Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
FEBRUARIE/MAART 2015
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Memo (Afr)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 282.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
NSC Supplementary Exam 2015
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2SA Artists Influenced by African and Indigenous Art Forms20 marks
- Question 3Socio-Political Art20 marks
- Question 4Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
- Question 7Gender Issues in South African Art20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:
• Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
• Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke
• Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks
• Die plasing van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
konteks
• 'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord:
1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
regterkantse bladsye.
5. Maak seker dat jy na die afgebeelde visuele bronne in kleur verwys waar dit
vereis word.
6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing na kunswerke is
toelaatbaar.
7. Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.
8. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
9. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
puntetoekenning:
• 6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy
• 10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
• 20 punte: 'n minimum van 2 bladsye
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
WOORDELYS
Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om 'n
spesifieke vraag te benader:
Analiseer: 'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele
kunselemente soos lyn, kleur, toonwaarde, formaat en komposisie
van 'n kunswerk.
Beskryf: Gee die feite, besonderhede en verdere inligting van die kunswerk;
berig oor wat die oog mag sien.
Bespreek: Stel jou standpunt en gee redes vir jou stelling.
Formele Die basiese elemente wat gebruik word om 'n kunswerk te skep,
kunselemente: soos lyn, vorm, toonwaarde, tekstuur, kleur, ruimte, komposisie,
ensovoorts.
Interpreteer: Analiseer en evalueer (gee 'n ingeligte mening oor) 'n kunswerk.
Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, polities,
ensovoorts en motiveer jou bevindinge deur na soortgelyke
spesifieke voorbeelde te verwys.
Kontekstualiseer: Met betrekking tot, of afhangend van, die raamwerk van inligting;
met betrekking tot die situasie, tyd/era en plek waarna die inligting
verwys.
Motiveer: Om met bewyse of getuienis te ondersteun.
Noem: Gee presiese feite en sê direk wat jy dink – gee jou mening, asook
'n verduideliking.
Verduidelik: Maak duidelik en gee redes vir jou stelling.
Vergelyk: Toon die verskille en ooreenkomste op 'n geordende wyse binne
dieselfde argument aan.
Visuele bronne: Die visuele afbeeldings wat in hierdie vraestel voorsien word of
waarna in ander bronne verwys word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Die werke wat deur hierdie kunstenaars geskep is was suiwer afkomstig van hulle
begeerte om hulle omgewing uit te beeld sonder kritiese of politieke kommentaar.
1.1 Bestudeer FIGUUR 1a en FIGUUR 1b en skryf 'n kort opstel waarin jy soveel
waarnemings maak as wat jy kan.
Verwys na die volgende:
• Die tema van die skilderye
• Styl van die werke
• Gebruik van lyn en toonwaarde
• Betekenisse van die kunswerke
FIGUUR 1a: Sophie Peters, Die ou dae, Linosnee op papier, 1991:
• Tema/onderwerp
Ons sien voorstellings van 'n ou man en 'n jong kind wat in 'n park sit in 'n
groot stad. Die geboue in die agtergrond bevestig die feit dat dit 'n
stadstoneel is. Die park word geïdentifiseer deur die bank en die heining.
Hulle braai vleis op 'n rooster bo-op 'n konka wat 'n tipiese pasgemaakte
'stoof' is van die landelike volk in Afrika. Dit is 'n metaal blik waarin gate
gemaak is. 'n Vuur word in die blik gemaak vir kook en hitte. 'n Bron van
elektriese lig is sigbaar in die straat regoor die park. Die toneel is die van
hawelose mense in 'n stad.
Die toneel dra inligting oor van die lewe van straat mense in 'n stad. Die titel
suggereer ook dat die toneel in die ou dae plaasgevind het, wat goed was of
'n teken is vir 'n belofte van beter omstandighede in die toekoms.
• Styl van werk:
Baie ekspressionistiese liniêre werk met vereenvoudigde en verwronge
(distorte) beelde – herinner ons aan die werk van Kirchner.
• Gebruik van lyn/tonale waardes:
'n Verskeidenheid van verskillende lyne is sigbaar in hierdie werk met die sny
tegniek van die lino wat interessante teksture en vorms skep. Sommige harde
buitelyne en gebroke lyne is gebruik om vensters, bakstene en omheining te
skep deur die sny instrument. Tonale waardes is geskep deur die refleksie
van die vuur op die figure en die verskeie digtheid van die snylyne.
• Betekenis van die kunswerk:
'n Stadstoneel wat die armoede van twee hawelose mense uitbeeld.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
FIGUUR 1b: Durandt Sihlali, Suid-Afrika krotbuurt, Zondi 'Township',
waterverf, 1957:
• Tema/onderwerp:
Sihlali verf 'n 'township' in 'n plattelandse omgewing sonder om enige
boodskap oor te dra. 'n Klein nedersetting word weergegee in 'n landelike
area met 'n vreedsame landskap in die agtergrond. Alhoewel die titel 'n
onderliggende betekenis het van 'n krotbuurt, is dit eerder 'n informele
nedersetting.
• Styl van die werk:
Die gebruik van waterverf skep 'n Impressionistiese gevoel. Oranje en blou is
komplimentêre kleure en kenmerkend van die Impressioniste. Die sagte
kleure in die agtergrond skep diepte. Die grondpad in die voorgrond lei die
oog in die prentvlak en dra dit deur tot by die verdwynpunt in die agtergrond
oor die heuwel.
• Gebruik van lyn/tonale waardes:
Die sagte horisontale lyne van die huise kontrasteer met die vertikale lyne
van die boomstompe in die voorgrond. Tonale waardes in die huise en die
landskap skep ook diepte.
• Betekenis van die kunswerk:
'n Landskaptoneel wat die informele nedersetting uitbeeld. (8)
1.2 Skryf 'n opstel waarin EEN kunswerk elk van enige TWEE kunstenaars wat jy
bestudeer het wie se werk getuig van sy of haar omgewing, bespreek.
Jou opstel moet die volgende insluit:
• Name van die kunstenaars en titel van kunswerk
• Temas/onderwerpe
• Gebruik van media en tegnieke
• Styl van werk
• Gebruik van formele elemente
• Sosio/kulturele en ander invloede (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Alhoewel die werk van Cecil Skotnes en Sfiso Ka-Mkame met 50 jaar verskil, toon
beide sterk bewyse van 'n Afrika-identiteit. Die vraag ontstaan of hierdie invloed
vandag nog steeds van toepassing is.
2.1 Analiseer FIGUUR 2a en FIGUUR 2b krities deur die stelling hierbo te
bespreek.
Jou antwoord moet die volgende insluit:
• Die manier waarop hierdie werke 'n 'Afrika-identiteit' reflekteer
• Die manier waarop die Afrika-invloed hulle styl affekteer?
• Gebruik van vorms, simbole en patrone
• Betekenis of boodskappe in die werke
FIGUUR 2a: Cecil Skotnes, Twee koppe, geverfde houtpaneel, datum
onbekend
• Op watter manier reflekteer hierdie werke 'n Afrika identiteit?
Cecil Skotnes se visuele abstraksie van die twee koppe stem ooreen met die
Afrika houtbeelde en veral Afrika maskers. Hierdie geverfde houtpaneel is
gestileerd met 'n groot verskeidenheid lyne. Skotnes is beïnvloed deur die
gebruik van organiese plant en diere vorms. Die aard kleure soos geel oker,
gebrande siënna en helder rooi word ook geassosieer met die kleurgebruik
van die rotskunstenaars.
• Op watter manier het dit sy styl beïnvloed of geaffekteer?
Die vibrerende kleure van Afrika is gebruik in die weergawe van die twee
koppe wat ooreenkom met maskers. Die gebruik van organiese vorms het
Skotnes beïnvloed soos gesien kan word in die vereenvoudiging en
verwringing van die gelaatstrekke van die koppe.
• Gebruik van vorms, simbole en patrone
Cecil Skotnes het gebruik gemaak van lyne om 'n verskeidenheid patrone en
vorms te skep. Die harde lyne op die houtpaneel kom ooreen met die
houtkerfwerk van die Afrika hout. Kontras tussen horisontale en vertikale lyne
skep interessante patroon wat balanseer met dik en duidelike lyne.
• Betekenis of boodskap in kunswerk
Dit is belangrik vir enige volk om sy geskiedenis van oorsprong te bewaar
sodat geslagte wat kom daaruit kan leer. Nog 'n rede waarom die huidige
generasie gereeld na hulle geskiedenis toe moet verwys, is om die stryd en
oorwinnings te waardeer wat die land gelei het tot dit nou is en die mens tot
wie hy is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
FIGUUR 2b: Sfiso KaMkame, 'n Lied vir Afrika ll:
• Agtergrondinligting oor kunstenaars:
Sfiso Ka-Mkame, 'n self geleerde kunstenaar, van Zanzibar afkoms, is gebore
in Claremont aan die buitewyke van Durban in 1963. Hy bly in sy
nedersetting, en reis elke dag na sy studio in Umkhumbane/Cato Manor.
Gedurende die 80's ontvang hy sporadies kunsklasse, en behaal sukses in
1988 met verkoping van sy werk, 'Letters to God', aan die Suid-Afrikaanse
Nasionale Kunsgalery in Kaapstad. Sy vroeëre werk reflekteer politieke
konflik, daaglikse stryd en swaarkry.
• Op watter manier reflekteer hierdie werke 'n Afrika Identiteit?
Ka-Mkame se werk is baie dekoratief, en toon 'n nostalgie vir Afrika simbole.
Hy het begin soek na simbole vir 'n Afrika identiteit buite sy eie omgewing.
Ka-Mkame gee gewoonlik sy werke 'n titel wat die kyker voorsien van die
begin van 'n storie wat sy werk inspireer het. Sy Afrika figure wat gekleurde
en dekoratiewe lang klere dra, skep 'n idée van verlange na 'n omgewing van
wonderwerke en die mistieke. Baie van sy werke verwys na sy drome. Die
twee Afrika figure bestaan uit verskillende geometriese vorms en patrone.
• Op watter manier het dit sy styl beïnvloed?
Hierdie werk het 'n horisontale komposisie. Dit is 'n uitbeelding van twee groot
geometriese figure in 'n landskap, wat ook die fokale punt vorm. In die
boonste gedeelte van die komposisie/agtergrond is 'n groen veld met beeste,
twee soldate en 'n drommer.
• Gebruik van vorm, simbole en patrone
Ka-Mkame se werk is baie dekoratief, en toon 'n nostalgie vir Afrika simbole.
Hy het begin soek na simbole vir 'n Afrika identiteit buite sy eie omgewing en
dit word in sy werk weerspieël. Hy bou lae kleur op met oliepastelle
beginnende met 'n geel agtergrond en voeg dan donker kleure by in volgorde
sodat hy patrone kan blootstel en uitkrap. In hierdie werk is die gebruik van
kras kleure, geel oker, blou, oranje groene en wit, feestelik gebruik. Wit is
gebruik as 'n aksent kleur om figure en vorms te omlyn.
• Betekenis of boodskap in werke
Deur gebruik te maak van die voorstellings van beeste, vegters en 'n
tromslaner sowel as motiewe van inheemse tipiese Afrika ontwerp elemente,
gee die kunstenaar inligting oor kulturele erfenis. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
2.2 Bespreek EEN of meer werke van EEN kunstenaar wie jy bestudeer het wat
grootliks deur Afrika beïnvloed is.
Jou antwoord moet die volgende insluit:
• Naam van kunstenaar en titel(s) van werk(e)
• Invloed of gebruik van Afrika-simbole en -beelde
• Gebruik van media en tegniek
• Komposisie en styl van werk
• Betekenisse van die werke (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 3: SOSIO-POLITIEKE KUNS, INSLUITEND WEERSTANDSKUNS VAN
DIE 1970's EN 1980's
Kentridge het die tipiese hoë middelklas van die 1980's uitgebeeld om sy teenstand te
toon teenoor die manier waarop mense fondse ingesamel het vir natuurbewaring. Dit
was gedurende hierdie tyd dat die 'Save the Rhino' (Red die renoster) -veldtog van
stapel gestuur is.
3.1. Verwys na die visuele bron in FIGUUR 3 en skryf 'n kort opstel waarin jy die
volgende beantwoord:
• Wat is die verband tussen mens en dier in die kunswerk?
• Verduidelik die betekenis/doel van die gebruik van 'n interieur in die eerste
twee panele en 'n eksterieur in die derde paneel.
• Wat is die betekenis van die uitbeelding van die verkyker in die middelste
paneel?
• Identifiseer die afbeelding van die diere en die moontlike betekenis
daarvan.
• Die gebruik van lyn en kleur.
FIGUUR 3: William Kentridge, Conservationist Ball, houtskool en
conté,1985
• Verhouding tussen mens en dier
Mense oor die algemeen is besorg oor wilde diere. In sy werk beeld Kentridge
die skynheiligheid uit van die mense in Suid-Afrika. Hulle bewaar maar gebruik
terselfdertyd die natuur tot hulle eie voordeel. Dit word bewys deur die vrou in
paneel 1, wat 'n pelsjas dra en 'n jagluiperd as 'n troeteldier het. Die hond wat
in paneel 3 'n hiëna word, is die aasdier wat simboliseer hoe die mens leef.
Hierdie is 'n triptiek wat in drie dele gedoen is: Uitdun – Culling, Game
Watching – Diere kyk; en Taming – mak maak.
• Verduidelik die betekenis/doel van die gebruik van 'n interieur in
die eerste twee panele en 'n eksterieur in die derde paneel.
In hierdie deel sien ons die binnekant van 'n restaurant wat ons herinner aan
die vermaaklikhede in Frankryk. Teen die muur van die kafee is 'n opgestopte
Amerikaanse eland (moose). Hierdie is ironies aangesien die mens moet
bewaar en nie doodmaak nie. 'n Amerikaanse eland (moose) is ook nie 'n
inheemse dier in Suid-Afrika nie. Die beeld van die skulp word herhaal.
In 'Taming' is daar beelde van voertuie in die agtergrond wat 'n boodskap
oordra van 'n chaotiese, besige stad, Bertrams, waar die kunstenaar se studio
was. Aan die linkerkant is 'n spieël wat die beelde weerkaats. Hierdie is 'n
herhaling van wat in Culling ook te sien is. Die enigste dier wat beskou kan
word as getem, is die neonlig in die vorm van 'n vis wat 'n wegneem- ete kafee
adverteer. Doringdraad word op die balkon waargeneem wat die vrees van die
stadsmens uitbeeld.
• Wat is die betekenis van die verkyker?
Die besigtiging van wilde diere is die uiteindelike doel met natuurbewaring, en
is meer vir die middelklas gereserveer. 'n Verkyker word gebruik om diere oor
'n afstand te besigtig. Dit word ironies want die mense hou net partytjie en het
geen visie van die realiteit van natuurbewaring nie. Die enigste bewys van
diere kyk is die nuttelose verkyker op die tafel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
• Identifiseer die beelde van diere en die moontlike betekenisse.
In 'Culling', sit 'n dame met 'n pelsjas en haar troeteldier wat 'n jagluiperd is.
Die jagluiperd is verlig deur 'n elektriese lig wat dit in 'n kollig plaas van
moontlike uitwissing. In die middelste paneel is 'n man in gesprek met 'n
renosterbeeldjie. 'n Opgestopte Amerikaanse eland (moose) hang teen 'n
muur. Dis ironies aangesien hulle moet bewaar en nie doodmaak nie. 'n
Amerikaanse eland (moose) is nie inheems aan Suid-Afrika nie. In die derde
paneel is die polisiehond wat in 'n hiëna op rolskaatse verander het om aan te
pas by 'n tegniese samelewing.
• Gebruik van lyn en kleur
Kentridge gebruik conté en houtskool, om te kommunikeer met die kyker.
Conté en houtskool is 'n vinnige tekenmedium en hy kon dit gekies het om die
krasheid van die boodskap uit te dra. Harde ekspressiewe buitelyne en
vereenvoudiging is kenmerkend van ekspressionisme. Die kunstenaar gebruik
kontrasterende swart en wit lyne. Deur kleur weg te laat, wys hy 'n somber
atmosfeer in 'n feestelike situasie. (10)
3.2 Analiseer TWEE spesifieke kunswerke wat jy bestudeer het en skryf 'n opstel
waarin jy bespreek hoe die kunstenaar(s) kommentaar lewer op sosiale en
politieke kwessies in hulle werk.
Jou opstel moet die volgende insluit:
• Name van kunstenaars en titels van werke
• Kwessies aangeroer
• Moontlike boodskappe/betekenisse (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Baie Suid-Afrikaanse landelike kunstenaars het hulle eie interpretasie van spirituele
sake, en het soms in die proses verwronge en vereenvoudigde weergawes. Hulle werk
is eerlik, sonder vooroordeel, en is 'n refleksie van hulle ware oortuigings.
4.1 Vergelyk FIGUUR 4a en 4b en skryf 'n paragraaf oor elkeen waarin jy na die
volgende verwys:
• Watter rol speel die media in elke werk? Verwys na styl en
kunselemente.
• Verduidelik die verskillende interpretasies en moontlike invloede van die
verhaal van Adam en Eva soos gebruik deur elke kunstenaar.
FIGUUR 4a: Jackson Hlungwani, Adam en die geboorte van Eva, hout,
1985-89.
Jackson Hlungwani se Adam en Eva is 'n drie dimensionele werk wat
uitgekerf is uit inheemse hout, wat 'n 'rondom' beeldhouwerk vorm, wat die
kyker aanmoedig om rondom die werk te beweeg en sodoende al die
verskillende sye en hoeke te sien.
Eva word uit Adam se liggaam 'gebore'. Dit is hoe die kunstenaar die
skepping van die mens verstaan.
Die figure is vereenvoudig en verwring, inmekaar gevleg, wat die indruk skep
dat Eva uit een van Adam se ribbes verskyn. Die growwe hout verleen
tekstuur en lewe aan die werk.
In Adam se hand is 'n eier, wat die kwesbaarheid van 'n verhouding en liefde
tussen man en vrou simboliseer Enige liefdesverhouding is kosbaar en moet
soos 'n breekbare eier gekoester word.'
Hy is 'n baie gelowige man, en sy werk reflekteer sy geloof as Christen.
Hierdie is 'n naïewe benadering maar dra by tot die onskuld van sy persepsie
van die Christendom
FIGUUR 4b: Azaria Mbatha, Adam en Eva/Vervloek is die grond,
Linosnee op papier, 1964.
Azaria Mbatha se Adam en Eva is 'n tweedimensionele stuk, gedruk op
papier deur 'n drukwerkproses. Die harde lyne van die linodruk is
ekspressionisties en die afwesigheid van tonale waardes laat die vorms plat
voorkom. Pragtige tekstuur is verkry deur klein motiewe uit die lino te kerf.
Azaria het sy godsdienstige geloof verkry met sy assosiasie met verskeie
priesters vandat hy 13 jaar oud is. Dit is duidelik in die meeste van sy werke.
Die drukwerk beeld die lewe van Adam en Eva in die Tuin van Eden uit. Die
boom in die middel van die tuin verdeel die werk in twee. Die naïewe
persepsie van die boom is sigbaar deur die druiwe wat in die boom groei. Aan
die regterkant van die drukwerk is God besig om met 'n man te praat in
daglig, aangedui deur die son, en Hy waarsku hulle om gehoorsaam te wees.
Aan die linkerkant van die drukwerk het God sy rug op die mens gedraai en
die duister is aangedui deur die maan. Satan is 'n groot reptiel met bene.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
Die titel van die kunswerk, 'Adam en Eva/ Vervloek is die grond', herinner ons
aan die Bybelse verhaal van die oorsprong van die sonde, wat deur Adam en
Eva gepleeg is deur die eet van die boom van kennis, en gevolglik deur God
vervloek is. Azaria se werk herinner ons aan die sonde en wil ons dalk bewus
maak van die gehoorsaamheid aan God. (8)
4.2 Bespreek TWEE kunswerke van enige Suid-Afrikaanse kunstenaar wie se
werk jy bestudeer het, wat 'n spirituele inhoud weergee.
Gebruik die volgende as 'n riglyn in jou antwoord:
• Name van kunstenaars en titels van werke
• Spirituele beelde
• Media en tegnieke
• Invloede
• Inhoud en betekenis (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE, KONTEMPORÊRE
EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA
Robin Rhode maak kuns op straat. Op speelgronde, sementsypaadjies en teen
baksteenmure, gebruik hierdie Suid-Afrikaner slegs 'n stukkie kryt of houtskool om
gebeurteniskuns ('performance art') te skep wat die grens tussen twee- en drie-
dimensies uitdaag.
Verwys na die visuele bronne in FIGUUR 5a en FIGUUR 5b en bespreek hoe Robin
Rhode deur sy kuns kommunikeer.
Oorweeg die volgende in jou antwoord:
• Bespreek EEN werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wie
alternatiewe, kontemporêre of populêre kunsvorms gebruik om hulle boodskappe
na die kyker oor te dra
• Opvoering en dokumentering
• Storie oorgedra deur die aksie van die kunstenaar
• Moontlike boodskappe/betekenisse
• Die betekenis van die gebruik van speelgronde, sementsypaadjies en
baksteenmure
FIGUUR 5a en FIGUUR 5b: Robin Rhode Stone, Vlag, dokumentering van
gebeurteniskuns, 2004:
• Opvoering en Dokumentering
Rhode se opvoering en dokumentering van werk besit 'n atletiese fisieke kwaliteit, en
sy straatkind uitrustings ondersteun die kleure wat geassosieer word met Suid
Afrikaanse sportspanne. Die agtergrond vir sy foto's is meestal grys, vervalle stad
beton en teer In die krake en inheemse graffiti vind hy 'n onaantreklike oppervlak vir sy
verrassende verbeeldingryke werke. Die tekenwerk op mure en binnehowe, of direk op
die oppervlakte van 'n straat, met sy strokiesagtige krytwerke en houtskoolafbeeldings,
word soms in die oppervlak gepers om 'n driedimensionele spel van illusie te skep.
'Stone Flag' (2004): Aangetrek in 'n spierwit uitrusting van sy eie skepping wat
gelyktydig 'n deftige sport soos krieket of tennis voorstel, stel Rhode homself voor in
nege kleurfoto's wat 'n uitbeelding is van 'n vlag wat swaai. (Daar is slegs een vlag in
FIGUUR 5b)
Hy word van bo af gesien teen die agtergrond van ou, gekraakte sement in sy ma se
Johannesburgse erf. Die dowwe skadu's van haar huislike wasgoedlyn en
wasgoedpenne is effens sigbaar in die agtergrond. 'n Vlag wat bestaan uit 'n dosyn
rooi, kleibakstene, wapper aan 'n paal, gemaak van verroeste en vervalle pyp wat hy in
sy hand swaai. In elke skoot mimiek hy die sparteling om die vlag te beheer, die
waarskynlike beweging weergegee deur die spoor van rooi wat elke verstelling
agterlaat op die dowwe sement. Tussen die mees universele simbole van Post-
Apartheid, is die nuwe vlag. Deur gebruik te maak van bakstene - letterlik die boustene
van 'n nuwe beskaafde gemeenskap, lig hy 'Stone Flag' van toertjie na 'n dieper
betekenis. Hierdie kunswerk skep interessante vrae aangaande simbole, beide
persoonlik en polities.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
• Verhaal oorgedra deur die aksie van die kunstenaar
Sy uitoefening van sy kuns ontleed die alledaagse en word 'n instrument vir die
ontplooiing van weerstand – sonder om noodwendig in opstand te kom maar dit word
eerder speels, verleidelik en 'n fantasie. Hy gebruik die narratiewe of vertelling om 'n
brug te bou tussen diverse gemeenskappe en gehore. Fantasie en storievertellinge
stel voor sosiale opvoerings, en dit dra by tot uitbreiding van 'n sosiale belewing,
sonder eksklusiewe kulturele of kunstige belewings.
• Moontlike boodskappe/betekenisse
Sy fokus is om ruimtes te vul met 'n teenwoordigheid wat voorheen uitgesluit was. As
'n herinnering aan die konstante stryd om spasie, plaas hy die liggaam in fiktiewe
spasies wat ook as 'n realiteit kan funksioneer. Verhoudings, bydraes en
bekommernisse is kwessies wat sy werkproses deurdring, terwyl hy getrou bly aan
plaaslike kwessies en plekke. Sy werk reflekteer hoe persoonlike geskiedenis in
verband gebring kan word met objekte en ondervindings wat degradasie en korrupsie
kan insinueer. 'n Waardesisteem word gekonfronteer deur opvoering as 'n monoloog.
Aksies is gevul met politiese, retoriese en anargistiese energie, wat die kwesbaarheid
reflekteer van geheue en kuns wat die sulke onthou bevat, en verlig 'n gemeenskaplike
erfenis van begrensing. Sy scenario's getuig van die pogings om binne standaarde en
raamwerke in te pas wat deur ander mense daar gestel is, asook situasies wat geskep
is vir die uitsluiting van mense en die daarstelling van mislukkings. Hy gebruik ook
humor en spel om te verwar en die onwelvoeglike te erken, en gee uitdrukking aan die
begeerte om te analiseer, verander, fantaseer en om alternatiewe oplossing te skep vir
situasies wat totaal gedomineer word deur die politiek en markstrategieë.
Rhode glo dat kuns 'n definitiewe praktiese funksie en opvoedkundige potensiaal het,
wat deels die rede is waarom hy sy kuns 'regte lewensvorm' gee. Hy poog om te
vermaak en verwag van die gehoor om te beoordeel.
In sy opvoering verdof hy die gewoonlik daadwerklike grense tussen illusie en realiteit
deur 'n poging om driedimensionaliteit met 'n tweedimensionele skets te integreer , en
speel met die moderne siening van die kunstenaar as 'n 'kreatiewe genie'. Alhoewel
die sketse al die konvensionele kwaliteite van teken besit (houtskool op wit oppervlak),
word hierdie sketse gemaak om so fiktief as moontlik voor te kom, om 'n intense
bewustheid te skep dat dit nie saak maak hoe groot die genie is nie, 'n weergawe bly
maar net 'n weergawe.
• Die doel van die gebruik van speelgronde, sypaadjies en baksteen mure
Sy kuns kom meer tuis voor buitenshuis as in die flou gange van kantore, of miskien
vereis sy kuns van die kultuur van basketbal, straatdanse en graffiti. Hy maak kuns
letterlik op die straat. Op speelgronde, sementsypaadjies en baksteenmure gebruik
slegs 'n stompie kryt of houtskool om opvoerings te skep wat die grense tussen
tweedimensies en driedimensies uitdaag en konfronteer die geskiedenis en
onuitwisbare herinneringe wat opgesluit lê in argitektuur.
Die leerders moet die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars
bespreek wat alternatiewe kontemporêre of populêre kunsvorme gebruik. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 6: POST-1994-DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA
Ons geskiedenis vorm ons identiteit. Om sin te maak uit wreedhede uit die verlede, het
kunstenaars geskiedenis en tradisie nagevors vir heling en bevryding.
Anselm Kiefer is 'n Duitse kunstenaar wat die landskap as metafoor gebruik vir die
swaarkry en skuldgevoelens van die Duitse volk na die Nazi gruweldade van die
Tweede Wêreldoorlog.
Boltanski verken temas van verlies en herinneringe deur die skep van gedenk-
installasies vir onbekende mense – naamlose individue wat moontlik slagoffers van die
Joodse volksmoord was.
6.1 Skryf 'n paragraaf oor FIGUUR 6a en 6b deur die volgende te beantwoord:
• Hoe is elke werk gemaak? Oorweeg die styl en aanbieding van elk.
• Wat dink jy is die betekenis van die gebruik van materiaal soos strooi,
beskuitjiehouers, fotografie en beligting?
• Op watter moontlike manier het hierdie werke gehelp met die
helingsproses?
• Hoe belangrik is ons geskiedenis in die vorming van ons identiteit?
FIGUUR 6a: Anselm Kiefer, Nuremberg, akriel, emulsie en strooi op
doek, 1983.
Kiefer was deel van die Neo-Ekspressionisme beweging van die 1980's en
het bekend geword vir sy swaar tekstuurlandskappe. Die landskappe verwys
na die Nazi geskiedenis van Duitsland bv. die Nuremburg is geskryf op die
skildery. Hy sien die landskap as 'n simbool van die Duitse siel wat geskend is
deur die Nazi's. Kiefer gebruik sterk ekspressionistiese kenmerke soos die
sterk liniêre kwaliteite om sy angs uit te druk. Die diepte van die werk word
aangedui deur die gebruik van swart diagonale lyne wat saamvloei in die
verte. Diagonale lyne stel beweging of onstabiliteit voor. Die strooi skep 'n
tasbare, amper driedimensionele werk. Die strooi ondersteun die idée van die
Nazi stewels wat die aarde vertrap het, en die aarde vermink en oopgemaak
het. Die strooi verteenwoordig sterk ekspressiewe kwashale in 'n skildery wat
handel oor die proses van skilder. Die skildery is baie dof as gevolg van die
sterk gebruik van swart, okers en bloue met wit as die kontrasterende
ligpunte. Die landskap het dele van 'n dorp of stad in die verte. Daar is geen
figure in die landskap nie wat die idee van isolasie en afsondering versterk.
FIGUUR 6b: Christian Boltanski, Monument (Odessa) ses afdrukke, drie
koekieblikke, ligte en draad, 1989.
Boltanski het 'n drie dimensionele installasie gemaak deur die gebruik van
foto's en koekieblikke wat teen 'n muur opgehang is. Hierdie objekte is
verbind deur die bedrading van ligte. Die werk kry sy impak deur die
kombinasie van gevonde voorwerpe en foto's. Dit is 'n konseptuele werk wat
sy 'storie' vertel deur die gebruik van non-tradisionele kuns media. Betekenis
word afgelei deur die kombinasie van objekte.
Die leerders moet sê waar hulle dink die betekenis lê in die gebruik van
materiaal soos strooi, koekie bokse, ligte en draad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
FIGUUR 6a: Anselm Kiefer, Nuremberg, akriel, emulsie en en strooi op
doek, 1983.
Kiefer sien strooi as 'n simbool van kwesbaarheid (dit kan maklik brand en
vernietig word), maar kan ook simbolies wees van die landbou wat nie
moontlik kan wees in hierdie verminkte landskap nie. 'n Ander verwysing
waarom hy die strooi gebruik het, is die tipies blonde Ariese vrou wie se hare
die kleur van strooi is. Leerders mag dalk nie hierdie spesifieke betekenisse
weet nie, maar kan afleidings maak oor die kwesbaarheid van strooi. Strooi is
bros en maklik vernietigbaar. Dit is ook lig en skep tekstuur in die skildery.
Strooi is ook die eindproduk van die koring- siklus – die oorblyfsels van
verganklikheid en dit mag ook verwys na die barre aarde.
FIGUUR 6b: Christian Boltanski, Monument (Odessa) ses afdrukke, drie
koekieblikke, ligte en draad, 1989.
Boltanski werk met die onbekende slagoffers van die groot mense slagting.
Die foto's is van onbekende kinders wat die voorstellend is van die baie
kinders wat verdwyn het na die konsentrasiekampe. Die foto's en 'n outydse
voorkoms. Die beligting skep 'n skedelagtige voorkoms van die gesigte. Die
koekie bokse verwys na die houers wat gebruik is om kosbaarhede te stoor
soos foto's en briewe. Die beligting en komposisie skep 'n altaar effek wat
hulde bring aan die wat verdwyn het.
• Op watter maniere kan hierdie werke help met die heelmaak
proses?
FIGUUR 6a: Anselm Kiefer, Nuremberg, akriel, emulsie en strooi op
doek, 1983.
Nuremberg was een van die plekke waar Adolf Hitler en die Nazi's hulle groot
byeenkomste gehou het. Dit was ook die plek waar die verhore van die Nazi
oorlog misdadigers gehou is. Die naam Nuremburg is belaai met die
geskiedenis van die Nazi's. Vir baie jare wou die Duitsers nie hierdie deel van
hulle geskiedenis erken nie. Kiefer het gevoel dat om op hierdie wandade te
fokus sal dit die Duitse volk help om hulle gedeelde geskiedenis te erken en
om die heelmaak proses te begin en aan te beweeg.
FIGUUR 6b: Christian Boltanski, Monument (Odessa) ses afdrukke, drie
blik koekieblikke, ligte en draad, 1989.
Christian Boltanski se Monuments-reeks vors na die temas van verlies en
geheue. Boltanski transformeer kortstondige en kommersiële materiaal, wat
die Monument (Odessa) in die lig van 'n altaar plaas wat die raak aan die
grense van die anonieme en identifiseerbare, die sentimentele en die
tragiese. Hierdie installasie bring hulde aan onbekende persone – naamlose
individue wat dalk slagoffers kon gewees het van die Joodse volksmoord.
Sodoende bevraagteken dit die betekenis wat die kyker aan die fotografiese
dokumente gee. Foto's kontrasteer in tonale waarde, swart en wit foto's [2d].
Die leerder moet bespreek hoe belangrik hulle geskiedenis is in die
vorming van hulle identiteit. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
6.2 Geskiedenis is net een van die maniere waarop ons identiteit kan vorm. Skryf
'n opstel waarin jy ten minste EEN ander kunstenaar se werk bespreek wat 'n
ander manier het om 'n mens se identiteit weer te gee.
Jou opstel moet die volgende insluit:
• Naam van kunstenaar en titel van werk
• Gebruik van medium en tegniek
• Hoe die kunstenaar identiteit in die werk weergegee het
• Hoe huidige kwessies deur die kunstenaar hanteer is (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Die Venus de Milo is 'n verpersoonliking van die perfekte vrou, maar is met verloop
van tyd beskadig. Lionel Smit verkies om met die konsep van fragmentasie te werk,
terwyl Marc Quinn 'n alternatiewe blik van vroulike skoonheid en heldhaftigheid toon
met sy uitbeelding van Alison Lapper, 'n vrou wat sonder arms gebore is.
7.1 Die vroue wat voorgehou is in FIGUUR 7a, FIGUUR 7b, FIGUUR 7c en
FIGUUR 7d is 'n verpersoonliking van al die kwaliteite wat 'n vrou behoort te
verteenwoordig: skoonheid, vrugbaarheid, sereniteit en grasie.
Neem die stelling hierbo in ag en skryf 'n paragraaf waarin jy die DRIE
beeldhouwerke bespreek.
Jou paragraaf moet die volgende insluit:
• Die konsep van 'vroulike skoonheid'
• Gebruik van verwringing of fragmentasie
• Uitdrukking van vroulike heldhaftigheid
• Publieke interaksie met die werke
• Met watter werk kan jy jouself die meeste vereenselwig? Motiveer jou
antwoord.
• Die konsep van vroulike skoonheid
Die Venus de Milo wys die ideale klassieke skoonheid van die vroulike
liggaam. Fragmentasie van Smit wys die skoonheid van 'n Maleisiese vrou
wat ironies is omdat Maleisiese vrou nie normaalweg kaal sal poseer nie. Die
konsep van vroulike skoonheid in hierdie kunswerke is die naakte boonste
gedeelte van 'n vrou. Breath was oorspronklik gekonseptualiseer as 'n
marmer beeldhouwerk van 'n swanger Alison Lapper, wie gebore is sonder
arms en verdwergde bene.
• Die gebruik van distorsie en fragmentering
Die Venus de Milo is ontdek in die vroeë 19de eeu deur 'n boer wat sy lande
geploeg het. Deur die eeue het die arms verlore geraak. Groot debatte het
ontstaan oor die oorspronklike posisie van die arms. Hierdie imperfeksie het
bygedra dat sy as 'n ikoon van skoonheid beskou word. Die torso in
Fragmentasie gemodelleer uit aparte lae klei, miskien om die kompleksiteit
van hierdie kultuur uit te lig. Breath is 'n naturalistiese weergawe van 'n regte
vrou met gestremdhede wat die feit bevestig dat ten spyte van haar
gestremdheid sy nog steeds 'n vrugbare, pragtige weergawe is van die
vroulike vorm.
• Uitdrukking van vroulike heldhaftigheid
Venus de Milo is voorgestel as die perfekte kaalborstige verpersoonliking
van 'n vroulike godin. Fragmentasie besit 'n stille, waardige houding om
haar, met 'n effe afwaartse blik, wat nie direk die kyker insluit nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
• Publieke interaksie met die werke
7a is een van duie groot aantrekkingkragte van die Louvre in Parys.
Fragmentasie word uitgestal in 'n galery en siende dat 'n driedimensionele
werk is, kan die kyker van alle kante die werk besigtig. Breath is oorspronklik
uitgestal in 'n publieke spasie in Londen. 'n Reuse opblaas kopie is gebruik
tydens die openingseremonie van die Londen Para-Olimpiade. Vir die 2013
Venesiese Biënnale, het Quinn hierdie opblaaskopie uitgestal met 'n uitsig
oor die kanaal. Die Katolieke kerk was uiters ontsteld oor hierdie figuur net
buite 'n kerk.
• Met watter kunswerk vereenselwig jy die meeste? Motiveer jou
antwoord.
Leerders moet hulle eie opinie lewer (6)
7.2 In die vorm van 'n kort opstel, bespreek TWEE ander voorbeelde wat jy
bestudeer het wat handel oor geslagskwessies as óf manlikheid óf
vroulikheid.
Jy kan die volgende as 'n riglyn gebruik:
• Name van kunstenaars en titels van werke
• Beskrywing of interpretasie van die kunswerk
• Gebruik van styl
• Moontlike interpretasies/betekenisse (14)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 20 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Volgens die Franse filosoof, Jacques Derrida, is 'argitektuur niks anders nie as net nog
een van die baie maniere om te kommunikeer.'
Verwys na die stelling hierbo. Gebruik enige TWEE geboue/strukture wat jy bestudeer
het, sowel as die visuele bronne in FIGUUR 8a en 8b, en skryf 'n opstel waarin jy die
volgende in gedagte hou:
• Name van argitekte en geboue
• Ligging en plasing
• Gebruik van boumateriale en tegnieke
• Moontlike inspirasie en invloede
• Konstruksiemetodes
• Gebruik van styl
• Funksie van die gebou
FIGUUR 8a Nico van der Meulen ArGITEKTE, Die Glas huis, 2012
• Die ligging van hierdie gebou in 8(a) is bepaal deur sy funksionaliteit. Die
Glashuis is 'n privaat woning in Johannesburg, waar elke kamer sy eie
uitstekende uitsig het.
• Met 'n kliënte opdrag wat slegs aangedui het dat 'hulle 'n moderne, deftige,
oopplanhuis, vol lig met uitsigte vanaf al die kamers in die huis na die tuin
verlang', het die argitekte genoeg vryheid gehad om kreatief te dink.
• Die argitektoniese invloede van modernisme, Internasionale styl en die ontwerpe
van Le Corbusier kan duidelik gesien word in die reguit lyne en vierkantige
vorms.
• Hierdie huis is 'n voorbeeld van Nico van der Meulen se ontwerpfilosofie dat die
uiterlikevan 'n huis net 'n verlengstuk is van die interieur. Met gemak het hulle
hierdie idee bereik. Elke detail van hierdie uitgebreide woning besit 'n ongekende
skoonheid.
• Gebou om 'n groot gesin te onderhou en om gaste te ontvang en om funksies in
te hou, is hierdie gebou toegerus met elke gerief benodig. Die hele area is lig en
ruim. Die geniale ontwerp van Nico van der Meulen is om hierdie reusagtige huis
huislik te laat voorkom en nie oorweldigend te laat vertoon nie.
• Die glas visdam wat die kyker begroet, beklemtoon die gebruik van glas, waar
alles deursigtig is en deur die glas gesien word.
• Die Glashuis kom voor of dit slegs van glas gebou is, alhoewel dit nie die enigste
materiaal is wat in die ontwerp van die projek gebruik is nie. Hierdie glas word
gekomplimenteer met die gebruik van gladde staal, ruwe rots, koel sement en
warm hout met 'n verskeidenheid van teksture en afwerkings wat in sekere
aksente in die huis gebruik is
FIGUUR 8b: Die Jay Pritzker-paviljoen
• Frank Gehry se Jay Pritzker-paviljoen is 'n raamwerk van 'n skulp, ontwerp deur
argitek, Frank Gehry, in Millennium Park in Chicago. Hierdie gebou is voltooi in
2004. Die paviljoen het 4 000 permanente sitplekke en het addisionele plek vir
7 000 mense op 'n grasperk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 21 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS – Memorandum
• Dekonstruksionisme is 'n argitekskool wat fragmentasie navors, wat mure, dakke
en interieur volumes versteur. Hulle omring die gebou in 'n tipe gekontroleerde
chaos om doelbewus ongemak en verwarring te skep.
• Die paviljoen is die nuwe tuiste van die simfonie orkes en koor, sowel as vir
buitenshuise kunstenaars. Alle repetisies is oop vir die publiek.
• Om enige wettige kwessies te vermy rakende beperkings op die hoogte van
geboue in Chicago, het die stad die Skulp as 'n kunswerk geklassifiseer eerder as
'n gebou. Die geborselde vlekvrye staal kopstuk omraam die teater, en is verbind
aan 'n traliewerk van kruis en dwars staalpype. Die dak van die paviljoen rus op
12 stutte. Die skulpspasie van die orkes is met reuseglasdeure omring.
• 'Ons wil nie graag dat argitektuur dit wat onrusbarend is uitsluit nie', het die
medestigters van die Oostenrykse argitektuurfirma, Coop Himmelblau, geskryf
oor die estetiese, wat aanvanklik die post-moderne argitektuurbeweging uitgelig
het, wat eers samehorigheid teengestaan het en tweestryd gekoester het sedert
die 1980's.
Leerders moet ook TWEE geboue wat hulle bestudeer het insluit in hulle antwoord. [20]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Memo (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper