.1.3 Wat noem ons hoek i in Figuur 3? (1) 8.2 In 'n duikboot gebruik die kaptein 'n periskoop om enige beweging bokant die water waar te neem. 8.2.1 Noem die ligverskynsel wat in 'n periskoop gebruik word wat dit moontlik maak. (1) 8.2.2 Gee twee toestande vir hierdie verskynsel om voor te kom. (2) 8.2.3 Gee nog twee toepassings waar hierdie verskynsel in optiese toerusting gebruik word. (2) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 10 van 12 8.3 Beskou die volgende diagram van refleksie op 'n plat vlak om die vrae wat volg te beantwoord. 8.3.1 Definieer die normaal. (2) 8.3.2 Benoem lyne A en B. (2) 8.3.3 Indien die grootte van ϴr 40° is, wat is die grootte van ϴi? (1) 8.3.4 'n Blom, 7 cm hoog, word 27 cm van die plat spieël af geplaas. (a) Hoe hoog is die beeld wat gevorm word? (1) (b) Hoe ver word die beeld van die spieël af gevorm? (1) (c) Is die beeld regop? (1) [17] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 11 van 12 VRAAG 9 9.1 Die straaldiagram hieronder toon 'n beeld wat op 'n afstand van 2F van die brandpunt af geplaas is. 9.1.1 Watter tipe lens word gebruik? (1) 9.1.2 Kies woorde uit die blok hieronder om die beeld wat gevorm word, te beskryf. regop virtueel omgekeer kleiner groter dieselfde grootte werklik (3) 9.1.3 Wanneer sal jy 'n lens in hierdie posisie gebruik? (1) 9.2 9.2.1 Gebruik 'n skets om die beweging van lig deur 'n konkaaflens te toon. (3) 9.2.2 Beskryf die beeld wat gevorm word wanneer lig deur 'n konkaaflens skyn. (3) 9.3 Wanneer dit reën, word 'n reënboog gevorm wanneer die son deur die wolke breek. 9.3.1 Wat noem ons hierdie verskynsel? (1) 9.3.2 Gee 'n definisie vir hierdie verskynsel. (2) 9.3.3 'n Reënboog het sewe kleure. Watter kleur word die meeste gebreek? (1) 9.3.4 Gebruik verskillende golflengtes om jou antwoord op Vraag 9.3.3 te verduidelik. (2) [17] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TEGNIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 12 van 12 VRAAG 10 Elektromagnetiese straling is 'n vorm van energie wat oral rondom ons is. Dit neem baie vorme aan; sonlig is ook 'n vorm van elektromagnetiese straling. 10.1 Definieer elektromagnetiese golwe. (2) 10.2 Wat is die verskil tussen klankgolwe en elektromagnetiese golwe? (2) 10.3 Rangskik die volgende elektromagnetiese golwe in stygende volgorde van golflengte. (4) 10.4 Identifiseer die elektromagnetiese golwe wat in die volgende situasies gebruik sal word: 10.4.1 In sekuriteitstelsels om versteekte wapens op te spoor (1) 10.4.2 Om mediese toerusting te steriliseer (1) 10.5 Bereken die energie van 'n foton van 'n elektromagnetiese golf met 'n golflengte van 456 nm. (3) [13] Totaal: 150 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.