Skip to content

Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2013 QP (Afr)

Question paperVisual ArtsGrade 12201318 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V2 PRAKTIES 22 JULIE–25 OKTOBER 2013 PUNTE: 50 TYD: AFDELING A moet gedurende die derde kwartaal gedoen word. AFDELING B moet gedurende die vierde kwartaal gedoen word, onder gekontroleerde toesig, SLEGS by die skool, 18 uur. Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 2 bladsy-addendum. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 2 DBE/November 2013 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL AFDELING B: DIE KUNSWERK 2. Beantwoord AL die vrae in AFDELING A en AFDELING B. 3. Jou onderwyser moet hierdie eksamen bekendstel en fasiliteer. 4. In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede te demonstreer: • Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe en genereer idees in reaksie op 'n projekopdrag. • Demonstreer 'n gevorderde mate van tegniese vaardigheid deur 'n reeks materiale en tegnieke te gebruik. • Los visuele en konseptuele probleme op in die skep van verbeeldingryke en innoverende kunswerke, deur 'n persoonlike, ekspressiewe visuele taal te gebruik. • Bestuur tyd en die werkproses effektief en bied eie werk op 'n professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak van die werk versterk. 5. Jou finale kuns- praktiese eksamen vir graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardigheid sal ten toon gestel word. Mag jy dit geniet om hierdie kunswerk te skep en mag dit vars en oorspronklik wees en persoonlike ervaring uitdruk. 6. Lees die ADDENDUM met inligting oor jou werkproses aan die einde van hierdie vraestel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 3 DBE/November 2013 NSS AFDELING A: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL Die bronboek maak 'n belangrike deel van hierdie eksamen uit. Daar is geen beperkings op grootte nie en dit kan in enige vorm aangebied word. Jy mag by die skool en by die huis daaraan werk. Dit bied insig in die manier waarop jy idees vorm, hoeveel alternatiewe jy ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk lei. Jou bronboek moet jou denkprosesse duidelik kommunikeer. Jy MOET hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk merk en dit saam met jou finale kunswerk aanbied. Direkte kopiëring uit tydskrifte, die Internet, ensovoorts, word NIE toegelaat NIE. Direkte kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, sal gepenaliseer word. Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar. Groot klem word op die proses van transformasie (verandering) van die bronmateriaal geplaas. As jy geskikte, ontleende beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie, oorspronklike beelde kombineer om jou eie interpretasie te ontwikkel. In jou bronboek moet jy VISUEEL die 'storie' vertel van hoe jou finale kunswerk UITGEDINK, ONTWIKKEL en GESKEP is. Dit moet gedoen word deur teken, skryf, eksperimenteer, plak, ensovoorts. Hierdie reis deur tyd moet jou INDIVIDUALITEIT en KREATIWITEIT as 'n kunsleerder weerspieël. Die volgende is slegs 'n riglyn van dinge wat jy in jou bronboek moet insluit: Plak hierdie eksamenopdrag voor in jou eksamenbronboek. Voorstel/idee, wat breinkaarte, dinkskrums, ensovoorts kan insluit. Ondersoek, eksperimentering en navorsing oor benaderings en/of idees, wat bronmateriaal soos sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde, versamelde gedigte, lirieke en navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het, kan insluit. Alle materiaal moet verband hou met die ontwikkeling van jou werk en moet jou besluite staaf. Verpersoonlik en skep oorspronklike voorbereidings-/komposisiesketse en -tekeninge wat op jou bronne gebaseer is. Prosestekeninge As jou werk meer prosesgeoriënteerd is, moet jy bewyse van die kreatiewe proses insluit deur middel van dokumentasie deur oorspronklike foto's, eksperimente en/of tekeninge en bygaande teks. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 4 DBE/November 2013 NSS AFDELING B: DIE KUNSWERK Die eksamenwerk moet in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste-onderwyser in die kunslokaal voltooi word, deur 'n minimum van 6 uur en 'n maksimum van 18 uur te gebruik. ALGEMENE RIGLYNE 1. Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese dissipline wat jy hierdie jaar gekies het. 2. Jy kan jou werk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word. 3. Jy mag NIE die kunswerk uit die eksamenlokaal neem NIE. Dit word as 'n eksamenongerymdheid beskou. 4. Jy mag die vraestel voor die begin van die eksamen met jou Visuele Kunste- onderwyser bespreek, maar geen bespreking van werk mag gedurende die eksamentydperk plaasvind nie. 5. Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar en duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die provinsie dit vereis. 6. Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en komposisie. 7. Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie. Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ensovoorts wees. 8. Jy mag ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die praktiese dissiplines te skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 5 DBE/November 2013 NSS ASSESSERINGSKRITERIA NASIENERS/EKSAMINATORE KAN DIE VOLGENDE KRITERIA AS 'N RIGLYN GEBRUIK WANNEER NAGESIEN WORD: AFDELING A: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL KRITERIA Konsepontwikkeling 10 Navorsing, ondersoek, eksperimentering, ensovoorts 15 Prosestekeninge 15 Aanbieding en algehele voorkoms 10 TOTAAL 50 AFDELING B: DIE KUNSWERK KRITERIA Keuse en gebruik van materiale/tegnieke 10 Gebruik van formele kunselemente 10 Geheelindruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering 10 Interpretasie en praktiese toepassing van navorsing 10 Voltooiing en aanbieding van kunswerk 10 TOTAAL 50 FINALE PUNT: AFDELING A (50) + AFDELING B (50) = 100 (verwerk na 50) 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 6 DBE/November 2013 NSS ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK (VOO) Uitstaande 90–100 Uitsonderlike vermoë; ryk; insigryk; vloeiend; hoë vaardigheid; waarneming en kennis kragtig uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone keuse van relevante visuele bronne; uitstaande en oorspronklike aanbieding. Uitstekend 80–89 Treffende impak; meestal soos hierbo; gedetailleerd; goed georganiseer en samehangend; afgewerk; vaardigheid sigbaar; ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele bronne; aanbieding oorspronklik en deurdink; 'n paar klein gebreke sigbaar. Baie goed 70–79 Goed georganiseer, soos hierbo, maar sonder 'lewendigheid en sprankel'; goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele bronne; duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n paar duidelike teenstrydighede/foute sigbaar. Goed 60–69 Interessante visuele aanbieding; duidelike oogmerk/doel; oortuigend; eenvoudige, direkte gebruik van medium; toon begrip, maar neig somtyds na die gewone en stereotiepe reaksie; genoegsame keuse van relevante visuele bronne; redelike moeite gedoen met aanbieding; steurende/duidelike teenstrydighede. Gemiddeld 50–59 Toereikend; voel meganies; afgelei of gekopieer; min insig; verbeeldingloos; 'n paar visuele bronne, maar nie altyd duidelik geïdentifiseer nie; aanvaarbare aanbieding; baie steurende teenstrydighede. Ondergemiddeld 40–49 Genoeg materiaal/werke om te slaag; nie logies gekonstrueer nie; 'n paar flitse van insig; beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede kan 'n bydraende faktor wees; min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding; het ondersteuning/ motivering nodig om te slaag. Swak 30–39 Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardigheid gebruik; min poging om inligting op 'n aanvaarbare manier aan te bied; min of geen visuele inligting/bronne; algemene gebrek aan toewyding; het ondersteuning/motivering nodig om te slaag. Baie swak 20–29 Baie min inligting; deurmekaar; nie maklik om na te kyk nie; min of Druip irrelevante werk/visuele inligting; geen poging aangewend om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking. Onaanvaarbaar 0–19 Onsamehangend; irrelevant, baie min of geen werk nie; gebrek Druip aan selfs beperkte vaardighede toegepas; geen toewyding/ samewerking nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 7 DBE/November 2013 NSS TEMA Hierdie tema is bedoel om jou te inspireer en uit te daag. Dit is oop vir 'n wye spektrum interpretasies binne jou spesifieke dissipline. Jou interpretasie moet 'n hoogtepunt vorm van die kreatiewe proses waarmee jy in graad 10 begin het. TYD Salvador Dali, The Persistence of Memory (Die Hardnekkigheid van die Geheue), olieverf op doek, 1931. Tyd is 'n meetstelsel wat gebruik word om gebeure van die verlede deur die hede tot in die toekoms in volgorde te plaas. Periodieke gebeure en periodieke beweging het vir eeue gedien as tydeenhede. Voorbeelde sluit in die beweging van die son deur die lug, die fases van die maan, die swaai van 'n pendulum, uurglase, kerse in 'n kerk en die klop van 'n hart. Twee meetinstrumente van tyd is die almanak, 'n wiskundige abstraksie om lang periodes tyd te bereken, en die klok (horlosie), 'n konkrete meganisme wat die verloop van tyd meet. Nog 'n vorm van meting is om historiese gebeure in chronologiese volgorde te plaas. Tyd is 'n belangrike onderwerp in godsdiens, mitologie en wetenskap. Die idee van tyd is lineêr met 'n begin (skepping) en einde (die wederkoms van Christus). Baie ander godsdienste soos Hindoeïsme en Boeddhisme sien tyd as siklies – 'n silindriese wiel. Die lewe gaan deur siklusse van skepping, vernietiging en hergeboorte. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 8 DBE/November 2013 NSS Tyd vra vrae oor die 'wanneer'. To everything – turn, turn, turn There is a season – turn, turn, turn And a time for every purpose under heaven A time to be born, a time to die A time to plant, a time to reap A time to kill, a time to heal A time to laugh, a time to weep To everything – turn, turn, turn There is a season – turn, turn, turn And a time for every purpose under heaven A time to build up, a time to break down A time to dance, a time to mourn A time to cast away stones A time to gather stones together Reproduksie gebaseer op The Time To everything – turn, turn, turn Machine (Die Tydmasjien) deur There is a season – turn, turn, turn HG Wells. And a time for every purpose under heaven Reis deur tyd ('Time travel') A time of war, a time of peace Die begrip 'reis deur tyd' is deur A time of love, a time of hate HG Wells in sy boek, The Time Machine, A time you may embrace in 1895 gewild gemaak. In hierdie boek A time to refrain from embracing is 'n tydmasjien gebruik om na die verlede en toekoms te reis. 'Reis deur To everything – turn, turn, turn tyd' is 'n konsep wat jou in staat stel There is a season – turn, turn, turn om vorentoe en agtertoe in tyd te And a time for every purpose under heaven beweeg. Dit het 'n gewilde tema in die letterkunde en rolprente geword. A time to gain, a time to lose A time to rend, a time to sew 'n Mens sou kon vra of die 'reis deur tyd' A time to love, a time to hate teoreties moontlik is. A time of peace, I swear it's not too late! Oorspronklike lirieke van die liedjie Turn, Turn, Turn. Aanpassing van die woorde uit Prediker 3:1–8. Musiek deur Pete Seger, 1966. (Sien die vrye vertaling van die liedjie aan die einde van die vraestel.) Het jy al ooit gewonder hoe dit sou wees om in 'n ander tydperk wakker te word? Hoekom vasgevang wees deur Newton se wette en lineêre waarnemings? Gryp kwantumfisika aan en reis deur tyd. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 9 DBE/November 2013 NSS Vader Tyd is die antropomorfiese uitbeelding van tyd, wat gewoonlik as 'n ou man met 'n baard uitgebeeld word, met 'n sekel en uurglas in die hand. (Antropomorfisme is wanneer 'n menslike vorm, eienskappe of gedrag aan lewelose voorwerpe of natuurlike verskynsels gegee word.) Simon Vouet, Time Vanquished by Love, Hope and Beauty (Tyd Oorwin deur Liefde, Hoop en Skoonheid), olieverf op doek, 1627. Hans Holbein, The Ambassadors Harmen Steenwyck, Still Life of the Vanities of (Die Ambassadeurs), olieverf op Human Life (Stillewe van die Ydelheid van die eikehout, 1533. Menslike Lewe), olieverf op doek, 1640. Die tafel agter die ambassadeurs is Die Hollandse Barok stillewes was algemeen belaai met instrumente soos bekend as Vanitas. Voorwerpe wat die sonwysers en kwadrante/hoekmeters, kortstondigheid van die lewe gesimboliseer het, wat gebruik is om tyd te bepaal. Die was baie gewild. In hierdie werk is die skedel verwronge skedel tussen die figure is simbolies van die dood, die chronometer (die 'n herinnering aan die dood. voorwerp wat soos 'n sakhorlosie lyk) en die gebluste goue olielamp dui op die lengte en verloop van die lewe. Hierdie werke was 'n herinnering dat mense nie aardse rykdomme moet aanbid nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 10 DBE/November 2013 NSS Tyd is 'n onteenseglike feit van die menslike lewe. Baie kunstenaars het die verskillende fases van die menslike lewe en die verloop van tyd vasgevang. Rembrandt, Self-portrait Rembrandt, Self-portrait Rembrandt, Self-portrait with Lace Collar (Selfportret), olieverf op (Selfportret), olieverf op (Selfportret met doek, 1659. doek, 1669. Kantkraag), olieverf op doek, ca. 1629. Rembrandt beeld die uitwerking van tyd uit, soos gesien in sy Selfportrette. Claude Monet, Rouen Cathedral-reeks (Rouen-katedraalreeks), olieverf op doek, 1892–1894. Die Rouen-katedraalreeks-skilderye bestaan uit meer as dertig skilderye wat Monet tussen 1892 en 1893 geskep het, en toe in 1894 in sy ateljee oorgedoen het. Monet was beïndruk met die manier waarop lig 'n kenmerkende ander karakter aan die onderwerp gee op verskillende tye van die dag en jaar soos wat atmosferiese toestande verander. Hy het besef dat lig en intensiteit amper elke sekonde van die dag verander. Hy het dieselfde toneel oor en oor op verskillende tye van die dag geskilder om die veranderende atmosferiese toestande aan te toon. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 11 DBE/November 2013 NSS Eadweard Muybridge, Animal Locomotion (Dierlike Beweging), fototipie, 1887. Eadweard Muybridge is bekend vir sy baanbrekerswerk oor beweging, waarin veelvuldige kameras gebruik is om die verloop van tyd in stop-aksie-foto's vas te vang. Giacoma Balla, The Flight of the Swallows (Die Vlug René Magritte, Time van die Swaeltjies), tempera, 1913. Transfixed (Tyd Deurboor), olieverf op doek, 1939. Futuriste het daarin belang gestel om beweging en die verloop van tyd vas te vang. 'n Surrealistiese interpretasie van tyd. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 12 DBE/November 2013 NSS Die heel basiese verdeling van tyd is die verlede, hede en toekoms. Verlede 'Geskiedenis is 'n stel leuens waaroor mense saamstem.' – Napoleon uit sy Memoirs in 1823. Hoe sou jy die geskiedenis herinterpreteer? Tony Scherman, Tony Scherman, Tony Scherman, Bonaparte Dreaming of Bonaparte: Waterloo Napoleon's Last Shave: Napoleon (Bonaparte 18.6.1815, St. Helena (Napoleon se Droom van Napoleon), brandskilderkuns op doek, Laaste Skeer: St. Helena), brandskilderkuns op doek, 1995–1997. brandskilderkuns op doek, 1998–1999. 1995–1997. Hierdie drie werke vorm deel van 'n reeks enorme portrette van die belangrike stadiums in Napoleon Bonaparte se lewe. Napoleon het voor die era van fotografie geleef, en Scherman teken metafories die lewe van Napoleon op deur slegs die beeld van sy gesig te gebruik. Peter Buggenhout, The Blind Leading the Blind (Die Blinde Lei die Blinde), huisstof, hare, hout, poli-uretaan, spons, aluminium, poliëster en polistireen, 2007. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 13 DBE/November 2013 NSS Hede Dit is die enigste tyd waarvan ons volkome deel is. Hoe sien jy die hede? Churchill Madikida, Virus, foto's gedruk uit video met pigment-ink op veselpapier, 2004. Virus is 'n videowerk wat 'n man uitbeeld wat in 'n fetale posisie gehurk is. Hy is in die middel van 'n MIV-sel. Soos die video verloop, verander en disintegreer sy beeld totdat daar niks behalwe abstraksies oorbly nie. Die klankbaan is 'n lied gesing deur Madikida se oorlede suster. Dit vertel nostalgies van 'n verlore plek wat onthou word en waarna gehunker word. Wanneer die video klaar is, gaan dit terug na die begin en begin weer van voor af. Die optiese effekte hou die aandag vasgevang en die video is pragtig om na te kyk met die ryk rooie en dekoratiewe patrone. Dit is misleidend, want Vigs is nie bedoel om mooi te wees nie. Die werk toon die eindelose mutasies van die Vigs-virus en hoe dit die liggaam van die menslike gasheer verander. Teen die einde van die projeksie word die ontstellende spoed van die verspreiding van die virus in 'n menslike liggaam weerspieël deur 'n reuse, polsende muur met siek neonkolle. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 14 DBE/November 2013 NSS Toekoms Die toekoms is die onbekende. Wat is jou visie van die toekoms? Adam Letch, Leaving the Body (Om die Liggaam te Verlaat), fotografiese emulsie op papier, 2002. Ander interessante interpretasies van tyd sluit die volgende werke in: Tim Hawkinson, Wall Chart of World History from Earliest Times to the Present (Muurkaart van Wêreldgeskiedenis van die Vroegste Tye tot die Hede), ink, grafiet op lompepapier, 1997. Hawkinson het verskeie maniere uitgedink om tyd te meet. Hierdie skynbaar absurde kartering van die opkoms en val van ryke is gebaseer op die spysverteringstelsel van die liggaam. Dit lyk asof die kunswerk 'n breedvoerige improviserende tekening van derms, Pre-Columbiaanse motiewe en 'n doolhof van binne- en buitenste ruimte is. Die tekening is soortgelyk aan 'n tydlyn sonder begin of einde. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 15 DBE/November 2013 NSS William Kentridge, The Main Complaint (Die Hoofklag), produksietekeninge uit animasie, 1996. Dink aan die volgende om jou te help om te begin: Watter reuk neem jou terug in tyd? Ek sou graag ... wou beleef. Watter tydperk sou jy graag wou besoek? Wat sou jy saamneem op 'n reis deur tyd? Watter futuristiese toestel, wens jy, het jy nou gehad? Watter moderne gerief sou jy as 'n geskenk tydens 'n besoek aan jou voorouers saamneem? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 16 DBE/November 2013 NSS Hierdie tema is oop vir baie interpretasies. Dit kan beskrywend, simbolies, konseptueel of meer metafories wees. Deur jou navorsingsmateriaal te gebruik, vind 'n oorspronklike en kreatiewe oplossing om 'n werklik individualistiese interpretasie van TYD te skep. Onderwysers moet die aanvanklike dinkskrum/navorsingsproses fasiliteer. 1. Begin by konseptualisering in die vorm van 'n breinkaart en gebruik die woord TYD in jou bronboek/werkboek/joernaal. 2. Dink aan die volgende met betrekking tot die idee van TYD: • 'n Geleentheid, 'n tydstip, 'n oomblik in tyd, 'n oomblik, era of fase • Herinterpretasie van geskiedenis • Verlede, hede en/of toekoms • Die verskillende geslagte – grootouers, ouers, kinders • Vier seisoene • Die afmerk van tyd in verskillende kulture • Die skade van tyd – veroudering, verval, ensovoorts • Tyd as die vierde dimensie • Die spore wat tyd agterlaat – voeg goed by of neem dit weg • Simbole met betrekking tot tyd • Tyd is geld • Tyd en ruimte • Agter die tyd • 'n Tydbom, reis deur tyd • Daar is 'n tyd vir alles • 'n Opvolgende benadering tot tyd • Gebruik fragmentasie en/of 'n kombinasie van visuele beelde om tyd uit te druk • 'n Persoonlike benadering tot die betekenis van tyd 3. Gebruik die riglyne hieronder en skep 'n kunswerk waarin jy jou stories, idees, emosies, visies en gedagtes wat met die tema TYD verband hou, deel. Jou onderwyser kan hierdie proses fasiliteer: • Bedoelings, doelwitte of idees wat jy graag wil oordra • Visuele beelde wat jou bedoelings die beste sal uitdruk • Verkenning van en eksperimentering met materiale en tegnieke • Prosestekeninge soos voorbereidings-/komposisiesketse en -tekeninge wat op jou bronne gebaseer is • Media wat hierdie idees suksesvol kan oordra • Tegnieke wat die geskikste sal wees vir gebruik in die uitdrukking van jou media en jou idees • Grootte, formaat en aanbieding wat die beste by jou idees sal pas Op hierdie stadium is tyd nog aan jou kant, maar begin onmiddellik, want die tyd stap aan. TOTAAL (100 : 50 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 1 DBE/November 2013 NSS ADDENDUM AFDELING A: BRONBOEK • Daar is geen spesifieke riglyne vir die grootte, formaat, uitleg, voorkoms en gevoel van die bronboek nie. Individualiteit en kreatiwiteit moet te alle tye beklemtoon word. • Die bronboek moet die proses van die begin tot die einde dokumenteer en aantoon. 'n Duidelike verband tussen die finale kunswerk en die visuele/ geskrewe inligting in die bronboek moet sigbaar wees. Plaas meer klem op voorbereidende sketse, tekeninge en eksperimentering met tegnieke en materiale wat in die finale kunswerk gebruik is. Vir inspirasie, verwys na die sketsboeke van Leonardo da Vinci, Eugène Delacroix, Vincent van Gogh, Marlene Dumas, ensovoorts. Oppas vir oppervlakkige versierings wat nie van toepassing is nie. AFDELING B: DIE KUNSWERK • Aangesien hierdie 'n eksamen is, MAG DIE KANDIDAAT GEEN WERK UIT DIE EKSAMENLOKAAL VERWYDER NIE. Alle materiaal wat vir die eksamen benodig word, moet in die eksamenlokaal ingebring word, maar let daarop dat GEEN werk hierdie lokaal mag verlaat nie. Versuim om onder eksamentoestande te werk, sal as 'n ongerymdheid beskou word. • Die kandidaat word aangemoedig om 'n kunswerk te skep, gebaseer op die medium wat hy/sy in sy/haar graad 12-jaar ondersoek het. • Kreatiwiteit en individualiteit moet beklemtoon word. Die kunswerk moet 'n uitdrukking wees van die kandidaat se belangstellings/idees en kwellings op die vlak van 'n 18/19-jarige. • 'n Suksesvolle kunswerk is 'n kombinasie van konsep en verwesenliking. Oppas vir illustratiewe werk. Klem moet op die estetiese kwaliteite, 'varsheid' en energie van die kunswerk geplaas word. • Die kunswerk hoef nie slegs naturalisties te wees nie. Daar is ander style, soos ekspressionisme, abstraksie, dekoratief, stilering, abstrahering, ensovoorts. • Konsepontwikkeling en -realisering moet 'n belangrike rol speel in alle digitale/ multimedia-/nuwe media werk. Bewyse van die kandidaat se denkprosesse wat tot die finale realisering van die konsep gelei het, moet visueel duidelik wees tydens nasien. Let op die volgende kriteria as jy met fotografie werk: DONKERKAMER-FOTOGRAFIE • Maak 'n stel van ten minste VYF verwante foto's. • Die kandidaat moet al die ontwikkeling van beide die film en die negatiewe by die skool onder toesig van die onderwyser doen. • Plaas al die kontakstate/-blaaie, toetsstrokies en rekords van die prosesse in die bronboek. • Oorweeg die aanbieding van hierdie werk sorgvuldig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V2 2 DBE/November 2013 NSS DIGITALE FOTOGRAFIE • Maak 'n stel van ten minste VYF verwante digitale afdrukke. Die kandidaat mag slegs by die skool weer hieraan werk en/of aanpassings doen. • Die digitale grootte moet ten minste A4-grootte wees. • Plaas die digitale beelde op 'n skyf (CD) en plaas die skyf voor in die bronboek. • Lewer die bronboek, met ondersteunende inligting, saam met die finale kunswerk(e) in. Die bronboek moet die volgende insluit: o Die program wat gebruik is (byvoorbeeld Adobe Photoshop 7) o Alle digitale programmatuurprosedures. Die kandidaat moet 'n rekord van skermkopieë hou wat al die redigeringsbesluite wat geneem is, illustreer. o Die hulpmiddels/nutsprogramme wat die kandidaat gebruik het om sy/haar beelde te manipuleer, met ander woorde aanpassings wat gemaak is, filters wat gebruik is ('distort', 'noise', 'render', 'sketch'), ensovoorts. • Oorweeg die aanbieding van hierdie werk sorgvuldig. Vrye vertaling van die lirieke van Turn, Turn, Turn Vir alles – draai, draai, draai 'n Tyd om te kry, 'n tyd om te verloor Is daar 'n seisoen – draai, draai, draai 'n Tyd om te skeur, 'n tyd om toe te werk En 'n tyd vir elke doel onder die hemel 'n Tyd om lief te hê, 'n tyd om te haat 'n Tyd van vrede, ek sweer dis nie te laat 'n Tyd om gebore te word, 'n tyd om te nie! sterwe 'n Tyd om te plant, 'n tyd om te oes Vrye vertaling 'n Tyd om dood te maak, 'n tyd om te Lirieke van die liedjie Turn, Turn, Turn. Aanpassing van die woorde uit Prediker 3:1–8. genees Musiek deur Pete Seger, 1966. 'n Tyd om te lag, 'n tyd om te huil Vir alles – draai, draai, draai Is daar 'n seisoen – draai, draai, draai En 'n tyd vir elke doel onder die hemel 'n Tyd om op te bou, 'n tyd om af te breek 'n Tyd om te dans, 'n tyd om te rou 'n Tyd om klippe weg te gooi 'n Tyd om klippe bymekaar te maak Vir alles – draai, draai, draai Is daar 'n seisoen – draai, draai, draai En 'n tyd vir elke doel onder die hemel 'n Tyd van oorlog, 'n tyd van vrede 'n Tyd van liefde, 'n tyd van haat 'n Tyd wat jy mag omhels 'n Tyd om weg te bly van omhelsing af Vir alles – draai, draai, draai Is daar 'n seisoen – draai, draai, draai En 'n tyd vir elke doel onder die hemel Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all